# Mathematical Literacy Grade 10 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p2-afr-nov-2019/48cd920f-24d5-4012-b979-909c871cd1e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p2-afr-nov-2019/48cd920f-24d5-4012-b979-909c871cd1e9)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 10

                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

                             NOVEMBER 2019

PUNTE: 75

TYDSDUUR: 1½ uur

      Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye, 3 BYLAES en 1 ANTWOORDBLAD.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                      2                               NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.      Gebruik die BYLAE om die volgende vrae te beantwoord:

        BYLAAG A vir VRAAG 1.1
        BYLAAG B vir VRAAG 2.1
        BYLAAG C vir VRAAG 3.1
        ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.2.3

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
       word.

4.      Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

5.     Jy mag ‘n goedgekeurde sakrekenaar gebruik (nie-programmeerbaar en nie-grafies), tensy
       anders vermeld.

6.      Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.      Rond ALLE finale antwoorde af tot TWEE desimale plekke, indien anders vermeld.

8.      Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangetoon.

9.      Skryf netjies en leesbaar

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                    3                                  NW/November 2019
                                                         NSS – Graad 10

VRAAG 1

 Mnr. Litlake het ‘n rekening by Exclusive Clothing winkel en ontvang ‘n rekeningstaat elke maand.
 BYLAAG A is EEN van Mnr. Litlake se rekeningstate.

1.1     Gebruik die rekeningstaat in BYLAAG A om die vrae wat volg, te beatwoord.

       1.1.1                 Wys deur middel van die nodige bewerkings hoe die aankope van die maand
                             bereken word.                                                                    (3)

       1.1.2                 Bereken die ontbrekende waarde, A (rente op die uitstaande bedrag)               (4)

       1.1.3                 Exclusive Clothing winkel bereken die bedrag uitstaande deur gebruik te maak
                             van ‘n persentasie.

                             Bereken die persentasie wat hulle gebruik om die bedrag wat Mnr. Litlake
                             verskuldig is, te bereken.                                                      (3)

1.2    Mev. Litlake verkoop “Bunny Chows” vanaf haar huis om haar man te ondersteun
       met die finansiële aspekte van die huishouding. Die onderstaande grafiek is ‘n
       voorstelling van haar verkope in een maand.

                                    AANTAL “BUNNY CHOWS” VERKOOP IN EEN MAAND

        AANTAL BUNNY CHOWS

                                                               DAE

        Let Wel: ‘n Bunny Chow is ‘n kwart brood waarvan die sagste binneste deel van die
        brood verwyder word. Die holte word dan gevul met verskeie vulsels en dan word
        die sagte gedeelte weer bo-op gesit.

        Verwys na die grafiek hierbo om die volgende vraag te beantwoord:

        Mev. Litlake beweer dat sy meer Bunny Chows oor naweke verkoop as gedurende
        die week. Kan daar met sekerheid gesê word dat hierdie bewering waar is? Gee ‘n
        rede vir jou antwoord.                                                                              (2)
                                                                                                             [12]

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                          4                                 NW/November 2019
                                               NSS – Graad 10

VRAAG 2
 Mev. Litlake het ‘n eetkamerstel met 6 stoele gekoop.
 Sy moet hulle self aanmekaar sit.
 Die diagram hier langsaan toon ‘n voltooide stoel.

                                                                                      94 cm

                                                             42 cm            41 cm

2.1       BYLAAG B wys die dele en nodige hoeveelhede om die stoel aan mekaar te sit, asook
          die nodige stappe om te volg.

          2.1.1   Gebruik BYLAAG B om te bepaal hoeveel JCBC skroewe (F) benodig sal
                  word om EEN stoel aanmekaar te sit.                                                (3)

          2.1.2   Deur te verwys na die diagram hier bo, bepaal watter deel of dele van die stoel
                  (vanaf BYLAAG B) nog gebruik moet word om die stoel aan mekaar te sit in
                  STAP 2 van BYLAAG B.                                                               (3)

          2.1.3 Volgens die diagram van die voltooide stoel, sal die stoel ‘n oppervlak van
                42 cm x 41 cm in beslag neem.

                  Bereken die minimum vloeroppervlakte wat elke stoel in beslag sal neem.

                  Gebruik die volgende formula:
                  Oppervlak = lengte x breedte                                                       (3)

2.2       Die werklike hoogte van die stoel, soos aangedui op die diagram, is 94 cm. Indien dit
          verpak word en 1 cm aan weerskante van die stoel gelaat word vir spasie, wat is die
          afmetings van die houer.                                                                   (4)

2.3       Waarvoor sal stuk K, in monteerstukke, gebruik word?                                      (2)

2.4       Lees die volgende inligting sorgvuldig deur om die vrae te beantwoord:

         Materiaal wat gebruik word om die stoel oor te trek kos R64,50 per meter.
         Elke stoel benodig ongeveer 1,1 meter.
         Arbeid kos R75 per stoel.

          2.4.1   Bereken hoeveel materiaal Mev. Litlake moet koop, sodat sy al die
                  stoele kan oortrek.                                                                (2)

          2.4.2   Bereken die koste van materiaal benodig.                                           (2)

          2.4.3   Bereken die totale kostes, van materiaal en arbeid.                                (4)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                         5                                  NW/November 2019
                                              NSS – Graad 10

VRAAG 3

 Mnr Letlake se jongste seun Thabang en sy verloofde gaan trou. Hulle het ‘n sekere saal gekies vir die
 onthaal en het besluit hoe die vloerplan vir die tafelplasings moet lyk. Die vloerplan met die tafelplasings
 word aangedui op BYLAAG C.

Verwys na die vloerplan met tafelplasings in BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord.

3.1     Hoeveel gaste het die paartjie genooi?                                                      (2)

3.2     Waarom is daar geen stoele gerangskik aan die kort kante van die tafels nie?                (2)

3.3     ‘n Persoon wat by Tafel 6 sit, naby die hooftafel, wil haar geskenk na die geskenktafel
        neem. Beskryf ‘n moontlike roete wat die persoon kan volg sonder om oor die dansvloer
        te loop.                                                                                (2)

3.4     Tafels 1, 2 en 3 is gereserveer vir die bruidspaar, ouers van die bruidspaar,
        1 strooimeisie en 1 strooijonker. Bereken die waarskynlikheid, dat as jy genooi is as
        ‘n gas, jy by ‘n tafel sal sit wat met ‘n ewe getal genommer is. Rond jou finale
        antwoord af tot drie desimale plekke.                                                       (2)

3.5     Die opsigter van die saal sê dat die oppervlakte van die dansvloer ‘n 1 van die totale
                                                                                4
        vloeroppervlakte van die saal is. Die lengte is 16 m en die breedte is 12 m. Bereken
        die oppervlakte van die dansvloer.

        Jy mag die volgende formula gebruik:
        Oppervlakte = lengte × breedte                                                             (4)

3.6

 Die bruidspaar spandeer baie geld op hul onthaal wat gehou word vanaf 17:00 tot middernag.

 Hulle uitgawes is as volg:

 Huur van saal: R6 500,00; Drapering en décor: R7 750,00

 Platejoggie (DJ): R350 per uur of deel daarvan.

 Spyseniering: R350 per persoon vir die eerste 100 gaste en R200 vir elke persoon oor ‘n 100

 LET WEL: Die platejoggie se ete word ook ingesluit by die spysenieringskostes.

Die bruidspaar beweer hulle hele onthaal gaan hul R50 000 kos.
Verifieer, deur al die nodige bewerkings te toon, of hierdie stelling korrek is.                  (10)
                                                                                                  [22]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                         6                                 NW/November 2019
                                              NSS – Graad 10

VRAAG 4

Me. Kishma Litlake, ‘n Graad 10 Wiskundige Geletterdheid onderwyseres van Bishoki Hoërskool,
het die volgende resultate (as persentasie) van haar klastoets neergeskryf:

                  56      58     38     70     30      56      67    85       32    25
                  58      35     74     67     84      30      76    58       35    29

4.1      Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord:

         4.1.1 Bereken die mediaan persentasie van die klas.                                        (3)

         4.1.2   Bereken die omvang van die uitslae.                                                (2)

         4.1.3 Bepaal die modale persentasie van die klas.                                          (2)

4.2      ‘n Skaal van prestasievlakke (uitgedruk as persentasies) word gebruik om
         leerders se vordering en prestasie aan te dui.

         Die uitslae van die Graad 10 Wiskundige Geletterdheid leerders in Me.
         Kishma se klas is opgesom in TABEL 1 hieronder.

         TABEL 1: Prestasievlakke met ‘n opsomming van die leerders se prestasies.

      Prestasievlak       Beskrywing van bevoegdheid            Persentasie        Frekwensie
            7           Uitmuntende prestasie                     80–100               2
            6           Verdienstelike prestasie                   70–79               3
            5           Beduidende prestasie                       60–69               2
            4           Voldoende prestasie                        50–59               5
            3           Matige prestasie                           40–49               P
            2           Basiese prestasie                         30–39                Q
            1           Ontoereikend                                0–29               2

         4.2.1   Bereken die waardes van P en Q.                                                    (2)

         4.2.2   Bereken die waarskynlikheid dat ‘n leerder lukraak gekies word uit Me Kishma
                 se klas 60% of meer het vir die toets. Skryf jou antwoord as ‘n persentasie vorm. (3)

         4.2.3   Voltooi die grafiek op die ANTWOORDBLAD deur gebruik te maak van die
                 inligting in TABEL 1.                                                              (3)

         4.2.4   Me Kishma het ‘n bedrag van R500 as beloning vir die leerder wat
                 ‘n prestasievlak van 6 of 7 behaal, belowe. Hulle moet die beloning tussen
                 mekaar in die verhouding 2:3 onderskeidelik verdeel.

                 Hoeveel sal elke leerder wat ‘n 7 behaal het ontvang?                          (3)
                                                                                               [18]
                                                                                         TOTAAL: 75

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                         7                                    NW/November 2019
                                              NSS – Graad 10

 BYLAAG A

 VRAAG 1.1

 Rekeningstaat van Mnr. Litlake vir April 2019

             Luxury Clothing Winkel

 18 Riverwalk, Sea View, Potchefstroom                                  Besigheidsure: Maandae tot Vrydae
 Tel. 018 123 4567 Sel. 089 878 6533                                                8:30 vm. tot 5:00 nm.
                                                                              Saterdae: 8:00 vm. tot 12:00 nm.
                                                     STAAT
  Rekeninghouer:                    Datum                    01 April 2019
  Mnr. Y. Litlake                                            01 Maart 2019 – 31 Maart 2019
                                    Rekeningtydperk
  Humming Bird
  Straat 29,                        Bladsy                   1 van 1
  Potchefstroom                     Rekeningnommer           3658190

                                                  OPSOMMING

  BEDRAG VERSKULDIG OP VORIGE AANKOPE:                                       R1 215,80
  Rente op uitstaande bedrae word bereken op 31% per jaar.

                                                     Hierdie maand                                 Vorige maand
    Bedrag ontvang:                                    R450,00                                          R320,00
    Totale aankope vir die maand:                      R975,00                                          R215,50
    Totale terugbetalings:                             R135,50                                            R0,00

  TOTAAL VERSKULDIG:                                                   R1 636,71
  MINIMUM PAAIEMENT VEREIS:                                              R327,34

  BESKRYWENDE OPSOMMING VAN AANKOPE
  Datum                                 Beskrywing                        Kode           Debiet        Krediet

  01/04/2019         Rente op uitstaande bedrag                                            A
  06/03/2019         Betaling ontvang                                   -----------                   R450,00
  10/03/2019         Mansbaadjie                                        J145875          R476,00
  15/03/2019         Damesrok                                           L552632          R135,50
  19/03/2019         Kinderskoene                                       C398710          R99,50
  23/03/2019         Terugbetaling op item terug ontvang                -----------                   R135,50
  26/03/2019         Damesbykomstighede                                 L764318          R77,50
  27/03/2019         Kinderonderklere                                   C444654          R129,50
  29/03/2019         Mans slaaphemp                                    M265498           R57,00

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                 8                                      NW/November 2019
                                                      NSS – Graad 10

 BYLAAG B

 VRAAG 2.1
       Dele van die stoel

             Vir stoel x 6 dele

               6 x stoelruglening         6 x Voorste voetraam         12 x Kantreling

             6 x Stoelsitplek             12 xDraagbaar

             24 x JCBC Skroef                 12 x JCBC skroef         36 x Veer wasser

             42 x CB skroef              24 x houtpen                  1 x L-sleutel

Stappe om die stoel aanmekaar te sit.

   STAP 1                                6X                  STAP 2
                                                                                               6X
                                                                                       B
                                    4X                K
                                                                      C                               A
   C                                             G
                                    2X
                C                                H

                                                                                                          K

                                                                                           D   F
                                                                                                          4X
                                                                                                     H
                                               B

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2          9               NW/November 2019
                               NSS – Graad 10

 BYLAAG C

 VRAAG 3.1

 Trou tafelplasings

                               HOOF TAFEL       Geskenktafel

                              DANSVLOER

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                           10                                      NW/November 2019
                                                NSS – Graad 10

ANTWOORDBLAD

VRAAG 4.2.3

NAAM: _____________________________________                               KLAS: ________________

                AANTAL LEERDERS PER PRESTASIEVLAK

FREKWENSIE

                     Vlak 1   Vlak 2   Vlak 3        Vlak 4      Vlak 5         Vlak 6   Vlak 7

                                       PRESTASIEVLAK

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P2 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p2-eng-nov-2019/a64ff72d-27d0-42fc-aaf9-d8b16c529834) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [NW GR 10 MATHS LIT P2 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-maths-lit-p2-eng-memo-nov-2019/0f824f72-ac8e-4f92-9366-2403aca9b880) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 MATHS LIT P2 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-maths-lit-p2-afr-memo-nov-2019/d712550b-7953-42c1-a1b8-fbe17fc2abb8) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p1-eng-nov-2019/8ec75a15-b70a-4610-8c32-bfeff0433bad) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P1 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p1-afr-nov-2019/c4cb7041-81fa-4048-a3a6-259eeb75e65d) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2019-engd/fdc07bfc-343f-4dd1-9a88-a370c4d9fa05) — Mathematical Literacy · QP · 2019

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P1 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p1-eng-mg/ea97cc66-bb9a-4fcf-b36e-3aa17a2c1c09) — Memo · 2024 · Eng
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P2 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p2-eng-mg/4c80c1a0-8f26-477b-8856-d61d0074c47f) — Memo · 2024 · Eng
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
