# Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper

> Grade 12 Life Sciences question paper from the North West Mock Exam 2019, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-prep-lewens-v2-sept-2019/21731c25-2055-4a46-9c99-ee45c6f9d170
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-prep-lewens-v2-sept-2019/21731c25-2055-4a46-9c99-ee45c6f9d170)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

`

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                   SEPTEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                          NW/September 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10   Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar
     nodig.

11   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                   3                      NW/September 2019
                                                      NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die diagram hieronder toon ‘n gedeelte van ‘n DNS-molekule.

                                    Stikstofbasis

                      Die korrekte byskrifte vir dele X, Y en Z is onderskeidelik …

                      A       deoksribose suiker, fosfaat en waterstofbinding.
                      B       fosfaat, deoksiribose suiker en waterstofbinding.
                      C       ribose suiker, stikstofbasis en peptiedbinding.
                      D       fosfaat, ribose suiker en waterstofbinding.

         1.1.2        Die volgende is ‘n lys kenmerke van ‘n nukleïensuur:

                      (i)      Enkelstring
                      (ii)     Het waterstofverbindings
                      (iii)    Bevat urasiel
                      (iv)     Kom in die sitoplasma en selkern voor

                      Watter EEN van die volgende kombinasies verteenwoordig die
                      kenmerke van bRNS/mRNA?

                      A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B       Slegs (i), (ii) en (iii)
                      C       Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      D       Slegs (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                      4                  NW/September 2019
                                                         NSS

         1.1.3        ‘n Swanger vrou is deur ‘n genetiese berader meegedeel dat haar
                      baba ‘n gelyke kans het om bloedgroep A of bloedgroep AB te
                      hê. Dit beteken die genotipes van die vrou en haar man is soos
                      volg ...

                      A       IA IA en IB i
                      B       IA IB en IB i
                      C       IA i en IB IB
                      D       IA IB en IA i

         1.1.4        In watter EEN van die volgende selle sal ‘n mutasie in die DNS van
                      een generasie na die volgende oorgedra word?

                      A       Brein
                      B       Sperm
                      C       Lewer
                      D       Spier

         1.1.5        ‘n DNS-molekule bestaan uit 400 nukleotiede waarvan 20%
                      daarvan die Adenien-basis bevat. Hoeveel van die nukleotiede in
                      hierdie DNS sal Guanien bevat?

                      A       80
                      B       100
                      C       120
                      D       160

         1.1.6        Struike van die Proteaceae familie (byvoorbeeld waratahs en
                      proteas) kan in Australië, Suid-Amerika, Indo-China en dele van
                      Afrika gevind word.

                      Wat word hierdie tipe bewyse van evolusie genoem?

                      A       Biogeografie
                      B       Die ”Uit Afrika” hipotese
                      C       Fossielbewyse
                      D       Kultuurbewyse

         1.1.7        Die volgende verwys na voortplanting by verskillende organismes:

                      (i)       Vrugbare nakomelinge
                      (ii)      Paar / broei dieselfde tyd van die jaar
                      (iii)     Spesie-spesifieke hofmakery by diere
                      (iv)      Plante se aanpassings vir spesifieke bestuiwers

                      Watter van die bogenoemde is voortplantingsisolasie-
                      meganismes?

                      A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B       Slegs (i) en (ii)
                      C       Slegs (iii) en (iv)
                      D       Slegs (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               5                      NW/September 2019
                                                  NSS

         1.1.8        Die diagram toon ‘n kruising tussen ‘n wit kat en ‘n swart kat, wat
                      ‘n wit kat met swart vlekke tot gevolg gehad het.

                      Watter EEN van die volgende tipes dominansie word in die
                      diagram voorgestel?

                      A   Onvolledige dominansie
                      B   Ko-dominansie
                      C   Volledige dominansie
                      D   Gedeeltelike dominansie

         1.1.9        Die onderstaande grafiek toon die tempo waarteen evolusie by ‘n
                      skoenlapper-spesie plaasvind.

                                             Stabiele omgewing

                                 Evolusie
                                                    Vinnig veranderende
                                                    omgewing

                                            Tyd

                      Watter tipe evolusie word deur die grafiek voorgestel?

                      A   Spesiasie
                      B   Oorerwing van verworwe kenmerke
                      C   Gepunktueerde ewewig
                      D   Gradualisme

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          6                         NW/September 2019
                                             NSS

         1.1.10       Die DNS-profiele wat hieronder aangedui word was gebruik om vas
                      te stel of man X die vader van al vier die kinders is. Die diagram
                      toon die profiele van die ma M, haar vier kinders (1 tot 4) en die
                      man X.

                             M        1         2        3       4         X

                      Watter van die kinders het ‘n ander pa?

                      A   1 en 2
                      B   2 en 3
                      C   3 en 4
                      D   1 en 4
                                                                                (10 x 2)      (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Twee of meer alternatiewe vorme van ‘n geen op dieselfde lokus

         1.2.2        ‘n Gedeelte van die DNS wat vir ‘n bepaalde proteïen kodeer

         1.2.3        Die gedeelte van ‘n chromosoom waaraan die spoelvesels heg

         1.2.4        Die fase tydens meiose wanneer die chromosoomgetal halveer en
                      die homoloë chromosome geskei word

         1.2.5        ‘n Sel wat slegs ‘n enkel stel chromosome bevat

         1.2.6        ‘n Geslagsgekoppelde afwyking wanneer verskillende kleure nie
                      onderskei kan word nie
                                                                                (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           7                           NW/September 2019
                                              NSS

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                              KOLOM II
         1.3.1       Mendel se wet wat toon dat       A: Wet van onafhanklike sortering
                     verskillende kenmerke            B: Wet van segregasie van gene
                     onafhanklik van mekaar
                     oorgeërf word
         1.3.2       Die volledige stel gene van ‘n   A:   Geenpoel
                     organisme                        B:   Genoom
         1.3.3       Die sigbare eienskappe van ‘n    A:   Fenotipe
                     organisme                        B:   Genotipe
                                                                                      (3 x 2)     (6)

1.4      Bestudeer die kariotipe van ‘n persoon met ‘n genetiese afwyking.

         1.4.1         Hoeveel chromosome het die individu hierbo?                               (1)

         1.4.2         Identifiseer die genetiese afwyking in die diagram hierbo.                (1)

         1.4.3         Gee die term vir chromosoompare 1 tot 22.                                 (1)

         1.4.4         Wat is die geslag van die individu in die bostaande diagram?              (1)

         1.4.5         Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.4.                (1)

         1.4.6         Noem die proses tydens meiose wat ‘n abnormale getal
                       chromosome tot gevolg het.                                                (1)
                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                       NW/September 2019
                                             NSS

1.5      Die diagram hieronder toon ‘n proses van genetiese manipulering.

         1.5.1        Noem die proses wat in die diagram aangetoon word.                    (1)

         1.5.2        Gee slegs die LETTERS wat die volgende verteenwoordig:

                      (a) Die geen-skenker                                                  (1)

                      (b) Die surrogaat                                                     (1)

         1.5.3        Gee:

                      (a) Die NOMMER van die stap wat die versmelting van die
                          skenker-eiersel met die skenker-DNS/DNA aandui                    (1)

                      (b) TWEE nommers wat stamselle verteenwoordig                         (2)

         1.5.4        Noem TWEE plekke waar stamselle in mense gevind kan word,
                      wat nie in die diagram aangetoon word nie.                            (2)
                                                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              9                          NW/September 2019
                                                 NSS

1.6      Die onderstaande diagram verteenwoordig chromosome tydens verskillende
         fases van meiose.

         Die donker chromosome is van die moeder en die wit chromosome is van die
         vader.

                     A            B          C          D           E              F

         1.6.1           Skryf slegs die LETTER wat die volgende voorstel:

                         (a) Die afparing van homoloë chromosome                                   (1)

                         (b) Oorkruising                                                           (1)

                         (c) Chromosome tydens anafase II                                          (1)

                         (d) Chromosome tydens metafase I                                          (1)
                                                                                                   (4)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                         NW/September 2019
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1     Die diagram hieronder toon ‘n belangrike biologiese proses.

                                               Nukleusmembraan

                            Proses
                              A

                                                                   Ribosoom
                                                       Proses B

         2.1.1        Identifiseer die nukleïensure:

                      (a)    1                                                                 (1)

                      (b)    2                                                                 (1)

         2.1.2        Gebruik die letters van die genetiese kode om die volgorde van die
                      eerste DRIE komplementêre basisse op string 1, van bo af neer te
                      skryf.                                                                   (2)

         2.1.3        Skryf die antikodon van die molekule wat 4 genommer is, neer.            (2)

         2.1.4        Beskryf die proses van translasie tydens proteïensintese.                (5)
                                                                                               (11)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                            NW/September 2019
                                              NSS

2.2       Hemoglobien (‘n proteïen in bloed) bestaan uit twee tipes polipeptiedkettings.
          By mense met sekelsel-anemie, is daar by een polipeptiedketting ‘n
          aminosuur wat in ‘n ander volgorde as die normale een voorkom. Dit is as
          gevolg van ‘n mutasie wat in die DNS van hemoglobien plaasgevind het en
          die basisvolgorde van CAT na CTT laat verander het.

         Die tabel hieronder toon die bRNS/mRNA kodons vir sekere aminosure.

                       bRNS basis kodons              Aminosure
                             CAU                        Histidien
                             CAA                     Glutamiensuur
                             GUA                         Valien
                             GAA                     Glutamiensuur
                             CUU                        Leusien
                             GAU                     Aspartiensuur

         2.2.1        Wat word met ‘n mutasie bedoel?                                            (1)

         2.2.2        Watter tipe mutasie is verantwoordelik vir sekelsel-anemie?                (1)

         2.2.3        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.2.2.                                   (2)

         2.2.4        Gebruik die inligting wat verskaf is en die tabel, om te bepaal:

                      (a) Watter aminosuur in normale hemoglobien teenwoordig is.                (1)

                      (b) Watter aminosuur in sekelsel-hemoglobien teenwoordig is.               (1)

         2.2.5        Verduidelik wat die gevolge is indien die verbinding tussen twee
                      komplimentêre stringe van DNS nie tydens replisering kan breek             (2)
                      nie.                                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         12                             NW/September 2019
                                             NSS

2.3      Bestudeer die diagram wat ‘n fase tydens meiose voorstel.

         2.3.1        Benoem struktuur A.                                                        (1)

         2.3.2        Gee EEN funksie van struktuur B.                                           (1)

         2.3.3       Watter fase van meiose word deur die diagram voorgestel?                    (1)

         2.3.4        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.3.                                   (2)

         2.3.5        Noem EEN proses wat verseker dat die gamete wat tydens meiose
                      gevorm word, geneties van mekaar verskil.                                  (1)
                                                                                                 (6)

2.4      By waatlemoene is die alleel vir bitter vrugte (B) dominant oor die alleel vir
         soet vrugte (b). Die alleel vir geel vlekke (N) is dominant oor die alleel vir
         geen vlekke (n).

         Plant A, wat heterosigoties vir bitter vrugte en vir geel vlekke is, is met plant
         B, wat soet vrugte en geen vlekke het nie, gekruis.

         2.4.1.       Wat is die genotipe van:

                      (a) Plant A                                                                (1)

                      (b) Plant B                                                                (1)

         2.4.2        Skryf AL die moontlike genotipes van plant A se gamete neer.               (2)

         2.4.3        Gee die fenotipe van ‘n nakomeling met genotipe:

                      (a) Bbnn                                                                   (1)

                      (b) bbNN                                                                   (1)
                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                            NW/September 2019
                                               NSS

2.5      ‘n Dominante alleel (B) veroorsaak dat die laaste lit van die pinkie, na die
         vierde vinger inbuig en staan dan bekend as ‘n ‘krom pinkie’. Die resessiewe
         alleel (b) veroorsaak dat die pinkie reguit is.

         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van ‘n ‘krom pinkie’ in ‘n
         familie.

                                                      A               B

                                                  C       D

                     Man met reguit pinkie                    Man met krom pinkie

                 Vrou met reguit pinkie                       Vrou met krom pinkie

         2.5.1         Verduidelik waarom individue A en B heterosigoties vir hierdie
                       kenmerk is.                                                                 (3)

         2.5.2         Individu C en ‘n man met reguit pinkies, het vier kinders.

                       Gebruik ‘n genetiese kruising om die moontlike genotipes en
                       fenotipes van die nakomelinge te toon.                                      (6)
                                                                                                   (9)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          14                                NW/September 2019
                                              NSS

VRAAG 3

3.1         Bestudeer die filogenetiese stamboom wat die moontlike evolusie van die
            moderne renoster voorstel.

   66 mjg              58 mjg      23 mjg           5,8 mjg    2mjg     10 000 jg          Huidiglik

                                                                                       Swart renoster

                                              Lartetotherium

                                                                                           Witrenoster

                                            Ceratotherium

Pterrissdactyla      Hyracodon
                                                                                       Sumatra renoster
                                                                 Wollerige renoster

                                                                                        Java renoster

                                                                                      Indiese renoster

            3.1.1      Benoem die mees onlangse gemeenskaplike voorvader van die                         (1)
                       swart- en witrenoster.

            3.1.2      Verduidelik hoe Jean-Baptiste de Lamarck die evolusie van die
                       moderne renoster se horing sou beskryf het.                                       (4)
                                                                                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       15                            NW/September 2019
                                           NSS

3.2      ‘n Program om ‘n nuwe variëteit rys te ontwikkel het in 1997 in Viëtnam begin.
         Die program was gebasseer op ‘n siekte-weerstandige en pes-weerstandige
         soort (IR59655) wat van die internasionale saadbank in die Filippyne verkry
         is.

         Die nuwe hibried variëteit VND404 was in 2002 gereed om op ‘n proefplaas
         van 6000 hektaar geplant te word.

         Die verskil tussen die IR59655 en die nuwe variëteit VND404 word in die
         onderstaande tabel getoon.

         Oorspronklike variëteit R9655            Nuwe variëteit VND404
         Korter plante                            Langer plante
         Langer lewenssiklus                      Korter lewenssiklus
         Lae opbrengs                             Hoër opbrengs
         Kan nie in grond groei wat               Kan in grond groei wat
         ryk is aan aluminium nie                 ryk is aan aluminium
         Minder in staat om met                   Meer in staat om met
         onkruid te kompeteer                     onkruid te kompeteer

         3.2.1        Noem die naam van hierdie soort biotegnologie wat gebruik is om
                      die nuwe variëteit rys te ontwikkel.                                    (1)

         3.2.2        Gee DRIE voordele van die nuwe variëteit rys wat binne 5 jaar
                      deur die proses wat in VRAAG 3.2.1 genoem is, te ontwikkel.             (3)

         3.2.3        Gee TWEE moontlike nadele om die nuwe variëteit VND404 te
                      plant.                                                                  (2)
                                                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        16                          NW/September 2019
                                            NSS

3.3      Tot sowat 3 miljoen jaar gelede was Noord- en Suid-Amerika nog deur die
         oseaan geskei. Daarna is droë land tussen die kontinente opgedruk en ‘n
         soort brug (nou Panama) het gevorm wat die twee Amerikas met mekaar
         verbind het. Die Karibiese see en die Stille Oseaan is sodoende van mekaar
         geskei.

         Garnale (see organismes) wat voorheen vrylik kon paar, is nou deur hierdie
         versperring geskei. Toe hulle onlangs in ‘n laboratorium bymekaar gebring is,
         het die twee groepe baklei eerder as om te paar.

         Hulle het verskillende spesies geword soos die teorie voorspel het.

                                                               Shrimp
                                                              Garnaal

         3.3.1        Beskryf hoe spesiasie moontlik plaasgevind het om twee
                      verskillende garnaalspesies te vorm.                                   (6)

         3.3.2        Watter proses kan moontlik as ‘n verduideliking gebruik word oor
                      hoe diè landvorm ontstaan het?                                         (1)
                                                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        17                            NW/September 2019
                                            NSS

3.4      ‘n Sekere soort dassie wat op ‘n eiland leef is gewoonlik bruin van kleur. ‘n
         Mutasie op een geen vir liggaamskleur het veroorsaak dat wit en swart
         dassies gebore is. Swart dassies is goed teen die donker klippe gekamoefleer
         en kan op koue dae vinniger opwarm, wat hul energie gee om predatore te
         vermy.

         Wetenskaplikes het die verhouding tussen die kleure van die dassies in die
         bevolking en hulle oorlewingstempo op die eiland ondersoek.

         Tydens die uitvoer van die ondersoek het hulle:

             ‘n Groep dassies van ‘n bepaalde spesie in ‘n habitat gevang.
             Die persentasie van elke kleur (bruin, wit en swart) in die groep
              aangeteken.
             Die ondersoek met nakomelinge van 30 generasies herhaal.

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon:

            KLEUR VAN              PERSENTASIE (%) VAN ELKE KLEUR IN DIE
             DASSIES                            BEVOLKING

                             Aanvanklike         10de           20ste          30ste
                              bevolking        generasie      generasie      generasie
          BRUIN                  200              100            60             30
          WIT                     8                0              0              0
          SWART                   8               15             20             70

         3.4.1       Gee die:

                     (a) Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                     (b) Afhanklike veranderlike                                               (1)

         3.4.2       Verduidelik die effek van die mutasie op die oorlewing van die wit
                     dassies.                                                                  (2)

         3.4.3       Beskryf kortliks waarom die wetenskaplikes die ondersoek oor 30
                     generasies moes uitvoer.                                                  (2)

         3.4.4       Gee EEN manier waarop die wetenskaplikes die geldigheid van die
                     ondersoek kon verbeter het.                                               (1)

         3.4.5       Gebruik die teorie van natuurlike seleksie om die groter
                     persentasie swart dassies in die 30ste generasie te verduidelik.          (6)
                                                                                               (13)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         18                          NW/September 2019
                                             NSS

3.5    Wetenskaplikes gebruik fossiele as ‘n bewys van menslike evolusie. Sekere uitgestorwe
       primate se breinvolume is met behulp van hul fossiele bepaal en met lewende primate se
       breinvolumes vergelyk.

       Die resultate word in die onderstaande tabel aangedui.

        Primaat                                Tydperk van bestaan      Gemiddelde brein
                                               (miljoen jaar gelede)    volume (cm3)
        Ardipithecus ramidus                   5,8 tot 4,4              400
        Australopithecus afarensis             4 tot 2,7                450
        Australopithecus africanus             3 tot 2                  450
        Homo habilis                           2,2 tot 1,6              750
        Homo erectus                           2 tot 0,4                1 000
        Homo sapiens                           0,2 tot huidiglik        1 400
        Moderne ape                            0,2 tot huidiglik        500

       3.5.1         Watter primaat het ‘n breinvolume van 750 cm3?                            (1)

       3.5.2         Buiten fossielbewyse, noem TWEE ander tipe bewyse vir
                     menslike evolusie.                                                        (2)

       3.5.3         Watter primaat het eerste uitgesterf?                                     (1)

       3.5.4         Bereken die verskil tussen die twee lewende primate se
                     breinvolumes. Toon ALLE berekeninge.                                      (2)

       3.5.5         Watter inligting uit die tabel dui aan dat Australopithecus
                     afarensis en Australopithecus africanus moontlik op die dieselfde
                     tyd geleef het?                                                           (1)

       3.5.6         ‘n Organisme se brein word nie as ‘n fossiel bewaar nie.
                     Hoe bepaal wetenskaplikes die breinvolume van uitgestorwe                 (2)
                     primate?                                                                  (9)
                                                                                               [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      19                          NW/September 2019
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Die algemene neiging van menslike evolusie is die ontwikkeling na bipedalisme en ‘n
verandering in dieet van rou na gaar kos.

Beskryf hoe die skedels en ander dele van primitiewe aapagtige wesens met die
moderne mens se skelette verskil om hierdie twee idees te ondersteun.

                                                                            Inhoud:        (17)
                                                                            Sintese:        (3)
                                                                                           (20)

LET WEL:       GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme,
               diagramme of tabelle toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai asseblief om

## Related documents

- [NW NSC PREP LEWENS V2 MEMO SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-prep-lewens-v2-memo-sept-2019/eeb7d818-6f8b-4a90-a10b-b4b329cb6c16) — Life Sciences · Memo · 2019
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-english-final/65c17b10-5e45-4c78-a168-f144efce77db) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
