# Physical Sciences Grade 12 P1 EC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the EC June 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-jun2017-qp-afr/b5663af8-09c3-43af-85ec-615d384497f5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: EC June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 EC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-jun2017-qp-afr/b5663af8-09c3-43af-85ec-615d384497f5)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · EC June · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                   JUNIE 2017

                     FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:       150

TYD:         3 uur

                                     *JPHSCA1*

       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ŉ 2-bladsy gegewensblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              FISIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/JUNIE 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
       ANTWOORDEBOEK.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.

4.     Jy mag toepaslike wiskundige apparaat gebruik.

5.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

6.     Jy word aangeraai om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.     Toon ALLE formules en substitusie in ALLE bewerkings.

8.     Gee kort verduidelikings, motiverings, ens., waar nodig.

9.     Rond jou finale numeriese antwoord af tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke.

10.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

11.    Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                       3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier moontlike keuses word by die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs EEN
korrekte antwoord. Skryf SLEGS die letter A, B, C of D wat ooreenstem met die
korrekte antwoord van jou keuse langs die vraagnommer (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDBOEK.

1.1     Indien ŉ voorwerp naby die aarde se oppervlak vryval sal die versnelling
        altyd …

        A.       in ŉ afwaartse rigting toeneem.
        B.       in ŉ afwaartse rigting afneem.
        C.       9,8 m·s-2 in ŉ opwaartse rigting wees.
        D.       9,8 m·s-2 in ŉ afwaartse rigting wees.                                          (2)

1.2     Indien twee motors in ŉ kop-aan-kop botsing betrokke is, sal die botsing
        onelasties wees indien die …

        A.       verandering in momentum nul is.
        B.       som van die aanvanklike kinetiese energieë nie gelyk is aan die som
                 van die finale kinetiese energieë nie.
        C.       som van die aanvanklike kinetiese energieë gelyk is aan die som van
                 die finale kinetiese energieë.
        D.       totale lineêre momentum voor die botsing nie gelyk is aan die totale
                 lineêre momentum na die botsing nie.                                            (2)

1.3     ŉ Skoolbus stop skielik en al die boeksakke wat op die vloer lê, begin vorentoe
        te skuif. Die boeksakke skuif vorentoe want …

        A.       die boeksakke bied weerstand teen die verandering in hulle toestand
                 van beweging.
        B.       daar is ŉ stootkrag wat deur die vloer op die boeksakke toegepas word.
        C.       die boeksakke ondervind ŉ trekkrag in die voorwaartse rigting.
        D.       die gewig van die boeksakke neem af soos die bus stop.                          (2)

1.4

        Die diagram hierbo toon ŉ standbeeld wat op ŉ tafel rus. FG is die gravitasie-
        krag op die standbeeld, FN is die krag van die tafel op die standbeeld en F'N is
        die krag van die standbeeld op die tafel. Die aksie-reaksie-paar wat in
        bogenoemde diagram getoon word, is:

        A.       (FG + F'N) en FN
        B.       F'N en FN
        C.       FG en F'N
        D.       FG en FN                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2017)

1.5    Die diagram hieronder toon ŉ ruimtetuig wat om die aarde wentel.

                                                     Beweging

       Die swaartekrag op die ruimtetuig op die aarde is FE. Wat is die swaartekrag op
       die ruimtetuig wanneer dit wentel in ŉ baan twee maal dié van die aarde se
       radius vanaf die aarde se middelpunt?

       A.        FE

       B.      4 FE

       C.        FE

       D.      2FE                                                                               (2)

1.6    ŉ Polisiemotor met ŉ sirene nader jou en dit straal klankgolwe uit. Die klank-
       golwe wat jou bereik het ŉ ... golflengte en ŉ ... frekwensie.

       A.               korter                   hoër
       B.              langer                    hoër
       C.               korter                   laer
       D.              langer                    laer                                            (2)

1.7    ŉ Toetslading wat in ŉ elektrieseveld rondom ŉ negatiewe puntlading geplaas
       word, ondervind ŉ elektrostatiese aantrekkingskrag (F). Watter van die
       volgende grafieke verteenwoordig die verband tussen die krag (F) en die
       afstand (d) tussen die toetslading en die puntlading die beste?

       A.                                       B.

       C.                                       D.

                                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2017)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                       5

1.8     ŉ Waarnemer op die aarde sien ŉ ligbron wat nader beweeg. Hy neem waar
        dat die lig van die voorwerp ŉ korter golflengte sal hê want die afstand tussen
        die golffronte (λ) sal ...

        A.       toeneem soos die bron nader aan die waarnemer beweeg.
        B.       afneem soos die bron nader aan die waarnemer beweeg.
        C.       afneem soos die bron sy uitgestraalde golwe opvang.
        D.       toeneem soos die bron weg van sy uitgestraalde golwe beweeg.                     (2)

1.9     ŉ Krag waarvan die netto-arbeid op ŉ bewegende voorwerp tussen twee punte
        afhanklik is van die pad wat gevolg is, word ŉ ... genoem.

        A.       nie-konserwatiewe krag
        B.       elektrostatiese krag tussen die oppervlak en die voorwerp
        C.       konserwatiewe krag
        D.       trekkrag                                                                         (2)

1.10 Twee identiese balle, M en N, word vanaf ŉ krans gegooi. Bal M word direk
     opwaarts gegooi en N word direk afwaarts gegooi. Albei balle sal aan die
     onderkant van die krans land. Indien albei balle dieselfde begin spoed het,
     watter bal sal die onderkant van die krans met die grootste snelheid tref?

        A.       Albei balle het dieselfde snelheid aan die onderkant van die krans
        B.       Bal M
        C.       Bal N
        D.       Bal M sal eerste die grond tref                                                (2)
                                                                                               [20]
VRAAG 2

2.1     ŉ Persoon gooi ŉ bal in die lug met ŉ beginsnelheid van 15 m·s-1. Ignoreer die
        effek van lugweerstand.

        2.1.1    Wat is die fisika-naam wat vir enige voorwerp, soos die bal hierbo,
                 gegee word waar SLEGS die aarde se gravitasie-krag op dit in werk?               (1)

        2.1.2    Bereken die maksimumhoogte wat die bal bereik.                                   (4)

        2.1.3    Bereken die totale tyd wat die bal in die lug was voor dit terug kom in
                 die hand.                                                                        (3)

        2.1.4    Bereken die tyd wat dit die bal neem om by ŉ punt 8 m bokant die
                 gooier se hand verby te beweeg.                                                  (5)

        2.1.5    Teken ŉ posisie-tyd grafiek wat die volgende tye aandui: by die punt
                 van projeksie, 8 m bokant die gooier se hand, maksimum hoogte, terug
                 in die gooier se hand.                                                           (4)

2.2     ŉ Klip word vanaf die dak van ŉ gebou laat val. ŉ Tweede word van dieselfde
        hoogte afwaarts gegooi met ŉ beginsnelheid van 30 m·s-1, 2 s na die eerste klip
        laat val is. Albei klippe ondervind dieselfde verplasing en tref tegelykertyd die
        grond.
        Hoe lank neem dit die tweede klip om die grond te bereik?                               (6)
                                                                                               [23]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2017)

VRAAG 3

3.1    ŉ Gholfbal, massa 0,045 kg word van die bof afgeslaan met ŉ spoed van
       45 m·s-1. Die gholfstok was vir 3,5 × 10-3 s in kontak met die bal.

       3.1.1   Definieer die term impuls.                                                         (2)

       3.1.2   Bereken die impuls op die gholfbal uitgeoefen.                                     (3)

       3.1.3   Bereken die gemiddelde krag van die gholfbal op die gholfstok.                     (2)

3.2    ŉ Tennisbal met massa 60 g tref ŉ muur loodreg teen ŉ snelheid van 12 m·s-1.
       Dit bons terug met ŉ snelheid van 10 m·s-1.

       3.2.1   Bereken die verandering in momentum van die tennisbal.                             (5)

       3.2.2   Wat is die grootte van die impuls van die muur op die bal?                         (1)

3.3    ŉ Blok met massa m = 2,20 kg gly teen ŉ skuinsvlak af wat ŉ helling van 30° het
       en wat 3,6 m hoog is. Aan die onderkant van die skuinsvlak tref dit ŉ stilstaande
       blok met massa M = 7,00 kg wat op ŉ horisontale oppervlak rus.

                                   m

                     3,6 m
                                                            M
                                       30°

       Aanvaar dat al die vlakke wrywingloos is.

       3.3.1   Stel die Beginsel vir die Behoud van Lineêre Momentum in woorde.                   (2)

       3.3.2   Die blok met massa m stop onmiddellik na die botsing. Bereken die
               grootte van die snelheid van die blok met massa M net na die botsing.           (6)
                                                                                              [21]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2017)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                      7

VRAAG 4

4.1     ŉ Skiër beweeg vanuit rus en gly teen die helling af wat 30° met die horisontaal
        maak.

                                                           30°

        Veronderstel dat die kinetiese wrywingskoëffisiënt (µK) 0,10 is.

        4.1.1    Teken ŉ vrye-liggaamdiagram van al die kragte wat op die skiër inwerk.          (3)

        4.1.2    Bereken die skiër se versnelling teen die helling af                            (5)

        4.1.3    Bereken die grootte van die snelheid wat die skiër na 4,0 s bereik.             (3)

4.2     ŉ Sisteem van twee voorwerpe, ŉ hysbak en ŉ teengewig, word verbind deur ŉ
        katrol en ŉ ligte kabel soos getoon in die skets hieronder.

                              Hysbak

                                mE = 1 150 kg         Teengewig
                                                      mC = 1 000 kg

        Die massa van die hysbak met 4 mense binne-in is mE = 1 150 kg en indien dit
        leeg is, is die massa 850 kg.
        Die massa van die teengewig is mC = 1 000 kg.

        Die massa van die katrol en die kabel kan geïgnoreer word.

        4.2.1    Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                   (2)

        4.2.2    Bereken die versnelling van die hysbak.                                         (6)

        4.2.3    Bereken die spanning in die kabel.                                            (3)
                                                                                              [22]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2017)

VRAAG 5

5.1    ŉ Motor ry op ŉ reguit horisontale pad. ŉ Krag van 600 N word op die motor
       toegepas in die rigting wat dit beweeg, wat veroorsaak dat dit versnel. Terwyl
       die motor versnel, beweeg dit ŉ afstand van 30 m. Bereken die arbeid verrig op
       die motor.                                                                                 (3)

5.2    ŉ Krat met massa 100 kg rus op ŉ plat horisontale oppervlak en ŉ krag van 300
       N, wat ŉ hoek van 60° met die horisontaal maak, word toegepas om die krat te
       trek. Die krat beweeg ŉ afstand van 6 m oos terwyl dit ŉ wrywingskrag van 50 N
       ervaar.

                                                                  Ftoeg = 300 N

       5.2.1   Bereken die arbeid verrig deur die wrywingskrag op die krat.                       (3)

       5.2.2   Bereken die netto-arbeid op die krat verrig.                                       (4)

5.3    Die bestuurder van ŉ 800 kg motor wat teen ŉ spoed van 20,5 m·s-1 beweeg,
       slaan die remme aan wanneer ŉ rooi lig gewaar word. Die motor se remme
       veroorsaak ŉ wrywingskrag van 6 000 N.

       5.3.1   Stel die arbeid-energie stelling in woorde.                                        (2)

       5.3.2   Bereken die stop-afstand van die motor.                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                       9

5.4     Die diagram toon hoe ŉ krat wat stilstaande was, massa 80 kg, deur ŉ
        konstante krag van 450 N oor ŉ 60 cm lange wrywinglose horisontale
        oppervlak, gestoot word.

        Die krat beweeg teen ŉ skuinsvlak op as gevolg van dieselfde krag van 450 N.
        Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die krat en die skuinsvlak is 0,34.

        5.4.1    Bereken die netto-arbeid wat op die voorwerp verrig word soos dit van
                 punt A beweeg en punt B bereik met ŉ snelheid van 25 m·s-1.                     (3)

        5.4.2    Wat is die grootte van die kinetiese wrywing wat deur die krat ondervind
                 word soos dit van punt B na punt C beweeg?                                      (4)

        5.4.3    Teken ŉ vrye-liggaam kragtediagram van al die kragte wat op die krat
                 werk as dit punt C bereik.                                                      (4)

        5.4.4    Bereken die netto-arbeid wat op die krat verrig word as dit punt C
                 bereik.                                                                         (4)

        5.4.5    Wat sal die gravitasie-potensiële energie van die krat by punt C wees?        (3)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2017)

VRAAG 6

6.1    Die sirene van ŉ bewegende ambulans straal golwe uit met ŉ frekwensie van
       350 Hz. Die frekwensie van die klank wat ŉ luisteraar wat langs die pad staan
       hoor, is 400 Hz.

       6.1.1   Definieer die Doppler-effek.                                                     (2)

       6.1.2   Het die ambulans nader aan of weg vanaf die luisteraar beweeg?
               Verduidelik jou antwoord deur spesiale melding te maak van
               frekwensies, golffronte en golflengte.                                           (4)

       6.1.3   Indien die spoed van klank in lug 340 m·s-1 is, bereken die snelheid
               waarteen die ambulans beweeg.                                                    (4)

6.2    ŉ Polisiemotor wat op ŉ pad ry teen ŉ konstante spoed, se sirene straal
       klankgolwe uit. ŉ Vrou staan langs die pad met ŉ detektor wat die klankgolwe
       se frekwensie as 450 Hz registreer soos die polisiemotor haar nader. Nadat die
       polisiemotor by haar teen ŉ konstante spoed verbygery het, word die
       frekwensie van die klankgolwe as 390 Hz geregistreer. Aanvaar dat die spoed
       van klank in lug 343 m·s-1 is.

       Bereken:

       6.2.1   Die spoed waarteen die ambulans beweeg.                                          (7)

       6.2.2   Die frekwensie waarteen die sirene klankgolwe uitstraal.                      (3)
                                                                                            [20]

VRAAG 7

7.1    Drie puntladings word in ŉ reguitlyn geplaas. Hulle ladings is
       Q1 = +4 × 10−9 C, Q2 = +2 × 10−9 C en Q3 = -6 × 10−9 C. Die afstand tussen Q1
       en Q2 is 2 × 10−2 m en die afstand tussen Q2 en Q3 is 4 × 10−2 m.

       7.1.1   Definieer Coulomb se Wet in woorde                                               (2)

       7.1.2   Wat is die netto elektrostatiese krag op Q2 as gevolg van die ander
               twee ladings?                                                                    (7)
                                                                                                [9]

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2017)                            FISIESE WETENSKAPPE V1                                                            11

                           GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                      VRAESTEL 1 (FISIKA)

                                  DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                           PAPER 1 (PHYSICS)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                   NAME/NAAM                         SYMBOL/SIMBOOL                         VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
 Swaartekragversnelling
                                                               g                                 9,8 m·s-2
 Universal gravitational constant
 Universele gravitasiekonstant
                                                               G                           6,67 × 10-11 N·m2·kg-2
 Speed of light in a vacuum
 Spoed van lig in 'n vakuum                                    c                              3,0 × 108 m·s-1
 Planck's constant
 Planck se konstante
                                                               h                              6,63 × 10-34 J·s
 Coulomb's constant
 Coulomb se konstante
                                                               k                            9,0 × 109 N·m2·C-2
 Charge on electron
 Lading op elektron
                                                               -e                              -1,6 × 10-19 C
 Electron mass
 Elektronmassa
                                                               me                             9,11 × 10-31 kg
 Mass of Earth
 Massa van Aarde
                                                               M                              5,98 × 1024 kg
 Radius of Earth
 Radius van Aarde
                                                               RE                              6,38 × 106 m

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING

 vf       vi       a t                                    Δx       v i Δt    1
                                                                             2    a t 2 or/of Δy    v i Δt       1
                                                                                                                 2   a t2

                                                                    vi       vf                       vi         vf
 vf
      2
          vi
               2
                    2a x or/of v f
                                     2
                                         vi
                                              2
                                                  2a y    Δx                       Δt or/of Δy                         Δt
                                                                         2                                   2

FORCE / KRAG

 Fnet ma                                                  p mv

 fs max = μsN                                             fk = μk N
 Fnet Δt = Δp
                                                          w mg
 Δp = mv f - mv i
           m1m 2                                  m1m 2             M                                 M
  F=G                     or/of          F=G              g =G                     or/of       g =G
            d2                                     r2               d2                                r2

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
12                                           FISIESE WETENSKAPPE V1                                     (EC/JUNIE 2017)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 Fnet ma                                                  p mv

 fs max = μsN                                             fk = μk N
 Fnet Δt = Δp
                                                          w mg
 Δp = mv f - mv i
          m1m 2                               m1m 2               M                              M
  F=G                     or/of         F=G               g =G              or/of         g =G
           d2                                  r2                 d2                             r2

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                              1
 v    f                                                   T
                                                              f

      v vL                          v vL                                              c
 fL        fs                 fL         fb               E hf         or /of   E h
      v vs                          v vb

 E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
 E    hf and/en W0           hf0 and/en E k (max) = 1 mv max
                                                         2                1
                                                             or/of K max = mv max
                                                                              2
                                                      2                             2

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA

      kQ1Q 2                                                  kQ
 F                                                        E
        r2                                                    r2

      W                                                       F
 V                                                        E
      q                                                       q

          Q                             Q
  n=              or/of            n=
          e                             qe

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Phsc P1 Backup Qp Eng June 2016](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-backup-qp-eng-june-2016/4e8a907f-6a4c-4951-a82f-057b082aad28) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Physical Sciences P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-memo/aff1a50a-f31d-488d-9d3d-c97f5ee4baa9) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Physical Sciences P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-memo/2d2b7939-aa98-49f1-afa7-ca27e7f59489) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [2017 Physics P1 Memo GP](https://www.hlayiso.com/library/2017-physics-p1-memo-gp/3c8a7aaa-341e-4611-bd94-085d68de1cb6) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Physical Sciences P1 May June 2017 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2017-memo-afr-eng/ef24ecaa-5af8-4262-bea3-b96eddcae564) — Physical Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Phsc P1 Memo June Ea Latest](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-memo-june-ea-latest/8382194b-5329-4102-9a1b-784a1e3ac280) — Physical Sciences · Memo · 2019

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
