# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-s12-qp-afr/df389755-9366-4cfa-b402-ff1d4f4f8c3d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-s12-qp-afr/df389755-9366-4cfa-b402-ff1d4f4f8c3d)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *PHSCA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
2                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou volle NAAM en VAN (en/of Eksamennommer indien nodig) in die
     betrokke spasies op die ANTWOORDBLAD en ANTWOORDEBOEK.

2.   Beantwoord ALLE vrae.

3.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

     AFDELING A:          25 Punte
     AFDELING B:         125 Punte

4.   Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD en
     AFDELING B in die ANTWOORDEBOEK.

5.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.   Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

7.   Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
     hierdie vraestel gebruik word.

8.   Gegewensbladsye is vir jou gebruik aangeheg.

9.   Waar motiverings, besprekings, ens. gevra word, wees kort.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                  3

 AFDELING A

 Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

 VRAAG 1:          EENWOORDITEMS

 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
 woord/term langs die vraagnommer (1.1 – 1.5) op die ANTWOORDBLAD.

 1.1    ŉ Sisteem waar beide wrywing en lugweerstand afwesig is.                     (1)

 1.2    Die produk van die netto-krag en konstante snelheid waarteen ŉ voorwerp
        beweeg.                                                                      (1)

 1.3    Die toestel in ŉ motor wat die motorbattery laai en die elektriese stelsel
        dryf wanneer die enjin loop.                                                 (1)

 1.4    Golwe wat uit fase ontmoet produseer hierdie verskynsel.                     (1)

 1.5    Die elektromagnetiese golwe wat gebruik word in fluoressent
        beligtingsbuise en in die fluoressent-penne.                                 (1)
                                                                                     [5]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
4                                                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                      (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 2:                 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak ŉ kruisie
(X) in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (2.1 – 2.10) op die
ANTWOORDBLAD.

2.1      Norma slaan ŉ krieketbal van die grond af reguit in die lug op. Die
         volgende grafiek van snelheid teenoor tyd is geteken. Opwaarts is as
         positief geneem. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vraag wat volg:

                                        39,2

                                v (m·s-1)
                                                0               4                    8
                                                                                                t (s)

                                      -39,2

         Watter van die volgende grafieke stel die ooreenstemmende posisie
         teenoor tydgrafiek van die grafiek hierbo voor?

         A.                                                         B.       39,2

                                            4               8                            0                  4
                                                                         y (m)
                     0
        y (m)                                                   t (s)                                                       8

                                                                           -39,2                                                  t (s)
              -9,8

         C.                                                         D.
                78,4                                                             78,4

                                                                                         39,2
                     0
      y (m)
                                                                                           0
                                                                             y (m)
                            4           8       t (s)                                                   4       8   t (s)

                                                                                                                            (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                 5

 2.2    Die produk van die massa en die tempo van verandering in snelheid van ŉ
        voorwerp staan bekend as …

        A.    impuls.
        B.    momentum.
        C.    netto-krag.
        D.    verandering in momentum.                                             (2)

   BESTUDEER DIE DIAGRAM HIERONDER EN BEANTWOORD VRAE 2.3 EN 2.4

 2.3    “A” in die diagram is ŉ denkbeeldige lyn wat alle aangrensende punte wat
        in fase in ŉ golf is, verbind en staan bekend as ŉ …

        A.    golfie.
        B.    golfkruin.
        C.    golfbron.
        D.    golffront.                                                           (2)

 2.4    “B” in die diagram is die …

        A.    golflengte.
        B.    golfkruin.
        C.    sekondêre golfie.
        D.    golfspoed.                                                           (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
6                             FISIESE WETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2012)

BESTUDEER DIE ONDERSTAANDE DIAGRAM EN BEANTWOORD VRAE 2.5 EN 2.6

2.5   Wat impliseer die diagram rakende die beweging van die trein?

      A.   Die trein staan stil.
      B.   Die trein beweeg na Bibo.
      C.   Die trein beweeg na Bonita.
      D.   Die trein beweeg weg vanaf Bibo.                                           (2)

2.6   Die frekwensie en toonhoogte van die klank deur Bonita gehoor in
      vergelyking met wat deur Bibo gehoor word, is …

      A.   kleiner klankfrekwensie en ŉ laer toonhoogte.
      B.   kleiner klankfrekwensie en ŉ hoër toonhoogte.
      C.   groter klankfrekwensie en ŉ hoër toonhoogte.
      D.   groter klankfrekwensie en ŉ laer toonhoogte.                               (2)

2.7   Drie puntladings lê langs dieselfde reguit lyn soos in die diagram getoon.

      Die grootte van die netto elektriese veld by q2 is …

      A.   1 400 N.C-1
      B.   4 x 102 N.C-1
      C.   1,8 x 103 N.C-1
      D.   3,2 x 103 N.C-1                                                            (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                      7

 2.8    Die toestel, wanneer dit aan ŉ resistor gekoppel word, wat kan optree as ŉ
        tydskakelaar (time delay) in ŉ elektroniese toestel is …

        A.    las.
        B.    diode.
        C.    diëlektrikum.
        D.    kapasitor.                                                                 (2)

 2.9    Die elektriese stroombaan van ŉ flitslig bestaan uit drie selle, ŉ skakelaar
        en ŉ klein gloeilamp. Die elektriese flitslig is ontwerp om ŉ D-tipe sel te
        gebruik, maar die enigste selle wat beskikbaar is vir gebruik is, is AA-tipe
        selle.

        Die spesifikasies van hierdie soort selle word in die tabel hieronder getoon.

                                  Toestel             Stroom vanuit elke sel
                   emk vir
        Seltipe                 waarvoor dit       wanneer dit verbind word aan
                   elke sel
                                 ontwerp is                die apparaat
        D            1,5 V          Flits                     300 mA
        AA           1,5 V    TV-afstandbeheer                30 mA

        Wat kan moontlik gebeur met die helderheid van die flitslig se gloeilamp
        wanneer die D-tipe selle vervang word deur AA-tipe selle in die geslote
        flitslig-stroombaan?

              Wat moontlik kan gebeur
        A.    Die gloeilamp is dowwer.
        B.    Die gloeilamp sal nie brand nie.
        C.    Die helderheid bly dieselfde.
        D.    Die gloeilampie is helderder.                                              (2)

 2.10   In ŉ steenkool-aangedrewe kragstasie word stoom gebruik om die
        turbine-lemme te draai. Die soort energie-omsetting wat hier van
        toepassing is, is …

        A.    meganiese energie na elektriese energie.
        B.    chemiese energie na elektriese energie.
        C.    elektriese energie na chemiese energie.
        D.    meganiese energie om na chemiese energie.                                  (2)
                                                                                        [20]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            25

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
8                              FISIESE WETENSKAPPE V1                      (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B

INSTRUKSIES:

1.    Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy.

2.    Laat een reël tussen onderafdelings oop, bv. tussen VRAE 3.1 en 3.2.

3.    Die FORMULES en VERVANGINGS moet in ALLE berekeninge getoon
      word.

4.    Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af.

5.    Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 3

Die onderstaande grafiek is nie volgens skaal geteken nie en dit toon die
beweging van ŉ bofbal wat vertikaal opwaarts gegooi word van ŉ balkon wat ŉ
entjie van die grond af is. Dit neem 0,4 s om die hoogste punt te bereik, voordat
dit terugval grond toe. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Hoe hoog is die balkon bokant die grond?                                       (1)

3.2   Bepaal die grootte van die tyd t2 sonder die gebruik van die
      bewegingsvergelykings. Motiveer jou antwoord.                                  (2)

3.3   Bereken die beginsnelheid van die bal.                                         (3)

3.4   Bereken die maksimum hoogte wat die bal bokant die grond bereik.               (4)

3.5   Bereken die eindsnelheid van die bal wanneer dit die grond bereik.             (4)

3.6   Bereken die tyd, t3, wat die bal in die lug was.                               (3)

3.7   Teken ŉ ooreenstemmende versnelling teenoor tyd grafiek vir die
      beweging van die bal.                                                           (2)
                                                                                     [19]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                     9

 VRAAG 4

 Ongie en Georgie stel ondersoek in na die effek wat eksterne kragte het op die
 som van die kinetiese energie en gravitasie potensiële energie van ŉ
 voorwerp. Hulle voer twee ondersoeke uit:

 ONDERSOEK EEN

 Hulle rol die bal op ŉ hoogs gepoleerde vloer (gladde oppervlak) tussen die twee
 posisies gemerk A en B.

 ONDERSOEK TWEE

 Hulle rol die bal op ŉ mat (growwe oppervlak) tussen die twee posisies gemerk A
 en B.

 4.1    Verskaf ŉ enkele term vir die vetgedrukte frase in die stelling hierbo.     (1)

 4.2    4.2.1      Vergelyk die spoed van die bal in posisies A en B in
                   ONDERSOEK EEN. Motiveer jou antwoord.                            (2)

        4.2.2      Vergelyk die spoed van die bal in posisies A en B in
                   ONDERSOEK TWEE. Motiveer jou antwoord.                           (2)

 4.3    Met behulp van die antwoorde gegee in VRAAG 4.2.1 en 4.2.2, watter
        gevolgtrekking kan gemaak word van beide ondersoeke?                        (4)

 4.4    Noem en stel die beginsel van fisika dat Ongie en Georgie ondersoek het.     (2)
                                                                                    [11]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 5

ŉ 400 kg motor sit vas aan die onderkant van die oprit, wat ŉ hoek van 15°
met die horisontaal maak. Wanneer dit langs die oprit opgetrek word,
ondervind die motor ŉ wrywingskrag van 1400 N en beweeg teen ŉ
konstante spoed van 2 m•s-1.

5.1   Teken ŉ vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die motor inwerk
      terwyl dit teen die oprit opgetrek word.                                       (4)

5.2   Wat is die netto-arbeid op die motor verrig wanneer dit die bopunt van die
      helling bereik? Gebruik die arbeid-energie-stelling om jou antwoord te
      staaf.                                                                         (2)

5.3   Bereken die grootte van die krag wat toegepas word om die motor teen
      die oprit op te trek.                                                          (4)

5.4   Bereken die drywing van die toegepaste krag wat die motor teen die
      helling teen ŉ konstante spoed van 2 m•s-1 optrek.                             (3)

5.5   As die afstand deur die motor afgelê vanaf die onderkant na die bopunt
      van die oprit 6 m is, bereken die hoogte (h) van die oprit.                    (2)

ŉ Bergklimmer en ŉ stapper, met gelyke massas, begin albei op presies
dieselfde tyd aan die voet van die berg. Die stapper neem ŉ langer, maar
makliker staproete teen die berg op en is die eerste om die bokant te bereik. Die
klimmer kom later by die bokant aan.

5.6   Verduidelik, deur van relevante vergelykings gebruik te maak …

      5.6.1     watter een (klimmer of stapper) die meeste arbeid teen
                swaartekrag verrig het om die bokant van die berg te bereik.         (2)

      5.6.2     watter een meer drywing het.                                          (2)
                                                                                     [19]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                    11

 VRAAG 6

 ŉ Voëlkyker, wat op ŉ rots sit, hoor die skril geroep van ŉ valk met ŉ frekwensie
 van 700 Hz. Die klank deur die valk voortgebring het ŉ frekwensie van 900 Hz.

 Die spoed van klank op hierdie dag is 343 m•s-1.

 6.1    Beweeg die valk weg van of nader aan die voëlkyker?                              (1)

 6.2    Noem die verskynsel wat deur die voëlkyker waargeneem word.                      (1)

 6.3    Bereken hoe vinnig die valk beweeg.                                              (4)

 Leerders van Dudes Sekondêre Skool het die volgende data versamel om ŉ
 hipotese te toets. Hulle het radar gebruik, met die hulp van die polisie, op die
 pad tussen Aliwal-Noord en Cookhouse.

             Frekwensie gehoor deur ŉ                Snelheid van die klankbron
                  luisteraar (Hz)                              (m•s-1)
                        500                                      0
                        580                                      15
                        660                                      30
                        740                                      45
                        820                                      60

 Leerders se hipotese:

 Hoe vinniger ŉ klankbron na ŉ stilstaande luisteraar beweeg, hoe laer is
 die frekwensie van die klank wat ŉ stilstaande luisteraar hoor.

 6.4    6.4.1      Gee TWEE veranderlikes wat konstant gehou word vir hierdie
                   ondersoek.                                                            (2)

        6.4.2      Dui die onafhanklike en afhanklike veranderlikes op die grafiek
                   aan deur hulle op die regte as te plot.
                   (Dit is nie nodig om die punte te plot of die grafiek te teken nie)   (2)

        6.4.3      Moet die leerders hulle hipotese verwerp of aanvaar?
                   Motiveer jou antwoord.                                                 (1)
                                                                                         [11]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
12                             FISIESE WETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 7

Die diagramme hieronder toon die diffraksie-patrone vir ŉ geel lig (met ŉ
golflengte van 582 nm) en ŉ blou lig (met ŉ golflengte van 460 nm) wat
beurtelings deur dieselfde spleet geskyn word. Bestudeer die diagramme
noukeurig en beantwoord die vrae wat volg.

DIFFRAKSIE-PATROON A

DIFFRAKSIE-PATROON B

7.1   Definieer Huygens se beginsel.                                                  (2)

7.2   Watter diffraksiepatroon verteenwoordig die geel lig? A of B

      Motiveer jou antwoord.                                                          (3)

7.3   Bereken die posisie van die eerste donker band vir die blou lig as die
      wydte van die spleet 5 x 10 -6 m is.                                            (3)

7.4   As die breedte van die spleet kleiner as 5 x 10-6 m gemaak word, hoe sal
      die diffraksie-patrone hierbo geraak word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.          (2)
                                                                                      [10]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                   13

 VRAAG 8

 Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg:

 Navorsing waarsku voortdurend oor die gevaar van sonlig op die vel en oë.
 Dokters reageer verstandig deur oogbeskerming en sonskerm aan te beveel
 buite in die sonlig. Vreemd genoeg, noem sommige lampvervaardigers dat
 lampe wat sonlig dupliseer goed is vir visie en vir die gesondheid van die oog.
 Wie is reg?

 Uit ŉ wetenskaplike oogpunt: lig bestaan uit elektromagnetiese deeltjies wat in
 golwe beweeg. Hierdie golwe wissel van die langste golflengte na die kortste
 golflengte om die elektromagnetiese spektrum te vorm. Die volgende golwe, nie
 in volgorde nie, vorm deel van die spektrum: sigbare lig, gammastrale,
 ultraviolet, mikrogolwe, X-strale, radiogolwe, infrarooi.
                                           {www.mdsupport.org/library/hazard.html}

 8.1    Verduidelik hoe sonskerm werk en gee TWEE redes hoekom dit belangrik
        is om sonskerm te dra terwyl jy buite is.                                    (3)

 8.2    Watter tipe elektromagnetiese golwe het die kortste golflengte van al die
        elektromagnetiese straling?                                                  (1)

 8.3    Verduidelik kortliks waarom ŉ X-straal tegnikus (radiografis) by die Dora
        Nginza-hospitaal deur lood beskerm moet word wanneer X-strale geneem
        word van ŉ jong meisie se arm om te bepaal of die arm gebreek is, terwyl
        ŉ tegnikus wat vir Umhlobo Wenene-radiostasie werk nie beskerm moet
        word terwyl hy tegniese probleme by die radiostasie regstel nie.             (2)

 8.4    FM-uitsendings word oorgedra op ŉ frekwensie van 100 MHz. Bereken
        die golflengte daarvan.                                                      (3)
                                                                                     [9]
 VRAAG 9

 Drie puntladings q1 = +5 nC, q2 = -3 nC en q (met ŉ onbekende grootte) is as
 volg gerangskik:

 9.1    Stel Coulomb se wet van elektrostatika in woorde.                            (2)

 9.2    Teken die elektriese veldpatroon tussen q1 en q2 as q uit die sisteem
        verwyder word.                                                               (2)

 9.3    Indien die netto elektrostatiese krag op q 12 x 10-4N na regs is, bereken
        die grootte van q.                                                            (6)
                                                                                     [10]

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
14                            FISIESE WETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 10

ŉ Voltmeter word aan twee parallelle plate gekoppel wat deel vorm van ŉ
kapasitor, soos in die diagram getoon.

10.1   Teken die elektriese veldpatroon tussen die plate van ŉ kapasitor.             (3)

10.2   Elke plaat van die kapasitor hierbo het die afmetings van 20 cm en 3 m.
       Die kapasitor stoor ŉ lading van 3 μC wanneer ŉ 1,5 V flitslig-battery ŉ
       potensiaalverskil tussen die plate bied.

       10.2.1   Bereken die kapasitansie.                                             (3)

       10.2.2   Bereken die plaatskeiding (die afstand „d‟ tussen die plate).         (3)
                                                                                      [9]

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                              15

 VRAAG 11

 In die diagram is ŉ battery met emk van 24 V en interne weerstand r in ŉ
 stroombaan verbind soos getoon.

 11.1   Toon deur middel van berekening dat die effektiewe weerstand van die
        eksterne stroombaan 3,2 Ω is.                                               (2)

 11.2   Wanneer skakelaar S gesluit is, is die lesing op die ammeter 6 A. Bereken
        die:

        11.2.1     lesing op V2                                                     (4)

        11.2.2     interne weerstand van die battery.                               (3)
                                                                                    [9]

 VRAAG 12

 ŉ Elektriese voedselverwerker is gekoppel aan ŉ 172 V WS-kragpunt en die
 voedselverwerker het ŉ weerstand van 20 Ω.

 Bereken:

 12.1   Die piek-spanning van die voedselverwerker                                  (3)

 12.2   Die piek stroom van die voedselverwerker                                    (3)

 12.3   Die gemiddelde drywing                                                      (3)
                                                                                    [9]

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
16                            FISIESE WETENSKAPPE V1                      (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 13

Agrippa, Nancy en Absalom stel die onderstaande apparaat op deur gebruik te
maak van kaliummetaal, ŉ ammeter, ŉ battery, geleidingsdrade en ŉ ligbron.

       Hulle verdonker die kamer en skyn die ultra-violet lig op die katode van
       kaliummetaal
       Hulle het begin deur gebruik te maak van ŉ 40 W-gloeilamp, gevolg deur
       100 W- en 200 W-gloeilampe
       Elektrone is in elke geval uit die kaliummetaal oppervlak vrygestel

13.1   Noem die verskynsel wat hulle hier ondersoek.                                (1)

13.2   Watter eienskap van die lig verander hulle wanneer 40 W-, 100 W- en
       200 W-gloeilampe gebruik word?                                               (1)

13.3   Watter effek sal die verandering van die gloeilampe, soos reeds genoem,
       het op die ammeterlesing?
       Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY.
       Explain.                                                                     (2)

ŉ Foton van ultraviolet lig met ŉ golflengte van 60 nm bots met ŉ elektron in die
kaliummetaal en stel die elektron vry. Die kinetiese energie waarmee die elektron
die metaal verlaat is 2,8 x 10-18 J.

13.4   Bereken die drumpelfrekwensie van kaliummetaal.                              (4)

13.5   Daar is skole in die afgeleë gebiede van die provinsie van die Oos-Kaap
       wat nie Eskom-opgewekte elektrisiteit het nie. Hoe kan daardie skole
       elektrisiteit opwek deur die gebruik van die deeltjieaard van lig?           (1)
                                                                                    [9]

                                                        TOTAAL AFDELING B:          125

                                                              GROOTTOTAAL:          150

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          FISIESE WETENSKAPPE V1                                                                17

                                               DATA / GEGEWENS

             TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                                               SYMBOL/
             NAME/NAAM                                                                VALUE/WAARDE
                                               SIMBOOL
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling
                                                     g                                        9,8 m·s-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in ŉ vakuum
                                                     c                                  3,0 x 108 m·s-1
Planck's constant
Planck se konstante
                                                     h                                 6,63 x 10-34 J·s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
                                                     k                                9,0 x 109 N·m2·C-2
Charge on electron
Lading op elektron
                                                     e                                  -1,6 x 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
                                                     me                                 9,11 x 10-31 kg
Permittivity of free space
Permittiwiteit van vry ruimte                         0                               8,85 x 10-12 F·m-1

                              TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES

MOTION / BEWEGING

vf      vi       a t                                          x vi t            1
                                                                                2
                                                                                  a   t 2 or/of y vi t               1
                                                                                                                     2
                                                                                                                         a t2
                                                                       vf       vi                        vf        vi
vf 2        vi2 2a x or/of v f 2     vi
                                          2
                                              2a y            x                        t or/of    y                        t
                                                                            2                                   2

FORCE/KRAG

Fnet        ma                                            p       mv

Fnet t           p
                                                          w       mg
    p mv f           mv i

WORK, ENERGY AND POWER / ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W F x cos                                                 U mgh or/of E P mgh
       1                            1                     Wnet K    or/of Wnet                         Ek
K        mv 2           or/of E k     mv 2
       2                            2                         K    K f Ei             or/of       Ek      Ekf       Eki
       W
P                                                         P       Fv
        t

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
18                                              FISIESE WETENSKAPPE V1                            (SEPTEMBER 2012)

WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

                                                      1
v     f                                             T
                                                      f
                                                    E hf
      v vL                               v vL
fL         fs              or/of fL           fb        c
      v vs                               v vb       E h

                                                    E W0        Ek
            m                                      where/waar
sin
             a
                                                                                                 1
                                                    E hf and / en W0      hf0   and / en Ek        mv 2
                                                                                                 2

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA

  kQ 1Q 2                                             kQ
F                                                  E
      r2                                               r2
    V                                                 F
E                                                  E
    d                                                 q
   kQ 1Q 2                                             W
U                                                  V=
       r                                                q
    Q                                                  ε A
C=                                                 C= 0
    V                                                    d

ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE

      V                                            emf ( ε ) = I(R + r)
R
      I                                            emk ( ε ) = I(R + r)
Rs        R1 R2 ...
 1        1   1                                    q=I t
                          ...
Rp        R1 R 2
W = Vq                                                  W
                                                   P
                                                         t
W = VI t
                                                   P VI
W = I²R t
                                                   P = I²R
            2
          V t                                           V2
W                                                  P
           R                                            R

ALTERNATING CURRENT / WISSELSTROOM

                  I max               I maks       Paverage = VrmsIrms    /       Pgemiddeld = VwgkIwgk
          I rms            / I wgk
                    2                   2          Paverage = I2rmsR      /       Pgemiddeld = I2rmsR
                  Vmax                 Vmak s                     2
                                                                Vrms                               2
                                                                                                 Vrms
      Vrms                / Vw gk                  Paverage =             /       Pgemiddeld =
                    2                      2                     R                                R

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            FISIESE WETENSKAPPE V1                        19

                            FISIESE WETENSKAPPE: V1
                             PHYSICAL SCIENCES: P1

                                  ANSWER SHEET
                                  ANTWOORDBLAD

NAAM:
NAME: _____________________________________________

                                     AFDELING A
                                     SECTION A

VRAAG 1:    EENWOORD-ITEMS
QUESTION 1: ONE WORD ITEMS

1.1     ___________________________________       (1)

1.2     ___________________________________       (1)

1.3     ___________________________________       (1)

1.4     ___________________________________       (1)

1.5     ___________________________________       (1)
                                                  [5]

VRAAG 2:           MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
QUESTION 2:        MULTIPLE CHOICE QUESTIONS

  2.1       A       B      C        D
  2.2       A       B      C        D
  2.3       A       B      C        D
  2.4       A       B      C        D
  2.5       A       B      C        D
  2.6       A       B      C        D
  2.7       A       B      C        D
  2.8       A       B      C        D
  2.9       A       B      C        D
  2.10      A       B      C        D
                               (10x2) [20]
                                                        TOTAAL AFDELING A: 25
                                                          TOTAL SECTION A: 25

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Physical Science P1 (SG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-sg-english-june-2012-qp/0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2021 Xho English B Copy](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-memo-sept2021-xho-english-b-copy/813b1849-8c40-4d71-92b0-1f6a8e44c4f9) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-march-2025-mpumalanga/88039ede-226f-4c60-918e-92c8ef3e11cc) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
