# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2021 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-qp-gr12-june2021-afrikaans/9969c51a-4ab5-4934-bc1f-cfa61df36b3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-qp-gr12-june2021-afrikaans/9969c51a-4ab5-4934-bc1f-cfa61df36b3f)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                              JUNIE 2021

                 FISIESE WETENSKAPPE V1
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                                FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/JUNIE 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierde vraestel bestaan uit 10 vrae.

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 4.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 5.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

 8.    Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

 9.    Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke af.

 10.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 11.   Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                            3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers (1.1−1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 Veiligheidsgordels in motors is ontwerp om die omvang van beserings aan
     passasiers tydens ongelukke te verminder. Watter EEN van Newton se
     bewegingswette verklaar die beste die neiging van die liggaam van ’n passasier
     om vorentoe te beweeg tydens ’n kop-aan-botsing?

        A    Universele Gravitasie Wet

        B    Eerste Wet

        C    Tweede Wet

        D    Derde Wet                                                                 (2)

 1.2 ’n Voorwerp met massa m rus op ’n plat tafel. As die aksiekrag van die Aarde
     op die voorwerp mg is, watter EEN van die stellings hieronder beskryf die
     reaksie-krag die beste?

        A    Die tafel stoot op die voorwerp met ’n krag van mg

        B    Die voorwerp stoot af op die tafel met ’n krag van mg

        C    Die voorwerp trek opwaarts op die Aarde met ’n krag van mg

        D    Die tafel stoot afwaarts op die vloer met ’n krag van mg                  (2)

 1.3 ’n Konstante netto krag, F, werk in op ’n houer wat op ’n wrywinglose
     horisontale oppervlak in beweeg. Watter EEN van die volgende hoeveelhede
     bly konstant terwyl die netto krag F op die houer inwerk?

        A    Verandering in momentum

        B    Arbeid op die houer verrig

        C    Tempo van verandering in snelheid

        D    Verandering in gravitasie-potensiële energie                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                FISIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/JUNIE 2021)

 1.4 ’n Bal word vanaf ŉ warmlugballon wat opwaarts teen ŉ konstante snelheid
     beweeg vrygelaat. Neem OPWAARTS as die POSITIEWE rigting. Die korrekte
     snelheid teenoor tyd grafiek vir beweging van die bal en ballon is:

                                                                                        (2)

 1.5 Twee kragte, met ŉ grootte van 200 N elk, word gelyktydig op ’n
     gereedskaphouer met ŉ massa van 25 kg wat op ’n horisontale oppervlak rus,
     soos in die diagram hieronder toegepas, getoon. Ignoreer die effek van
     wrywing.

                                                                 200 N

                         200 N                        30°
                                        25 kg

      Arbeid sal deur die netto krag op die gereedskaphouer verrig word,
      omdat dit …

      A    na links versnel.

      B    na regs versnel.

      C    vanaf die oppervlak opgelig word.

      D    in rus bly.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                          FISIESE WETENSKAPPE V1                                 5

 1.6 Terwyl ’n helikopter teen ’n konstante snelheid opwaarts beweeg, word ’n
     kamera uit die venster van die helikopter laat val. Die kamera tref die grond na
     t1 sekondes. Die skets hieronder verteenwoordig die snelheid-tyd grafiek van
     die beweging van die kamera. Afwaartse rigtings word geneem as positief.

                   v (m.s-1)
                                                        t1        t (s)

        Die skadu-area onder die grafiek stel voor:
        A     Die totale afstand wat die kamera gereis het
        B     Die spoed waarteen die kamera die grond tref
        C     Die maksimum hoogte van die kamera bo die grond
        D     Die grootte van die verplasing van die kamera                                    (2)
 1.7 Die arbeid wat deur ŉ motor se enjin verrig word om sy snelheid van 0 tot v te
     verhoog, is W. Wat sal die arbeid wat deur die enjin van die motor verrig word
     om die snelheid van v tot 2v te verhoog, wees?

        A     4W
        B     3W
        C     2W
        D     W                                                                                (2)

 1.8 ’n Ambulans wat teen ’n konstante snelheid beweeg, produseer ’n klank terwyl
     dit na ’n stilstaande luisteraar beweeg, beweeg verby die luisteraar en dan weg.
     Watter EEN van die volgende grafieke stel die verandering in die waargenome
     frekwensie-teen-tyd die beste voor?

        A                                      B

            f (Hz)                                 f (Hz)

                                                                          t (s)
                                 t (s)
        C                                      D

                  f (Hz)                              f (Hz)

                                     t (s)                                t (s)
                                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2021)

 1.9    Twee identiese metaalsfere, elk met ’n lading van Q, is op ’n afstand r
        uitmekaar. Watter EEN van die volgende pare van verandering wat gelyktydig
        gemaak word sal die elektrostatiese krag wat die een gelaaide sfeer op die
        ander uitoefen, VERDUBBEL?

          AFSTAND TUSSEN DIE                     GROOTTE VAN DIE LADINGS
          MIDDELPUNTE VAN DIE
                 SFERE
                                r                                                      Q
        A  Verminder afstand na             Verminder die ladings op beide sfere na
                                 2                                                     2

                                    r
        B    Verminder afstand na           Verdubbel die ladings op beide sfere
                                    2

                                        r
        C    Verminder afstand na           Verdubbel die ladings op beide sfere
                                        2

                                    r                                              Q
        D    Verminder afstand na           Verminder die lading op een sfeer na
                                    2                                              2       (2)

 1.10   Twee voorwerpe ondervind ’n ONELASTIESE botsing in ’n geïsoleerde
        sisteem. Watter EEN van die volgende kombinasies ten opsigte van totale
        momentum en totale kinetiese energie is korrek?

            Totale momentum is …                Totale kinetiese energie is …
        A    nie behoue                     behoue

        B    behoue                         nie behoue

        C    nie behoue                     nie behoue

        D    behoue                         behoue                                          (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                               7

 VRAAG 2 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Twee blokke, A en B, word op ’n ruwe skuinsvlak wat ’n hoek van 35o met die
 horisontale vlak maak, geplaas. Nceba oefen ’n krag F op blok A om die sisteem
 teen die helling op te stoot, uit. Blok B ondervind ’n wrywingskrag van 15 N.

                                     25 kg

                         10 kg

 2.1 Stel Newton se Derde bewegingswet in woorde.                                    (2)

 2.2 Teken 'n benoemde vrye liggaamdiagram van al die kragte wat op blok B
     inwerk.                                                                         (4)

 2.3 Indien die sisteem teen 1,5 m.s-2 teen die helling versnel, bereken die krag
     wat blok B op blok A uitoefen.                                                  (6)

 2.4 As blok A ’n wrywingskrag van 4,5 N ondervind toe die sisteem teen
     1,5 m.s-2 versnel het, bereken die grootte van die krag wat Nceba op blok A
     toegepas het.                                                                   (4)
                                                                                    [16]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                                FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 3 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 Twee blokke van massa m en 15 kg, word met ’n ligte, onrekbare toutjie wat oor ’n
 wrywinglose katrol beweeg, verbind. ’n Krag van 500 N word, teen ‘n hoek van 40°
 met die horisontaal, op blok met massa m soos in die diagram hieronder toegepas
 getoon. Die blok met massa m ondervind ’n wrywingskrag van 115 N en normale
 krag, FN, van 623,3 N.
                                                    Ftoegepas = 500 N

                                      a

                                          m   40°

                     15 kg

 3.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                       (2)

 3.2 Bereken die waarde van m in die diagram hierbo.                                     (5)

 3.3 Bereken die grootte van die versnelling van die sisteem soos dit in die
     rigting, soos in die diagram getoon, beweeg.                                        (7)
                                                                                        [14]

 VRAAG 4 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 Twee balle A en B, word gelyktydig vanaf verskillende posisies vanaf ’n balkon wat
 oor ’n straat uitkyk, gegooi. Bal A word vertikaal opwaarts teen ’n snelheid van
 5 m∙s-1 vanaf die bokant van ’n balkon gegooi en bal B word vertikaal opwaarts
 teen ŉ snelheid van 8 m∙s-1 vanaf die onderkant van die balkon gegooi.
 Ignoreer die effek van lugwrywing (lugweerstand).

 4.1 Definieer die term projektiel.                                                      (2)

 4.2 Bereken die grootte van bal A se verplasing bo die balkon.                          (3)

 4.3 Indien die hoogte van die balkon 5 m is, bewys deur berekeninge of bal B
     die maksimum hoogte van bal A gaan bereik of nie.                                   (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                                9

 4.4 Bereken die spoed waarteen bal B beweeg het die tyd wat bal A die
     maksimum hoogte bereik het.                                                       (4)

 4.5 Teen watter tyd in (minute) sal die spoed van die twee balle gelyk wees?          (5)
                                                                                      [19]

 VRAAG 5 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ’n Motor met ŉ massa van 1 140 kg beweeg oos teen ’n snelheid van 30 m.s-1, bots
 met ŉ aankomende afleweringswa met massa van 1 650 kg. Na die botsing beweeg
 die afleweringswa teen 12 m.s-1 in sy oorspronklike rigting, terwyl die motor teen
 10 m.s-1 beweeg. Die sisteem is geïsoleerd.

 5.1 Wat word met geïsoleerde sisteem bedoel?                                          (2)

 5.2 Bepaal die grootte van die aanvanklike momentum van die motor.                    (3)

 5.3 Bereken die snelheid van die afleweringwa voor die botsing.                       (5)

 5.4 Noem en stel die beginsel wat gebruik is om VRAAG 5.3 te beantwoord.              (3)

 5.5 Bereken die verandering in momentum van die afleweringswa.                        (3)
                                                                                      [16]

 VRAAG 6 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 ’n Motor met ’n massa van 1 125 kg beweeg met ’n konstante snelheid van
 25 m.s-1, bots teen ’n boom en spring met ’n snelheid van 6 m.s-1 terug.

 Die motor was vir 3,5 s met die boom in kontak.

 6.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in terme van momentum in woorde.               (2)

 6.2 Bereken die totale aanvanklike kinetiese energie van die sisteem.                 (4)

 6.3 Bereken die impuls van die boom tydens botsing.                                   (4)

 6.4 Bereken die gemiddelde krag wat deur die motor ondervind is.                      (3)

 6.5 Bespreek, deur die beginsels van fisika te gebruik, hoe die lugsakke van die
     motor die omvang van die beserings wat die bestuurder opgedoen het,
     verminder het.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/JUNIE 2021)

 6.6 Indien die motor nie van die boom af teruggespring het nie maar die tyds-
     interval het 3,5 s gebly, hoe sal die grootte van die krag wat op die motor
     uitgeoefen word, beïnvloed word?
     Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.
     Verduidelik die antwoord.                                                            (4)
                                                                                         [19]

 VRAAG 7 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 ’n Navorsingsatelliet het ŉ massa van 3,4 x 103 kg. Dit wentel om die Aarde teen ’n
 afstand van 2,32 x 106 m vanaf die middelpunt van die Aarde, wat ’n massa van
 5,98 x 1024 kg het.

 7.1 Bereken die gravitasiekrag wat die Aarde op die satelliet uitoefen.                  (4)

 7.2 Noem en stel die wet wat op hierdie situasie van toepassing is.                      (3)

 7.3 ’n Ander satelliet met ŉ massa helfte van dié van die navorsingsatelliet, wentel
     op ’n afstand helfte van die navorsingsatelliet vanaf die middelpunt van die
     Aarde.
     Bereken die grootte van die aantrekkingskrag tussen die aarde en hierdie
     satelliet.                                                                           (3)
                                                                                         [10]

 VRAAG 8 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 8.1   ’n Krat met ’n massa van 8 kg rus by punt A op 'n ruwe skuinsvlak wat ’n hoek
       van 30° met die horisontaal maak. Twee kragte F1 en F2 van 20 N en 100 N
       onderskeidelik word gelyktydig op die krat toegepas. Die krat het deur ’n
       verplasing van 20 m, soos in die diagram hieronder getoon, beweeg.

                                                           100 N

                                                                       B
                                                             20 m
                                          8 kg
                            20 N
                                                       A
                                 30°

       8.1.1   Stel die arbeid-energie stelling in woorde.                                (2)

       8.1.2   Indien die wrywingskrag wat deur die krat ondervind word, 8,5 N is,
               bereken die netto arbeid verrig om die krat na punt B te skuif.            (4)

       8.1.3   Gebruik energiebeginsels en bereken die snelheid van die krat soos
               wat dit verby punt B beweeg.                                               (4)

 8.2   ’n Wedrenmotor met ’n massa van 1 500 kg kan ’n snelheid van 26 m.s-1 van
       0 m.s-1 in 4 s bereik. Bereken die gemiddelde drywing van die motor se enjin.      (5)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2021)                         FISIESE WETENSKAPPE V1                                 11

 VRAAG 9 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 9.1 ’n Hospitaalpersoneellid beweeg weg van ŉ ambulans. Die sirene van die
     ambulans lui met ŉ onbekende frekwensie. Die personeellid hoor 0,85 keer
     die frekwensie van die sirene terwyl hy van die ambulans af wegbeweeg. Die
     spoed van klank in die lug is 340 m.s-1.

        9.1.1     Definieer die Doppler-effek.                                                  (2)

        9.1.2     Bereken die snelheid van die personeellid soos hy van die ambulans
                  af wegbeweeg.                                                                 (4)

        9.1.3     Waarom is die frekwensie wat deur die luisteraar waargeneem word
                  laer as die werklike frekwensie wat deur die sirene geproduseer word?         (2)

        9.1.4     Indien die personeellid besluit om binne-in die ambulans te klim, hoe
                  sal die frekwensie wat die personeellid hoor, vergelyk met die wat deur
                  die ambulans vrygestel word?

                  Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.                               (2)

        9.1.5     Indien die frekwensie van die bron 190 Hz was, wat sal die grootte
                  wees van die frekwensie wat deur die personeellid geregistreer is toe
                  hy weg van die ambulans af beweeg het?                                        (2)

 9.2 Noem TWEE toepassings van die Doppler-effek in die Mediese Wetenskap.                     (2)
                                                                                              [14]

 VRAAG 10 (Begin op ’n NUWE bladsy.)

 Die diagram hieronder toon drie puntladings, met A wat 'n lading van -4 nC dra, B
 wat 'n lading van +8 nC dra en N wat 'n lading van +2 nC dra. Hierdie puntladings
 word op ŉ afstand van mekaar geplaas, soos in die diagram hieronder getoon.

                     N                  A                                B
                      +                 –                                +

                           14 mm                      35 mm

 10.1     Stel Coulomb se wet in woorde.                                                        (2)

 10.2     Bereken die grootte en rigting van die netto krag rondom puntlading N as
          gevolg van die teenwoordigheid van beide puntladings A en B.                          (5)
                                                                                                [7]

                                                                              TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                                                     FISIESE WETENSKAPPE V1                                            (EC/JUNIE 2021)

                                   DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                             PAPER 1 (PHYSICS)

                                GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                           VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                        NAME/NAAM                         SYMBOL/SIMBOOL                         VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
 Swaartekragversnelling
                                                                     g                                   9,8 m•s-2
 Universal gravitational constant
 Universelegravitasiekonstant                                        G                         6,67 x 10-11 N•m2•kg-2
 Speed of light in a vacuum
 Spoed van lig in ŉ vakuum                                           c                             3,0 x 108 m•s-1
 Planck's constant
 Planck se konstante                                                 h                            6,63 x 10-34 J•s
 Coulomb's constant
 Coulomb se konstante                                                k                           9,0 x 109 N•m2•C-2
 Charge on electron
 Lading op elektron                                                  e                              -1,6 x 10-19 C
 Electron mass
 Elektronmassa
                                                                     me                            9,11 x 10-31 kg
 Mass of earth
 Massa op aarde
                                                                     M                             5,98 x 1024 kg
 Radius of earth
 Radius van aarde
                                                                     RE                            6,38 x 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 vf       vi            a t                                     Δx       v i Δt     1
                                                                                    2   a t 2 or/of Δy     v i Δt       1
                                                                                                                        2    a t2
      2         2                         2        2                      vi       vf                       vi          vf
 vf        vi            2a x or/of v f       vi       2a y     Δx                       Δt or/of Δy                          Δt
                                                                               2                                    2

FORCE/KRAG

                                                               p mv
 Fnet      ma

                                                               fk = µkN
 fsmax = µsN
 Fnet t            p
                                                                w mg
     p    mv f           mv i
          Gm 1 m2                                                         M
 F                  2                                          g = G d2
               d

Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2021)                                               FISIESE WETENSKAPPE V1                                                          13

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W F x cos                                                                 U mgh                    or/of EP         mgh
                                                                           Wnet            K or/of Wnet         Ek
         1                           1
 K         mv 2 or/of Ek               mv 2
         2                           2                                         K     Kf      Ki    or/of Ek          Ekf     Eki
                                                                                   W
 Wnc          K        U or/of Wnc         Ek           Ep                 P
                                                                                    t
 Pav         Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                                                   1
 v       f                                                                 T
                                                                                   f
         v vL        v vL                                                                           c
 fL           f s fL      fb                                               E hf or/of E h
         v vs        v vb
 E       W o E k where/waar
                                                                1                                  1
 E hf and/en W0                      hf0 and/en Ek                mv 2        K max                     2
                                                                                                     mv max
                                                                2      or/ of                      2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

       kQ 1Q 2                   V                       W                             kQ                   F                      Q
 F                         E                     V                          E                      E                       n=
         r2                      d                       q                             r2                   q                      qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                                           emf ( ε ) = I(R + r)
   V
 R
   I
                                                                           emk ( ε ) = I(R + r)
                                       1      1   1
 Rs          R1       R2   ...                                   ...       q I t
                                      Rp      R1 R 2
                                                                       2                    W
 W = Vq               W = VI t        W= I2R t                W= V Δt                  P
                                                                                            Δt
                                                                                                   P = VI
                                                                                                                 P = I2R            P
                                                                                                                                         V2
                                                                       R                                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                                           Pav erage Vrms I rms             /   Pgemiddeld Vwgk I wgk
             I max                                           Imaks
 I rms                           /              I wgk
                  2                                            2                       2
                                                                           Pav erage I rmsR                 /    Pgemiddeld        I 2wgk R
              Vmax                                           Vmaks
 Vrms                            /            Vwgk                                            2
                                                                                                                                 2
                                                                                                                                Vwgk
                  2                                             2                           Vrms                Pgemiddeld
                                                                           Pav erage                    /
                                                                                             R                                      R

Kopiereg voorbehou                                                                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [NW NSC GR 12 PS P1 memo 21](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-12-ps-p1-memo-21/edaa5a71-c3e8-43a6-b32a-09bfea08a19f) — Physical Sciences · Memo · 2021
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
