# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-qp-gr12-sept2015-afr/1d4dc3d0-f040-49d7-8d64-94aaad037d69
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-qp-gr12-sept2015-afr/1d4dc3d0-f040-49d7-8d64-94aaad037d69)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2015

                   FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

                                     *PHSCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 3-gegewensbladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Skryf jou VOLLE NAAM en VAN voor op jou ANTWOORDEBOEK.

 2.     Die vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord al die vrae in jou
        ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Laat EEN lyn oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1
        en VRAAG 2.2.

 6.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.     Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.     Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 9.     Toon ALLE formules en substitusie in ALLE bewerkings.

 10.    Rond jou finale numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE
        desimale plekke.

 11.    Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.

 12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                   3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier moontlike keuses word by die volgende vrae voorsien. Elke vraag het
 slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
 vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer byvoorbeeld
 1.11 D.

 1.1    Die voorkant van ŉ moderne motor is ontwerp om tydens ŉ kop-aan-
        kop botsing te frommel. Die kanse vir ernstige beserings aan die
        passasier word verminder aangesien die ...

        A      netto krag wat inwerk op die passasier verminder word, want die
               kontaktyd vir die motor om te stop verminder.

        B      netto krag wat inwerk op die passasier verminder word, want die
               tempo van verandering in momentum neem af.

        C      netto krag wat inwerk op die passasier verminder word, want die
               verandering in momentum neem af.

        D      netto krag wat inwerk op die passasier verminder word, want die
               verandering in momentum neem toe.                                    (2)

 1.2    ŉ Ruimtereisiger het ŉ gewig van W op aarde. Hy land op ŉ planeet
        met ŉ massa drie maal groter as dié van die aarde en ŉ radius twee
        maal groter as dié van die aarde. Wat is gewig van die ruimtereisiger
        op dié planeet? Neem die radius van die aarde as R.

        A         W

        B        W

        C        W

        D      3W                                                                   (2)

 1.3    (Ep+ Ek) bo = (Ep +Ek) onder slegs in die teenwoordigheid van …

        A      wrywingskragte.

        B      spanningskragte.

        C      toegepastekragte.

        D      swaartekragte.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.4   ŉ Voorwerp word vertikaal afwaarts gegooi na die grond vanaf ŉ hoogte h
       met ŉ snelheid v. Die voorwerp tref die grond en bons opwaarts. Dit word
       gevang wanneer dit ŉ maksimum hoogte na die bons bereik. Watter EEN
       van die volgende snelheid teenoor tyd grafieke verteenwoordig die
       beweging van die voorwerp die beste?

               v (m.s-1)
                                                     v (m.s-1)
                                          ∆t (s)
                                                                           ∆t (s)

                           A                                      B

               v (m.s-1)
                                                      v (m.s-1)

                                           ∆t (s)                           ∆t (s)

                           C                                      D                  (2)

 1.5   Sterrekundiges bekom die volgende spektraallyne van ŉ element:

                                        Blou                              Rooi
       Spektrum van element
       in laboratorium:

                                        Blou                               Rooi
       Spektrum van element
       vanaf verafgeleë ster:

       Hierdie waarneming bevestig dat die ...

       A       ster nader aan die aarde beweeg.

       B       aarde nader aan die ster beweeg.

       C       temperatuur van die aarde toeneem.

       D       heelal vergroot.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            FISIESE WETENSKAPPE V1                                     5

 1.6    ŉ Stilstaande brandweerwa se sirene loei teen ŉ frekwensie f0. ŉ Meisie
        loop reguit na die brandweerwa teen ŉ konstante snelheid. Sy loop
        verby die brandweerwa en dan weg van dit af.

        Watter EEN van die grafieke hieronder toon die veranderings in
        frekwensie wat die meisie hoor oor die hele afstand wat sy loop?

                           A                                   B

                           C                                   D                    (2)

 1.7    Twee sfere, A en B, het ladings van +1 C en +2 C onderskeidelik. Hulle
        word in kontak met mekaar gebring en dan na hulle oorspronklike
        posisies teruggeskuif.
        Die hoeveelheid lading wat oorgedra is, is ...

        A       0,5 C van B na A.

        B       0,5 C van A na B.

        C       1,5 C van B na A.

        D       1,5 C van A na B.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.8    ŉ Eenvoudige diagram van ŉ generator word hieronder getoon.

        Spoel ABCD roteer ...
        A    kloksgewys.
        B    antikloksgewys.
        C    kloksgewys totdat dit die vertikale posisie bereik en keer dan sy
             beweging om.
        D    antikloksgewys totdat dit die vertikale posisie bereik en keer dan sy
             beweging om.                                                                 (2)

 1.9    Die stroombaan hieronder bevat ŉ kombinasie van weerstande R1, R2 en
        R3. Die battery het ŉ EMF van 12 V en ŉ onbekende resistor r.

                                             EMK = 12 V
                                                         r
                                                     r

                                                                      R1
                               A

                                            S•
                                                 •       R2

                                                             R3
        Skakelaar S word nou GESLUIT.

                        Rekstern                     Lesing op ammeter (A)
        A    Neem af                         Neem toe
        B    Neem af                         Bly dieselfde
        C    Neem af                         Neem af
        D    Neem toe                        Neem toe                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          FISIESE WETENSKAPPE V1                                    7

 1.10   ŉ Neonbuis word helder verlig as ŉ groot eksterne potensiaalverskil
        daaroor geplaas word. Watter EEN van die volgende gee die beste
        verduideliking vir die tipe spektrum wat waargeneem word, wanneer die
        gas binne die buis deur ŉ diffraksie-rooster waargeneem word.

        A     Absorpsiespektrum

        B     Deurlopende (kontinue) emissiespektrum

        C     Lyn absorpsiespektrum

        D     Lynemissiespektrum                                                 (2)
                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee voorwerpe, A en B, met massas van 8 kg en 4 kg onderskeidelik, is in
kontak. Hulle lê op ŉ skuinsvlak wat ŉ helling van 30° met die horisontaal maak.
ŉ Krag, F, word parallel aan die helling toegepas en druk aan die voorwerpe soos
in die diagram getoon.

                              A
                                             B

        F

2.1     Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                   (2)

        Die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat op voorwerp A inwerk is
        6,8 N en op voorwerp B is 3,4 N.

2.2     Teken ŉ vrye-liggaam diagram, met byskrifte, van die kragte wat op B
        inwerk soos dit teen die helling op beweeg.                                     (4)

2.3     Bereken die:

        2.3.1        Grootte van F indien die sisteem teen die helling teen ŉ
                     KONSTANTE SNELHEID op beweeg.                                      (5)

        2.3.2        Kinetiese wrywingskoëffisiënt vir B.                               (3)

2.4     Die hoek tussen die helling en die horisontaal verander na 35°.

        2.4.1        Hoe sal die antwoord in VRAAG 2.3.2 beïnvloed word?
                     Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.                    (1)

        2.4.2        Hoe sal die grootte van die kinetiese wrywingskrag op voorwerp
                     B beïnvloed word?
                     Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.
                     Verduidelik jou antwoord.                                          (3)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                     9

 VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Bal word vertikaal opwaarts gegooi met ŉ snelheid van 4 m.s-1 vanaf die dak
 van ŉ gebou met ŉ hoogte van 10 m. Die bal tref die grond en bons terug tot
 ŉ hoogte van 3 m.
 Ignoreer die effekte van wrywing.

 3.1    Bereken die:

        3.1.1         Tyd wat dit die bal neem om sy maksimum hoogte te bereik.        (3)

        3.1.2         Maksimum hoogte wat die bal bo die grond bereik.                 (4)

 3.2    Die bal tref die grond 1,09 s nadat dit gegooi is en bly in kontak met die
        grond vir 0,2 s voordat dit terugbons.

        Skets ŉ grafiek (nie volgens skaal) van posisie teenoor tyd wat die hele
        beweging van die bal verteenwoordig.

        GEBRUIK DIE GROND AS NULVERWYSING.

        Dui die volgende op die grafiek aan:

           Hoogte van waar die bal gegooi is
           Maksimum hoogte van die bal vanaf die grond
           Hoogte bereik deur die bal nadat dit terugbons
           Tyd wat die bal die grond tref
           Kontaktyd van die bal met die grond                                       (5)
                                                                                     [13]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Seun op ŉ skaatsplank beweeg teen 5 m.s-1 na regs na punt A by die onderpunt
 van ŉ helling wat 1,6 m hoog is. Hy dra ŉ 4 kg pakkie. Die totale massa van die
 seun, sy skaatsplank en die pakkie is 70 kg. Hy moet sy snelheid vermeerder sodat
 hy punt B aan die bokant van die helling kan bereik. Hy besluit dat, indien hy die
 pakkie horisontaal gooi, hy sy voorwaartse snelheid kan vermeerder.
 IGNOREER ALLE WRYWING.

 4.1    In watter rigting moet die seun die pakkie gooi om sy voorwaartse snelheid te
        vermeerder? (NA LINKS of NA REGS).                                                 (1)

 4.2    Gee die naam van Newton se Bewegingswet wat jy gebruik het om VRAAG
        4.1 te beantwoord.                                                                 (1)

 4.3    Stel die Beginsel vir die behoud van meganiese energie.                            (2)

 4.4    Bereken die snelheid van die seun onmiddellik nadat die pakkie sy hand
        verlaat het sodat die seun die bopunt van die helling by B kan bereik.             (4)

 4.5    Bereken die minimum snelheid waarmee hy die pakkie moet gooi sodat hy die
        bopunt van die helling by B kan bereik.                                            (4)

 4.6    Hoe sal die antwoord in VRAAG 4.4 beïnvloed word, indien die seun dieselfde
        pakkie met ŉ groter snelheid in dieselfde rigting soos aangedui in VRAAG 4.1
        gooi?

        Skryf neer NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.
        Verduidelik jou antwoord.                                                          (3)
                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            FISIESE WETENSKAPPE V1                                  11

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Tydens ŉ oefening om ŉ vuur te blus bly ŉ helikopter op een plek bokant ŉ
dam vlieg terwyl ŉ bak met water gevul word. Die bak, met ŉ massa van 80
kg, word gevul met 1 600 kg water. Dit word vertikaal gelig deur ŉ hoogte van
20 m met ŉ kabel teen ŉ KONSTANTE SPOED van 2 m.s-1. Die spanning in
die kabel is 17 000 N.
Aanvaar dat daar geen sywaartse beweging tydens die oplig van die bak.
Lugwrywing kan NIE geïgnoreer word NIE.

                                                 17 000 N

5.1     Stel die arbeid-energie stelling in woorde.                                 (2)

5.2     Teken ŉ vryeliggaamdiagram, met byskrifte, om AL die kragte aan te
        toon wat op die bak water inwerk terwyl dit opwaarts beweeg.                (3)

5.3     Gebruik die ARBEID-ENERGIE STELLING om die arbeid wat deur
        lugwrywing op die waterbak verrig is te bereken nadat dit deur ŉ hoogte
        van 20 m gelig is.                                                         (5)
                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             FISIESE WETENSKAPPE V1                              (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Sirene van ŉ stilstaande ambulans stuur klankgolwe uit met ŉ frekwensie van
 280 Hz. ŉ Motor beweeg na die stilstaande ambulans teen ŉ konstante spoed
 van 310 m.s-1 laer as die spoed van klank in lug.

 6.1    Definieer die Doppler-effek.                                                       (2)

 6.2    Bereken die frekwensie van die klank wat deur die bestuurder van die
        motor waargeneem word. Gebruik die spoed van klank in lug as
        340 m.s-1.                                                                         (5)

 6.3    Hoe sal die antwoord in VRAAG 6.2 beïnvloed word indien die motor
        wegbeweeg van die ambulans teen dieselfde konstante spoed?

        Skryf slegs neer GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.

        Verduidelik jou antwoord.                                                          (3)

 6.4    Gee EEN gebruik van die Dopplervloeimeter.                                         (1)

 6.5    Wanneer ŉ lyn van ŉ waterstofspektrum in ŉ laboratorium gemeet word,
        het dit ŉ golflengte van 1,32 x 10-15 m. Dieselfde lyn in die lig van ŉ ster
        het ŉ golflengte van 1,38 x 10-15 m.

        Beweeg die ster NA, of WEG VANAF die aarde?

        Verduidelik jou antwoord.                                                         (2)
                                                                                         [13]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                13

 VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ -3 nC lading Q1 word 10 cm van ŉ +3 nC lading Q2 geplaas soos in die
 diagram hieronder getoon.

 7.1    Teken die elektriese veldpatroon wat tussen die twee ladings gevorm
        word.                                                                        (3)

 7.2    ŉ -2 nC lading Q3 word nou 5 cm vanaf Q2 soos aangedui in die
        diagram hieronder, geplaas.

        Teken ŉ kragtediagram om die elektrostatiese kragte aan te toon wat
        op Q2 deur Q1 en Q3 onderskeidelik uitgeoefen word.                          (2)

 7.3    Bereken die netto krag wat op Q2 deur Q1 en Q3 onderskeidelik
        uitgeoefen word.                                                             (8)

 7.4    ŉ Onbekende puntlading, R, word 3 cm weg van punt P geplaas soos
        in die skets hieronder getoon.

                              P                                                 R
                      +8 nC   •         2 cm               •      1 cm

                                                       X

        Bereken die lading op R as die netto elektriese veldsterkte by punt X
        nul is.                                                                      (5)
                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Gloeilampie hieronder kan met gelykstroom of met wisselstroom funksioneer. Die
maksimum gebruiksaanwysings word daarop aangetoon en die bygaande grafiek
toon die stroomtipe wat gebruik word.

                 100 W

8.1     Werk dié gloeilampie met gelykstroom, of wisselstroom?                      (1)

8.2     Verduidelik die betekenis van 100 W.                                        (1)

8.3     Bereken die wgk-stroom in die gloeilampie wanneer dit in ŉ stroombaan
        gekoppel is.                                                                (4)

8.4     Verduidelik waarom ESKOM verkies om WS in plaas van GS vir die
        transmissie van elektrisiteit oor lang afstande te gebruik.                 (2)
                                                                                    [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               FISIESE WETENSKAPPE V1                             15

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Leerders doen ŉ eksperiment soos in die diagram hieronder getoon.

Die resultate van die ondersoek word op die grafiek hieronder getoon.

                                  GRAFIEK VAN STROOM TEENOOR
                                       POTENSIAALVERSKIL
                       1,8

          Stroom (A)

                       0,9

                        0
                                  0,5          1,0          1,5         2,0
                                    Potensiaalverskil (V)

9.1     Gebruik die grafiek om die volgende te bepaal:

             9.1.1 Emk (ε) van die battery                                        (1)

             9.1.2 Interne weerstand van die battery, SONDER DIE GEBRUIK
                   VAN DIE VERGELYKING ε = I(R + r) IN JOU BEREKENINGE            (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

9.2     Die weerstand van die reostaat word nou vermeerder.

        9.2.1    Hoe sal die voltmeterlesing verander?
                 Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                            (1)

        9.2.2    Verduidelik jou antwoord.                                                (3)

9.3     Vier identiese selle, ELK met ŉ emk van 1,5 V en ŉ interne weerstand van
        0,25 Ω word in serie aanmekaar gekoppel en aan die weerstande soos
        hieronder getoon.

                                       r       r          r       r
                             A

                       4Ω

                                                   14 Ω

                                                    RX

        9.3.1    Skryf die potensiaalverskil oor die selle terwyl die skakelaar oop
                 is neer.                                                                 (2)

        9.3.2    Wanneer skakelaar S gesluit word is die potensiaalverskil oor die
                 4 Ω weerstand, 2 V.

                 Bereken die:

                 (a)    Stroom in die stroombaan                                          (3)

                 (b)    Rx                                                               (8)
                                                                                        [22]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                    17

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)
Die vereenvoudigde diagram hieronder illustreer hoe ŉ uitstraler, elektrone
uitstraal wanneer lig daarop geskyn word.

10.1    Wat is die verskynsel wat in hierdie diagram voorgestel word?                   (1)
Die invallende monochromatiese lig dra energie oor na die uitstraler. Die
uitstraler straal 1,01 x 109 fotoëlektrone per sekonde uit. Die drumpelfrekwensie
van die uitstraler is 1,21 x 1015 Hz.
(LET WEL: EEN foton stel EEN elektron vry.)
10.2    Definieer die term drumpelfrekwensie (afsny-frekwensie).                        (2)
10.3    Bereken die stroom wat deur die ammeter vloei.                                  (5)
10.4    Die helderheid van die invallende lig word nou verminder.
        Watter effek sal dit op die stroomsterkte bereken in VRAAG 10.3 hê?
        Skryf neer NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.                                  (1)
10.5    Die uitstraler word vervang met ŉ ander een met ŉ hoër drumpel-
        frekwensie as 1,21 x 1015 Hz. Dieselfde monochromatiese lig word
        gebruik.
         10.5.1 Hoe sal hierdie verandering die kinetiese energie van die
                vrygestelde fotoëlektrone beïnvloed?
                      Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of BLY DIESELFDE.               (1)
         10.5.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 10.5.1.                               (2)
10.6    Wit lig word deur koue, verdunde gas geskyn en fotone met spesifieke
        frekwensies word geabsorbeer en verskyn as swart lyne in die kontinue
        spektrum.

        Onderskei tussen ŉ absorpsiespektrum en ŉ lyn-emissiespektrum.                  (2)
                                                                                       [14]

                                                                        TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
18                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2015)

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                    GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                               VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                    SYMBOL/SIMBOOL       VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling
                                                g                 9,8 m•s-2
Universal gravitational constant
Universele gravitasiekonstant
                                                G           6,67 x 10-11 N•m2•kg-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in ŉ vakuum
                                                c              3,0 x 108 m•s-1
Planck's constant
Planck se konstante
                                                h              6,63 x 10-34 J•s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
                                                k            9,0 x 109 N•m2•C-2
Charge on electron
Lading op elektron
                                                e               -1,6 x 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
                                               me              9,11 x 10-31 kg
Mass of earth
Massa op aarde
                                                M              5,98 x 1024 kg
Radius of earth
Radius van aarde
                                               RE               6,38 x 103 km

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            FISIESE WETENSKAPPE V1                                              19

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f  vi  a t                           Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2       2                2   2
                                          Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                2                      2 

FORCE/KRAG

                                          p  mv
Fnet  ma
                                          f k = µk N
fsmax = µsN
Fnet t  p
                                          w  mg
p  mv f  mv i
       Gm 1m2                                      M
F         2                              g = G d2
         d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                              U  mgh               or/of       EP  mgh
                                          Wnet  K            or/of    Wnet  Ek
   1                           1
K  mv2            or/of   Ek  mv2
   2                           2          K  K f  K i       or/of    Ek  Ekf  Eki
                                             W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep       P
                                             t
Pav  Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                               1
vf                                      T
                                               f
    v  vL         v  vL                                               c
fL        fs fL         fb              E  hf       or/of     E h
    v  vs         v  vb                                               
E  Wo  E k where/waar
                                      1                          1
E  hf and/en W0  hf0 and/en Ek  mv                  K max 
                                      2                              2
                                                                   mvmax
                                      2      or/ of              2

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
20                             FISIESE WETENSKAPPE V1                                              (EC/SEPTEMBER 2015)

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

  kQ1Q 2                                        kQ
F                                           E
     r2                                          r2
   V                                            F
E                                           E
   d                                            q
   W                                            Q
V                                           n=
   q                                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

   V                                         emf ( ε ) = I(R + r)
R
   I                                         emk ( ε ) = I(R + r)
R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                                q I t
              .. .
R p R1 R 2

W = Vq                                            W
                                             P
                                                  Δt
W = VI  t
                                             P = VI
W= I2R  t
                                             P = I 2R
      V Δt2
                                                 V2
W=
       R                                     P
                                                  R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                             Paverage  Vrms I rms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
          I max                    I
I rms                  /   I wgk  maks
              2                      2
                                             Paverage  I rms
                                                          2
                                                              R          /   Pgemiddeld  I 2wgkR
           Vmax                      Vmaks
Vrms                   /   Vwgk                         2
                                                        Vrms
                                                                                             2
                                                                                            Vwgk
                  2                    2     Paverage               /       Pgemiddeld 
                                                         R                                   R

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [2015 SEPT Metro South Physics P 1](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1/48a052c6-a1c7-4786-a250-996ebe63e9d7) — Physical Sciences · QP · 2015
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [PHYSICS P2 GR12 SEPT 2015 MEMO EA](https://www.hlayiso.com/library/physics-p2-gr12-sept-2015-memo-ea/8542c9fa-a26c-49c5-8515-b3211ad31c4f) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [MP 2015 SEPT Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-2015-sept-physics-p-1-memo/888a8f9f-c0da-4ad1-b3ae-e2ecd133acdd) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [Physical Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-memo-afr-eng/140f25b7-f3c1-406a-a99d-6549fa7ea9e0) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
