# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/1557a288-7b95-42e9-848c-05a0657b50ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/1557a288-7b95-42e9-848c-05a0657b50ca)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2022

         FISIESE WETENSKAPPE V1 (FISIKA)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 3 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

8.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

9.    Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

10.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                     3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld. 1.11 D.

1.1    ŉ Voorwerp met massa m beweeg teen ŉ konstante snelheid teen ŉ skuinsvlak
       af soos in die diagram hieronder getoon.

                                      θ

       Watter EEN van die volgende uitdrukkings verteenwoordig die grootte van
       wrywingskrag wat op die voorwerp inwerk?

       A     mg cos 𝜃

       B     mg sin 𝜃

       C     mg tan 𝜃

       D     tan 𝜃                                                                              (2)

1.2    ŉ Motor met massa m beweeg teen ŉ konstante snelheid en het ŉ momentum
       p. Die bestuurder let op dat daar ŉ voorwerp voor hom is, en slaan die remme
       aan sodat die momentum van die motor verander na ½p. Watter EEN van die
       diagramme hieronder toon die verwantskap tussen pi, pf en ∆p korrek?

       A                                       B
                           pi                                   pi

                      pf        ∆p                         pf             ∆p

       C                                       D
                       pi            pf                   pi                   pf

                                ∆p                                   ∆p
                                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              FISIESE WETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.3 ŉ Warm lugballon beweeg opwaarts teen ŉ konstante snelheid v. ŉ Klip word
     uit die warm lugballon laat val. Wat is die snelheid van die klip die oomblik wat
     dit van die ballon laat val is?

      A     Nul

      B     v afwaarts

      C     v opwaarts

      D     2v afwaarts                                                                   (2)

 1.4 ŉ Voorwerp word vanaf R vertikaal opwaarts                           P
     gegooi, verby punt Q en bereik ŉ maksimum
     hoogte by punt P.                                                    Q
     Ignoreer die effekte van lugweerstand.

      Watter EEN van die volgende is korrek as die
      voorwerp van punt R na punt Q beweeg?
                                                                          R

      A     Totale meganiese energie het toegeneem.

      B     Die totale kinetiese energie by punt P is nul.

      C     Die afname in kinetiese energie is gelyk aan die toename in potensiële
            energie.

      D     Die gemiddelde arbeid verrig op die voorwerp is gelyk aan nul.                (2)

 1.5 Die netto arbeid verrig deur ŉ konstante krag F wat op ŉ voorwerp inwerk om
     sy snelheid vanaf 0 tot v te verhoog, is W.
      Die netto arbeid wat deur dieselfde krag op die voorwerp verrig word om sy
      snelheid vanaf v tot 2v te verhoog, is …

      A     ⅓ W.

      B     ½ W.

      C     2 W.

      D     3 W.                                                                          (2)
 1.6 Sterrekundiges het waargeneem dat ŉ lig van ŉ verre ster ŉ rooi verskuiwing
     ondergaan. Watter EEN van die volgende kombinasies met betrekking tot die
     waargenome golflengte en frekwensie verduidelik die verskuiwing korrek?

               WAARGENOME GOLFLENGTE                 WAARGENOME FREKWENSIE
      A               Toeneem                                Afneem
      B                Afneem                                Afneem
      C                Afneem                               Toeneem
      D               Toeneem                               Toeneem                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                   5

 1.7 Twee gelaaide sfere, A en B, wat ladings Q en 2Q onderskeidelik dra, word op
     geïsoleerde staanders geplaas soos in die diagram hieronder getoon. Sfeer A
     oefen ŉ krag van F op sfeer B uit. Wat is die grootte van die krag wat sfeer B
     op sfeer A uitoefen?

                                              B
                               A
                                              2Q
                               Q

       A     4F

       B     2F

       C     F

       D     ½F                                                                        (2)

 1.8 ŉ Battery met interne weerstand r word in stroombaan gekoppel soos in die
     diagram hieronder getoon.

                                      V

                           X
                                          r

                           A                              R

                                          R                Y

                                          R

       ŉ Geleidingsdraad met weglaatbare weerstand word nou oor punte X en Y in
       die stroombaan gekoppel. Watter kombinasies hieronder wys die veranderinge
       aan die lesings op die voltmeter en ammeter korrek?

                      VOLTMETERLESING                  AMMETERLESING
       A                  Toeneem                         Toeneem
       B                  Toeneem                          Afneem
       C                   Afneem                          Afneem
       D                   Afneem                         Toeneem                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.9   Die grafiek hieronder verteenwoordig die emk wat teenoor tyd vir ŉ
       wisselstroom (ws) kragopwekker gegenereer word.

       ɛ (V)

                                                                                t (s)

       Die spoed van rotasie van die kragopwekker se spoel word nou VERDUBBEL.
       Wat gebeur met die emk en die periode van een siklus?

                             EMK                              PERIODE
       A                   Verdubbel                          Verdubbel
       B                   Verdubbel                           Halveer
       C                    Halveer                           Verdubbel
       D                    Halveer                            Halveer                     (2)

 1.10 Die foto-elektriese effek verskaf bewyse van die feit dat:

       A       Positiewe ladings kan van metaaloppervlakke vrygestel word.

       B       Lig ŉ elektromagnetiese golf is.

       C       Lig ŉ golfaard eienskappe het.

       D       Lig ŉ deeltjie-aard eienskappe het.                                         (2)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                   7

 VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Twee blokke met massas 3 kg en 8 kg onderskeidelik word deur middel van ŉ ligte,
 onrekbare tou verbind, soos in die diagram hieronder getoon. Die tou beweeg oor
 ŉ wrywinglose katrol en die 3 kg-blok word op ŉ skuinsvlak geplaas wat ŉ hoek van
 30° met die horisontaal maak.
 ŉ Krag van 55 N, wat ŉ hoek van 15° met die horisontaal maak, word op die
 8 kg-blok toegepas om die stelsel van blokke na regs te skuif.
 Die 3 kg-blok ervaar ŉ konstante wrywingskrag van 5 N. Die kinetiese
 wrywingskoëffisiënt tussen die 8 kg-blok en die oppervlak is 0,16.

                                                                            55 N

                                                   8 kg          15°

              30°

 2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                     (2)

 2.2 Teken ŉ benoemde vry-liggaamdiagram van al die kragte wat op die
     8 kg-blok inwerk.                                                                 (5)

 2.3 Bereken die:

       2.3.1 Kinetiese wrywingskrag wat die 8 kg-blok ervaar                           (4)

       2.3.2 Spanning in die tou wat die twee blokke verbind                           (6)
                                                                                      [17]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Leerder laat val ŉ bal A vanaf ŉ hoogte van 8 m. Na 0,6 s gooi ŉ ander leerder ŉ
tweede bal B vanaf dieselfde hoogte af. Beide balle A en B, tref die grond op dieselfde
tyd. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                   A               B

                                   8m

3.1 Definieer die term vryval.                                                                 (2)

3.2 Bereken die spoed waarteen:

      3.2.1 Bal A die grond tref                                                               (3)

      3.2.2 Bal B afwaarts gegooi is                                                           (5)

Bal A bons van die grond af tot ŉ maksimum hoogte van 6,5 m bo die grond.

3.3 Bereken die snelheid van bal A soos dit van die grond af bons.                             (4)

3.4 Skets ŉ snelheid teenoor tyd-grafiek vir die beweging van bal A vanaf die
    oomblik wat dit laat val is totdat dit sy maksimum hoogte na die bons bereik.

      Dui die volgende op die grafiek aan:

      • Die snelheid waarmee bal A die grond tref
      • Die snelheid waarmee die bal van die grond af bons                                 (3)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                     9

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Meisie op rolskaatse, met ŉ gekombineerde massa van 52 kg, beweeg horisontaal
teen ŉ sekere konstante snelheid. Sy vang ŉ baksteen met ŉ massa van 5 kg wat
vertikaal afwaarts vanaf die bopunt van ŉ hoë muur gegooi word. Die meisie gaan
voort om in ŉ reguitlyn teen ŉ spoed van 2,4 m·s-1 te beweeg, nadat sy die baksteen
gevang het.

Ignoreer die effek van wrywing.

                                  Baksteen

                                                            2m

4.1 Skryf die horisontale spoed van die baksteen neer net voor die meisie dit vang.         (1)

4.2 Bereken die meisie se spoed net voor sy die baksteen vang.                              (4)

Die meisie-baksteen kombinasie, wat teen 2,4 m·s-1 beweeg, beweeg na ŉ ruwe
oppervlak. Sy kom tot rus nadat sy 2 m oor die ruwe oppervlak beweeg het.

4.3 Skryf ŉ aksie-reaksie kragte paar neer wat optree/inwerk terwyl die meisie die
    baksteen vang.                                                                          (2)

4.4 Bereken die grootte van die netto krag wat deur die ruwe oppervlak uitgeoefen
    word om die meisie-baksteen kombinasie na 2 m tot stilstand te bring.               (5)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Reddingshelikopter lig ŉ man met ŉ massa van 75 kg, aanvanklik in rus, vertikaal
opwaarts deur middel van ŉ ligte onrekbare massalose kabel soos in die diagram
hieronder getoon. Terwyl die man tot ŉ hoogte van 12 m opgelig word, is die
gemiddelde spanning in die kabel 3 600 N. ŉ Konstante afwaartse lugweerstand van
1 540 N word op die man uitgeoefen terwyl hy opgelig word.

                                       Man

5.1 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                             (2)

5.2 Teken ŉ vry-liggaamdiagram van al die kragte wat op die man inwerk terwyl hy
    opwaarts gelig word.                                                                    (3)

5.3 Noem ŉ nie-konserwatiewe krag wat op die man inwerk terwyl hy opgelig word.             (1)

5.4 Bereken die arbeid verrig op die man deur die gravitasiekrag terwyl hy opgelig
    word.                                                                                   (3)

5.5 Gebruik SLEGS energiebeginsels om die spoed van die man op 12 m bo die
    grond te bereken.                                                                   (5)
                                                                                       [14]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                    11

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Ambulans, met sy sirene wat klank van ŉ sekere konstante frekwensie uitstuur,
benader ŉ ongelukstoneel teen ŉ konstante snelheid. ŉ Stilstaande klankdetektor by
die ongelukstoneel teken ŉ frekwensie wat 2% hoër is as die frekwensie van die
werklike sirene aan.

6.1 Stel die Doppler-effek in woorde.                                                       (2)

6.2 Verduidelik waarom detektor ŉ hoër frekwensie lees.                                     (2)

6.3 Bereken die spoed van die ambulans.
      Neem die spoed van klank as 343 m∙s-1.                                                (5)

6.4 Die frekwensie van die klank wat deur die sirene vrygestel word, is 720 Hz.
    Bereken die golflengte van die sirene se klank.                                         (3)

6.5 Noem EEN gebruik van ŉ Doppler-vloeimeter.                                          (1)
                                                                                       [13]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 7.1 Definieer die elektrieseveld by ŉ punt in woorde.                                         (2)

 7.2 Teken die resulterende elektrieseveld-patroon as gevolg van twee puntladings
     met identiese positiewe ladings.                                                          (3)

 Twee identiese sfere, S en T, word geplaas met hul middelpunte 0,5 m uitmekaar.
 Punt A is 0,1 m regs van sfeer S, soos in die diagram hieronder getoon. Die lading
 op sfeer S is +10 µC terwyl sfeer T ŉ onbekende positiewe lading van soortgelyke
 grootte dra.

             QS = +10 µC

                 S                                                        T
                         0,1 m                        0,4 m
                                    A

 7.3 Die netto elektrieseveld sterkte by punt A is 4,70 x 106 N.C-1 na links.
     Bereken die onbekende lading van sfeer T.                                                 (6)

 ŉ Derde sfeer P met ŉ lading -2 µC word nou by punt A geplaas soos in die diagram
 hieronder getoon.

             QS = +10 µC         QP = -2 µC

                     S               P                                     T
                         0,1 m                      0,4 m

 7.4 Bereken die NETTO elektrostatiesekrag wat sfeer P as gevolg van gelaaide
     sfere S en T ondervind.                                                               (4)
                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                13

 VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 8.1 ŉ Leerder stel ŉ stroombaan op om die emk en interne weerstand van ŉ battery
     te bepaal.

                                                          V

                                                              r

                                                A

                                                              R

       Sy gebruik die resultate wat verkry is om die grafiek hieronder te teken.

                                          1,6

                                          1,4

                  Potensiaalverskil (V)
                                          1,2

                                          1,0

                                          0,8

                                          0,6

                                          0,4

                                          0,2

                                           0
                                                0   0,5        1,0       1,5   2,0          2,5
                                                              Stroom (A)

 8.1 Definieer die term emk van ŉ battery.                                                                (2)

 8.2 Gebruik die grafiek om:

       8.2.1    Die emk van die battery te bepaal                                                         (1)

       8.2.2    Die interne weerstand van die battery te bereken                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 8.3 ŉ Stroombaan word opgestel soos getoon hieronder. Die weerstand van
     resistor R, wat in parallel gekoppel is met die 4 Ω resistor, is onbekend. Die
     battery het ŉ emk van 15 V en ŉ interne weerstand van 0,5 Ω.

      Wanneer skakelaar S gesluit word, is die lesing op die voltmeter 13,5 V.

                                  𝜺 = 15 V
                                      V

                                                       S
                                          0,5 Ω

                                                               3Ω

                                             R

                                 A               4Ω

      Bereken die:

      8.3.1    Lesing op ammeter A                                                      (6)

      8.3.2    Weerstand van resistor R                                                 (3)
                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                      15

 VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 9.1     Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ vereenvoudigde generator. Die spoel
         word kloksgewys in ŉ eenvormige magneetveld gedraai.

         9.1.1   Watter tipe generator word in die diagram geïllustreer?
                 Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                   (2)

         9.1.2   Bepaal die rigting van die stroom in deel XY wanneer die spoel in die
                 posisie is, soos hierbo getoon.

                 Skryf slegs X tot Y OF Y tot X.                                                (2)

 9.2     Eskom verskaf elektrisiteit aan huise met ŉ wgk-spanning van 220 V.
         ŉ Sekere elektriese toestel verbruik 1 200 W drywing wanneer dit by ŉ
         huisprop ingesit word.

         9.2.1 Definieer die term wgk-potensiaalverskil.                                        (2)

         Bereken die:

         9.2.2 Weerstand van die toestel                                                        (3)

         9.2.3 Piek- (maksimum) stroom wat deur die toestel vloei                           (5)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon ŉ fotosel wat elektrone vrylaat wanneer elektro-
magnetiese straling met sekere frekwensie op die metaalplaat inval.

                                                 Elekromagnetiese
                                                 straling

                                 e

             A

10.1 Beskryf die fotoeletriese effek.                                                       (2)

10.2 Definieer die term arbeidsfunksie van ŉ metaal.                                        (2)

Wanneer straling met golflengte 555 nm op die metaalplaat inval, word elektrone met
geen kinetiese energie vrygestel.

10.3 Bereken die arbeidsfunksie van die metaal.                                             (3)

10.4 Die intensiteit van die invallende lig word nou verhoog. Stel hoe die toename
     in intensiteit die ammeterlesing sal affekteer.

       Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
       Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                         (2)

10.5 ŉ Ander ligbron skyn lig op dieselfde metaal en die vrygestelde elektrone
     beweeg weg van die metaaloppervlak met ŉ snelheid van 5 x 106 m.s-1.

       Bereken die frekwensie van die ligbron.                                          (4)
                                                                                       [13]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                            17

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                     PAPER 1 (PHYSICS)
                       GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                                      SYMBOL/
                      NAME/NAAM                                           VALUE/WAARDE
                                                      SIMBOOL

 Acceleration due to gravity                               g                   9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant                          G           6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum                                 c              3,0 × 108 m•s-1
 Spoed van lig in ŉ vakuum
 Planck's constant / Planck se konstante                   h               6,63 × 10-34 J•s

 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                  k            9,0 × 109 N•m2•C-2

 Charge on electron / Lading op elektron                   e                -1,6 × 10-19 C

 Electron mass / Elektronmassa                             me              9,11 × 10-31 kg

 Mass of earth / Massa op aarde                            M               5,98 × 1024 kg

 Radius of earth / Radius van aarde                        RE               6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
 v f = vi + a t                            Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2

                                                  v + vf                 v + vf 
 v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay
   2         2             2   2
                                            Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                  2                      2 

FORCE/KRAG
 Fnet = ma                                 p = mv

 fsmax = µsN                               fk = µkN

 Fnet t = p
                                           w = mg
 p = mv f − mv i

       Gm1 m2                                    M
 F=       2                                g = G d2
         d

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             FISIESE WETENSKAPPE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W = Fx cos                               U= mgh              or/of EP = mgh

      1                1                       Wnet = K or/of Wnet = Ek
 K=     mv 2 or/of Ek = mv 2
      2                2
                                               K = K f − K i   or/of Ek = Ekf − Eki
 Wnc = K + U or/of Wnc = ΔEK + ΔEP               W
                                            P=
                                                   t
 Pav = Fv

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
      kQ 1Q 2                                      kQ
 F=                                         E=
        r2                                         r2

       V                                          F
 E=                                         E=
       d                                          q

      W                                           Q
 V=                                         n=
      q                                           qe

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                                    1
 V=fλ                                       T=
                                                    f
                                                             hc
 fL = v ± vL . fs or/of fL = v ± vL . fb    E = hf or/of E =
      v ± vs                 v ± vb                          𝜆

 E = W0 + Ek(max) or/of E = W0 + Kmax where
 E = hf and W0 = hf0 and Ek(max) = ½mv2max / K(max) = ½mv2max
 E = W0 + Ek(maks) or/of E = W0 + Kmaks waar
 E = hf en W0 = hf0 and/en Ek(maks) = ½mv2maks / K(maks) = ½mv2maks

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                                19

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

      V                                     emf ( ε ) = I(R + r)
 R=
      I                                     emk ( ε ) = I(R + r)

 Rs = R1 + R2 + . ..
 1   1  1                                   q = I t
   =   + + ...
 Rp R1 R2

 W = Vq
                                                 W
                                            P=
                                                 Δt

 W = VI  t
                                            P = VI

 W= I2R  t
                                            P = I2R

                                                 V2
 W= V Δt
          2
                                            P=
          R                                      R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Pav erage = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
        I
 I rms = max           /          I
                           I wgk = maks
          2                         2
                                            Pav erage = I rms
                                                          2
                                                             R           /   Pgemiddeld = I 2wgk R

              Vmax                  Vmaks
 Vrms =                /   Vwgk =                                                            2
                2                     2                V2                                   Vwgk
                                            Pav erage = rms          /       Pgemiddeld =
                                                        R                                    R

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
