# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/15b34127-2d9b-4dab-bf30-30d05615a2c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/15b34127-2d9b-4dab-bf30-30d05615a2c6)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2023

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 3 gegewensblaaie.

### Page 2

2                            FISIESE WETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die
      ANTWOORDEBOEK.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

4.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8.    Gee kort (bondige) motiverings en besprekings waar nodig.

9.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke af.

10.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

11.   NIE alle diagramme is volgens skaal geteken NIE.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                            FISIESE WETENSKAPPE V1                             3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1   Watter EEN van die volgende hoeveelhede is ŉ maatstaaf van traagheid
      van ŉ liggaam?

      A                      Versnelling

      B                      Energie

      C                      Snelheid

      D                      Massa                                                             (2)

1.2   Die snelheid-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die beweging van ŉ
      voorwerp slegs onder die invloed van gravitasiekrag.

                                   v

          Snelheid (m·s-1)
                                                                    3t
                                           t                             Tyd (s)

                             -2v

      Die verplasing van die voorwerp by tyd 3t is …

      A                      vt.

      B                      -vt.

                             -3
      C                           vt.
                             2

      D                      nul.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

4                            FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3   Lugsakke kan ŉ bestuurder van ŉ motor tydens ŉ botsing teen ernstige
      beserings beskerm. Watter EEN van die volgende kombinasies in die tabel
      hieronder beskryf die effek wat lugsakke op die kontaktyd het, en die netto
      krag wat op die bestuurder tydens ŉ botsing inwerk, en verduidelik waarom
      die bestuurder meer van beserings beskerm word?

                     KONTAKTYD             NETTO KRAG
      A                Verhoog               Verhoog
      B                Verhoog               Verlaag
      C                Verlaag               Verhoog
      D                Verlaag               Verlaag                                  (2)

1.4   ŉ Voorwerp word vertikaal opwaarts vanaf die grond geprojekteer en bereik
      ŉ maksimum hoogte h. Watter EEN van die volgende stellings in verband
      met die beweging van die voorwerp vanaf die grond tot hoogte h is korrek?
      Ignoreer die effekte van lugweerstand.

      A     Die meganiese energie van die voorwerp by hoogte h is nul.

      B     Die verandering in kinetiese energie van die voorwerp is nul.

      C     Die verlies van die voorwerp se kinetiese energie is gelyk aan die
            wins van die voorwerp se gravitasie potensiële energie.

      D     Die arbeid deur die voorwerp verrig, is gelyk aan nul.                    (2)

1.5   Die krag van gravitasie aantrekking op die aarde is 6 keer groter as op die
      maan. Die rede hiervoor is:

      A     Die maan het geen water op sy oppervlakte.

      B     Die massa en radius van die aarde is groter as dié van die maan.

      C     Slegs die massa van die aarde is groter as die massa van die maan.

      D     Slegs die radius van die aarde is groter as die radius van die maan.      (2)

1.6   ŉ Waarnemer wat teen ŉ konstante spoed vanaf ŉ stilstaande klankbron
      weg beweeg, neem waar dat die toonhoogte van die klankgolf afneem. Dit
      is omdat die volgende plaasvind:

                 GOLFLENGTE             FREKWENSIE
      A            Verhoog                 Verlaag
      B            Verlaag               Bly dieselfde
      C            Verhoog                 Verhoog
      D            Verlaag                 Verhoog                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                FISIESE WETENSKAPPE V1                              5

1.7    Drie identiese positiewe puntladings, Q1, Q2 en Q3, is gerangskik soos
       in die diagram hieronder getoon.

       Watter EEN van die volgende diagramme is die korrekte voorstelling van
       die NETTO elektrostatiese krag deur lading Q2 ervaar?

       A                                  B

       C                                  D

                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                             FISIESE WETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2023)

1.8   In die stroombaan-diagram hieronder is gloeilampe X en Y identies.
      Skakelaar S is oop.

                                                       X
                                      A
                                      X

                                                       Y

                                     S

      Skakelaar S is nou gesluit.

      Watter EEN van die volgende kombinasies hieronder beskryf die
      verandering in die totale weerstand van die stroombaan en die
      ammeterlesing die beste wanneer skakelaar S gesluit is?

                TOTALE WEERSTAND            AMMETERLESING
      A        Verhoog                    Verlaag
      B        Verhoog                    Bly dieselfde
      C        Verlaag                    Verhoog
      D        Verlaag                    Bly dieselfde                              (2)

1.9   ŉ Lamp is aan ŉ WS-generator gekoppel en dit gloei met dieselfde
      helderheid wanneer dit aan ŉ GS-generator gekoppel is wat ŉ
      potensiaalverskil van Y volts produseer. Die drywing wat deur die lamp
      versprei word wanneer dit aan die AC-generator gekoppel is, is gelyk
      aan ...

      A       Y
                   (IMAKS).
              √2

      B       1
                  Imax(Y).
              2

      C       Imaks (Y).

      D       Y
                   (Iwgk).                                                           (2)
              √2

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                       7

1.10   Die grafiek hieronder toon die verhouding tussen maksimum kinetiese
       energie van vrygestelde foto-elektrone en die frekwensie van die
       invallende foton.

                      Ek (maks) (J)

       Wat stel die afsnitte P en Q op die grafiek voor?

                         AFSNIT P                        AFSNIT Q
       A        Planck se konstante           Drumpel-frekwensie
       B        Drumpel-frekwensie            Arbeidsfunksie
       C        Arbeidsfunksie                Drumpel-frekwensie
       D        Drumpel-frekwensie            Planck se konstante              (2)
                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

8                             FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2

ŉ Vragmotor met massa 1 300 kg word deur middel van ŉ onrekbare, massalose
tou, R, aan ŉ motor met massa 950 kg verbind en trek die motor langs ŉ reguit
horisontale ruwe pad. Die enjin van die vragmotor oefen ŉ krag van 9 000 N uit
om die vragmotor-motor-kombinasie na links te skuif soos in die diagram
hieronder getoon. Die vragmotor ervaar ŉ konstante wrywingskrag van 3 500 N.
Die vragmotor en motor beweeg teen ŉ KONSTANTE SNELHEID.

Ignoreer die rotasie-effekte van die wiele.

2.1   ŉ Leerder noem dat as die vragmotor skielik tot stilstand kom, sal die motor
      teen ŉ konstante snelheid aanhou beweeg.

      Watter fisika-wet het die leerder toegepas om hierdie stelling te maak?         (1)

2.2   Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram van alle kragte wat op die
      vragmotor inwerk.                                                               (5)

2.3   Bereken die:

      2.3.1 Spanning in die tou wat die vragmotor en die motor verbind                (3)

      2.3.2 Die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen die motor en die pad         (4)

2.4   Die tou tussen die vragmotor en die motor breek skielik, en die motor
      beweeg steeds na links, voordat dit tot stilstand kom.

      Bereken die grootte van die versnelling van die motor nadat die tou gebreek
      het.                                                                            (3)
                                                                                     [16]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                9

VRAAG 3

ŉ Groep leerders stel ŉ eksperiment op om die hoogte h van hul skool te bepaal.
Hulle laat ŉ tennisbal vanaf punt A by die rand van die dak van die skoolgebou
vry soos in die diagram hieronder getoon. Punt B is 2 m bo die grond en die bal
neem 0,125 s om die afstand van punt B na die grond (punt C) af te lê.

Ignoreer die effekte van lugweerstand.

3.1   Skryf die grootte van die tempo van verandering van snelheid van die bal
      neer.                                                                           (1)

3.2   Bereken die:

      3.2.1 Hoogte, h, van die skoolgebou                                             (5)

      3.2.2 Tyd wat dit vir die bal neem om die grond te bereik                       (4)

      3.2.3 Snelheid waarmee die bal die grond tref                                   (3)

3.3   Skets ŉ posisie teenoor tyd-grafiek vir die beweging van bal vanaf die
      oomblik dat dit vrygelaat is totdat dit die grond tref. Gebruik die grond as
      die nulverwysingspunt.

      Dui die volgende op die grafiek aan:
      • Die hoogte waarvandaan die bal vrygelaat is
      • Tyd wanneer die bal die grond tref                                            (3)
                                                                                     [16]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4

Twee trollies, A met massa 1 kg, en B met massa 2 kg, is stilstaande op ŉ gladde
horisontale oppervlak met ŉ saamgeperste veer tussen hulle, soos in die diagram
hieronder getoon. Die veer word vrygelaat en val na die grond. Trollie A beweeg na
regs teen ŉ konstante snelheid van 5,0 m·s-1 en bots met ŉ muur.

Neem aan dat dit ŉ geïsoleerde sisteem is.
                                                                          Muur

                      B                           A

4.1   Definieer ŉ geïsoleerde sisteem.                                                   (2)

4.2   Bereken die snelheid van trollie B onmiddellik nadat die veer vrygelaat is.        (4)

4.3   Die gemiddelde krag wat die muur op trollie A uitoefen, is 80 N en die botsing
      van die trollie met die muur duur 0,5 sekondes.

      Bereken die snelheid waarmee trollie A vanaf die muur wegbeweeg.                   (4)

4.4   ŉ Leerder noem dat die botsing van trollie A met die muur onelasties is.

      Verduidelik kortliks wat met ŉ onelastiese botsing bedoel word.                   (2)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                            11

VRAAG 5

ŉ Krat met massa 50 kg is in rus by punt A wat op ŉ vertikale hoogte van 5 m bo
die horisontale oppervlak is. Die skuins oppervlak maak ŉ hoek θ met die
horisontaal, soos in die diagram hieronder getoon. Wanneer die krat vrygelaat
word, gly dit teen die skuins oppervlakte af en bereik punt B aan die onderkant van
die skuins oppervlakte met ŉ spoed van 8 m·s-1. Die skuins oppervlakte oefen ŉ
konstante wrywingskrag van 72 N op die krat uit terwyl dit van A na B gly.

5.1    Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                       (2)

5.2    Gebruik energiebeginsels om die hoek θ te bereken.                                (6)

       Nadat die krat by punt B verby is, gly die krat langs ŉ ruwe horisontale
       oppervlak en kom tot stilstand by punt C, wat 10 m van punt B af is.

5.3    Teken ŉ vryliggaamdiagram van alle kragte wat op die krat inwerk terwyl dit
       van B na C gly.                                                                   (3)

5.4    Bereken die arbeid verrig deur die wrywingskrag om die krat tot stilstand te
       bring.                                                                           (4)
                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                           FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 6

ŉ Polisievangwa met sy sirene aan, ry teen ŉ konstante spoed tussen twee
waarnemers, A en B. Waarnemer A neem klank met ŉ frekwensie van 545 Hz
vanaf die sirene waar, terwyl waarnemer B ŉ frekwensie van 615 Hz waarneem.

6.1   Stel die Doppler effek in woorde.                                            (2)

6.2   In watter rigting beweeg die polisievangwa?
      Kies uit NA WAARNEMER A of NA WAARNEMER B.

      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                 (2)

6.3   Die spoed van klank in lug is 343 m·s-1. Bereken die frekwensie van die
      sirene.                                                                      (7)

6.4   Spektraallyne van ŉ sekere gas wat vanaf ŉ verre ster waargeneem word,
      vertoon ŉ rooiverskuiwing. Verduidelik hierdie waarneming deur na die
      BEWEGING VAN DIE STER en die FREKWENSIE van die spektrale lyne
      te verwys.                                                                  (2)
                                                                                 [13]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)               FISIESE WETENSKAPPE V1                            13

VRAAG 7

Twee puntladings, P en T, word 0,03 m uitmekaar geplaas. Die lading op P is
+36 x 10-6 C terwyl T ŉ lading van 16 x 10-6 C dra met ŉ ONBEKENDE TEKEN.

7.1   Stel Coulomb se wet in woorde.                                                (2)

7.2   Teken die elektrieseveld patroon rondom die positiewe lading.                 (3)

7.3   Bereken die grootte van die krag wat ladings P en T op mekaar uitoefen.       (3)

Wanneer ŉ toetslading by punt X geplaas word, ŉ afstand r m na regs van lading
T soos in die diagram hieronder getoon, bly die toetslading STILSTAANDE.

7.4   Skryf die teken van die lading (POSITIEF of NEGATIEF) van T neer.
      Verduidelik jou antwoord.                                                     (3)

7.5   Bereken die afstand r.                                                        (5)
                                                                                   [16]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

14                          FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 8

Drie resistors en ŉ elektriese toestel wat gegradeer word as 16 W word gekoppel
aan ŉ battery met ŉ emk van 36 V en onbekende interne weerstand r soos in die
stroombaan hieronder getoon. Ammeter A2 se lesing is 2 A wanneer skakelaar S
gesluit is.

                             𝜺 = 36 V
                                                                S
                                     r                  A2

                                                        2A

                                                                     8Ω
                                              10 Ω
                     A1

                                                             16 W

                           2Ω                        TOESTEL

8.1   Definieer die term emk van ŉ battery in woorde.                                   (2)

8.2   Bereken die:

      8.2.1 Weerstand van die elektriese toestel                                        (3)

      8.2.2 Stroom wat deur die battery vloei                                           (5)

      8.2.3 Interne weerstand r van die battery                                         (6)

8.3   Die skakelaar S is nou oop. Hoe sal dit die lesing op ammeter A1 beïnvloed?

      Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

      Verduidelik jou antwoord.                                                         (2)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                              15

VRAAG 9

ŉ Steenkoolkragstasie gebruik WS-kragopwekkers om elektrisiteit te produseer.

9.1    Noem die energie omskakeling wat in ŉ generator plaasvind.                       (2)

9.2    Teken ŉ sketsgrafiek van emk wat geproduseer word teenoor tyd vir twee
       volledige siklusse vir ŉ WS-generator.                                           (2)

9.3    Wisselstroom word vir die langafstand-transmissie van elektrisiteit gebruik.
       Gee ŉ rede waarom WS bo GS verkies word om elektrisiteit oor lang
       afstande oor te dra.                                                             (1)

9.4    ŉ Elektriese ketel is 220 V gemerk. Wat verteenwoordig die 220 V?                (1)

9.5    ŉ Sekere WS-generator produseer ŉ piekstroom van 6,25 A wanneer dit
       aan ŉ elektriese ketel met weerstand van 45 Ω gekoppel word.

       Bereken die:

       9.5.1    Wortel-gemiddelde-kwadraat (wgk) stroom                                 (3)

       9.5.2    Gemiddelde drywing wat deur die ketel versprei word wanneer dit
                aan hierdie kragopwekker gekoppel is                                    (3)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 10

ŉ Ondersoek word uitgevoer om die effek van drywing van ŉ gloeilamp op die
stroom wat deur ŉ foto-elektriese sel geproduseer word te bepaal. Die apparaat
wat in die ondersoek gebruik is, word in die eenvoudige diagram hieronder
getoon. Ultraviolet lig met ŉ golflengte van 490 nm word deur twee gloeilampies,
A en B, vrygestel word op die katode van ŉ foto-elektriesesel geskyn en die
maksimum spoed van die vrygestelde foto-elektrone word gemeet.

                                                               UV-ligbron

                            +

                                  e-

           A

Die resultate van hul ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

 GLOEILAMP              DRYWING VAN               MAKSIMUM SPOED VAN DIE
                         GLOEILAMP                   FOTO-ELEKTRONE
       A                   100 W                        7,5 x 105 m·s-1
       B                   200 W                        7,5 x 105 m·s-1

10.1 Beskryf die term fotoëlektriese effek.                                           (2)

10.2 Beskryf kortliks waarom die drywing van die gloeilampies nie die
     maksimum spoed van die vrygestelde elektrone beïnvloed nie.                      (2)

10.3 Watter EEN van die gloeilampies, A of B, sal die hoogste ammeterlesing
     produseer?

      Verduidelik jou antwoord.                                                       (2)

10.4 Bereken die:

      10.4.1 Energie van die ultraviolet-fotone                                       (3)

      10.4.2 Arbeidsfunksie van die metaalkatode                                      (4)
                                                                                     [13]

                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                        17

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 1 (PHYSICS)
                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                   VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                                                       SYMBOL/
                      NAME/NAAM                                         VALUE/WAARDE
                                                       SIMBOOL
 Acceleration due to gravity /                             g                  9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant /                        G          6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ           c              3,0 × 108 m•s-1
 vakuum
 Planck’s constant / Planck se konstante                   h              6,63 × 10-34 J•s

 Coulomb’s constant / Coulomb se konstante                 k            9,0 × 109 N•m2•C-2

 Charge on electron / Lading op elektron                   e               -1,6 × 10-19 C

 Electron mass / Elektronmassa                            me               9,11 × 10-31 kg

 Mass of earth / Massa op aarde                            M               5,98 × 1024 kg

 Radius of earth / Radius van aarde                       RE                6,38 × 106 m

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 v f = vi + a t                            Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2

   2         2            2    2                  v + vf                 v + vf 
 v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay    Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                  2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                 p = mv

 fsmax = µsN                               fk = µkN
 Fnet t = p
                                           w = mg
 p = mv f − mv i

       Gm1 m2                                      M
 F=       2                                g = G d2
         d

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

18                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = F Δx cos θ                                U = mgh or/of Ep = mgh

                                               Wnett = ΔK or/of Wnett = ΔEk
 K = ½mv2 or/of Ek = ½mv2
                                               ΔK = Kf - Ki or/of ΔEk = Ekf - Eki

                                                    W
 Wnc = ΔK + ΔU or/of Wnc = ΔEk + ΔEp           P=
                                                    t

 Pave = Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                    1
 v=f                                          T=
                                                    f

        v  vL              v  vL                                  c
 fL =          fs    fL =          fb          E= hf or/of E = h
        v  vs              v  vb                                  

 E = Wo + Ek(max) where/waar

 E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek(max) = ½mvmax2 or/of K(max) = ½mvmax2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

        kQ 1Q 2                                     kQ
 F=                                            E=
          r2                                        r2

        W                                           F
 V=                                            E=
        q                                           q

 n=Q
   qe

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                          FISIESE WETENSKAPPE V1                                           19

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                   emf ( ε ) = I(R + r)
 R=V
   I
 Rs = R1 + R2 + R3 + …
  1  1   1                                         Q = IΔt
    = +     + ...
 R p R1 R 2

 W = Vq                                                 W
                                                   P=
 W = VIΔt                                               t

 W = I2RΔt                                         P = VI

      V2Δt
 W=
       R                                           P = I2R
                                                        V2
                                                   P=
                                                        R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                   Pav erage = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
       I
 Irms = max           /   I wgk =
                                    Imaks
         2                            2
                                                   Pav erage = I rms
                                                                 2
                                                                    R           /    Pgemiddeld = I 2wgk R

          Vmax                       Vmaks
 Vrms =               /   Vwgk =
                                                                                                    2
             2                         2                      V2
                                                                                                   Vwgk
                                                   Pav erage = rms          /       Pgemiddeld =
                                                               R                                    R

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-xhosa/13f21dbf-3361-4d61-a76b-ac8c43587a07) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
