# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/41e1d9cc-1a83-4386-8800-d0604613dbfc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/41e1d9cc-1a83-4386-8800-d0604613dbfc)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2024

                   FISIESE WETENSKAPPE V1
                            (FISIKA)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye insluitend 3 gegewensblaaie.

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die
      ANTWOORDEBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke af.

10.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                         3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1     ŉ Trollie beweeg op ŉ plat, horisontale oppervlak wanneer ŉ konstante
        krag, F, daarop toegepas word.

        Watter EEN van die volgende fisiese groothede sal ALTYD konstant bly
        terwyl die trollie beweeg?

        A     Momentum

        B     Versnelling

        C     Kinetiese energie

        D     Gravitasie potensiële energie                                       (2)

1.2     ŉ Sfeer is aan ŉ tou vasgemaak wat aan ŉ vaste horisontale staaf
        opgehang is, soos in die diagram hieronder getoon.

        Die reaksiekrag op die gravitasiekrag wat deur die aarde op die sfeer
        uitgeoefen word, is die …

        A     krag van die staaf op die sfeer.

        B     krag van die tou op die sfeer.

        C     krag van die sfeer op die aarde.

        D     krag van die staaf op die tou.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3   Die posisie-teenoor-tydgrafiek hieronder toon die beweging van ŉ voorwerp
      in ŉ vertikale rigting. Neem die grond as die nul verwysing.

      Watter EEN van die volgende snelheid-tydgrafieke hieronder verteenwoordig
      die beweging van die voorwerp die beste?

      A                                  B

      C                                  D

                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                              5

1.4   ŉ Ruimtetuig, wat bestaan uit twee modules P en Q met massas 3m en m
      onderskeidelik, beweeg horisontaal teen ŉ snelheid v reguit oos. ŉ Ontploffing
      veroorsaak dat die twee modules skei.

      Module Q gaan voort in sy oorspronklike rigting onmiddellik na die ontploffing
      met ŉ snelheid van 3v. Wat sal die grootte en rigting van module P se
      snelheid onmiddellik na die ontploffing wees?

               GROOTTE VAN DIE SNELHEID               RIGTING VAN P NA DIE
                        VAN P                            ONTPLOFFING
      A                  ⅓v                                   Oos

      B                      v                                   Wes

      C                      v                                   Oos

      D                     ⅓v                                   Wes

1.5   ŉ Motor beweeg vanaf rus in ŉ reguit lyn onder die invloed van ŉ konstante
      netto krag.
      Watter EEN van die volgende grafieke verteenwoordig die netto-arbeid verrig
      (Wnet) op die motor in verband met sy verplasing (∆x) die beste?

      A                                          B

             Wnet                                    Wnet

                                    ∆x                                        ∆x

      C                                          D

           Wnet                                       Wnet

                                   ∆x                                        ∆x
                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

1.6   ŉ Klankbron nader ŉ stilstaande luisteraar in ŉ reguit lyn teen ŉ konstante
      snelheid. Dit gaan verby die luisteraar en beweeg in dieselfde reguit lyn
      teen dieselfde konstante snelheid weg van hom af.
      Watter EEN van die volgende grafieke verteenwoordig die verandering in
      waargenome frekwensie teenoor tyd die beste?

      A                                      B

      C                                      D

                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                             7

1.7    ŉ Klein toetslading +q word presies halfpad geplaas tussen twee identiese
       positiewe ladings, X en Y, elk met ŉ lading +Q soos hieronder getoon.

       Die toetslading +q sal …

       A     vertikaal afwaarts beweeg.

       B     na X beweeg.

       C     na Y beweeg.

       D     stilstaande bly.                                                        (2)

1.8   Die interne weerstand van die battery in die stroombaan hieronder is
      weglaatbaar.

      Wanneer skakelaar S gesluit word, watter EEN van die volgende
      verteenwoordig die verandering in die voltmeter- en ammeter-lesings?

                TOTALE WEERSTAND            AMMETER-LESING
      A              Verlaag                   Verhoog
      B              Verhoog                    Verlaag
      C              Verlaag                    Verlaag
      D              Verhoog                   Verhoog                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

1.9    In die grafiek hieronder verteenwoordig die soliede lyngrafiek hoe die emk
       wat deur ŉ eenvoudige generator geproduseer word, met tyd verander. Die
       stippellyn wys die emk van dieselfde generator nadat ŉ verandering
       gemaak is.

       Watter verandering was gemaak om die resultate op die stippellyngrafiek
       te lewer?

       A    Die spoed van rotasie is gehalveer.

       B    Die rotasiespoed is verdubbel.

       C    ŉ Splitring kommutator is bygevoeg.

       D    Meer borsels word bygevoeg.                                               (2)

1.10   Wanneer ŉ opgewekte elektron van ŉ hoër energievlak na ŉ laer
       energievlak beweeg, word ŉ spesifieke ...

       A     emissielyn in ŉ emissiespektrum waargeneem.

       B     emissielyn in ŉ absorpsiespektrum waargeneem.

       C     absorpsielyn in ŉ emissiespektrum waargeneem.

       D     absorpsielyn in ŉ absorpsiespektrum waargeneem.                          (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                             9

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Blok met ŉ massa van 4 kg word in rus op ŉ ruwe horisontale tafel gehou. Die
blok word met ŉ ligte onrekbare toutjie wat oor ŉ ligte wrywingslose katrol gaan
met ŉ ander blok met massa 2 kg verbind. Die 2 kg-blok hang vertikaal soos
hieronder in die diagram getoon.

Die 4 kg-blok word nou vrygelaat en die sisteem van massas beweeg na regs. Die
kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 4 kg-blok en die oppervlak van die tafel
is 0,25. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

2.1   Stel Newton se Tweede Wet van beweging in woorde.                               (2)

2.2   Teken ŉ vrye kragtediagram wat AL die kragte toon wat op die 4 kg-blok
      inwerk voor dit beweeg.                                                         (4)

2.3   Bereken die grootte van die:

      2.3.1 Wrywingskrag wat op die 4 kg-blok inwerk                                  (3)

      2.3.2 Spoed waarteen die 2 kg-massa die grond tref                              (7)

2.4   Verduidelik waarom die beweging van die 2 kg-blok NIE as ‘vryval’-
      beweging gekategoriseer kan word NIE.                                          (2)
                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Bal A word vertikaal afwaarts vanaf die bo-punt van ŉ gebou wat 90 m hoog is,
teen ŉ snelheid van 12 m·s-1 gegooi. Op dieselfde oomblik word ŉ tweede
identiese bal B teen ŉ snelheid van 30 m·s-1 opwaarts gegooi. Bal A en bal B
beweeg verby mekaar na 2,135 s.

Ignoreer die effekte van lugweerstand.

3.1   Gee die rigting van die versnelling van bal B terwyl dit opwaarts beweeg.          (1)

3.2   Bereken die snelheid van bal B die oomblik dat dit verby bal A beweeg.             (3)

3.3   Bereken die afstand tussen bal A en B 2,5 s nadat dit geprojekteer was.            (5)

3.4   Skets op dieselfde assestelsel die posisie-tyd grafieke vir die beweging van
      bal A en bal B.

       • Vir bal A, vanaf die oomblik dat dit geprojekteer is totdat dit die grond
         bereik. Vir bal B vanaf die oomblik dat dit geprojekteer is totdat dit bal A
         verbysteek.
       • Dui duidelik die tyd aan waarop die twee balle verby mekaar gaan.
       • Gebruik die grond as nulposisie.
       • Benoem grafieke A en B.                                                         (3)
                                                                                        [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                FISIESE WETENSKAPPE V1                              11

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Afleweringsvoertuig met massa 5 000 kg, wat teen ŉ snelheid van 15 m·s-1 na
regs beweeg, bots kop-aan-kop met ŉ motor met massa 2 000 kg wat teen
20 m·s-1 in die teenoorgestelde rigting beweeg. Onmiddellik na die botsing beweeg
die motor teen ŉ snelheid van 5 m·s-1 na regs.

4.1    Skryf die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                     (2)

4.2    Bereken die grootte van die snelheid van die afleweringsvoertuig
       onmiddellik na die botsing.                                                       (4)

4.3    As die botsing 0,4 sekondes duur, bereken die krag                 wat    die
       afleweringsvoertuig tydens die botsing op die motor uitoefen.                    (4)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Seun op rolskaatse, wat ŉ pakkie dra, beweeg teen ŉ konstante snelheid in ŉ
oostelike rigting op ŉ wrywinglose horisontale baan, deel AB. Hy besluit om sy
snelheid te verhoog deur die pakkie horisontaal van hom af weg te gooi.

5.1 In watter rigting moet die pakkie gegooi word om ŉ maksimum toename in die
    snelheid van die seun te veroorsaak?                                             (1)

5.2 Noem en stel in woorde die wet in fisika wat in VRAAG 5.1 toegepas was.          (3)

Hy bereik punt B teen ŉ snelheid van 6 m∙s-1 en hou aan beweeg op die ruwe deel
BC van die baan en kom tot stilstand by posisie X, 4 m bo die grond soos in die
diagram hieronder getoon. ŉ Konstante wrywingskrag van 40 N werk in op die
rolskaatse. Die gekombineerde massa van die seuntjie en rolskaatse is 57 kg.

5.3 Bereken die waarde van Ө van die helling.                                        (5)

5.4 ŉ Afstand-beheerde motor met ŉ massa van 4 kg word teen ŉ helling/skuinste
    op gery, wat ŉ hoek van 30° met die horisontaal maak met ŉ gemiddelde
    voorwaartse krag van 80 N soos in die diagram hieronder getoon. Die motor,
    ervaar ŉ konstante wrywingskrag van 15 N soos dit teen die helling/skuinste
    op beweeg. Die spoed van die motor by die onder punt van die helling/skuinste
    is 3 m∙s-1.

     Gebruik die energiebeginsels om die spoed van die motor te bereken nadat
     dit 5 m teen die helling/skuinste op beweeg het.                                (6)
                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                FISIESE WETENSKAPPE V1                           13

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die sirene van ŉ stilstaande brandweerwa lewer klankgolwe met ŉ frekwensie van
1 800 Hz af. ŉ Motor wat op ŉ horisontale pad beweeg teen ŉ konstante spoed
van 30 m.s–1 gaan verby die brandweerwa en ry teen dieselfde konstante spoed
aan.

6.1   Stel die Doppler-effek in woorde.                                             (2)

6.2   Hoe sal die toonhoogte van die sirene verander, wat deur die bestuurder
      van die motor waargeneem word, wanneer die motor:
      (Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.)

      6.2.1     Na die brandweerwa beweeg?                                          (1)

      6.2.2     Weg van die brandweerwa beweeg?                                     (1)

6.3   Bereken die frekwensie wat deur die bestuurder van die motor waargeneem
      word wanneer die motor na die brandweerwa beweeg. (Neem die spoed
      van klank in lug as 330 m.s–1.)                                               (5)

6.4   Skets ŉ grafiek om te wys hoe die frekwensie van die sirene verander as ŉ
      funksie van tyd soos die bestuurder die brandweerwa nader en verby gaan.
      (Geen numeriese waardes word benodig.)                                        (3)

6.5   Noem ŉ mediese instrument wat van die Doppler-effek gebruik maak.             (1)
                                                                                   [13]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Drie klein, identiese metaalsfere, K, M en G word in ŉ vakuum geplaas. Elke sfeer
dra ŉ lading van 6 nC. Die sfere is so gerangskik dat K en G elk X mm vanaf M is
soos in die diagram hieronder getoon:

7.1   Stel Coulomb se wet in woorde.                                                  (2)

Die grootte van die netto krag wat K en G uitoefen op M is 2,864 x 10-6 N.

7.2   Bereken die afstand, X, tussen G en M.                                          (8)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                           15

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Hieronder is ŉ geïsoleerde puntlading, P, met grootte + 200 nC.

8.1   Teken ŉ elektriese veldpatroon rondom puntlading P.                            (3)

’n Tweede puntlading, Q, wat ook ’n lading van +200 nC dra, word 600 mm weg
van die puntlading P geplaas soos in die diagram hieronder getoon:

Y is ŉ punt 200 mm regs van puntlading P.

8.2   Definieer die term elektriese veld by ŉ punt.                                  (2)

8.3   Bereken die netto elektriese veld by punt Y as gevolg van ladings P en Q.      (5)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die battery in die stroombaandiagram hieronder het ŉ interne weerstand r.
Wanneer skakelaar S gesluit is, is die lesing op voltmeter V2 , 18 V en resistor R
verbruik 13,5 W.

9.1      Stel Ohm se wet in woorde.                                                   (2)

9.2      Bereken die weerstand van resistor R.                                        (3)

9.3      Bereken die lesing op ammeter A.                                             (5)

9.4      Verduidelik in woorde, wat met die term interne weerstand van ŉ battery
         bedoel word.                                                                 (2)

9.5      Bereken die potensiaalverskil oor die 10 Ώ resistor.                         (3)

9.6      Wanneer skakelaar S oopgemaak word, was die lesing op voltmeter V1
         45,9 V.

         Bereken die interne weerstand van die battery.                               (5)

9.7      Sal die interne weerstand van die stroombaan TOENEEM, AFNEEM of
         DIESELFDE BLY wanneer resistor R verwyder word?                              (1)
                                                                                     [21]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                FISIESE WETENSKAPPE V1                           17

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Bestudeer die gegewe skets hieronder.

10.1   Skryf die funksie van die komponent wat Q benoem is in die skets hierbo
       neer.                                                                        (1)

Twee veranderinge word aan die struktuur van die toestel in die skets hierbo
gemaak om die volgende uitset potensiaalverskil te kry.

10.2   Skryf die TWEE veranderinge wat aan die toestel hierbo gemaak was neer.      (2)

Wanneer ŉ 60 W-gloeilamp aan die nuwe toestel gekoppel word, vloei ŉ
piekstroom van 0,54 A deur die gloeilamp.

10.3   Bereken die potensiaalverskil van ŉ GS-kragbron wat dieselfde helderheid
       van die gloeilamp sal produseer.                                             (5)
                                                                                    [8]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                           FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 11 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die foto-elektriese effek het baie praktiese toepassings. ŉ Fotosel, soos die een
hieronder wat in diefweringstelsels gebruik word, is een so ŉ toepassing.

Die grootste golflengte van monochromatiese lig van 229 nm sal veroorsaak dat
fotoelektrone in die foto-sel hierbo vrygestel word. Wanneer ŉ persoon die straal
onderbreek, aktiveer die skielike daling in stroom ŉ skakelaar, wat die alarm sal
laat afgaan.

11.1    Bereken die frekwensie van die monochromatiese-lig van golflengte
        229 nm.                                                                         (3)

11.2    Gee die wetenskaplike term vir die frekwensie wat jy in VRAAG 11.1
        hierbo bereken het.                                                             (1)

11.3    Definieer werkfunksie in woorde.                                                (2)

11.4    Bereken die frekwensie van die monochromatiese-lig wat gebruik moet
        word om foto-elektrone vanaf die katode in die foto-sel hierbo met ŉ
        snelheid van 1,57 x 106 m.s-1 vry te stel.                                      (4)

11.5    Hoe sal die antwoord in VRAAG 11.4 verander as die grootste golflengte
        van monochromatiese-lig wat benodig word om foto-elektrone vry te stel
        tot 189 nm verminder word?

        Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.

        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                    (3)
                                                                                       [13]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                       19

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                      PAPER 1 (PHYSICS)
                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                      VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                                                       SYMBOL/
                      NAME/NAAM                                           VALUE/WAARDE
                                                       SIMBOOL
 Acceleration due to gravity /                              g                  9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant /                         G          6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Mass of earth / Massa op aarde                             M               5,98 × 1024 kg

 Radius of earth / Radius van aarde                        RE                6,38 × 106 m
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ            c               3,0 × 108 m•s-1
 vakuum
 Planck’s constant / Planck se konstante                    h              6,63 × 10-34 J•s

 Coulomb’s constant / Coulomb se konstante                  k            9,0 × 109 N•m2•C-2

 Charge on electron / Lading op elektron                    e                -1,6 × 10-19 C

 Electron mass / Elektronmassa                             me               9,11 × 10-31 kg

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 v f = vi + a t                             Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2

   2         2             2    2                  v + vf                 v + vf 
 v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay     Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                   2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                  p = mv

 fsmax = µsN                                fk = µkN
 Fnet t = p
                                            w = mg
 p = mv f − mv i

       Gm1 m2                                      M
 F=       2                                 g = G d2
         d

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = F Δx cos θ                                U = mgh or/of Ep = mgh
                                               Wnett = ΔK or/of Wnett = ΔEk
 K = ½mv2 or/of Ek = ½mv2
                                               ΔK = Kf – Ki or/of ΔEk = Ekf – Eki

                                                    W
 Wnc = ΔK + ΔU or/of Wnc = ΔEk + ΔEp           P=
                                                    t

 Pave = Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                    1
 v=f                                          T=
                                                    f

        v  vL              v  vL                                 c
 fL =          fs    fL =          fb          E= hf or/of E = h
        v  vs              v  vb                                 

 E = Wo + Ek(max) where/waar

 E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek(max) = ½mvmax2 or/of K(max) = ½mvmax2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

        kQ 1Q 2                                     kQ
 F=                                            E=
          r2                                        r2

        W                                           F
 V=                                            E=
        q                                           q

 n=Q
   qe

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                          FISIESE WETENSKAPPE V1                                           21

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                   emf ( ε ) = I(R + r)
    V
 R=
    I                                              emk ( ε ) = I(R + r)

 R s = R1 + R 2 + ...

  1  1   1                                         q= I t
    = +     + ...
 R p R1 R 2

 W = Vq                                                 W
                                                   P=
                                                        Δt
 W = VI  t
                                                   P = VI
 W = I2R  t
                                                   P = I2R
          2
      V Δt
 W=                                                     V2
       R                                           P=
                                                        R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                   Pav erage = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
       I
 Irms = max             /          I
                            I wgk = maks
         2                           2
                                                   Pav erage = I rms
                                                                 2
                                                                    R           /    Pgemiddeld = I 2wgk R

              Vmax                   Vmaks
 Vrms =                 /   Vwgk =                                                                  2
                2                      2                      V2                                   Vwgk
                                                   Pav erage = rms          /       Pgemiddeld =
                                                               R                                    R

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [kzn=G12 Physical Sciences P1 Sep 2024 KZN QP Scanned by Farhad Akoo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-g12-physical-sciences-p1-sep-2024-kzn-qp-scanned-by-farhad-akoo/21919713-0b36-4903-ba81-155d000a162d) — Physical Sciences · QP · 2024
- [mp=P. Sciences P 1 Sept 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/mp-p-sciences-p-1-sept-2024-mpumalanga/40cb47ca-3caa-477f-aa74-1e4a27d9f510) — Physical Sciences · QP · 2024
- [Physical Sciences Physics P1 QP May June 2024 North West](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-qp-may-june-2024-north-west/4851c663-ba39-4265-b12f-37957af65e66) — Physical Sciences · QP · 2024

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
