# Physical Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physc-p2-grd10-qp-nov-2020-afr/0f476e8f-ee7f-45f7-9930-481fbd723854
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/physc-p2-grd10-qp-nov-2020-afr/0f476e8f-ee7f-45f7-9930-481fbd723854)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 10

                           NOVEMBER 2020

           FISIESE WETENSKAPPE V2 (CHEMIE)
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                            FISIESE WETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
     ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
     VRAAG 2.2.

6.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

8.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
     plekke af.

10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                                    3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

 1.1    Watter EEN van die volgende is ŉ goeie geleier van elektrisiteit?

        A      Hout

        B      Plastiek

        C      Silikon

        D      Koper                                                                     (2)
                   3
 1.2    1    2
        1𝐻 , 1𝐻 en 1𝐻 kom in die natuur voor as isotope van waterstof. Die term
        isotoop kan as … gedefinieer word.

        A      die groep en die periodenommer van ŉ element in die periodieke tabel

        B      ŉ atoom van dieselfde element met dieselfde aantal protone, maar
               verskillende aantal neutrone

        C      die massa van ŉ deeltjie op ŉ skaal waar ŉ atoom van koolstof-12 ŉ
               massa van 12 het

        D      die mees waarskynlike gebied in die ruimte waar elektrone spesifieke
               energie het wat met die orbitale ooreenstem                               (2)

 1.3    Verwys na die onderstaande tabel om die spasies in die volgende sin in te
        vul.

        Die digtheid van die metale … en die van nie-metale … oor periode 2 van
        die periodieke tabel.

               METALE      NIE-METALE
        A      Verlaag     Verhoog
        B      Verlaag     Verlaag
        C      Verhoog     Verlaag
        D      Verhoog     Verhoog                                                       (2)

 1.4    Watter EEN van die volgende molekulêre massa stel waterstofchloried voor?

        A      57,5

        B      35,5

        C      36,5

        D      40,2                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                               FISIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

    1.5   Die binding tussen kristalroosters kan slegs ŉ … binding wees.

          A     ioniese

          B     metaal-

          C     kovalente

          D     suiwer                                                                     (2)

    1.6   Bestudeer die diagram hieronder.

          Die diagram hierbo stel die volgende voor:

          A     ŉ Roosterstruktuur tussen ione

          B     ŉ Buckminsterfullerene van swawel

          C     Intermolekulêre kragte tussen molekules

          D     Positiewe metaalkorrels en die see van gedelokaliseerde elektrone          (2)

    1.7   Thando verhit ŉ sjokoladestafie stadig en let op die veranderinge. Watter EEN
          van die volgende is die akkuraatste gevolgtrekking?

          A     Sjokolade ondergaan ŉ chemiese verandering

          B     Sjokolade ondergaan ŉ fisiese verandering

          C     Sjokolade ontbind in sy bestanddele

          D     Sjokolade ondergaan geen verandering nie                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                              5

 1.8    Bestudeer die vergelyking hieronder:

        2H2(g) + O2(g) → 2H2O(g)

        Watter EEN van die onderstaande stellings is KORREK?

        A     2 molekules waterstofgas reageer met 1 atoom suurstofgas om
              2 atome waterdamp te vorm.

        B     2 mol waterstofgas reageer met 1 mol suurstofgas om 2 mol waterdamp
              te vorm

        C     4 atome waterstofgas reageer met 2 molekules suurstofgas om 2 mol
              waterdamp te vorm.

        D     4 g waterstofgas reageer met 16 g suurstofgas om 18 g waterdamp te
              vorm.                                                                    (2)

 1.9    ŉ Waterige mengsel in ŉ proefbuis bevat Ag+(aq), K+(aq) en Pb+(aq).
        Hoeveel verskillende vaste stowwe sal vorm wanneer NaCℓ (aq) by hierdie
        mengsel gevoeg word?

        A     Geen

        B     1

        C     2

        D     3                                                                        (2)

 1.10 SO2-gas los in water op en dra tot suurreën by. Wat is die naam van die suur
      wat tydens hierdie reaksie vorm?

        A     Swawelsuur

        B     Koolstofdioksiedsuur

        C     H2CO3

        D     Koolsuur                                                                 (2)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

6                             FISIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2

 Die diagram hieronder toon die deeltjies van stowwe A, B, C en D aan.

 2.1    Definieer die term element.                                                       (2)

 2.2    Gebruik die diagram en sleutel om die volgende vrae te beantwoord.

        Skryf die letter van die diagram wat die volgende voorstel neer:

        2.2.1 ŉ Stof wat by kamertemperatuur ŉ vaste stof is                              (1)

        2.2.2 ŉ Mengsel wat nie-eenvormig is nie                                          (1)

        2.2.3 ŉ Suiwer stof wat uit twee of meer verskillende elemente bestaan            (1)

        2.2.4 ŉ Gas                                                                       (1)
                                                                                          [6]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                      FISIESE WETENSKAPPE V2                              7

 VRAAG 3

 Die volgende diagram, nie volgens skaal geteken nie, stel die hittekurwe vir ŉ
 sekere stof voor. Punt A stel t = 0 minute voor waar die stof ŉ vaste stof is.

 3.1    Definieer die term smeltpunt.                                                     (2)

 Gebruik die inligting in die diagram om die volgende vrae te beantwoord.

 3.2    Skryf neer:

        3.2.1 Tussen watter twee letters is die dampdruk gelyk aan die
              atmosferiese druk?                                                          (1)

        3.2.2 Die fase van ŉ stof tussen die letters E en F                               (1)

        3.2.3 Die proses wat tussen letters B en C plaasvind                              (1)

 3.3    Is die energie GEABSORBEERD, VRYGESTEL of BLY DIESELFDE tussen
        D en E? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                              (2)

 3.4    Noem hoe spasies tussen die deeltjies tussen letters A en B verander.

        Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                               (1)
                                                                                          [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                              FISIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4

 Hieronder is die Aufbau-diagram van ŉ onbekende atoom. Bestudeer die diagram
 en beantwoord die volgende vrae.

    3s

    2p

    2s

    1s

 4.1     Definieer die term atomiese getal.                                              (1)

 Gebruik die Aufbau-diagram van die onbekende atoom hierbo om die volgende
 vrae te beantwoord.

 4.2     In watter groep en periode word die atoom in die diagram hierbo gevind?         (2)

 4.3     Stel die atoom in die diagram voor met behulp van 𝐴𝑍𝑋-notasie.                  (2)

 4.4     Hoe sal die neutraliteit van bogenoemde atoom verander as dit elektron(e)
         verloor?                                                                        (1)

 4.5     Skryf die sp-notasie van ŉ ioon vir die atoom wat deur die Aufbau-diagram
         hierbo voorgestel word, neer.                                                   (2)

 4.6     Wat sal met die aantal protone gebeur as bogenoemde atoom elektron(e)
         verloor om ŉ ioon te word?

         Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                                   (1)
                                                                                         [9]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                        FISIESE WETENSKAPPE V2                                 9

 VRAAG 5

 Bestudeer die volgende tabel met elemente met die eerste ionisasie-
 energiewaardes in kJ.mol-1 en beantwoord die vrae wat volg.

                ELEMENT                       EERSTE IONISASIE-ENERGIE (KJ.MOL-
                                                              1)

                       Li                                    520
                       Be                                    899
                       B                                     801
                       C                                    1 086
                       N                                    1 402

 5.1    Definieer die term ionisasie-energie.                                              (2)

 5.2    ŉ Sekere element in die tabel hierbo is in groep II van die periodieke tabel.

        5.2.1    Skryf neer:

                 (a)        Die CHEMIESE NAAM van hierdie element                          (1)

                 (b)        Die NAAM van die groep waaraan hierdie element behoort         (1)

                 (c)        Die chemiese simbool van ŉ element met dieselfde aantal
                            elektrone as Be2+                                              (1)

        5.2.2    Verduidelik die verskil in die eerste ionisasie-energie van hierdie
                 element met dié van litium.                                               (2)

 5.3    Verwys na die elemente van periode II van die periodieke tabel in die table
        hierbo.

        Hoe verander die elektronegatiwiteit van hierdie elemente oor ŉ periode in
        die periodieke tabel?

        Skryf TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer. Verduidelik jou
        antwoord.                                                                          (2)
                                                                                           [9]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                           FISIESE WETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 6

 6.1   Metaangas is een van die koolwaterstowwe wat wêreldwyd as bron van
       brandstof gebruik word. Wanneer metaan met suurstof reageer, word water
       en koolstofdioksied gevorm.

       Atome van watermolekules in die bogenoemde reaksie word deur ŉ
       kovalente verbinding gebind.

       6.1.1 Definieer die term kovalente verbinding.                                 (2)

       6.1.2 Skryf die gebalanseerde chemiese vergelyking neer.                       (3)

 6.2   Beskou die volgende gebalanseerde vergelyking van ŉ chemiese reaksie.

       Na2CO3(g) + 2HCℓ(aq) → X + H2O(ℓ) + CO2(g)

       Skryf neer:

       6.2.1 Die formule van verbinding X in die bostaande reaksie                    (1)

       6.2.2 Die tipe verbinding wat in verbinding X bestaan                          (1)

       6.2.3 Die Lewis-struktuur van verbinding X                                     (2)
                                                                                      [9]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                                11

 VRAAG 7

 Bestudeer die illustrasies van die diagramme hieronder en beantwoord die vrae wat
 volg.

 7.1    Definieer die term verbinding.                                                     (2)

 7.2    Kies uit die verskillende illustrasies hierbo EEN wat die volgende stowwe die
        beste beskryf. Skryf slegs die letter neer.

        7.2.1    Diamant                                                                   (1)

        7.2.2    Koolstofdioksied                                                          (1)

        7.2.3    Helium                                                                    (1)

        7.2.4    Magnesium                                                                 (1)

        7.2.5    Natriumchloried                                                           (1)

        7.2.6    Grafiet                                                                   (1)

 7.3    Noem die tipe binding wat tussen die deeltjies van ŉ diamant bestaan.              (1)

 7.4    Uit die bogenoemde illustrasies, skryf die LETTER(S) wat die volgende
        chemiese strukture voorstel neer:

        7.4.1    Ioniese struktuur                                                         (1)

        7.4.2    Kovalente netwerkstruktuur                                                (2)

        7.4.3    Metaalstruktuur                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                           FISIESE WETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

 7.5   Beskou die illustrasie van stowwe in die diagram op bladsy 11 en skryf die
       LETTER(S) wat die volgende voorstel neer:

       7.5.1 Die illustrasie(s) met ŉ empiriese formule van C                              (2)

       7.5.2 Die illustrasie van die enigste stof wat in atoomvorm van die
             omgewingstoestand gevind word                                                 (1)

       7.5.3 Die illustrasie wat as snygereedskap gebruik kan word vanweë sy
             sterkte                                                                       (1)

 7.6   Onderskei tussen molekulêre struktuur en reuse molekulêre struktuur.                (2)
                                                                                          [19]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                               13

 VRAAG 8

 8.1    Beskou die diagram hieronder wat toon dat vloeibare water verdamp om
        waterdamp te vorm.

        Gebruik chemiese formules om die proses in die diagram hierbo voor te stel
        en dui die fases aan van die stof wat hierdie proses ondergaan.                   (2)

 8.2    Gee DRIE skeidingsmetodes wat gebruik kan word om ŉ fisiese verandering
        om te keer.                                                                       (3)

 8.3    Twee graad 10-leerders ondersoek of massa tydens ŉ reaksie behoue bly.
        Hulle verbrand 5 g magnesium in suurstof en ŉ wit poeier, magnesiumoksied,
        vorm.

        Die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking stel die chemiese reaksie
        voor wat in die ondersoek hierbo plaasgevind het.

        2Mg(s) + O2(g) → 2MgO(s)

        8.3.1 Skryf neer:

                (a)   ŉ Ondersoekvraag vir hierdie ondersoek                              (2)

                (b)   ŉ Onafhanklike veranderlike van hierdie ondersoek                   (1)

                (c)   Die afhanklike veranderlike van hierdie ondersoek                   (1)

                (d)   Die veranderlike wat konstant in hierdie ondersoek gehou is         (1)

        8.3.2 Is hierdie reaksie ŉ SINTESE of ONTBINDINGS reaksie? Gee ŉ rede
              vir jou antwoord.                                                           (2)

        8.3.3 Toe ŉ wit poeier van magnesiumoksied in die bogenoemde ondersoek
              gevorm is, is hitte afgegee. Gee die term wat die onderstreepte frase
              die beste beskryf.                                                          (1)

        8.3.4 Skryf die wet van die behoud van massa in woorde neer.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

14                           FISIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

        8.3.5 Bewys deur berekeninge dat die massa behoue bly tydens die
              reaksie wat deur die gebalanseerde reaksie in VRAAG 8.3
              verteenwoordig word.                                                    (4)

        8.3.6 MgO is die chemiese formule van die chemiese stof wat tydens die
              chemiese reaksie gevorm word en deur die gebalanseerde
              chemiese vergelyking hierbo verteenwoordig word.

               Bestudeer die chemiese formule van hierdie stof en beantwoord die
               volgende vrae.

               (a)   Gee die term wat gebruik word om die stof te beskryf wat in
                     die chemiese reaksie geproduseer word.                           (1)

               (b)   Bereken die persentasie suurstof in ŉ monster
                     magnesiumoksied as 20 g geproduseer was.                          (4)
                                                                                      [24]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                     FISIESE WETENSKAPPE V2                              15

 VRAAG 9

 ŉ Waterige sout bestaan uit anione en katione wat deur ŉ swak gebonde
 watermolekule omring word. Elke waterige sout het ŉ vaste aantal watermolekules
 wat daaraan verbind is. Wanneer ŉ sout ŉ watermolekule bevat, noem ons dit ŉ
 gehidreerde of hidroïese sout.

 9.1 Skryf neer die term wat die watermolekule wat swak aan sout verbind is, die
     beste beskryf.                                                                       (1)

 9.2 ŉ Onbekende sout bevat 30,6% water. Die formule-massa vir watervrye sout
     (WS) is 100 ame.

       9.2.1    Bereken die hoeveelheid water wat aan ŉ onbekende sout verbind is.        (3)

       9.2.2    ŉ Watervrye sout hierbo bestaan uit ŉ metaal met ŉ molêre massa
                van 40.

                (a)   Skryf die chemiese simbool van hierdie metaal neer.                 (1)

                (b)   In watter groep hoort die metaal?                                   (1)

       9.2.3    Skryf die chemiese formule van ŉ watervrye sout hierbo neer.              (2)

 9.3 Die onderstaande gebalanseerde vergelyking stel die chemiese reaksie voor,
     waar 3 mol natrium met chloor reageer.

       2Na + Cℓ2 → 2NaCℓ

       9.3.1    Bereken die massa natriumchloried wat geproduseer is.                     (3)

       9.3.2    Bereken die volume chloor by STD as dit met 3,5 mol natrium
                reageer.                                                                  (4)

 9.4 ŉ Monster van natriumsulfaatverbinding bevat 29% natrium, 40,5% swawel en
     30,4% suurstof.

       Gebruik relevante berekeninge om die empiriese formule van hierdie
       verbinding te bepaal.                                                              (4)
                                                                                         [19]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                              FISIESE WETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 10

 10.1 Die eksperimentele opstelling hieronder word in ŉ graad 10-klas gebruik
      om die elektriese geleidingsvermoë van natriumchloriedoplossing te
      demonstreer.

        10.1.1 Definieer die term elektroliet.                                         (2)

        10.1.2 Skryf die formule van ione wat in hierdie opstelling voorkom neer.      (1)

        10.1.3 Wat sal gebeur met die helderheid van die gloeilamp in die
               opstelling hierbo as natriumchloried deur kalsiumchloried vervang
               word?

                 Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.
                 Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                          (3)

 10.2 Bestudeer die reaksies A en B hieronder en beantwoord die volgende
      vrae.

        A: 2Mg(s) + O2(g) → 2MgO(s)

        B: 2NaI(aq) + Cℓ2(g) → 2NaCℓ(aq) + I2(g)

        10.2.1 Watter van die reaksies is ŉ ioon-uitruilreaksie? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.                                                               (2)

        10.2.2 Watter van die reaksies is ŉ redoksreaksie? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                                 17

 10.3 ŉ Groep graad 10-leerders wil die reaksie van ione in oplossings
      ondersoek. Hulle gooi die volgende oplossings in ses verskillende
      proefbuise gemerk A tot F.

        NaCℓ, CaCO3, Na2SO4, NaBr, NaI, Kraanwater

        Die leerders het egter vergeet om neer te skryf watter oplossing in watter
        proefbuis is.

        10.3.1 Skryf ŉ vergelyking neer om aan te toon hoe vaste
               kalsiumkarbonaat in water dissosieer.                                     (2)

        10.3.2 Skryf die naam van die chemikalie neer wat hulle sou gebruik om
               die teenwoordigheid van haliede te toets.                                 (1)

        10.3.3 Hoe kan hulle onderskei tussen die DRIE soorte haliede wat
               tydens die toets genoem in VRAAG 10.3.2, gebruik is?                      (3)

        10.3.4 Leerders voeg ŉ paar druppels bariumnitraatoplossing in proefbuis
               B en C by, en ŉ wit neerslag vorm in elk van die proefbuise. Hulle
               voeg dan salpetersuuroplossing by in beide proefbuise.
               In proefbuis B word die neerslag OPGELOS, terwyl die neerslag in
               proefbuis C BLY die neerslag ONOPGELOS.

                 Skryf die naam van die verbinding neer wat getoets is in:

                 (a)   Proefbuis B                                                       (1)

                 (b)   Proefbuis C                                                       (1)

        10.3.5 Watter tipe reaksie vind tussen die neerslag in B en die
               salpetersuur plaas?                                                       (1)
                                                                                        [19]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

18                            FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 11

 Die volgende diagram is die voorstelling van die watersiklus en die betrokke
 prosesse.

 11.1   Watter sfeer in die aarde se stelsel is die watersiklus deel van?                 (1)

 11.2   Beskryf kortliks die neerslagproses.                                              (2)

 11.3   Proses A vind in lewende plante plaas. Noem proses A.                             (1)

 11.4   Skryf EEN voordeel van infiltrasie neer.                                          (1)

 11.5   Noem proses B.                                                                    (1)

 11.6   Noem TWEE belangrike faktore wat die hidrosfeer in gevaar stel as gevolg
        van menslike interaksies.                                                         (2)
                                                                                          [8]

                                                                            TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/NOVEMBER 2020)              FISIESE WETENSKAPPE V2                             19

                     DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                              PAPER 2 (CHEMISTRY)

                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                             VRAESTEL 2 (CHEMIE)

 TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

            NAME/NAAM             SYMBOL/SIMBOOL            VALUE/WAARDE
   Avogadro's constant
                                             NA             6,02 x 1023 mol-1
   Avogadro-konstante
   Charge on electron
                                             e               -1,6 x 10-19 C
   Lading op elektron
   Electron mass
                                             me              9,11 x 10-31 kg
   Elektronmassa
   Molar gas volume at STP
                                             Vm              22,4 dm3∙mol-1
   Molêre gasvolume by STD

  TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
                            n
                       c=
                            V
            m                           V              N
       n=              or/of       n=             n=
            M                           Vm             NA
                            m
                      c=
                           MV

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 20

(EC/NOVEMBER 2019)                                                  PHYSICAL SCIENCES P2                                                                                         20

       1           2           3           4           5           6           7        8      9                    10          11           12       13          14             15          16       17         18
      (I)         (II)                          KEY/SLEUTEL                         Atomic number                                                    (III)       (IV)            (V)        (VI)     (VII)      (VIII)
        1                                                                                                                                                                                                          2
2,1    H                                                                                    29                                                                                                                   He
        1                                         Electronegativity                                       Symbol                                                                                                  4
                                                                                     1,9
        3           4                            Elektronegatiwiteit                        Cu          Simbool                                           5           6           7           8           9       10
1,0    Li   1,5    Be                                                         63,5
                                                                                                                                                   2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5   O     4,0    F      Ne
       7             9                                        Approximate relative atomic mass                                                           11          12           14         16          19       20
       11           12                                        Benaderde relatiewe atoommassa                                                             13          14           15         16          17       18
0,9   Na    1,2   Mg                                                                                                                               1,5   Aℓ    1,8   Si    2,1    P    2,5    S    3,0   Cℓ       Ar
       23           24                                                                                                                                   27          28           31         32          35,5     40
       19           20         21          22          23          24          25           26          27          28          29           30          31          32           33         34           35      36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5   Ti    1,6    V    1,6   Cr    1,5   Mn     1,8   Fe    1,8   Co    1,8   Ni    1,9   Cu     1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8   Br       Kr
       39           40         45          48          51          52          55           56          59          59          63,5         65          70          73           75         79          80       84
       37           38         39          40          41          42          43           44          45          46           47          48          49          50           51         52          53       54
0,8   Rb    1,0    Sr    1,2   Y     1,4   Zr          Nb    1,8   Mo    1,9   Tc     2,2   Ru    2,2   Rh    2,2   Pd    1,9   Ag     1,7   Cd    1,7   In    1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5    I       Xe
       86           88         89          91          92          96                       101         103         106         108          112         115         119         122         128         127      131
       55           56         57          72          73          74          75           76          77           78          79           80         81           82          83          84         85        86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6   Hf          Ta          W           Re           Os           Ir         Pt          Au           Hg    1,8   Tℓ    1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5   At      Rn
      133          137         139         179         181         184         186          190         192         195         197          201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac                      58          59          60           61          62          63          64           65          66          67          68          69          70      71
                   226
                                                   Ce              Pr      Nd           Pm          Sm          Eu          Gd           Tb          Dy          Ho              Er         Tm       Yb         Lu
                                                   140         141         144                      150         152         157          159         163         165         167            169      173        175
                                                       90          91          92           93          94          95          96           97          98          99      100            101      102        103
                                                   Th          Pa              U           Np       Pu         Am          Cm            Bk              Cf      Es          Fm             Md       No          Lr
                                                   232                     238

      Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [PHSC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phsc-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/1f8b5992-42ce-4308-8b8b-73b19d7217b3) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHSC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/phsc-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-english/a845ea04-587e-4eb2-b3cb-3272479f54bd) — Physical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/8980388b-75ba-4481-8d07-3d437736ed84) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (English) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-english-2020-exemplars-question-paper/b73f7863-1dbd-4b9b-93ec-9ca726a859a8) — Physical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [PHYSC P2 GRD10 QP NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/physc-p2-grd10-qp-nov2020-english/a0593b95-369a-4c97-a537-ab1e9db94a9b) — Physical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/5d3852a0-0265-4941-bbfb-84fd05388145) — Physical Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
