# Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physc-sc-p2-gr12-qp-junie-2021-afrikaans/a8f7d52d-90c1-44dd-b26e-a6e33584544e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/physc-sc-p2-gr12-qp-junie-2021-afrikaans/a8f7d52d-90c1-44dd-b26e-a6e33584544e)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 JUNIE 2021

           FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                            FISIESE WETENSKAPPE V2                     (EC/JUNIE 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
     ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
     VRAAG 2.2.

6.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
    plekke af.

11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                          FISIESE WETENSKAPPE V2                            3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1 Die algemene formule vir ALKANE is ...

      A       CnH2n.

      B       CnH2n-1.

      C       CnH2n-2.

      D       CnH2n+2.                                                               (2)

1.2 Die volgende grafiek toon die verhouding tussen aantal koolstofatome in ŉ
    reguitketting molekules van alkane, alkohole en aldehiede. Kurwes P,Q en R
    word verkry.

                                                                  Kurwe R
                                                                  Kurwe Q

                                                                  Kurwe P
        Kookpunt (K)

                                     Aantal C-atome

      Watter EEN van die volgende beskryf die homoloë reeks KORREK teenoor
      die kurwe?

                  Kurwe P    Kurwe Q       Kurwe R

      A       Alkohole      Aldehiede     Alkane

      B       Aldehiede     Alkohole      Alkane

      C       Alkohole      Alkane        Aldehiede

      D       Alkane        Aldehiede     Alkohole                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                            FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/JUNIE 2021)

1.3 ŉ Alkeen reageer met ŉ OORMAAT hoeveelheid water in die teenwoordigheid
    van ŉ suur katalisator om verbinding P te produseer soos in die vergelyking
    hieronder voorgestel.

                         ALKEEN + H2O      →     verbinding P

     Verbinding P is ŉ ...

     A     alkohol.

     B     alkaan.

     C     haloalkaan.

     D     karboksielsuur.                                                          (2)

1.4 Aktiveringsenergie van ŉ chemiese reaksie word gedefinieer as:

     A     Netto energie vrygestel

     B     Netto energie geabsorbeer

     C     Minimum energie nodig om die reaksie te begin

     D     Maksimum energie wat nodig is om die reaksie te begin                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                           FISIESE WETENSKAPPE V2                           5

1.5      Beskou die potensiële-energiediagram vir ŉ omkeerbare hipotetiese reaksie
         wat deur die gebalanseerde vergelyking hieronder verteenwoordig word.

                                X2(g) ⇌     2X(g)

                            POTENSIËLE-ENERGIEDIAGRAM

      Potensiële Energie         E1
      (kJ/mol)                   E1                    E2

                            0
                                      Kursus van die reaksie

         E1 en E2 is die aktiveringsenergies vir die voorwaartse en terugwaartse
         reaksies onderskeidelik.

         Die verskil (E2 – E1) is gelyk aan ...
         A        energie van die produk.

         B        ΔH vir die voorwaartse reaksie.

         C        ΔH vir die terugwaartse reaksie.

         D        energie van die geaktiveerde kompleks.                                (2)

1.6      ŉ Chemiese reaksie bereik chemiese ewewig in ŉ geslote sisteem.

         By ewewig bly konsentrasies van produkte en reaktante konstant omdat die
         tempo van die voorwaartse reaksie ... is.

         A        nul

         B        hoër as die tempo van die terugwaartse reaksie

         C        laer as die tempo van die terugwaartse reaksie

         D        gelyk aan die tempo van die terugwaartse reaksie                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                              FISIESE WETENSKAPPE V2                                (EC/JUNIE 2021)

 1.7    Beskou die volgende reaksie by ewewig in ŉ geslote sisteem.

        Cu(H2O)62+ (aq) + 4 Cℓ- (aq) ⇋ CuCℓ42- (aq) + 6 H2O (ℓ)      ΔH > 0
                BLOU                        GROEN

        Watter EEN van die volgende veranderinge aan die ewewigmengsel bo sal
        verseker dat ŉ KLEURVERANDERING van GROEN na BLOU plaasvind?

        A     Toename in druk

        B     Byvoeging van silwernitraat

        C     Toename in temperatuur

        D     Byvoeging van soutsuur                                                              (2)

 1.8    Die eindpunt in ŉ titrasie is die presiese punt waar ...

        A     neutralisasie voorkom.

        B     die indikator kleur verander.

        C     gelyke massas van basis en suur het gereageer.

        D     gelyke aantal mol suur en basis het gereageer.                                      (2)

 1.9    In die tabel hieronder word die waardes van die ionisasie konstante gegee vir
        basisse, Kb by 25 °C.

        Watter EEN van die volgende basisse is die STERKSTE?

                                       BASIS                       Kb by 25 °C

                 A                      SO42-                      8,3 x 10 -13

                 B                      PO43-                       5,9 x 10-3

                 C                      HCO3-                      2,4 x 10 -8

                 D                    CH3COO-                      5,6 x 10 -10                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                           FISIESE WETENSKAPPE V2                                 7

1.10    Water ondergaan outomaties-ionisasie volgens die gebalanseerde
        vergelyking:

                  H2O(ℓ)    +   H2O(ℓ)    ⇋ H3O+ (aq) +        OH- (aq) ΔH > 0

        Die ionisasie-konstante Kw vir water is 1,00 x 10-14 by 25 °C.

        Watter EEN van die volgende is WAAR wanneer die temperatuur van
        water in ŉ beker vanaf 25 °C tot 30 °C verhoog word?

        A         Kw bly dieselfde en die water word suur

        B         Kw bly dieselfde en die water bly neutraal

        C         Kw neem toe en die water bly neutraal

        D         Kw neem af en die water bly neutraal                                        (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                              FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/JUNIE 2021)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

2.1    Die verbinding P, wat hieronder getoon word, behoort aan die alkyne wat ŉ
       groep organiese verbindings met dieselfde algemene formule en
       funksionele groep het.

                           H      CH2CH3

                     H    C      CH       C   C   CH2     CH3

                           CH3                    CH3

       2.1.1   Skryf ŉ algemene term vir die onderstreepte frase neer.                 (1)

       2.1.2   Is verbinding P ŉ VERSADIGDE of ONVERSADIGDE verbinding?

               Gee ŉ rede vir die antwoord.                                            (2)

       Vir verbinding P skryf neer die:

       2.1.3   Empiriese formule                                                       (1)

       2.1.4   IUPAC-naam                                                              (3)

2.2    Beskou verbindings A en B wat hieronder gegee word.

                         A: propan-1-ol               B: HCOOH

       2.2.1   Skryf die STRUKTUUR-formule van verbinding A neer.                      (2)

       Verbindings A en B word saam verhit in die teenwoordigheid van ŉ
       katalisator in ŉ proefbuis om ŉ ESTER te produseer.

       2.2.2   Beskryf hoe die mengsel van A en B in die proefbuis verhit word.        (2)

       Vir die reaksie tussen verbindings A en B skryf neer die:

       2.2.3   Naam van die reaksie wat plaasvind                                      (1)

       2.2.4   Formule van die katalisator wat gebruik word                            (1)

       2.2.5   STRUKTUUR-formule van die ester wat geproduseer word                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                          FISIESE WETENSKAPPE V2                          9

2.3    Haloalkane, verbindings C, D en E is struktuur-isomere.

       Verbindings C en D word hieronder getoon en verbinding E word nie getoon
       nie.

                        C: CH3CH2CH2CH2Br                  D: (CH3)3CBr

       2.3.1       Definieer die term struktuur-isomere.                               (2)

       2.3.2       Gee ŉ rede waarom verbinding C as ŉ PRIMÊRE haloalkaan
                   geklassifiseer word.                                                (2)

       2.3.3       Skryf die IUPAC-naam van verbinding E, die POSISIONELE-isomeer
                   van verbinding D neer.                                              (3)
                                                                                      [22]

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                                FISIESE WETENSKAPPE V2                             (EC/JUNIE 2021)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Groep leerders ondersoek die effek van intermolekulêre kragte op die kookpunt
van verbindings.

Hulle teken die resultate aan in die tabel hieronder.

                                   Verbinding                       Kookpunt (°C)
          A                        Propan-1-ol                          97

          B                         Butan-1-ol                           117,7

          C                        Pentan-1-ol                            138

3.1     Definieer die term kookpunt.                                                          (2)

3.2     Watter verbinding (A, B of C) sal die hoogste dampdruk by ŉ gegewe
        temperatuur hê?

        Verwys na die inligting in die tabel om die antwoord te verduidelik.                  (2)

3.3     Vir hierdie ondersoek, skryf neer die:

        3.3.1        Onafhanklike veranderlike                                                (1)

        3.3.2        Beheerde veranderlike                                                    (1)

3.4     Verduidelik die tendens van die kookpunt in die bostaande tabel deur te
        verwys na die MOLEKULÊRE STRUKTUUR, INTERMOLEKULÊRE-
        KRAGTE en ENERGIE betrokke.                                                           (4)

3.5     Die verbinding, 2-metielpropan-1-ol is ŉ KETTINGISOMEER van een van
        die verbindings in die tabel.

        3.5.1        Skryf die struktuurformule van 2-metielpropan-1-ol neer.                 (2)

        3.5.2        Watter verbinding (A, B, of C) in die tabel hierbo is ŉ
                     KETTINGISOMEER van 2-metielpropan-1-ol?

                     Gee ŉ rede vir die antwoord.                                             (2)

        3.5.3        Hoe sal die kookpunt van 2-metielpropan-1-ol vergelyk met die
                     isomer genoem in VRAAG 3.5.2?

                     Skryf slegs HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN neer.                          (1)

        3.5.4        Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.5.3 deur te verwys na die
                     MOLEKULÊRE STRUKTUUR, INTERMOLEKULÊRE-KRAGTE
                     en ENERGIE betrokke.                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2021)                     FISIESE WETENSKAPPE V2                            11

3.6       Metanoësuur is ŉ kleiner verbinding as propan-1-ol. Die kookpunt van
          metanoësuur is HOËR as propan-1-ol.

          Verduidelik volledig waarom die kookpunt van metanoësuur hoër as
          propan-1-ol is.

          Verwys na die TIPE INTERMOLEKULÊRE KRAGTE en energie betrokke.           (4)
                                                                                  [22]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12                             FISIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/JUNIE 2021)

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Heksaan ondergaan termiese kraking volgens die gebalanseerde vergelyking
hieronder.

                           C6H14         Alkaan X + C2H4

4.1   Definieer kraking.                                                             (2)

4.2   Skryf neer die:

      4.2.1      Molekulêre formule van alkaan X                                     (2)

      4.2.2      Een reaksievoorwaarde                                               (1)

Die alkaan X, geproduseer in die kraking reaksie hierbo word gebruik om ander
organiese verbindings te produseer soos in die vloeidiagram hieronder getoon.

Die getalle I, II en III verteenwoordig organiese reaksies.

                        Alkaan X          I        2-bromobutaan

                                                               II
                                   III

                                                          Alkeen

                                                       (Hoofproduk)

4.3   Skryf die TIPE reaksie neer wat voorgestel word deur:

      4.3.1      I                                                                   (1)

      4.3.2      II                                                                  (1)

4.4   Skryf die naam van die tipe addisiereaksie wat deur reaksie III
      verteenwoordig word neer.                                                      (1)

4.5   Skryf die NAAM of FORMULE neer van die:

      4.5.1      Anorganiese reaktant wat in reaksie I gebruik word                  (1)

      4.5.2      Katalisator wat in reaksie III gebruik word                         (1)

4.6   Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking neer deur gebruik te maak van
      GEKONDENSEERDE struktuurformules van die organiese reagense vir
      reaksie II.                                                                   (5)
                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2021)                        FISIESE WETENSKAPPE V2                              13

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Groep leerders doen eksperimente om ŉ faktor te ondersoek wat die tempo van
reaksies beïnvloed.

In die eksperimente, gebruik die leerders die reaksie tussen sinkkorrels en
OORMAAT soutsuur met konsentrasie 0,5 mol∙dm-3 by 20 °C soos hieronder getoon:

         Eksperiment A: Zn (s) + 2 HCℓ (aq) → ZnCℓ2 (aq) + H2 (g) ΔH < 0

5.1     Definieer reaksietempo.                                                            (2)

5.2     Is die netto energie GEABSORBEER of VRYGESTEL tydens die reaksie?

        Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                       (2)

5.3     Hoe sal die tempo van reaksie in die eksperiment A deur die volgende
        veranderinge geaffekteer word?

        Kies uit VERHOOG, VERMINDER of GEEN EFFEK.

        5.3.1     Die gebruik van H2SO4 -oplossing met konsentrasie 0,5 mol∙dm-3 in
                  die plek van HCℓ.                                                        (1)

        5.3.2     Druk word verhoog.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                           FISIESE WETENSKAPPE V2                           (EC/JUNIE 2021)

5.4 In eksperiment A, 50 cm3 van soutsuur (HCℓ) oplossing met konsentrasie
    0,5 mol∙dm-3 reageer met 7,5 g sink (Zn)-korrels.

     Die volume gas gevorm teenoor tyd vir die reaksie in eksperiment A word
     hieronder getoon.

     5.4.1   Hoeveel sekondes het die reaksie geduur om na voltooiing te kom?            (1)

     Daar word waargeneem dat die tempo van reaksie die HOOGSTE is
     gedurende die interval 0 tot 30 s is.

     5.4.2   Skryf neer TWEE faktore wat die reaksietempo beïnvloed wat hierdie
             waarneming verklaar.                                                        (2)

5.5 Bereken die:

     5.5.1   Gemiddelde tempo van reaksie (in cm3∙s-1) vir die eerste 120 s              (3)

     5.5.2   Massa van die OORMAAT reaktant wat in die fles oorbly as die molêre
             volume van waterstofgas by 20 °C, 24 dm3 mol-1 is                           (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/JUNIE 2021)                      FISIESE WETENSKAPPE V2                               15

5.6       In eksperiment B word die reaksie in eksperiment A herhaal onder die
          dieselfde toestande, maar koper is nou by die reaksie-mengsel bygevoeg.

                                             Cu
          Eksperiment B: Zn (s) + HCℓ (aq)     →     ZnCℓ2 (aq) + H2 (g)

          Die Maxwell-Boltzman-verspreidingskurwe vir die reaksie in eksperiment A
          en eksperiment B word hieronder getoon:

          EA en EB verteenwoordig die aktiveringsenergie vir die reaksie in
          eksperimente A en B onderskeidelik.

          5.6.1   Wat is die funksie van koper in eksperiment B?                          (1)

          5.6.2   Verduidelik hoe die byvoeging van koper in reaksie B ŉ effek het
                  op die tempo van die reaksie deur na die botsingsteorie te verwys.     (4)
                                                                                        [24]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                           FISIESE WETENSKAPPE V2                            (EC/JUNIE 2021)

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die omkeerbare reaksie hieronder bereik ewewig by 350 °C in ŉ geslote houer.

                       N2(g) + 3 H2(g) ⇋ 2 NH3(g)          ΔH < 0

6.1     Definieer die term omkeerbare reaksie.                                           (2)

6.2     Die temperatuur van die ewewigsmengsel word verlaag.

        Hoe sal die afname in temperatuur die volgende beïnvloed?

        Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY KONSTANT.

        6.2.1   Tempo van die voorwaartse reaksie                                        (1)

        6.2.2   Aantal mol van NH3 by ewewig                                             (1)

6.3     Verduidelik die antwoord van VRAAG 6.2.2 hierbo deur na Le Chatelier se
        beginsel te verwys.                                                              (2)

6.4     Die reaksie is begin deur 7,84 gram van N2 en 0,6 mol van H2 in ŉ leë fles
        te plaas wat dan verseël word. Wanneer ewewig bereik word by
        350 °C is 0,12 mol van NH3 teenwoordig. Die volume van die houer is
        2 dm3.

        Bereken die waarde van die ewewigskonstante by 350 °C.                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/JUNIE 2021)                     FISIESE WETENSKAPPE V2                              17

Die grafiek hieronder toon die persentasie opbrengs van NH3       by 350 °C by
verskillende drukwaardes.

6.5       Skryf ŉ gevolgtrekking wat gemaak kan word vanaf die grafiek tussen die
          verhouding van persentasie opbrengs NH3 en die druk by konstante
          temperatuur.                                                                 (2)

6.6       Gebruik inligting uit VRAAG 6.4 en die grafiek om die druk waarteen die
          reaksieewewig bereik het, te bepaal.
                                                                                       (5)
                                                                                      [21]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

18                             FISIESE WETENSKAPPE V2                                 (EC/JUNIE 2021)

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

7.1   Natriumkarbonaat ioniseer in water in natrium-ione (Na+) en karbornaat-ione
      (CO32-).

      Die karbornaat-ione in oplossing          ondergaan       hidrolise   volgens    die
      gebalanseerde vergelyking:

                CO32- (aq) +    H2O (ℓ)     ⇋       HCO3- (aq) + OH- (aq)

      7.1.1    Definieer hidrolise.                                                             (2)

      7.1.2    Gee ŉ rede waarom ŉ oplossing van natriumkarbonaat in water ŉ
               alkalies is deur na die stof(we) in die vergelyking hierbo te verwys.            (2)

      7.1.3    Skryf die FORMULES van die TWEE sure in die vergelyking neer.                    (2)

      7.1.4    Gee ŉ rede waarom HCO3- as ŉ amfoliet kan optree.                                (2)

7.2   ŉ Oplossing van ŉ sterk diprotiese suur X het ŉ pH = 1

      7.2.1    Definieer ŉ suur volgens die Lowry-Bronsted teorie.                              (2)

      7.2.2    Bereken die konsentrasie van suur X.                                             (4)

      Die oplossing van suur X met konsentrasie 0,049 mol∙dm-3 word verdun deur
      15 cm3 van die suur by water by te voeg om ŉ verdunde standaard-
      oplossing van 90 cm3 te produseer.

      7.2.3    Verduidelik die betekenis van die term standaardoplossing.                       (2)

      Die VERDUNDE oplossing van suur X word getitreer met ŉ oplossing van
      kaliumhidroksied.

      Die volgende is die lys indikators wat beskikbaar is vir titrasie.

                            Indikator              pH-gebied

                          Metiel-oranje             3,1 – 4,4

                        Broomtimolblou              6,0 – 7,6

                          Fenolftaleïen            8,3 – 10,0

      7.2.4    Watter EEN van die indikators is die mees geskik vir hierdie titrasie?
               Verduidelik die antwoord.                                                        (3)

      Tydens die titrasie word 25 cm3 van die verdunde suur X oplossing
      neutraliseer deur presies 28,5 cm3 van die kaliumhidroksied-oplossing.

      7.2.5    Bereken die konsentrasie van die kaliumhidroksied-oplossing.                    (7)
                                                                                              [26]
                                                                              TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/JUNIE 2021)                               FISIESE WETENSKAPPE V2                                           19

                                NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
                                NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 2 (CHEMISTRY)

                         GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                 VRAESTEL 2 (CHEMIE)

             TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

            NAME/NAAM                            SYMBOL/SIMBOOL                    VALUE/WAARDE
   Standard pressure
   Standaarddruk
                                                              p                     1,013 x 105 Pa
   Molar gas volume at STP
                                                              Vm                     22,4 dm3∙mol-1
   Molêre gasvolume teen STD
   Standard temperature
                                                              Tθ                           273 K
   Standaardtemperatuur
   Charge on electron
                                                              e                       -1,6 x 10-19 C
   Lading op elektron
   Avogadro’s constant
                                                              NA                    6,02 x 1023 mol-1
   Avogadro se konstante

 TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
       m
  n= M        or/of
                                         n                m
                                    c = V or/of c = MV                    pH= -log[H3O+]
        N
  n= N        or/of
         A                                     ca Va   na                 Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
                                                     =
        V                                      cb Vb nb
  n= V                                                                              at /by 298K
         o

  Eθcell = Eθcathode – Eθanode / Eθsel = Eθkatode – Eθanode

  Eθcell = Eθreduction – Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie – Eθoksidasie

  Eθcell = Eθoxidising agent – Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel – Eθreduseermiddel

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

(EC/JUNIE 2021)                                                           FISIESE WETENSKAPPE V2                                                                                                          20
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

   1               2           3           4         5            6           7         8            9     10         11         12       13          14         15           16          17         18
  (I)             (II)                                                              Atoomgetal                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)        (VII)      (VIII)
                                                KEY/ SLEUTEL
        1                                                                         Atomic number                                                                                                        2
2,1    H                                                                                                                                                                                              He
        1                                                                                     29                                                                                                       4
        3            4                                   Elektronegatiwiteit                              Simbool                              5          6           7           8           9        10
1,0         1,5                                                                         1,9                                            2,0         2,5         3,0         3,5         4,0
       Li          Be
                                                         Electronegativity
                                                                                              Cu          Symbol
                                                                                                                                              B           C           N           O           F       Ne
        7            9                                                                                                                        11          12          14         16           19       20
       11           12                                                                        63,5                                            13          14          15         16           17       18
0,9   Na    1,2    Mg                                                                                                                  1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0    Cℓ       Ar
                                                                           Benaderde relatiewe atoommassa
       23           24                                                                                                                        27          28          31         32          35,5      40
       19           20          21      22           23           24       25     26 relative
                                                                          Approximate     27 atomic
                                                                                                28 mass29                         30          31          32          33         34           35       36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5Ti     1,6    V     1,6   Cr    1,5Mn     1,8
                                                                                  Fe     Co    1,8
                                                                                                Ni     Cu1,8    1,9        1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br       Kr
       39           40          45      48           51           52       55     56      59    59    63,5                        65          70          73          75         79           80       84
       37           38          39      40           41           42       43     44      45    46     47                         48          49          50          51         52           53       54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4Zr           Nb     1,8   Mo    1,9Tc     2,2
                                                                                  Ru     Rh    2,2
                                                                                                Pd     Ag2,2    1,9        1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I      Xe
       86           88          89      91           92           96              101 103 106         108                        112         115         119         122         128         127      131
       55           56          57      72           73           74       75     76      77    78     79                         80          81          82          83         84           85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6Hf           Ta            W       Re     Os       Ir   Pt     Au                        Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At      Rn
      133          137         139     179           181          184     186     190 192 195         197                        201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                   226                            58           59          60       61             62      63       64       65           66          67         68          69           70        71
                                                 Ce            Pr         Nd        Pm             Sm     Eu       Gd        Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                 140          141         144                      150    152      157       159         163         165         167         169         173        175
                                                  90           91          92       93             94      95       96       97           98          99         100         101         102        103
                                                 Th           Pa           U        Np             Pu     Am       Cm        Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                 232                      238

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
