# Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physc-sc-p2-gr12-qp-junie-2022-afrikaans/ddc7858f-9442-4931-9a63-4b79137e34ec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/physc-sc-p2-gr12-qp-junie-2022-afrikaans/ddc7858f-9442-4931-9a63-4b79137e34ec)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                JUNIE 2022

           FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

 6.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 9.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
     plekke af.

 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                            FISIESE WETENSKAPPE V2                           3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

 1.1     Watter EEN van die volgende is die algemene formule van alkene?

         A        CnH2n

         B        C2H2n+2

         C        CnH2n-2

         D        CnH2n+1                                                                 (2)

 1.2     Wanneer die karbonielgroep aan die einde van ŉ organiese molekule geleë is,
         aan watter EEN van die gegewe homoloë reekse sal die molekuul behoort?

         A        Alkohole

         B        Aldehiede

         C        Ketone

         D        Haloalkane                                                              (2)

 1.3     Watter EEN van die volgende verbindings het die HOOGSTE kookpunt?

         A        Oktaan

         B        2-metielheptaan

         C        2,3-dimetielheksaan

         D        2,2,3-trimetielpentaan                                                  (2)

 1.4     Watter EEN van die volgende veranderinge sal die gemiddelde kinetiese
         energie van deeltjies VERHOOG?

         A        Katalisator

         B        Afname in temperatuur

         C        Toename in temperatuur

         D        Toename in oppervlakte                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                                      FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/JUNIE 2022)

 1.5 Beskou die organiese reaksie hieronder waarin verbinding P die HOOF
     organiese produk is

                                                CH3CH(CH3)CH2CH = CH2 + H2O → verbinding P

      Die korrekte IUPAC-naam van die hoof organiese produk P is ...

      A      4-metielpentaan-1-ol.

      B      4-metielpentaan-2-ol.

      C      2-metielpentaan-1-ol.

      D      2-metielpentaan-2-ol.                                                                              (2)

 1.6 Beskou die potensiële energiediagram vir die volgende hipotetiese omkeerbare
     reaksie.

                Potensiële energie (kJ·mol-1)
                                                          Q ⇌   P

                                                  Z

                                                  Y                  P

                                                  X
                                                      Q

                                                                    tyd

      Watter EEN van die volgende is die KORREKTE interpretasie van die inligting
      wat in die grafiek vertoon word?

                                                ∆H voorwaartse reaksie          ∆H terugwaartse reaksie

      A                                                   Y–Z                            Z–Y

      B                                                   Z–Y                            Y–Z

      C                                                   X–Y                            Y–X

      D                                                   Y–X                            X–Y                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          FISIESE WETENSKAPPE V2                                  5

 1.7 Beskou die volgende reaksie by ewewig by temperatuur T.

                              NO2(g)      ⇌    N2O4(g)        ∆H < 0

        Die temperatuur van die reaksiemengsel word verhoog.

        Watter EEN van die volgende is KORREK oor die REAKSIETEMPO VAN DIE
        VOORWAARTSE REAKSIE en die OPBRENGS van N2O4 onmiddellik nadat
        die temperatuur verhoog is?

                   Tempo van die voorwaartse                  Opbrengs van N2O4
                           reaksie

        A                   Afneem                                Toeneem

        B                  Toeneem                                 Afneem

        C                  Toeneem                                Toeneem

        D                   Afneem                                 Afneem                       (2)

 1.8 Watter EEN van die volgende grafieke beskryf die verwantskap tussen die
     [H3O+] en pH KORREK?

        A                                          B

                  pH                                   pH

                                [H3O+]                                  [H3O+]

        C                                          D
                  pH                                     pH

                                 [H3O+]                                 [H3O+]
                                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    FISIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/JUNIE 2022)

 1.9    Beskou die suur-basis reaksie hieronder.

              H2PO4        +    OH       ⇌   H2O   +   Q

        Die korrekte formule vir stof Q is ...

        A       H3PO4.

        B       HPO42-.

        C       PO43-.

        D       H3O+.                                                                       (2)

 1.10   Die volgende stroombaan word gebruik om die geleidingsvermoë van sure,
        HA en HB, by 25 °C te toets. Beide sure het ŉ konsentrasie van 1 mol·dm-3.

                                     A

        koolstofstaaf                                       koolstofstaaf

                 suur
        Die leerders se resultate word in die tabel hieronder getoon.

                               SUUR            AMMETERLESING (A)

                                HA                         0,8

                                HB                         1,5

        Leerders skryf die volgende stellings as hul gevolgtrekkings neer.

        I.      HA is ŉ sterker suur as HB

        II.     pH van HB is laer as dié van HA

        III.    Ka-waarde van HB is hoër as dié van HA

        Watter EEN van die bogenoemde stellings is KORREK?

        A       Slegs I

        B       Slegs II

        C       Slegs I en II

        D       Slegs II en III                                                             (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          FISIESE WETENSKAPPE V2                               7

 VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Beskou die organiese verbindings A tot F wat in die tabel hieronder gegee word.

                                        CH2CH3

 A                CH3CHCH2    C     C    CH    CH2CH3     B    propan-2-oon

                CH3
 C       Bromometaan                                      D    C4H8O
 E       C7H15COOH                                        F    Heksaan

 2.1     Aan watter homoloë reekse behoort die volgende verbindings?

         2.1.1      Verbinding A                                                             (1)

         2.1.2      Verbinding C                                                             (1)

 2.2     Skryf ŉ LETTER neer van die verbinding wat aan die volgende beskrywing
         voldoen:

         2.2.1      ŉ Karboksielsuur                                                         (1)

         2.2.2      ŉ Verbinding waarvan die formule dieselfde as die empiriese formule
                    van verbinding E is                                                      (1)

 2.3     Verbinding A is ŉ koolwaterstof.

         2.3.1      Definieer die term koolwaterstof.                                        (2)

         2.3.2      Is verbinding A VERSADIG of ONVERSADIG?

                    Gee ŉ rede vir die antwoord.                                             (2)

         2.3.3      Skryf die IUPAC-naam van verbinding A neer.                              (3)

 2.4     Skryf die struktuurformule van verbinding B neer.                                   (2)

 2.5     Verbinding D, ŉ reguitketting-molekule, het slegs EEN KETTING-isomeer.

         Vir verbinding D skryf neer die:

         2.5.1       IUPAC-naam                                                              (2)

         2.5.2       STRUKTUURFORMULE van sy KETTING-isomeer                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/JUNIE 2022)

 2.6   ŉ Groep leerders gebruik verbinding F as brandstof deur dit met ŉ oormaat
       suurstof te laat reageer.

       Skryf neer die:

       2.6.1     Naam van die reaksie tussen verbinding F en suurstof                  (1)

       2.6.2     Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking neer vir die reaksie van
                 verbinding F met ŉ oormaat suurstof, deur die MOLEKULÊRE
                 FORMULES te gebruik                                                   (3)

       2.6.3     Gee ŉ rede waarom alkane as brandstof gebruik word                   (1)
                                                                                     [22]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                     FISIESE WETENSKAPPE V2                                9

 VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 3.1 ŉ Groep leerders vergelyk die kookpunte van DRIE verbindings A, B en C tydens
     ŉ ondersoek. Die verbindings het vergelykbare molekulêre massa.

        Die data wat die leerders vir die verbindings verkry het, word in die tabel
        hieronder getoon.

                                              Verbinding                     Kookpunt (°C)

                A                              Pentaan                            36,1

                B                            Butan-2-oon                         79,64

                C                             Butan-1-ol                         117,7

        3.1.1           Definieer die term kookpunt.                                                     (2)

        3.1.2           Identifiseer die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                (1)

        3.1.3           Watter intermolekulêre kragte is vergelykbaar in die ondersoek?                  (1)

        3.1.4           Verduidelik waarom die kookpunt van verbinding C HOËR is as dié van
                        verbinding B deur na TIPE, RELATIEWE STERKTE van intermolekulêre
                        kragte en ENERGIE te verwys.                                                     (4)

 3.2 Die grafieke hieronder wys hoe die dampdruk van verbindings A en B (getoon
     in die tabel hierbo) met temperatuur verander.

                                     GRAFIEK VAN TEMPERATUUR TEENOOR DAMPDRUK

                                                    A                    B

                                     p1

                    Dampdruk (kPa)

                                                 36,1               79
                                               Temperatuur (°C)

        3.2.1                  Definieer die term dampdruk.                                              (2)

        3.2.2                  Skryf die waarde van p1, wat in die grafiek gewys word neer.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V2                  (EC/JUNIE 2022)

      3.2.3    In watter fase is verbinding A by 50 °C?

               Verduidelik die antwoord.                                        (2)

      3.2.4    Hoe sal die dampdruk van verbinding C vergelyk met dié van
               verbinding A by 36,1 °C?

               Kies uit HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN.                          (1)

      3.2.5    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.4.                        (2)
                                                                              [16]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                         FISIESE WETENSKAPPE V2                          11

 VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Beskou die vloeidiagram wat hieronder gegee word. Verbindings P, Q en R is
 organiese produkte van reaksies 1, 2 en 3 onderskeidelik.

  CH3CH2CH2CH2Br         Reaksie 1       Alkohol P     Reaksie 2     Verbinding Q
                                                       CH3COOH
                                                                          C4
                                              Reaksie 3
          C4                                 A
                                             C4
                                        Verbinding R
                                           (C4H8)

 Vir REAKSIE 1, skryf neer die:
                                           C4
 4.1     Naam van die tipe reaksie wat plaasvind                                        (1)

 4.2     Gekondenseerde struktuurformule van verbinding P                               (2)

 4.3     Is alkohol P ŉ primêre, sekondêre of tersiêre alkohol?

         Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                   (2)

 Vir REAKSIE 2, skryf neer die:

 4.4     Naam van die reaksie wat plaasvind                                             (1)

 4.5     IUPAC-naam en struktuurformule van die organiese produk Q                      (4)

 4.6     Tipe eliminasiereaksie wat deur REAKSIE 3 voorgestel word                      (1)

 4.7     EEN ander reaksietoestand anders as hitte vir REAKSIE 3                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/JUNIE 2022)

 Verbinding R, C4H8, wat in reaksie 3 in die vloeidiagram hierbo geproduseer word,
 word na verbinding T in ŉ TWEE stap-proses soos hieronder getoon, omgeskakel.

 Verbindings R en T is onvertakte POSISIONELE isomere.

       R: C4H8       STAP 1    Verbinding S    STAP 2     Verbinding T
                       HBr

 4.8 Definieer die term posisionele isomeer.                                            (2)

 4.9 Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking neer deur gebruik te maak van
     struktuurformules vir die reaksie wat in STAP 2 plaasvind.                         (6)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                                      FISIESE WETENSKAPPE V2                          13

 VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Die ontbinding van waterstofperoksied wat deur die gebalanseerde vergelyking
 hieronder voorgestel word, word gebruik om die faktore wat die reaksietempo
 beïnvloed te ondersoek.

                                                      H2O2(aq)   →    H2(g) +   O2(g)   ∆H < 0

 5.1     Definieer reaksietempo.                                                                                     (2)

 5.2     Behalwe vir temperatuur, skryf TWEE faktore neer wat die reaksietempo van
         die reaksie beïnvloed.                                                                                      (2)

 5.3     Tydens ŉ eksperiment (eksperiment 1), ontbind 150 cm3 van H2O2 by 30 °C
         in ŉ fles.

         Die grafiek hieronder toon die resultate van eksperiment 1.

                  Konsentrasie van H2O2 (mol·dm-3)
                                                     1,0

                                                     0,2

                                                           0         2 000                    5 000
                                                                                 Tyd (s)

         5.3.1    Gee ŉ rede waarom die reaksietempo tussen
                  t = 2 000 s en t = 5 000 s afneem.                                                                 (2)

         5.3.2    Hoe lank (in sekondes) het die reaksie geneem om voltooiing te
                  bereik?                                                                                            (1)

         Bereken die:

         5.3.3    Gemiddelde reaksietempo                                                                            (3)

         5.3.4    Volume van suurstof wat geproduseer was tydens die interval
                  t = 0 tot t = 2 000 s.
                  Aanvaar dat die molêre gasvolume by 30 °C 25 000 cm3·mol-1 is.

                  AANVAAR DAT DIE VOLUME VAN DIE OPLOSSING KONSTANT
                  BLY.                                                                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                         FISIESE WETENSKAPPE V2               (EC/JUNIE 2022)

 5.4 Hoe sal die volgende beïnvloed word as die volume waterstofperoksied (H2O2)
     wat in eksperiment 1 gebruik is, verdubbel word?

      Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.

      5.4.1    Gemiddelde reaksietempo                                                    (1)

      5.4.2    Totale volume suurstof geproduseer                                         (1)

 5.5 In eksperiment 2 ontbind waterstofperoksied onder dieselfde toestande soos
     in eksperiment 1, maar ŉ klein hoeveelheid mangaandioksied word
     bygevoeg.

      Die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwe vir die reaksie in eksperiment 1
      en eksperiment 2 word hieronder getoon.

                     Aantal deeltjies

                                                 E2 E1
                                        Kinetiese energie

      E1 en E2 verteenwoordig aktiveringsenergieë vir die reaksie in eksperimente
      1 en 2.

      5.5.1    Definieer aktiveringsenergie.                                              (2)

      5.5.2    Beskryf wat deur die ingekleurde area in die grafiek voorgestel word.      (1)

      5.5.3    Watter EEN van E1 of E2 sal ŉ hoër reaksietempo hê? Verduidelik die
               antwoord deur na die botsingsteorie te verwys.                            (4)
                                                                                        [24]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                        FISIESE WETENSKAPPE V2                       15

 VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 6.1 Die volgende reaksie bereik ewewig by ŉ temperatuur van 327 °C.

                                        N2(g) + 3 H2(g) ⇌ 2 NH3(g)          ∆H < 0

        6.1.1     Wat is die betekenis van die dubbelpyltjie “⇌”?                                   (1)

        Hoe vergelyk die tempo van die voorwaartse reaksie met die tempo van die
        terugwaartse reaksie tydens die volgende tydintervalle?

        Kies uit HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN.

        6.1.2     Voordat ewewig vir die eerste keer bereik word                                    (2)

        6.1.3     By ewewig                                                                         (1)

        Die reaksie word begin deur 4,88 mol N2 en 6,18 mol H2 in ŉ 2 dm3 verseëlde
        houer te plaas en toegelaat om te reageer. Wanneer ewewig bereik word by
        327 °C word daar gevind dat 41,48 gram NH3 teenwoordig is.

 6.2 Bereken die ewewigskonstante, Kc, by 327 °C.                                                   (8)

 6.3 Skryf die naam van ŉ faktor wat die waarde van Kc beïnvloed neer.                              (1)

 6.4 Die grafiek hieronder toon aan hoe die persentasie opbrengs van NH3 wissel
     met druk by verskillende temperatuurwaardes.

                                              A

                       % Opbrengs NH3
                                              B

                                          C

                                                  Temperatuur (°C)

        Watter grafiek (A, B of C) verteenwoordig persentasie opbrengswaardes wat
        by die HOOGSTE druk verkry is?

        Verduidelik die antwoord deur na Le Chatelier se beginsel te verwys.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/JUNIE 2022)

 6.5 Watter effek sal die volgende veranderinge op die opbrengs van NH 3 by
     ewewig hê?

      Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK.

      6.5.1    Meer N2 word in die houer gepomp.                                      (1)

      6.5.2    ŉ Geskikte katalisator word bygevoeg.                                  (1)

      6.5.3    Die volume van die houer word by konstante temperatuur verhoog.       (1)
                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                           FISIESE WETENSKAPPE V2                                  17

 VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 7.1 Swawelsuur, H2SO4 ioniseer volgens die gebalanseerde vergelyking hieronder:

                              H2SO4 + H2O         →     H3O+    +   HSO4

        7.1.1      Definieer ŉ suur volgens die Lowry-Brønsted-toerie                             (2)

        7.1.2      Skryf die formules van die TWEE basisse in die reaksie hierbo neer.            (2)

        7.1.3      Identifiseer ŉ stof in die reaksie wat as ŉ amfoliet in sommige reaksies
                   kan optree.                                                                    (1)

 7.2 Die tabel hieronder gee inligting oor oplossings van twee sure en ŉ sout.

                  NAAM VAN STOF              FORMULE                Ka-waarde of pH

                    Etanoësuur               CH3COOH            Ka = 1,8 x 10-4 by 25 °C

                    Swawelsuur                  H2SO4                   pH = 3

                  Natriumkarbonaat             Na2CO3                   pH = 7,8

        7.2.1      Is CH3COOH ŉ STERK of ŉ SWAK suur?

                   Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                   (2)

        7.2.2      Watter suur, CH3COOH of H2SO4, sal vinniger met Na2CO3 reageer?

                   Aanvaar die sure het dieselfde konsentrasie en is in oormaat.                  (1)

        7.2.3      Bereken die konsentrasie van die H2SO4 oplossing.                              (4)

        7.2.4      Verduidelik, deur ŉ relevante vergelyking te gebruik, waarom die pH
                   van Na2CO3 groter as 7 is.                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/JUNIE 2022)

 7.3 ŉ Standaardoplossing word voorberei deur 1,74 g Mg(OH)2 in water op te los
     om 200 cm3 van die oplossing te maak.

      7.3.1    Definieer die term standaardoplossing.                                 (2)

      7.3.2    Bewys deur berekening dat die konsentrasie van die Mg(OH) 2
               oplossing 0,15 mol·dm-3 is.                                            (2)

      ŉ Groep leerders het 50 cm3 van ŉ verdunde soutsuuroplossing by 40 cm3
      van die standaardoplossing Mg(OH)2 bygevoeg.

      Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:

                       Mg(OH)2 + 2 HCℓ      →     MgCℓ2   + 2 H2O

      Die verdunde soutsuuroplossing was verkry deur 5 cm3 van 10 mol·dm-3
      gekonsentreede soutsuuroplossing by water te voeg om 100 cm3 van die
      verdunde suuroplossing te produseer. Daar word gevind dat EEN van die ione
      (OH- of H3O+) in oormaat is, by die voltooiing van die reaksie.

      7.3.3    Bereken die konsentrasie van die ione in oormaat.                     (9)
                                                                                    [28]

                                                                      TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                FISIESE WETENSKAPPE V2                                            19

                                  NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
                                 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                           DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 2 (CHEMISTRY)

                         GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                 VRAESTEL 2 (CHEMIE)

          TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

            NAME/NAAM                            SYMBOL/SIMBOOL                     VALUE/WAARDE
   Standard pressure
   Standaarddruk
                                                             p                       1,013 x 105 Pa
   Molar gas volume at STP
                                                            Vm                        22,4 dm3∙mol-1
   Molêre gasvolume teen STD
   Standard temperature
                                                             Tθ                             273 K
   Standaardtemperatuur
   Charge on electron
                                                             e                         -1,6 x 10-19 C
   Lading op elektron
   Avogadro’s constant
                                                             NA                      6,02 x 1023 mol-1
   Avogadro se konstante

 TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
         m                                 n                m
    n= M       or/of                  c = V or/of c = MV                    pH= -log[H3O+]

         N                                       ca Va   na                 Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
    n= N       or/of                                   =
          A
                                                 cb Vb nb                   at /by 298K
         V
    n= V
           o

    Eθcell = Eθcathode – Eθanode / Eθsel = Eθkatode – Eθanode

    Eθcell = Eθreduction – Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie – Eθoksidasie

    Eθcell = Eθoxidising agent – Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel – Eθreduseermiddel

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                                           FISIESE WETENSKAPPE V2                                                                                                             20
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

   1               2           3           4         5             6           7          8             9     10         11         12       13          14         15           16         17          18
  (I)             (II)                                                                Atoomgetal                                            (III)       (IV)        (V)         (VI)       (VII)       (VIII)
                                               KEY/ SLEUTEL
        1                                                                           Atomic number                                                                                                         2
2,1    H                                                                                                                                                                                                 He
        1                                                                                       29                                                                                                        4
        3            4                                   Elektronegatiwiteit                                 Simbool                              5          6           7           8           9        10
1,0    Li   1,5    Be                                                                     1,9                                             2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0    F       Ne
                                                         Electronegativity
                                                                                                Cu           Symbol
        7            9                                                                                                                           11          12          14         16           19       20
       11           12                                                                          63,5                                             13          14          15         16           17       18
0,9   Na    1,2    Mg                                                                                                                     1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0    Cℓ       Ar
                                                                               Benaderde relatiewe atoommassa
       23           24                                                                                                                           27          28          31         32          35,5      40
       19           20          21      22            23            24      25     26 relative
                                                                           Approximate     27 atomic
                                                                                                 28 mass29                           30          31          32          33         34           35       36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5Ti     1,6    V      1,6    Cr   1,5Mn      1,8
                                                                                   Fe     Co      1,8
                                                                                                 Ni     Cu  1,8    1,9        1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br       Kr
       39           40          45      48            51            52      55     56      59    59    63,5                          65          70          73          75         79           80       84
       37           38          39      40            41            42      43     44      45    46     47                           48          49          50          51         52           53       54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4Zr           Nb      1,8   Mo    1,9Tc      2,2
                                                                                   Ru     Rh      2,2
                                                                                                 Pd     Ag  2,2    1,9        1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I      Xe
       86           88          89      91            92            96             101 103 106         108                          112         115         119         122         128         127      131
       55           56          57      72            73            74      75     76      77    78     79                           80          81          82          83         84           85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6Hf           Ta             W       Re     Os       Ir   Pt     Au                          Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At      Rn
      133          137         139     179           181           184     186     190 192 195         197                          201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                   226                           58             59         60         61              62      63       64       65           66          67          68         69           70         71
                                                Ce              Pr        Nd          Pm             Sm      Eu       Gd        Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                140            141        144                        150     152      157       159         163         165         167         169         173        175
                                                 90             91         92         93              94      95       96       97           98          99         100         101         102        103
                                                Th             Pa          U          Np             Pu      Am       Cm        Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                232                       238

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Physical Sciences P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-may-june-2022-eng/13af6d48-4bb8-4e19-a703-3b1641de9646) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
