# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sc-p1-qp-gr12-sept-2019-mod-afr/a8cf6a6d-f375-49fd-8037-af9943d9b299
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sc-p1-qp-gr12-sept-2019-mod-afr/a8cf6a6d-f375-49fd-8037-af9943d9b299)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2019

                  FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies in die
      ANTWOORDEBOEK.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

 6.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.   Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

 9.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

 10. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                             3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 ŉ Voorwerp van massa m bly in rus wanneer ŉ krag van grootte F daarop
     optree, soos in die diagram hieronder getoon.

                                        m                   F

       Watter EEN van die volgende kragte sal verhoog as die krag F wat op die
       voorwerp optree, toeneem en die voorwerp steeds in rus bly?

       A     Normaalkrag
       B     Gravitasiekrag
       C     Statiese wrywingskrag
       D     Kinetiese wrywingskrag                                                    (2)

 1.2 ŉ Bal met massa m word teen ŉ sekere snelheid vertikaal opwaarts gegooi.

       Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is nie gelyk aan nul
       wanneer die bal sy maksimum hoogte bereik nie?

       A     Netto krag
       B     Momentum
       C     Snelheid
       D     Kinetiese energie                                                         (2)

 1.3 Die grafiek hieronder verteenwoordig die netto krag wat op ŉ voorwerp oor ŉ
     tydperk uitgeoefen word.

                 Fnet (N)

                                       Δt(s)

       Die area onder die grafiek verteenwoordig die voorwerp se ...

       A     momentum.
       B     impuls.
       C     die tempo van verandering van momentum.
       D     versnelling.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.4 Oorweeg die volgende scenario’s.

      I     ŉ Vuurpyl versnel deur die ruimte.
      II    ŉ Baksteen vryval van die bokant van ŉ gebou tot op die grond.
      III   ŉ Leerder beweeg rond in die klaskamer met sy skooltas.
      IV    ŉ Meisie beweeg ŉ kruiwa deur dit in ŉ reguitlyn te stoot.

      In watter EEN van die scenario’s hierbo is arbeid NIE op die voorwerp verrig
      NIE?

      A     I
      B     II
      C     III
      D     IV                                                                             (2)

 1.5 ŉ Bal word teen ŉ sekere snelheid vertikaal opwaarts gegooi.

      Watter EEN van die volgende is WAAR ten opsigte van meganiese energie en
      kinetiese energie van die bal tydens sy beweging? Ignoreer lugweerstand.

                     MEGANIESE ENERGIE                 KINETIESE ENERGIE
      A                 Bly dieselfde                      Bly dieselfde
      B                  Toeneem                             Afneem
      C                   Afneem                            Toeneem
      D                 Bly dieselfde                        Afneem                        (2)

 1.6 ŉ Waarnemer staan op afstand x vanaf ŉ stilstaande ambulans wat se sirene
     teen ŉ sekere frekwensie by ŉ ongelukstoneel weerklink/gehoor kan word.

      Hoe vergelyk die toonhoogte van die klank wat deur die waarnemer gehoor
      word, met dié wat die sirene afgee?

      A           Gelyk aan
      B           Groeter as
      C           Kleiner as
      D           Gelyk aan nul                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                               5

1.7 Drie identiese puntladings word in ŉ vakuum soos in die onderstaande
    diagram aangetoon, gerangskik.

                      Y                                           X
                             +Q                           +Q

                            +Q
                                   Z

      Watter EEN van die volgende vektordiagramme, NIE VOLGENS SKAAL
      GETEKEN NIE, verteenwoordig die elektrostatiese kragte wat op sfeer Y
      optree, asook die netto elektrostatiese krag wat op sfeer Y, optree?

      A                                          C
                                       Fxy                         Fxy

                                                                Fnet

                                       Fnet
                 Fzy                                                             Fzy

      B                                          D
                      Fxy                                Fzy

                                                                         Fnet

                                        Fzy
                            Fnet
                                                                  Fxy
                                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2019)

1.8 In die stroomdiagram hieronder het die battery ŉ emk (ε) en interne weerstand r.
    Beide die ammeter en voltmeter registreer lesings. Die weerstand van die
    verbindingsdrade kan geïgnoreer word.

      Hoe sal die lesing op ammeter A en voltmeter V verander as weerstand R3 van
      die stroombaan verwyder word?

               AMMETER LESING                    VOLTMETER LESING
      A            Afneem                            Toeneem
      B           Toeneem                             Afneem
      C           Toeneem                           Bly dieselfde
      D          Bly dieselfde                        Afneem                             (2)

1.9 ŉ Spoel draai in ŉ eenvormige magnetiese veld en emk word in die spoel
    geïnduseer.

      Watter EEN van die volgende ten opsigte van die geïnduseerde emk en posisie
      van die spoel relatief tot die magnetiese veld is WAAR?

             Geïnduseerde emk (V)         Posisie van die spoel relatief tot die
                                                   magnetiese veld
      A              Maksimum                              0°
      B                 Nul                                45°
      C              Maksimum                              90°
      D                 Nul                                60°                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                          7

1.10 Lig vanaf ŉ 40 W blou ligbron val op ŉ katode van ŉ fotosel wat aan ŉ
     ammeter gekoppel is, soos hieronder aangedui. Die ammeter toon GEEN
     lesing nie.

                         Invallende lig

                                                               A

                                  -   GS +

       Watter EEN van die ligbronne hieronder sal waarskynlik veroorsaak dat die
       ammeter ŉ lesing gee?

       A        ŉ 60 W blou ligbron
       B        ŉ 100 W groen ligbron
       C        ŉ 150 W rooi ligbron
       D        ŉ 40 W ultraviolet ligbron                                            (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

8                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 2 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Blok met massa m kg word op ŉ rowwe horisontale oppervlak geplaas. Die blok
met massa m kg word aan ŉ 12 kg-blok deur middel van ŉ ligte onrekbare toutjie wat
oor ŉ ligte wrywinglose katrol beweeg, soos hieronder getoon, verbind. ŉ Krag van
88 N word teen ŉ hoek θ na die horisontale vlak toegepas om die 12 kg massa met
ŉ KONSTANTE SNELHEID te laat afbeweeg.

        88 N

                                    m kg

                                                           12 kg

2.1 Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                          (2)

2.2 Teken ŉ benoemde vry-kragtediagram (vry-liggaamdiagram) vir die massa van
    blok m.                                                                                (5)

ŉ Konstante wrywingskrag van 32 N tree op blok massa m.

2.3 Bereken die grootte van die hoek θ wat die stelsel teen konstante snelheid sal
    hou.                                                                                   (5)

Die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen blok massa m en die oppervlak is 0,12.

2.4 Bereken die massa, m, van die blok.                                                    (4)

2.5 Hoe sal die koëffisiënt van kinetiese wrywing beïnvloed word as die hoek θ
    toeneem?
    Kies uit: VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                                         (1)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                              9

VRAAG 3 (Begin op 'n NUWE bladsy.)

ŉ Voorwerp word vertikaal opwaarts met ŉ snelheid van 24 m.s-1 afgevuur.
Na 1,5 s gaan dit in die takke van ŉ boom in. Dit kom by die hoogste punt van die
boom uit en gaan verder vertikaal opwaarts tot ŉ maksimum hoogte van 2 m bo die
boom, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer die effekte van lugweerstand
en enige ander vorm van wrywing wat die voorwerp tydens sy beweging ervaar.

                                   2m

                                   1,5 s     24 m.s-1
                               h

3.1 Bereken die:

      3.1.1    Snelheid waarmee die voorwerp uit die takke van die boom kom             (4)

      3.1.2    Hoogte h bo die grond waarop die voorwerp in die takke van die boom
               ingaan                                                                   (4)

3.2 Bereken die hoogte van die boom.                                                    (6)
                                                                                       [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

10                             FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 4 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Twee ballet-dansers, A met massa 52,5 kg beweeg met ŉ snelheid van v ms -1 in ŉ
reguitlyn na die ooste en B met massa 42 kg beweeg in ŉ reguitlyn met ŉ snelheid
van 4 ms -1 na die weste, nader mekaar soos in FIGUUR 1 getoon.

                 FIGUUR 1                                 FIGUUR 2
           -1
      v m.s                   4 m.s-1

      Danser A              Danser B                Danser A          Danser B

Die twee dansers gryp mekaar en kom tot rus soos in FIGUUR 2 getoon. Ignoreer die
effekte van wrywing.

4.1   Stel die beginsel van behoud van linieêre momentum in woorde.                          (2)

4.2   Bereken die snelheid van danser A in FIGUUR 1.                                         (4)

Na hulle mekaar gegryp het, het danser A danser B met ŉ netto krag van 670 N in
0,5 sekondes weggestoot en danser A beweeg na die weste, soos in FIGUUR 3
getoon.

                                        FIGUUR 3

                                                       Danser B
                      Danser A

4.3   Wat is die krag wat deur danser B op danser A uitgeoefen word?                         (1)

4.4   Bereken die grootte van die snelheid van danser B in FIGUUR 3.                         (4)
                                                                                            [11]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)               FISIESE WETENSKAPPE V1                               11

VRAAG 5 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Staalbal van massa 1,5 kg gebind aan ŉ onrekbare toutjie hang van ŉ plafon. Die
bal word gehou op ŉ hoogte van 3 m, by punt A, bokant ŉ horisontale tafel met ŉ
1,5 kg krat wat daarop rus. Die staalbal word vrygestel en dit bots met die krat by
punt B. Die botsing is ELASTIES. Die krat beweeg dan na links en bereik 'n
snelheid van 6,2 m·s -1 nadat dit ŉ sekere afstand beweeg het, soos in die diagram
hieronder getoon.

5.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                       (2)

5.2 Bereken die arbeid verrig deur die gravitasiekrag om die staalbal van punt A
    na B te verskuif.                                                                   (3)

5.3 Definieer die term nie-konserwatiewe krag.                                          (2)

5.4 Bereken die arbeid verrig deur wrywing om die krat te beweeg.                       (5)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                                     FISIESE WETENSKAPPE V1             (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 6 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Groep leerders het ŉ eksperiment gedoen om die spoed van klank op ŉ
 spesifieke dag te bepaal. Op ŉ sekere punt het hulle ŉ klankbron wat ŉ sekere
 frekwensie klank vrystel geplaas. Een leerder beweeg teen konstante snelheid weg
 van die klankbron met ŉ detektor wat die frekwensie van die waargeneemde klank
 registreer.

 Die grafiek hieronder toon die waargeneemde frekwensies teenoor tyd.

                              871

            Frekwensie (Hz)   850

                                               Tyd (s)

 6.1 Definieer Doppler-effek in woorde.                                                       (2)

 6.2 Skryf die frekwensie van die bron neer.                                                  (1)

 6.3 Verduidelik in terme van golfbeweging waarom die detektor verskillende
     frekwensies registreer.                                                                  (3)

 'n Ander leerder teken op die tyd wat die eerste leerder moet neem om van die punt
 van die klankbron na 'n spesifieke punt te beweeg.

 Die grafiek hieronder toon die posisie-tyd grafiek van die beweging.

                                    x (m)
                                     110

                                      94

                                                   6     8      t (s)

 6.4 Bereken die snelheid van klank op die spesifieke dag.                                    (7)

 6.5 Noem TWEE toepassings van die Doppler-effek in die mediese veld.                         (2)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                13

VRAAG 7 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Twee identiese sfere, wat gelyke ladings dra, word in ŉ vertikale posisie deur
middel van ŉ onrekbare toutjie soos in FIGUUR 1 getoon, gehou. Wanneer die
sfere vrygelaat word, stoot hulle mekaar af en kom met hul middelpunte 200 mm
van mekaar tot rus, soos in FIGUUR 2 getoon.

                      FIGUUR 1                                   FIGUUR 2

                                                                       25o

                 QA      QB                           QA                           QB
                                                                   200 mm

7.1 Skryf die grootte van die hoek, θ neer.                                                  (1)

7.2 Stel Coulomb se wet in woorde.                                                           (2)

Die spanning in elke toutjie in FIGUUR 2 is 480 N.

7.3 Bereken die lading op elke sfeer.                                                        (5)

7.4 ŉ Elektron geplaas by punt X ondervind ŉ versnelling soos in FIGUUR 3
    getoon.

                                         FIGUUR 3

                                              25o

                                 QA                         QB
                                                    50 mm
                                                X

      Bereken die:

      7.4.1    Netto elektriese veld by punt X, 50 mm vanaf QB                               (5)

      7.4.2    Versnelling van die elektron                                                  (5)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 8 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Skeermasjien word aangewys as 60 V. Die stroombaandiagram hieronder
 verteenwoordig ŉ stroombaan wat gebruik word om ŉ maksimum spanning wat
 deur die skeermasjien benodig word, te verskaf.

                                           1Ω
                                              r

                                                                2Ω

                                                      6Ω
                         A

                                                                6Ω

                                        Skeer-
                                        masjien

 8.1 Bereken die effektiewe weerstand van die parallelle netwerk.                           (3)

 8.2 Die koste om die skeermasjien vir 5 uur per dag oor 5 dae te gebruik is
     R6,75. Die prys van elektrisiteit is R1,50 per eenheid (1kWh).

      Bereken die:

      8.2.1    Drywing van die skeermasjien                                                 (4)

      8.2.2    Lessing op die ammeter                                                       (3)

 8.3 Om geld te bespaar, is besluit om ŉ battery te gebruik aangesien die masjien
     op gelykstroom kan funksioneer.

      Bereken die:

      8.3.1    Emk van die kragbron (battery) wat gebruik moet word                         (5)

      8.3.2    Weerstand van die skeermasjien                                               (3)
                                                                                           [18]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)                FISIESE WETENSKAPPE V1                             15

VRAAG 9 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Die vereenvoudigde diagram hieronder verteenwoordig ŉ generator.

                                             X

9.1    Noem die energie-omskakeling wat plaasvind terwyl die generator in werking
       is.                                                                             (2)

9.2    Skryf die funksie van die komponent gemerk X neer.                              (1)

9.3    Teken ŉ grafiek van die geïnduseerde emk teenoor tyd vir EEN volledige
       siklus vir hierdie tipe generator.                                              (2)

9.4    Stel EEN manier waarop die geïnduseerde emk verhoog kan word.                   (1)
                                                                                       [6]

VRAAG 10 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

'n Haardroër word aangewys as 2 000 W, 230 V.

10.1 Definieer wortelgemiddeldekwadraat spanning van ŉ WS-bron.                        (2)

10.2 Bereken die maksimum stroom wat deur die haardroër beweeg wanneer dit
     in gebruik is.                                                                    (4)
                                                                                       [6]

VRAAG 11 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Die drempelfrekwensie van ŉ sekere metaal is 1,50 x 1014 Hz.

11.1 Definieer die term drempelfrekwensie.                                             (2)

11.2 Bereken die arbeidsfunksie van die metaal.                                        (3)

11.3 Lig met ŉ golflengte van 540 nm val in op die metaal.

       Bereken die snelheid van die vrygestelde foto-elektrone.                        (5)

11.4 Teken ŉ grafiek wat die verhouding tussen die frekwensie en maksimum
     kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone verteenwoordig. Benoem
     die afsnit van die grafiek op die horisontale as.                                 (3)
                                                                                      [13]

                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

16                                                    FISIESE WETENSKAPPE V1                                         (EC/SEPTEMBER 2019)

                                   DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                            PAPER 1 (PHYSICS)

                               GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                          VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                                     SYMBOL/
                    NAME/NAAM                                VALUE/WAARDE
                                                     SIMBOOL
Acceleration due to gravity / Swaartekragversnelling    g       9,8 m•s-2
Universal gravitational constant /
Universelegravitasiekonstant
                                                                                    G              6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ vakuum                                 c                 3,0 × 108 m•s-1
Planck's constant / Planck se konstante                                                h                 6,63 × 10-34 J•s
Coulomb's constant / Coulomb se konstante                                              k            9,0 × 109 N•m2•C-2
Charge on electron / Lading op elektron                                                e                  -1,6 × 10-19 C
Electron mass / Elektronmassa                                                       me                   9,11 × 10-31 kg
Mass of earth / Massa op aarde                                                      M                    5,98 × 1024 kg
Radius of earth / Radius van aarde                                                  RE                   6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

vf        vi           a t                                     Δx     v i Δt       1
                                                                                   2    a t 2 or/of Δy v i Δt                1
                                                                                                                             2   a t2
     2         2                         2        2                      vi        vf                               vi       vf
vf        vi            2a x or/of v f       vi        2a y    Δx                          Δt or/of Δy                             Δt
                                                                               2                                         2

FORCE/KRAG

Fnet       ma                                                  p mv
fsmax = µsN                                                   f k = µk N
Fnet t             p
                                                               w mg
  p       mv f          mv i
         Gm1 m2                                                     M
F                  2                                          g = G d2
               d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W F x cos                                                      U mgh                        or/of EP         mgh
                                                               Wnet           K or/of Wnet              Ek
         1                         1
K          mv2 or/of Ek              mv2
         2                         2                            K     Kf       Ki          or/of   Ek        Ekf     Eki
                                                                    W
Wnc            K        U or/of Wnc          Ek        Ep      P
                                                                     t
Pav       Fv

Kopiereg voorbehou                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)                                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                             17

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                                  1
v       f                                                    T
                                                                  f
  v vL       v vL                                                                   c
fL     fs fL      fb                                         E hf or/of E h
  v vs       v vb
E Wo E k where/waar
                                                        1                      1
E hf and/en W0                       hf0 and/en Ek        mv2 or/of K max          2
                                                                                 mvmax
                                                        2                      2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

  kQ1Q 2                                                          kQ
F                                                            E
    r2                                                             r2
   V                                                              F
E                                                            E
   d                                                              q
        W                                                         Q
V                                                            n=
        q                                                         qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                             emf ( ε ) = I(R + r)
  V
R
  I
                                                             emk ( ε ) = I(R + r)
Rs          R1       R2   ...
 1          1   1                                            q I t
                          .. .
Rp          R1 R 2

W = Vq                                                            W
                                                             P
                                                                  Δt
W = VI t
                                                             P = VI
W= I2R t
                                                             P = I 2R
            2
W= V Δt                                                      P
                                                                  V2
            R                                                     R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                             Paverage Vrms I rms        /   Pgemiddeld Vwgk I wgk
            I max                                   Imaks
I rms                            /          I wgk
                 2                                    2
                                                             Paverage     2
                                                                        I rms R              Pgemiddeld     I 2wgkR
                                                                                        /
                Vmax                                Vmaks
Vrms                             /        Vwgk                            2
                                                                                                           2
                                                                                                          Vwgk
                  2                                   2                 Vrms                Pgemiddeld
                                                             Paverage               /
                                                                         R                                  R

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Physical Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Phsc P1 Memo June Ea Latest](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-memo-june-ea-latest/8382194b-5329-4102-9a1b-784a1e3ac280) — Physical Sciences · Memo · 2019
- [2019 AFR ENG Gauteng Paper 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2019-afr-eng-gauteng-paper-1-memo/7e7c9cfc-f2f5-4700-a132-61eae8192020) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
