# Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sc-p2-qp-gr12-sept-2015-afr/91b2571c-844a-464a-b51a-d147c3711dec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sc-p2-qp-gr12-sept-2015-afr/91b2571c-844a-464a-b51a-d147c3711dec)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2015

                 FISIESE WETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *PHSCA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
       die ANTWOORDEBOEK neer.

2.     Die vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
       ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

5.     Laat EEN reël oop tussen subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.     Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

7.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

8.     Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

9.     Daar word aanbeveel dat jy van die aangehegte INLIGTINGSBLAAIE
       gebruik maak.

10.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE bewerkings.

11.    Rond jou finale numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke.

12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                    FISIESE WETENSKAPPE V2                                       3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1    ŉ Familie van koolstofverbindings waarin een lid verskil van die volgende lid
       met ŉ -CH2-groep, staan as … bekend.

       A        Isomere
       B        ŉ homoloë reeks
       C        ŉ koolwaterstof reeks
       D        onversadigde verbindings                                                     (2)

1.2    Die groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van ketone bepaal is
       ŉ…

       A        karboksielgroep.
       B        formielgroep.
       C        karbonielgroep.
       D        hidroksielgroep.                                                             (2)

1.3    In watter EEN van die volgende opsies is die drie verbindings gerangskik
       volgens toenemende (laagste tot hoogste) kookpunte?

       A        CH3CH2COOH                    CH3CH2CH2CH2CH3      CH3CH2CH2CH2OH
       B        CH3CH2CH2CH2OH                CH3CH2 CH2CH2CH3     CH3CH2COOH
       C        CH3CH2CH2CH2CH3               CH3CH2CH2CH2OH       CH3CH2COOH
       D        CH3CH2CH2CH2CH3               CH3CH2COOH           CH3CH2CH2CH2OH            (2)

1.4    Die potensiële energie-diagram hieronder verwys na die volgende hipotetiese
       reaksie wat in ŉ geslote houer plaasvind:   X2 + Y2     2XY

                               90
                               80
                               70
                               60
                 Potensiële         X2 + Y2
                               50
                   energie
                  (kJ∙mol-1)   40                            2XY
                               30
                               20
                               10
                               0
                                                Duur van reaksie

       Wat is die reaksiewarmte, in kJ·mol-1, vir die terugwaartse reaksie dit wat   2XY
       → X2+Y2 is?

       A        + 30
       B        + 10
       C        - 10
       D        - 40                                                                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            FISIESE WETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.5     Beskou die volgende reaksie:

                         CH3NH2(aq) + H2O(ℓ)        CH3NH3+(aq) + OH-(aq)
         Die CH3NH2 tree op as ŉ … op.

         A     protonskenker
         B     protonontvanger
         C     oksideermiddel
         D     reduseermiddel                                                               (2)

 1.6     ŉ Etanoësuur oplossing (asynsuur) word teen ŉ standaard
         natriumhidroksiedoplossing getitreer. Watter EEN van die volgende sal die
         mees geskikte indikator vir hierdie titrasie wees?

               Indikator                       pH gebied van die indikator
         A     Fenolftaleïen                              8,3–10
         B     Metieloranje                               3,1–4,4
         C     Broomtimolblou                             6,0–7,6
         D     Universele Indikator      Verander van kleur ŉ wye oor reeks van pH-
                                                          waardes                           (2)

 1.7     ŉ Paar druppels gekonsentreerde swawelsuur word geleidelik by 1 dm3 water
         by 25 °C gevoeg.

         Watter EEN van die volgende grafieke illustreer die verwantskap tussen [H+]
         en [OH-] soos wat die suur by die water gevoeg word?

         A                                          B

               [OH-]                                     [OH-]

                              [H+]                                      [H+]

         C                                          D

               [OH-]                                     [OH-]

                            [H+]                                        [H+]                (2)

 1.8     Watter EEN van die volgende gee die korrekte rigting waarin, asook die
         medium waardeur, die elektrone in ŉ galvaniese sel beweeg.

                           RIGTING                           MEDIUM
         A             katode na anode                        soutbrug
         B             anode na katode                     eksterne draad
         C             katode na anode                     eksterne draad
         D             anode na katode                        soutbrug                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                FISIESE WETENSKAPPE V2                                         5

1.9    Swawelsuur word industrieel tydens die … geproduseer.

       A      Ostwald-proses.
       B      kontakproses.
       C      katalitiese oksidasie van ammoniak.
       D      fraksionele distillasie van lug.                                            (2)

1.10   Fosforryke kunsmis:

       A      Is belangrik vir die groei van plante met sterk stingels en gesonde,
              groen blare.
       B      Verbeter die kwaliteit van vrugte en blomme en maak plante teen ryp
              en siektes bestand.
       C      Word industrieel tydens die Ostwald-proses geproduseer.
       D      Is kunsmis wat gebruik word om wortelgroei in plante te stimuleer.         (2)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Beskou die organiese verbindings wat in die onderstaande tabel deur die letters A
tot I voorgestel word.

      A                    Butaan                  F           CH3 – C = CH ‒ CH3
                                                                     |
                                                                     CH3

                                O
      B                         ‖                 G             2-metielpropaan
                        CH3-CH2-C-OH

      C                    CHCℓ 3                 H                 CH≡CH

      D                  Butan-2-ol                I             H H         O
                                                                   ǀ    ǀ     ‖
                                                              H – C – C – O – C –H
                                                                 ǀ    ǀ
                                                                 H H

      E                  Butan-1-ol

2.1       Skryf die letters wat die volgende voorstel neer:

          2.1.1   Twee verbindings wat KETTINGISOMERE is                                     (1)

          2.1.2   ŉ PRIMÊRE ALKOHOL                                                          (1)

          2.1.3   ŉ Swak, MONOPROTIESE SUUR                                                  (1)

2.2       Skryf neer:

          2.2.1   Die IUPAC-naam van verbinding F neer                                       (2)

          2.2.2   Die NAAM van die homoloë reeks waaraan verbinding C behoort,
                  neer                                                                       (1)

          2.2.3   ŉ Gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding van
                  verbinding H neer, deur van MOLEKULÊRE FORMULES gebruik te
                  maak                                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                FISIESE WETENSKAPPE V2                                        7

2.3    Verbinding I is die produk van ŉ esterifikasie-reaksie.

       Skryf die volgende vir verbinding I neer:

       2.3.1     Die IUPAC naam.                                                         (2)

       2.3.2     Die STRUKTUURFORMULE van die alkohol waaruit dit
                 gesintetiseer word                                                      (2)

       2.3.3     Die IUPAC-naam van die karboksielsuur waaruit dit gesintetiseer
                 word                                                                    (1)

2.4    “Propanoësuur is ŉ funksionele isomeer van verbinding I.”

       Verduidelik hierdie stelling volledig.
       Maak gebruik van molekulêre- en struktuurformules vir beide isomere om
       verskille en ooreenkomste in die verduideliking aan te dui.                      (4)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

3.1    Petroleum maatskappye gebruik ŉ eliminasiereaksie om lang
       koolwaterstowwe op te breek in korter, meer bruikbare koolwaterstowwe.
       ŉ Voorbeeld van so ŉ reaksie word gegee:

                                         Hitte/katalisator
                                    C10H22    → C8H18 + X
       3.1.1   Benoem die TIPE eliminasiereaksie waarna hierbo verwys word.                    (1)

       Molekules van verbinding X kan met mekaar bind om ŉ polimeer te vorm.

       3.1.2   Wat word hierdie TIPE POLIMERISASIE genoem?                                     (1)

       3.1.3   Gebruik STRUKTUURFORMULES om ŉ gebalanseerde vergelyking
               vir hierdie polimerisasiereaksie neer te skryf.                                 (3)

3.2    Die vloeidiagram hieronder toon ŉ paar organiese reaksies.

                                                HBr
               CH3 – C = CH‒CH3                                    Verbinding Y
                      |                                            (Hoofproduk)
                                             Reaksie I
                     CH3

                              H2O                      KOH
                 Reaksie II                                  Reaksie III
                                    Verbinding Z
                                    (Hoofproduk)

       3.2.1   Skryf die STRUKTUURFORMULE van verbinding Y wat in reaksie I
               gevorm word, neer.                                                              (2)

       3.2.2   Benoem die TIPE reaksie wat deur reaksie I voorgestel word.                     (1)

       3.2.3   Gebruik STRUKTUURFORMULES, om ŉ gebalanseerde vergelyking
               vir reaksie II neer te skryf.                                                   (4)

       3.2.4   Skryf die IUPAC-naam van verbinding Z neer.                                     (2)

       3.2.5   Benoem die TIPE reaksie waarvan reaksie III ŉ voorbeeld is.                     (1)

       3.2.6   Lys TWEE voorwaardes waaraan reaksie III moet voldoen om
               effektief te kan plaasvind.                                                    (2)
                                                                                             [17]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                FISIESE WETENSKAPPE V2                                          9

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

4.1     Definieer die term dampdruk.                                                       (3)

4.2      Die tabel hieronder toon waardes vir die dampdruk van drie alkane.

                       Naam                        Dampdruk (kPa by 20 °C)
                        etaan                            3 750
                      propaan                             843
                       butaan                             204

        4.2.1     Verduidelik volledig waarom die dampdruk vanaf etaan na butaan
                  AFNEEM.                                                                  (3)

        4.2.2     Watter van hierdie alkane gaan die moeilikste by
                  kamertemperatuur ontvlam?                                                (1)

4.3     4.3.1     Voorspel of etanol ŉ HOËR of ŉ LAER dampdruk as etaan sal hê.            (1)

        4.3.2     Gee ŉ volledige verduideliking vir die antwoord in VRAAG 4.3.1.         (2)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          FISIESE WETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Leerders gebruik die reaksie tussen ŉ natriumtiosulfaatoplossing (Na2S2O3) en ŉ
soutsuuroplossing (HCℓ) om die faktore wat reaksietempo beïnvloed te ondersoek.
Die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie is:

         Na2S2O3 (aq) + 2HCℓ (aq)  H2O (ℓ) + SO2 (g) + 2NaCℓ (aq) + S (s)

Die tydsverloop vanaf die oomblik dat gelyke volumes van die twee oplossings
gemeng word tot en met die verskyning van ŉ sekere mate van troebelheid
(swawelneerslag) word geneem as ŉ aanduiding van die reaksietempo.

5.1    Beskou ONDERSOEK A:

                            Temperatuur       Konsentrasie      Konsentrasie       Tyd
                               (°C)           van Na2S2O3         van HCℓ          (s)
                                               (mol·dm-3)        (mol·dm-3)
        Eksperiment 1             20              0,5               0,5             40

        Eksperiment 2             20               0,9                0,5           25

        Eksperiment 3             20               1,4                0,5           15

       5.1.1     Vir ondersoek A, benoem die:
                 (a)   Afhanklike veranderlike                                               (1)
                 (b)   Onafhanklike veranderlike                                             (1)

       5.1.2     Wat is die gevolgtrekking wat uit die resultate verkry in ondersoek A
                 gemaak kan word?                                                            (2)

       5.1.3     Water EEN van die twee reaktante (Na2S2O3 of HCℓ) in eksperiment
                 1 van ondersoek A is die beperkende faktor? Verduidelik jou
                 antwoord.                                                                   (3)
5.2    Beskou ONDERSOEK B:

                           Temperatuur       Konsentrasie      Konsentrasie        Tyd
                              (°C)           van Na2S2O3         van HC            (s)
                                              (mol·dm-3)        (mol·dm-3)
       Eksperiment 4             20              0,5               0,5             40
       Eksperiment 5             30                0,5               0,5           20
       Eksperiment 6             50                0,5               0,5           10

       5.2.1    In watter van die eksperimente is die reaksietempo die hoogste? Gee
                ŉ rede vir jou antwoord.                                                     (2)

       5.2.2    Verduidelik jou waarneming in VRAAG 5.2.1 in terme van die
                botsingsteorie.                                                             (3)
                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                              FISIESE WETENSKAPPE V2                                       11

 VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 6.1 Soliede kaliumchromaat (K2CrO4) word opgelos in water. Die chromaatione
     (CrO42-) in die oplossing bereik ewewig met die dichromaatione (Cr2O72-)
     volgens die volgende gebalanseerde vergelyking:

                                     2CrO42-(aq)+ 2H+ (aq)              Cr2O72-(aq) + H2O(ℓ
                                          Geel                          Oranje

       Gekonsentreerde salpetersuur word nou by die ewewigsmengsel gevoeg.

       6.1.1    Voorspel die verandering in kleur (indien enige) wat waargeneem sal
                word terwyl die salpetersuur by die oplossing gevoeg word. Skryf
                slegs “Geel na Oranje”, “Oranje na Geel” of “Geen verandering” neer.                        (1)

       6.1.2    Water EEN van die twee ione (CrO42- of Cr2O72-) is meer stabiel in ŉ
                oplossing met ŉ lae pH?                                                                     (1)

       Wanneer die temperatuur geleidelik verhoog word, word daar waargeneem
       dat die kleur van die oplossing na geel verander.

       6.1.3    Is die bostaande voorwaartse reaksie eksotermies of endotermies?                            (1)

       6.1.4    Verduidelik die antwoord vir VRAAG 6.1.3 deur na Le Chatelier se
                beginsel te verwys.                                                                         (3)
 6.2 Vyf (5) mol waterstofgas en 5 mol jodiumdamp word verseël in ŉ geslote 2
     dm3 houer by 600 K. Die reaksie bereik ewewig volgens die volgende
     gebalanseerde vergelyking:

                                             H2 (g)        +   I2 (g)            2HI (g)
       6.2.1    Bereken die konsentrasie van die waterstofjodied (HI) by ewewig as
                die ewewigskonstante, Kc, by 600 K ŉ waarde van 0,36 het.                                   (8)

       6.2.2    Die druk op die sisteem word nou verander. Die grafieke hieronder
                toon die verandering in die konsentrasies van die reaktante sowel as
                die produkte as gevolg van die verandering in druk.

                                          [H2]&[I2]
                      Konsentrasie
                                          [HI]

                      (mol∙dm-3)
                                                      t1            Tyd (s)

                Het die druk by t1 TOEGENEEM of AFGENEEM? Verduidelik kortliks.                            (3)
                                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            FISIESE WETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

0,28 g kaliumhidroksied word opgelos in water en teen ŉ swawelsuuroplossing
getitreer. Die eindpunt word bereik nadat presies 20 cm3 van die
swawelsuuroplossing bygevoeg is.

Die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie is:

                     2KOH (aq) + H2SO4 (ℓ)→ K2SO4 (aq) + 2H2O (ℓ)

7.1   Definieer die term eindpunt.                                                      (2)

7.2   Bereken die konsentrasie van die swawelsuuroplossing.                             (5)

7.3   Ammoniumnitraat word gebruik om die pH van landbougrond te verlaag.
      Dit word geproduseer tydens die reaksie tussen ammoniak (NH3) en
      salpetersuur (HNO3).

      7.3.1    Benoem die TIPE reaksie wat tussen ammoniak en salpetersuur
               plaasvind.                                                               (1)

      7.3.2    Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking vir die bereiding van
               ammoniumnitraat neer.                                                    (3)

      7.3.3    Is ŉ waterige oplossing van ammoniumnitraat SUUR, ALKALIES of
               NEUTRAAL?                                                                (1)

      7.3.4    Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 7.3.3 met die hulp van ŉ
               gebalanseerde vergelyking.                                               (4)
                                                                                       [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 FISIESE WETENSKAPPE V2                                   13

 VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 8.1    Die chloor-alkali bedryf maak gebruik van soutwater as ŉ elektroliet om
        natriumhidroksied, chloor- en waterstofgas te produseer.
        Die ongebalanseerde, ioniese vergelyking vir hierdie reaksie is:

                        Cℓ  (aq) + H2O (ℓ) → Cℓ2 (g) + H2(g) + OH (aq)

        8.1.1    Definieer die term elektroliet.                                           (2)

        8.1.2    Skryf die FORMULE van die oksideermiddel in bogenoemde reaksie
                 neer. Maak gebruik van oksidasiegetalle om die antwoord te
                 verduidelik.                                                              (3)

        8.1.3    Balanseer die vergelyking deur van halfreaksies gebruik te maak.          (4)

 8.2    Die volgende diagram stel ŉ galvaniese sel onder standaardtoestande voor.

        8.2.1    Watter elektrode is die anode?                                            (1)

        8.2.2    Skryf die vergelyking vir die oksidasie halfreaksie neer.                 (2)

        8.2.3    Daar word bevind dat die aanvanklike voltmeterlesing 1,61 V is.
                 Sal die voltmeterlesing HOËR of LAER wees as die nikkelhalfsel
                 vervang word met ŉ koperhalfsel onder dieselfde toestande? Staaf
                 die antwoord met ŉ bewerking.                                             (5)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          FISIESE WETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 ŉ Leerder stel die volgende elektrolitiese sel, soos voorgestel in die diagram
 hieronder op, om koper wat platinum en silwer onsuiwerhede bevat te suiwer.

                               Kragbron

 onsuiwer koper                                        suiwer koper
   anode                                                katode

 Gedurende die suiwering van 28 g van die onsuiwer koper beweeg 0,8 mol
 elektrone vanaf die anode na die katode

 9.1    Bereken die aantal koperione wat by die katode gevorm word.                        (3)

 9.2    Die koper wat gebruik word vir elektriese drade en kabels moet 99,99%
        suiwer wees.
        Bepaal deur middel van ŉ berekening of die ONSUIWER kopermonster
        geskik vir gebruik as elektriese kabels en drade sal wees.
        (Neem aan dat al die koper by die anode reageer.)                                  (5)

 Gedurende die suiweringsproses van metale vorm ŉ afsaksel, wat metale soos
 platinum en silwer bevat, op die bodem van die houer.

 9.3    Gebruik die relatiewe sterktes van reduseermiddels om te verduidelik
        waarom platinum- en silweratome nie geoksideer word tydens die suiwering
        van koper nie.                                                                    (3)
                                                                                         [11]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   FISIESE WETENSKAPPE V2                                       15

 VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 10.1   Ammoniak word as ŉ reaktant in die bereiding van stikstofgebaseerde
        kunsmisstowwe gebruik.

        Skryf neer:

        10.1.1        Die NAAM van die industriële proses waartydens ammoniak berei
                      word, neer.                                                            (1)

        10.1.2        ŉ Gebalanseerde vergelyking vir die industriële proses waartydens
                      ammoniak berei word, neer.                                             (3)

        10.1.3        Die NAAM van die katalisator wat gedurende hierdie reaksie
                      gebruik word, neer.                                                    (1)

 10.2   “Oormatige gebruik van stikstofgebaseerde kunsmisstowwe hou ŉ
        bedreiging vir die omgewing in.”

        Bespreek hierdie stelling kortliks deur na die vinnige groei van alge en
        eutrofikasie te verwys.                                                              (4)

 10.3   ŉ Boer wil vrugte van ŉ hoër kwaliteit produseer.

        10.3.1        Watter EEN van die volgende kunsmisstowwe moet hy gebruik?
                      Kunsmis A (4:5:8) of Kunsmis B (13:5:9)?                               (1)

        10.3.2        Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 10.3.1 kortliks.                   (2)
                                                                                           [12]

                                                                             TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
16                                   FISIESE WETENSKAPPE V2                                    (EC/SEPTEMBER 2015)

                                  NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
                                  NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                            DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 2 (CHEMISTRY)

                        GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                   VRAESTEL 2 (CHEMIE)

           TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

             NAAM/NAME                          SIMBOOL/SYMBOL                     WAARDE/VALUE
      Standard pressure
                                                            p                       1,013 x 105 Pa
      Standaarddruk
      Molar gas volume at STP
                                                            Vm                        22,4 dm3∙mol-1
      Molêre gasvolume teen STD
      Standard temperature
                                                            Tθ                             273 K
      Standaardtemperatuur
      Charge on electron
                                                                                                   -19
                                                            e                          -1,6 x 10         C
      Lading op elektron
      Avogadro’s constant
                                                            NA                       6,02 x 1023 mol-1
      Avogadro se konstante

                            TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

          m                                 n               m
     n=        or of                  c=        or of c =                     pH= -log[H3O+]
                                            V                 V
                                                                              Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
                                    ca Va       na                            at /by 298K
     n=         or of
           A
                                    cb Vb       nb
          V
     n=
          Vm

     Eθcell = Eθcathode – Eθanode / Eθsel = Eθkatode – Eθanode

     Eθcell = Eθreduction – Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie – Eθoksidasie

     Eθcell = Eθoxidising agent – Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel – Eθreduseermiddel

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2015)
                                               Downloaded from hlayiso.com                         FISIESE WETENSKAPPE V2                                                                17

                         TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

   1               2           3           4         5             6           7           8             9      10          11           12       13          14         15           16         17          18
  (I)             (II)                                                                                                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)       (VII)       (VIII)
                                               KEY/ SLEUTEL                            Atoomgetal
        1                                                                            Atomic number                                                                                                             2
2,1    H                                                                                                                                                                                                      He
        1                                                                                        29                                                                                                            4
        3           4                                    Elektronegatiwiteit                                   Simbool                                 5          6           7           8           9        10
1,0    Li   1,5    Be                                     Electronegativity                1,9   Cu            Symbol                          2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0    F       Ne
        7           9                                                                            63,5                                                 11          12          14          16          19       20
       11           12                                                                                                                                13          14          15          16          17       18
0,9   Na    1,2    Mg                                                      Benaderde relatiewe atoommassa                                      1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0    Cℓ       Ar
       23           24                                                     Approximate relative atomic mass                                           27          28          31          32         35,5      40
       19           20          21      22            23            24         25           26           27      28          29           30          31          32          33          34          35       36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5Ti     1,6    V      1,6    Cr   1,5   Mn    1,8   Fe      1,8  Co    1,8Ni   1,9    Cu    1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br       Kr
       39           40          45      48            51            52         55           56           59      59         63,5          65          70          73          75          79          80       84
       37           38          39      40            41            42         43           44           45      46          47           48          49          50          51          52          53       54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4Zr           Nb      1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru      2,2  Rh    2,2
                                                                                                                Pd    1,9    Ag    1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I      Xe
       86           88          89      91            92            96                     101          103     106         108          112         115         119         122         128         127      131
       55           56          57      72            73            74          75          76           77      78          79           80          81          82          83          84          85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6Hf           Ta             W          Re          Os            Ir      Pt          Au          Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At      Rn
      133          137         139     179           181           184         186         190          192     195         197          201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                   226                           58             59         60          61              62       63       64           65          66          67          68          69          70         71
                                                Ce              Pr        Nd           Pm             Sm       Eu       Gd           Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                140            141        144                         150      152      157          159         163         165         167         169         173        175
                                                 90             91         92          93              94       95       96           97          98          99         100         101         102        103
                                                Th             Pa          U           Np             Pu       Am       Cm           Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                232                       238

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
18                                                                              FISIESE WETENSKAPPE V2                                            (EC/SEPTEMBER 2015)

                                                                           TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
                                                                           TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE

                                                                               Half-reactions/Halfreaksies                      E θ (V)
                                                                                     F2(g) + 2e        ⇌   2F                  + 2,87
                                                                                                    
                                                                                       Co   3+
                                                                                                   +e   ⇌   Co2+                 + 1,81
                                                                                H2O2 + 2H+ +2e         ⇌   2H2O                 +1,77
                                                                                                                 2+
                                                                              MnO 4 + 8H+ + 5e         ⇌   Mn         + 4H2O    + 1,51
                                                                                                                 
                                                                                    Cℓ2(g) + 2e         ⇌   2Cℓ                  + 1,36
                                                                                 2                               3+
                                                                            Cr2O 7 + 14H+ + 6e         ⇌   2Cr        + 7H2O    + 1,33
                                                                                           +        
                                                                               O2(g) + 4H + 4e          ⇌   2H2O                 + 1,23
                                                                                           +                     2+
                                                                               MnO2 + 4H + 2e           ⇌   Mn         + 2H2O    + 1,23
                                                                                      Pt2+ + 2e        ⇌   Pt                   + 1,20
                                                                                     Br2(ℓ) + 2e       ⇌   2Br                 + 1,07
                                                                                  
                                                                               NO 3 + 4H+ + 3e         ⇌   NO(g) + 2H2O         + 0,96

                                                                                                                                                      Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
            Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
                                                                                          2+        
                                                                                     Hg        + 2e     ⇌   Hg(ℓ)                + 0,85
                                                                                               +    
                                                                                        Ag + e          ⇌   Ag                   + 0,80
                                                                                   
                                                                                NO 3 + 2H+ + e         ⇌   NO2(g) + H2O         + 0,80
                                                                                            3+                  2+
                                                                                       Fe          +e   ⇌   Fe                   + 0,77
                                                                               O2(g) + 2H+ + 2e        ⇌   H2O2                 + 0,68
                                                                                           I2 + 2e     ⇌   2I                  + 0,54
                                                                                        Cu+ + e        ⇌   Cu                   + 0,52
                                                                                           +        
                                                                                SO2 + 4H + 4e           ⇌   S + 2H2O             + 0,45
                                                                                2H2O + O2 + 4e         ⇌   4OH                 + 0,40
                                                                                     Cu2+ + 2e         ⇌   Cu                   + 0,34
                                                                                 2
                                                                              SO 4 + 4H+ + 2e          ⇌   SO2(g) + 2H2O        + 0,17
                                                                                            2+                   +
                                                                                       Cu          +e   ⇌   Cu                   + 0,16
                                                                                          4+                    2+
                                                                                     Sn        + 2e     ⇌   Sn                   + 0,15
                                                                                  S + 2H+ + 2e         ⇌   H2S(g)               + 0,14
                                                                                      2H+ + 2e         ⇌   H2(g)                 0,00
                                                                                      Fe3+ + 3e        ⇌   Fe                    0,06
                                                                                     Pb2+ + 2e         ⇌   Pb                    0,13
                                                                                     Sn2+ + 2e         ⇌   Sn                    0,14
                                                                                      Ni2+ + 2e        ⇌   Ni                    0,27
                                                                                     Co2+ + 2e         ⇌   Co                    0,28
                                                                                                    
                                                                                     Cd   2+
                                                                                               + 2e     ⇌   Cd                    0,40
                                                                                       Cr3+ + e        ⇌   Cr2+                  0,41
                                                                                      Fe2+ + 2e        ⇌   Fe                    0,44
                                                                                                    
                                                                                      Cr  3+
                                                                                               + 3e     ⇌   Cr                    0,74
                                                                                      Zn2+ + 2e        ⇌   Zn                    0,76
                                                                                    2H2O + 2e          ⇌   H2(g) + 2OH          0,83
                                                                                      Cr2+ + 2e        ⇌   Cr                    0,91
                                                                                                    
                                                                                     Mn   2+
                                                                                               + 2e     ⇌   Mn                    1,18
                                                                                      Aℓ3+ + 3e        ⇌   Aℓ                    1,66
                                                                                     Mg2+ + 2e         ⇌   Mg                    2,36
                                                                                        Na+ + e        ⇌   Na                    2,71
                                                                                                    
                                                                                     Ca   2+
                                                                                               + 2e     ⇌   Ca                    2,87
                                                                                      Sr2+ + 2e        ⇌   Sr                    2,89
                                                                                     Ba2+ + 2e         ⇌   Ba                    2,90
                                                                                       Cs+ + e-         ⇌   Cs                   - 2,92
                                                                                           K+ + e      ⇌   K                     2,93
                                                                                           Li+ + e     ⇌   Li                    3,05

Kopiereg voorbehou
                                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [PHYSICS P2 GR12 SEPT 2015 MEMO EA](https://www.hlayiso.com/library/physics-p2-gr12-sept-2015-memo-ea/8542c9fa-a26c-49c5-8515-b3211ad31c4f) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [L 2015 SEPT Chemistry P 2](https://www.hlayiso.com/library/l-2015-sept-chemistry-p-2/4c013ce1-aa80-4370-aeb9-dae00c069fbd) — Physical Sciences · QP · 2015
- [MP Paper 2](https://www.hlayiso.com/library/mp-paper-2/eccab6bc-6ca5-4d14-956a-0c8304dc967f) — Physical Sciences · QP · 2015
- [Physical Sciences P2 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-june-july-2015-afr/4cd3d74a-4040-44cb-89c0-64a46ed7a139) — Physical Sciences · QP · 2015 · Afr
- [WC 2015 SEPT Winelands Chemistry P 2](https://www.hlayiso.com/library/wc-2015-sept-winelands-chemistry-p-2/28490db9-ab62-44aa-a595-f5867a834525) — Physical Sciences · QP · 2015
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-xhosa/13f21dbf-3361-4d61-a76b-ac8c43587a07) — Physical Sciences · QP · 2023

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
