# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-qp-jct-2025-afr-d-watermark/b9429ac5-acbb-4fae-989d-af9e1478a96b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-qp-jct-2025-afr-d-watermark/b9429ac5-acbb-4fae-989d-af9e1478a96b)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 JUNIE 2025

                   FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE: 150

TYD:      3 uur

                                 *JPHSCA1*

           Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/JUNIE 2025)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK
      neer.

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 6.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 8.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 9.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

 10. Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 11. Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                  3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskei opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1 ŉ Houer word bo-op ŉ vragmotor geplaas terwyl die vragmotor stilstaan. Wanneer
    die vragmotor begin beweeg, watter EEN van die volgende stellings sal die
    beweging van die houer KORREK beskryf?

                                                                              -

                     n        n                                  n

      A      Dit sal bly stilstaan.

      B      Dit sal vorentoe beweeg in die rigting van die vragmotor.

      C      Dit sal terugwaarts beweeg soos die vragmotor vorentoe beweeg.

      D      Dit sal eers vorentoe beweeg en dan terugwaarts.                             (2)

1.2 Bal P en bal Q, van dieselfde massa, word vanaf dieselfde hoogte op ŉ betonvloer
    laat val. Beide balle tref die betonvloer teen dieselfde spoed, v. Bal P hop met
    dieselfde vertikale spoed, v, maar bal Q hop met spoed ½v.

                                      P                      Q

                                      v                       ½v

                                          betonvloer

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2025)

     Watter EEN van die volgende stellings met betrekking tot die botsing van ELKE
     bal met die betonvloer is KORREK?

     A     Kinetiese energie vir beide balle P en Q is behoue.

     B     Die verandering in momentum van bal P is groter as dié van bal Q.

     C     Die kontaktyd met die vloer is dieselfde vir beide balle P en Q.

     D     Momentum is behoue vir die botsing van bal P, maar nie vir dié van bal Q
           nie.                                                                               (2)

1.3 ŉ Motor met massa m ry op ŉ reguit pad met ŉ snelheid van grootte v. Die
    bestuurder sien die verkeersligte wat rooi word en tref dadelik remme aan. Die
    motor stop eenvormig binne t sekondes vanaf die oomblik dat die remme
    aangeslaan is. Watter EEN van die volgende verteenwoordig die GROOTTE van
    die gemiddelde krag wat tydens die remperiode van t sekondes op die motor
    uitgeoefen word?

     A     ୴
           ୲

     B     mv

     C     mvt

     D     ୫୴
               ୲                                                                              (2)

1.4 ŉ Bal word vertikaal opwaarts geprojekteer. Ignoreer lugweerstand. Watter EEN
    van die volgende stellings rondom die versnelling van die bal op sy maksimum
    hoogte is KORREK? Die versnelling is gelyk aan …

     A     nul.

     B     g en is afwaarts gerig.

     C     g en is opwaarts gerig.

     D     g en is horisontaal gerig.                                                         (2)

1.5 Beskou die stellings hieronder:

     I     Arbeid is verrig op ŉ voorwerp wanneer ŉ krag die voorwerp in die rigting
           van die krag verplaas.

     II    Meganiese energie van ŉ sisteem is behoue wanneer ŉ eksterne krag
           geen arbeid verrig op die sisteem nie.

     III   Die arbeid verrig op ŉ voorwerp deur ŉ netto krag is gelyk aan die kinetiese
           energie van die voorwerp

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                  5

      Watter EEN van die bogenoemde stelling(s) is WAAR?

      A      Slegs I

      B      Slegs I en II

      C      Slegs II en III

      D      I, II en III                                                                 (2)

1.6 As die netto arbeid verrig op ŉ bewegende voorwerp POSITIEF is, dan kan ons
    aflei dat die kinetiese energie van die voorwerp ...

      A       nie verander het nie.

      B      toegeneem het.

      C       afgeneem het.

      D      nul is.                                                                      (2)

1.7 ŉ Voorwerp wat met ŉ snelheid v beweeg, het kinetiese energie K. As die
    snelheid van die voorwerp verdubbel tot 2v, sal die netto arbeid verrig … wees.

      A      2K

      B      K

      C      3K

      D      4K                                                                           (2)

1.8 ŉ Waarnemer staan op ŉ afstand x van ŉ stilstaande ambulans wat sy sirene op
    ŉ sekere frekwensie op ŉ ongelukstoneel blaas. Die toonhoogte van klank wat die
    waarnemer hoor in vergelyking met die toonhoogte van klank wat deur die sirene
    geproduseer word, sal ...

      A      gelyk aan wees.

      B      groter wees.

      C      kleiner wees

      D      nul wees.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                                    FISIESE WETENSKAPPE V1     (EC/JUNIE 2025)

1.9 Die grafiek hieronder, nie volgens skaal geteken nie, toon die verwantskap tussen
    die elektrostatiese krag wat deur twee puntladings op mekaar uitgeoefen word en
    die afstand tussen die ladings.

      Elektrostatiese krag (N)
                                 X

                                 F

                                      R 3R
                                   Afstand tussen ladings (m)
     Watter EEN van die volgende is die KORREKTE voorstelling van die grootte van
     krag X wat op die grafiek getoon word?

     A                           3F

     B                           9F

     C                           ⅓F

     D                           1ൗ F
                                   9                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                           FISIESE WETENSKAPPE V1                                         7

1.10 Drie identiese ladings X, Y en Z is in ŉ vakuum gerangskik soos in die diagram
     hieronder getoon.

                      Y                                               X
                             +Q                               +Q

                             +Q
                                  Z

       Watter van die volgende vektordiagramme, NIE volgens skaal geteken,
       verteenwoordig die kragte wat op sfeer Y inwerk en die netto krag op sfeer Y?

       A                                             C
                                  FXopY
                                                                    FXopY

                     FZopY
                                                                                          FZopY

       B                                             D

                                                            FZopY
                  FZopY

                                      FXopY                                 FXopY
                                                                                                    (2)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 2

ŉ Blok met massa 8 kg word op ŉ horisontale oppervlak geplaas en is verbind aan ŉ
m kg blok wat vertikaal hang deur middel van ŉ ONREKBARE tou wat oor ŉ ligte
wrywinglose katrol beweeg soos in die diagram hieronder getoon. ŉ Krag van 76 N
word horisontaal toegepas om die sisteem teen ŉ KONSTANTE SNELHEID afwaarts
te laat gly.

                 76 N                       8 kg

                                                                    m kg

2.1   Stel Newton se tweede bewegingswet in woorde.                                          (2)

2.2   Teken ŉ benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) van al die
      kragte wat op die 8 kg-blok inwerk.                                                    (5)

2.3   Die kinetiese wrywingskoëffisiënt (μk) tussen die blok en die oppervlak is 0,2.

      Bereken:

      2.3.1    Die wrywingskrag wat op die 8 kg-blok inwerk                                  (3)

      2.3.2    m, die massa van die blok wat hang                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                         FISIESE WETENSKAPPE V1                                     9

2.4 Die toegepaste krag werk nou teen ŉ hoek θ met die horisontaal, soos in die
    diagram hieronder getoon.

                   76 N

                                    ߠ
                                              8 kg

                                                                     m kg

      Wat sal die effek op die volgende wees?

      Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

      2.4.1       Die koëffisiënt van kinetiese wrywing?                                       (1)

      2.4.2       Die kinetiese wrywing wat op die 8 kg-blok inwerk? Verduidelik jou
                  antwoord.                                                                    (3)
                                                                                              [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                             FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 3

Beskou drie planete A, B en C wat in ŉ reguitlyn gerangskik is, soos in die diagram
hieronder getoon.

                                                       Xm
            Planeet    1 500 km         Planeet                     Planeet C
              A                            B

                  MASSA VAN PLANEET (kg)          RADIUS VAN PLANEET (m)
        A         6,42 x 1023                     3,93 x 106
        B         5,98 x 1024                     6,38 x 106
        C         1,92 x 1025                     7,20 x 106

3.1   Stel Newton se Universele Wet van Gravitasie in woorde.                              (2)

3.2   Bereken die gravitasiekrag wat deur planeet A op planeet B uitgeoefen word.          (4)

3.3   Planeet B ervaar ŉ nul netto krag as gevolg van planeet A en planeet C.
      Bereken die afstand X op die diagram hierbo.                                          (6)
                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                                             FISIESE WETENSKAPPE V1                             11

VRAAG 4

Die snelheid-tyd grafiek hieronder, NIE volgens skaal geteken NIE, toon die beweging
van ŉ bal vanaf ŉ sekere hoogte bo die grond. Die bal hop ŉ paar keer en alle
afdelings van die grafiek het dieselfde gradiënt. Ignoreer die effek van lugweerstand.

                                  X
                             15

         Snelheid (m.s-1)
                                                      2,2                     7,5        8,7
                                                  2                5     T
                                                                                               Tyd (s)

                            11,24
                              18

4.1     Gee ŉ rede waarom alle afdelings van die grafiek dieselfde gradiënt het.                               (1)

4.2     Is die afwaartse beweging POSITIEF of NEGATIEF.                                                        (1)

4.3     Hoeveel keer het die bal gehop?                                                                        (1)

4.4     Bereken die:

        4.4.1                         Snelheid X op die grafiek                                                (3)

        4.4.2                         Tyd T op die grafiek                                                     (4)

        4.4.3                         Hoogte bo die grond waar die bal geprojekteer is                         (3)

        4.4.4                         Maksimum hoogte bereik na die tweede hop                                 (3)

4.5     Skets ŉ posisie-tyd grafiek van die hele beweging van die bal. Dui die volgende
        op die grafiek aan:

        x Hoogte bo die grond waar die bal geprojekteer is
        x Maksimum hoogte bereik na die tweede hop
        x Al die tye wat op die grafiek hierbo aangedui word                                                   (4)
                                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                             FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 5

ŉ Motor met massa 1 200 kg beweeg teen ŉ konstante snelheid van 12 m.s -1 na regs
en trek ŉ sleepwa met massa 500 kg. Ignoreer die effek van alle wrywingskragte.

                                    1 200 kg
          500 kg

5.1 Stel die wet van behoud van lineêre momentum in woorde.                                 (2)

5.2 Bereken die momentum van die kar-sleepwa-sisteem.                                       (3)

Die tou wat die sleepwa met die motor verbind, breek skielik en die motor en sleepwa
is geskei.

5.3 In watter rigting sal die sleepwa beweeg sodra die tou breek. Stel die relevante
    FISIKA WET om jou antwoord te ondersteun.                                               (3)

5.4 Bereken die snelheid van die sleepwa nadat dit van die motor geskei het.                (4)

5.5 Gebruik ŉ toepaslike berekening om te bepaal of die botsing ELASTIES of
    ONELASTES is.                                                                           (5)
                                                                                           [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                             13

VRAAG 6

ŉ Staalbal met ŉ massa van 500 g wat aan ŉ onrekbare tou vasgemaak is, hang van
ŉ plafon af. Die bal word op posisie X gehou, ŉ hoogte van 2 m bo ŉ horisontale tafel
waarop ŉ 1,5 kg krat geplaas is. Wanneer die bal vrygelaat word, bots dit met die krat
by posisie Y. Die krat beweeg links met ŉ spoed van v m.s-1 terwyl die bal voortgaan
om te swaai na posisie Z en bereik maksimum hoogte van 0,6 m bo die tafel soos in
die diagram hieronder getoon. ŉ Wrywingskrag van 50 N werk op die krat, in terwyl dit
na links beweeg. Ignoreer die lugwrywing.

                                                      500 g
                                                         X

                    Z
                          1,5 kg
                                                         2m
                  0,6 m
      v m.s-1                      Y

6.1 Stel die wet van behoud van meganiese energie in woorde.                               (2)

6.2 Bereken die arbeid verrig deur die gravitasiekrag om die staalbal van punt A na
    B te beweeg.                                                                           (3)

6.3 Bereken die spoed v, van die krat nadat die staalbal daarmee gebots het.               (5)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                               FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/JUNIE 2025)

 VRAAG 7

 In die diagram hieronder gly ŉ klein voorwerp met massa 2 kg teen ŉ snelheid van
 1,5 m.s-1 teen ŉ ruwe skuinsvlak af, wat 10o met die horisontale oppervlak is.

                                                                                   A

                                                                                    5m

                                                     10o
       C                                      B
              Horisontale oppervlak

 By die onderkant van die skuinsvlak, gaan die voorwerp voort om op die ruwe
 horisontale oppervlak te gly en kom uiteindelik tot stilstand. Die wrywingskrag wat op
 die blok inwerk terwyl dit langs die skuinsvlak gly, is 2,5 N.

 Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die voorwerp en die oppervlak is dieselfde vir
 beide die skuinsvlak en die horisontale oppervlak.

 7.1 Definieer die term nie-konserwatiewe krag.                                                 (2)

 7.2 Teken ŉ benoemde vrye kragtediagram (vrye-liggaamdiagram) van al die
     kragte wat op die blok inwerk terwyl dit op die skuinsvlak is.                             (3)

 7.3 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                                (2)

 7.4 Gebruik die ENERGIE-BEGINSELS om die volgende te bereken:

      7.4.1     Spoed van die blok aan die onderkant van die skuinsvlak by punt B               (5)

      7.4.2     Afstand BC wat die blok beweeg voordat dit tot stilstand kom                    (5)
                                                                                               [17]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/JUNIE 2025)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                            15

VRAAG 8

Die sirene van ŉ brandweerwa wat teen ŉ konstante spoed 20 m.s-1 langs ŉ reguit
horisontale pad beweeg, bring klank met ŉ golflengte van 0,34 m voort. ŉ Detektor op
dieselfde pad teken klankgolwe van die brandweerwa met ŉ laer frekwensie as die
klank wat deur die sirene vrygestel word, aan. Neem die spoed van klank in lug as
340 m.s-1.

8.1 Definieer Doppler-effek in woorde.                                                    (2)

8.2 Beweeg die brandweerwa NA of WEG VAN die detektor? Gee ŉ rede vir jou
    antwoord.                                                                             (2)

8.3 Verduidelik in terme van golfbeweging waarom die detektor klankgolwe met laer
    frekwensie aanteken.                                                                  (3)

8.4 Bereken die:

      8.4.1       Frekwensie van die sirene                                               (3)

      8.4.2       Frekwensie wat deur die detektor aangeteken word                        (6)

8.5 Die spoed van die brandweerwa neem nou tot 25 m.s-1 toe. Hoe sal die toename
    in spoed die volgende beïnvloed?

      Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

      8.5.1 Die frekwensie van die klankgolwe wat deur die sirene voortgebring word.      (1)

      8.5.2 Die frekwensie van die klankgolwe wat deur die detektor aangeteken is.        (1)
                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 18

“|

44

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Physical Sciences · Memo · 2025

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-march-2025-mpumalanga/88039ede-226f-4c60-918e-92c8ef3e11cc) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-march-2025-mpumalanga/f082b040-bae3-431b-9df9-32c20bbfe5c3) — QP · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-north-west/503a9f15-e9a4-475d-bd27-9134cf104397) — QP · 2025
- [Physical Sciences P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-erratum-june-common-2024/65e40bae-5689-4ebf-8528-39960e38f9fa) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
