# Physical Sciences Grade 12 Physical Sciences 2021 Guideline

> Grade 12 Physical Sciences exam guideline from the Physical Sciences 2021 (Afrikaans), 36 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7ae787d7-9f7d-418d-9e3d-8088d140d695
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Physical Sciences
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 Physical Sciences 2021 Guideline](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7ae787d7-9f7d-418d-9e3d-8088d140d695)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Physical Sciences · 2021. Exam guideline, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   DESIGN

                     FISIESE WETENSKAPPE

                         EKSAMENRIGLYNE

                                 GRAAD 12

                                      2021

                       Hierdie riglyne bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe                             2                     DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

  INHOUDSOPGAWE
                                                                       Bladsy

  1.     INLEIDING                                                         3

  2.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                           4
  2.1    Formaat van vraestelle                                            4
  2.2    Nommering en volgorde van vrae                                    4
  2.3    Inligtingsbladsye                                                 4
  2.4    Gewigstoekenning van kognitiewe vlakke                            5
  2.5    Gewigstoekenning van voorgeskrewe inhoud                          5
  2.6    Vaardighede in Fisiese Wetenskappe                                5
  2.7    Voorafkennis van graad 10 en 11                                   6

  3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD                                       7
  3.1    Vraestel 1: Fisika                                               7
  3.2    Vraestel 2: Chemie                                               15

  4.     ALGEMENE INLIGTING                                               25
  4.1    Hoeveelhede, simbole en eenhede                                  25
  4.2    Inligtingsblaaie – Vraestel 1 (Fisika)                           27
  4.3    Inligtingsblaaie – Vraestel 2 (Chemie)                           29

  5.     NASIENRIGLYNE: VRAESTEL 1                                        33

  6.     NASIENRIGLYNE: VRAESTEL 2                                        34

  7.     SLOT                                                             36

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                           3                                       DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Fisiese Wetenskappe beskryf die
aard en doel van die vak Fisiese Wetenskappe. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is
van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Fisiese Wetenskappe geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Fisiese Wetenskappe
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
     Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                              4                                         DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

2.        ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1       Formaat van vraestelle

Vraestel             Tipe vrae           Tydsduur       Totaal            Datum            Nasien
              Fisika
              10 meervoudigekeuse-
      1       vrae – 20 punte              3 uur            150    Oktober/November        Ekstern
              Gestruktureerde vrae –
              130 punte
              Chemie
              10 meervoudigekeuse-
      2       vrae – 20 punte              3 uur            150    Oktober/November        Ekstern
              Gestruktureerde vrae –
              130 punte

2.2       Nommering en volgorde van vrae

VRAAG 1: Meervoudigekeuse-vrae
Subvrae genommer van 1.1 tot 1.10 (2 punte elk)
Vrae kan alle kognitiewe vlakke dek en volgens onderwerpe gerangskik word.

VRAAG 2 en verder:
Langer vrae wat vaardighede en kennis oor alle kognitiewe vlakke assesseer. Nommering begin
by VRAAG 2 en sal aaneenlopend wees. Subvrae sal met twee syfers genommer word, bv. 2.1,
2.2. Nommering word beperk tot 'n maksimum van drie syfers, bv. 2.1.1, 2.1.2.

2.3       Inligtingsbladsye

Die aparte inligtingsblaaie vir Vraestel 1 en Vraestel 2 word in hierdie dokument ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                               5                                      DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.4      Gewigstoekenning van kognitiewe vlakke

Vraestel 1 en 2 sal vrae oor al vier kognitiewe vlakke insluit. Die verspreiding van kognitiewe
vlakke in Fisika en Chemie word hieronder gegee.

             Kognitiewe                                      Vraestel 1    Vraestel 2
                                   Beskrywing
                vlak                                          (Fisika)     (Chemie)
                  1         Onthou (Herroep)                    15%           15%
                  2         Verstaan (Begrip)                   35%           40%
                  3         Toepassing en analise               40%           35%
                  4         Evalueer en skep (sintese)          10%           10%

2.5      Gewigstoekenning van voorgeskrewe inhoud

                                     Vraestel 1: Fisika-fokus
                                                                          Gewigstoekenning
               Inhoud                Punte       Totaal       Tydsduur     van kognitiewe
                                                                               vlakke
    Meganika                           65
    Golwe, klank en lig                15          150
                                                                3 uur     15    35      40   10
    Elektrisiteit en magnetisme        55         punte
    Materie en materiale               15

                                    Vraestel 2: Chemie-fokus
                                                                          Gewigstoekenning
               Inhoud                Punte       Totaal       Tydsduur     van kognitiewe
                                                                               vlakke
    Chemiese verandering               92          150
                                                                3 uur     15    40      35   10
    Materie en materiale               58         punte

2.6      Vaardighede in Fisiese Wetenskappe

        Identifiseer en bevraagteken verskynsels:
         o Formuleer 'n ondersoekende vraag.
         o Maak 'n lys van alle moontlike veranderlikes.
         o Formuleer 'n toetsbare hipotese.

        Ontwerp/Plan van 'n ondersoek:
         o Identifiseer veranderlikes (afhanklike, onafhanklike en gekontroleerde veranderlikes).
         o Maak 'n lys van geskikte apparaat.
         o Beplan die volgorde van stappe wat onder andere die volgende moet insluit:
            - Die behoefte vir meer as een proeflopie om eksperimentele foute te verminder.
            - Identifiseer veiligheidsmaatreëls wat getref moet word.
            - Identifiseer toestande wat 'n regverdige toets verseker.
            - Stel 'n geskikte kontrole.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                            6                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

      Grafieke:
       o Trek akkurate grafieke van gegewe data/inligting.
       o Interpreteer grafieke.
       o Trek sketsgrafieke van gegewe inligting.

      Resultate:
       o Identifiseer patrone/verwantskappe in data.
       o Interpreteer resultate.

      Gevolgtrekkings:
       o Maak gevolgtrekkings uit gegewe inligting, bv. tabelle, grafieke ens.
       o Evalueer die geldigheid van gevolgtrekkings.

      Berekeninge:
       o Los probleme op deur twee of meer verskillende berekeninge te gebruik
           (meervoudigestap-probleme).

      Beskrywings:
       o Verduidelik/Beskryf/Argumenteer die geldigheid van 'n stelling/gebeurtenis deur
          wetenskaplike beginsels te gebruik.

2.7    Voorafkennis van graad 10 en 11

Alle vaardighede en toepassing van kennis wat in graad 10 en 11 aangeleer is, is van toepassing
op assessering in graad 12. Addisioneel tot inhoud uit graad 10 en 11 wat onder eksamineerbare
inhoud vir graad 12 ingesluit is, sluit vaardighede en kennis uit graad 10 en 11 wat in graad 12
geassesseer kan word, die volgende in:

      Die gebruik van bewegingsvergelykings in die oplos van probleme wat te doen het met
       momentum, vertikale projektielbeweging, arbeid, energie en drywing
      Klankgolwe en eienskappe van klank
      Elektromagnetisme

LET WEL:      Alhoewel daar geen direkte vrae oor hierdie aspekte sal wees nie, kan toepassings
              daarvan assesseer word.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                               7                                          DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD

Die finale eksamen in Fisiese Wetenskappe sal die onderwerpe dek wat hieronder uiteengesit is.

3.1    Vraestel 1: Fisika

Newton se Wette en Toepassing van Newton se Wette
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 72–77 gelees word.)
Verskillende tipes kragte: gewig, normaalkrag, wrywingskrag, toegepaste krag (stoot,
trek), spanning (toue of kabels)
       Definieer normaalkrag, N, as die krag of komponent van 'n krag wat 'n oppervlak op 'n
        voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen en wat loodreg op die oppervlak is.
       Definieer wrywingskrag, f, as die krag wat die beweging van 'n voorwerp teenwerk en
        wat parallel met die oppervlak inwerk.
        Definieer statiese wrywingskrag, fs, as die krag wat die neiging van beweging van 'n
        stilstaande voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
        Definieer kinetiese wrywingskrag, fk, as die krag wat die beweging van 'n bewegende
        voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
        Weet dat 'n wrywingskrag:
        o      Eweredig aan die normaalkrag is
        o      Onafhanklik van die kontakarea is
        o      Onafhanklik van die snelheid van beweging is
       Los probleme op deur gebruik te maak van f maks     s    = μsN, waar f maks
                                                                                 s    die maksimum
        statiese wrywingskrag en μs die statiese wrywingskoëffisiënt is.
        LET WEL:
        o      Indien 'n krag, F, wat op 'n voorwerp parallel aan die oppervlak toegepas is, nie
               die voorwerp laat beweeg nie, is F in grootte gelyk aan die statiese wrywingskrag.
        o      Die statiese wrywingskrag is 'n maksimum (f maks
                                                              s    ) net voordat die voorwerp op die
               oppervlak begin beweeg.
        o      Indien die toegepaste krag groter is as f maks
                                                          s    , sal 'n resulterende (netto) krag die
               voorwerp versnel.
       Los probleme op deur gebruik te maak van f k = μkN, waar fk die kinetiese wrywingskrag
        en μk die kinetiese wrywingskoëffisiënt is.
Kragtediagramme, vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme
     Teken kragtediagramme.
     Teken vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme. (Dit is 'n diagram wat die
      relatiewe groottes en rigtings van kragte wat op 'n liggaam/deeltjie, wat van sy
      omgewing geïsoleer is, inwerk.)
     Ontbind 'n tweedimensionele krag (soos die gewig van 'n voorwerp op 'n skuinsvlak) in
      sy parallelle (x) en loodregte (y) komponente.
     Bepaal die resulterende/netto krag van twee of meer kragte.

Newton se eerste, tweede en derde bewegingswette
    Skryf Newton se eerste bewegingswet neer: 'n Liggaam sal in sy toestand van rus of
     beweging teen konstante snelheid volhard, tensy 'n nie-nul resulterende/netto krag
     daarop inwerk.
    Bespreek waarom dit belangrik is om veiligheidsgordels te dra deur Newton se eerste
     bewegingswet te gebruik.
    Skryf Newton se tweede bewegingswet neer: Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n
     voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen 'n versnelling
     direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
    Teken kragtediagramme en vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme vir
     voorwerpe wat in ewewig is of wat versnel.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                           8                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

      Pas Newton se wette toe op 'n verskeidenheid van ewewigs- en nie-ewewigsprobleme
       wat die volgende insluit:
       o 'n Enkele voorwerp wat:
           - Op 'n horisontale vlak met of sonder wrywing beweeg
           - Op 'n skuinsvlak met of sonder wrywing beweeg
           - In die vertikale vlak beweeg (hysbakke, vuurpyle, ens.)
       o Tweeliggaamsisteme (verbind deur 'n ligte nie-rekbare tou) deur Newton se
           bewegingswette afsonderlik op ELKE liggaam toe te pas:
           - Beide op 'n plat horisontale vlak met of sonder wrywing
           - Een op 'n horisontale vlak met of sonder wrywing en 'n tweede wat vertikaal aan
                'n tou oor 'n wrywingslose katrol hang
           - Beide op 'n skuinsvlak met of sonder wrywing
           - Beide hang vertikaal aan 'n tou oor 'n wrywingslose katrol
      Skryf Newton se derde bewegingswet neer: Wanneer voorwerp A 'n krag op
       voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B GELYKTYDIG 'n krag van gelyke grootte en in die
       teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen.
      Identifiseer aksie-reaksiepare.
      Maak 'n lys van die eienskappe van aksie-reaksiepare.

Newton se Universele Gravitasiewet
    Skryf Newton se Universele Gravitasiewet neer: Elke liggaam in die heelal trek elke
     ander liggaam aan met 'n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en
     omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte.
                                                  Gm 1m 2
    Los probleme op deur gebruik te maak van F          .
                                                    r2

      Beskryf gewig as die gravitasiekrag wat die Aarde uitoefen op enige voorwerp op of
       naby sy oppervlak.
      Bereken gewig deur die uitdrukking w = mg te gebruik.
      Bereken die gewig van 'n voorwerp op ander planete met verskillende waardes vir
       gravitasieversnelling.
      Onderskei tussen massa en gewig.
      Verduidelik gewigloosheid.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                              9                                     DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Momentum en Impuls
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 113–116 gelees word.)
Momentum
    Definieer momentum as die produk van 'n voorwerp se massa en sy snelheid.
    Beskryf die lineêre momentum van 'n voorwerp as 'n vektorgrootheid met dieselfde
     rigting as die snelheid van die voorwerp.
    Bereken die momentum van 'n bewegende voorwerp deur p = mv te gebruik.
    Beskryf die vektoraard van momentum en illustreer dit met 'n paar eenvoudige
     voorbeelde.
    Teken vektordiagramme om die verwantskap tussen die aanvanklike momentum, die
     finale momentum en die verandering in momentum vir elk van die gevalle hierbo te
     illustreer.

Newton se tweede wet in terme van momentum
    Skryf Newton se tweede wet in terme van momentum neer: Die netto (of resulterende)
     krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum
     van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
                                                                  p
    Druk Newton se tweede bewegingswet in simbole uit: Fnet=
                                                                  t
    Verduidelik die verwantskap tussen netto krag en verandering in momentum vir
     verskillende bewegings.
    Bereken die verandering in momentum wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n
     voorwerp inwerk en sy snelheid:
     o       Neem toe in die rigting van beweging, bv. 2de fase vuurpylaandrywing
     o       Neem af, bv. remme word aangewend
     o       In die teenoorgestelde rigting verander, bv. 'n sokkerbal word teruggeskop in
             die rigting waarvandaan dit gekom het

Impuls
     Definieer impuls as die produk van die resulterende/netto krag wat op 'n voorwerp
      inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk.
     Gebruik die impuls-momentumstelling, FnetΔt = mΔv, om die netto krag wat uitgeoefen
      word, die tyd waartydens die krag toegepas is en die verandering in momentum vir 'n
      verskeidenheid van situasies vir die beweging van 'n voorwerp in een dimensie te
      bereken.
     Verduidelik hoe die konsep van impuls van toepassing is op veiligheidsoorwegings in
      die alledaagse lewe, bv. lugsakke, veiligheidsgordels en stuitbeddings ('arrestor beds').

Behoud van momentum en elastiese en onelastiese botsings
    Verduidelik wat bedoel word met 'n sisteem (in Fisika).
    Verduidelik (wanneer met sisteme gewerk word) wat bedoel word met interne en
     eksterne kragte.
    Verduidelik wat bedoel word met 'n geïsoleerde sisteem (in Fisika), m.a.w. 'n sisteem
     waarop die netto eksterne krag nul is.
     ('n Geïsoleerde sisteem sluit eksterne kragte wat buite die botsende voorwerpe
     ontstaan, bv. wrywing, uit. Slegs interne kragte, bv. kontakkragte tussen die botsende
     voorwerpe, word oorweeg.)
    Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum: Die totale lineêre momentum in 'n
     geïsoleerde sisteem bly konstant (behoue).
    Pas die behoud van momentum toe op die botsing van twee voorwerpe wat in een
     dimensie (langs 'n reguitlyn) beweeg met behulp van 'n toepaslike tekenkonvensie.
    Onderskei tussen elastiese botsings en onelastiese botsings deur middel van 'n
     berekening.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             10                                       DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Vertikale Projektielbeweging in Een Dimensie (1D)
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 117–118 gelees word.)
      Verduidelik wat bedoel word met 'n projektiel, m.a.w. 'n voorwerp waaraan 'n
       beginsnelheid gegee is en wat dan slegs onder die invloed van die gravitasiekrag
       beweeg.
      Definieer vryval as beweging waartydens die enigste krag wat op 'n voorwerp inwerk,
       die gravitasiekrag is.
      Gebruik bewegingsvergelykings om die posisie, snelheid en verplasing van 'n projektiel
       by enige gegewe tyd te bepaal.
      Skets posisie-teenoor-tyd- (x vs. t), snelheid-teenoor-tyd- (v vs. t) en versnelling-
       teenoor-tyd- (a vs. t) grafieke vir:
       o       'n Vryvallende voorwerp
       o       'n Voorwerp wat vertikaal opwaarts gegooi word
       o       'n Voorwerp wat vertikaal afwaarts gegooi word
       o       Bonsende voorwerpe (beperk tot balle)
      Vir 'n gegewe x vs. t, v vs. t of a vs. t grafiek, bepaal:
       o       Posisie
       o       Verplasing
       o       Snelheid of versnelling by enige tyd t
      Vir 'n gegewe x vs. t, v vs. t of a vs. t grafiek, beskryf die beweging van die voorwerp:
       o       Wat bons
       o       Wat vertikaal opwaarts gegooi is
       o       Wat vertikaal afwaarts gegooi is

Arbeid, Energie en Drywing
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 130–133 gelees word.)
Arbeid
      Definieer die arbeid verrig op 'n voorwerp deur 'n konstante krag F as F Δx cos  , waar F
       die grootte van die krag, x die grootte van die verplasing en  die hoek tussen die
       krag en die verplasing is. (Arbeid word verrig deur 'n krag – die gebruik van die term
       'arbeid word verrig teen 'n krag', bv. arbeid verrig teen wrywing, moet vermy word.)
      Teken 'n kragtediagram en vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme.
      Bereken die netto arbeid verrig op 'n voorwerp.
      Onderskei tussen positiewe netto arbeid verrig en negatiewe netto arbeid verrig op die
       sisteem.
Arbeid-energiestelling
     Skryf die arbeid-energiestelling neer: Die netto arbeid verrig op 'n voorwerp is gelyk aan
      die verandering in kinetiese energie van die voorwerp OF die arbeid verrig op die
      voorwerp deur 'n netto krag is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die
      voorwerp.
      In simbole: W net = Δ K = Kf - Ki
     Pas die arbeid-energiestelling toe op voorwerpe op die horisontale, vertikale en
      skuinsvlakke (vir beide wrywingslose en ruwe oppervlakke).

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             11                                      DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Behoud van energie in die teenwoordigheid van nie-konserwatiewe kragte
    Definieer 'n konserwatiewe krag as 'n krag waarvoor die arbeid verrig om 'n voorwerp
     tussen twee punte te beweeg, onafhanklik is van die roete wat gevolg word.
     Voorbeelde is gravitasiekrag, die elastiese krag in 'n veer en elektrostatiese kragte
     (coulombkragte).
    Definieer 'n nie-konserwatiewe krag as 'n krag waarvoor die arbeid verrig om 'n
     voorwerp tussen twee punte te beweeg, afhanklik is van die roete wat gevolg word.
     Voorbeelde is wrywingskrag, lugweerstand, spanning in 'n tou, ens.
    Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie neer: Die totale meganiese
     energie (som van gravitasie- potensiële energie en kinetiese energie) in 'n geslote
     sisteem bly konstant. LET WEL: 'n Sisteem is geslote wanneer die netto eksterne krag
     (uitsluitend die gravitasiekrag) wat op die sisteem inwerk, nul is.
    Los behoud-van-energie-probleme op deur gebruik te maak van: W nc = ΔEk + ΔEp
    Gebruik die verwantskap hierbo om aan te toon dat meganiese energie behoue bly
     in die afwesigheid van nie-konserwatiewe kragte.

Drywing
     Definieer drywing as die tempo waarteen arbeid verrig of energie verbruik word.
                         W
       In simbole: P =
                         t
      Bereken die drywing betrokke wanneer arbeid verrig word.
      Doen berekeninge deur Pgem = Fvgem te gebruik wanneer 'n voorwerp teen 'n konstante
       spoed op 'n ruwe horisontale oppervlak of teen 'n ruwe skuinsvlak beweeg.
      Bereken die drywinglewering vir 'n pomp wat 'n massa oplig (bv. die oplig van water
       deur 'n hoogte teen konstante spoed).

Doppler-effek (relatiewe beweging tussen bron en waarnemer)
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 134–135 gelees word.)
Met klank en ultraklank
      Skryf die Doppler-effek neer as die verandering in frekwensie (of toonhoogte) van die
       klank waargeneem deur 'n luisteraar omdat die klankbron en die luisteraar verskillende
       snelhede relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word, het.
      Verduidelik (deur gepaste illustrasies te gebruik) die verandering in toonhoogte
       waargeneem wanneer 'n bron na of weg van 'n luisteraar beweeg.
                                                                         v  vL
      Los probleme op deur gebruik te maak van die vergelyking fL              fb wanneer ÓF
                                                                         v  vb
       die luisteraar ÓF die bron beweeg.
      Noem toepassings van die Doppler-effek.

Met lig – rooiverskuiwings in die heelal (bewys vir die uitdyende heelal)
      Verduidelik rooiverskuiwings.
      Gebruik die Doppler-effek om te verduidelik waarom ons tot die gevolgtrekking kom dat
       die heelal uitdy.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                               12                                       DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

Elektrostatika (Graad 11)
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 84–85 gelees word.)
Coulomb se wet
    Skryf Coulomb se wet neer: Die grootte van die elektrostatiese krag wat een puntlading
     (Q1) op 'n ander puntlading (Q2) uitoefen, is direk eweredig aan die produk van die
     groottes van die ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand (r)
     tussen hulle.
                                                                       kQ 1Q2
    Los probleme op deur gebruik te maak van die vergelyking F =              vir ladings in
                                                                         r2
     een dimensie (1D) (beperk tot drie ladings).
                                                                       kQ 1Q2
    Los probleme op deur gebruik te maak van die vergelyking F =              vir ladings in
                                                                         r2
     twee dimensies (2D) – vir drie ladings in 'n loodregte formasie (beperk tot ladings wat
     die 'hoekpunte van 'n reghoekige driehoek is').
Elektriese veld
      Beskryf 'n elektriese veld as 'n gebied in die ruimte waarin 'n elektriese lading 'n krag
       ondervind. Die rigting van die elektriese veld by 'n punt is die rigting waarin 'n positiewe
       toetslading wat by die punt geplaas is, sal beweeg.
      Teken elektriese lyne vir die volgende groeperings:
       o       'n Enkele puntlading
       o      Twee puntladings (een negatief, een positief OF beide positief OF beide
              negatief)
       o       'n Gelaaide sfeer
       LET WEL: Beperk tot situasies waarin die ladings identiese groottes het.
      Definieer die elektriese veld by 'n punt: Die elektriese veld by 'n punt is die
       elektrostatiese krag wat per eenheidspositiewe-lading wat by daardie punt geplaas is,
                                         F
       ondervind word. In simbole: E 
                                         q
                                                                   F
      Los probleme op deur gebruik te maak van die vergelyking E   .
                                                                   q
      Bereken die elektriese veld by 'n punt as gevolg van 'n aantal puntladings deur die
                         kQ
       vergelyking E  2 te gebruik om die bydrae van elke lading tot die veld te bereken.
                         r
       Beperk tot drie ladings in 'n reguitlyn.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             13                                       DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Elektriese Stroombane
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 100–101 & 143 gelees word.)
Ohm se wet
    Skryf Ohm se wet in woorde neer: Die potensiaalverskil oor 'n geleier is direk eweredig
     aan die stroom in die geleier by konstante temperatuur.
    Bepaal die verwantskap tussen stroom, potensiaalverskil en weerstand by konstante
     temperatuur deur 'n eenvoudige stroombaan te gebruik.
    Noem die verskil tussen ohmiese geleiers en nie-ohmiese geleiers en gee 'n voorbeeld
     van elk.
                                                      V
    Los probleme op deur gebruik te maak van R         vir serie- en parallelle stroombane
                                                       I
     (maksimum vier resistors).

Drywing, energie (Graad 11)
     Definieer drywing as die tempo waarteen arbeid verrig word.
                                                     W
     Los probleme op deur gebruik te maak van P =      .
                                                     t
                                                                      V2
      Los probleme op deur gebruik te maak van P = VI ,P = I2R of P =   .
                                                                       R
      Los stroombaanprobleme op wat die konsepte drywing en elektriese energie insluit.
      Lei af dat die kilowatt-uur (kWh) verwys na die gebruik van 1 kilowatt elektrisiteit vir
       1 uur.
      Bereken die koste van elektrisiteitsverbruik indien die drywingspesifikasies van die
       toestelle, die tydsduur en die koste van 1 kWh gegee word.

Interne weerstand, serie- en parallelle netwerke
      Los probleme op wat stroom, potensiaalverskil en weerstand insluit vir stroombane wat
       rangskikkings van resistors in serie en in parallel bevat (maksimum vier resistors,
       interne weerstand uitgesluit).
      Definieer die term emk as die maksimum energie wat 'n battery lewer per
       eenheidslading wat daardeur vloei.
      Los probleme op deur gebruik te maak van ε = Vlas + Vinterne weerstand of ε =IReks+ Ir.
      Los stroombaanprobleme, met interne weerstand, op wat serie-parallelnetwerke van
       resistors behels (maksimum vier resistors).

Elektrodinamika
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 144–145 gelees word.)
Elektriese masjiene (generators, motors)
      Noem die energie-omskakeling in generators.
      Gebruik die beginsel van elektromagnetiese induksie om te verduidelik hoe 'n generator
       werk.
      Verduidelik die funksies van die komponente van 'n WS- en 'n GS-generator.
      Noem voorbeelde van die gebruike van WS- en GS-generators.
      Noem die energie-omskakeling in motors.
      Gebruik die motor-effek om te verduidelik hoe 'n motor werk.
      Verduidelik die funksies van die komponente van 'n motor.
      Noem voorbeelde van die gebruik van motors.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             14                                    DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Wisselstroom
     Noem die voordele van wisselstroom bo gelykstroom.
     Skets grafieke van potensiaalverskil teenoor tyd en stroom teenoor tyd vir 'n
      WS-stroombaan.
     Definieer die term wgk vir 'n wissel(stroom)spanning/wisselstroom.
      Die wgk potensiaalverskil is die WS-potensiaalverskil wat dieselfde hoeveelheid energie
      verbruik/oordra as 'n ekwivalente GS-potensiaalverskil.
      Die wgk-stroom is die wisselstroom wat dieselfde hoeveelheid energie verbruik/oordra
      as 'n ekwivalente gelykstroom (GS).
                                                          I           V
     Los probleme op deur gebruik te maak van Iwgk  maks , Vwgk  maks .
                                                             2          2
     Los probleme op deur gebruik te maak van Pgem = IwgkVwgk = ½ ImaksVmaks (vir 'n suiwer
                                                       2
      resistiewe stroombaan), Pgem = I2wgkR en Pgem = Vwgk .
                                                       R

Optiese Verskynsels en Eienskappe van Materiale
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 146–147 gelees word.)
Foto-elektriese effek
      Beskryf die foto-elektriese effek as die proses waardeur elektrone uit 'n
       metaaloppervlak vrygestel word wanneer lig van geskikte frekwensie invallend op die
       oppervlak is.
      Noem die betekenis van die foto-elektriese effek.
      Definieer drumpelfrekwensie, fo, as die minimum frekwensie lig benodig om
       elektrone uit 'n sekere metaaloppervlak vry te stel.
      Definieer werkfunksie, Wo, as die minimum energie benodig om 'n elektron uit die
       oppervlak van 'n metaal vry te stel.
      Doen berekeninge deur die foto-elektriese vergelyking te gebruik:
       E =W o+ Kmaks, waar E = hf en W o= hfo en Kmaks = ½mv2 maks
      Verduidelik die invloed van intensiteit en frekwensie op die foto-elektriese effek.
      Noem dat die foto-elektriese effek die deeltjie-aard van lig demonstreer.

Emissie- en absorpsiespektra
     Verduidelik die vorming van atoomspektra deur na energie-oorgange te verwys.
     Verduidelik die verskil tussen atoomabsorpsie- en atoomemissiespektra.
      'n Atoomabsorpsiespektrum vorm wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese
      straling, wat deur 'n stof beweeg, geabsorbeer word.
      Byvoorbeeld, wanneer lig deur 'n koue gas beweeg, absorbeer atome in die gas
      karakteristieke frekwensies van lig en 'n aaneenlopende spektrum met donker lyne
      word waargeneem waar die karakteristieke frekwensies van lig verwyder is. Die
      frekwensies van die absorpsielyne is uniek aan die soort atoom in die gas.
      'n Atoomemissiespektrum vorm wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese
      straling uitgestraal word as gevolg van 'n atoom wat 'n oorgang van 'n hoër
      energietoestand na 'n laer energietoestand maak.
      Byvoorbeeld, atome in 'n warm gas straal straling by spesifieke frekwensies uit. Die
      spektrum waargeneem is 'n lynspektrum bestaande uit 'n paar gekleurde lyne met
      frekwensies karakteristiek aan die tipe atoom wat die lyne produseer.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                              15                                         DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.2    Vraestel 2: Chemie

Voorstelling van Chemiese Verandering
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 42 gelees word.)
Gebalanseerde chemiese vergelykings
     Skryf en balanseer chemiese vergelykings.
     Interpreteer gebalanseerde reaksievergelykings in terme van:
      o       Behoud van atome
      o       Behoud van massa (gebruik relatiewe atoommassas)

Kwantitatiewe Aspekte van Chemiese Verandering
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 93 gelees word.)
Molêre gasvolume
     1 mol van enige gas beslaan 22,4 dm3 by 0 °C (273 K) en 1 atmosfeer (101,3 kPa).
Volumeverwantskappe in gasreaksies
    Interpreteer gebalanseerde vergelykings in terme van volumeverwantskappe vir gasse,
     m.a.w. onder dieselfde toestande van temperatuur en druk beslaan gelyke getal mol
     van alle gasse dieselfde volume.
Konsentrasie van oplossings
    Bereken die molêre konsentrasie van 'n oplossing.
Meer komplekse stoïgiometriese berekeninge
     Bepaal die empiriese formule en molekulêre formule van verbindings.
     Bepaal die persentasie opbrengs van 'n chemiese reaksie.
     Bepaal persentasie suiwerheid of persentasie samestelling, bv. die persentasie CaCO3
      in 'n onsuiwer monster van seeskulpe.
     Doen stoïgiometriese berekeninge, gebaseer op gebalanseerde vergelykings.
     Doen stoïgiometriese berekeninge, gebaseer op gebalanseerde vergelykings wat
      beperkende reagense kan insluit.

Intermolekulêre Kragte
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 82–84 gelees word.)
Intermolekulêre kragte en interatomiese kragte (chemiese bindings)
     Noem en verduidelik die verskillende intermolekulêre kragte (Van der Waal-kragte):
      (i)    Dipool-dipool-kragte:
             Kragte tussen twee polêre molekule
      (ii)   Geïnduseerde dipoolkragte of London-kragte:
             Kragte tussen nie-polêre molekule
      (iii)  Waterstofbindings:
             Kragte tussen molekule waarin waterstof kovalent gebind is aan stikstof,
             suurstof of fluoor – 'n spesiale geval van dipool-dipool-kragte
     Beskryf die verskil tussen intermolekulêre kragte en interatomiese kragte
      (intramolekulêre kragte) deur gebruik te maak van 'n diagram van 'n groep klein
      molekule, en in woorde.
      Voorbeeld:
                          Intermolekulêre kragte
                      H                            H
                                                         Interatomiese kragte/chemiese bindings
                H     C     H                H     C   H
                      H                            H
      Noem die verwantskap tussen intermolekulêre kragte en molekuulgrootte. Vir nie-polêre
       molekule neem die sterkte van geïnduseerde dipoolkragte toe met molekuulgrootte.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             16                                    DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

      Verduidelik die invloed van intermolekulêre kragte op kookpunt, smeltpunt en
       dampdruk.
       Kookpunt:
       Die temperatuur waarby die dampdruk van die stof gelyk is aan atmosferiese druk.
       Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die kookpunt.
       Smeltpunt:
       Die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van 'n stof in ewewig is.
       Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die smeltpunt.
       Dampdruk:
       Die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote sisteem.
       Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe laer die dampdruk.

Organiese Molekule
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 119–129 gelees word.)
      Definieer organiese molekule as molekule wat koolstofatome bevat.
Organiese molekulêre strukture – funksionele groepe, versadigde en onversadigde
strukture, isomere
      Skryf gekondenseerde struktuurformules, struktuurformules, molekulêre formules en
       en IUPAC-name (tot 8 koolstofatome) neer vir:
       o      Alkane (geen ringstrukture nie)
       o      Alkene (geen ringstrukture nie)
       o      Alkyne
       o      Haloalkane (primêre, sekondêre en tersiêre haloalkane; geen ringstrukture
              nie)
       o      Alkohole (primêre, sekondêre en tersiêre alkohole)
       o      Karbolsielsure
       o      Esters
       o      Aldehiede
       o      Ketone
      Ken die volgende definisies/terme:
       o      Molekulêre formule: 'n Chemiese formule wat die element en die aantal
              atome van elk in 'n molekuul aandui.
              Voorbeeld: C4H8O
       o      Struktuurformule: 'n Struktuurformule van 'n verbinding toon aan watter atome
              in die molekuul aan mekaar gebind is. Atome word voorgestel deur hul
              chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome
              bymekaar hou, aan te toon.
              Voorbeeld:
                      H    H    O    H

                 H    C    C    C    C    H

                     H H          H
       o       Gekondenseerde struktuurformule: Hierdie notasie toon die wyse aan waarop
               atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon NIE ALLE
               BINDINGSLYNE NIE.
               Voorbeeld:
                                            O

               CH3CH2COCH3          OF CH3CH2CCH3
       o       Koolwaterstof: Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof
               bestaan
       o       Homoloë reeks: 'n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene
               formule beskryf kan word OF waarin die een lid van die volgende verskil met
               'n CH2-groep
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                                  17                                             DBE/2021
                                                Eksamenriglyne

       o       Versadigde verbindings: Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings
               tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie
       o       Onversadigde verbindings: Verbindings waarin een of meer meervoudige
               bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings voorkom
       o       Funksionele groep: 'n Binding of 'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en
               chemiese eienskappe van 'n groep organiese verbindings bepaal
                                                Struktuur van funksionele groep
                 Homoloë reeks
                                                 Struktuur                  Naam

                                                                     Slegs C-H en C-C-
               Alkane                   C           C
                                                                     enkelbindings

                                        C        C
                                                                     Koolstof-koolstof-
               Alkene
                                                                     dubbelbinding
                                        C           C                Koolstof-koolstof-
               Alkyne
                                                                     drievoudige binding

                                                    X
                                                                     Halogeen-atoom
                                            C
               Haloalkane                                            gebind aan 'n
                                                                     C-atoom in 'n alkaan
                                     (X = F, Cℓ, Br, I)
                                                                     Hidroksielgroep
               Alkohole                     C       O     H          gebind aan 'n
                                                                     versadigde C-atoom
                                            O
               Aldehiede                                             Formielgroep
                                            C        H

                                                     O               Karbonielgroep
               Ketone                       C        C    C          gebind aan twee
                                                                     C-atome
                                        O
               Karboksielsure                                        Karboksielgroep
                                        C           O H

                                            O
               Esters                       C        O    C                     -

       o        Struktuurisomeer: Organiese molekule met dieselfde molekulêre formule,
                maar verskillende struktuurformules
      Identifiseer verbindings (tot 8 koolstofatome) wat versadig, onversadig en
       struktuurisomere is.
      Beperk struktuurisomere tot kettingisomere, posisionele isomere en funksionele
       isomere.
       o Kettingisomere: Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings,
           bv. butaan en 2-metielpropaan
                                                          H     H     H

                  H     H     H     H                            H    C     C       C    H

           H      C     C     C     C           H                     H              H
                                                                       H    C       H
                  H      H    H     H                                      H
                        Butaan                                        2-metielpropaan
Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                                      18                                                  DBE/2021
                                                    Eksamenriglyne

       o   Posisionele isomere: Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies
           van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting, bv.
           1-choropropaan en 2-chloropropaan of but-2-een en but-1-een

                       H       H       H                          H       H       H

           H           C       C       C   Cl             H       C       C       C       H

                     H     H    H                                  H    Cl    H
                   1-chloropropaan                                2-choropropaan

           H                   H       H                      H       H               H
               C       C       C       C   H            H     C       C       C       C   H
           H            H     H        H                      H             H         H
                       but-1-een                                      but-2-een

       o   Funksionele isomere: Dieselfde molekulêre formule,                             maar        verskillende
           funksionele groepe, bv. metielmetanoaat en etanoësuur.

                           O               H                                  H       O

                   H       C       O       C    H                         H   C       C       O   H
                                        H                                      H
                           metielmetanoaat                                    etanoësuur

IUPAC-benaming en formules vir verbindings in die homoloë reekse hierbo
     Skryf die IUPAC-naam neer indien die struktuurformule of gekondenseerde
      struktuurformule gegee is.
     Skryf die struktuurformule neer indien die IUPAC-naam of molekulêre formule gee is.
     Verbindings moet beperk word tot een funksionele groep per verbinding (behalwe
      haloalkane).
     Haloalkane beperk tot twee funksionele groepe per verbinding.
     Alkielsubstituente (metiel- en etiel-) beperk tot 'n maksimum DRIE op die stamketting.
    Wanneer haloalkane benoem word:
     o Halogeensubstituente kry nie voorkeur bo alkielgroepe nie.
     o Nommering moet begin vanaf die kant naaste aan die eerste substituent.
     o Wanneer substituente, bv. Br en Cℓ of Cℓ en metiel, dieselfde nommer het
          wanneer vanaf verskillende kante van die ketting genommer word, word
          voorkeur gegee aan alfabetiese volgorde bv. bromo voor chloro; chloro voor
          metiel.
    Wanneer IUPAC-name geskryf word, word ubstituente alfabeties geskryf naamik
     bromo, chloro, etiel, metiel. Ignoreeer voorvoegsels di- en tri.

Struktuur en fisiese eienskappe (kookpunt, smeltpunt, dampdruk) verwantskappe
      Vir 'n gegewe voorbeeld (uit die funksionele groepe hierbo), verduidelik die
       verwantskap tussen fisiese eienskappe en:
       o      Sterkte van intermolekulêre kragte (Van der Waal-kragte), m.a.w.
              waterstofbindings, dipool-dipool-kragte, geïnduseerde dipoolkragte
       o      Tipe funksionele groepe
       o      Kettinglengte
       o      Vertakte kettings

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                           19                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Oksidasie van alkane
     Noem die gebruik van alkane as brandstowwe.
     Skryf 'n vergelyking vir die verbranding van 'n alkaan in oormaat suurstof neer.
Verestering/Esterifikasie
     Skryf 'n vergelyking neer, deur gebruik te maak van struktuurformules of
      gekondenseerde struktuurformules, vir die vorming van 'n ester.
     Noem die alkohol en karboksielsuur wat gebruik word en die ester wat gevorm word.
     Skryf reaksietoestande vir verestering/esterifikasie neer.
Substitusie, addisie en eliminasiereaksies
      Identifiseer reaksies as eliminasie, substitusie of addisie.
     Skryf neer, deur gebruik te maak van struktuurformules of gekondenseerde
      struktuurformules, vergelykings en reaksietoestande vir die volgende addisiereaksies
      van alkene:
      o         Hidrohalogenering/Hidrohalogenasie:
                Die addisie van 'n waterstofhalied aan 'n alkeen
      o         Halogenering/Halogenasie:
                Die reaksie van 'n halogeen (Br2, Cℓ2) met 'n verbinding
      o         Hidratering/Hidrasie:
                Die addisie van water aan 'n verbinding
      o         Hidrogenering/Hidrogenasie:
                Die addisie van waterstof aan 'n alkeen
     Identifiseer hoofprodukte en neweprodukte in die addisiereaksies hierbo.
     Skryf neer, deur gebruik te maak van struktuurformules of gekondenseerde
      struktuurformules, vergelykings en reaksietoestande vir die volgende eliminasie-
      reaksies:
      o         Dehidrohalogenering/Dehidrohalogenasie van haloalkane:
                Die eliminasie van waterstof en 'n halogeen uit 'n haloalkaan
      o         Dehidratering/Dehidrasie van alkohole:
                Eliminasie van water uit 'n alkohol
      o         Kraking van alkane:
                Die chemiese proses waarin langer kettingkoolwaterstof-molekule afgebreek
                word in korter, meer bruikbare, molekule
     Identifiseer hoofprodukte en neweprodukte in die eliminasiereaksies hierbo.
     Skryf neer, deur gebruik te maak van struktuurformules of gekondenseerde
      struktuurformules, vergelykings en reaksietoestande vir die volgende substitusie-
      reaksies:
      o         Hidrolise van haloalkane
                Hidrolise: Die reaksie van 'n verbinding met water
      o         Reaksies van HX (X = Cℓ, Br) met alkohole om haloalkane te lewer
      o         Halogenering/Halogenasie van alkane
                Die reaksie van 'n halogeen (Br2, Cℓ2) met 'n verbinding
      Onderskei tussen versadigde en onversadigde koolwaterstowwe deur gebruik te
       maak van broomwater.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             20                                   DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Energie en Verandering
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 102–103 gelees word.)
Energieveranderinge in reaksies verwant aan bindingsenergieveranderinge
     Definieer reaksiewarmte (ΔH) as die energie geabsorbeer of vrygestel in 'n chemiese
      reaksie.
     Definieer eksotermiese reaksies as reaksies wat energie vrystel.
     Definieer endotermiese reaksies as reaksies wat energie absorbeer.
     Klassifiseer (met rede) reaksies as eksotermies of endotermies.
Eksotermiese en endotermiese reaksies
     Noem dat ΔH > 0 vir endotermiese reaksies, m.a.w. reaksies waarin energie
      geabsorbeer word.
     Noem dat ΔH < 0 vir eksotermiese reaksies, m.a.w. reaksies waarin energie vrygestel
      word.
Aktiveringsenergie
      Definieer aktiveringsenergie as die minimum energie benodig vir 'n reaksie om plaas
       te vind.
      Definieer 'n geaktiveerde kompleks as die onstabiele oorgangstoestand van reaktante
       na produkte.
      Teken of interpreteer volledig benoemde sketsgrafieke (potensiële-energie- teenoor
       reaksieverloop-grafieke) van gekataliseerde of ongekataliseerde endotermiese en
       eksotermiese reaksies.

Tempo en Mate van Reaksie
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 136–138 gelees word.)
Reaksietempo's en faktore wat tempo beïnvloed
     Definieer reaksietempo as die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte
      per eenheid tyd.
     Bereken reaksietempo uit gegewe data vir reaktanse.
      Tempo = c (Eenheid: mol∙dm-3∙s-1)
                 t
      Bereken reaksietempo uit gegewe data vir produkte:
                  c
       Tempo =       (Eenheid: mol∙dm-3∙s-1)
                  t
       Vrae kan ook berekeninge van tempo in terme van verandering in massa/volume/mol
       per tyd insluit.
      Maak 'n lys van faktore wat die tempo van chemiese reaksies beïnvloed, m.a.w. aard
       van reagerende stowwe, reaksie-oppervlak, konsentrasie (druk vir gasse),
       temperatuur en die teenwoordigheid van 'n katalisator.
      Verduidelik in terme van die botsingsteorie hoe die verskeie faktore die tempo van
       chemiese reaksies beïnvloed. Die botsingsteorie is 'n model wat reaksietempo
       verduidelik as die gevolg van deeltjies wat met 'n sekere minimum energie bots om
       produkte te vorm.
Meting van reaksietempo's
     Beantwoord vrae en interpreteer data (tabelle of grafieke) oor verskillende
      eksperimentele tegnieke vir die meting van die tempo van 'n gegewe reaksie.
Meganisme van reaksie en van katalise
    Definieer die term katalisator as 'n stof wat die tempo van 'n chemiese reaksie
     verhoog sonder om self 'n permanente verandering te ondergaan.
    Verduidelik dat 'n katalisator die reaksietempo verhoog deur 'n alternatiewe roete van
     laer aktiveringsenergie te verskaf. Dit verlaag dus die netto aktiveringsenergie.
    Interpreteer Maxwell-Boltzmannkurwes (aantal deeltjies teenoor kinetiese energie) om
     die effek van 'n katalisator, temperatuur en konsentrasie op reaksietempo te
     verduidelik.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe                             21                                     DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Chemiese Ewewig
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 139–140 gelees word.)
Chemiese ewewig en faktore wat ewewig beïnvloed
    Verduidelik wat bedoel word met:
     o       Oop en geslote sisteme: 'n Oop sisteem het voortdurende interaksie met sy
             omgewing, terwyl 'n geslote sisteem geïsoleer is van sy omgewing.
     o       'n Omkeerbare reaksie: 'n Reaksie is omkeerbaar wanneer produkte terug na
             reaktanse, en omgekeerd, omgeskakel kan word.
     o       Chemiese ewewig: Dit is 'n dinamiese ewewig wanneer die tempo van die
             voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.
    Maak 'n lys van die faktore wat die posisie van 'n ewewig beïnvloed, m.a.w. druk
     (slegs gasse), konsentrasie en temperatuur.
Ewewigskonstante
    Maak 'n lys van faktore wat die waarde van die ewewigskonstante, Kc, beïnvloed.
    Skryf 'n uitdrukking vir die ewewigskonstante neer indien die vergelyking vir die
     reaksie gegee is.
    Doen berekeninge, gebaseer op Kc-waardes.
    Verduidelik die betekenis van hoë en lae waardes van die ewewigskonstante.
Toepassing van ewewigsbeginsels
     Skryf Le Chatelier se beginsel in woorde: Wanneer die ewewig in 'n geslote sisteem
      versteur word, stel die sisteem 'n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring
      teenwerk, te bevoordeel.
     Gebruik Le Chatelier se beginsel om veranderinge in ekwilibria kwalitatief te bespreek.
     Interpreteer grafieke van ewewig, bv. konsentrasie/tempo/getal mol/massa/volume
      teenoor tyd.
Sure en Basisse
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 141–142 gelees word.)
Suur-basis-reaksies
     Definieer sure en basisse volgens teorieë van Arrhenius en Lowry-Brønsted:
      Arrhenius-teorie: 'n Suur is 'n stof wat waterstofione (H+)/hidroniumione (H3O+) vorm
      wanneer dit in water oplos. 'n Basis is 'n stof wat hidroksiedione (OH-) vorm wanneer
      dit in water oplos..
      Lowry-Brønsted-teorie: 'n Suur is 'n protonskenker (H+-ioon-skenker). 'n Basis is 'n
      proton-ontvanger (H+-ioon-ontvanger).

Relatiewe sterktes van sure en basisse
      Onderskei tussen sterk sure/basisse en swak sure/basisse met voorbeelde.
       Sterk sure ioniseer volledig in water om 'n hoë konsentrasie H3O+-ione te vorm.
       Voorbeelde van sterk sure is soutsuur, swawelsuur en salpetersuur.
       Swak sure ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie H3O+-ione te vorm.
       Voorbeelde van swak sure is etanoësuur en oksaalsuur.
       Sterk basisse dissosieer volledig in water om 'n hoë konsentrasie OH--ione te vorm.
       Voorbeelde van sterk basisse is natriumhidroksied en kaliumhidroksied.
       Swak basisse dissosieer/ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie OH--ione
       te vorm.
       Voorbeelde van swak basisse is ammoniak, kalsiumkarbonaat, kaliumkarbonaat,
       kalsiumkarbonaat en natriumwaterstofkarbonaat.
      Onderskei tussen gekonsentreerde sure/basisse en verdunde sure/basisse.
       Gekonsentreerde sure/basisse bevat 'n groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis in
       verhouding met die volume water.
       Verdunde sure/basisse bevat 'n klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding
       met die volume water.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2021 Xho English B Copy](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-memo-sept2021-xho-english-b-copy/813b1849-8c40-4d71-92b0-1f6a8e44c4f9) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Eng
- [NW NSC GR 12 PS P1 memo 21](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-12-ps-p1-memo-21/edaa5a71-c3e8-43a6-b32a-09bfea08a19f) — Physical Sciences · Memo · 2021
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Physical Sciences · Memo · 2025

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Physical Sciences Physics Grade 12 PS01 QP March 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-ps01-qp-march-2025-limpopo/482ee9af-e88a-4818-9120-11ab9e045a1c) — QP · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-limpopo/b65e9832-a6be-4312-8f5a-57425d647121) — QP · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-march-2025-mpumalanga/88039ede-226f-4c60-918e-92c8ef3e11cc) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-march-2025-mpumalanga/f082b040-bae3-431b-9df9-32c20bbfe5c3) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
