# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2015-afr/54df1624-2862-4511-8280-937cf1db7009
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2015-afr/54df1624-2862-4511-8280-937cf1db7009)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                      FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    2                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        3                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende kragte werk altyd loodreg in op die oppervlakte
         waarop 'n liggaam geplaas is?

         A       Normale krag

         B       Wrywingskrag

         C       Gravitasiekrag

         D       Spanningskrag                                                                  (2)

1.2      Twee geïsoleerde liggame, A en B, met massas m en 2m onderskeidelik,
         word op 'n afstand r van mekaar geplaas.
                                                                  B
                                   A
                                   m                             2m

                                                   r
         Beskou die volgende stellings oor die gravitasiekrag wat die liggame op
         mekaar uitoefen.

         (i)      Die krag deur B op liggaam A uitgeoefen, is die helfte van dit wat A op
                  liggaam B uitoefen.

         (ii)     Die krag op die liggame uitgeoefen, is onafhanklik van die massas van
                  die liggame.

         (iii)    Die krag op liggaam A deur B uitgeoefen, is gelyk, maar die
                  teenoorgestelde van dit wat op liggaam B deur A uitgeoefen word.

         (iv)     Die krag sal altyd aantrekkend wees.

         Watter van die stellings hierbo is WAAR?

         A       Slegs (i), (ii) en (iv)

         B       Slegs (ii), (iii) en (iv)

         C       Slegs (iii) en (iv)

         D       Slegs (iv)                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    4                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                         NSS

1.3                'n Bal word losgelaat van 'n hoogte bo die grond. Die bal val vertikaal en bons
                   'n aantal kere van die vloer af. Ignoreer die effekte van wrywing en aanvaar
                   dat die botsing van die bal met die grond elasties is. Neem die punt van
                   loslating van die bal as die verwysingspunt en afwaartse rigting as positief.

                   Watter EEN van die volgende is 'n KORREKTE voorstelling van die posisie-
                   tydgrafiek vir die beweging van die bal?

                                 A                                           B

                                                               posisie
 posisie                                                                 0
           0                                                                                tyd
                                                  tyd

                                 C                                               D

                                                               posisie
 posisie                                                                 0
           0                                                                               tyd
                                            tyd

                                                                                                          (2)

1.4                Twee liggame ondergaan 'n ONELASTIESE botsing in die afwesigheid van
                   wrywing. Watter EEN van die volgende kombinasies van momentum en
                   kinetiese energie van die sisteem is KORREK?

                            MOMENTUM               KINETIESE ENERGIE

               A         Bly nie behoue nie                Bly behoue

               B             Bly behoue                 Bly nie behoue nie

               C         Bly nie behoue nie             Bly nie behoue nie

               D             Bly behoue                    Bly behoue
                                                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      5                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

1.5      Die spoed van 'n fiets verhoog van 2 m∙s-1 tot 8 m∙s-1. Sy kinetiese energie
         verhoog met 'n faktor van …

         A     4.

         B     6.

         C     8.

         D     16.                                                                              (2)

1.6      Watter EEN van die volgende kan NIE met behulp van die Doppler-effek
         verduidelik word NIE?

         A     Emissie van elektrone vanaf 'n metaaloppervlak

         B     'Vloeimeters' wat in hospitale gebruik word

         C     Rooi spektrumlyne van verafgeleë sterre wat verskuif

         D     Waargenome frekwensie van lig vanaf bewegende liggame wat hoër is
               as wat verwag word                                                               (2)

1.7      Die grootte van 'n elektriese veld, 'n afstand r vanaf 'n puntlading is E. Die
         grootte van 'n elektriese veld, 'n afstand 2r vanaf dieselfde puntlading, is ...

               1
         A       E
               4

               1
         B       E
               2

         C     2E

         D     4E                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               6                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                    NSS

1.8      Drie identiese gloeilampe word in 'n stroombaan geskakel soos hieronder
         aangetoon. Die weerstande van die battery en die verbindingsdrade kan
         geïgnoreer word.

                                               V1                            V2

             S    •

         Watter EEN van die volgende stellings is KORREK wanneer skakelaar S
         gesluit is?

         Die lesing op V 1 is ...

         A       die helfte van dit op V 2 .

         B       gelyk aan dit op V 2 .

         C       twee keer dit op V 2 .

         D       drie keer dit op V 2 .                                                          (2)

1.9      Die spoed van rotasie van die spoele in 'n WS-generator word verhoog.
         Watter EEN van die volgende kombinasies van frekwensie en uitsetspanning
         vir die generator sal as gevolg van die verandering plaasvind?

                         FREKWENSIE                       UITSETSPANNING

           A                 Neem toe                        Neem toe

           B               Bly dieselfde                     Neem toe

           C                 Neem af                          Neem af

           D                 Neem toe                       Bly dieselfde
                                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

1.10     Die spektrum van 'n element vanaf 'n ster toon absorpsielyne. Hierdie lyne
         word gevorm omdat ...

         A     atome energie absorbeer wanneer dit van 'n opgewekte toestand na 'n
               laer energietoestand beweeg.

         B     'n koue gas sekere frekwensies van lig absorbeer wat daardeur beweeg.

         C     'n warm gas sekere frekwensies van lig absorbeer wat daardeur
               beweeg.

         D     atome energie vrystel wanneer dit van 'n opgewekte toestand na 'n laer
               energietoestand beweeg.                                                      (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Blok met massa 1 kg word verbind aan 'n ander blok met massa 4 kg deur 'n
ligte onrekbare toutjie. Die sisteem word teen 'n ruwe vlak, wat 'n hoek van 30o met
die horisontaal maak, deur middel van 'n konstante krag van 40 N parallel aan die
vlak opgetrek, soos in die diagram hieronder aangetoon.

                              40 N

                                            1 kg

                                                                 4 kg
                                                           30o

Die grootte van die kinetiese wrywingskrag tussen die oppervlak en die 4 kg-blok
is 10 N. Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 1 kg-blok en die oppervlak
is 0,29.

2.1      Stel Newton se derde wet in woorde.                                                   (2)

2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram wat AL die kragte wat op die
         1 kg-blok inwerk soos dit teen die vlak op beweeg, aandui.                            (5)

2.3      Bereken die grootte van die:

         2.3.1 Kinetiese wrywingskrag tussen die 1 kg-blok en die oppervlak                    (3)

         2.3.2 Spanning in die toutjie wat die twee blokke verbind                             (6)
                                                                                               [16]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Voorwerp word uit rus losgelaat vanaf 'n punt X, bo die grond soos in die diagram
hieronder aangetoon. Dit beweeg die laaste 30 m (BC) in 1,5 s voordat dit die grond
tref. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

                                        ●X

                                        ●B

                                 30 m

                                        ●                Grond
                                        C

3.1      Noem die tipe beweging hierbo beskryf.                                                   (1)

3.2      Bereken die:

         3.2.1       Grootte van die snelheid van die voorwerp by punt B                          (4)

         3.2.2       Hoogte van punt X bo die grond                                               (5)

Nadat dit die grond tref, bons die voorwerp een keer en kom daarna tot rus op die
grond.

3.3      Skets 'n versnelling-tydgrafiek vir die hele beweging van die voorwerp.                  (3)
                                                                                                  [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     10                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon 'n koeël met massa 20 g wat horisontaal beweeg. Die
koeël tref 'n stilstaande blok met massa 7 kg en sit daarin vas. Die koeël en blok
beweeg 'n afstand van 2 m saam op 'n ruwe horisontale oppervlak voordat dit tot
rus kom.

               20 g
                                           7 kg

                                                         2m

4.1      Gebruik die arbeid-energiestelling om die grootte van die snelheid van die
         koeël-blok-sisteem, onmiddellik nadat die koeël die blok tref, te bereken as
         gegee word dat die wrywingskrag tussen die blok en die oppervlak 10 N is.              (5)

4.2      Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                           (2)

4.3      Bereken die grootte van die snelheid waarmee die koeël die blok tref.                  (4)
                                                                                                [11]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         11                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 5 kg-blok word uit rus vanaf 'n hoogte van 5 m losgelaat en gly langs 'n wrywinglose
skuinsvlak na punt P af soos in die diagram hieronder aangetoon. Dit beweeg dan
langs 'n wrywinglose horisontale gedeelte PQ en beweeg uiteindelik teen 'n tweede
ruwe skuinsvlak op. Dit kom tot stilstand by punt R wat 3 m bokant die horisontaal is.

      5 kg

                                                                                             R
5m

                                                                                           3m
                                                                         θ
                                     P                           Q

Die wrywingskrag, wat 'n nie-konserwatiewe krag is, tussen die oppervlak en die blok
is 18 N.

5.1          Gebruik slegs ENERGIEBEGINSELS en bereken die spoed van die blok
             by punt P.                                                                           (4)

5.2          Verduidelik waarom die kinetiese energie by punt P dieselfde is as dié by
             punt Q.                                                                              (2)

5.3          Verduidelik die term nie-konserwatiewe krag.                                         (2)

5.4          Bereken die hoek (θ) van die skuinsvlak QR.                                          (7)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        12                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die Doppler-effek is op beide klank- en liggolwe van toepassing. Dit het ook baie
belangrike toepassings in ons alledaagse lewe.

6.1      'n Toeter op 'n stilstaande trein stel klankgolwe met 'n frekwensie van 520 Hz
         vry, soos waargeneem deur 'n persoon wat op die perron staan. Aanvaar dat
         die spoed van klank in stil lug 340 m∙s-1 is.

         Bereken die:

         6.1.1       Golflengte van die klank deur die persoon waargeneem                          (2)

         6.1.2       Golflengte van die klank deur die persoon waargeneem wanneer die
                     trein na hom/haar teen 'n konstante spoed van 15 m∙s-1 beweeg met
                     die toeter wat steeds klank vrystel                                           (6)

6.2      Verduidelik waarom die golflengte, bereken in VRAAG 6.1.1, verskil van dié
         wat in VRAAG 6.1.2 verkry is.                                                             (2)

6.3      Gebruik jou kennis van die Doppler-effek om rooi verskuiwings te verduidelik.             (2)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee identiese negatiewe gelaaide sfere, A en B, met ladings van dieselfde
grootte, word 0,5 m van mekaar in vakuum geplaas. Die grootte van die
elektrostatiese krag wat een sfeer op die ander uitoefen, is 1,44 x 10-1 N.

                                            0,5 m
                                  ●                           ●
                                  A                           B

7.1      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                                 (2)

7.2      Bereken die:

         7.2.1       Grootte van die lading op elke sfeer                                               (4)

         7.2.2       Getal oormaat elektrone op sfeer B                                                 (3)

7.3      P is 'n punt op 'n afstand van 1 m vanaf sfeer B.

                                  0,5 m                 1m
                         ●                  ●
                         A                  B                          P

         7.3.1       Wat is die rigting van die netto elektriese veld by punt P?                        (1)

         7.3.2       Bereken die getal elektrone wat vanaf sfeer B verwyder moet word
                     sodat die netto elektriese veld by punt P 3 x 104 N·C-1 na regs is.                (8)
                                                                                                        [18]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                14                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                     NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1              Leerders wil 'n elektriese verwarmer bou deur een van twee drade, A en B,
                 van verskillende weerstande, te gebruik. Hulle voer eksperimente uit en teken
                 die grafieke soos hieronder getoon.

                                    Grafiek van V teenoor I vir resistors A en B

                  10, 0

                  8,0
                                                             A
                                                          ●
                  6,0                                ●
      V (volt)

                                              ●
                                                                   B
                  4,0
                                                         ●
                                         ●           ●

                  2,0              ●          ●
                                         ●
                                    ●

                         ●
                         0         0,2       0,4         0,6       0,8           1,0
                                                                         I (A)

                 8.1.1       Behalwe temperatuur, skryf TWEE ander faktore neer wat die
                             leerders moet oorweeg om te verseker dat dit 'n regverdige toets is,
                             wanneer hulle kies watter draad om te gebruik.                                 (2)

                 8.1.2       Aanvaar dat alle ander faktore konstant gehou word en noem watter
                             EEN van die twee drade die geskikste vir gebruik in die verwarmer
                             sal wees.

                             Gebruik toepaslike berekeninge om duidelik aan te toon hoe jy by
                             die antwoord uitgekom het.                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         15                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

8.2      In die stroombaan hieronder is die lesing op ammeter A 0,2 A. Die battery het
         'n emk van 9 V en interne weerstand r.

                                                r
                                                                            •S
                                           ε=9V
                                                                            •

                     11 Ω

                                               11 Ω              A         •
                                      •
                                                5,5 Ω

         8.2.1         Bereken die stroom deur die 5,5 Ω-resistor.                              (3)

         8.2.2         Bereken die interne weerstand van die battery.                           (7)

         8.2.3         Sal die ammeterlesing TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY
                       indien die 5,5 Ω-resistor uit die stroombaan verwyder word? Gee 'n
                       rede vir die antwoord.                                                   (2)
                                                                                                [22]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    16           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                         NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die grafiek hieronder toon die uitsetspanning vanaf 'n huishoudelike WS-generator vir
een rotasiesiklus van die spoele.

                                  340

             Uitsetspanning (V)                                         t(s)

                                  -340

9.1      'n 100 W-gloeilamp word aan hierdie generator verbind en dit gloei op sy
         maksimum helderheid. Gebruik die inligting in die grafiek en bereken die:

         9.1.1                    Weerstand van die gloeilamp                               (5)

         9.1.2                    wgk-stroom deur die gloeilamp                             (3)

9.2      Gee EEN rede waarom WS-spanning bo GS-spanning vir alledaagse gebruik
         verkies word.                                                                      (1)
                                                                                            [9]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         17                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Leerder gebruik fotoselle om die maksimum kinetiese energie van vrygestelde
foto-elektrone te bepaal. Een fotosel het 'n sesium-katode en die ander 'n natrium-
katode. Elke fotosel word bestraal met ultraviolet lig van dieselfde bron soos hieronder
aangetoon.

                                                         Ultraviolet lig
                     Metaaloppervlak

                                               e-
                                                              μA

Die onvolledige uitslae verkry word in die tabel hieronder aangetoon.

       NAAM VAN DIE            ARBEIDSFUNKSIE               MAKSIMUM KINETIESE
         METAAL               VAN DIE METAAL (J)               ENERGIE VAN
                                                            FOTO-ELEKTRONE (J)
          Sesium                    3,36 x 10-19                2,32 x 10-19
          Natrium                   3,65 x 10-19                    EK

10.1     Definieer die term arbeidsfunksie van 'n metaal.                                        (2)

10.2     Gebruik die inligting in die tabel om die golflengte van die ultraviolet lig te
         bepaal wat in hierdie eksperiment gebruik word.                                         (4)

10.3     Bereken die maksimum kinetiese energie, E K , van 'n elektron wat vanaf die
         natriummetaal vrygestel word.                                                           (4)

10.4     Die intensiteit van die invallende ultraviolet lig word dan verhoog.

         10.4.1        Gee 'n rede waarom hierdie verandering NIE die maksimum
                       kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone beïnvloed NIE.       (1)

         10.4.2        Hoe beïnvloed die verhoogde intensiteit die lesing op die
                       ammeter? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM, of BLY DIESELFDE
                       neer.                                                                     (1)

         10.4.3        Verduidelik die antwoord op VRAAG 10.4.2.                                 (2)
                                                                                                 [14]

                                                                                TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                           g                9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                           h             6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e-              -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of Earth
                                          M              5,98 x 1024 kg
Massa van Aarde
Radius of Earth
                                          RE              6,38 x 103 km
Straal van Aarde

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                2                                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                     NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t                                     Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                          v + vf                 v + vf 
  2        2                    2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
                                        2
                                                    Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                           p = mv
f s max = μ sN                                      fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                    w = mg
Δp = mv f - mv i
         m1m 2                              m1m 2             M                             M
 F=G                 or/of          F=G             g =G                or/of           g =G 2
          d2                                 r2               d2                            r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = F∆x cos θ                                       U = mgh                 or/of       E P = mgh

                                                    Wnet = ∆K               or/of       Wnet = ∆Ek
   1                                 1
K = mv 2           or/of        E k = mv 2
   2                                 2
                                                    ∆K = K f − K i          or/of       ∆Ek = Ekf − Eki
                                                         W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                 P=
                                                         ∆t
P ave = Fv ave     / P gemid = Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                         1
v=fλ                                                T=
                                                         f
       v ± vL                       v ± vL                                          c
fL =          fs             fL =          fb       E = hf         or /of    E= h
       v ± vs                       v ± vb                                          λ
E = Wo + E k(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                         1                    1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en E k (max) = mv max
                                             2
                                                 or/of K max = mv max
                                                                  2
                                         2                    2

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                   3                                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                        NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ 1Q 2                                                kQ
F=                                                     E=
       r2                                                   r2

     W                                                      F
V=                                                     E=
     q                                                      q
      Q                               Q
n=                 or / of       n=
      e                               qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                       emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R=
     I                                                 emk ( ε ) = I(R + r)

R s = R1 + R 2 + ...
 1    1     1                                          q = I ∆t
    = +        + ...
R p R1 R 2

W = Vq                                                      W
                                                       P=
                                                            Δt
W = VI ∆ t
                                                       P = VI
W = I2R ∆ t

           2
                                                       P = I 2R
      V Δt
W=                                                          V2
       R                                               P=
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave = Vrms I rms           /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                               I
I rms =                      /         I wgk = maks
               2                                2               2
                                                       Pave = I rms R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R
           Vmax                                Vmaks
Vrms =                       /        Vwgk =                 V2
                                                                                                       2
                                                                                                      Vwgk
               2                                 2     Pave = rms          /           Pgemiddeld =
                                                              R                                        R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Feb March 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2015-memo-afr-eng/12e143e4-5d6d-42a2-a7d6-a8a4ec637dbd) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [2015 SEPT Metro South Physics P 1](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1/48a052c6-a1c7-4786-a250-996ebe63e9d7) — Physical Sciences · QP · 2015
- [MP 2015 SEPT Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-2015-sept-physics-p-1-memo/888a8f9f-c0da-4ad1-b3ae-e2ecd133acdd) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [Physical Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-memo-afr-eng/140f25b7-f3c1-406a-a99d-6549fa7ea9e0) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [2015 SEPT Metro South Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1-memo/7ff37983-21da-4189-a413-ec3432102261) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [2015 SEPT Winelands Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-winelands-physics-p-1-memo/69181b1d-95f6-41d8-8658-ef7da76875ba) — Physical Sciences · Memo · 2015

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
