# Physical Sciences Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-exemplar-2012-afr/b4fe4a9d-d467-4cff-8a8a-bce489ff2b5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-exemplar-2012-afr/b4fe4a9d-d467-4cff-8a8a-bce489ff2b5c)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                  MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 1 gegewensblad, 'n antwoordblad
                                  en grafiekpapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         2                               DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TWAALF vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

4.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.       JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE GEGEWENSBLAAIE TE
         GEBRUIK.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         3                              DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

VRAAG 1

INSTRUKSIES

1.       Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD. [LET WEL: Die
         ANTWOORDBLAD kan óf 'n aparte bladsy wees wat as deel van jou vraestel
         verskaf word, óf dit kan as deel van die ANTWOORDEBOEK gedruk wees.]
         Skryf jou naam in die toepaslike ruimte indien 'n aparte ANTWOORDBLAD
         gebruik is.

2.       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
         Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1–1.10) op die ANTWOORDBLAD.

3.       Moenie enige ander merke op jou ANTWOORDBLAD maak nie. Enige
         berekeninge of skryfwerk wat by die beantwoording van hierdie vraag nodig
         is, moet in die ANTWOORDEBOEK gedoen word en daarna duidelik met 'n
         streep skuins oor die bladsy deurgehaal word.

4.       Indien meer as EEN blokkie per vraag gemerk word, sal geen punte vir
         daardie antwoord toegeken word nie.

PLAAS DIE VOLTOOIDE ANTWOORDBLAD VOOR IN JOU ANTWOORDEBOEK
INDIEN 'N APARTE ANTWOORDBLAD GEBRUIK WORD.

VOORBEELD:

VRAAG: Die SI-eenheid van tyd is ...

               A         t.
               B         h.
               C         s.
               D         m.

ANTWOORD:                A    B   C    D

[LET WEL:     Hierdie uitleg mag verskil afhangende van die soort ANTWOORDBLAD
              wat die provinsie gebruik.]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       4                                      DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.1      Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is 'n vektor?

         A     Tyd

         B     Spoed

         C     Snelheid

         D     Afstand                                                                          (2)

1.2      'n Kenmerkende eienskap van beweging teen konstante versnelling is dat
         die …

         A     verandering in posisie per eenheid tyd konstant bly.

         B     verandering in snelheid per eenheid tyd konstant bly.

         C     snelheid vir die duur van die beweging konstant bly.

         D     verandering in posisie vir die duur van die beweging konstant bly.               (2)

1.3      In die vergelyking Δx = v i Δt + ½aΔt2, verteenwoordig die gedeelte ½aΔt2
         die …

         A     tyd.

         B     snelheid.

         C     versnelling.

         D     verplasing.                                                                      (2)

1.4      Die gravitasie- potensiële energie van 'n voorwerp relatief tot die grond is
         afhanklik van die voorwerp se …

         A     spoed.

         B     posisie.

         C     snelheid.

         D     verandering in snelheid.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                                       DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.5      Watter EEN van die volgende stellings oor elektromagnetiese golwe is
         KORREK?

         In 'n vakuum het alle elektromagnetiese golwe dieselfde …

         A     spoed.

         B     amplitude.

         C     frekwensie.

         D     golflengte.                                                                        (2)

1.6      'n Stemvurk word liggies op 'n rubberprop geslaan om dit te laat vibreer.

         Die klankgolwe wat opgewek word, is …

         A     transversale golwe en benodig 'n medium vir voortplanting.

         B     transversale golwe en benodig geen medium vir voortplanting nie.

         C     longitudinale golwe en benodig 'n medium vir voortplanting.

         D     longitudinale golwe en benodig geen medium vir voortplanting nie.                  (2)

1.7      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         Alle golwe …

         A     is transversaal.

         B     is longitudinaal.

         C     dra energie oor.

         D     beweeg deur 'n vakuum.                                                             (2)

1.8      Die rigting van die magneetveldlyne van 'n magneet is na sy …

         A     suidpool.

         B     noordpool.

         C     positiewe pool.

         D     negatiewe pool.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       6                                  DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.9      'n Voorwerp wat positief gelaai is, het …

         A     protone verloor.

         B     elektrone verloor.

         C     protone opgeneem.

         D     elektrone opgeneem.                                                           (2)

1.10     Watter EEN van die volgende is die maateenheid vir die tempo van vloei van
         lading?

         A     Ohm

         B     Volt

         C     Ampère

         D     Coulomb                                                                       (2)
                                                                                             [20]

BEANTWOORD VRAE 2–12 IN DIE ANTWOORDEBOEK.                          BEANTWOORD
VRAAG 4.3 OP DIE AANGEHEGTE GRAFIEKPAPIER.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

2.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

5.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

6.       Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        7                                    DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Hyskraan lig 'n krat vertikaal opwaarts soos hieronder aangetoon.

Die totale gewig wat opgelig word, is 1 480 N. Die hyskraan oefen 'n opwaartse krag
van 1 550 N uit. 'n Wrywingskrag van 20 N werk op die krat tydens ophysing.

                          F = 1 550 N

                                          f = 20 N

                               w = 1 480 N

2.1      Definieer die term resultant van 'n aantal kragte.                                     (2)

2.2      Bereken die grootte en rigting van die resulterende krag wat op die krat
         uitgeoefen word.                                                                       (3)

Die krat word tot 'n vertikale hoogte van 80 m bokant die grond opgelig en daarna tot 'n
hoogte van 20 m bokant die grond laat sak soos in die diagram hieronder aangetoon.

                            80 m
                                         20 m

2.3      Bereken die:

         2.3.1       Totale afstand afgelê deur die krat                                        (2)

         2.3.2       Verplasing van die krat                                                    (1)
                                                                                                [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                       8                                DBE/2012
                                                    NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Man hardloop van punt A in 'n reguitlyn op 'n baan ABCDEFG. Die
snelheid-tydgrafiek hieronder stel die beweging van die man voor.

                              2,5              B      C             D      E

           snelheid (m∙s-1)
                                                                               F

                               0 A                                                   G
                                0              25    35             50   60    80   100
                                                          tyd (s)

3.1      Gebruik die inligting op die grafiek om die beweging van die man te beskryf
         van:

         3.1.1                      A na B                                                                 (3)

         3.1.2                      B na D                                                                 (2)

3.2      SONDER DIE GEBRUIK VAN BEWEGINGSVERGELYKINGS, bereken die:

         3.2.1                      Versnelling van die man tussen E en G                                  (4)

         3.2.2                      Afstand afgelê deur die man in 100 s                                   (4)
                                                                                                           [13]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                            9                                            DBE/2012
                                         NSS – Graad 10 Model

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Om die beweging te ondersoek van 'n trollie wat teen uniforme versnelling beweeg,
word 'n trolliebaan opgestel soos in die skets hieronder aangetoon. Die helling van die
trolliebaan word aangepas voordat lesings geneem word.

                     tikkerlint
                                           tydtikker
                                                                  trollie

                                                  trolliebaan

4.1      Gee 'n rede waarom die helling van die trolliebaan aangepas moet word.                             (2)

Die tikkerlint word ontleed en die verplasing (verandering in posisie) word gemeet na
elke 0,2 s. Die tabel hieronder toon die data verkry.

                                  Tyd (s)              Posisie (m)
                                    0,0                     0
                                    0,2                   0,20
                                    0,4                   0,60
                                    0,6                   1,20
                                    0,8                   2,00
                                    1,0                   3,00
4.2      Vir hierdie ondersoek, skryf neer die:

         4.2.1         Onafhanklike veranderlike                                                            (1)

         4.2.2         Afhanklike veranderlike                                                              (1)

4.3      Teken 'n grafiek          van      posisie     teenoor    tyd      op   die   aangehegte
         GRAFIEKPAPIER.

         Dui die volgende op jou grafiek aan:

         •   'n Geskikte opskrif
         •   Korrekte benoemings vir beide asse
         •   'n Geskikte skaal vir beide asse
         •   Die ses gestipte punte                                                                         (6)

4.4      Watter tipe beweging (UNIFORME BEWEGING of UNIFORME VERSNELDE
         BEWEGING) word voorgestel deur die grafiek wat in VRAAG 4.3 geteken is?
         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                                      (2)
                                                                                                            [12]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        10                                                  DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Afleweringsvoertuig beweeg teen 'n konstante spoed van 15 m∙s-1 in 'n
60 km∙h-1-spoedsone toe die bestuurder sien dat mense 50 m voor hom oor 'n
voetgangeroorgang loop. Die bestuurder neem presies een sekonde (1 s) om te
reageer voordat hy die remme so hard as moontlik aanslaan. Dit neem 'n verdere
3 sekondes voordat die voertuig tot stilstand kom.

                                                 60 km∙h-1

                                                                              VOETGANGEROORGANG
              15 m∙s-1

                               reaksietyd
                                     1s

                                                  50 m

5.1      Voltooi die volgende sin:

         Die bewegingsvergelykings is slegs geldig vir beweging teen konstante
         (5.1.1) … in 'n (5.1.2) … lyn.                                                                      (2)

5.2      Het die bestuurder van die afleweringsvoertuig die spoedgrens oorskry?
         Toon ALLE berekeninge.                                                                              (3)

5.3      Bereken die afstand wat die afleweringsvoertuig tydens die 1 sekonde-
         reaksietyd aflê.                                                                                    (3)

5.4      Sal die voertuig     voor    die   voetgangeroorgang   stilhou?   Toon                   ALLE
         berekeninge.                                                                                        (6)

5.5      Die stilhouafstand van die voertuig TOENEEM of AFNEEM wanneer die pad
         nat en glad is?

         Deur te verwys na snelheid en tyd, verduidelik kortliks hoe jy by die antwoord
         uitgekom het.                                                                                       (3)
                                                                                                             [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       11                                     DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Voorwerp met massa 0,2 kg word by punt A losgelaat en beweeg langs die
wrywinglose deel AC van 'n geboë baan. Langs deel CD ondervind dit wrywing en kom
tot stilstand by punt D. Die vertikale hoogte van punt A bokant punt X op die grond is
0,8 m soos hieronder aangetoon.

                                                                       
                                                                        A

                                                           B     0,8 m

                            2m
                                                                     
                     D                C                                X

6.1      Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer.                     (2)

6.2      Bereken die gravitasie- potensiële energie van die voorwerp by punt A net
         voordat dit losgelaat word.                                                             (3)

6.3      Die spoed van die voorwerp by punt B is 3 m∙s-1. Gebruik die beginsel van
         behoud van meganiese energie om die vertikale hoogte van punt B bokant
         die grond te bereken.                                                                   (6)

6.4      Die voorwerp bereik punt C teen 'n snelheid van 3,96 m∙s-1.

         6.4.1       Skryf die energie-omskakeling wat plaasvind as die voorwerp van
                     punt C na D beweeg, neer.                                                   (1)

         6.4.2       Bereken die versnelling wat die voorwerp ondervind soos dit vanaf
                     punt C na punt D beweeg.                                                    (5)
                                                                                                 [17]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              12                                     DBE/2012
                                           NSS – Graad 10 Model

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Die diagram hieronder toon twee golwe, A en B, met dieselfde golflengte
         maar verskillende amplitudes, wat mekaar kruis aan.

                                   B
                             A
                                                                   b

            posisie (m)
                               a                                             tyd (s)

                                            -a
                               -b

         7.1.1             Definieer die term amplitude.                                               (2)

         7.1.2             Teken die vorm van die resulterende golf as die twee golwe (A en
                           B) mekaar kruis. Dui die resulterende amplitude op jou diagram
                           aan.                                                                        (3)

         7.1.3             Watter golfeienskap word in VRAAG 7.1.2 geïllustreer?                       (1)

         7.1.4             Noem die beginsel wat gebruik is om VRAAG 7.1.2 te beantwoord.              (1)

7.2      In die skets hieronder, nie volgens skaal geteken nie, stel Q 'n voorwerp op
         die oppervlak van die water in 'n dam voor. 'n Persoon wat op 'n brug staan
         neem waar dat voorwerp Q op en af beweeg. Voorwerp Q styg elke 5 s na die
         bopunt.

                                                                       Rigting van beweging
                                            1,5 m

            posisie (m)        ●                                             posisie (m)
                              Q

         7.2.1             Definieer die term golflengte.                                              (2)

         7.2.2             In watter rigting gaan voorwerp Q volgende beweeg?                          (2)

         Bereken die:

         7.2.3             Frekwensie van die golwe                                                    (3)

         7.2.4             Spoed van die golwe                                                         (3)
                                                                                                       [17]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              13                                   DBE/2012
                                           NSS – Graad 10 Model

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Klankgolf wat deur 'n vibrerende musiekinstrument voortgebring word, word in
DIAGRAM 1 hieronder voorgestel.
                                          DIAGRAM 1
                                                      B

                                    A            A          A
8.1      Gee byskrifte vir die gedeeltes gemerk:

         8.1.1              A                                                                         (1)

         8.1.2              B                                                                         (1)

8.2      Die posisie-tydgrafiek in DIAGRAM 2 hieronder stel dieselfde klankgolf voor
         wat deur die musiekinstrument hierbo voortgebring word.

                                           DIAGRAM 2

                                                       Y
                                                       ●

             posisie (m)
                                                X                       Z
                                                 ●                      ●
                                                                            tyd (s)

         8.2.1              Noem die tipe golf wat in DIAGRAM 2 voorgestel word.                      (1)

         8.2.2              Watter EEN van die punte X, Y of Z in DIAGRAM 2 stem ooreen
                            met die gedeelte gemerk A in DIAGRAM 1?                                   (1)

         8.2.3              Dieselfde noot word nou op die instrument gespeel, maar baie
                            harder as tevore.

                            Hoe sal hierdie verandering die grafiek in DIAGRAM 2 beïnvloed?           (1)

         8.2.4              'n Noot met 'n hoër frekwensie, maar met dieselfde oorspronklike
                            hardheid, word nou op die instrument gespeel.

                            Hoe sal hierdie verandering die grafiek in DIAGRAM 2 beïnvloed?           (1)
                                                                                                      [6]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                            14                                       DBE/2012
                                         NSS – Graad 10 Model

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Paar elektromagnetiese golwe word hieronder genoem.

        UV-strale          Infrarooi strale       Radiogolwe       X-strale   γ-strale
9.1      Hoe word elektromagnetiese golwe opgewek?                                                      (1)
9.2      Uit die lys hierbo, skryf die golwe neer wat:
         9.2.1           In 'n TV-afstandbeheer gebruik word                                            (1)
         9.2.2           Gebruik word om instrumente in hospitale te steriliseer                        (1)
         9.2.3           Die grootste deurdringingsvermoë het                                           (1)
         9.2.4           In die behandeling van kanker gebruik word                                     (1)
9.3      Ultraklank word gebruik om 'n beeld van 'n ongebore baba te verkry.
         Verduidelik kortliks waarom X-strale nie vir dieselfde doel gebruik kan word
         nie.                                                                                           (2)
9.4      'n Foton van 'n X-straal met 'n golflengte van 2,1 x 10-9 m val op 'n liggaam in.
         Bereken hoeveel energie hierdie foton aan die liggaam oordra.                                  (4)
                                                                                                        [11]

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1     In die diagram hieronder is staalskuifspelde A en B aan 'n tou wat aan 'n tafel
         vasgemaak is, geheg. Die skuifspelde bly onder die magneet gesuspendeer.

                                          N        S
                                         A          B

                                                               Tafel
         10.1.1          Definieer die term magneetveld.                                                (2)
         10.1.2          Sal die boonste punt van die skuifspeld A 'n N-pool of 'n S-pool
                         wees?                                                                          (1)
10.2     Twee staafmagnete word naby mekaar geplaas soos in die diagram hieronder
         aangetoon.

                     N                        S         S                     N

         10.2.1          Teken die magneetveldpatroon tussen die twee magnete.                          (3)
         10.2.2          Die magnete word nou verder van mekaar af beweeg. Watter effek
                         sal hierdie verandering hê op die magneetveldpatroon wat in
                         VRAAG 10.2.1 geteken is?                                                       (1)
                                                                                                        [7]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                             15                            DBE/2012
                                          NSS – Graad 10 Model

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee identiese metaalsfere, A en B, op 'n geïsoleerde oppervlak, dra ladings van
-2,8 x 10-6 C en +4,5 x 10-6 C onderskeidelik. Die sfere word in kontak met mekaar
gebring.
                                     A    B
                       -2,8 x 10-9 C          +4,5 x 10-9 C
                                             - +
11.1     Daar word waargeneem dat die sfere na kontak van mekaar af wegbeweeg.
         Verduidelik hierdie waarneming kortliks.                                           (3)
11.2     Bereken die nuwe lading op elke sfeer nadat hulle weg van mekaar af
         beweeg het.                                                                        (3)
11.3     Bereken die aantal elektrone wat tydens kontak van een sfeer na die ander
         oorgedra word.                                                                     (4)
                                                                                            [10]

VRAAG 12 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders stel 'n stroombaan op soos in die diagram hieronder aangetoon. Die emk van
elke sel is 1,5 V. Elk van die gloeilampe A en B het 'n weerstand van 2 Ω en
gloeilamp C het 'n weerstand van 3 Ω.
                                          V1

                                      B

                                 A A                         C   S

                                 V2                     V3

12.1     Bereken die effektiewe weerstand van gloeilampe A en B.                            (3)
Skakelaar S word nou vir 'n kort rukkie gesluit.
12.2     Bepaal die lesing op:
         12.2.1      Voltmeter V 1                                                          (1)
         12.2.2      Voltmeter V 3                                                          (2)
12.3     Bereken die energie wat in gloeilamp C in 3 sekondes oorgedra word as die
         stroom in die stroombaan 2 A is.                                                   (5)
12.4     AL die gloeilampe word nou in parallel geskakel. Hoe sal die totale stroom in
         die stroombaan beïnvloed word? Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER
         of DIESELFDE BLY neer.                                                             (1)
                                                                                            [12]
                                                                     GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                                         DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

                           DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                     PAPER 1 (PHYSICS)

                   GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                              VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                  SYMBOL/SIMBOOL                      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                   g                            9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                   c                      3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                   h                      6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
                                                   e                          -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                                 me                       9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING

v f = v i + a ∆t                              ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                                    v + vi 
v f = v i + 2a∆x
  2     2
                                              ∆x =  f       ∆t
                                                    2 

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

                                                   1                          1
U = mgh or/of E P = mgh                       K=     mv 2 or/of        Ek =     mv 2
                                                   2                          2

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                   1
v=fλ                                          T=
                                                   f
                       c
E = hf or/of E = h
                       λ

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
                                      1   1   1
Q = I ∆t                                =   +   + ...
                                     R p R1 R 2
                                          W
R s = R1 + R 2 + ...                 V=
                                          q

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                             DBE/2012
                             NSS – Graad 10 Model

ANTWOORDBLAD

LEERDER SE NAAM:

           A         B   C   D
1.1

           A         B   C   D
1.2

           A         B   C   D
1.3

           A         B   C   D
1.4

           A         B   C   D
1.5

           A         B   C   D
1.6

                                                    For the use of the marker
           A         B   C   D
1.7                                                 Vir die gebruik van die nasiener

                                                    Marks obtained
           A         B   C   D                      Punte behaal
1.8

                                                    Marker's initials
           A         B   C   D                      Nasiener se paraaf
1.9

                                                    Marker's number
           A         B   C   D                      Nasiener se nommer
1.10

                                                                                (10 x 2)      [20]

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          DBE/2012
                         NSS – Graad 10 Model

GRAFIEKPAPIER

LEERDER SE NAAM:

VRAAG 4.3

                                                   (6)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng & Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-exemplar-2012-memo-eng-afr/efd72a77-c6a8-43a5-827c-7794c8604842) — Physical Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/e4c7326e-a7cf-4c7f-9d45-df658b001890) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-eng/b2ef4670-2737-4284-9de8-8af702c6ec45) — Physical Sciences · QP · 2015 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng & Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-eng-afr/4ea24956-28d2-4a2a-a454-04af187ec772) — Physical Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/f5b2693d-e3d5-4da6-b145-3ca90efd073d) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Fisiese Wetenskap Graad 10 Vr1](https://www.hlayiso.com/library/fisiese-wetenskap-graad-10-vr1/faafe1a9-827a-44ad-8f46-d26cb391480f) — Physical Sciences · QP · 2015

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
