# Physical Sciences Grade 10 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-nov-2019-afr-d/300c1495-48de-4d93-961e-6c54622a8ed6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-nov-2019-afr-d/300c1495-48de-4d93-961e-6c54622a8ed6)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 10

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 2 gegewensblaaie.

                                      *XPSCA1*

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Fisiese Wetenskappe/V1                       2                           DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (bv. 10A) in die toepaslike ruimtes op die
         ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Fisiese Wetenskappe/V1                       3                              DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord.

1.1      Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is 'n skalaargrootheid?

         A     'n Gewig van 5 N

         B     'n Snelheid van 10 m∙s-1 oos

         C     'n Stroom van 2 A

         D     'n Negatiewe versnelling van 0,4 m∙s-2                                              (2)

1.2      Drie kragte werk gelyktydig op 'n voorwerp in, soos hieronder getoon.
                                                                                        N
                                                              5N
                            3N                                                    W           O
                                                    2N

                                                                                        S
         Die resulterende (netto) krag wat op die voorwerp inwerk, is ...

         A     10 N wes.

         B     4 N wes.

         C     10 N oos.

         D     4 N oos.                                                                            (2)

1.3      'n Voorwerp versnel uniform wanneer die …. van die voorwerp met dieselfde
         hoeveelheid in gelyketydintervalle verander.

         A     snelheid

         B     verplasing

         C     spoed

         D     meganiese energie                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Fisiese Wetenskappe/V1                                  4                DBE/November 2019
                                                 KABV – Graad 10

1.4      Die snelheid-tyd-grafiek vir die beweging van 'n voorwerp word hieronder
         getoon.

                                     Snelheid (m∙s-1)
                                                                   Tyd (s)

         Die voorwerp verander van rigting by ...

         A     0,5 s

         B     1s

         C     2s

         D     3s                                                                                 (2)

1.5      'n Voorwerp wat teen spoed v beweeg, het 'n kinetiese energie E. Die
         kinetiese energie verander nou na ¼E.

         Die spoed van die voorwerp is nou ...

         A     ½v.

         B     2v.

         C     ¼v.

         D     4v.                                                                                (2)

1.6      Die frekwensie van 'n golf word gedefinieer as die ...

         A     laagste punt op 'n golf.

         B     tyd geneem vir een volledige golf.

         C     aantal volledige golwe per sekonde.

         D     aantal punte in fase in 'n golflengte.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Fisiese Wetenskappe/V1                         5                        DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 10

1.7      Wanneer twee golfkruine oorvleuel, is die toename in amplitude as gevolg
         van ...

         A     kansellasie.

         B     twee golwe in fase.

         C     destruktiewe interferensie.

         D     konstruktiewe interferensie.                                                    (2)

1.8      Watter EEN van die volgende materiale is 'n ferromagnetiese materiaal?

         A     Chroom

         B     Koolstof

         C     Kobalt

         D     Kalsium                                                                         (2)

1.9      Die SI-eenheid vir lading is die ...

         A     ampère.

         B     volt.

         C     ohm.

         D     coulomb.                                                                        (2)

1.10     Die maksimum arbeid verrig per eenheidslading deur 'n battery is die ...

         A     emk.

         B     stroom.

         C     weerstand.

         D     terminale potensiaalverskil.                                                    (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Fisiese Wetenskappe/V1                        6                         DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Seun loop in 'n OOSTELIKE rigting, soos hieronder getoon. Nadat hy by 'n boom
verbygeloop het, loop hy nog 20 m in dieselfde rigting. Hy kom dan tot stilstand, klim
op sy skaatsplank en ry in 'n WESTELIKE rigting vir 25 m voordat hy finaal tot stilstand
kom.

                                                                                    N

                                                                              W            O

                                                                                    S

                                                  20 m

Die resulterende verplasing van die seun wanneer hy finaal tot stilstand kom, is
10 m OOS van sy aanvanklike posisie.

2.1      Definieer die term afstand.                                                           (2)

2.2      Bepaal die aanvanklike posisie van die seun relatief tot die boom.                    (2)

2.3      Bereken die totale afstand wat die seun beweeg het.                                   (2)

2.4      Wanneer die seun op die skaatsplank is, skaats hy teen 'n gemiddelde spoed
         van 5 m∙s-1.

         Bereken hoe lank, in sekondes, die seun gedurende die beweging op die
         skaatsplank is.                                                                       (3)

2.5      Die totale tyd vir die beweging van die seun vanaf sy aanvanklike posisie
         totdat hy finaal tot stilstand kom, is 40 s. Bereken sy gemiddelde snelheid.          (3)
                                                                                               [12]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Fisiese Wetenskappe/V1                          7                        DBE/November 2019
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Vliegtuig land op 'n aanloopbaan teen 'n snelheid van 67 m·s-1, soos hieronder
geïllustreer. Na 30 sekondes is die snelheid van die vliegtuig 8 m·s-1.

Die vliegtuig beweeg dan voort teen 'n KONSTANTE SNELHEID vir 'n verdere 800 m
voordat dit die aanloopbaan verlaat. Die lengte van die aanloopbaan is 2 000 m.

                 67 m∙s-1                          8 m∙s-1
                                  30 s

                                                             800 m
3.1      Definieer die term vektor.                                                              (2)

3.2      Skakel 67 m∙s-1 na km∙h-1 om.                                                           (1)

3.3      Bereken die:

         3.3.1       Versnelling van die vliegtuig gedurende die eerste 30 sekondes              (4)

         3.3.2       Afstand wat die vliegtuig gedurende die eerste 30 sekondes beweeg
                     het                                                                         (4)

         3.3.3       Tyd deur die vliegtuig geneem om die 800 m te beweeg                        (3)

         3.3.4       Lengte van die aanloopbaan wat NIE GEBRUIK WORD NIE
                     wanneer die vliegtuig die aanloopbaan verlaat                               (2)

3.4      Vlieëniers moet weerstoestande, soos wind en reën, in ag neem wanneer
         hulle landingspoed bereken.

         3.4.1       Hoe moet 'n vlieënier die landingspoed aanpas indien die oppervlak
                     van die aanloopbaan nat is? Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY
                     DIESELFDE.                                                                  (1)

         3.4.2       Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.4.1 deur na die stopafstand in
                     verhouding tot die landingspoed te verwys.                                  (2)
                                                                                                 [19]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Fisiese Wetenskappe/V1                                         8                     DBE/November 2019
                                                        KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder stel die beweging van 'n motor oor 'n tydperk van
12 sekondes voor. Die motor beweeg aanvanklik NOORD.

                                                  Grafiek van snelheid teenoor tyd
                                12
                                      A       B
                                10
                                8
                                6

             snelheid (m·s-1)
                                4
                                2
                                                                C                            tyd (s)
                                0
                                -2 0          2         4       6         8    10    12         14
                                -4
                                -6
                                                                               D     E
                                -8

4.1      Definieer die term snelheid.                                                                          (2)

4.2      Beskryf die beweging van die motor van C na E.                                                        (3)

4.3      SONDER DIE GEBRUIK VAN BEWEGINGSVERGELYKINGS, bereken die:

         4.3.1                       Afstand wat die motor van A na C beweeg                                   (4)

         4.3.2                       Versnelling van die motor tussen B en C                                   (4)

4.4      Hoe vergelyk die grootte van die versnelling van die motor tussen B en C met
         die grootte van die versnelling daarvan tussen C en D? Kies uit GROTER AS,
         KLEINER AS of GELYK AAN.                                                                              (1)

4.5      Verwys na die grafiek en gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.4.                                   (1)

4.6      Skryf die rigting van die resulterende verplasing van die motor neer.                                 (1)

4.7      Gebruik 'n bewegingsvergelyking om die oombliklike snelheid van die motor
         by t = 5 s te bereken.                                                                                (4)
                                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Fisiese Wetenskappe/V1                        9                         DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 2 kg-bal rol vanuit rus van punt A oor 'n wrywinglose baan ABCD, soos hieronder
getoon. Die horisontale gedeelte, BC, van die baan is 5 cm bo die grond. Die bal
bereik punt D, 30 cm bokant die grond, teen 'n spoed van 1,71 m∙s-1.

                         A
                                                                    D

                         h
                              B                  C                   30 cm
                                          5 cm
                                                                              grond

5.1      Skryf EEN term vir die volgende stelling neer:

         Die som van gravitasie-potensiële energie en kinetiese energie                        (1)

5.2      Bereken die:

         5.2.1       Meganiese energie van die bal by punt D                                   (4)

         5.2.2       Aanvanklike hoogte h van die bal by punt A                                (3)

         5.2.3       Spoed van die bal terwyl dit tussen punt B en punt C beweeg               (3)

5.3      Die 2 kg-bal word nou met 'n 4 kg-bal vervang.

         Hoe sal die spoed van die 4 kg-bal met die spoed van die 2 kg-bal by punt D
         vergelyk? Kies uit GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.
         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                         (2)
                                                                                               [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Fisiese Wetenskappe/V1                                             10                       DBE/November 2019
                                                            KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder stel 'n transversale golf voor wat deur bron A voortgebring
word.

                                                             d

                           50

          amplitude (cm)
                                 0         4            8             12            16              tyd (s)

                           -50

6.1                         Definieer die term amplitude van 'n golf.                                              (2)

6.2                         Skryf die amplitude, in meter, van hierdie golf neer.                                  (1)

6.3                         Bepaal die periode van hierdie golf.                                                   (1)

6.4                         Bereken die:

                            6.4.1      Spoed van die golf indien die golflengte 0,8 m is                           (5)

                            6.4.2      Afstand d op die diagram                                                    (2)

Die diagram hieronder stel 'n transversale golf voor wat deur bron B voortgebring
word.

                           50

      amplitude (cm)
                                                                                                  tyd (s)
                                           4           8             12         16           20

                           -50

6.5                         Hoe vergelyk ELK van die volgende eienskappe van die golf deur bron B
                            voortgebring met dié van die golf deur bron A voortgebring? Kies uit
                            GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.

                            6.5.1      Amplitude                                                                   (1)

                            6.5.2      Frekwensie                                                                  (1)

6.6                         Bereken die frekwensie van die golf deur bron B voortgebring.                          (3)
                                                                                                                   [16]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Fisiese Wetenskappe/V1                          11                          DBE/November 2019
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Klankgolf word voortgebring deur 'n bron wat 'n sekere afstand vanaf 'n gebou
geplaas is soos hieronder getoon. Die eggo bereik die bron na 8 sekondes. Die spoed
van klank in lug is 340 m·s-1.

                      Klankgolf
      Klank-
                                                                                    Gebou
      bron

7.1        Definieer die term longitudinale golf.                                                  (2)

7.2        Bereken die afstand tussen die klankbron en die gebou.                                  (4)

7.3        Noem die eienskap van 'n klankgolf wat sy toonhoogte beïnvloed.                         (1)

7.4        Bo watter frekwensie word 'n klankgolf as ultraklank geklassifiseer?                    (1)

7.5        Noem EEN gebruik van ultraklank in die mediese behandeling van pasiënte.                (1)
                                                                                                   [9]

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die frekwensie en ooreenstemmende energie van elektromagnetiese golwe word in die
tabel hieronder gegee.

                      GOLF          FREKWENSIE              ENERGIE
                                         (Hz)                  (J)
                          A            2 × 109             1,33 × 10-24
                          B            4 × 1012            2,65 × 10-21
                          C           3,5 × 1015           2,32 × 10-18
                          D           1,8 × 1018           1,19 × 10-15
                          E                f               4,97 × 10-14

8.1        Beskryf hoe 'n elektromagnetiese golf voortplant.                                       (2)

8.2        Wat is die verwantskap tussen frekwensie en                    energie   van     'n
           elektromagnetiese golf, soos in die tabel hierbo getoon?                                (2)

8.3        Bereken die:

           8.3.1      Frekwensie van golf E                                                        (3)

           8.3.2      Golflengte van golf D                                                        (3)

8.4        Watter golf, A of B, het die HOOGSTE deurdringingsvermoë? Gee 'n rede vir
           die antwoord.                                                                           (2)
                                                                                                   [12]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Fisiese Wetenskappe/V1                               12                 DBE/November 2019
                                              KABV – Graad 10

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Kompas word gebruik om die pole van 'n magneet te bepaal. Die kompas word in
verskillende posisies rondom die magneet geplaas, soos hieronder getoon. Die donker
punt stel die noordpool van die kompas voor.
                                                      Posisie 2
                         Posisie 1
                                          X                         Y

9.1      Verduidelik die term ferromagnetiese materiaal.                                       (2)

9.2      Is X 'n NOORD-pool of 'n SUID-pool?                                                   (1)

9.3      By watter posisie, 1 of 2, sal die kompas die sterkste magnetiese krag
         ondervind? Gee 'n rede vir die antwoord.                                              (2)

9.4      Wat is die rigting van 'n magnetiese veld? Kies uit VAN NOORD NA SUID of
         VAN SUID NA NOORD.                                                                    (1)

9.5      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings:

         9.5.1       Die punt in die Noordelike Halfrond waar die rotasie-as van die
                     Aarde die oppervlak ontmoet                                               (1)

         9.5.2       Die punt waar die magneetveldlyne van die Aarde die Aarde
                     binnedring                                                                (1)

9.6      Noem EEN voordeel van die Aarde se magnetosfeer vir lewe op Aarde.                    (1)
                                                                                               [9]

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon twee klein identies gelaaide sfere, P en Q, op geïsoleerde
staanders. Die lading op sfeer P is -3 × 10-6 C en die lading op sfeer Q is onbekend.

                                                P               Q
                                     -6
                           -3 × 10 C

10.1     Bereken die aantal elektrone in oormaat op sfeer P.                                   (3)

Die twee sfere word met mekaar in kontak gebring en dan in hulle oorspronklike
posisies teruggeplaas. Elke sfeer dra nou 'n lading van -1 × 10-6 C.

10.2     Bereken die oorspronklike lading op sfeer Q voordat die sfere met mekaar in
         kontak gebring is.                                                                    (3)

10.3     Is elektrone van P NA Q of van Q NA P gedurende kontak oorgedra?                      (1)
                                                                                               [7]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Fisiese Wetenskappe/V1                      13                            DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die stroombaandiagram hieronder is die weerstand van die battery, ammeter en
verbindingsdrade weglaatbaar.

                                            V1
                             S

                         R                                          A
                                          V2

                                         4Ω

                                         6Ω

11.1     Verduidelik die betekenis van die volgende:

         'n Stroom van 5 A                                                                    (2)

11.2     Bereken die effektiewe weerstand van die parallelle resistors.                       (3)

11.3     Watter een van die voltmeters, V1 of V2, sal 'n lesing toon indien die skakelaar
         oop is?                                                                              (1)

Skakelaar S word nou GESLUIT.

11.4     Hoe vergelyk die lesing op voltmeter V2 met dié op voltmeter V1? Kies uit
         GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.                                                  (1)

11.5     Bereken die stroom in die stroombaan indien 0,3 C in 2 s deur die ammeter
         vloei.                                                                               (3)

11.6     Die potensiaalverskil oor resistor R is 5 V wanneer 'n lading van 0,3 C
         daardeur beweeg. Bereken die energie oorgedra in resistor R.                         (3)
                                                                                              [13]

                                                                               TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 14



### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V1                             1                               DBE/November 2019
                                            KABV – Graad 10

                           DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                     PAPER 1 (PHYSICS)
                        GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                    VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                         SYMBOL/SIMBOOL                 VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                     g                        9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                     c                     3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                     h                     6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
                                                     e                      -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                                     me                    9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

vf       v i  a 't                             'x    v i 't  21 a't 2
     2        2                                       § v f  vi ·
vf        v i  2a'x                            'x    ¨          ¸ 't
                                                      © 2 ¹

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

                                                     1                    1
U mgh or/of EP                mgh               K      mv 2 or/of E k       mv 2
                                                     2                    2

EM = E k + E p        or/of   EM = K + U

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                     1
v        fO                                     T
                                                     f
                          c
E hf or/of E h
                          O

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Fisiese Wetenskappe/V1                     2          DBE/November 2019
                                    KABV – Graad 10

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     Q                    Q          Q1 + Q 2
n=       or/of        n        Q=
     e                    qe            2

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                1     1   1
Q I 't                         Rp
                                        
                                      R1 R 2
                                              ...

                                      W
Rs   R1  R 2  ...            V
                                      Q

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [PHYS SCIENCES P1 QP GR10 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr10-nov2019-afrikaans/778f6eb1-0b22-4d0b-b2ff-99ca806dec82) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P2 Gr 10 Nov 2019 Memo Afr & Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-memo-afr-eng/f1aaa72a-2e1d-424d-8e0f-8e13a6cf079e) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr 10 Physical Sciences P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHSC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phsc-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/1f8b5992-42ce-4308-8b8b-73b19d7217b3) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
