# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                 JUNIE 2022

                  FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasie op die
      ANTWOORDEBOEK.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

 3.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 6.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.   Toon ALLE formules en substitusies in alle berekeninge.

 8.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 9.   Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

 10. Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 11. Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                   3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke
 vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf SLEGS die letter (A–D) langs die
 vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 B.

 1.1 ŉ Houtblok rus op ŉ skuinsvlak soos in die diagram hieronder getoon. Watter
     EEN van die volgende formules is die KORREKTE uitdrukking met betrekking
     tot die kragte wat op die blok inwerk?

        A     Ff = Ftoegepas
        B     FN = F//
        C     FN = F⊥
        D     F⊥= F//                                                                     (2)

 1.2 ŉ Glasblok beweeg vanaf punt A na punt B op ŉ wrywinglose skuinsvlak soos
     getoon in die diagram hieronder. Watter EEN van die volgende stellings is
     WAAR vir die TOTALE Meganiese Energie (Emeg) en Kinetiese Energie (Ek)
     soos die blok vanaf punt A na B beweeg?

                  A

                                                                B

                  TOTALE MEGANIESE ENERGIE            Kinetiese Energie Ek
                             Emeg
        A              Emeg(A) = Emeg(B)                   Ek(A) = Ek(B)
        B              Emeg(A) < Emeg(B)                   Ek(A) < Ek(B)
        C              Emeg(A) = Emeg(B)                   Ek(A) < Ek(B)
        D              Emeg(A) > Emeg(B)                   Ek(A) > Ek(B)                  (2)

 1.3 ŉ Fisiese grootheid wat beskryf word as ŉ maatstaf van die weerstand van ŉ
     liggaam teen ŉ verandering in sy bewegingstoestand is die ...

        A     versnelling.
        B     traagheid.
        C     Newton se Tweede Bewegingswet.
        D     Newton se Derde Bewegingswet.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  FISIESE WETENSKAPPE V1                            (EC/JUNIE 2022)

 1.4 ŉ Voorwerp word vertikaal opwaarts gegooi.

      Watter EEN van die volgende stellings is WAAR met betrekking tot die
      versnelling en snelheid van die voorwerp wanneer dit sy maksimum hoogte
      bereik?

                         Versnelling                            Snelheid
      A               9,8 m.s-2 afwaarts                    9,8 m.s-1 afwaarts
      B                    0 m.s-2                          9,8 m.s-1 afwaarts
      C                    0 m.s-2                               0 m.s-1
      D               9,8 m.s-2 afwaarts                         0 m.s-1                       (2)

 1.5 ŉ Bal rol vanaf punt A na D soos in die diagram hieronder getoon. Die afdelings
     AB en CD is wrywingloos, terwyl BC grof is. Watter EEN van die volgende
     stellings is waar?

          A
                                                                                      D

                                   B                          C

      A       Die totale meganiese energie verander wanneer die bal vanaf B na C rol.
      B       Die bal het dieselfde kinetiese energie by A en C
      C       Die totale meganiese energie van die bal neem af vanaf C na D
      D       Kinetiese energie word behou tydens die volledige beweging vanaf A
              tot D                                                                             (2)

 1.6 Twee voorwerpe met massas P en Q onderskeidelik, word so geplaas dat hul
     middelpunte ŉ afstand R van mekaar is. Die krag wat hulle op mekaar uitoefen
     is F.

                               P                               Q
                                              R

      Wanneer die massa van P gehalveer word (½ P) en die afstand tussen hul
      middelpunte verdubbel word na 2R. Die nuwe krag wat hulle op mekaar
      uitoefen is …

      A       ½ F.
      B       ¼ F.
      C       ⅛ F.
      D       4 F.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                   5

 1.7 Bal A word van die bokant van ŉ gebou laat val. Bal B word 1 s later opwaarts
     vanaf die grond gegooi. Hulle beweeg verby mekaar by punt X. Ignoreer die
     effek van lugweerstand.

                                         A

                                     X

                                         B

        Watter EEN van die volgende stellings is WAAR wanneer die twee balle by punt
        X ontmoet?

        A     die afstand wat elke bal afgelê het, sal gelyk wees.
        B     die som van die afstand afgelê deur A en B sal gelyk wees aan die
              hoogte van die gebou.
        C     bal B sal nie die bopunt van die gebou bereik nie.
        D     die tyd wat dit neem vir bal A om punt X te bereik is minder as die tyd
              wat dit neem vir bal B om punt X te bereik.                                     (2)

 1.8 Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede hieronder kan in die
     basiseenheid kg.m2.s-2 gemeet word?

        A     Kinetiese energie
        B     Versnelling
        C     Snelheid
        D     Momentum                                                                        (2)

 1.9 ŉ Brandweerwa beweeg na ŉ gebou wat aan die brand is. Die sirene van die
     brandweerwa het ŉ frekwensie f. Die frekwensie wat die brandweermanne in
     die brandweerwa sal hoor wanneer hulle na die brandende gebou beweeg, sal
     … wees.

        A     3f
        B     2f
        C     f
        D     ½f                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2022)

 1.10 Twee identiese geleidende sfere P met ŉ lading van +3,2 x 10-19 C en Q, met
      ŉ lading van -6,4 x 10-19 C, word in kontak gebring. Tydens kontak sal sfeer
      P ...

       A.    2 elektrone bykry.
       B.    3 elektrone bykry.
       C.    3 elektrone verloor.
       D.    3 protone verloor.                                                         (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                                  7

 VRAAG 2

 ŉ Tou word gebruik om ŉ krag van 240 N op ŉ 50 kg krat toe te pas om dit teen ŉ
 KONSTANTE SNELHEID teen ŉ ruwe skuins oppervlak af te trek. Die skuinsvlak
 maak ŉ hoek van 12° met die horisontaal soos in die diagram hieronder getoon.

                                                                    12°

 2.1     Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                      (2)

 2.2     Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram van alle kragte wat op die krat inwerk.         (4)

 2.3     Definieer die term kinetiese wrywingskrag.                                         (2)

 2.4     Bereken die:

         2.4.1    Grootte van die kinetiese wrywingskrag tussen die krat en die
                  oppervlak van die skuinsoppervlak                                         (4)

         2.4.2    Waarde van die koëffisiënt van kinetiese wrywingskrag (μk) tussen die
                  krat en die oppervlak van die skuinsvlak                                 (4)
                                                                                          [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 3

 ŉ Metaalhouer word aan ŉ staalbal met ŉ massa van 5 kg verbind deur middel van
 ŉ ligte, onrekbare tou wat oor ŉ wrywinglose katrol beweeg soos in die diagram
 hieronder getoon. ŉ Krag F word toegepas teen ŉ hoek van 30° met die horisontaal
 op die metaalhouer. Die krag F word geleidelik verhoog en net voor F gelyk word
 aan 65 N, begin die sisteem net te beweeg.
 Die normaalkrag wat die tafel op die metaalhouer uitoefen, is 36,1 N.

                F

                        30°

                                                            Staalbal = 5 kg

 3.1    Gee die naam van die wrywingskrag wat deur die term verduidelik word net
        voor die metaalhouer begin beweeg.                                               (1)

 3.2    Teken ŉ vryliggaamdiagram van ALLE kragte wat op die metaalhouer inwerk.         (5)

 3.3    Bereken die:

        3.3.1   Grootte van die krag in VRAAG 3.1 genoem                                 (5)

        3.3.2   Massa van die metaalhouer                                                (4)
                                                                                        [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                                 9

 VRAAG 4

 Twee klein, sferiese planete P en Q met 'n massa van 1,2 x 10 18 kg en 3 x 1018 kg
 onderskeidelik beweeg in die ruimte met hul middelpunte 2 x 10 10 m uitmekaar, soos
 in die diagram hieronder getoon. Neem aan geen ander kragte werk op die planete in
 nie.

                       P                                    Q
                                     2 x 1010 m

 4.1 Stel Newton se Universele Wet van Gravitasie in woorde.                             (2)

 4.2 Bereken die gravitasiekrag tussen die twee planete.                                 (5)

 4.3 Die radiusse van die planete is gelyk. Hoe sal die versnelling as gevolg van
     gravitasie op die oppervlakte van planeet P (gP) vergelyk met die versnelling as
     gevolg van gravitasie op die oppervlakte van planeet Q (gQ)?

        Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of SOORTGELYK. Verduidelik jou
        antwoord kortliks.                                                               (2)
                                                                                         [9]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 5

 ŉ Krieketbal word opwaarts geprojekteer vanaf die onderkant van ŉ gebou by punt
 A teen ŉ snelheid van 20 m.s-1. Dit bereik ŉ maksimum hoogte bokant die gebou
 en keer terug na punt B soos in diagram hieronder getoon. ŉ Man wat op ŉ balkon
 van die gebou by punt B staan, vang die bal 1,66 s nadat dit sy maksimum hoogte
 bereik het. Ignoreer die effek van lugweerstand.

                                          B

                                          20 m.s-1
                                           A

 5.1 Definieer die term vryval.                                                      (2)

 5.2 Bereken die:

      5.2.1    Tyd wat dit die krieketbal geneem het om sy maksimum hoogte te        (4)
               bereik

      5.2.2    Hoogte van die balkon bo die grond                                      (5)

      5.2.3    Snelheid waarmee die bal die man se hand tref wanneer hy dit vang       (3)

 5.3 Teken ŉ snelheid-tyd-grafiek vir die beweging van die krieketbal vanaf die
     oomblik dat dit geprojekteer is totdat die man die bal by punt B vang.

      Die volgende moet duidelik op jou grafiek aangedui word:

      •   Beginsnelheid van die bal
      •   Tyd wanneer die bal op maksimum hoogte is.
      •   Tyd wanneer die man die bal vang.
      •   Snelheid van die bal net voor die man dit vang.                             (5)
                                                                                     [19]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                             11

 VRAAG 6

 ŉ Vragmotor met massa 3 200 kg wat teen ŉ snelheid van 18 m.s-1 oos ry, bots teen
 motor met massa 1 800 kg wat teen ŉ snelheid van 12 m.s-1 in dieselfde rigting ry,
 soos getoon in die diagram hieronder. Na die botsing, beweeg die vragmotor voort in
 dieselfde rigting teen ŉ snelheid van 10 m.s-1.

                         18 m.s-1          12 m.s-1

                     VRAGMOTOR             MOTOR

 6.1 Definieer die term momentum in woorde.                                              (2)

 6.2 Bereken die:

       6.2.1      Momentum van die vragmotor voor die botsing                            (3)

       6.2.2      Snelheid van die motor na die botsing                                  (5)

 6.3 Is die botsing tussen die vragmotor en die motor elasties of onelasties?
     Verduidelik jou antwoord.                                                           (3)

 6.4 Noem TWEE veiligheidskenmerke wat in voertuie gevind kan word sodat
     ernstige beserings tot die minimum beperk kan word wanneer botsings soos
     hierdie plaasvind.                                                                 (2)
                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            FISIESE WETENSKAPPE V1                             (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 7

 Tydens ŉ gimnastiekroetine by die Olimpiese Spele, spring ŉ gimnas in die lug en
 land vertikaal soos in die diagram getoon. Die massa van die gimnas is 45 kg. Vanaf
 haar maksimum hoogte neem dit 0,35 s voordat sy op ŉ mat land. Sy buig haar knieë
 terwyl sy land. Dit het haar 0,69 s geneem om ná landing heeltemal tot stilstand te
 kom.

 7.1    Bereken die snelheid waarteen die gimnas op die mat land.                           (4)

 7.2    Definieer die term impuls in woorde.                                                (2)

 7.3    Bereken die krag van die mat op die gimnas nadat sy op dit beland het.              (5)

 7.4    Gebruik jou antwoord in VRAAG 7.3 en verduidelik waarom dit nodig is vir die
        gimnas om haar knieë by die landing te buig om ernstige beserings te vermy.         (3)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                                 13

 VRAAG 8

 ŉ Myntrollie met massa 540 kg wat na regs beweeg, nader punt A met ŉ snelheid van
 12 m.s-1 en kom tot stilstand by punt C. AB is ŉ ruwe oppervlakte terwyl BC
 wrywingloos is. Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die trollie en die ruwe
 oppervlak AB is 0,8. BC is 4,5 m lank en maak ŉ hoek van 7,5° met die horisontaal
 soos in die diagram hieronder getoon.

                                                                                   C
        12 m.s-1

                                                          7,5°
        A                                       B

 8.1 Stel die beginsel van BEHOUD VAN MEGANIESE ENERGIE in woorde.                            (2)

 8.2 Gebruik die BEGINSEL VAN BEHOUD VAN MEGANIESE ENERGIE om die
     snelheid van die trollie by punt B te bereken.                                           (4)

 8.3 Bereken die kinetiese wrywingskrag tussen die trollie en die ruwe oppervlakte
     AB in die diagram hierbo.                                                                (3)

 8.4 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                              (2)

 8.5 Gebruik SLEGS die energie-beginsels om die … te bereken.

        8.5.1     arbeid verrig deur wrywingskrag terwyl die trollie van punt A na punt B
                  beweeg                                                                      (4)

        8.5.2     afstand vanaf punt A na punt B                                              (4)
                                                                                             [19]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 9

 ŉ Renmotor jaag na ŉ videokamera soos in die diagram hieronder getoon. Die
 frekwensie wat die enjin van die renmotor produseer, is 680 Hz. Die videokamera
 neem die klank op teen ŉ frekwensie van 875 Hz.
 Neem die spoed van klank as 340 m.s-1.

 9.1 Noem die verskynsel wat die waargenome verandering in frekwensie
     veroorsaak.                                                                      (2)

 9.2 Bereken die snelheid van die renmotor soos dit die videokamera nader. Gee
     jou antwoord in km.h-1.                                                          (6)

 9.3 Die renmotor gaan verby die videokamera en ry verder weg. Hoe verander
     die frekwensie soos dit wegbeweeg?
     Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. Verduidelik jou
     antwoord kortliks.                                                               (3)

 9.4 Noem TWEE gebruike van die verskynsel genoem in VRAAG 9.1 in die
     mediese veld.                                                                    (2)
                                                                                    [13]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                           15

 VRAAG 10

 Twee identiese teenoorgestelde puntladings A en B dra ŉ lading van grootte
 4 x 10-6 C elk en word 75 cm uitmekaar in ŉ vakuum geplaas soos in die diagram
 hieronder getoon.

                                75 cm

                      A                           B

 10.1 Teken die elektriese veldpatroon tussen ladings A en B.                        (3)

 10.2 Bereken die:                                                                   (4)

         10.2.1 Krag wat op lading A inwerk as gevolg van lading B

         10.2.2 Aantal elektrone in oormaat op lading B                             (3)
                                                                                   [10]

                                                                     TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            FISIESE WETENSKAPPE V1                                     (EC/JUNIE 2022)

                       DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)
                    GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                   VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                         SYMBOL/
                   NAME/NAAM                       VALUE/WAARDE
                                         SIMBOOL
 Acceleration due to gravity /
                                            g          9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant /
                                            G    6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum /
                                            c       3,0 × 108 m•s-1
 Spoed van lig in ŉ vacuum
 Planck's constant / Planck se konstante    h       6,63 × 10-34 J•s
 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                 k            9,0 × 109 N•m2•C-2
 Charge on electron / Lading op elektron                  e                -1,6 × 10-19 C
 Electron mass / Elektronmassa                            me              9,11 × 10-31 kg
 Mass of earth / Massa op aarde                           M               5,98 × 1024 kg
 Radius of earth / Radius van aarde                       RE               6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
 v f = vi + a t                           Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2
                                                 v + vf                 v + vf 
 v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay
     2     2              2    2
                                           Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                 2                      2 

FORCE/KRAG
 Fnet = ma                                 p = mv
 fsmax = µsN                               fk = µkN
 Fnet t = p
                                           w = mg
 p = mv f − mv i
         Gm 1 m2                                 M
 F =           2                           g = G d2
           d

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                                                    17

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W = Fx cosθ                  U= mgh      or/of EP = mgh
                                             Wnet = K or/of Wnet = Ek
    1               1
 K = mv 2 or/of Ek = mv 2
    2               2                        K = K f − K i       or/of Ek = Ekf − Eki
                                                  W
 Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep         P=
                                                  t
 Pav = Fv

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
    kQ 1Q 2                                     kQ
 F=                                          E=
      r2                                         r2
     V                                          F
 E=                                          E=
     d                                          q
     W                                            Q
 V=                                          n=
     q                                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
                                emf ( ε ) = I(R + r)
    V
 R=
    I
                                emk ( ε ) = I(R + r)
 R s = R1 + R 2 + ...
  1 1
    = +
         1
            + ...                            q = I t
 R p R1 R 2
 W = Vq                                           W
                                             P=
                                                  Δt
 W = VI  t
                                             P = VI
 W= I2R  t
                                             P = I2R
 W= V Δt
           2
                                                  V2
                                             P=
           R                                      R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
                              Pav erage = Vrms I rms                         /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
           I max
 I rms =                /          I
                            I wgk = maks
               2                     2
                                             Pav erage = I rms
                                                           2
                                                              R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R

               Vmax                  Vmaks
 Vrms =                 /   Vwgk =                      V2
                                                                                                 2
                                                                                                Vwgk
                   2                   2     Pav erage = rms         /           Pgemiddeld =
                                                         R                                       R

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
