# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2023-afrikaans/c302add2-426a-4779-ab3f-274ecebaf1b4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2023-afrikaans/c302add2-426a-4779-ab3f-274ecebaf1b4)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                 JUNIE 2023

                  FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             FISIESE WETENSKAPPE V1                            (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

3.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

4.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon die formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8.    Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

9.    Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke
      af.

10.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

11.   Alle diagramme nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                  3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D)
langs die vraagnommers (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 B.

1.1     Die basis-eenheid van energie kan geskryf word as …

        A     kg.m.s-1.

        B     kg.m.s-2.

        C     kg.m2.s-2.

        D     N.s.                                                                           (2)

1.2     ŉ Houtblok word met ŉ tou teen ŉ ruwe skuinsvlak opgetrek. Die houtblok
        beweeg teen ŉ konstante snelheid. Dit beteken dat:

        A     Daar geen kragte op die blok inwerk nie.

        B     Daar geen vertikale kragte op die blok inwerk nie.

        C     Slegs gravitasiekrag op die blok inwerk.

        D     Die vektorsom van alle kragte wat op die blok inwerk, is gelyk aan nul.        (2)

1.3     Watter van die volgende situasies is ŉ voorbeeld van uniforme versnelling?

        A     ŉ Ruimtevaarder ervaar gewigloosheid terwyl hy in die ruimte is.

        B     ŉ Veer val op die grond binne ŉ vakuum.

        C     ŉ Houtboks gly teen ŉ konstante snelheid teen ŉ gladde oppervlak af.

        D     ŉ Blaar val op die grond op ŉ winderige dag.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2023)

1.4   Twee voorwerpe met massa P en Q onderskeidelik, word op ŉ afstand R van
      mekaar af geplaas. Die krag wat hulle op mekaar uitoefen is F.

                            P                                Q

                                           R

                                                   2
      Wanneer die afstand tussen die voorwerpe na 3 R verander, is die krag wat die
      twee voorwerpe op mekaar uitoefen ...

      A    4
           9
             F.

      B    2¼ F.

      C    2
               F.
           3

      D    3
               F.                                                                       (2)
           2

1.5   ŉ Rubberbal word vertikaal afwaarts gegooi vanaf die bokant van die gebou wat
      P m bo die grond is. Die bal bons van die grond af en bereik ŉ hoogte van ½ P
      m bo die grond. Ignoreer die effek van lugweerstand en die kontaktyd tussen
      die bal en die grond.

      Watter EEN van die volgende posisie-tyd-grafieke is KORREK vir die beweging
      van die bal wat hierbo beskryf is?

      A                                        B

      C                                        D

                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                 5

1.6    Twee voorwerpe is betrokke by ŉ lineêre elastiese botsing in ŉ geslote sisteem.
       Watter EEN van die volgende is WAAR rondom hul momentum en kinetiese
       energie onderskeidelik?

                           MOMENTUM                        KINETIESE ENERGIE
       A      Behoue                                 Behoue

       B      Behoue                                 Nie behoue

       C      Nie Behoue                             Behoue

       D      Nie Behoue                             Nie Behoue
                                                                                            (2)

1.7     ŉ Eenvoudige pendulum word opgestel deur ŉ metaalbal aan ŉ dun tou te hang
        soos in die diagram hieronder getoon. Die pendulum swaai vanaf punt A en
        dan verby punt B en gaan verby punt C. Ignoreer die effek van lugweerstand.

        Watter EEN van die volgende stellings is WAAR vir hierdie pendulum?

        A     Die gravitasie potensiële energie by A en C is dieselfde.

        B     Die pendulum kom tot stilstand by punt C waar sy gravitasie potensiële
              energie op sy maksimum is.

        C     Die totale meganiese energie van die bal is dieselfde by B en C.

        D     Die snelheid van die pendulum is ŉ maksimum by B en ŉ minimum by C.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/JUNIE 2023)

1.8   ŉ Vragmotor beweeg teen ŉ snelheid van x m.s-1. Die massa van die vragmotor
      is m. ŉ Houer met massa ½ m word vertikaal bo op die vragmotor laat val. Die
      snelheid van die vragmotor verander na ⅔ x. Die kinetiese energie van die
      vragmotor het met ŉ gedeelte van … verander.

      A      2
               .
             3

      B      1
               .
             2

      C      3
               .
             4

      D      4
               .                                                                        (2)
             9

1.9   Jane neem ŉ paar rooi sterre in die nag deur ŉ teleskoop waar. Die rede vir
      hierdie waarneming is soos volg:

               Relatiewe beweging van die      Waargenome frekwensie van die
                        rooi ster                       rooi ster
      A      Weg vanaf die aarde                             Hoër

      B      Na die aarde                                    Hoër

      C      Weg vanaf die aarde                              Laer

      D      Na die aarde                                     Laer
                                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                                  7

1.10     Drie sfere met ladings word soos volg geplaas in ruimte. Die afstand tussen
         die X en Y is gelyk aan die afstand tussen Y en Z. Watter van die ladings sal
         ŉ netto krag na regs ondervind?

         A        Sfere X en Y

         B        Sfeer X

         C        Sfeer Y

         D        Sfeer Z                                                                  (2)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             FISIESE WETENSKAPPE V1                            (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Houer met massa 60 kg word op ŉ skuinsvlak geplaas, wat ŉ hoek van 15° met die
horisontaal maak. ŉ Krag F = 120 N word op die houer toegepas, soos in die diagram
hieronder getoon. Die houer versnel teen die skuinsvlak afwaarts. Die koëffisiënt van
kinetiese wrywing (μk) tussen die houer en die oppervlakte van die skuinsvlak is 0,75.

2.1     Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                      (2)

2.2     Teken ŉ benoemde vrye liggaamsdiagram van al die kragte wat op die houer
        inwerk soos dit teen die skuinsvlak af beweeg.                                     (4)

2.3     Bereken die grootte van die kinetiese wrywingskrag tussen die houer en die
        skuinsvlak.                                                                        (4)

2.4     Die hoek tussen die skuinsvlak en die horisontaal word nou verhoog. Hoe sal
        dit die antwoord wat in VRAAG 2.3 hierbo bereken was, beïnvloed?

        Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.

        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                       (2)

2.5     Bereken die grootte van die versnelling van die houer soos dit teen die
        skuinsvlak af beweeg.                                                              (5)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                                 9

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Houtblok, wat op ŉ wrywinglose tafel geplaas is, word aan ŉ staalbal verbind deur
middel van ŉ ligte, onrekbare tou wat oor ŉ wrywinglose katrol beweeg. ŉ Krag van
24 N word op die houtblok toegepas teen ŉ hoek van 33,55° met die horisontaal na
links soos in die diagram hieronder getoon. Die houtblok beweeg teen ŉ KONSTANTE
SNELHEID regs. Die staalbal beweeg verby punt P met ŉ snelheid van 0,25 m.s-1.

3.1      Noem Newton se Derde Wetpaar (aksie-reaksie) kragte wat tussen die houer
         en die tafel inwerk.                                                            (2)

3.2      Bereken die massa van die staalbal.                                             (4)

3.3      Dit neem 1,2 s om die houtblok van punt P na punt Q te beweeg.

         Bereken die afstand tussen punte P en Q.                                        (2)

3.4      Op die oomblik wat die staalbal verby punt Q beweeg, breek die tou.
         Hoe lank neem die staalbal om die grond te bereik wat 0,55 m onder punt Q
         is?                                                                            (4)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee sferiese voorwerpe met massas 18 kg en 9 kg onderskeidelik word met hul
middelpunte op ŉ afstand van r m van mekaar geplaas soos in die diagram hieronder
getoon. Die voorwerpe oefen ‘n gravitasiekrag van 1,34 x 10-10 N op mekaar uit.

                      18 kg                                9 kg
                                          r

4.1   Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde.                                (2)

4.2   Bereken die afstand r tussen die middelpunte van die sfere.                       (5)

4.3   Die 9 kg sfeer word nou met ŉ 12 kg sfeer vervang. Die gravitasiekrag tussen
      die twee sfere is steeds 1,34 x 10-10 N. Hoe sal die afstand tussen die twee
      voorwerpe vergelyk met die antwoord in VRAAG 4.2?

      Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN neer.                              (1)
                                                                                        [8]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                              11

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Man staan op die balkon van ŉ gebou wat presies halfpad is tussen die bokant van
die gebou en die grond soos in die diagram hieronder getoon. Hy projekteer ŉ
krieketbal opwaarts en dit gaan verby die bokant van die gebou na 1,27 s. Ignoreer
die effek van lugweerstand. Die diagram hieronder is NIE volgens skaal geteken NIE.

5.1     Definieer die term vryval.                                                        (2)

5.2     Bereken die:

        5.2.1     Hoogte van die gebou                                                    (4)

        5.2.2     Tyd wat die krieketbal geneem het om sy maksimum hoogte te bereik       (3)

        5.2.3     Snelheid waarmee die bal die grond tref                                 (4)

5.3     Teken ŉ snelheid-tyd grafiek vir die beweging van die krieketbal vanaf die
        oomblik wat dit geprojekteer was, totdat dit die grond tref.

        Die volgende moet duidelik op jou grafiek aangedui word:

        • Aanvanklike snelheid van die bal
        • Tyd wat dit die bal geneem het om die bokant van die gebou te bereik
        • Snelheid waarmee die bal die grond tref                                        (4)
                                                                                        [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Vragmotor met ŉ massa van 5 600 kg wat teen ŉ konstante snelheid van 10 m.s-1
na die ooste ry, bots met ŉ stilstaande motor met ŉ massa van 1 800 kg. Die botsing
het vir 0,59 s geduur. Na die botsing, is die vragmotor en die motor gekoppel en
beweeg saam ooswaarts.

                       10 m.s-1

                     VRAGMOTOR                                 MOTOR

6.1     Stel die beginsel van Behoud van lineêre momentum in woorde.                      (2)

6.2     Bereken die:

        6.2.1   Snelheid van die vragmotor-motorsisteem na die botsing                    (4)

        6.2.2   Krag wat die vragmotor op die motor uitoefen                              (5)

6.3     As die botsings drie (3) keer langer aangehou het, hoe sal jou antwoord in
        VRAAG 6.2.2 beïnvloed word?

        Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                                (1)

6.4     Verduidelik jou antwoord in VRAAG 6.3.                                            (2)

6.5     Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in voertuie gevind kan word sodat
        ernstige beserings tot die minimum beperk kan word wanneer botsings soos
        hierdie plaasvind.                                                                (2)
                                                                                         [16]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                                 13

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Trollie met massa 685 kg by punt A beweeg vanaf rus af teen ŉ wrywinglose,
skuinsvlak soos in die diagram hieronder getoon. AB is 18 m lank terwyl BC 11 m is.
Die skuinsvlak maak ŉ hoek van 9,5° met die horisontaal. Die diagram is NIE volgens
skaal geteken NIE.

7.1      Stel die beginsel van die BEHOUD VAN MEGANIESE ENERGIE.                            (2)

7.2      Gebruik die beginsel wat in VRAAG 7.1 genoem was, om die snelheid van die
         trollie by punt B te bereken.                                                      (4)

7.3      Bereken die arbeid verrig deur die gravitasiekrag om die trollie van A na B te
         beweeg.                                                                            (4)

Die trollie bly beweeg vanaf punt B, en kom by punt C tot stilstand.

7.4      Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                        (2)

7.5      Gebruik die arbeid-energie-stelling om die grootte van die wrywingskrag
         tussen punte B en C te bereken.                                                    (4)

7.6      Bereken die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen die trollie en die
         oppervlak BC.                                                                     (4)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            FISIESE WETENSKAPPE V1                              (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Trollie met massa 450 kg word teen ŉ skuinsvlak deur middel van ŉ motor wat by
punt C geplaas is, opgetrek. Die motor en die trollie is verbind deur ŉ tou met
weglaatbare massa wat oor ŉ wrywinglose katrol beweeg. Die wrywingskrag tussen
die trollie se wiele en die skuinsvlak is 1 340 N.

8.1     Skryf die naam van ŉ konserwatiewe krag wat op die trollie inwerk, neer.               (1)

8.2     Die trollie beweeg met ŉ konstante snelheid van 1,57 m.s-1 teen die
        oppervlak op.

        Bereken die:

        8.2.1   Krag wat die motor uitoefen om die trollie teen die skuinsvlak op te
                beweeg                                                                         (4)

        8.2.2   Gemiddelde drywing wat die motor lewer om die trollie teen die
                skuinsvlak op te beweeg                                                        (4)
                                                                                               [9]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                                   15

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Ambulans, A, nader ŉ hospitaal vanaf die weste terwyl sy sirene ŉ klank met ŉ
frekwensie van 285 Hz vrystel. ŉ Dokter staan voor die hospitaal by punt C, hoor die
ambulans se frekwensie as 307 Hz. Die spoed van klank is 340 m.s-1.

9.1     Stel die Doppler-effek in woorde.                                                       (2)

9.2     Bereken die snelheid van die ambulans soos dit die hospitaal nader in km.h -1.          (5)

9.3     Ambulans B nader die hospitaal vanaf die ooste teen ŉ snelheid
        van 100 km.h-1.
        Die twee ambulanse het soortgelyke sirene.
        Hoe vergelyk die frekwensie wat die dokter van ambulans B hoor, met die van
        ambulans A as dié dokter by punt C staan?
        Kies uit HOЁR AS, LAER AS of DIESELFDE AS. Verduidelik jou antwoord
        kortliks.                                                                               (3)

9.4     Stel EEN gebruik van die Doppler-effek in die mediese veld.                             (1)

9.5     ŉ Fietsryer ry na ŉ skool en die skoolklok lui met ŉ frekwensie van 625 Hz. Die
        fietsryer ry teen ŉ snelheid van 15 m.s-1. Die spoed van klank is 340 m.s-1.

        9.5.1     Bereken die frekwensie van die klank wat die fietsryer hoor.                  (4)

        9.5.2     Bereken die golflengte van die klankgolwe wat die fietsryer hoor.            (3)
                                                                                              [18]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee identiese negatiewe puntladings P en Q dra elk ŉ lading met gelyke grootte en
word 60 cm van mekaar in ŉ vakuum geplaas, soos in die diagram hieronder getoon.
Die elektrostatiese krag wat die ladings op mekaar uitoefen is 4,55 x 10 -2 N.

                                  60 cm
                      P                            Q

10.1   Teken die elektriese veldpatroon tussen ladings P en Q.                               (3)

10.2   In watter rigting sal lading Q ŉ krag as gevolg van lading P ervaar.                  (1)

10.3   Stel Coulomb se Wet in woorde.                                                        (2)

10.4   Bereken die:

       10.4.1        Grootte van die ladings op P en Q                                       (4)

       10.4.2        Aantal oormaat elektrone op lading P                                    (3)
                                                                                            [13]

                                                                          TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     FISIESE WETENSKAPPE V1                                          17

                        DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)
                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                   VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                      SYMBOL/
             NAME/NAAM                           VALUE/WAARDE
                                      SIMBOOL
 Acceleration due to gravity /                             g                   9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant /                        G           6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ            c              3,0 × 108 m•s-1
 vakuum
 Planck's constant / Planck se konstante                   h               6,63 × 10-34 J•s

 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                  k            9,0 × 109 N•m2•C-2

 Charge on electron / Lading op elektron                   e                -1,6 × 10-19 C

 Electron mass / Elektronmassa                             me              9,11 × 10-31 kg

 Mass on earth / Massa op aarde                            M               5,98 × 1024 kg

 Radius of earth / Radius van aarde                        RE               6,38 × 106 m

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 v f = vi + a t                            Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2

                                                  v + vf                 v + vf 
 v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay
    2      2              2    2
                                            Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                  2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                 p = mv
 fsmax = µsN                               fk = µkN
 Fnet t = p
                                           w = mg
 p = mv f − mv i

        Gm1 m2                                   M
 F=           2                            g = G d2
          d

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                      FISIESE WETENSKAPPE V1                              (EC/JUNIE 2023)

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = Fx cos                                      U= mgh            or/of EP = mgh

        1                1                         Wnet = K or/of Wnet = Ek
 K=       mv 2 or/of Ek = mv 2
        2                2
                                                   K = K f − K i   or/of Ek = Ekf − Eki
 Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep                    W
                                                   P=
                                                        t
 Pav = Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                        1
 v=f                                              T=
                                                        f

        v  vL              v  vL                                     c
 fL =          fs    fL =          fb              E= hf or/of E = h
        v  vs              v  vb                                     

 E = Wo + Ek(max) where/waar

                                                    1                        1 2
 E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek( maks .) = 2 mv2maks or/of K max =           mv max
                                                                             2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

        kQ 1Q 2                                         kQ
 F=                                                E=
          r2                                            r2

         V                                              F
 E=                                                E=
         d                                              q

        W                                             Q
 V=                                                n=
        q                                            qe

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                                19

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                             emf ( ε ) = I(R + r)
      V
 R=
      I
                                             emk ( ε ) = I(R + r)
 R s = R1 + R 2 + ...

  1  1   1                                   q= I t
    = +     + ...
 R p R1 R 2

 W = Vq
                                                  W
                                             P=
                                                  Δt

 W = VI  t
                                             P = VI

 W= I2R  t
                                             P = I2R

       V 2 Δt                                     V2
 W=                                          P=
        R                                         R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                             Pav erage = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
        I                           I
 I rms = max            /    I wgk = maks
          2                           2
                                             Pav erage = I rms
                                                           2
                                                              R           /    Pgemiddeld = I 2wgk R

          Vmax                       Vmaks
 Vrms =                 /   Vwgk =                                                             2
            2                          2                   2
                                                         Vrms                                 Vwgk
                                             Pav erage =              /       Pgemiddeld =
                                                          R                                    R

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [FS Physical Sciences Grade 12 SEP 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2023-free-state-mock-exam-question-paper-and-memorandum-paper-1/87322fde-641d-44e3-b137-23974afe0598) — Physical Sciences · QP + Memo · 2023

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
