# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans/75c4b363-e03e-42cd-8932-e93d1d2a0774
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans/75c4b363-e03e-42cd-8932-e93d1d2a0774)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2020

                   FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               FISIESE WETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies in jou
      ANTWOORDEBOEK.

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 6.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.   Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

 8.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

 9.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke af.

 10. Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 11. Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                        3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 Vuyo, die bestuurder van ŉ minibus beweeg teen ŉ konstante snelheid op ŉ
     horisontale pad. Hy sien dat die glydeur van die minibus oop is. Hy slaan skielik
     die remme aan en die deur gaan toe. Watter EEN van die volgende Fisika-wette
     of beginsels verduidelik die beste waarom Vuyo die deur kon toemaak?

       A       Wet van die behoud van meganiese energie

       B       Wet van die behoud van lineêre momentum

       C       Newton se Eerste Bewegingswet

       D       Newton se Tweede Bewegingswet                                                  (2)

 1.2 ŉ 2 kg-massastuk word op ŉ 2 kg-trollie, wat op ŉ wrywinglose horisontale
     oppervlak rus, geplaas. Indien ŉ krag F op die trollie toegepas word, versnel dit
     teen versnelling a, soos in FIGUUR 1 getoon. ŉ 1 kg-massastuk word ook op die
     trollie saam met die 2 kg-massastuk geplaas en dieselfde krag F word op die
     trollie soos in FIGUUR 2 getoon, toegepas.

                         FIGUUR 1                          FIGUUR 2

                          2 kg-                               2 kg-
                         massastuk                          massastuk          1 kg-
                                                                             massastuk
                                                F
           F
                             2 kg                                     2 kg

       Wat sal die versnelling van die trollie in FIGUUR 2 wees?

       A       1
                   a
               4

       B       2
                   a
               3

       C       4
                   a
               5

       D       5
                   a                                                                          (2)
               4

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3 Twee motors is in ŉ ONELASTIESE kop-aan-kop botsing betrokke. Watter
     EEN van die volgende kombinasies beskryf die kinetiese energie en die
     momentum van die sisteem korrek?

                 TOTALE KINETIESE ENERGIE                 TOTALE MOMENTUM
       A                Nie behoue                            Bly behoue

       B                   Bly behoue                             Nie behoue

       C                   Bly behoue                             Bly behoue

       D                   Nie behoue                             Nie behoue                     (2)

 1.4 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die drywing wat gelewer
     word deur die enjin van ‘n motor en die gemiddelde spoed van die motor.

                        P (W)

                                         v (m.s-1)

      Die helling van die grafiek hierbo verteenwoordig die ...

      A     momentum van die motor.

      B     arbeid verrig deur die enjin van die motor.

      C     kinetiese energie van die motor.

      D     toegepaste krag van die enjin op die motor.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                  5

 1.5 ŉ Bal word van ŉ sekere hoogte laat val. Watter EEN van die posisie teenoor
     tyd grafieke hieronder verteenwoordig hierdie beweging die beste?

       A                                         B

              X (m)                                  X (m)

                                        ∆t (s)                           ∆t (s)

       C                                         D
             X (m)
                                                       X (m)

                                                                           ∆t (s)
                                     ∆t (s)                                             (2)

 1.6 … is die hoofbeginsel wat toegepas word indien die tempo van bloedvloei of die
     hartklop van ŉ fetus in die baarmoeder gemeet word.

       A     Foto-elektriese effek

       B     Doppler-effek

       C     Huygens se beginsel

       D     Diffraksie                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.7 Die elektrostatiese krag tussen twee puntladings wat op ŉ afstand van r in ŉ
     vakuum geplaas word, is F.

                     Y                                         X
                         +Q              r               +Q

      Die afstand tussen die ladings word verander en die elektrostatiese krag tussen
      hulle verander na 16 F. Wat is die nuwe afstand tussen die puntladings in terme
      van r?

      A     8r

      B     1
                r
            8

      C     4r

      D     1
                r                                                                           (2)
            4

 1.8 Drie identiese resistors word aan ŉ battery soos in die stroombaandiagram
     hieronder getoon, gekoppel. Die weerstand van die verbindingsdrade kan
     geïgnoreer word.

                                                  r

                                                                   R    V1
                                              R

                                             R

                                             V2

      Watter EEN van die volgende verduidelik die verwantskap tussen die lesings op
      die voltmeters die beste?

      A     V1 = ½ V2

      B     V1 = 2 V2

      C     V1 = V2

      D     V1 = ⅓ V2                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                         7

 1.9    Die maksimum emk van ŉ WS-generator kan verhoog word deur ...

        A       die polariteit van die magnete om te draai.

        B       groter sleepringe te gebruik.

        C       groter borsels te gebruik.

        D       die aantal draaie op die spoel te vermeerder.                           (2)

 1.10   In ŉ huis word toebehore gewoonlik in parallel aanmekaar gekoppel want ...

        (i)     die weerstand van elke resistor sal afneem.

        (ii)    elkeen van die toebehore kan onafhanklik werk.

        (iii)   die stroom na elkeen van die toebehore sal hoër wees.

        (iv)    elkeen van die toebehore sal maksimum spanning hê.

        Watter EEN van die volgende kombinasies aangaande die redes waarom
        toebehore in die huis in parallel geskakel is, is korrek?

        A       Slegs (i) en (ii)

        B       Slegs (i), (ii) en (iii)

        C       Slegs (ii), (iii) en (iv)

        D       (i), (ii), (iii) en (iv)                                                (2)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2

 ŉ Blok met massa 22 kg word op ŉ ruwe skuinsvlak geplaas en word met ŉ 15 kg-
 blok wat vertikaal hang, deur middel van ŉ ligte onrekbare tou wat oor ŉ wrywinglose
 katrol beweeg, soos in die diagram hieronder getoon, verbind. Wanneer die
 skuinsvlak teen ŉ hoek 𝜃 met die horisontaal is, beweeg die 15 kg-blok afwaarts teen
 ŉ KONSTANTE SNELHEID. (Soos deur die pyltjie langsaan die diagram getoon.)

                                                                15 kg

                     𝜃

 2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                          (2)

 2.2 Teken ŉ benoemde vry-liggaamdiagram (vry-kragtedigram), om al die kragte
     wat op die 22 kg-blok inwerk, aan te toon.                                             (4)

 2.3 ŉ Konstante wrywingskrag van 43,86 N word op die 22 kg-blok uitgeoefen.
     Bereken die grootte van die hoek 𝜃 wat die sisteem teen ŉ konstante snelheid
     sal laat aanhou beweeg.                                                                (4)

 2.4 ŉ Krag van 172 N word nou op die 22 kg-blok toegepas en die sisteem met
     blokke versnel teen die skuinsvlak af. Die kinetiese wrywingskrag wat op die
     22 kg-blok inwerk terwyl dit afwaarts versnel, bly dieselfde.

                                                               15 kg

                     𝜃                                               172 N

      2.4.1    Verduidelik waarom die kinetiese wrywingskrag dieselfde bly al versnel
               die sisteem.                                                                 (2)

      2.4.2    Bereken die versnelling van die sisteem van blokke.                          (6)
                                                                                           [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            FISIESE WETENSKAPPE V1                                      9

 VRAAG 3

 ŉ Bal met ŉ massa van 500 g word vanaf die toppunt van ŉ 30 m hoë gebou, punt A
 vertikaal afwaarts met ŉ snelheid van 3,28 m.s-1, gegooi. Na 1,2 s beweeg die bal
 verby die bopunt van ŉ venster en tref later die grond. Die grond oefen ŉ krag van
 205 N op die bal uit en dit bons opwaarts tot ŉ maksimum hoogte van ∆y, wat dieselfde
 hoogte as die onderkant van die venster is, soos in die diagram hieronder getoon. Die
 bal is in kontak met die grond vir 0,1 s. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                       A

             30 m                              venster

                                               ∆y

 Bereken die:

 3.1 Snelheid van die bal na 1,2 sekondes                                                  (3)

 3.2 Verplasing van die bal na 1,2 s in sy beweging                                        (4)

 3.3 Grootte van die snelheid waarmee die bal die grond tref                               (3)

 3.4 Snelheid waarteen die bal van die grond af bons                                       (4)

 3.5 Lengte van die venster                                                                (5)
                                                                                          [19]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4

 Gedurende ŉ demonstrasie om die terugsnelheid (‘recoil velocity’) van ŉ sekere tipe
 geweer te bepaal, is ŉ koeël met massa 5 g van ŉ geweer met massa 5 kg afgevuur.
 Die koeël beweeg horisontaal teen ŉ konstante snelheid en tref ŉ 2 kg-houtblok wat
 vertikaal van die plafon aan ŉ ligte, onrekbare tou, hang. Die blok-koeël-sisteem
 swaai tot ŉ vertikale hoogte van 6 cm vanaf sy oorspronklike posisie soos in die
 diagram getoon. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                                             Blok-koeël-sisteem
                                        2 kg

                                                          6 cm

 4.1 Stel die beginsel van die behoud van lineêre momentum in woorde.                          (2)

 4.2 Veronderstel dat die oorspronklike posisie van die houtblok as punt zero
     geneem word. Bereken die:

      4.2.1    Snelheid van die koeël voor dit die houtblok binnedring                         (5)

      4.2.2    Terugsnelheid van die geweer                                                 (3)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                     11

 VRAAG 5

 ŉ Skaatsplankryer skaats van punt A, wat ŉ vertikale hoogte van 15 m is, en mik om
 by punt D aan die anderkant van die baan, soos in die diagram hieronder getoon, tot
 rus te kom. Gedeelte AB is wrywingloos terwyl BC en CD grof is. Die
 gekombineerde massa van die skaatsplank en die skaatsplankryer is 55 kg. Die
 skaatsplankryer ondervind ŉ wrywingskrag van 15 N terwyl hy van punt C na punt D
 beweeg. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

       A
                                                                              D

        15 m

                                                        15o
                                       B   10 m     C

 5.1 Stel die beginsel van die behoud van meganiese energie in woorde.                      (2)

 5.2 Bereken die kinetiese energie van die skaatsplankryer by punt B.                       (3)

 5.3 Stel die arbeid-energie stelling in woorde.                                            (2)

 5.4 Gebruik energie-beginsels en bereken die:

       5.4.1    Kinetiese energie van die skaatsplankryer by punt C                         (4)

       5.4.2    Grootte van die wrywingskrag op vlak BC wat sal toelaat dat die
                skaatsplankryer by punt D tot rus sal kom                                   (5)
                                                                                           [16]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                  FISIESE WETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 6

ŉ Laboratorium-assistent doen ŉ eksperiment om die frekwensie van ŉ stemvurk te
bepaal. Die stemvurk word op vibrasie gestel en dan op ŉ blok geplaas soos in die
ingeslote skets getoon. Hy beweeg dan nader en weg van die stemvurk met ŉ detektor
wat die frekwensie van klank wat deur die stemvurk vrygelaat word, opneem. Die
grafiek hieronder toon die resultate wat hy verkry. Neem die snelheid van klank in lug
as 340 m.s-1.

                                                                                 Stemvurk vibreer

                                               X

                 Waargenome frekwensie (Hz)
                                              492

                                              470

                                                     5                        20
                                                         Assistent se snelheid (m.s-1)

6.1   Noem die verskynsel wat op die grafiek voorgestel word.                                                (1)

6.2   Verteenwoordig die grafiek die oomblik wanneer die laboratorium-assistent NA
      of WEG VAN die stemvurk beweeg het? Verduidelik jou antwoord.                                          (2)

6.3   Skryf die verwantskap tussen die laboratorium-assistent se snelheid en die
      waargenome frekwensie neer.                                                                            (2)

6.4   Wat word deur X, die afsnit op die vertikale as, verteenwoordig?                                       (2)

6.5   Bereken die frekwensie van die stemvurk.                                                               (5)

6.6   Die laboratorium-assistent wil die stemvurk gebruik om ossillasies met ŉ
      golflengte van 0,71 m vir ŉ graad 10-les te demonstreer. Gebruik ŉ berekening
      om te bepaal of die stemvurk geskik vir die demonstrasie is.                                          (3)
                                                                                                           [15]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                     13

 VRAAG 7

 ŉ Klein, gelaaide sfeer X het ŉ lading van +2 x 10-6 C en word in ŉ vakuum geplaas.
 Wanneer ŉ ander klein sfeer Y met massa 5 mg, wat ŉ negatiewe lading het, by punt
 P geplaas word, versnel dit vanuit rus tot ŉ snelheid van 6,25 x 103 m.s-1 net voor
 sfeer Y aan sfeer X raak. Die tyd wat dit sfeer Y neem om na sfeer X te beweeg is
 2 x 10-3 sekondes.

                  Y                                                     X
                      -                                                 +
                                                                     +2 x 10-6 C
                  P

 7.1 Bereken die aantal elektrone wat van sfeer X verwyder was om die lading op
     die sfeer te verkry.                                                                    (3)

 7.2 Teken die elektriese veldpatroon rondom die ladings terwyl sfeer Y by punt P is.        (3)

 7.3 Bereken die:

       7.3.1    Netto elektriese veldsterkte by punt P slegs as gevolg van die gelaaide
                sfeer X                                                                      (6)

       7.3.2    Afstand tussen die ladings voordat sfeer Y beweeg het                        (3)

       7.3.3    Lading op sfeer Y                                                            (4)
                                                                                            [19]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 8

 Gedurende ŉ eksperiment om die emk (ε) en die interne weerstand r van ŉ battery te
 bepaal, stel ŉ groep leerders die stroombaan op soos in die diagram hieronder getoon.
 Hulle neem ammeter- en voltmeter-lesings. Hulle herhaal die eksperiment elke keer met
 ŉ ander weerstand.

                          𝜀
                                      r

                     A
                                       V

                                     R

 Hulle resultate word in die grafiek hieronder geplot.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                                 15

8.1    Wat is die onafhanklike veranderlike van hierdie eksperiment?                                   (1)

                                                       1         R+r
8.2    Deur gebruik te maak van die vergelyking              =         , bereken die:
                                                         I       emf

       8.2.1    Emk 𝜀 van die battery                                                                  (4)

       8.2.2    Interne weerstand van die battery                                                      (3)

8.3    In die stroombaandiagram hieronder word die battery in bogenoemde
       eksperiment aan drie resistors en ŉ speelgoedkarretjie wat gemerk
       is 3 W, 1,5 V verbind.

                                S
                                                   r

                                                                                  1Ω

                                                                        R
                            A

                                                                                  2Ω

                                    Speelgoedkarretjie

       Indien die skakelaar S gesluit word, bereken die:

       8.3.1    Lesing op die ammeter                                                                  (3)

       8.3.2    Weerstand van resistor R                                                               (6)

8.4    Indien resistor R uit die stroombaan verwyder word, sal die speelgoedkarretjie
       nog soos gemerk, kan werk? Skryf slegs JA of NEE. Verduidelik jou antwoord.                    (3)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 9

 ŉ Leerder bou ŉ elektriese toestel vir haar Eskom-uitstalling wetenskapprojek soos
 hieronder getoon.

                                                 D
                                                          C

                                          A
                                                     B

 9.1 Wat is die naam van die elektriese toestel wat hierbo getoon is?                         (1)

 9.2 Noem die energie-omsetting wat in hierdie toestel plaasvind.                             (2)

 9.3 Indien die stroom in die toestel vloei, soos deur die pyltjies op die bostaande
     diagram aangedui, in watter rigting sal gedeelte AB roteer? Antwoord
     KLOKSGEWYS of ANTI-KLOKSGEWYS.                                                           (1)

 9.4 Die leerder se onderwyser het haar aangeraai (‘advised’) om die bogenoemde
     toestel aan te pas sodat dit elektrisiteit aan huishoudings kan voorsien. Hoe
     kan sy die toestel vir hierdie doel verander?                                            (2)

 9.5 ŉ Ketel word gemerk 1 500 W en word in ŉ muurprop wat 230 V voorsien,
     geprop. Bereken die:

      9.5.1    Weerstand van die geleidingsspoel in die ketel                                 (3)

      9.5.2    Maksimum (piek) stroom wat deur die ketel vloei                             (4)
                                                                                          [13]

                                                                          TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       FISIESE WETENSKAPPE V1                                             17

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                 VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                                      SYMBOL/
                     NAME/NAAM                                VALUE/WAARDE
                                                      SIMBOOL
 Acceleration due to gravity / Swaartekragversnelling    g       9,8 m•s-2
 Universal gravitational constant /
 Universelegravitasiekonstant
                                                                     G           6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ vakuum              c               3,0 × 108 m•s-1
 Planck's constant / Planck se konstante                             h              6,63 × 10-34 J•s
 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                           k             9,0 × 109 N•m2•C-2
 Charge on electron / Lading op elektron                             e               -1,6 × 10-19 C
 Electron mass / Elektronmassa                                       me              9,11 × 10-31 kg
 Mass of earth / Massa op aarde                                      M               5,98 × 1024 kg
 Radius of earth / Radius van aarde                                  RE              6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
 v f  vi  a t                                    Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                          v  vf                 v  vf 
 v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
   2      2                    2      2
                                                    Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG
 Fnet  ma                                          p mv
 fsmax = µsN                                       f k = µk N
 Fnet t  p
                                                    w  mg
 p  mv f  mv i
       Gm1 m2                                            M
 F           2                                    g = G d2
         d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W  Fx cos                  U  mgh     or/of EP  mgh
                                                    Wnet  K or/of Wnet  Ek
    1              1
 K  mv2 or/of Ek  mv2
    2              2                                K  K f  K i        or/of Ek  Ekf  Eki
                                                         W
 Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep                P
                                                         t
 Pav  Fv

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                     (EC/SEPTEMBER 2020)

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                                      1
 vf                                            T
                                                      f
     v  vL         v  vL                                               c
 fL        fs fL         fb                    E  hf or/of E  h
     v  vs         v  vb                                               
 E  Wo  E k where/waar
                                   1                 1
 E  hf and/en W0  hf0 and/en Ek  mv2 or/of K max  mvmax
                                                        2

                                   2                 2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
   kQ1Q 2                                            kQ
 F                                              E
     r2                                              r2
    V                                               F
 E                                              E
    d                                               q
        W                                             Q
 V                                              n=
        q                                             qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
                                emf ( ε ) = I(R + r)
    V
 R
    I
                                emk ( ε ) = I(R + r)
 R s  R1  R 2  ...
  1  1
     
         1
             .. .                               q  I t
 R p R1 R 2

 W = Vq                                               W
                                                 P
                                                      Δt
 W = VI  t
                                                 P = VI
 W= I2R  t
                                                 P = I 2R
 W= V Δt
            2
                                                      V2
           R                                     P
                                                      R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
                                                 Paverage  Vrms I rms           /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
            I max
 I rms                 /               I
                                 I wgk  maks
                 2                        2
                                                 Paverage  I rms
                                                              2
                                                                  R              /    Pgemiddeld  I 2wgkR
                Vmax                     Vmaks
 Vrms                  /       Vwgk                                                                2
                                                                                                    Vwgk
                  2                        2               V2                        Pgemiddeld 
                                                 Paverage  rms              /
                                                            R                                         R

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHYS SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT2020 A E](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-memo-gr12-sept2020-a-e/91c998b5-2ceb-4a4b-b327-c403d1661716) — Physical Sciences · Memo · 2020

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
