# Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-afr/135391f2-470f-4eeb-b1a0-8b72ac4e45a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-afr/135391f2-470f-4eeb-b1a0-8b72ac4e45a8)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                      FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                               NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                                 *XPSCA1*

   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 1 antwoordblad en 2 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       2                       DBE/November 2016
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die
         ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK, behalwe VRAAG 7.3 wat op die grafiek op die
         aangehegte ANTWOORDBLAD gedoen moet word. Maak seker dat die
         ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK ingelewer word.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         3                                 DBE/November 2016
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 E.

1.1      Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is 'n vektor?

         A         Afstand

         B         Verplasing

         C         Massa

         D         Tyd                                                                                    (2)

1.2      In die vergelyking vf = vi + a∆t, is die SI-eenheid vir a∆t …

         A         m

         B         m∙s-2

         C         m∙s-1

         D         s-1                                                                                    (2)

1.3      Beskou die versnelling-tyd-grafiek van 'n bewegende voorwerp hieronder.

                             a

                                                        t

         Watter EEN van die grafieke hieronder verteenwoordig die snelheid-tyd-
         grafiek van die voorwerp?

               A                        B                   C                    D
                                                                             v
           v                        v                   v

                                t                   t                    t                       t

                                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                4                                                  DBE/November 2016
                                                               KABV – Graad 10

1.4      'n Golf waarin die deeltjies van die medium reghoekig tot die pad/weg
         waarlangs die golf deur die medium beweeg, vibreer, word deur 'n …
         geproduseer.

         A                   vlermuis

         B                   motortoeter

         C                   ambulans

         D                   X-straalmasjien                                                                                                          (2)

1.5      Die aantal golwe wat elke sekonde verby 'n punt beweeg, word as die … van
         die golf gedefinieer.

         A                   spoed

         B                   amplitude

         C                   golflengte

         D                   frekwensie                                                                                                               (2)

1.6      Watter EEN van die grafieke hieronder beskryf die verwantskap tussen
         hardheid en die amplitude van 'n golf die beste?

                                  A                                 B                                C                                 D

             Hardheid (dB)                                                                                       Hardheid (dB)
                                               Hardheid (dB)                     Hardheid (dB)

                             Amplitude (m)                     Amplitude (m)                     Amplitude (m)                       Amplitude (m)
                                                                                                                                                      (2)

1.7      Watter EEN van die vektordiagramme hieronder sal die grootste resulterende
         vektor lewer?

                         A                        B                                              C                               D

                                                                                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    5                              DBE/November 2016
                                   KABV – Graad 10

1.8      'n Sfeer word vanaf punt A losgelaat, soos die diagram hieronder toon.
         Dit bereik punt B, wat die laagste punt van die swaaibeweging is. Ignoreer die
         effekte van lugwrywing.

             Posisie A

                                                             Posisie B

         Watter EEN van die stellings hieronder oor die energie van die stelsel
         is KORREK?

         A     Die kinetiese energie by A is gelyk aan die meganiese energie by A.

         B     Die gravitasie-potensiële energie by A is gelyk aan die kinetiese energie
               by B.

         C     Die som van die kinetiese energie en gravitasie-potensiële energie by A
               is gelyk aan die som van die kinetiese energie en gravitasie-potensiële
               energie by B.

         D     Die kinetiese energie by A is gelyk aan die gravitasie-potensiële energie
               by B.                                                                            (2)

1.9      'n Rubberballon verkry 'n negatiewe lading nadat dit teen menslike hare
         gevryf is.

         Watter EEN van die stellings hieronder verduidelik die beste waarom dit
         gebeur?

         A     Negatiewe ladings word van die rubberballon na die menslike hare
               oorgedra.

         B     Positiewe ladings word van die rubberballon na die menslike hare
               oorgedra.

         C     Positiewe ladings word van die menslike hare na die rubberballon
               oorgedra.

         D     Negatiewe ladings word van die menslike hare na die rubberballon
               oorgedra.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                  6                           DBE/November 2016
                                 KABV – Graad 10

1.10     Beskou die stroombaandiagram hieronder.

                                A1

                                     A2            2Ω

                                                   4Ω       A3

         Hoe sal die lesings op ammeter A1, A2 en A3 met mekaar vergelyk?

         A     A1 = A2 = A3

         B     A1 = A2 + A3

         C     (A2 + A3) ˃ A1

         D     A2 ˂ A3˂ A1                                                                  (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    7                              DBE/November 2016
                                   KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Ongeduldige sakeman loop op en af terwyl hy 'n besigheidsoproep op sy selfoon
maak.
                                                                            N

                                                                             W                  O

                           C                 A            B                          S

Hy begin by sy lessenaar en loop 5 m oos (van A na B) en loop dan 7 m wes (van B
na C). Hierdie proses neem hom 20 s.

2.1      Gebruik 'n vektorskaaldiagram en stel die twee verplasings van die man
         (van A na B EN van B na C) voor. Benoem AL die vektore duidelik en skryf
         die verplasings langs die vektore neer.
         Gebruik 'n skaal waar 1 m deur 1 cm verteenwoordig word.                                   (2)

2.2      Wat is die man se verandering in posisie by C relatief tot A?                              (2)

2.3      Bereken die totale afstand wat die man loop.                                               (2)

2.4      Verduidelik waarom die waarde wat in VRAAG 2.2 bereken is, van die waarde
         wat in VRAAG 2.3 bereken is, verskil.                                                      (2)

2.5      Definieer die term snelheid.                                                               (2)

2.6      Bereken die gemiddelde snelheid van die man.                                               (4)
                                                                                                    [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      8                             DBE/November 2016
                                     KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Taxi beweeg teen 'n snelheid van 25 m·s-1 wanneer 'n verkeerslig, 40 m voor hom,
na rooi oorslaan.

      25 m·s-1

                                            40 m
                                                                          verkeerslig

3.1       Definieer die term versnelling.                                                        (2)

Die bestuurder neem 1 s om te reageer (reaksietyd) voordat hy rem. Die taxi kom
binne 2 s tot stilstand.

3.2       Is die snelheid en versnelling van die remmende taxi in DIESELFDE
          RIGTING soos wat dit na die verkeerslig beweeg?                                        (1)

3.3       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.2.                                             (1)

3.4       Bereken die afstand wat die taxi tydens die reaksietyd beweeg.                         (4)

3.5       Sal die taxi by die verkeerslig stop? Toon ALLE berekeninge.                           (5)

3.6       Teken 'n posisie-teenoor-tyd-grafiek vir die beweging van die taxi.                    (4)
                                                                                                 [17]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    9                              DBE/November 2016
                                                   KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die beweging van 'n meisie wat in
'n noordelike rigting op haar fiets ry.

                         12

                         10                                 C                 D

      snelheid (m·s-1)
                         8

                         6
                              A              B
                         4

                         2

                         0                                                           E
                              0     100      200      300       400   500         600     700
                                                            tyd (s)
4.1            Skryf die beginsnelheid van die meisie neer.                                               (2)

4.2            Skryf die grootte van die meisie se snelheid by 300 s neer.                                (2)

4.3            Gebruik die inligting op die grafiek om die beweging van die meisie te
               beskryf:

               4.3.1              Van B na C                                                             (2)

               4.3.2              Van C na D                                                             (2)

4.4            SONDER OM BEWEGINGSVERGELYKINGS TE GEBRUIK, bereken elk
               van die volgende:

               4.4.1              Afstand deur die meisie van A na C afgelê                              (4)

               4.4.2              Versnelling van die meisie van D na E                                  (4)

4.5            Tydens watter stadiums van die rit is die verandering in snelheid die
               grootste?                                                                                 (2)

4.6            Verduidelik die antwoord op VRAAG 4.5.                                                     (2)
                                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       10                          DBE/November 2016
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Vrou is by 'n winkelsentrum 10 m bo die grond. Haar selfoon, met 'n massa van
0,01 kg, val en tref die grond teen 'n snelheid van 14 m·s-1. Ignoreer die effekte van
lugweerstand.

               Boonste verdieping
                         First floor

                                                             cell phone
                                                              Selfoon
                               10 m

                Grondverdieping                           v = 14 m·s-1
                     Ground floor

5.1      Herlei 14 m·s-1 na km·h-1.                                                             (2)

5.2      Definieer die term kinetiese energie.                                                  (2)

5.3      Bereken die gravitasie- potensiële energie van die selfoon op 'n hoogte van
         5 m bo die grond.                                                                      (3)

5.4      Bereken die snelheid van die selfoon op 'n hoogte van 5 m bo die grond.                (4)

5.5      Sal die waarde van die selfoon se meganiese energie net voordat dit die
         grond tref GROTER AS, KLEINER AS of DIESELFDE AS die meganiese
         energie op 'n hoogte van 5 m wees? Verduidelik die antwoord.                           (3)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    11                                 DBE/November 2016
                                                    KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder is 'n grafiese voorstelling van 'n transversale golf wat van links
na regs oor die bladsy beweeg. Die golf beweeg teen 'n spoed van 0,4 m·s-1 en het
'n frekwensie van 0,5 Hz. A, B, C, D en E verteenwoordig punte op die golf.

                                                          d
                 50
                 40                                                                     ●E

                 30
                 20                                 B●           ●C
                                   ●A

Amplitude (cm)
                 10
                 0
                      0               1             2             3           4                 5          t (s)6
            -10
            -20
            -30
            -40                                                         ●
                                                                        D
            -50

6.1                       Skryf die amplitude van die golf in meter neer.                                           (2)

6.2                       Benoem die punte gemerk:

                          6.2.1     D                                                                               (1)

                          6.2.2     E                                                                               (1)

6.3                       Skryf TWEE punte op die grafiek hierbo neer wat in fase is.                               (1)

6.4                       Hoeveel golwe word in die diagram hierbo verteenwoordig?                                  (2)

6.5                       Bereken die golflengte van die golf.                                                      (3)

6.6                       Bepaal afstand d in die diagram. Toon aan hoe jy by die antwoord uitgekom
                          het.                                                                                      (2)
                                                                                                                    [12]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                   12                               DBE/November 2016
                                   KABV – Graad 10

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Musiekgroep besluit om gedurende een van hul oefensessies 'n klankeksperiment
te doen. Die diagram hieronder toon 'n musikant wat spesifieke note op die elektriese
kitaar speel. Die kitaar is by 'n luidspreker ingeprop om die klank te versterk.

                                                         [Bron: goyalkunal91.deviantart.com]

'n Mikrofoon is aan 'n ossilloskoop gekoppel sodat die frekwensie van die klank
gemeet kan word.

Die tabel hieronder verteenwoordig die data van die note wat deur die musikant
gespeel is.

      NOOT GESPEEL              GOLFLENGTE VAN              FREKWENSIE VAN
      DEUR MUSIKANT               DIE NOOT (m)                DIE NOOT (Hz)
            W                           3                          110
            X                           6                           55
            Y                           9                           37
            Z                          12                           27

7.1      Skryf die onafhanklike veranderlike neer.                                               (1)

7.2      Skryf die afhanklike veranderlike neer.                                                 (1)

7.3      Teken 'n grafiek van die data deur die frekwensie (y-as) teenoor die golflengte
         (x-as) van elke noot wat deur die musikant gespeel word, te stip. Gebruik die
         grafiekpapier wat op die aangehegte ANTWOORDBLAD gegee word.                            (4)

7.4      Gebruik die grafiek in VRAAG 7.3 om die wiskundige verhouding tussen die
         frekwensie en die golflengte van die note te bepaal.                                    (1)

7.5      Gebruik die inligting vir noot X om die spoed van die klank te bereken.                 (3)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      13                              DBE/November 2016
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Verskillende tipes elektromagnetiese straling het verskillende frekwensies. Dit kan hul
eienskappe beïnvloed, sowel as waarvoor elkeen in ons daaglikse lewens gebruik kan
word.

8.1      Kies die frekwensie uit KOLOM B wat by die tipe elektromagnetiese straling
         in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (8.1.1–8.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 8.1.4 D.

                        KOLOM A                                    KOLOM B
                     TIPE STRALING                             FREKWENSIE IN Hz
         8.1.1          Ultraviolet              A      1023

         8.1.2         Gamma                     B      107

         8.1.3         Radio                     C      1016
                                                                                     (3 x 1)       (3)

8.2      Skryf EEN gebruik van elk van die volgende tipes straling neer:

         8.2.1        Infrarooi                                                                    (1)

         8.2.2        Mikrogolwe                                                                   (1)

8.3      Wanneer dokters die erns van 'n fraktuur moet bepaal, word 'n foto van die
         gebreekte been geneem. Die foto hieronder toon 'n fraktuur.

                                      [Bron: learning radiography.com]

         Skryf die volgende neer:

         8.3.1        Naam van die tipe straling vir hierdie prosedure gebruik                     (1)

         8.3.2        Eienskap van hierdie tipe straling wat dit moontlik maak om die
                      prosedure uit te voer                                                        (1)

         8.3.3        Gevaar van te veel blootstelling aan hierdie tipe straling                   (1)

8.4      'n Radioprogram word in die FM-bandwydte op 'n golflengte van 3 m
         uitgesaai.

         Bereken die energie van 'n foton van die radiogolf.                                       (4)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     14                              DBE/November 2016
                                     KABV – Graad 10

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die magneetveldpatroon tussen twee magnetiese pole van 'n magneet word in die
diagram hieronder getoon.

                              Pool                     Pool
                               1                        2

9.1      Die magnetiese krag is 'n nie-kontakkrag.

         9.1.1        Definieer die term nie-kontakkrag.                                          (2)

         9.1.2        Gee nog 'n voorbeeld van 'n nie-kontakkrag.                                 (1)

9.2      Wat is die aard van die krag tussen die twee pole?                                       (1)

9.3      Wat is die polariteit van pool 2? Gee 'n rede vir die antwoord.                          (2)
                                                                                                  [6]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       15                            DBE/November 2016
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee klein identiese sfere, A en B, hang aan twee lang sydraadjies, soos in die skets
hieronder getoon. Die sfere dra ladings van +3 x 10-6 C en -2 x 10-6 C onderskeidelik.

                         +3 x 10-6 C                        -2 x 10-6 C

                                        A                B

10.1     Watter sfeer het 'n oormaat elektrone?                                                   (1)

10.2     Die twee sfere word toegelaat om aan mekaar te raak. Sal die elektrone van
         A na B of van B na A oorgedra word?                                                      (1)

10.3     Die sfere word nou geskei.

         Bereken die nuwe lading op sfeer B.                                                      (3)

10.4     Bereken die aantal elektrone wat tydens kontak oorgedra word.                            (3)
                                                                                                  [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      16                           DBE/November 2016
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die stroombaandiagram hieronder is die lesing 12 V op voltmeter V1 en die lesing op
ammeter A1 is 2 A.

                                             12 V
                                      Vv11

       2A      A1

                                                          4 1Ω           V2

                                     6Ω        A2

                                     3Ω        A3

11.1        Bereken die:

            11.1.1    Totale weerstand van die stroombaan                                    (4)

            11.1.2    Lesing op V2                                                           (3)

            11.1.3    Lesing op A2                                                           (3)

            11.1.4    Hoeveelheid lading wat in 120 s deur ammeter A1 vloei                  (3)

11.2        Hoe sal die lesing op ammeter A1 beïnvloed word indien die 6 Ω -resistor uit
            die stroombaan verwyder word?

            Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                               (1)

11.3        Verduidelik die antwoord op VRAAG 11.2 SONDER enige berekeninge.                 (3)
                                                                                             [17]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                                       DBE/November 2016
                                   KABV – Graad 10

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL                    VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                              g                             9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                              c                          3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                              h                          6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
                                              e                           -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                              me                         9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = v i + a ∆t                         ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                               v + vi 
  2     2
v f = v i + 2a∆x                         ∆x =  f       ∆t
                                               2 

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

                                              1                          1
U = mgh or/of E P = mgh                  K=     mv 2 or/of        Ek =     mv 2
                                              2                          2

EM = Ek+ Ep. OR EM = K + U

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                              1
v=fλ                                     T=
                                              f
                     c
E = hf or/of E = h
                     λ

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                  2          DBE/November 2016
                                 KABV – Graad 10

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     Q                              Q1 + Q 2
n=                             Q=
     e                                 2

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                1   1   1
Q = I ∆t                          =   +   + ...
                               R p R1 R 2
                                    W
R s = R1 + R 2 + ...           V=
                                    q

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                 DBE/November 2016
                             KABV – Graad 10

ANTWOORDBLAD VIR VRAAG 7.3

NAAM: _____________________________________    KLAS: _____

Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-eng/cc3a738e-1d76-40a3-8162-20d3f193a692) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [GRADE 10 PHYSICAL SCIENCES P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-physical-sciences-p1-memo/1cc386c8-299f-447c-8a31-0357a62b792f) — Physical Sciences · Memo · 2016
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2016-afr/3d154b70-ae51-4eb6-b479-9bd16c758ee5) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-eng/b6505777-57d6-4c54-9193-a13e5129fe09) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Physical Sciences P1 Gr 10 Nov 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-nov-2019-eng-d/1fb88257-e750-4a90-a90c-1caab37552d3) — Physical Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
