# Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2017 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2017-afr/b5d69868-86b7-434e-9bfd-2af42c9e508f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2017-afr/b5d69868-86b7-434e-9bfd-2af42c9e508f)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

      Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, 1 gegewensblad en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       2                       DBE/November 2017
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die betrokke ruimte op die
         ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK, behalwe VRAAG 3.3 wat op die aangehegte
         ANTWOORDBLAD beantwoord moet word.

3.       Lewer die ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Laat EEN reël tussen subvrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

7.       Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

8.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

9.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAD te gebruik.

10.      Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

11.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

12.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ensovoorts, waar nodig.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          3                       DBE/November 2017
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 E.

1.1        Watter EEN van die volgende pare fisiese hoeveelhede bestaan uit een
           skalaar- en een vektorhoeveelheid?

           A     Afstand en spoed
           B     Spoed en versnelling
           C     Verplasing en snelheid
           D     Snelheid en versnelling                                                       (2)

1.2        'n Motor beweeg teen 'n konstante snelheid op 'n reguit pad. Dit verminder
           dan uniform spoed. Watter EEN van die snelheid-tyd-grafieke hieronder stel
           die beweging van die motor die beste voor?

       v                     v                      v               v

                         t                   t                  t                     t
                A                    B                      C                D                 (2)

1.3        Olie wat teen gelyke tydintervalle uit 'n vragmotor drup, laat die patroon
           hieronder op die pad.

                                                                           Oos

           Indien die vragmotor ooswaarts beweeg, watter EEN van die kombinasies
           hieronder beskryf die spoed van die vragmotor gedurende die intervalle
           M tot Q, Q tot V en V tot Z die beste?

                       M TOT Q                    Q TOT V             V TOT Z
            A           Neem af                  Bly konstant        Neem toe
            B          Neem toe                  Bly konstant         Neem af
            C         Bly konstant                Neem toe           Neem toe
            D          Neem toe                    Neem af          Bly konstant               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        4                          DBE/November 2017
                                       KABV – Graad 10

1.4      'n Motorfiets wat teen 'n spoed v ry, het 'n kinetiese energie E. Indien die
         spoed van die motorfiets tot 3v toeneem, sal die kinetiese energie ... wees.

         A      3E
         B      ⅓E
         C      6E
         D      9E                                                                              (2)

1.5      Die SI-eenheid vir gravitasie- potensiële energie is ...

         A      kg∙m∙s-1
         B      kg∙m∙s-2
         C      kg∙m2∙s-2
         D      kg∙m-1∙s-1                                                                      (2)

1.6      Die amplitude van 'n klankgolf word verhoog sonder om die frekwensie te
         verander. Hoe beïnvloed hierdie verandering die hardheid en toonhoogte van
         die klank?

                             HARDHEID                          TOONHOOGTE
          A                   Neem af                              Neem af
          B                   Neem af                             Neem toe
          C                   Neem toe                         Bly onveranderd
          D                   Neem toe                            Neem toe                      (2)

1.7      Watter EEN van die kombinasies hieronder is die KORREKTE volgorde van
         elektromagnetiese golwe in TOENEMENDE GOLFLENGTES?

         A      Gammastraal → X-straal → ultraviolet → sigbare lig → infrarooi →
                mikrogolf
         B      Radiogolf → mikrogolf → infrarooi → sigbare lig → ultraviolet →
                X-straal
         C      X-straal → ultraviolet → infrarooi → sigbare lig → radiogolf →
                mikrogolf
         D      Gammastraal → X-straal → sigbare lig → ultraviolet → infrarooi →
                mikrogolf                                                                       (2)

1.8      Die krag tussen twee magnete neem af wanneer …

         A      twee gelyke pole nader aan mekaar kom.
         B      twee ongelyke pole nader aan mekaar kom.
         C      die afstand tussen hulle toeneem.
         D      die afstand tussen hulle afneem.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                          DBE/November 2017
                                      KABV – Graad 10

1.9      Twee identiese sfere, X en Y, op geïsoleerde staanders, dra onderskeidelik
         ladings van 3 µC en -5 µC. Die sfere word met mekaar in kontak gebring en
         weer op hulle oorpronklike posisies geplaas. Die lading op ELKE sfeer na
         kontak is …

         A      8 µC
         B      -4 µC
         C      -2 µC
         D      -1 µC                                                                           (2)

1.10     Die energie oorgedra per eenheid elektriese lading in 'n stroombaan is ...

         A      stroom.
         B      lading.
         C      drywing.
         D      potensiaalverskil.                                                              (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      6                          DBE/November 2017
                                     KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Broer en suster stap ná skool huis toe. Nadat hulle 500 m ooswaarts gestap het,
besef die broer dat hy 'n boek by die skool vergeet het en hy draai terug skool toe. Sy
suster stap nog 800 m na hulle huis toe. Sy kom by die huis aan
30 minute nadat sy by die skool weg is.

                                                                              N

                                                                       W              O

                                                                              S

                            500 m                       800 m
          Skool                                                             Huis

2.1      Definieer die term gemiddelde spoed.                                                   (2)

2.2      Bereken die gemiddelde spoed van die meisie vanaf die skool tot by haar
         huis.                                                                                  (4)

2.3      Gebruik 'n vektorskaaldiagram en stel die verplasing van die seun voor vanaf
         die tyd dat hy besef het dat hy sy boek by die skool vergeet het totdat hy by
         die huis aangekom het. Sluit ALLE nodige inligting by die diagram in.

         Gebruik skaal 1 cm = 100 m vir die diagram.                                            (3)

2.4      Indien die gemiddelde spoed van die seun dieselfde as dié van die meisie is,
         bereken hoe lank dit die seun sal neem om by die huis te kom vanaf die tyd
         wat hulle saam by die skool weg is.                                                    (4)
                                                                                                [13]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          7                       DBE/November 2017
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die ingenieurs by 'n motormaatskappy voer verskillende toetse op hulle motors uit.
Tydens een van die toetse meet hulle die verandering in posisie gedurende gelyke
tydintervalle. Die resultate verkry, is in die tabel hieronder aangeteken.

                               TYD (s)            POSISIE (m)
                                 0                    0
                                 1                    5
                                 2                    10
                                 3                    15
                                 4                    20

3.1      Gee die korrekte term vir verandering van posisie per eenheid tyd.                      (1)

3.2      Vir hierdie toets, skryf neer die:

         3.2.1        Onafhanklike veranderlike                                                  (1)

         3.2.2        Afhanklike veranderlike                                                    (1)

3.3      Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken 'n akkurate posisie-tyd-
         grafiek op die grafiekpapier op die aangehegte ANTWOORDBLAD.                            (5)

3.4      Bereken die helling van die grafiek.                                                    (4)

3.5      Teken (NIE volgens skaal NIE) 'n ooreenstemmende snelheid-tyd-grafiek vir
         die beweging van die motor. Benoem die asse.                                            (2)

3.6      Lei vervolgens die grootte van die versnelling van die motor af.                        (2)
                                                                                                 [16]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        8                            DBE/November 2017
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Motor versnel vanuit rus teen 15 m∙s-2 vir 2 s op 'n horisontale pad.

4.1      Definieer die term versnelling.                                                          (2)

4.2      Bereken die:

         4.2.1        Afstand deur die motor afgelê                                               (3)

         4.2.2        Snelheid van die motor                                                      (3)

Terwyl 'n motorbestuurder teen 'n konstante snelheid van 108 km·h-1 beweeg, sien hy
'n padteken wat motoriste waarsku om 'n veilige 2-sekonde-volgafstand te handhaaf.
Op daardie oomblik is die motor 80 m agter 'n vragmotor wat teen 'n konstante
snelheid van 90 km·h-1 beweeg.

                                                                       90 km·h-1
             108 km·h-1

                                           80 m

4.3      Verduidelik die betekenis van 'n veilige 2-sekonde-volgafstand.                          (2)

4.4      Bereken die veilige 2-sekonde-volgafstand agter die vragmotor.                           (6)

4.5      Bereken hoe lank dit die motoris sal neem om by 'n veilige 2-sekonde-
         volgafstand agter die vragmotor te kom.                                                  (5)
                                                                                                  [21]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       9                                DBE/November 2017
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Hysbak neem 'n man na 'n lugbrug wat 100 m bokant die grond is, soos hieronder
getoon. Hy doen 'n reksprong ('bungee jump') vanaf die lugbrug. Ignoreer die effekte
van lugweerstand.

                                                                        Lugbrug

                                       100 m

                                                 [Bron: myjozi.co.za]

5.1      Definieer die term kinetiese energie.                                                         (2)

5.2      Die man en sy toerusting het 'n massa van 72 kg. Bereken die man se
         gravitasie- potensiële energie net voordat hy van die lugbrug af spring.                      (3)

5.3      Stel die wet van behoud van meganiese energie.                                                (2)

5.4      Gebruik die wet in VRAAG 5.3 om die man se snelheid op 'n hoogte van 50 m
         bokant die grond te bereken.                                                                  (5)

5.5      Teken 'n grafiek van E p teenoor E k vir die beweging van die man vanaf die
         oomblik wat hy spring totdat hy die grond bereik.                                             (3)
                                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        10                          DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee meisies, wat aan weerskante van 'n tou staan, maak elk 'n puls met dieselfde
spoed. Puls A, met 'n amplitude van 4 cm, beweeg na regs en puls B, met 'n amplitude
van -6 cm, beweeg na links. Die pulse ontmoet by punt C.

                         A
                                             C
                                             •
                                                                     B

6.1      Noem die verskynsel wat waargeneem word wanneer die twee pulse by
         punt C ontmoet.                                                                         (3)

6.2      Teken 'n benoemde diagram om die resulterende puls te toon wanneer die
         twee pulse by punt C ontmoet. Benoem die pulse duidelik.                                (2)

6.3      Noem die soort interferensie wat plaasvind wanneer die pulse ontmoet.                   (1)

6.4      Bepaal die resulterende amplitude van die pulse by punt C.                              (2)

6.5      Hoe sal die amplitude van puls A beïnvloed word nadat dit deur punt C
         beweeg het? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                          (1)
                                                                                                 [9]

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Dolfyne kommunikeer deur die uitstuur en ontvang van klanke. 'n Klein dolfyntjie het
van sy ma afgedwaal en teen 'n frekwensie van 130 kHz begin fluit om haar te roep.
Die spoed van klank in seewater is 1 480 m∙s-1.

7.1      Verduidelik die term ultraklank.                                                        (2)

7.2      Bereken die golflengte van die klein dolfyntjie se fluit.                               (4)

7.3      'n Ander dolfyn hoor 2 s later die noodkreet van die klein dolfyntjie. Hoe ver is
         die twee dolfyne van mekaar af?                                                         (4)

7.4      Die spoed van klank in lug is 340 m∙s-1. Verduidelik kortliks waarom die spoed
         van klank in lug verskil van die spoed van klank in seewater.                           (2)

7.5      Beskryf hoe dolfyne eggolokasie gebruik om hul prooi te jag.                            (3)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        11                           DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou 'n laserwyser en selfoon, soos hieronder getoon.

                 Laserwyser                                      Selfoon

8.1      Noem die soort elektromagnetiese straling wat vrygestel word deur die:

         8.1.1        Laserwyser                                                                  (1)

         8.1.2        Selfoon                                                                     (1)

8.2      'n Laserwyser gebruik rooiligfotone met 'n golflengte van 620 nm.

         8.2.1        Definieer die term foton.                                                   (2)

         8.2.2        Bereken die energie van 'n rooiligfoton.                                    (6)

         8.2.3        Verwys na die antwoord op VRAAG 8.2.2. Verduidelik waarom dit
                      baie gevaarlik is om met 'n laserwyser in 'n mens se oë te skyn.            (2)
                                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                             12                     DBE/November 2017
                                             KABV – Graad 10

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee magnete word so geplaas dat hul noordpole na mekaar wys.

                                     N                   N
9.1        Verduidelik die term magneetveld.                                                     (2)

9.2        Teken die magnetieseveld-patroon tussen die twee noordpole van die
           magnete.                                                                              (3)

9.3        Die grafiek hieronder toon hoe die magnetiese krag met afstand tussen die
           magnete verander.

                  0,5
                            ●

                  0,4

       Krag (N)   0,3

                                ●
                  0,2

                  0,1                    ●
                                                 ●
                                                                ●

                        0        2       4       6        8     10
                                                 Afstand (cm)

           9.3.1             Wat is die wiskundige verwantskap tussen magnetiese krag en
                             afstand tussen die twee magnete?                                    (1)

           9.3.2             Wat is die grootte van die magnetiese krag tussen die twee
                             magnete wanneer hulle 4 cm mekaar af is?                            (1)

           9.3.3             Hoe ver moet die magnete van mekaar af wees om 'n krag van
                             0,05 N te ervaar?                                                   (1)
                                                                                                 [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       13                         DBE/November 2017
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Neutrale plastiekliniaal laai wanneer dit met 'n wollap gevryf word. Nadat dit gevryf
is, het die liniaal 'n lading van -3,5 x 10-15 C.

10.1     Onderskei tussen 'n neutrale voorwerp en 'n gelaaide voorwerp.                        (2)

10.2     Het die liniaal elektrone BYGEKRY of VERLOOR?                                         (1)

10.3     Bereken die getal elektrone wat tydens die vryfproses oorgedra is.                    (3)

10.4     Die gelaaide liniaal word nou nader aan stukkies papier gebring.
         Die stukkies papier word na die liniaal aangetrek, soos hieronder getoon.

                                                           liniaal

                                                           papier

         10.4.1       Verduidelik waarom die stukkies papier na die liniaal aangetrek
                      word.                                                                    (3)

         10.4.2       Noem EEN toepassing van elektrostatika in ons daaglikse lewens.          (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         14                         DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Verwys na Stroombaan A en B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Stroombaan A                                    Stroombaan B
                          9V                                         9V

                                     ● S1                                         ● S1
                                     ●                                            ●
                  1,5 Ω

                                             A1       1,5 A
                     V2

                  1,5 Ω
                                                       2Ω       A2        4Ω

                     V1                                                    V2
                                                        V1

11.1     Definieer die term emk.                                                              (2)

11.2     Bereken die totale weerstand van Stroombaan A.                                       (2)

11.3     Beskou Stroombaan B.

         11.3.1       Skryf die lesing op A 2 neer.                                           (1)

         11.3.2       Bereken die lesing op V 1 .                                             (3)

11.4     Indien 'n derde weerstand (1,5 Ω) in parallel met die bestaande weerstande in
         Stroombaan A geskakel word, sal die totale stroom in die stroombaan
         TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY? Verduidelik die antwoord.                          (3)
                                                                                              [11]

                                                                                TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                          DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                    PAPER 1 (PHYSICS)
                       GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                   VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                    SYMBOL/SIMBOOL                    VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                   g                        9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                   c                     3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                   h                     6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
                                                   e                      -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                                  me                     9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a ∆t                               ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                                     v + vi 
  2       2
v f = v i + 2a∆x                               ∆x =  f       ∆t
                                                       2 

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

                                                   1                 1
U = mgh or/of E P = mgh                      K=      mv 2 or/of E k = mv 2
                                                   2                 2
E M = E k + E p . or/of E M = K + U

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                                    1
v=fλ                                         T=
                                                    f
                       c
E = hf or/of E = h
                       λ
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
      Q                                    Q1 + Q 2
n=                                    Q=
      e                                       2
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
                                       1   1   1
Q=I∆t                                    =   +   + ...
                                      R p R1 R 2
                                           W
R s = R1 + R 2 + ...                  V=
                                           q

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                  DBE/November 2017
                              KABV – Graad 10

ANTWOORDBLAD

Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.

NAAM: _____________________________________

KLAS: _____

VRAAG 3.3

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P1 Gr 10 Nov 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-nov-2019-eng-d/1fb88257-e750-4a90-a90c-1caab37552d3) — Physical Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-afr/135391f2-470f-4eeb-b1a0-8b72ac4e45a8) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-eng/cc3a738e-1d76-40a3-8162-20d3f193a692) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Final Marking Guideline Grade 10 Physical Sciences P2 2017 Common Examination](https://www.hlayiso.com/library/final-marking-guideline-grade-10-physical-sciences-p2-2017-common-examination/bc3867a3-2afb-4dd2-89e0-02222e5e7c29) — Physical Sciences · Memo · 2017

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
