# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-june-july-2015-afr/b852c1eb-6ca5-43b7-a36b-6401e5e766d1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-june-july-2015-afr/b852c1eb-6ca5-43b7-a36b-6401e5e766d1)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           FISIESE WETENSKAPPE V1

                                       FISIKA

                                         2015

                                                                       PUNTE: 150

                                                                            TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    2                                     DBE/2015
                                         SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      3                                     DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
net EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1      'n Horisontale krag F word op 'n krat toegepas en veroorsaak dat dit oor 'n
         ruwe horisontale oppervlak beweeg, soos hieronder getoon.

                                    krat                         F

         Die kinetiese wrywingskrag tussen die krat en die oppervlak waaroor dit
         beweeg, hang af van ...

         A     die toegepaste krag F.

         B     die buite-oppervlakte van die krat wat aan die vloer raak.

         C     hoe vinnig die krat oor die oppervlak beweeg.

         D     die opwaartse krag wat deur die oppervlak op die krat uitgeoefen word.            (2)

1.2      'n Voorwerp word op 'n badkamerskaal in 'n hysbak geplaas wat op die derde
         vloer van 'n gebou stilstaan. Die lesing op die skaal sal die grootste wees
         wanneer die hysbak ...

         A     afwaarts versnel.

         B     opwaarts versnel.

         C     teen 'n konstante spoed opwaarts beweeg.

         D     teen 'n konstante spoed afwaarts beweeg.                                          (2)

1.3      'n Bal word vertikaal opwaarts in die lug gegooi. Ignoreer die effekte van
         wrywing. Die NETTO KRAG wat op die bal uitgeoefen word wanneer die bal
         by sy hoogste punt is, is ...

         A     nul.

         B     gelyk aan die gewig van die bal.

         C     minder as die gewig van die bal.

         D     meer as die gewig van die bal.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     4                                     DBE/2015
                                          SSE

1.4      Tydens 'n botsing verlaag 'n opgeblaaste lugsak in 'n motor die netto krag wat
         op die bestuurder van die motor sou inwerk. Dit gebeur omdat die tydinterval
         waarin die netto krag op die bestuurder inwerk, vir dieselfde
         momentumverandering ...

         A     nul is.

         B     afneem.

         C     toeneem.

         D     konstant bly.                                                                    (2)

1.5      'n Voorwerp wat horisontaal teen 'n konstante snelheid beweeg, kom skielik 'n
         ruwe horisontale oppervlak teë. Die voorwerp gaan voort om oor hierdie ruwe
         oppervlak te beweeg. Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         Die netto arbeid wat deur die beweging oor die ruwe oppervlak op die
         voorwerp verrig word, is ...

         A     nul.

         B     positief.

         C     negatief.

         D     konstant.                                                                        (2)

1.6      Die toeter van 'n motor bring klank met 'n konstante frekwensie voort terwyl
         die motor van 'n stilstaande luisteraar af wegbeweeg.

         Watter EEN van die volgende eienskappe van die klank wat die luisteraar
         hoor, sal NIE verander NIE?

         A     Snelheid

         B     Frekwensie

         C     Beide golflengte en frekwensie

         D     Beide frekwensie en hardheid                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                                       DBE/2015
                                            SSE

1.7      Twee identiese positief gelaaide sfere wat vrylik kan beweeg, word naby
         mekaar op 'n wrywinglose oppervlak geplaas.

         Watter EEN van die volgende beskryf die beweging van die twee sfere
         KORREK?

         A     Hulle beweeg met toenemende versnelling van mekaar af weg.

         B     Hulle beweeg met afnemende versnelling van mekaar af weg.

         C     Hulle beweeg met konstante versnelling van mekaar af weg.

         D     Hulle beweeg sonder enige versnelling van mekaar af weg.                             (2)

1.8      Die diagram hieronder toon 'n sel met emk ( ε ), en twee resistors, R 1 en R 2 , in
         serie, met R 1 < R 2 . Die sel het weglaatbare interne weerstand en die
         voltmeters het 'n baie hoë weerstand.

                                     ε

                                R1                R2

                               V1                 V2

         Watter EEN van die volgende is KORREK?

         A     V1 = V2 = ε

         B     V1 > V2

               V1 V2
         C       =
               R1 R 2

                V12 V22
         D         >
                R1 R 2                                                                              (2)

1.9      'n GS-generator werk teen 80 Hz. Die getal kere wat die uitsetspanning 'n
         maksimum in 1 sekonde bereik, is ...

         A     40.

         B     80.

         C     120.

         D     160.                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     6                                       DBE/2015
                                          SSE

1.10     Lig van 'n sekere frekwensie is invallend op 'n metaaloppervlak en
         fotoëlektrone word vanaf die oppervlak vrygestel.

         Indien die INTENSITEIT van dieselfde lig toeneem, sal die ...

         A     kinetiese energie van die vrygestelde fotoëlektrone toeneem.

         B     kinetiese energie van die vrygestelde fotoëlektrone afneem.

         C     aantal fotoëlektrone wat per sekonde vrygestel word, toeneem.

         D     aantal fotoëlektrone wat per sekonde vrygestel word, afneem.                       (2)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      7                                    DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 5 kg-blok wat op 'n ruwe horisontale tafel rus, word met 'n ligte, onrekbare tou wat
oor 'n ligte, wrywinglose katrol gaan, met 'n ander blok met massa 2 kg verbind.
Die 2 kg-blok hang vertikaal soos in die diagram hieronder aangetoon.

'n Krag van 60 N word op die 5 kg-blok toegepas teen 'n hoek van 10o met die
horisontaal, wat veroorsaak dat die blok na links versnel.

                 60 N

                                 10o             5 kg

                                                                    2 kg

Die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen die 5 kg-blok en die oppervlak van die
tafel is 0,5. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

2.1      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram wat AL die kragte aandui wat op die
         5 kg-blok inwerk.                                                                      (5)

2.2      Bereken die grootte van die:

         2.2.1       Vertikale komponent van die 60 N-krag                                      (2)

         2.2.2       Horisontale komponent van die 60 N-krag                                    (2)

2.3      Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                          (2)

Bereken die grootte van die:

2.4      Normaalkrag wat op die 5 kg-blok inwerk                                                (2)

2.5      Spanning in die tou wat die twee blokke verbind                                        (7)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       8                                     DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Warmlugballon styg vertikaal teen 'n konstante snelheid. Wanneer die
warmlugballon punt A 'n paar meter bo die grond bereik, laat 'n man in die
warmlugballon 'n bal val wat die grond tref en bons. Ignoreer die effekte van wrywing.

                                        A

                                                                  GROND

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder stel die beweging van die bal voor van die oomblik
wat dit laat val word tot nadat dit vir die eerste keer bons. Die tydinterval tussen die
verskillende kere wat dit bons, word geïgnoreer. DIE OPWAARTSE RIGTING WORD
AS POSITIEF GENEEM.

GEBRUIK INLIGTING UIT DIE GRAFIEK EN BEANTWOORD DIE VRAE WAT VOLG.

                 v (m.s-1)
                                                        P
                          5,88
                          2,94

                             0    0,6                       3,2
                                                  2,6
                         - 2,94                                      t (s)

                         -19,60

3.1      Skryf die grootte van die snelheid van die warmlugballon neer.                           (1)

3.2      Bereken die hoogte bo die grond waarvandaan die bal laat val is.                         (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    9                                    DBE/2015
                                         SSE

Bereken die:

3.3      Tyd by punt P wat op die grafiek aangedui word                                       (2)

3.4      Maksimum hoogte wat die bal bereik nadat dit die eerste keer gebons het.             (3)

3.5      Afstand tussen die bal en die warmlugballon wanneer die bal by sy
         maksimum hoogte is nadat dit die eerste keer gebons het.                             (4)
                                                                                              [13]

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee stilstaande staalballe, A en B, word langs mekaar aan massalose, onelastiese
toue vasgemaak, soos in Diagram 1 hieronder getoon.

      Diagram 1                                                       Diagram 2

                                                      A

                                           0,2 m
                     A      B                                     B

Bal A, met massa 0,2 kg, word met 'n vertikale afstand van 0,2 m verplaas, soos in
Diagram 2 hierbo getoon. Wanneer bal A gelos word, bots dit elasties en kop aan kop
met bal B. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

4.1      Wat word met 'n elastiese botsing bedoel?                                            (2)

Onmiddellik na die botsing beweeg bal A horisontaal agteruit (na links). Bal B bekom
kinetiese energie van 0,12 J en beweeg horisontaal vorentoe (na regs).

Bereken die:

4.2      Kinetiese energie van bal A net voordat dit met bal B bots (Gebruik slegs
         energie-beginsels.)                                                                  (3)

4.3      Spoed van bal A onmiddellik na die botsing                                           (4)

4.4      Grootte van die impuls op bal A tydens die botsing                                   (5)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      10                                        DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon 'n swaar blok met massa 100 kg wat teen 'n ruwe
25o-skuinsvlak afgly. 'n Konstante krag F word parallel met die skuinsvlak op die blok
toegepas, soos in die diagram hieronder aangetoon, sodat die blok teen 'n konstante
snelheid afwaarts gly.

             F
                               100 kg

                                                            25o

Die grootte van die kinetiese wrywingskrag (f k ) tussen die blok en die oppervlak van
die skuinsvlak is 266 N.

5.1      Wrywing is 'n nie-konserwatiewe           krag.   Wat    word   met    die    term
         nie-konserwatiewe krag bedoel?                                                             (2)

5.2      'n Leerder sê dat die netto arbeid wat op die blok verrig word, groter as nul is.

         5.2.1       Is die leerder korrek? Antwoord slegs JA of NEE.                               (1)

         5.2.2       Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.2.1 deur fisikabeginsels te
                     gebruik.                                                                       (2)

5.3      Bereken die grootte van die krag F.                                                        (4)

Indien die blok uit rus laat los word sonder dat die krag F toegepas word, beweeg dit
3 m teen die skuinsvlak af.

5.4      Bereken die spoed van die blok aan die onderkant van die skuinsvlak.                       (6)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        11                                   DBE/2015
                                             SSE

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die grafiek hieronder toon die verhouding tussen die skynfrekwensie (f L ) van die klank
wat deur 'n STILSTAANDE luisteraar gehoor word en die snelheid (v s ) van die bron
wat NA die luisteraar toe beweeg.

                            Grafiek wat skynfrekwensie (fL) teenoor
                               snelheid van klankbron (vs) toon
                   950

                                                                      •
                   900

                                                        •
         fL (Hz)

                   850                       •
                                •
                   800 •
                      0        10           20          30            40
                                           vs (m∙s-1)

6.1      Stel die Doppler-effek in woorde.                                                        (2)

6.2      Gebruik die inligting in die grafiek om die spoed van klank in lug te bereken.           (5)

6.3      Skets 'n grafiek van skynfrekwensie (f L ) teenoor snelheid (v s ) van die
         klankbron indien die bron van die luisteraar af WEGBEWEEG. Dit is nie nodig
         om numeriese waardes vir die grafiek te gebruik nie.                                     (2)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         12                                  DBE/2015
                                              SSE

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Drie puntladings, Q 1 , Q 2 en Q 3 , wat ladings van +6 µC, -3 µC en +5 µC onderskeidelik
dra, word in 'n ruimte gerangskik soos in die diagram hieronder getoon.

Die afstand tussen Q 3 en Q 1 is 30 cm en dit tussen Q 3 en Q 2 is 10 cm.

                     Q3 = +5 µC       30 cm             Q1 = +6 µC

                     10 cm

                             Q2 = -3 µC

7.1      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                           (2)

7.2      Bereken die netto krag wat as gevolg van die teenwoordigheid van Q 1 en Q 2
         op lading Q 3 inwerk.                                                                    (7)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        13                                   DBE/2015
                                             SSE

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee identiese neutrale sfere, M en N, word op geïsoleerde staanders geplaas. Hulle
word met mekaar in kontak gebring en 'n gelaaide staaf word naby sfeer M gebring.

                                                     M       N
                                Gelaaide staaf

Wanneer die sfere geskei word, word gevind dat 5 x 106 elektrone van sfeer M na
sfeer N oorgedra is.

8.1      Wat is die netto lading op sfeer N na skeiding?                                          (3)

8.2      Skryf die netto lading op sfeer M na skeiding neer.                                      (2)

         Die gelaaide sfere, M en N, word nou in 'n ruimte in 'n reguitlyn gerangskik
         sodat die afstand tussen die middelpunte 15 cm is. 'n Punt P lê 10 cm regs
         van N soos in die diagram hieronder getoon.

                         M                               N               P
                                                                         ×
                                  15 cm                          10 cm

8.3      Definieer die elektriese veld by 'n punt.                                                (2)

8.4      Bereken die netto elektriese veld by punt P as gevolg van M en N.                        (6)
                                                                                                  [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      14                                     DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Sel met 'n onbekende interne weerstand, r, het emk ( ε ) van 1,5 V. Dit is in 'n kring
verbind met drie resistors, 'n hoëweerstand-voltmeter, 'n laeweerstand-ammeter en 'n
skakelaar S soos hieronder getoon.

                                             V

                                          ε = 1,5 V
                                                                  S
                                                     r          ● ●

                                                         P
                              4Ω                 A           2Ω

                                             3Ω

Wanneer skakelaar S gesluit word, gee die voltmeter 'n lesing van 1,36 V.

9.1      Watter terminaal van die ammeter word deur punt P voorgestel?
         Skryf slegs POSITIEF of NEGATIEF neer.                                                   (1)

9.2      Bereken die ammeterlesing.                                                               (3)

9.3      Bereken die interne weerstand van die sel.                                               (7)

9.4      'n Addisionele resistor X word in parallel met die 3 Ω-resistor in die kring
         verbind. Sal die lesing van die ammeter TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE
         BLY? Gee 'n rede vir die antwoord.                                                       (4)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      15                                  DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1      Die uitsetpotensiaalverskil van 'n WS-generator is 100 V teen 20 Hz.
          'n Vereenvoudigde diagram van die generator word hieronder getoon. Die
          rigting van die stroom in die spoel is van a na b.

                                            c              b

                                   d             a

         10.1.1       In watter rigting roteer die spoel? Skryf slegs KLOKSGEWYS of
                      ANTIKLOKSGEWYS neer.                                                     (1)

         10.1.2       Begin by die posisie wat in die diagram getoon word en skets 'n
                      grafiek van die uitsetpotensiaalverskil teenoor tyd wanneer die
                      spoel TWEE volledige siklusse voltooi. Dui duidelik die maksimum
                      potensiaalverskil (100 V) en die tyd wat dit neem om die twee
                      siklusse te voltooi, op die grafiek aan.                                 (3)

         10.1.3       Noem EEN manier waarop hierdie WS-generator gebruik kan word
                      om 'n laer uitsetpotensiaalverskil te produseer.                         (1)

10.2     'n Elektriese toestel is 220 V, 1 500 W gemerk.

         Bereken die maksimum stroomuitset vir die toestel wanneer dit aan 'n
         220 V-wisselstroombron gekoppel is.                                                   (5)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       16                                    DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

11.1     In die diagram hieronder word groen en blou lig opeenvolgend op 'n
         metaaloppervlak geskyn. In elke geval word elektrone van die oppervlak
         vrygestel.

                                groen
                                500 nm                              blou
                                                                    400 nm

         11.1.1       Watter eienskap van lig word deur die fotoëlektriese effek
                      geïllustreer?                                                           (1)

         11.1.2       Sonder enige berekening, gee 'n rede waarom die maksimum
                      kinetiese energie van 'n vrygestelde elektron, met gebruik van blou
                      lig, MEER IS as wat verkry word wanneer groen lig vir dieselfde
                      metaaloppervlak gebruik word.                                           (2)

11.2     Die golflengte wat met die afsny(drumpel)-frekwensie van 'n sekere metaal
         geassosieer word, is 330 nm.

         Bereken:

         11.2.1       Die arbeidsfunksie van die metaal                                       (4)

         11.2.2       Die maksimum spoed van 'n elektron wat vanaf die oppervlak van
                      die metaal vrygestel word wanneer lig met frekwensie 1,2 x 1015 Hz
                      op die metaal geskyn word                                               (5)
                                                                                              [12]

                                                                               TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                   1                                  DBE/2015
                                        SSE

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the Earth
                                          M              5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               2                                                   DBE/2015
                                                    SSE

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t                                     Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                          v + vf                 v + vf 
  2        2                 2      2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y             Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                           p = mv
f s max = μ sN                                      fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                    w = mg
Δp = m f - m i
         m1m 2                          m1m 2                M                             M
F=G                  or/of       F=G                g =G                  or/of        g =G 2
          d2                             r2                  d2                            r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos θ                                       U = mgh                or/of       EP = mgh
                                                    Wnet = ∆K              or/of        Wnet = ∆Ek
       1                            1
K=       mv 2       or/of    Ek =     mv 2
       2                            2
                                                    ∆K = K f − K i         or/of       ∆Ek = Ekf − Eki
                                                       W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                 P=
                                                       ∆t
Pave = Fv ave

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                         1
v=fλ                                                T=
                                                         f
       v ± vL                           v ± vL                                     c
fL =          fs    or/of        fL =          fb   E = hf        or/of     E= h
       v ± vs                           v ± vb                                     λ
E = Wo + Ek (max)      where/waar
                                        1   2
E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek (max) = mv max
                                        2

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       3                                                          DBE/2015
                                            SSE

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ 1Q 2                                     kQ
F=                                          E=
      r2                                       r2
   F                                           W
E=                                          V=
   q                                            q
    Q            Q
n=     or/of n =
    e            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                            emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R=
     I                                      emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
 1    1     1                               q = I ∆t
    =    +     + ...
R p R1 R 2
W = Vq                                           W
                                            P=
                                                 Δt
W = VI ∆ t
                                            P = VI
W = I2R ∆ t

           2
                                            P = I2R
      V Δt
W=                                              V2
       R                                    P=
                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Paverage = Vrms I rms           /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                   I
I rms =                /   I wgk = maks
               2                    2                    2
                                            Paverage = I rms R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R
           Vmax                     Vmaks
Vrms =                 /   Vwgk =                          2
                                                         Vrms
                                                                                                2
                                                                                               Vwgk
               2                      2     Paverage =              /           Pgemiddeld =
                                                          R                                     R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-june-july-2015-afr/4cd3d74a-4040-44cb-89c0-64a46ed7a139) — Physical Sciences · QP · 2015 · Afr
- [2015 SEPT Metro South Physics P 1](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1/48a052c6-a1c7-4786-a250-996ebe63e9d7) — Physical Sciences · QP · 2015
- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Physical Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-eng/4bbee28e-11a5-458f-8d92-6c6f1d7103d3) — Physical Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
