# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-afr/687b87ca-e73b-43d4-ba85-bb297dc339d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-afr/687b87ca-e73b-43d4-ba85-bb297dc339d9)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                         2018

                                                                        PUNTE: 150

                                                                            TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                                   DBE/2018
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 VRAE. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      3                                   DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Die netto (resultante) krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die … van
         die voorwerp in die rigting van die netto krag.

         A     verandering in momentum

         B     verandering in kinetiese energie

         C     tempo van verandering van momentum

         D     tempo van verandering van kinetiese energie                                    (2)

1.2      'n Fisiese hoeveelheid, wat beskryf word as 'n maatstaaf van die weerstand
         van 'n liggaam teen 'n verandering in beweging, word … genoem.

         A     traagheid

         B     krag

         C     versnelling

         D     gewig                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         4                               DBE/2018
                                              SSE

1.3      Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die pad van 'n klip wat vertikaal
         opwaarts geprojekteer is.
                                              • II

                                         I•
                                              • III

                                              • IV

         By watter EEN van die posisies wat op die diagram aangedui word, sal die
         grootte van die klip se momentum die GROOTSTE wees? Ignoreer
         lugweerstand.

         A     I

         B     II

         C     III

         D     IV                                                                            (2)

1.4      Twee motors, P en Q, wat in 'n reguitlyn beweeg, het dieselfde momentum.
         Die kinetiese energie van Q is groter as die kinetiese energie van P.

         Watter EEN van die volgende stellings ten opsigte van die motors is
         KORREK?

         A     Q het 'n kleiner massa as P.

         B     Q het dieselfde massa as P.

         C     Q beweeg stadiger as P.

         D     Q beweeg teen dieselfde spoed as P.                                           (2)

1.5      Die netto arbeid wat op 'n voorwerp verrig word om sy spoed vanaf rus na v
         te verhoog, is W. Hoeveel netto arbeid moet op dieselfde voorwerp verrig
         word om sy spoed vanaf v na 2v te verhoog?

         A     W

         B     2W

         C     3W

         D     4W                                                                            (2)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                                      DBE/2018
                                            SSE

1.6     Watter EEN van die volgende is NIE 'n toepassing van die Doppler-effek nie?

         A     'n Ligmeter

         B     'n Bloedvloeimeter

         C     Vasstel van 'n fetus se hartklop deur ultraklank te gebruik

         D     Meet die spoed van 'n aankomende motor deur radar te gebruik                       (2)

1.7      Twee klein identiese metaalsfere, op geïsoleerde staanders, dra ladings van -q
         en +3q respektiewelik,

         Wanneer die middelpunte van die sfere 'n afstand d van mekaar is, oefen die
         sfere 'n elektrostatiese krag met grootte F op mekaar uit.

                                             d
                                    -q                +3q

         Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak en dan na dieselfde
         posisies as voorheen teruggebring.

         Die grootte van die elektrostatiese krag wat die sfere nou op mekaar uitoefen,
         ten opsigte van F, is:

                4
         A        F
                3
               1
         B       F
               3

                1
         C        F
                2

         D     3F                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         6                                 DBE/2018
                                              SSE

1.8      In die stroombaan hieronder het die battery 'n emk (ε) en interne weerstand r.
         Met skakelaar S oop, word lesings op die ammeter en die voltmeter
         geregistreer.
                                       emk(ε)
                                                r

                                                              A

                                       V
                                                     S
                                       R            • •

                                       R

         Skakelaar S word nou gesluit. Hoe verander die lesings op die ammeter en
         die voltmeter?

                          AMMETERLESING                       VOLTMETERLESING
          A                  Neem toe                            Bly dieselfde
          B                  Neem toe                              Neem af
          C                  Neem af                             Bly dieselfde
          D                  Neem af                               Neem af                     (2)

1.9      'n Leerder noem die volgende as faktore wat die grootte van die
         geïnduseerde stroom in 'n WS-generator beïnvloed:

         (i)     Die aantal draaie (windings) van die spoel
         (ii)    Die sterkte van die magneetveld
         (iii)   Die rotasiespoed van die spoel

         Watter EEN van die kombinasies hieronder is KORREK?

         A       Slegs (i) en (ii)

         B       Slegs (i) en (iii)

         C       Slegs (ii) en (iii)

         D       (i), (ii) en (iii)                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     7                                   DBE/2018
                                          SSE

1.10     Die grafiek hieronder is verkry vanaf 'n eksperiment oor die foto-elektriese
         effek.

                           Ek(maks)

                                                           1
                                                           λ

         Watter EEN van die volgende verteenwoordig die gradiënt van die grafiek?

         A     hc

         B     h

         C     E k(maks)
                     λ
         D     W0                                                                            (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       8                                    DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Blok P, met onbekende massa, word op 'n ruwe horisontale oppervlak geplaas. Dit
word verbind aan 'n tweede blok, met massa 3 kg, deur 'n ligte onrekbare toutjie wat
oor 'n ligte, wrywinglose katrol beweeg, soos hieronder getoon.

                     P                                    •

                                                         3 kg

                                                                   0,5 m

                                                          3 kg

                                                                 grond

Die massastelsel word aanvanklik in rus gehou met die 3 kg-blok, 0,5 m bokant die
grond. Wanneer die stelsel vrygelaat word, beweeg die 3 kg-blok vertikaal afwaarts en
tref die grond na 3 s. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

2.1      Definieer die term versnelling in woorde.                                              (2)

Bereken die grootte van die:

2.2      Versnelling van die 3 kg-blok deur bewegingsvergelykings te gebruik                    (3)

2.3      Spanning in die toutjie                                                                (3)

Die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat deur blok P ondervind word, is 27 N.

2.4      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir blok P.                   (4)

2.5      Bereken die massa van blok P.                                                          (3)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      9                                    DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die diagram hieronder is punt A aan die bokant van 'n gebou. Punt B is presies
halfpad tussen punt A en die grond. Ignoreer lugweerstand.

                                             ●A

                                             ●B

                                                    grond

3.1      Definieer die term vryval.                                                            (2)

'n Bal met massa 0,4 kg word vanaf punt A laat val. Dit gaan verby punt B na 1 s.

3.2      Bereken die hoogte van punt A bo die grond.                                           (3)

Wanneer die bal die grond tref, is dit vir 0,2 s in kontak met die grond en bons dan
vertikaal opwaarts om 'n maksimum hoogte by punt B te bereik.

3.3      Bereken die grootte van die snelheid van die bal wanneer dit die grond tref.          (3)

3.4      Bereken die grootte van die gemiddelde netto krag wat op die bal uitgeoefen
         word terwyl dit in kontak met die grond is.                                           (6)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        10                                      DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Trollie, met massa 1,5 kg, word in rus gehou by punt A aan die bopunt van 'n
wrywinglose baan. Wanneer die 1,5 kg-trollie losgelaat word, beweeg dit die baan af.
Dit gaan verby punt P aan die onderpunt van die helling en bots met 'n stilstaande
2 kg-trollie by punt B. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand en
rotasie-effekte.

              1,5 kg
      A

      2,0 m
                                            1,5 kg                2 kg

                                              P               B

4.1       Gebruik die beginsel van behoud van meganiese energie om die spoed van
          die 1,5 kg-trollie by punt P te bereken.                                                  (4)

Wanneer die twee trollies bots, sit hulle vas aan mekaar en hou aan om teen 'n
konstante snelheid te beweeg.

4.2       Die behoud van liniêre momentum word deur die onvolledige stelling
          hieronder gegee.

          In 'n … sisteem bly die … liniêre momentum behoue.

          Skryf die hele sin oor en vul die ontbrekende woorde of frases in.                        (2)

4.3       Bereken die spoed van die gekombineerde trollies onmiddellik na die botsing.              (4)

4.4       Bereken die afstand wat die gekombineerde trollies in 3 s na die botsing
          beweeg het.                                                                               (3)
                                                                                                    [13]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       11                                DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Vrag met massa 75 kg is aanvanklik in rus op die grond. Dit word dan deur middel
van 'n ligte onrekbare tou vertikaal opwaarts teen 'n konstante versnelling van
0,65 m⋅s-2 getrek. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand, rotasie-
effekte en die massa van die tou.

                                       75 kg           0,65 m⋅s-2

                            12 m

                                                        grond

5.1      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir die vrag
         terwyl dit opwaarts beweeg.                                                         (2)

5.2      Noem die nie-konserwatiewe krag wat op die vrag inwerk.                             (1)

5.3      Bereken die arbeid verrig deur die gravitasiekrag op die vrag as die vrag
         'n hoogte van 12 m bereik het.                                                      (3)

5.4      Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                         (2)

5.5      Gebruik die arbeid-energie-stelling om die spoed van die vrag wanneer dit op
         'n hoogte van 12 m is, te bereken.                                                  (5)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        12                                    DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Klankbron, wat teen 'n konstante spoed van 240 m∙s-1 na 'n detektor beweeg, stel
klank met 'n konstante frekwensie vry. Die detektor teken 'n frekwensie van 5 100 Hz
aan.

Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.

6.1      Stel die Doppler-effek.                                                                  (2)

6.2      Bereken die golflengte van die klank wat deur die bron vrygestel word.                   (7)

Sommige van die klankgolwe word vanaf die detektor na die aankomende bron
weerkaats.

6.3      Sal die frekwensie van die weerkaatste klankgolf, wat deur die klankbron
         waargeneem word, GELYK AAN, GROTER AS of KLEINER AS 5 100 Hz
         wees?                                                                                    (1)
                                                                                                  [10]

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Deeltjie, P, met 'n lading van + 5 x 10-6 C is 1,0 m op 'n reguitlyn vanaf deeltjie V,
met 'n lading van +7 x 10-6 C geleë. Verwys na die diagram hieronder.

           + 5 x 10-6 C                   1,0 m                      + 7 x 10-6 C
                          •               •                      •
                          P                 Q                    V
                                   x

'n Derde gelaaide deeltjie, Q, by 'n punt x meter weg van P af, soos hierbo getoon,
ondervind 'n netto elektrostatiese krag van nul newton.

7.1      Hoe vergelyk die elektrostatiese kragte wat Q ondervind as gevolg van die
         ladings op P en V respektiewelik, met mekaar?                                            (2)

7.2      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                           (2)

7.3      Bereken die afstand x.                                                                   (5)
                                                                                                  [9]

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Klein metaalsfeer Y dra 'n lading van + 6 x 10-6 C.

8.1      Teken die elektrieseveld-patroon wat met sfeer Y geassosieer word.                       (2)

8.2      Indien 8 x 1013 elektrone nou na sfeer Y oorgeplaas word, bereken die
         elektriese veld by 'n punt 0,5 m vanaf die sfeer.                                        (7)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                            13                                DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1       In die stroombaandiagram hieronder het die battery 'n onbekende emk (ε) en
          'n interne weerstand (r) van 0,8 Ω.

                                                        ε
                                                               r = 0,8 Ω

                                 V1                                        A1
                 6Ω      4Ω

                                                                            •
                                                                             S
                                                       V2                   •
                         A2   0,6 A

                                                       5,8 Ω

         9.1.1         Stel Ohm se wet in woorde.                                                 (2)

         Die lesing op ammeter A 2 is 0,6 A wanneer skakelaar S gesluit is.

         Bereken die:

         9.1.2         Lesing op voltmeter V 1                                                    (3)

         9.1.3         Stroom deur die 6 Ω-resistor                                               (2)

         9.1.4         Lesing op voltmeter V 2                                                    (2)

         9.1.5         Emk (ε) van die battery                                                    (3)

         9.1.6         Energie verkwis as hitte binne-in die battery indien die stroom vir
                       15 s in die stroombaan vloei                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         14                                   DBE/2018
                                              SSE

9.2      'n Vereenvoudigde stroombaandiagram vir die ruitveër van 'n motor bestaan
         uit 'n verstelbare resistor en 'n veërmotor wat aan 'n 12 volt-battery verbind is.

                                     ●    ●
                                         S

                                                              Veërmotor

         Wanneer skakelaar S gesluit is, is die potensiaalverskil oor die verstelbare
         resistor 2,8 V en die stroom daardeur is 0,7 A.

         9.2.1        Bereken die weerstand van die verstelbare resistor.                         (2)

         Die weerstand van die verstelbare resistor word nou verlaag.

         9.2.2        Noem of die spoed waarteen die ruitveër draai sal TOENEEM,
                      AFNEEM of DIESELFDE BLY.

                      Gee 'n rede vir die antwoord.                                               (3)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       15                                  DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1      Die diagram hieronder is 'n vereenvoudigde voorstelling van 'n GS-motor.
          Die stroom in die spoel is in die rigting XY.

         10.1.1       Noem die komponent wat verseker dat die spoel aanhoudend in
                      EEN RIGTING roteer.                                                      (1)

         10.1.2       In watter rigting sal die spoel roteer? Skryf slegs KLOKSGEWYS of
                      ANTIKLOKSGEWYS.                                                          (2)

         10.1.3       Skryf die energieomskakeling neer wat plaasvind terwyl die motor
                      in werking is.                                                           (2)

10.2     'n WS-generator, wat 'n maksimum spanning van 320 V produseer, is aan 'n
         verwarmer met 'n weerstand van 35 Ω verbind.

         10.2.1       Skryf die struktuurverskil   tussen   'n   WS-generator    en    'n
                      GS-generator neer.                                                       (1)

         Bereken die:

         10.2.2       Wortelgemiddeldekwadraat(wgk)-waarde van die spanning                    (3)

         10.2.3       Wortelgemiddeldekwadraat(wgk)-waarde van die stroom in die
                      verwarmer                                                                (4)
                                                                                               [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       16                                   DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Groep studente ondersoek die verhouding tussen die werksfunksie van verskillende
metale en die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektrone wanneer die
metale met lig van 'n geskikte frekwensie bestraal word.

11.1     Definieer die term werksfunksie.                                                      (2)

Ultraviolet strale, met 'n golflengte van 2 x 10-8 m, word tydens die ondersoek toegelaat
om op verskillende metaalplate te val. Die ooreenkomstige maksimum kinetiese
energieë van die vrygestelde elektrone word gemeet.

Die data wat verkry is, word in die tabel hieronder getoon.

       METAALPLAAT GEBRUIK             MAKSIMUM KINETIESE ENERGIE (E k(maks) )
                                                   (x 10-18 J)
                     Lood                             9,28

                     Kalium                                   9,58

                     Silwer                                   9,19

11.2     Skryf die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer.                       (1)

11.3     Skryf EEN beheerveranderlike vir hierdie ondersoek neer.                            (1)

11.4     Gebruik die inligting in die tabel, en sonder enige berekening, identifiseer die
         metaal met die grootste werksfunksie.

         Verduidelik die antwoord.                                                           (3)

11.5     Gebruik inligting in die tabel om die werksfunksie van kalium te bereken.           (4)

11.6     Stel hoe 'n toename in die intensiteit van die ultraviolet lig die maksimum
         kinetiese energie van die foto-elektrone beïnvloed. Kies uit: VERHOOG,
         VERLAAG, BLY DIESELFDE.

         Verduidelik die antwoord.                                                           (3)
                                                                                             [14]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1                 1                                 DBE/2018
                                       SSE

                      DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL    VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                         g                9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                         G          6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in vacuum
                                         c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in vakuum
Planck's constant
                                         h             6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                         k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                         e              -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                         me            9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the Earth
                                         M             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Radius of the Earth
                                         RE             6,38 x 106 m
Radius van die Aarde

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                2                                                   DBE/2018
                                                     SSE

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t                                      Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                           v + vf                 v + vf 
  2        2                  2      2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y              Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                           2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                            p = mv
f s max = μ sN                                       fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                     w = mg
Δp = mv f - mv i
         m1m 2                           m1m 2                M                             M
F=G                 or/of         F=G                g =G                  or/of        g =G 2
          d2                              r2                  d2                            r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos θ                                        U = mgh                or/of       EP = mgh
                                                     Wnet = ∆K              or/of        Wnet = ∆Ek
       1                             1
K=       mv 2      or/of      Ek =     mv 2
       2                             2
                                                     ∆K = K f − K i         or/of       ∆Ek = Ekf − Eki
                                                        W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                  P=
                                                        ∆t
Pave = Fv ave

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                          1
v=fλ                                                 T=
                                                          f
       v ± vL                            v ± vL                                     c
fL =          fs   or/of          fL =          fb   E = hf        or/of     E= h
       v ± vs                            v ± vb                                     λ
E = Wo + E k (max/maks)     where/waar
                                                1   2
E = hf and/en W0 = hf0 and/en E k (max/ maks ) = mv max/ maks
                                                2

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1                      3                                                          DBE/2018
                                            SCE

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ 1Q 2                                     kQ
F=                                          E=
      r2                                       r2
   F                                           W
E=                                          V=
   q                                            q
    Q            Q
n=     or/of n =
    e            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                            emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R=
     I                                      emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
 1    1     1                               q = I ∆t
    =    +     + ...
R p R1 R 2
W = Vq                                           W
                                            P=
                                                 Δt
W = VI ∆ t
                                            P = VI
W = I2R ∆ t

           2
                                            P = I2R
      V Δt
W=                                              V2
       R                                    P=
                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Paverage = Vrms I rms           /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                   I
I rms =                /   I wgk = maks
               2                    2                    2
                                            Paverage = I rms R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R
           Vmax                     Vmaks
Vrms =                 /   Vwgk =                          2
                                                         Vrms
                                                                                                2
                                                                                               Vwgk
               2                      2     Paverage =              /           Pgemiddeld =
                                                          R                                     R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-eng/4bbee28e-11a5-458f-8d92-6c6f1d7103d3) — Physical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [WP 2018 Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/wp-2018-paper-1/7745da05-6836-4240-9b30-1cc144cc0c0d) — Physical Sciences · QP · 2018
- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Physical Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [GP 2018 Paper 1 Memorandum](https://www.hlayiso.com/library/gp-2018-paper-1-memorandum/23750489-743e-47ce-ab89-fb6303430e77) — Physical Sciences · Memo · 2018

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
