# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                        2019

                                                                           PUNTE: 150

                                                                            TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      2                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         3                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Motor beweeg teen 'n konstante snelheid.

         Watter EEN van die volgende stellings oor die kragte wat op die motor inwerk,
         is KORREK?

         A     Die netto krag wat op die motor inwerk, is nul.

         B     Daar is geen kragte wat op die motor inwerk nie.

         C     Die gewig van die motor is gelyk aan die normaalkrag wat op die motor
               inwerk.

         D     Daar is 'n nie-nul netto krag wat op die motor inwerk.                          (2)

1.2      'n Bal word vertikaal opwaarts geprojekteer. Ignoreer lugweestand.

         Watter EEN van die volgende stellings oor die versnelling van die bal op sy
         maksimum hoogte is KORREK?

         Die versnelling is gelyk aan …

         A     nul.

         B     g en is afwaarts gerig.

         C     g en is opwaarts gerig.

         D     g en is horisontaal gerig.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                  4                                DBE/2019
                                                     SS/NSS

1.3      Die grafiek hieronder, nie volgens skaal geteken nie, toon die verwantskap
         tussen die gravitasiekrag op 'n gegewe massa en sy afstand vanaf die
         middelpunt van die Aarde.

         Die grootte van die krag op die massa op 'n afstand R vanaf die middelpunt
         van die Aarde is F.

                                             F

                            Gravitasiekrag   ¼F
                                              x

                                                  R 2R        6R
                                     Afstand vanaf die middelpunt van die Aarde

         Watter EEN van die volgende verteenwoordig die grootte van krag x getoon
         op die grafiek KORREK?

         A     6F

         B     12F

                1
         C        F
                6

                1
         D        F
               36                                                                                      (2)

1.4      Bal M, wat teen spoed v na regs beweeg, bots met 'n stilsaande bal N op 'n
         gladde, horisontale oppervlak. Onmiddellik na die botsing kom bal M tot rus
         en bal N beweeg na regs met spoed v.

         Watter EEN van die volgende stellings oor die botsing van die balle is
         KORREK?

         A     Totale momentum bly behoue en die massas van die balle is ongelyk.

         B     Totale kinetiese energie bly behoue en die massas van die balle is
               ongelyk.

         C     Totale momentum en totale kinetiese energie bly behoue en die massas
               van die balle is gelyk.

         D     Totale momentum bly behoue maar totale kinetiese energie bly nie
               behoue nie en die massas van die balle is gelyk.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                     5                                         DBE/2019
                                                        SS/NSS

1.5      'n Klein klippie word uit rus laat val en ondergaan vryval.

         Watter EEN van die grafieke hieronder toon die KORREKTE verwantskap
         tussen onderskeidelik die gravitasie- potensiële energie (U) en spoed v en die
         kinetiese energie (K) en spoed v van die klip? Die grafieke is NIE volgens
         skaal geteken NIE.

         A                                                       B

                                                                                   U     K
                             U
                                              K

             Energie (J)                                             Energie (J)

                                            v (m∙s-1)                                  v (m∙s-1)
         C                                                       D

                                   U
                                                                                   U      K

               Energie (J)          K                                Energie (J)

                                            v (m∙s-1)                                  v (m∙s-1)                   (2)

1.6      'n Stilstaande passasier by 'n spoorwegstasie luister na 'n trein wat teen
         konstante spoed aankom.

         Watter EEN van die volgende is KORREK vir die aankomende trein se klank
         soos deur die stilstaande passasier gehoor?

         A                   Laer toonhoogte, laer frekwensie

         B                   Hoër toonhoogte, laer frekwensie

         C                   Hoër toonhoogte, hoër frekwensie

         D                   Laer toonhoogte, hoër frekwensie                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       6                                     DBE/2019
                                          SS/NSS

1.7      Deeltjie P het lading Q en deeltjie R het lading 2Q. Hulle word deur 'n klein
         afstand, r, van mekaar geskei.

         Watter EEN van die stellings hieronder oor die elektrostatiese kragte, FPR, wat
         P op R uitoefen en FRP, wat R op P uitoefen, is KORREK?

         A     FPR = ½FRP

         B     FPR = FRP

         C     FPR = 2FRP

         D     FPR = FRP                                                                        (2)

1.8      'n Battery met emk Ɛ en weglaatbare interne weerstand word in 'n
         stroombaan gekoppel, soos hieronder getoon. Die weerstande van R1 en R2
         is hoog.

                                             Ɛ

                                 ●                                   A
                            R1       S
                                 ●

                                             R2

         Watter EEN van die volgende kombinasies oor die ammeterlesings
         sal KORREK wees wanneer skakelaar S oop is en wanneer skakelaar S
         gesluit is?

                     SKAKELAAR OOP                      SKAKELAAR TOE
                 Ammeter lees slegs die stroom      Ammeter lees slegs die stroom
          A
                             in R1                              in R2
                 Ammeter lees slegs die stroom        Ammeter lees die stroom
          B
                             in R2                       in beide R1 en R2
                   Ammeter lees die stroom            Ammeter lees die stroom
          C
                      in beide R1 en R2                  in beide R1 en R2
                   Ammeter lees die stroom          Ammeter lees slegs die stroom
          D
                      in beide R1 en R2                         in R2                            (2)

1.9      Die rigting van die geïnduseerde stroom in die spoel van 'n generator is
         afhanklik van die ...

         A     lengte van die spoel.

         B     rotasiespoed van die spoel.

         C     rigting van die magnetiese veld.

         D     sterkte van die magnetiese veld.                                                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      7                                    DBE/2019
                                         SS/NSS

1.10     Die arbeidsfunksie van sink is groter as dié van magnesium.

         Watter EEN van die volgende stellings oor die drumpelfrekwensies van die
         metale is KORREK?

         A     Die drumpelfrekwensie van sink is groter as dié van magnesium.

         B     Die drumpelfrekwensie van sink is kleiner as dié van magnesium.

         C     Beide sink en magnesium het dieselfde drumpelfrekwensie.

         D     Die drumpelfrekwensies van sink en magnesium is onafhanklik van hul
               arbeidsfunksies.                                                                (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          8                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      'n Persoon stoot 'n grassnyer met 'n massa van 15 kg teen 'n konstante
         spoed in 'n reguitlyn oor 'n plat grasoppervlak met 'n krag van 90 N. Die krag
         is al langs die handvatsel van die grassnyer gerig. Die handvatsel is teen 'n
         hoek van 40° met die horisontaal gestel. Verwys na die diagram hieronder.

                                       40o

         2.1.1       Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir die
                     grassnyer.                                                                   (4)

         2.1.2       Waarom is dit KORREK om te sê dat die bewegende grassnyer in
                     ewewig is?                                                                   (1)

         2.1.3       Bereken die grootte van die wrywingskrag wat tussen die grassnyer            (3)
                     en die gras inwerk

         Die grassnyer word nou tot stilstand gebring.

         2.1.4       Bereken die grootte van die konstante krag wat deur die handvatsel
                     toegepas moet word om die grassnyer uit rus na 2 m.s-1 in 'n tyd van
                     3 s te versnel. Aanvaar dat die wrywingskrag tussen die grassnyer
                     en die gras dieselfde bly as in VRAAG 2.1.3.                                 (6)

2.2      Planeet Y het 'n radius of 6 x 105 m. 'n 10 kg-massa weeg 20 N op die
         oppervlak van planeet Y.

         Bereken die massa van planeet Y.                                                         (4)
                                                                                                  [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         9                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Bal word vertikaal opwaarts, met snelheid v, vanaf die rand van die dak van 'n 40 m
hoë gebou gegooi. Die bal neem 1,53 s om sy maksimum hoogte te bereik. Ignoreer
lugweerstand.

                                                v

                                   40 m

3.1      Definieer die term vryval.                                                              (2)

3.2      Bereken die:

         3.2.1       Grootte van die beginsnelheid v van die bal.                                (3)

         3.2.2       Maksimum hoogte wat bo die rand van die dak deur die bal bereik is          (3)

3.3      Neem die rand van die dak as verwysingspunt. Bepaal die posisie van die bal
         relatief tot die rand van die gebou na 4 s.                                             (3)

3.4      Sal enige van die antwoorde op VRAAG 3.2 en 3.3 verander indien die
         hoogte van die gebou 30 m is? Kies uit JA of NEE.

         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                           (3)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      10                                      DBE/2019
                                          SS/NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Sokkerspeler skop 'n bal met 'n massa van 0,45 kg ooswaarts. Die bal beweeg teen
'n snelheid van 9 ms-1 horisontaal in 'n reguitlyn, sonder om die grond te raak, en gaan
in 'n houer in wat op sy sy in rus lê, soos in die diagram hieronder getoon. Die massa
van die houer is 0,20 kg.

                              VOOR                                           N
                  9 m∙s-1                          vi = 0 m∙s-1
      bal                                                              W            O

            0,45 kg                                                           S

                                               0,20 kg-houer in
                                               rus
Die bal sit na die botsing in die houer vas. Die bal en die houer beweeg nou saam in 'n
reguitlyn na oos. Ignoreer wrywing en rotasie-effekte.

                                  NA

                                                          0,45 kg

                                                   0,20 kg houer

4.1      Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                             (2)

4.2      Bereken die grootte van die snelheid van die bal-houer-stelsel onmiddellik na
         die botsing.                                                                             (4)

4.3      Bepaal, deur middel van 'n geskikte berekening, of die botsing tussen die bal
         en die houer elasties of onelasties is.                                                  (5)
                                                                                                  [11]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     11                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 70 kg-houer is aanvanklik in rus aan die onderpunt van 'n RUWE skuinsvlak wat 'n
hoek van 30° met die horisontaal maak. Die houer word teen die skuinsvlak opgetrek
deur middel van 'n ligte, onrekbare tou wat parallel aan die skuinsvlak gehou word,
soos in die diagram hieronder getoon. Die krag wat op die tou toegepas word,
is 700 N.

                                                            700 N

                         70 kg
                                 30°

5.1      Wat is die naam wat aan die krag in die tou gegee word.                              (1)

5.2      Gee 'n rede waarom die meganiese energie van die stelsel NIE behoue sal
         bly soos wat die houer teen die skuinsvlak opgetrek word NIE.                        (1)

Die houer word oor 'n afstand van 4 m al langs die skuinsvlak getrek. Die kinetiese
wrywingskrag tussen die houer en die skuinsvlak is 178,22 N.

5.3      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir die houer
         soos dit teen die skuinsvlak op beweeg.                                              (4)

5.4      Bereken die arbeid wat deur die wrywingskrag oor die 4 m op die houer verrig
         word.                                                                                (3)

5.5      Gebruik energiebeginsels om die spoed van die houer te bereken nadat dit
         4 m beweeg het.                                                                      (5)

5.6      Wanneer die houer 4 m teen die skuinsvlak op is, breek die tou per ongeluk,
         wat veroorsaak dat die houer teruggly na die onderpunt van die skuinsvlak.

         Wat sal die totale arbeid wees wat deur wrywing verrig is wanneer die houer
         opwaarts en dan afwaarts na die onderpunt van die skuinsvlak beweeg?                 (1)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                 12                            DBE/2019
                                                     SS/NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      'n Patrolliemotor beweeg teen 'n konstante spoed na 'n stilstaande
         waarnemer toe. Die bestuurder skakel die sirene van die motor aan wanneer
         dit 300 m vanaf die waarnemer is.

         Die waarnemer teken die waargenome frekwensie van die klankgolwe van die
         sirene aan soos wat die patrolliemotor hom nader, verby en weg van hom af
         beweeg.

         Die inligting wat verkry is, word in die grafiek hieronder getoon.

                         Waargenome frekwensie
                                     932

                         (Hz)
                                                 0    10         tyd (s)

         6.1.1       Bereken die spoed van die patrolliemotor.                                     (2)

         6.1.2       Stel die Doppler-effek.                                                       (2)

         6.1.3       Die waargenome frekwensie verander skielik by t = 10 s. Gee 'n
                     rede vir hierdie verandering.                                                 (2)

         Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.

         6.1.4       Bereken die frekwensie van die klank wat deur die sirene vrygestel
                     word.                                                                         (4)

6.2      Noem TWEE toepassings van die Doppler-effek.                                              (2)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       13                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee puntladings, q1 en q2, word 30 cm van mekaar langs 'n reguitlyn geplaas.
Lading q1 is –3 x 10-9 C. Punt P is 10 cm na links van q1, soos in die diagram hieronder
getoon. Die netto elektriese veld by punt P is nul.

                             P       q1 = –3 x 10-9 C     q2
                             ●       ●                     ●
                               10 cm         30 cm

7.1      Definieer die term elektriese veld by 'n punt.                                          (2)

7.2      Noem, met redes, of puntlading q2 positief of negatief is.                              (3)

7.3      Bereken die grootte van lading q2.                                                      (4)

7.4      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                          (2)

7.5      Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat lading q1 op lading q2
         uitoefen.                                                                               (3)

7.6      Die twee ladings word nou met mekaar in kontak gebring en dan geskei.
         'n Leerder teken die elektrieseveldpatroon vir die nuwe ladings q3 en q4 na
         kontak, soos hieronder getoon.

         Is die diagram KORREK? Gee 'n rede vir die antwoord.                                    (2)
                                                                                                 [16]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                            14                                DBE/2019
                                                SS/NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1      Drie identiese gloeilampe, A, B en C, is elk op 6 W, 12 V bepaal.

         8.1.1       Definieer die term drywing.                                                  (2)

         8.1.2       Bereken die weerstand van ELKE gloeilamp wanneer dit gebruik
                     word soos bepaal is.                                                         (3)

         Die gloeilampe word in 'n stroombaan met 'n battery met 'n emk () van 12 V
         en interne weerstand (r) van 2  gekoppel. Verwys na die diagram hieronder.

         Neem aan dat die weerstand van elke gloeilamp dieselfde is as wat dit in
         VRAAG 8.1.2 bereken is. Skakelaar S word gesluit.

                          = 12 V               A
                         r =2                                        C
                                                     B

                                         ● ●
                                            S

         8.1.3       Bereken die totale stroom in die stroombaan.                                 (5)

         8.1.4       Bereken die potensiaalverskil oor gloeilamp C.                               (3)

         8.1.5       Verduidelik waarom gloeilamp C in die stroombaan NIE teen sy
                     maksimum helderheid sal gloei NIE.                                           (3)

8.2      Resistors A, B, C en D is aan 'n battery met emk  en weglaatbare interne
         weerstand verbind, soos in die diagram hieronder getoon.

                                                         A
                                        
                                                 C

                                            B                D

         8.2.1       Gee 'n rede waarom die stroom in resistor A groter is as dié in
                     resistor C.                                                                  (2)

         8.2.2       Resistor C word verwyder. Hoe sal die stroom in resistor B met die
                     stroom in resistor A vergelyk? Gee 'n rede vir die antwoord.                 (2)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                          15                                   DBE/2019
                                                              SS/NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon die spanningsuitset van 'n generator.

                           + 312

              Potensiaalverskil (V)
                                      0                ●                  ●               ●
                                                       0,10            0,20          0,30 tyd (s)

                                 – 312

9.1      Het hierdie generator splitringe of sleepringe?                                                           (1)

9.2      Watter EEN van die diagramme hieronder, A of B, toon die posisie van die
         generator se spoel by tyd = 0,10 s?                                                                       (1)

                 Rigting van eenvormige
                 magnetiese veld

                                                              Diagram A
                                                                              Diagram B                            (1)

9.3      Bereken die wortelgemiddeldekwadraat(wgk)-potensiaalverskil vir hierdie
         generator.                                                                                                (3)

9.4      'n Toestel met 'n weerstand van 40  is aan hierdie generator gekoppel.

         Bereken die:

         9.4.1                        Gemiddelde drywing wat deur die generator aan die toestel gelewer
                                      word                                                                         (3)

         9.4.2                        Maksimum stroom wat deur die generator aan die toestel gelewer
                                      word                                                                         (4)
                                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      16                                   DBE/2019
                                          SS/NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Kaliummetaalplaat word bestraal met lig van golflengte van 5 x 10-7 m in 'n
rangskikking, soos hieronder getoon. Die drumpelfrekwensie van kalium is
5,55 x 1014 Hz.

                         invallende lig
                                                                 kaliummetaalplaat

                                                        A

10.1     Definieer die term drumpelfrekwensie.                                              (2)

10.2     Bereken die energie van 'n foton wat op die metaalplaat inval.                     (3)

10.3     Gebruik 'n geskikte berekening en bewys dat die ammeter 'n lesing sal toon.        (4)

10.4     Die intensiteit van die lig word nou verhoog. Verduidelik waarom hierdie
         verandering 'n verhoging in die ammeterlesing veroorsaak.                          (3)
                                                                                            [12]

                                                                            TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     1                                DBE/2019
                                        SS/NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                           g                9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                           G          6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                           h             6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                           e              -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              2                                               DBE/2019
                                                 SS/NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f  vi  a t                                     Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                          v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2        2                 2       2
                                                    Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                           p  mv
fs max = μsN                                        fk = μkN
Fnet Δt = Δp
Δp = mv f - mvi                                     w  mg

         m1m 2                           m1m 2                 M                          M
F=G                  or/of       F=G                g= G                 or/of        g= G 2
          d2                              r2                   d2                         r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos                                        U  mgh                  or/of    EP  mgh

                                                    Wnet  K                or/of    Wnet  Ek
   1                             1
K  mv2            or/of     Ek  mv2
   2                             2
                                                    K  K f  K i           or/of    Ek  Ekf  Eki
                                                          W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep                 P
                                                          t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                          1
vf                                                T
                                                          f
       v  vL                       v  vL                                           hc
fL           fs   or/of     fL           fb       E  hf          or /of      E
       v  vs                       v  vb                                           
E = W0 + Ek(max/maks ) or/of E = W0 + K max/maks where/waar
                                                    1                                1
E  hf and/en W0  hf0 and/en E k (max/ maks ) =        2
                                                      mvmax/ maks
                                                                                        2
                                                                  or/of K max/ maks = mvmax/ maks
                                                    2                                2

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                        3                                                 DBE/2019
                                                           SS/NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                                                         kQ
F                                                            E
       r2                                                           r2

     W                                                              F
V                                                            E
     q                                                              q
     Q                            Q
n=               or/of       n=
     e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                              emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R
     I                                                        emk ( ε ) = I(R + r)

R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                                                 q  It
              ...
R p R1 R 2

W = Vq                                                              W
                                                              P
                                                                    Δt
W = VI  t
                                                              P = VI
W = I2R  t
                                                              P = I 2R
      V Δt
         2
W=                                                                  V2
       R                                                      P
                                                                    R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                              Pave  Vrms Irms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
         Imax                                     I maks
Irms                    /              I wgk 
             2                                       2        Pave  Irms
                                                                      2
                                                                          R      /       Pgemiddeld  I 2wgkR
         Vmax                                   Vmaks
Vrms                    /             Vwgk                           2
                                                                     Vrms
                                                                                                         2
                                                                                                        Vwgk
             2                                     2          Pave              /       Pgemiddeld 
                                                                      R                                  R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Physical Sciences P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-eng/4bbee28e-11a5-458f-8d92-6c6f1d7103d3) — Physical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Phsc P1 Memo June Ea Latest](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-memo-june-ea-latest/8382194b-5329-4102-9a1b-784a1e3ac280) — Physical Sciences · Memo · 2019
- [2019 AFR ENG Gauteng Paper 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2019-afr-eng-gauteng-paper-1-memo/7e7c9cfc-f2f5-4700-a132-61eae8192020) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
