# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-afr/4fe8901a-ac20-4a72-b926-53369cb9c7a9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-afr/4fe8901a-ac20-4a72-b926-53369cb9c7a9)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                      FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 inligtingsblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                           DBE/November 2012
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         AFDELING A (25)
         AFDELING B (125)

3.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE INLIGTINGSBLAAIE TE
         GEBRUIK.

8.       Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

9.       Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       3                            DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: EENWOORDITEMS

Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/
term langs die vraagnommer (1.1–1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.1      Die getal volledige golwe wat in een sekonde verby 'n punt beweeg                      (1)

1.2      'n Stroombaankomponent wat elektriese lading stoor en dit onmiddellik vrystel          (1)

1.3      Die komponent in 'n generator wat benodig word om dit van 'n WS- in 'n
         GS-generator te verander                                                               (1)

1.4      Die klein 'pakkies' (kwanta) energie waaruit lig bestaan                               (1)

1.5      Die vektorverskil van twee snelhede wat van dieselfde verwysingsraamwerk
         gemeet is                                                                              (1)
                                                                                                [5]

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

2.1      Die netto krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die ...

         A     massa van die voorwerp.
         B     versnelling van die voorwerp.
         C     verandering in momentum van die voorwerp.
         D     tempo van verandering in momentum van die voorwerp.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                       4                             DBE/November 2012
                                                            NSS

2.2      Die snelheid-tyd-grafiek hieronder stel die beweging van 'n voorwerp voor.

                                       snelheid
                                                  0
                                                                                     tyd

         Watter EEN van die volgende grafieke stel die ooreenstemmende versnelling-
         tyd-grafiek vir die beweging van hierdie voorwerp voor?

         A                                                    B

                versnelling                                       versnelling
                              0
                                                      tyd
                                                                                 0
                                                                                              tyd

         C                                                    D

             versnelling                                           versnelling
                              0                                                  0
                                                      tyd                                     tyd

                                                                                                                 (2)

2.3      'n Motor beweeg teen KONSTANTE spoed teen 'n heuwel op. Watter EEN
         van die volgende stel die arbeid voor wat deur die gewig van die motor verrig
         word, terwyl die motor teen die heuwel op beweeg?

         A                    ΔE k
         B                    ΔE p
         C                    −ΔE k
         D                    −ΔE p                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          5                              DBE/November 2012
                                               NSS

2.4      'n Sentrale helder band word waargeneem wanneer lig van golflengte λ deur
         'n enkelspleet van wydte a beweeg.

         Lig van golflengte 2 λ word nou gebruik. Watter EEN van die volgende
         spleetwydtes sal 'n sentrale helder band van DIESELFDE breedte lewer?

                      1
         A              a
                      4
                     1
         B             a
                     2
         C        a
         D        2a                                                                                  (2)

2.5      'n Klankbron nader 'n stilstaande luisteraar in 'n reguit lyn teen konstante
         snelheid. Dit beweeg verby die luisteraar en beweeg dan weg van hom af in
         dieselfde reguit lyn teen dieselfde konstante snelheid.

         Watter EEN van die volgende grafieke stel die verandering in waargenome
         frekwensie teenoor tyd die beste voor?

         A                                           B

               frekwensie (Hz)                           frekwensie (Hz)

                                     tyd (s)                                tyd (s)

         C                                           D

              frekwensie (Hz)                             frekwensie (Hz)

                                     tyd (s)                                tyd (s)

                                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          6                              DBE/November 2012
                                               NSS

2.6      Watter EEN van die stroombane hieronder kan gebruik word om die stroom in
         'n geleier X en die potensiaalverskil oor sy ente te meet?

         A               A                              B                  A

                                X      V                                               V

                                                                           X

         C                                              D                      A

                          X     A      V                                   X
                                                                                       V

                                                                                                        (2)

2.7      Die elektrieseveld-patroon tussen twee gelaaide sfere, A en B, word
         hieronder getoon.

                                  A                          B

         Watter EEN van die volgende stellings aangaande die lading op sfeer A en B
         is KORREK?

         A     Sfeer A en B is beide positief gelaai.
         B     Sfeer A en B is beide negatief gelaai.
         C     Sfeer A is positief gelaai en sfeer B is negatief gelaai.
         D     Sfeer A is negatief gelaai en sfeer B is positief gelaai.                                (2)

2.8      Watter EEN van die volgende toon die verskillende tipes elektromagnetiese
         straling in orde van toenemende frekwensie?

         A     X-strale; ultravioletstrale; infrarooistrale; sigbare lig
         B     Infrarooistrale; X-strale; sigbare lig; ultravioletstrale
         C     Infrarooistrale; sigbare lig; ultravioletstrale; X-strale
         D     X-strale; ultravioletstrale; sigbare lig; infrarooistrale                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         7                         DBE/November 2012
                                              NSS

2.9      'n Reghoekige stroomdraende spoel, PQRS, word in 'n uniforme magneetveld
         geplaas met sy vlak parallel aan die veld soos hieronder getoon. Die pyltjies
         dui die rigting van die konvensionele stroom aan.
                                              as

                                    Q                  R
                         N                                           S
                         O                                           U
                         O                                           I
                         R                                           D
                         D
                                    P                 S

         Die spoel sal ...

         A     kloksgewys roteer.
         B     bewegingloos bly.
         C     antikloksgewys roteer.
         D     kloksgewys en dan antikloksgewys roteer.                                        (2)

2.10     Die diagram hieronder toon lig wat op die katode van 'n fotosel inval. Die
         ammeter registreer 'n lesing.
                                                    Invallende lig

                                                           A

         Watter EEN van die volgende beskryf die verwantskap tussen die intensiteit
         van die invallende lig en die ammeterlesing korrek?

              INTENSITEIT AMMETERLESING

          A   Verhoog         Verhoog

          B   Verhoog         Bly dieselfde

          C   Verhoog         Verlaag

          D   Verlaag         Verhoog
                                                                                               (2)
                                                                                               [20]
                                                                 TOTAAL AFDELING A:            25
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          8                         DBE/November 2012
                                               NSS

AFDELING B

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.       Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy.

2.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 3.1 en
         VRAAG 3.2.

3.       Toon die formules en substitusies in ALLE berekeninge.

4.       Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Voorwerp word vertikaal opwaarts teen 8 m∙s−1 vanaf die dak van 'n 60 m hoë gebou
geprojekteer. Dit tref die balkon daaronder na 4 s. Die voorwerp bons dan van die
balkon af en tref die grond soos hieronder geïllustreer. Ignoreer die effekte van
wrywing.

                                     8 m∙s-1

                                   gebou
                          60 m

                                                     balkon

                                               h
                                                              grond

3.1      Is die voorwerp se versnelling by sy maksimum hoogte OPWAARTS,
         AFWAARTS of NUL?                                                                        (1)

3.2      Bereken die:

         3.2.1        Grootte van die snelheid waarteen die voorwerp die balkon tref             (4)

         3.2.2        Hoogte, h, van die balkon bokant die grond                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        9                           DBE/November 2012
                                             NSS

Die voorwerp bons van die balkon af teen 'n snelheid van 27,13 m∙s-1 en tref die grond
6 s nadat dit die balkon verlaat het.

3.3      Skets 'n snelheid-tyd-grafiek om die beweging van die voorwerp van die
         oomblik wat dit van die DAK van die gebou geprojekteer word totdat dit die
         GROND tref, voor te stel. Dui die volgende snelheid- en tydwaardes op die
         grafiek aan:

         • Die aanvanklike snelheid waarteen die voorwerp vanaf die dak van die
           gebou geprojekteer is
         • Die snelheid waarteen die voorwerp die balkon tref
         • Die tyd wanneer die voorwerp die balkon tref
         • Die snelheid waarteen die voorwerp van die balkon af bons
         • Die tyd wanneer die voorwerp die grond tref                                          (6)
                                                                                                [16]

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon 'n motor van massa m wat teen 'n snelheid van 20 m∙s−1
oos op 'n reguit gelyk pad ry, en 'n vragmotor van massa 2m wat teen 20 m∙s−1 wes op
dieselfde pad ry. Ignoreer die effekte van wrywing.

                                                            20 m∙s-1          N
                         20 m∙s-1
                                                                                    O

4.1      Bereken die snelheid van die motor relatief tot die vragmotor.                         (2)
Die voertuie bots kop aan kop en sit aan mekaar vas tydens die botsing.
4.2      Skryf die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde neer.                     (2)
4.3      Bereken die snelheid van die vragmotor-motorstelsel onmiddellik na die
         botsing.                                                                               (6)
4.4      Tydens impak oefen die motor 'n krag van grootte F op die vragmotor uit en
         ondervind 'n versnelling van grootte a.
         4.4.1        Bepaal, in terme van F, die grootte van die krag wat die vragmotor
                      op die motor uitoefen tydens impak. Gee 'n rede vir die antwoord.         (2)
         4.4.2        Bepaal, in terme van a, die versnelling wat die vragmotor tydens
                      impak ondervind. Gee 'n rede vir die antwoord.                            (2)
         4.4.3        Beide bestuurders dra identiese sitplekgordels. Watter bestuurder
                      sal waarskynlik die ernstigste beseer word tydens impak?
                      Verduidelik die antwoord deur na versnelling en snelheid te
                      verwys.                                                                   (3)
                                                                                                [17]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        10                            DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Ten einde die netto krag betrokke tydens 'n botsing te meet, word 'n motor toegelaat
om reg van voor teen 'n plat, stewige versperring te bots. Die gevolglike
frommelafstand word gemeet. Die frommelafstand is die lengte waarmee die motor
korter word terwyl dit tot rus kom.

                      Voor botsing                             Na botsing

                            x1                                     x2

In een van die toetse tref 'n motor van massa 1 200 kg die versperring teen 'n spoed
van 20 m∙s−1. Die frommelafstand, (x 1 – x 2 ), word as 1,02 m gemeet. (Ignoreer die
effekte van wrywingskragte tydens verfrommeling.)

5.1      Teken 'n benoemde vryekragte-diagram wat AL die kragte toon wat tydens
         die botsing op die motor inwerk.                                                         (3)

5.2      Skryf die arbeid-energiestelling in woorde neer.                                         (2)

5.3      Aanvaar dat die netto krag tydens verfrommeling konstant is.

         5.3.1        GEBRUIK DIE ARBEID-ENERGIESTELLING om die grootte van
                      die netto krag te bepaal wat op die motor uitgeoefen word terwyl dit
                      tydens verfrommeling tot stilstand kom.                                     (4)

         5.3.2        Bereken die tyd wat dit die motor neem om tydens verfrommeling
                      tot stilstand te kom.                                                       (4)
                                                                                                  [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              11                       DBE/November 2012
                                                   NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Voël vlieg direk na 'n stilstaande voëlkyker toe teen konstante snelheid. Die voël gee
konstant klankgolwe teen 'n frekwensie van 1 650 Hz uit. Die voëlkyker hoor 'n
verandering in toonhoogte terwyl die voël nader aan hom kom.

6.1      Skryf die eienskap van klank neer wat aan toonhoogte verwant is.                          (1)

6.2      Gee 'n rede waarom die voëlkyker 'n verandering in toonhoogte waarneem
         terwyl die voël nader aan hom kom.                                                        (1)

Die lugdruk-teenoor-afstand-grafiek hieronder stel die golwe voor wat deur die
voëlkyker waargeneem word terwyl die voël nader aan hom kom. Die spoed van klank
in lug is 340 m∙s-1.

                             Lugdruk
                                       0   0,1 0,2 0,3 0,4 0,5 Afstand (m)

6.3      Uit die grafiek, skryf die golflengte van die waargenome golwe neer.                      (1)

6.4      Bereken die:

         6.4.1        Frekwensie van die golwe wat deur die voëlkyker waargeneem
                      word                                                                         (3)

         6.4.2        Grootte van die snelheid waarteen die voël vlieg                             (5)
                                                                                                   [11]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       12                          DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Leerders gebruik monochromatiese blou lig om                 die   verskil    tussen     'n
interferensiepatroon en 'n diffraksiepatroon te ondersoek.

7.1      Afgesien van die blou lig en 'n skerm, skryf die naam neer van EEN item wat
         die leerders sal benodig om 'n interfensiepatroon te verkry.                             (1)

7.2      Beskryf kortliks die interferensiepatroon wat op die skerm waargeneem sal
         word.                                                                                    (2)

7.3      In een van hul eksperimente plaas hulle die skerm op 'n afstand van 1,4 m
         van 'n enkelspleet af en neem 'n patroon op die skerm waar. Die breedte van
         die sentrale helder band word as 22 cm gemeet.
                                                                   Skerm

                                                                             22 cm
           Monochromatiese
                   blou lig                        θ

                                                1,4 m

         Bereken die:

         7.3.1        Hoek θ waarteen die eerste minimum op die skerm waargeneem
                      sal word                                                                    (3)

         7.3.2        Die wydte van die spleet wat gebruik is indien die golflengte van
                      die blou lig 470 nm is                                                      (5)

7.4      Die breedte van die sentrale band NEEM TOE wanneer die blou lig met
         monochromatiese rooi lig vervang word. Verduidelik hierdie waarneming.                   (2)
                                                                                                  [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         13                            DBE/November 2012
                                              NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die stroombaan hieronder voorgestel, is 'n ongelaaide kapasitor in serie met 'n
1 000 Ω-resistor geskakel. Die emk van die battery is 12 V. Ignoreer die interne
weerstand van die battery en die ammeter.
                                                12 V

                         A

                                                          1 000 Ω
                               S

8.1      Bereken die aanvanklike stroom in die stroombaan wanneer skakelaar S
         gesluit word.                                                                             (3)

8.2      Skryf die potensiaalverskil oor die plate van die kapasitor neer wanneer dit
         ten volle gelaai is.                                                                      (1)

Die kapasitor het 'n kapasitansie van 120 µF en die ruimte tussen die plate is met lug
gevul.

8.3      Bereken die lading wat op die plate van die kapasitor gestoor word wanneer
         dit ten volle gelaai is.                                                                  (3)

Nadat die kapasitor ontlaai is, word dit in dieselfde stroombaan aan 'n resistor van
HOËR weerstand geskakel en skakelaar S word weer gesluit.

8.4      Hoe sal hierdie verandering elk van die volgende beïnvloed:
         (Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.)

         8.4.1        Die aanvanklike laaistroom                                                   (1)

         8.4.2        Die tyd wat dit die kapasitor neem om ten volle gelaai te word               (1)

8.5      Die twee parallelle plate van die volgelaaide kapasitor is 12 mm van mekaar
         af.

         8.5.1        Skets die elektrieseveld-patroon tussen die parallelle plate.                (3)

         8.5.2        Bereken die grootte van die elektriese veld by 'n punt halfpad
                      tussen die plate.                                                            (3)
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           14                         DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      In die stroombaan hieronder voorgestel, is twee 60 Ω-resistors wat in parallel
         geskakel is, in serie geskakel met 'n 25 Ω-resistor. Die battery het 'n emk van
         12 V en 'n interne weerstand van 1,5 Ω.

                                                emk = 12 V

                                                      1,5 Ω

                                         60 Ω

                                                              25 Ω

                                         60 Ω

         Bereken die:

         9.1.1        Ekwivalente weerstand van die parallelle kombinasie                         (3)

         9.1.2        Totale stroom in die stroombaan                                             (5)

         9.1.3        Potensiaalverskil oor die parallelle resistors                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                         15                          DBE/November 2012
                                                              NSS

9.2      Leerders voer 'n ondersoek uit om die emk en interne weerstand (r) van 'n
         battery te bepaal.
         Hulle stel 'n stroombaan op soos in die diagram hieronder getoon en meet die
         potensiaalverskil met die voltmeter vir verskillende stroomsterktes in die
         stroombaan.

                                                                       r

                                           A                     V

         Die resultate verkry word op die grafiek hieronder aangetoon.

                                                Grafiek van potensiaalverskil teenoor stroom
                                     1,5

             Potensiaalverskil (V)
                                     1,0

                                     0,5

                                       0
                                           0                           0,5                            1,0
                                                                    Stroom (A)

         9.2.1                         Gebruik die grafiek om die emk van die battery te bepaal.                    (1)
         9.2.2                         Bereken die gradiënt van die grafiek.                                        (3)
         9.2.3                         Watter fisiese hoeveelheid word deur die grootte van die gradiënt
                                       van die grafiek voorgestel?                                                  (2)
         9.2.4                         Hoe verander die voltmeterlesing namate die ammeterlesing
                                       toeneem? Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY
                                       DIESELFDE neer. Gebruik die formule emk = IR + Ir om die
                                       antwoord te verduidelik.                                                     (3)
                                                                                                                    [20]
Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       16                           DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder illustreer hoe elektrisiteit wat by 'n kragstasie opgewek word, na
'n substasie oorgedra word.

           Verhogingstransformator
           vir langafstandoordrag                 Transmissielyne

       Kragstasie                                                            Substasie

10.1       Gebruik die kragstasie 'n WS- of 'n GS-generator?                                    (1)

10.2       Skets 'n grafiek van die potensiaalverskil wat by die kragstasie opgewek word
           teenoor tyd.                                                                         (2)

10.3       Die gemiddelde drywing wat by die kragstasie gelewer word, is 4,45 x 109 W.

           Bereken die wgk-stroom in die transmissielyne as die drywing teen 'n
           maksimum potensiaalverskil van 30 000 V oorgedra word.                               (5)

10.4       Gee 'n rede waarom elektrisiteit teen hoë spanning en teen lae stroom
           oorgedra moet word.                                                                  (1)
                                                                                                [9]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                             17                           DBE/November 2012
                                                                  NSS

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Tydens 'n ondersoek word lig van verskillende frekwensies op die metaalkatode van 'n
fotosel geskyn. Die kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone word gemeet.
Die grafiek hieronder toon die resultate wat verkry is.

                                             Grafiek van kinetiese energie teenoor frekwensie

               Kinetiese energie (J)
                                       E1

                                        0
                                         0            5 x 1014    10 x 1014    15 x 1014
                                                             Frekwensie (Hz)

11.1     Vir hierdie ondersoek, skryf die volgende neer:

         11.1.1                         Afhanklike veranderlike                                                     (1)

         11.1.2                         Onafhanklike veranderlike                                                   (1)

         11.1.3                         Gekontroleerde veranderlike                                                 (1)

11.2     Definieer die term drumpelfrekwensie.                                                                      (2)

11.3     Gebruik die grafiek om die drumpelfrekwensie van die metaal te verkry wat as
         katode in die fotosel gebruik word.                                                                        (1)

11.4     Bereken die kinetiese energie by E 1 soos getoon op die grafiek.                                           (4)

11.5     Hoe sal die kinetiese energie bereken in VRAAG 11.4 beïnvloed word indien
         lig van hoër intensiteit gebruik word? Skryf slegs VERMEERDER,
         VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.                                                                           (1)
                                                                                                                    [11]

                                                                                     TOTAAL AFDELING B:             125
                                                                                         GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                      DBE/November 2012
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM               SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space                ε0            8,85 x 10-12 F·m-1
Permittiwiteit van vry ruimte

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           2                                    DBE/November 2012
                                                NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t                                Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                     v + vf                 v + vf 
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
  2         2                2        2
                                               Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                     2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                      p = mv
Fnet ∆t = ∆p
                                               w = mg
∆p = mv f − mv i

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = F∆x cos θ                                  U = mgh            or/of     E P = mgh
   1                                  1        Wnet = ∆K          or/of      Wnet = ∆Ek
K = mv 2      or/of           Ek =      mv 2
   2                                  2
                                               ∆K = K f − K i     or/of      ∆Ek = Ekf − Eki
       W
P=                                             P = Fv
       ∆t

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                   1
v=fλ                                           T=
                                                    f
                                               E = hf
       v ± vL                     v ± vL
fL =          fs   or/of   fL =          fb         c
       v ± vs                     v ± vb       E= h
                                                    λ
                                               E = Wo + Ek

            mλ                                 where/waar
sin θ =
             a
                                                                                 1
                                               E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek = mv 2
                                                                                 2

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1                        3                                          DBE/November 2012
                                              NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

  kQ 1Q 2                                      kQ
F=                                          E=
      r2                                       r2
    V                                          F
E=                                          E=
    d                                          q
   kQ Q                                        W
U= 1 2                                      V=
       r                                        q
    Q                                           ε A
C=                                          C= 0
    V                                            d

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                            emf ( ε ) = I(R + r)
   V
R=
   I                                        emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
 1    1     1                               q = I ∆t
    =    +     + ...
R p R1 R 2
W = Vq                                           W
                                            P=
                                                 Δt
W = VI ∆ t
                                            P = VI
W= I2R ∆ t
                                            P = I2R
   V 2 Δt
W=                                              V2
    R                                       P=
                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Paverage = Vrms I rms           /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                   I
I rms =                /   I wgk = maks
            2                       2
                                            Paverage = I rms
                                                         2
                                                             R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R
           Vmax                     Vmaks
Vrms =                 /   Vwgk =                        2
                                                       Vrms
                                                                                                2
                                                                                               Vwgk
              2                       2     Paverage =              /           Pgemiddeld =
                                                        R                                       R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Science P1 (SG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-sg-english-june-2012-qp/0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-memo-afr-eng/140f25b7-f3c1-406a-a99d-6549fa7ea9e0) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2014 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2014-memo-afr-eng/44924678-c33b-42e1-8937-fcfda16ea7b3) — Physical Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2013 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2013-memo-afr-eng/b8f92a42-9c73-4898-adeb-03f8dd258340) — Physical Sciences · Memo · 2013 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
