# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-afr/21affce9-47bc-4dce-a284-8d2dd78b2dd0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-afr/21affce9-47bc-4dce-a284-8d2dd78b2dd0)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                      FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                               NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 3 gegewensblaaie en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                         DBE/November 2015
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK en ANTWOORDBLAD neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord VRAAG 11.2 op die
         aangehegte ANTWOORDBLAD. Beantwoord AL die ander vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         3                        DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 E.

1.1      Twee kragte, F 1 en F 2 , word toegepas op 'n krat wat op 'n wrywinglose,
         horisontale oppervlak lê, soos in die diagram hieronder aangetoon.

         Die grootte van krag F 1 is groter as dié van krag F 2 .

                                                                         N

          F1                                             F2         W          O

                                                                         S

         Die krat sal …

         A     na oos versnel.

         B     na wes versnel.

         C     teen 'n konstante spoed na oos beweeg.

         D     teen 'n konstante spoed na wes beweeg.                                          (2)

1.2      'n Persoon staan op 'n badkamerskaal wat in newton gekalibreer is, in
         'n stilstaande hysbak. Die lesing op die badkamerskaal is W.

                                                                                     1
         Die hysbak beweeg nou teen 'n konstante opwaarts versnelling van              g,
                                                                                     4
         waar g die gravitasionele versnelling is.

         Wat sal die lesing op die badkamerskaal nou wees?

                1
         A        W
                4

                3
         B        W
                4

         C     W

                5
         D        W
                4                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       4                            DBE/November 2015
                                            NSS

1.3      Watter EEN van die grafieke hieronder stel die verwantskap tussen die
         kinetiese energie (K) van 'n vryvallende voorwerp en sy spoed (v) korrek
         voor?

          A                                   B

               K (J)                               K (J)

                            v (m∙s-1)                         v (m∙s-1)
          C                                   D

               K (J)                               K (J)

                            v (m∙s-1)                         v (m∙s-1)                            (2)

1.4      Die vereenvoudigde diagram hieronder toon 'n vuurpyl wat horisontaal
         afgevuur is en na wes versnel.

                                                                          N
                         Vuurpyl                                  W           O

                                            uitlaatgasse                  S

         Watter EEN van die stellings hieronder verduidelik die beste waarom die
         vuurpyl versnel?

         A     Die spoed van die uitlaatgasse is kleiner as die spoed van die vuurpyl.

         B     Die druk van die atmosfeer aan die agterkant van die vuurpyl is minder
               as aan die voorkant.

         C     Die lug buite die vuurpyl oefen 'n groter krag op die agterkant van die
               vuurpyl uit as op die voorkant.

         D     Die vuurpyl druk die uitlaatgasse na oos en die uitlaatgasse druk die
               vuurpyl na wes.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          5                       DBE/November 2015
                                               NSS

1.5      Die grafiek hieronder stel die verwantskap voor tussen die arbeid wat op 'n
         voorwerp verrig word en die tyd wat dit neem om hierdie arbeid te verrig.

                           Arbeid verrig (J)

                                                     Tyd (s)

         Die helling van die grafiek verteenwoordig die …

         A     drywing.

         B     momentum.

         C     kinetiese energie.

         D     potensiële energie.                                                             (2)

1.6      'n Lyn-emissiespektrum word gevorm wanneer 'n opgewekte atoom van 'n ...

         A     hoër na 'n laer energievlak beweeg en energie vrystel.

         B     hoër na 'n laer energievlak beweeg en energie absorbeer.

         C     laer na 'n hoër energievlak beweeg en energie vrystel.

         D     laer na 'n hoër energievlak beweeg en energie absorbeer.                        (2)

1.7      Twee gelaaide sfere met groottes 2Q en Q onderskeidelik word 'n afstand r
         van mekaar op geïsoleerde staanders geplaas.

         Indien die sfeer met lading Q 'n krag F na oos ondervind, sal die sfeer met
         lading 2Q 'n krag ... ondervind.

         A     F na wes

         B     F na oos

         C     2F na wes

         D     2F na oos                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        6                         DBE/November 2015
                                             NSS

1.8      Die vier resistors P, Q, R en T in die stroombaan hieronder is identies. Die sel
         het 'n emk ε en weglaatbare interne weerstand. Die skakelaar is aanvanklik
         GESLUIT.

                                         P
                                                                 •
                                                        S •
                                                           •
                       ε
                                                         Q       R

                                                                 •
                                         T

         Skakelaar S word nou OOPGEMAAK. Watter EEN van die volgende
         kombinasies veranderinge sal in P, R en T plaasvind?

               STROOM IN P       STROOM IN R        STROOM IN T
         A           Neem af      Bly dieselfde        Neem af
         B           Neem toe     Bly dieselfde       Neem toe
         C           Neem toe      Neem toe           Neem toe
         D           Neem af       Neem toe            Neem af                                 (2)

1.9      'n GS-stroom beweeg deur 'n reghoekige draadspoel OPQR wat tussen twee
         poolstukke van 'n magneet geplaas is, soos hieronder getoon.

         Watter TWEE segmente van die spoel sal 'n elektromagnetiese krag ondervind
         wanneer die spoel in die posisie hierbo is?

         A     OP en PQ

         B     QR en RO

         C     OP en QR

         D     RO en OP                                                                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        7                      DBE/November 2015
                                             NSS

1.10     Wanneer lig van 'n sekere golflengte op 'n metaaloppervlak inval, word geen
         elektrone vrygestel nie. Watter EEN van die volgende veranderinge kan
         veroorsaak dat elektrone vanaf die metaaloppervlak vrygestel word?

         A     Verhoog die intensiteit van die lig.

         B     Gebruik lig met 'n baie korter golflengte.

         C     Gebruik metaal met 'n groter werkfunksie.

         D     Vergroot die oppervlakarea van die metaaloppervlak.                          (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         8                          DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      Twee blokke met massa M kg en 2,5 kg onderskeidelik word met 'n ligte,
         onrekbare toutjie verbind. Die toutjie beweeg oor 'n ligte, wrywinglose katrol,
         soos in die diagram hieronder getoon.

         Die blokke is in rus.

                                             M kg
              tafel

                                                                       2,5 kg

         2.1.1        Stel Newton se DERDE wet in woorde.                                        (2)

         2.1.2        Bereken die spanning in die toutjie.                                       (3)

         Die statiese wrywingskoëffisiënt (μ s ) tussen die onbekende massa M en die
         oppervlak van die tafel is 0,2.

         2.1.3        Bereken die minimum waarde van M wat sal voorkom dat die
                      blokke beweeg.                                                             (5)

         Die blok met onbekende massa M word nou deur 'n blok met massa
         5 kg vervang. Die 2,5 kg-blok versnel nou afwaarts. Die kinetiese
         wrywingkoëffisiënt (µ k ) tussen die 5 kg-blok en die oppervlak van die tafel
         is 0,15.

         2.1.4        Bereken die grootte van die versnelling van die 5 kg-blok.                 (5)

2.2      'n Klein hipotetiese planeet X het 'n massa van 6,5 x 1020 kg en 'n radius van
         550 km.

         Bereken die gravitasiekrag (gewig) wat planeet X op 'n 90 kg-rots op hierdie
         planeet se oppervlak uitoefen.                                                          (4)
                                                                                                 [19]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        9                       DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Bal A word vertikaal opwaarts teen 'n snelheid van 16 m∙s-1 van die grond
af geprojekteer. Ignoreer die effek van lugweerstand. Gebruik die grond as
nulverwysing.

3.1      Bereken die tyd wat dit bal A neem om na die grond terug te keer.                    (4)

3.2      Skets 'n snelheid-tyd-grafiek vir bal A.

         Dui die volgende op die grafiek aan:

         (a) Beginsnelheid van bal A
         (b) Tyd geneem om die hoogste punt van die beweging te bereik
         (c) Tyd geneem om na die grond terug te keer                                         (3)

EEN SEKONDE nadat bal A opwaarts geprojekteer is, word 'n tweede bal, B, vertikaal
afwaarts teen 'n snelheid van 9 m∙s-1 van 'n balkon 30 m bo die grond gegooi. Verwys
na die diagram hieronder.

                                             B

                                            9 m∙s-1

                         30 m

                                                 16 m∙s-1

                                                    A       grond

3.3      Bereken hoe hoog bo die grond bal A sal wees die oomblik as die twee balle
         by mekaar verbygaan.                                                                 (6)
                                                                                              [13]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       10                           DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Koeël met massa 20 g word uit 'n stilstaande geweer met massa 3 kg afgeskiet.
Aanvaar dat die koeël horisontaal beweeg. Onmiddellik nadat die koeël afgeskiet is,
spring die geweer terug met 'n snelheid van 1,4 m∙s-1.

4.1      Bereken die spoed waarteen die koeël die geweer verlaat.                                (4)

Die koeël tref 'n stilstaande 5 kg-houtblok wat vas is aan 'n plat, horisontale tafel. Die
koeël kom tot rus nadat dit 'n afstand van 0,4 m in die blok in beweeg het. Verwys na
die diagram hieronder.

                                   voor                 na

                         20 g
                                    5 kg

4.2      Bereken die grootte van die gemiddelde krag wat die blok op die koeël
         uitoefen.                                                                               (5)

4.3      Hoe vergelyk die grootte van die krag wat in VRAAG 4.2 bereken is met die
         grootte van die krag wat die koeël op die blok uitoefen? Skryf slegs GROTER
         AS, KLEINER AS of DIESELFDE neer.                                                       (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      11                          DBE/November 2015
                                           NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die baan vir 'n motorfietswedren bestaan uit 'n reguit, horisontale gedeelte wat 800 m
lank is.

'n Deelnemer, soos die een in die prentjie hierbo, ry teen 'n sekere gemiddelde spoed
en voltooi die 800 m-baan in 75 s. Om hierdie spoed te handhaaf, werk 'n konstante
aandrywingskrag van 240 N op die motorfiets in.

5.1      Bereken die gemiddelde drywing wat die motorfiets vir hierdie beweging
         ontwikkel.                                                                            (3)

'n Ander persoon oefen op dieselfde motorfiets op 'n baan met 'n helling. Die persoon
begin uit rus en ry 'n afstand van 450 m teen die helling op wat 'n vertikale hoogte van
5 m het, soos hieronder getoon.

         5m                             450 m

Die totale wrywingskrag wat op die motorfiets inwerk, is 294 N. Die gekombineerde
massa van motorfiets en ryer is 300 kg. Die gemiddelde aandrywingskrag op die
motorfiets terwyl dit teen die helling op beweeg, is 350 N. Beskou die motorfiets en
ryer as 'n enkele sisteem.

5.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir die motorfiets-ryer-sisteem op die
         helling.                                                                              (4)

5.3      Stel die ARBEID-ENERGIE-stelling in woorde.                                           (2)

5.4      Gebruik energiebeginsels om die snelheid van die motorfiets aan die einde
         van die 450 m-rit te bereken.                                                         (6)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         12                         DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Die data hieronder is verkry gedurende 'n ondersoek na die verwantskap
         tussen die verskillende snelhede van 'n bewegende klankbron en die
         frekwensies wat deur 'n stilstaande luisteraar vir elke snelheid waargeneem
         is. Die effek van wind is in hierdie ondersoek geïgnoreer.

         Eksperimentnommer                                1      2         3           4

         Snelheid van die klankbron (m∙s-1)               0      10       20          30

         Frekwensie (Hz) van die klank wat
         deur die stilstaande luisteraar               900      874       850         827
         waargeneem is

         6.1.1        Skryf die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer.                 (1)

         6.1.2        Stel die Doppler-effek in woorde.                                             (2)

         6.1.3        Het die klankbron NA of WEG VAN die luisteraar af beweeg? Gee
                      'n rede vir die antwoord.                                                     (2)

         6.1.4        Gebruik die inligting in die tabel om die spoed van klank gedurende
                      die ondersoek te bereken.                                                     (5)

6.2      Die spektraallyne van 'n afgeleë ster word na die langer golflengtes van lig
         verskuif. Beweeg die ster NA of WEG VAN die Aarde af?                                      (1)
                                                                                                    [11]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        13                     DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Baie klein grafietbedekte sfeer P word met 'n lap gevryf. Daar word bevind dat die
sfeer 'n lading van + 0,5 µC verkry.

7.1      Bereken die getal elektrone wat gedurende die laaiproses van sfeer P
         verwyder is.                                                                        (3)

Die gelaaide sfeer P word nou aan 'n ligte, onrekbare toutjie gehang. 'n Ander
sfeer, R, met 'n lading van – 0,9 µC, op 'n geïsoleerde staander, word naby sfeer P
gebring. As gevolg daarvan beweeg sfeer P na 'n posisie waar dit 20 cm vanaf sfeer R
is, soos hieronder getoon. Die sisteem is in ewewig en die hoek tussen die toutjie en
die vertikaal is 7o.

                               7o

                                                   20 cm
                                                                R
                                         P

7.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram wat AL die kragte wat op sfeer P
         inwerk, aandui.                                                                     (3)

7.3      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                      (2)

7.4      Bereken die grootte van die spanning in die toutjie.                                (5)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         14                         DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee gelaaide deeltjies, Q 1 en Q 2 , word 0,4 m van mekaar op 'n reguitlyn geplaas.
Die lading op Q 1 is + 2 x 10-5 C en die lading op Q 2 is – 8 x 10-6 C. Punt X is 0,25 m
oos van Q 1 , soos in die diagram hieronder getoon.

                                                                            N
        Q1               0,25 m           X            Q2
                                          ●                          W           O
                                  0,4 m
                                                                            S

Bereken die:

8.1      Netto elektriese veld by punt X as gevolg van die twee ladings                          (6)

8.2      Elektrostatiese krag wat 'n lading van – 2 x 10-9 C by punt X sal ondervind             (4)

Die lading van – 2 x 10-9 C word met 'n lading van – 4 x 10-9 C by punt X vervang.

8.3      Bepaal, sonder enige verdere berekening, die grootte van die krag wat
         die lading van – 4 x 10-9 C by punt X sal ondervind.                                    (1)
                                                                                                 [11]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           15                       DBE/November 2015
                                                NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Battery met 'n interne weerstand van 1 Ω en 'n onbekende emk (ε) is in 'n
stroombaan gekoppel, soos hieronder getoon. 'n Hoëweerstand-voltmeter (V) is oor
die battery gekoppel. A 1 en A2 stel ammeters met weglaatbare weerstand voor.

                          8Ω
                ●                      ●              A1        20 Ω

                         16 Ω
            ●                                                                ●

                           R               A2
                                                                                      ●
                                                                                  S
                                                                                      ●

                                  ε
                          ●                r=1Ω             ●

                                            V

Met skakelaar S gesluit, is die stroom wat deur die 8 Ω-resistor vloei, 0,5 A.

9.1      Stel Ohm se wet in woorde.                                                              (2)

9.2      Bereken die lesing op ammeter A1 .                                                      (4)

9.3      Indien toestel R drywing van 12 W lewer, bereken die lesing op ammeter A2 .             (5)

9.4      Bereken die lesing op die voltmeter as skakelaar S oop is.                              (3)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        16                          DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1     'n Onderwyser demonstreer hoe stroom verkry kan word deur 'n
         staafmagneet, 'n spoel en 'n galvanometer te gebruik. Die onderwyser
         beweeg die magneet op en af, soos deur die pyltjie in die skets hieronder
         getoon word.

                                                        galvanometer

                          spoel

         10.1.1       Beskryf kortliks hoe die magneet beweeg moet word om 'n
                      GROOT uitwyking op die galvanometer te verkry.                             (2)

         Die twee toestelle, A en B, hieronder werk op die beginsel wat in
         VRAAG 10.1.1 hierbo beskryf is.

         uitset
                                                   uitset

         10.1.2       Skryf die naam van die beginsel neer.                                      (1)

         10.1.3       Skryf die naam van onderdeel X in toestel A neer.                          (1)

10.2     'n 220 V, WS-spanning word vanaf 'n muurprop aan 'n elektriese ketel met
         weerstand 40,33 Ω verskaf. Muurproppe verskaf wgk-spanning en stroom.

         Bereken die:

         10.2.1       Elektriese energie wat per sekonde deur die ketel verbruik word            (4)

         10.2.2       Maksimum (piek-) stroom deur die ketel                                     (3)
                                                                                                 [11]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        17                             DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In 'n eksperiment om die foto-elektriese effek te demonstreer, is lig van verskillende
golflengtes op 'n metaaloppervlak van 'n foto-elektriese sel geskyn. Die maksimum
kinetiese energie van die vrygestelde elektrone is vir die verskillende golflengtes
bepaal en in die tabel hieronder aangeteken.

                     OMGEKEERDE VAN                  MAKSIMUM KINETIESE
                       GOLFLENGTE                         ENERGIE
                        1
                          ( × 106 m-1)                   E k(maks) ( × 10-19 J)
                        λ
                             5,00                                6,60
                             3,30                                3,30
                             2,50                                1,70
                             2,00                                0,70

11.1     Wat word bedoel met die term foto-elektriese effek?                                     (2)

                                                         1
11.2     Teken 'n grafiek van E k(maks) (y-as) teenoor     (x-as) OP DIE AANGEHEGTE
                                                         λ
         ANTWOORDBLAD.                                                                           (3)

11.3     GEBRUIK DIE GRAFIEK om die volgende te bepaal:

         11.3.1       Die drumpelfrekwensie van die metaal in die foto-elektriese sel            (4)

         11.3.2       Planck se konstante                                                        (4)
                                                                                                 [13]

                                                                                  TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                          DBE/November 2015
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstante
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               –1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                                      DBE/November 2015
                                                      NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f = vi + a ∆t                                      Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                           v + vf                 v + vf 
  2        2                    2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
                                        2
                                                     Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                           2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                           p = mv
f s max = μ sN                                       fk = µ k N
Fnet ∆t = ∆p
∆p = mv f - mv i                                     w = mg

         m1m 2                              m1m 2              M                          M
 F=G                 or/of          F=G              g = G              or/of         g= G 2
          d2                                 r2                d2                         r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos θ                                       U = mgh              or/of        EP = mgh

                                                     Wnet = ∆K           or/of        Wnet = ∆Ek
   1                                 1
K = mv 2           or/of        E k = mv 2
   2                                 2
                                                     ∆K = K f − K i       or/of       ∆Ek = Ekf − Eki
                                                          W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                 P=
                                                          ∆t
P ave = Fv ave     / P gemid = Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                          1
v=fλ                                                 T=
                                                          f
       v ± vL                       v ± vL                                       hc
fL =          fs             fL =          fb       E = hf          or /of E =
       v ± vs                       v ± vb                                        λ
E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                                    1                     1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek (max) =                 2
                                                      mv max                  2
                                                             or/of K max = mv max
                                                    2                     2

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                                            DBE/November 2015
                                                         NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ 1Q 2                                                kQ
F=                                                     E=
       r2                                                   r2

     W                                                      F
V=                                                     E=
     q                                                      q
      Q                            Q
n=                or/of       n=
      e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                       emf ( ε ) = I(R + r)
      V
R=
      I                                                emk ( ε ) = I(R + r)

R s = R1 + R 2 + ...
 1     1     1                                         q = I∆t
    =    +      + ...
R p R1 R 2

W = Vq                                                       W
                                                       P=
                                                             Δt
W = VI ∆ t
                                                       P = VI
W = I2R ∆ t

          2
                                                       P = I 2R
      V Δt
W=                                                          V2
       R                                               P=
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          Imax                                I maks
Irms =                    /         I wgk =
              2                                  2              2
                                                       Pave = I rms R          /   Pgemiddeld = I 2wgk R
          Vmax                              Vmaks
Vrms =                    /        Vwgk =                       2
                                                              Vrms
                                                                                                    2
                                                                                                   Vwgk
              2                                2       Pave =              /       Pgemiddeld =
                                                               R                                    R

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                      DBE/November 2015
                                                     NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 11.2

Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

                                                                    1
                                     Grafiek van Ek(maks) teenoor
                                                                    λ
                          6

                          4

   Ek(maks) x 10 -19 J)
                          2

                          0                      3                      5
                                1    2                        4

                                           1
                                             × 10 6 (m -1 )
                          -2               λ

                          -4

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-memo-afr-eng/140f25b7-f3c1-406a-a99d-6549fa7ea9e0) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [2015 SEPT Metro South Physics P 1](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1/48a052c6-a1c7-4786-a250-996ebe63e9d7) — Physical Sciences · QP · 2015
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [MP 2015 SEPT Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-2015-sept-physics-p-1-memo/888a8f9f-c0da-4ad1-b3ae-e2ecd133acdd) — Physical Sciences · Memo · 2015
- [Physical Sciences P1 Feb March 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2015-memo-afr-eng/12e143e4-5d6d-42a2-a7d6-a8a4ec637dbd) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [2015 SEPT Metro South Physics P 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2015-sept-metro-south-physics-p-1-memo/7ff37983-21da-4189-a413-ec3432102261) — Physical Sciences · Memo · 2015

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
