# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2017-afr/557289af-f17f-4181-a945-01ee20d946ae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2017-afr/557289af-f17f-4181-a945-01ee20d946ae)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                         DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        3                          DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Die versnelling as gevolg van gravitasie op Aarde is groter as dié op die
         maan.

         Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         A     Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.

         B     Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.

         C     Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is groter as dié op die maan.

         D     Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is minder as dié op die maan.             (2)

1.2      Die kragtediagram hieronder toon die kragte wat op 'n houer inwerk.

                                         N
                                                          F
                                                     θ

                                          w
         Watter EEN van die volgende               vergelykings   is   KORREK    vir   die
         grootte van die normaalkrag (N)?

         A     N = w + Fcosθ

         B     N = w + Fsinθ

         C     N = w – Fcosθ

         D     N = w – Fsinθ                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        4                        DBE/November 2017
                                             NSS

1.3      'n Klip word vertikaal opwaarts teen 'n spoed van v m∙s-1 vanaf die bopunt van
         'n gebou geprojekteer. Die posisie-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die
         beweging van die klip. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                            y (m)

                                    0   t1               t (s)

         Watter EEN van die kombinasies hieronder oor die groottes van die klip se
         snelheid en versnelling, by tyd t 1 , is KORREK?

                     GROOTTE VAN SNELHEID           GROOTTE VAN VERSNELLING
                            (m∙s-1)                          (m∙s-2)
         A                    0                                9,8
         B                    0                                 0
         C                    v                                 0
         D                    v                                9,8                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    5                                     DBE/November 2017
                                                         NSS

1.4      'n Trollie met massa m beweeg teen konstante snelheid v na regs op 'n
         wrywinglose horisontale oppervlak. 'n Bal klei, ook met massa m, wat
         vertikaal laat val word, val op die trollie by tyd t, soos in die diagram hieronder
         getoon word.

                                 Bal klei     m
                                                           v
                                              m

         Die bal klei sit aan die trollie vas.

         Watter EEN van die snelheid-tyd-grafieke hieronder is die KORREKTE
         voorstelling van die snelheid van die trollie voor en na tyd t?

                            v                                                      v

                                                                       v (m∙s-1)
          A          v (m∙s-1)        t                        B                        t              t(s)
                                                  t(s)
                                                                       -½v
                           -v

                                                                                   2v

          C    v (m∙s-1)    v                                  D   v (m∙s-1)       v
                      ½v
                                          t                                                 t         t(s)
                                                  t(s)
                                                                                                                       (2)

1.5      'n Persoon lig 'n krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts deur 'n
         afstand h. Die persoon verrig in tyd t arbeid x op die krat.

         Die persoon tel nou dieselfde krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts
         deur dieselfde afstand, maar in tyd 2t.

         Die arbeid wat die persoon op die krat verrig, sal nou ... wees.

         A     ½x

         B     x

         C     2x

         D     4x                                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      6                          DBE/November 2017
                                           NSS

1.6      Die golflengtes van lig wat deur 'n afgeleë ster uitgestraal word, lyk korter
         wanneer dit vanaf die Aarde waargeneem word. Hieruit kan ons aflei dat die
         ster ...

         A     na die Aarde toe beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan.

         B     na die Aarde toe beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.

         C     weg van die Aarde af beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.

         D     weg van die Aarde af beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan.               (2)

1.7      Twee identiese ligte grafietbedekte sfere, P 1 en P 2 , word met gebruik van
         identiese dun geïsoleerde draadjies laat hang. P 1 is gelaai, maar P 2 is
         neutraal. Die sfere word dan met mekaar in kontak gebring, soos in diagram I
         getoon. Daarna neem die sfere die posisies in, soos in diagram II getoon.

                          Diagram I                       Diagram II

                                                            θ      θ

                                                     P1                   P2
                     P1           P2

         Watter EEN van die volgende stellings oor die ladings op die sfere verduidelik
         moontlik waarom die sfere weg van mekaar beweeg nadat hulle geraak het,
         soos in diagram II getoon?

                      TEKEN VAN          TEKEN VAN             GROOTTE VAN
                     LADING OP P 1      LADING OP P 2        LADINGS OP P 1 EN P 2
         A                  +                    +                 Ongelyk
         B                  -                    -                 Ongelyk
         C                  +                    -                  Gelyk
         D                  +                    +                  Gelyk                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        7                           DBE/November 2017
                                             NSS

1.8      Wanneer 'n resistor met weerstand R aan 'n battery met emk Ɛ en
         weglaatbare interne weerstand, verbind word, is die drywing wat in die
         resistor gelewer word, P.

         Indien die resistor vervang word met 'n resistor met weerstand 2R, sonder om
         die battery te verander, sal die drywing wat verbruik word ... wees.

         A       ¼P

         B       ½P

         C       2P

         D       4P                                                                              (2)

1.9      Die diagram hieronder toon 'n stroomdraende geleier wat in 'n uniforme
         magneetveld lê wat na regs wys. Die stroom vloei in die bladsy in.

                                              geleier
                                                            magneetveld

         Watter EEN van die volgende pyle toon die rigting van die krag wat deur die
         geleier ondervind word as gevolg van die magneetveld?

             A                     B                    C             D

                                                                                                 (2)

1.10     Lig met 'n sekere frekwensie word op 'n metaal M geskyn en elektrone word
         vanaf die oppervlak vrygestel. Dieselfde ligbron word op 'n ander metaal N
         geskyn.

         Die elektrone wat vanaf die oppervlak van metaal N vrygestel word, het 'n
         baie hoër kinetiese energie as dié vanaf metaal M.

         Dit beteken dat ...

         A       metaal N dieselfde arbeidsfunksie as metaal M het.

         B       metaal N 'n groter arbeidsfunksie as metaal M het.

         C       die drumpelfrekwensie van metaal N hoër is as dié van metaal M.

         D       die drumpelfrekwensie van metaal N laer is as dié van metaal M.                 (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           8                         DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      'n 8 kg-blok, P, word teen KONSTANTE SPOED deur konstante krag F teen
         'n hoek van 30o met die horisontaal teen 'n ruwe skuinsvlak opgetrek.

         Krag F is parallel aan die skuinsvlak, soos in die diagram hieronder getoon.

                                            P         F

                                             8 kg

                            30o

         2.1.1        Stel Newton se Eerste Wet in woorde.                                         (2)

         2.1.2        Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir blok P.                             (4)

         Die kinetiese wrywingskrag tussen die blok en die oppervlak van die
         skuinsvlak is 20,37 N.

         2.1.3        Bereken die grootte van krag F.                                              (5)

         Krag F word nou verwyder en die blok VERSNEL teen die helling af.
         Die kinetiese wrywingskrag bly 20,37 N.

         2.1.4        Bereken die grootte van die versnelling van die blok.                        (4)

2.2      'n 200 kg-rots lê op die oppervlak van 'n planeet. Die versnelling as gevolg
         van gravitasie op die oppervlak van die planeet is 6,0 m·s-2.

         2.2.1        Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde.                           (2)

         2.2.2        Bereken die massa van die planeet indien sy radius 700 km is.                (4)
                                                                                                   [21]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       9                        DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Klip A word vertikaal opwaarts geprojekteer teen 'n spoed van 12 m∙s-1 vanaf 'n
hoogte h bokant die grond. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

3.1      Bereken die tyd wat klip A neem om sy maksimum hoogte te bereik.                    (3)

Op dieselfde oomblik wat klip A opwaarts geprojekteer word, word klip B vanaf
dieselfde hoogte met 'n onbekende spoed, v, vertikaal afwaarts gegooi. Verwys na die
diagram hieronder.

                                 12 m∙s-1

                                     A            B

                                                  v

                                       h

                                              grond

Wanneer klip A sy maksimum hoogte bereik, is die spoed van klip B 3v.

3.2      Bereken die spoed, v, waarmee klip B afwaarts gegooi word.                          (4)

Die oomblik wat klip A sy aanvanklike posisie op sy pad afwaarts verbysteek, tref
klip B die grond.

3.3      Bereken die hoogte h.                                                               (3)

3.4      Skets snelheid-tyd-grafieke vir die volledige bewegings van klip A en B op
         dieselfde assestelsel. Benoem jou grafieke vir klip A en B duidelik.

         Toon die volgende op die grafieke:

         •    Die tyd wat dit klip A neem om sy maksimum hoogte te bereik
         •    Die snelheid waarmee klip B afwaarts gegooi word                               (4)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       10                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 2 kg-blok in rus op 'n gladde, wrywinglose, horisontale tafel. Die lengte van die blok
is x.

'n Koeël met massa 0,015 kg, wat ooswaarts teen 400 m∙s-1 beweeg, tref die blok en
beweeg regdeur met konstante versnelling. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer
enige verlies van massa van die koeël en die blok.

             VOOR                          NA                                      N

                                          0,7 m∙s-1                                        O
400 m∙s-1                                                                W

koeël            2 kg
                                                                                   S
                     x                        x

4.1      Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                             (2)

Die blok beweeg ooswaarts teen 0,7 m∙s-1 nadat die koeël daaruit te voorskyn
gekom het.

4.2      Bereken die grootte van die snelheid van die koeël onmiddellik nadat dit uit
         die blok te voorskyn kom.                                                                (4)

4.3      Indien dit die koeël 0,002 s neem om deur die blok te beweeg, bereken die
         lengte, x, van die blok.                                                                 (5)
                                                                                                  [11]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       11                        DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die diagram hieronder word 'n 4 kg-blok wat op 'n ruwe, horisontale oppervlak lê,
aan 'n 6 kg-blok verbind met 'n ligte, onrekbare toutjie wat oor 'n ligte, wrywinglose
katrol hang.

Aanvanklik word die blokke IN RUS GEHOU.

                         4 kg

                                                             6 kg

                                                                    1,6 m

                                                             6 kg

5.1      Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                             (2)

Wanneer die blokke losgelaat word, val die 6 kg-blok deur 'n vertikale afstand
van 1,6 m.

5.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir die 6 kg-blok.                                 (2)

5.3      Bereken die arbeid wat deur die gravitasiekrag op die 6 kg-blok verrig word.            (3)

Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 4 kg-blok en die horisontale oppervlak is
0,4. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

5.4      Gebruik energiebeginsels om die spoed van die 6 kg-blok te bereken
         wanneer dit deur 1,6 m val, terwyl dit steeds aan die 4 kg-blok verbind is.             (5)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    12           DBE/November 2017
                                                         NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Polisiemotor wat teen 'n konstante snelheid beweeg met sy sirene aan, ry verby
'n stilstaande luisteraar.

Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die frekwensie van die sirene se klank
wat deur die luisteraar waargeneem word.

                            180

                            170

          Frekwensie (Hz)
                            160

                            150

                            140

                            130

                            120

                            110

                              0
                                                                     tyd (s)

6.1      Stel die Doppler-effek in woorde.                                                    (2)

6.2      Skryf die frekwensie van die klank neer wat deur die luisteraar waargeneem
         word soos die polisiemotor:

         6.2.1                    Die luisteraar nader                                        (1)

         6.2.2                    Weg van die luisteraar af beweeg                            (1)

6.3      Bereken die spoed van die polisiemotor. Neem die spoed van klank in lug as
         340 m∙s-1.                                                                           (6)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           13                    DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee klein sfere, X en Y, wat ladings van +6 x 10-6 C en +8 x 10-6 C onderskeidelik
dra, word 0,20 m van mekaar af in lug geplaas.

                                       0,20 m

                 X   ● -6                                 ●Y -6
              +6 x 10 C                               +8 x 10 C

7.1      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                         (2)

7.2      Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat deur gelaaide sfeer X
         ondervind word.                                                                        (4)

'n Derde sfeer, Z, met 'n onbekende negatiewe lading, word nou op 'n afstand
van 0,30 m onderkant sfeer Y op só 'n manier geplaas dat die lyn wat gelaaide sfeer X
en Y verbind, loodreg is op die lyn wat die gelaaide sfeer Y en Z verbind, soos in die
diagram hieronder getoon.

                                            0,20 m

                      6 x 10-6 C                              8 x10-6 C
                              X
                                   ●                        ●Y

                                                                  0,30 m

                                                            ●Z
7.3      Teken 'n vektordiagram wat die rigtings van die elektrostatiese kragte en die
         netto krag toon wat deur gelaaide sfeer Y ondervind word as gevolg van die
         teenwoordigheid van gelaaide sfeer X en Z onderskeidelik.                              (3)

7.4      Die grootte van die netto elektrostatiese krag wat deur gelaaide sfeer Y
         ondervind word, is 15,20 N. Bereken die lading op sfeer Z.                             (4)
                                                                                                [13]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           14                        DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

A en B is twee klein sfere wat deur 'n afstand van 0,70 m van mekaar geskei word.
Sfeer A dra 'n lading van +1,5 x 10-6 C en sfeer B dra 'n lading van -2,0 x 10-6 C.

                                              0,70 m
                                     0,40 m
                       A ●                             P
                                                                ●  B
                     +1,5 x 10-6 C                         -2,0 x 10-6 C

P is 'n punt tussen sfeer A en B en is 0,40 m vanaf sfeer A, soos in die diagram hierbo
getoon.

8.1      Definieer die term elektriese veld by 'n punt.                                           (2)

8.2      Bereken die grootte van die netto elektriese veld by punt P.                             (4)

8.3      'n Puntlading van grootte 3,0 x 10-9 C word nou by punt P geplaas.

         Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat deur hierdie lading
         ondervind word.                                                                          (3)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                         15                        DBE/November 2017
                                                              NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1              Leerders het die verhouding tussen potensiaalverskil (V) en stroom (I) vir die
                 kombinasie van twee resistors, R 1 en R 2 , ondersoek. In een eksperiment is
                 resistor R 1 en R 2 in parallel verbind. In 'n tweede eksperiment is resistor R 1
                 en R 2 in serie verbind.

                 Die leerders het toe grafiek X, die resultate van een van die eksperimente, en
                 grafiek Y, die resultate van die ander eksperiment gestip, soos hieronder
                 getoon.

                               GRAFIEKE VAN POTENSIAALVERSKIL TEENOOR STROOM VIR DIE
                                KOMBINASIE VAN TWEE RESISTORS IN SERIE EN IN PARALLEL

                               3,00

                               2,50

       Potensiaalverskil (V)
                               2,00
                                                               X
                               1,50

                               1,00
                                                                                Y
                               0,50

                                  0                0,25              0,50             0,75
                                                               Stroom (A)

                 9.1.1                Stel Ohm se wet in woorde.                                                  (2)

                 9.1.2                Watter fisiese hoeveelheid word deur die gradiënt (helling) van die
                                      V-I-grafiek verteenwoordig?                                                 (1)

                 9.1.3                Bereken die gradiënt (helling) van grafiek X.                               (2)

                 9.1.4                Bepaal die weerstand van resistor R 1 .                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                   16                   DBE/November 2017
                                                        NSS

9.2      Die stroombaan hieronder bestaan uit drie resistors, M, N en T, 'n battery
         met emk Ɛ en 'n interne weerstand van 0,9 Ω. Die effektiewe weerstand
         tussen punt a en b in die stroombaan is 6 Ω. Die weerstand van resistor T is
         1,5 Ω.

                                                                  V1

                                              a•   M                     N        •
                                                                                  b
                                                   V2

          Ɛ

                 r = 0,9 Ω

                                                              1,5 Ω
                                  ●       ●                   T
                                      S

         Wanneer skakelaar S gesluit is, is die lesing van 'n hoëweerstand-voltmeter,
         V 1 , oor a en b, 5 V.

         Bereken die:

         9.2.1                Stroom wat deur die battery gelewer word                               (3)

         9.2.2                Emk (Ɛ) van die battery                                                (4)

         Voltmeter V 2 se lesing is 2,5 V wanneer die skakelaar gesluit is.

         9.2.3                Skryf die weerstand van N neer. (Geen berekening is nodig nie.)
                              Gee 'n rede vir die antwoord.                                          (2)
                                                                                                     [18]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          17                       DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1     Die diagram hieronder toon verskillende posisies (ABCDA) van die lus in
         'n GS-generator vir 'n volledige omwenteling. Die lus word kloksgewys in
         'n uniforme magneetveld teen 'n konstante spoed gedraai.

         Die rigting van die magneetveld word in die diagram hieronder getoon.

                                 magneetveld

         10.1.1       Skryf die energie-omskakeling neer wat tydens die werking van die
                      GS-generator plaasvind.                                                    (1)

         10.1.2       Skets 'n grafiek om te toon hoe die geïnduseerde emk van die
                      generator met tyd varieer. Dui posisies A, B, C, D en A duidelik op
                      die grafiek aan.                                                           (2)

10.2     'n Klein WS-generator, wat 'n wgk-spanning van 25 V verskaf, word oor 'n
         toestel met 'n weerstand van 20 Ω verbind. Die drade wat die generator aan
         die toestel verbind, het 'n totale weerstand van 0,5 Ω. Verwys na die diagram
         hieronder.

                                                          generator
                         draad

                                               20 Ω-toestel

         10.2.1       Skryf die totale weerstand van die stroombaan neer.                        (1)

         10.2.2       Bereken die gemiddelde drywing wat aan die toestel gelewer word.           (5)
                                                                                                 [9]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          18                    DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

11.1     'n Onderwyser in 'n wetenskapklas verduidelik hoe verskillende soorte spektra
         verkry word. Die onderwyser gebruik die vereenvoudigde diagramme wat
         hieronder getoon word vir die verduideliking.

                                         lig
                                                               Spektrum Y

                            warm gas
                                               Diffraksierooster

                                                 lig
                                                               Spektrum Z

                                    koue gas
         warm, gloeiende lamp             Diffraksierooster

         Benoem die soort spektrum by:

         11.1.1       Y                                                                       (1)

         11.1.2       Z                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                      19                        DBE/November 2017
                                                           NSS

11.2     In 'n opgewekte atoom kan elektrone vanaf laer energievlakke na hoër
         energievlakke 'spring'. Hulle kan ook vanaf hoër energievlakke na laer
         energievlakke 'val'.

         Die diagram hieronder (nie volgens skaal geteken nie) toon enkele oorgange
         vir elektrone in 'n opgewekte atoom.

                                       E4                                 2,044 x 10-18 J

               Toenemende energie
                                      E3                                  1,937 x 10-18 J

                                       E2                                 1,635 x 10-18 J

         11.2.1                     Lei die oorgange in die diagram aangedui tot ABSORPSIE- of
                                    EMISSIE-spektra?                                                      (1)

         11.2.2                     Bereken die frekwensie van die foton wat gevorm word wanneer 'n
                                    elektron in 'n opgewekte atoom 'n oorgang vanaf E 4 na E 2 maak,
                                    soos in die diagram getoon.                                           (4)

         Die drumpelfrekwensie van 'n metaal, Q, is 4,4 x 1014 Hz.

         11.2.3                     Bereken die kinetiese energie van die mees energieke elektron wat
                                    vrygestel word wanneer die foton, wat in VRAAG 11.2.2 gevorm is,
                                    op die oppervlak van metaal Q inval.                                  (4)

         'n Ander metaal, R, het 'n drumpelfrekwensie van 7,5 x 1014 Hz.

         11.2.4                     Sal die foton, wat in VRAAG 11.2.2 gevorm is, elektrone vanaf die
                                    oppervlak van metaal R kan vrystel? Skryf slegs JA of NEE.

                                    Gee 'n rede vir die antwoord.                                         (2)
                                                                                                          [13]

                                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                     DBE/November 2017
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstante
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               2                                        DBE/November 2017
                                                    NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f = vi + a ∆t                                    Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
                                                         v + vf                 v + vf 
  2        2                   2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
                                       2
                                                   Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                         2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                          p = mv
f s max = μ sN                                     fk = μk N
Fnet ∆t = ∆p
                                                   w = mg
∆p = mv f – mv i
        m1m 2                              m1m 2             M                              M
 F=G 2           or/of             F=G             g =G                   or/of         g =G 2
          d                                 r2               d2                             r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = F∆x cos θ                                      U = mgh                 or/of        EP = mgh

                                                   Wnet = ∆K              or/of         Wnet = ∆Ek
   1                                    1
K = mv 2            or/of          E k = mv 2
   2                                    2
                                                   ∆K = K f − K i          or/of        ∆Ek = Ekf − Eki
                                                        W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                P=
                                                        ∆t
P ave = Fv ave / P gemid = Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                        1
v=fλ                                               T=
                                                        f
       v ± vL                      v ± vL                                          hc
fL =          fs            fL =          fb       E = hf         or/of     E=
       v ± vs                      v ± vb                                           λ
E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                                    1                     1
E = hf     and/en    W0 = hf0 and/en Ek (max) =          2
                                                      mv max                  2
                                                             or/of K max = mv max
                                                    2                     2

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    3                                   DBE/November 2017
                                                         NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ 1Q 2                                                kQ
F=                                                     E=
       r2                                                   r2

     W                                                      F
V=                                                     E=
     q                                                      q
      Q                            Q
n=                or/of       n=
      e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                       emf ( ε ) = I(R + r)
      V
R=
      I                                                emk ( ε ) = I(R + r)

R s = R1 + R 2 + ...
 1     1     1                                         q = I∆t
    =    +      + ...
R p R1 R 2

W = Vq                                                      W
                                                       P=
                                                            ∆t
W = VI ∆ t
                                                       P = VI
W = I2R ∆ t

          2
                                                       P = I 2R
      V ∆t
W=                                                          V2
       R                                               P=
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave = Vrms I rms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
         Imax                                 I maks
Irms =                    /         I wgk =
              2                                  2              2
                                                       Pave = I rms R      /       Pgemiddeld = I 2wgk R
          Vmax                              Vmaks
Vrms =                    /        Vwgk =                       2
                                                              Vrms
                                                                                                   2
                                                                                                  Vwgk
              2                                2       Pave =              /       Pgemiddeld =
                                                               R                                   R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Phsc P1 Jun2017 Qp Afr](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-jun2017-qp-afr/b5663af8-09c3-43af-85ec-615d384497f5) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-memo/2d2b7939-aa98-49f1-afa7-ca27e7f59489) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [2017 Physics P1 Memo GP](https://www.hlayiso.com/library/2017-physics-p1-memo-gp/3c8a7aaa-341e-4611-bd94-085d68de1cb6) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Physical Sciences P1 May June 2017 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2017-memo-afr-eng/ef24ecaa-5af8-4262-bea3-b96eddcae564) — Physical Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
