# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2018-afr/a503ef23-fa9f-4f98-a3fb-385b1ff63a0f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2018-afr/a503ef23-fa9f-4f98-a3fb-385b1ff63a0f)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                      FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                             DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       3                           DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Traagheid is die neiging van 'n voorwerp om …

         A     sy massa te behou.

         B     in 'n toestand van nie-uniforme beweging voort te gaan.

         C     in rus of in die toestand van uniforme beweging te bly.

         D     sy snelheid te behou wanneer 'n nie-nul netto krag daarop inwerk.                 (2)

1.2      'n Persoon staan op 'n badkamerskaal wat aan 'n hysbak se vloer vasgemaak
         is, soos in die diagram hieronder getoon.

                                                  hysbakkabel

                                                  hysbak

                                                  skaal

         Die lesing op die skaal is die grootste wanneer die hysbak teen 'n ...

         A     konstante spoed opwaarts beweeg.

         B     konstante spoed afwaarts beweeg.

         C     toenemende spoed opwaarts beweeg.

         D     toenemende spoed afwaarts beweeg.                                                 (2)

1.3      'n Voorwerp word vertikaal opwaarts geprojekteer. Ignoreer lugweerstand.

         Soos wat die voorwerp styg, is sy snelheid …

         A     en versnelling beide opwaarts gerig.

         B     en sy versnelling beide afwaarts gerig.

         C     opwaarts gerig, maar sy versnelling is afwaarts gerig.

         D     afwaarts gerig, maar sy versnelling is opwaarts gerig.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       4                           DBE/November 2018
                                            NSS

1.4      Bal P en bal Q, met dieselfde massa, word op 'n betonvloer laat val.
         Beide balle tref die betonvloer teen dieselfde spoed, v. Bal P bons terug met
         dieselfde vertikale spoed, v, maar bal Q bons terug met 'n spoed ½v.

         Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand.
                           P                                   Q

                               v                                ½v

                                        betonvloer

         Watter EEN van die volgende stellings oor die botsing van ELKE bal met die
         betonvloer is KORREK?

         A     Kinetiese energie bly behoue vir beide balle P en Q.

         B     Die verandering in momentum van bal P is groter is dié van bal Q.

         C     Die kontaktyd met die vloer is dieselfde vir beide balle P en Q.

         D     Momentum word behou vir die botsing van bal P, maar nie vir dit van
               bal Q nie.                                                                        (2)

1.5      Indien die netto arbeid wat op 'n bewegende voorwerp verrig word, POSITIEF
         is, kan ons aflei dat die kinetiese energie van die voorwerp …

         A     nul is.

         B     toegeneem het.

         C     afgeneem het.

         D     nie verander het nie.                                                             (2)

1.6      Die spektrum wat deur 'n bewegende asteroïde gelewer is, soos vanaf die
         Aarde waargeneem, dui aan dat die lig na die blou kant van die spektrum
         geskuif het.

         Watter EEN van die volgende frekwensiekombinasies van die waargenome lig
         en die afstand tussen die asteroïde en die Aarde is KORREK?

                     FREKWENSIE VAN                       AFSTAND TUSSEN
                     WAARGENOME LIG                     ASTEROÏDE EN AARDE
         A              Toegeneem                           Neem af
         B              Toegeneem                           Neem toe
         C              Afgeneem                            Neem af
         D              Afgeneem                            Neem toe                             (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         5                           DBE/November 2018
                                              NSS

1.7      Drie gelaaide sfere X, Y en Z, gesteun deur geïsoleerde garedraadjies wat
         ewe lank is, hang vanaf 'n balk, soos in die diagram hieronder getoon.
         Sfeer X is negatief gelaai.
         Sfeer X trek sfeer Y aan, maar stoot sfeer Z af.

                                              -
                                  Y          X            Z

         Watter EEN van die volgende afleidings is KORREK?

         A     Sfeer Y is positief gelaai en sfeer Z is negatief gelaai.

         B     Sfeer Y is positief gelaai en sfeer Z is positief gelaai.

         C     Sfeer Y is negatief gelaai en sfeer Z is negatief gelaai.

         D     Sfeer Y is negatief gelaai en sfeer Z is positief gelaai.                          (2)

1.8      In die stroombaandiagramme hieronder is die selle en resistors identies.
         Die selle het weglaatbare interne weerstande.

                         X                                        Y

         Die drywing wat in resistor X verkwis word, is P. Die drywing wat in resistor Y
         verkwis word, is …

         A     ¼P.

         B     ½P.

         C     2P.

         D     4P.                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        6                             DBE/November 2018
                                             NSS

1.9      Watter EEN van die volgende aksies sal NIE 'n verhoging in die
         geïnduseerde emk in 'n spoel veroorsaak as die spoel in 'n eenvormige
         magneetveld geroteer word NIE?

         A       Roteer die spoel vinniger

         B       Vergroot die sterkte van die magneetveld

         C       Vermeerder die aantal windinge op die spoel

         D       Vervang die spoel met 'n spoel wat 'n laer weerstand het                           (2)

1.10     'n Leerder skryf die volgende stellings oor die emissiespektrum van lig in 'n
         notaboek neer:

         (i)      'n Emissiespektrum word gevorm wanneer sekere frekwensies van
                  elektromagnetiese straling deur 'n koue gas beweeg.

         (ii)     Die lyne in die emissiespektrum van 'n atoom het dieselfde frekwensie
                  as die ooreenstemmende lyne in die atoom se absorpsiespektrum.

         (iii)    'n Emissiespektrum word gevorm wanneer die atoom oorgange vanaf
                  'n hoë-energietoestand na 'n laer energietoestand maak.

         Watter EEN van die volgende kombinasies van die stellings hierbo is
         KORREK?

         A       Slegs (i)

         B       Slegs (ii)

         C       Slegs (ii) en (iii)

         D       Slegs (i) en (iii)                                                                (2)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        7                          DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Blok, met 'n massa van 8 kg, word op 'n ruwe horisontale oppervlak geplaas.
Die 8 kg-blok wat deur middel van 'n ligte, onrekbare toutjie oor 'n ligte, wrywinglose
katrol beweeg, is aan 'n 2 kg-blok verbind en begin vanaf punt A gly, soos hieronder
getoon.

                                 8 kg               15°

                 A                  B                C
                                                                      2 kg

2.1      Stel Newton se Tweede Wet in woorde.                                                     (2)

2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die
         8 kg-blok.                                                                               (4)

2.3      Wanneer die 8 kg-blok punt B bereik, is die hoek tussen die toutjie en die
         horisontaal 15° en die versnelling van die stelsel is 1,32 m·s-2.

         2.3.1        Gee 'n rede waarom die stelsel NIE in ewewig is NIE.                        (1)

         2.3.2        Gebruik die 2 kg-massa om die spanning in die toutjie te bereken.           (3)

         2.3.3        Bereken die kinetiese wrywingskrag tussen die 8 kg-blok en die
                      horisontale oppervlak.                                                      (4)

2.4      Soos die 8 kg-blok vanaf B na C beweeg, is die kinetiese wrywingskrag
         tussen die 8 kg-blok en die horisontale oppervlak nie konstant nie.

         Gee 'n rede vir hierdie stelling.                                                        (1)

Die horisontale oppervlak waarop die 8 kg-blok beweeg, word vervang deur 'n ander
horisontale oppervlak wat van 'n ander materiaal gemaak is.

2.5      Sal die kinetiese wrywingskrag, in VRAAG 2.3.3 hierbo bereken, verander?
         Kies uit: JA of NEE. Gee 'n rede vir die antwoord.                                       (2)
                                                                                                  [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      8                           DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Deelnemers aan 'n kompetisie moet probeer om 'n bal vertikaal opwaarts verby punt T,
wat op 'n hoë, vertikale paal gemerk is, te gooi. Punt T is 3,7 m bo die grond. Punt T
kan die hoogste punt tydens die beweging van die bal wees, of nie.

Een deelnemer gooi die bal vertikaal opwaarts teen 'n snelheid van 7,5 ms-1 vanaf 'n
punt wat 1,6 m bo die grond is, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer die
effekte van lugweerstand.

                                                  T

                                      7,5 ms-1
                                                        3,7 m

                                        1,6 m

                                                grond

3.1      In watter rigting is die netto krag wat op die bal inwerk, terwyl dit na punt T
         beweeg?
         Kies uit: OPWAARTS of AFWAARTS. Gee 'n rede vir die antwoord.                         (2)

3.2      Bereken die tyd wat dit die bal neem om sy hoogste punt te bereik.                    (3)

3.3      Bepaal, deur middel van 'n berekening, of die bal verby punt T sal beweeg,
         of nie.                                                                               (6)

3.4      Teken 'n snelheid-tyd-grafiek vir die beweging van die bal vanaf die oomblik
         dat dit opwaarts gegooi word totdat dit sy hoogste punt bereik.

         Dui die volgende op die grafiek aan:

             Die beginsnelheid en eindsnelheid
             Tyd geneem om die hoogste punt te bereik                                         (2)
                                                                                               [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          9                    DBE/November 2018
                                               NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Meisie op rolskaatse is aanvanklik in rus op 'n gladde horisontale sypaadjie.
Die meisie gooi 'n pakkie, met 'n massa van 8 kg, horisontaal na regs teen 'n spoed
van 4 ms-1. Onmiddellik nadat die pakkie gegooi is, beweeg die meisie-rolskaats-
kombinasie teen 'n spoed van 0,6 ms-1. Ignoreer die effekte van wrywing en rotasie.

                                                     4 m∙s-1

4.1      Definieer die term momentum in woorde.                                             (2)

4.2      Sal die meisie-rolskaats-kombinasie NA REGS of NA LINKS beweeg nadat
         die pakkie gegooi is?
         NOEM die wet in fisika wat gebruik kan word om jou keuse van rigting te
         verduidelik.                                                                       (2)

Die totale massa van die rolskaatse is 2 kg.

4.3      Bereken die massa van die meisie.                                                  (5)

4.4      Bereken die grootte van die impuls wat die meisie-rolskaats-kombinasie
         ondervind terwyl die pakkie gegooi word.                                           (3)

4.5      Sonder enige verdere berekening, skryf die verandering in momentum neer
         wat deur die pakkie ondervind word terwyl dit gegooi word.                         (2)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        10                       DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder, nie volgens skaal geteken nie, toon 'n voertuig met 'n massa
van 1 500 kg, wat vanuit rus by punt A aan die onderpunt van 'n ruwe helling begin.
Punt B is 200 m vertikaal bokant die horisontaal.
                                                                      B

              1 500 kg                                                 200 m

                           A
Die totale arbeid verrig deur krag F wat die voertuig binne 90 s vanaf punt A na punt B
beweeg, is 4,80 x 106 J.

5.1      Definieer die term nie-konserwatiewe krag.                                            (2)

5.2      Is krag F 'n konserwatiewe krag? Kies uit: JA of NEE.                                 (1)

5.3      Bereken die gemiddelde drywing wat deur krag F gelewer word.                          (3)

Die spoed van die voertuig wanneer dit punt B bereik, is 25 m∙s-1.

5.4      Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                           (2)

5.5      Gebruik energiebeginsels om die totale arbeid wat deur die wrywingskragte
         op die voertuig verrig word, te bereken.                                              (5)
                                                                                               [13]

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die alarm van 'n voertuig wat langs 'n reguit horisontale pad geparkeer is, gaan af en
stel klank met 'n golflengte van 0,34 m vry. 'n Patrolliemotor beweeg teen 'n konstante
spoed op dieselfde pad. Die bestuurder van die patrolliemotor hoor 'n klank met
'n frekwensie van 50 Hz laer as die klank wat deur die alarm vrygestel word. Neem die
spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.

6.1      Stel die Doppler-effek in woorde.                                                     (2)

6.2      Is die patrolliemotor besig om NA of WEG VAN die geparkeerde voertuig
         te ry? Gee 'n rede vir die antwoord.                                                  (2)

6.3      Bereken die frekwensie van die klank wat deur die alarm vrygestel word.               (3)

6.4      Die patrolliemotor beweeg 'n afstand van x meter in 10 sekondes.
         Bereken die afstand x.                                                                (6)
                                                                                               [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       11                          DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Drie klein identiese metaalsfere, P, S en T, op geïsoleerde staanders, is aanvanklik
neutraal. Hulle word dan gelaai om ladings van onderskeidelik -15 x 10-9 C, Q en
+2 x 10-9 C te dra, soos hieronder getoon.

         -15 x 10-9 C     P                 Q     S          + 2 x 10-9 C      T

Die gelaaide sfere word na mekaar gebring, sodat al drie sfere op dieselfde tyd aan
mekaar raak, en word dan van mekaar geskei. Die lading op elke sfeer, na die
skeiding, is -3 x 10-9 C.

7.1      Bepaal die waarde van lading Q.                                                         (2)

7.2      Teken die elektrieseveld-patroon wat met die gelaaide sfere, S en T,
         geassosieer word nadat hulle van mekaar geskei en na hul oorspronklike
         posisies teruggeneem is.                                                                (3)

Die sfere, elk met die nuwe lading van -3 x 10-9 C, word nou by punte op die x-as en
die y-as geplaas, soos in die diagram hieronder getoon, met sfeer P op die oorsprong.

                                   y

                                  S
                                       
                               0,1 m

                                                            
                                                             T
                                  P             0,3 m                x

7.3      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                          (2)

Bereken die grootte van die:

7.4      Netto elektrostatiese krag wat op sfeer P inwerk                                        (5)

7.5      Netto elektriese veld by die oorsprong as gevolg van ladings S en T                     (3)

7.6      EEN van die gelaaide sfere, P en T, het 'n baie klein toename in massa
         ondervind nadat dit aanvanklik gelaai is.

         7.6.1        Watter sfeer, P of T, het hierdie baie klein toename in massa
                      ondervind?                                                                 (1)

         7.6.2        Bereken die toename in massa van die sfeer in VRAAG 7.6.1.                 (3)
                                                                                                 [19]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           12                     DBE/November 2018
                                                NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die battery in die stroombaandiagram hieronder het 'n emk van 12 V en 'n interne
weerstand van 0,5 Ω. Resistor R het 'n onbekende weerstand.

                                         12 V
                                                      0,5 Ω

                                                V

                                                                    A
                                                              S
                                            22ΩΩ              ∙ ∙

                                             R

8.1      Wat is die betekenis van die volgende stelling?

         Die emk van die battery is 12 V.                                                      (2)

Die lesing op die ammeter is 2 A wanneer skakelaar S OOP is.

8.2      Bereken die:

         8.2.1        Lesing op die voltmeter                                                  (3)

         8.2.2        Weerstand van resistor R                                                 (2)

Skakelaar S word nou GESLUIT.

8.3      Hoe sal hierdie verandering die lesing op die voltmeter beïnvloed? Kies uit:
         TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
         Verduidelik die antwoord.                                                             (4)
                                                                                               [11]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                     13                      DBE/November 2018
                                                          NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Leerders doen 'n eksperiment om die emk (ε) en die interne weerstand (r) van 'n
battery te bepaal deur die stroombaan hieronder te gebruik.

                                                          A

                                            ε
                                                                          ∙∙
                                        r                                  ∙ S
                                                      R

Die leerders gebruik hul opgetekende lesings van stroom en weerstand, saam met die
                ε
vergelyking R = – r, om die grafiek hieronder te verkry.
                I
                                                                        1
                                   Grafiek van weerstand teenoor
                                                                     stroom
                      15

                                                                     ●
                      10                                        ●

      Weerstand (Ω)
                                                           ●
                                                      ●
                       5
                                                 ●

                                    ●
                       0
                                  0,5           1,0       1,5       2,0
                                                         1
                                                               -1
                                                      stroom (A )
                       -5

9.1                   Watter veranderlike moet tydens die eksperiment konstant gehou word?                (1)

9.2                   Verwys na die grafiek.

                      9.2.1     Skryf die waarde van die interne weerstand van die sel neer.              (2)

                      9.2.2     Bereken die emk van die battery.                                          (3)
                                                                                                          [6]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                             14                      DBE/November 2018
                                                  NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1     In die vereenvoudigde WS-generator hieronder word die spoel kloksgewys
         geroteer.

         10.1.1       In watter rigting vloei die geïnduseerde stroom in die spoel?
                      Kies uit: X na Y of Y na X.                                                 (1)
         10.1.2       Op watter beginsel of wet is die werking van die generator
                      gebaseer?                                                                   (1)
         10.1.3       Noem die energie-omskakeling wat plaasvind terwyl die generator
                      in werking is.                                                              (2)

10.2     Die spanninguitset vir 'n WS-generator word hieronder getoon.

                                           340

                         spanning (volt)
                                              0
                                                           tyd (s)

                                           -340

         10.2.1       Skryf die maksimum (piek-) uitsetspanning van die generator neer.           (1)
         'n Stoof word aan die generator hierbo gekoppel en lewer 'n gemiddelde
         drywing van 1 600 W.
         10.2.2       Bereken die wgk-spanning wat aan die stoof gelewer word.                    (3)
         10.2.3       Bereken die weerstand van die stoof.                                        (3)
                                                                                                  [11]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         15                        DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die drumpelfrekwensies van sesium- en kaliummetale word in die tabel hieronder
gegee.

                          METAAL             DRUMPELFREKWENSIE
                     Sesium                      5,07 x 1014 Hz
                     Kalium                      5,55 x 1014 Hz

11.1     Definieer die term arbeidsfunksie in woorde.                                        (2)

11.2     Watter EEN van die twee metale in die tabel het die hoogste arbeidsfunksie?
         Gee 'n rede vir die antwoord deur na die inligting in die tabel te verwys.          (2)

Die vereenvoudigde diagramme hieronder toon twee stroombane, A en B, wat
fotoselle bevat. Die fotosel in stroombaan A bevat 'n sesium-metaalplaat, terwyl die
fotosel in stroombaan B 'n kalium-metaalplaat bevat.
                           ultraviolet lig
                                                                   ultraviolet lig
  sesium-metaalplaat                         kalium-metaalplaat

                      A                                       A
                          Stroombaan A                            Stroombaan B

Ultraviolet lig met dieselfde intensiteit en golflengte van 5,5 x 10 -7 m val in op die
metaalplaat in ELK van die fotoselle en die ammeter in stroombaan A registreer
'n stroom.

11.3     Deur middel van 'n berekening, bepaal of die ammeter in stroombaan B ook
         'n stroom sal registreer.                                                           (3)

11.4     Bereken die maksimum kinetiese energie van 'n vrygestelde elektron in
         stroombaan A.                                                                       (5)

11.5     Hoe sal die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektron, in
         VRAAG 11.4 bereken, verander wanneer die intensiteit van die invallende lig
         toeneem?

         Kies uit: TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.                                         (1)
                                                                                             [13]

                                                                               TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                     DBE/November 2018
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               2                                       DBE/November 2018
                                                    NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f  vi  a t                                   Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                        v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2        2                  2       2
                                                  Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                        2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                         p  mv
fs max = μsN                                      fk = μkN
Fnet t  p
                                                  w  mg
p  mv f – mvi
        m1m 2                             m1m 2             M                              M
 F=G 2          or/of             F=G             g =G                   or/of         g =G 2
          d                                r2               d2                             r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                                      U  mgh                 or/of        EP  mgh

                                                  Wnet  K              or/of         Wnet  Ek
   1                                  1
K  mv2              or/of        Ek  mv2
   2                                  2
                                                  K  K f  K i          or/of        Ek  Ekf  Eki
                                                       W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep               P
                                                       t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                       1
vf                                              T
                                                       f
       v  vL                       v  vL                                        hc
fL           fs   or/of     fL           fb     E  hf         or/of     E
       v  vs                       v  vb                                        
E = W0 + Ek(max/maks ) or/of E = W0 + K max/maks where/waar
                                                           1                                 1
E  hf and/en         W0  hf0 and/en E k (max/ maks ) =       2
                                                             mvmax/ maks or/of K max/ maks =
                                                                                                 2
                                                                                               mvmax/ maks
                                                           2                                 2

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                  3                                   DBE/November 2018
                                                       NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                                               kQ
F                                                   E
       r2                                                 r2

     W                                                    F
V                                                   E
     q                                                    q
     Q                            Q
n=               or/of       n=
     e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                     emf ( ε ) = I(R + r)
      V
R
      I                                              emk ( ε ) = I(R + r)

Rs  R1  R2  ...
 1    1    1                                         q  It
             .. .
Rp R1 R 2

W = Vq                                                    W
                                                     P
                                                          Δt
W = VI  t
                                                     P = VI
W = I2R  t
                                                     P = I2R
      V 2 Δt
W=                                                        V2
       R                                             P
                                                          R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                     Pave  Vrms Irms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
         Imax                               I maks
Irms                    /        I wgk 
           2                                   2     Pave  Irms
                                                             2
                                                                 R          /   Pgemiddeld  I 2wgkR
          Vmax                              Vmaks
Vrms                    /    Vwgk                           2
                                                            Vrms
                                                                                                2
                                                                                               Vwgk
            2                                  2     Pave              /       Pgemiddeld 
                                                             R                                  R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2018-eng/a55a6ce4-f4fe-4b24-ae96-204bfbb7f007) — Physical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Physical Sciences P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2018-eng/4bbee28e-11a5-458f-8d92-6c6f1d7103d3) — Physical Sciences · QP · 2018 · Eng
- [WP 2018 Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/wp-2018-paper-1/7745da05-6836-4240-9b30-1cc144cc0c0d) — Physical Sciences · QP · 2018
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [GP 2018 Paper 1 Memorandum](https://www.hlayiso.com/library/gp-2018-paper-1-memorandum/23750489-743e-47ce-ab89-fb6303430e77) — Physical Sciences · Memo · 2018
- [Physical Sciences P1 Feb March 2018 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2018-memo-afr-eng/4d0a2b36-b101-4443-aa19-d5c8b0d293a0) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
