# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-afr/18830228-f6e4-4344-b560-87f549e5bbc8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-afr/18830228-f6e4-4344-b560-87f549e5bbc8)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                             DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        3                           DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord.

1.1      Watter fisiese hoeveelheid is gelyk aan die tempo van verandering van
         momentum?

         A     Massa

         B     Impuls

         C     Netto krag

         D     Versnelling                                                                        (2)

1.2      Die gravitasieversnelling op die oppervlak van 'n planeet met radius R is g.

         Die gravitasieversnelling op 'n hoogte 2R bokant die oppervlak van dieselfde
         planeet is ...

                g
         A
                9
                g
         B
                4
         C     4g

         D     9g                                                                                 (2)

1.3      'n Bal val van die rand van 'n tafel af. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

         Watter EEN van die fisiese hoeveelhede wat tydens die val met die bal
         geassosieer word, bly konstant?

         A     Gewig

         B     Momentum

         C     Kinetiese energie

         D     Gravitasie- potensiële energie                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        4                            DBE/November 2019
                                             NSS

1.4      Twee trollies, X en Y, met massas m en 2m onderskeidelik, word deur 'n
         saamgeperste veer tussen hulle aan mekaar gehou. Hulle is aanvanklik in rus
         op 'n horisontale vloer, soos hieronder getoon. Ignoreer die effekte van
         wrywing.
                                                           Y
                                         X
                                         m               2m

         Die veer word nou ontspan en val grond toe terwyl die trollies uit mekaar
         beweeg.

         Die grootte van die MOMENTUM van trollie X terwyl dit wegbeweeg, is ...

         A      nul.

         B      die helfte van die grootte van die momentum van trollie Y.

         C      twee keer die grootte van die momentum van trollie Y.

         D      dieselfde as die grootte van die momentum van trollie Y.                          (2)

1.5      'n Voorwerp word vanuit rus laat val en nadat dit 'n afstand x geval het, is die
         momentum daarvan p. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

         Die momentum van die voorwerp, nadat dit 'n afstand 2x geval het, is ...

         A     p

         B      2p

                p
         C
                2

         D     2p                                                                                 (2)

1.6      'n Polisiemotor, met sy sirene aan, beweeg teen 'n konstante spoed NA 'n
         stilstaande klankdetektor. Die sirene bring klankgolwe met frekwensie f en
         spoed v voort.

         Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die frekwensie en spoed
         van die klankgolwe waargeneem, die beste?

                         FREKWENSIE                    SPOED
         A                Minder as f                     v
         B                Minder as f                 Minder as v
         C                 Groter as f                Minder as v
         D                 Groter as f                    v                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     5                          DBE/November 2019
                                          NSS

1.7      Twee identiese sfere, R en S, op geïsoleerde staanders, wat ladings van
         onderskeidelik +q en -q dra, word 'n afstand van mekaar af geplaas. Sfeer R
         oefen 'n elektrostatiese krag met grootte F op sfeer S uit.

                                      R               S
                                     +q              -q

         Die twee sfere word nou in kontak gebring en na hulle oorspronklike posisies
         teruggebring.

         Die grootte van die elektrostatiese krag wat sfeer R nou op sfeer S uitoefen,
         is ...

         A     nul

               F
         B
               2

         C     F

         D     2F                                                                               (2)

1.8      Watter EEN van die grafieke hieronder verteenwoordig die verhouding tussen
         potensiaalverskil (V) en stroom (I) vir 'n ohmiese geleier die beste?

         A                                      B
                V                                         V

                   0                                      0
                              I                                        I

         C                                      D
                V                                         V

                   0                                      0                                     (2)
                              I                                        I

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           6                       DBE/November 2019
                                                NSS

1.9      Watter EEN van die volgende kombinasies met betrekking tot die energie-
         omskakelings in elektriese motors en elektriese generators is KORREK?

                 ENERGIE-OMSKAKELING IN               ENERGIE-OMSKAKELING IN
                           MOTORS                           GENERATORS
         A          Meganies na elektries                Elektries na meganies
         B          Meganies na elektries                Meganies na elektries
         C          Elektries na meganies                Elektries na meganies
         D          Elektries na meganies                Meganies na elektries                   (2)

1.10     Beskou die stellings hieronder met betrekking tot die foto-elektriese effek.

         Die foto-elektriese effek bewys dat ...

         (i)     ligenergie gekwantiseerd is.

         (ii)    lig 'n deeltjie-aard het.

         (iii)   lig 'n golfgeaardheid het.

         Watter van die stellings hierbo is KORREK?

         A       Slegs (i)

         B       Slegs (ii)

         C       Slegs (i) en (ii)

         D       Slegs (i) en (iii)                                                              (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        7                        DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Blok P, met massa 2 kg, is aan blok Q, met massa 3 kg, verbind met 'n ligte, onrekbare
toutjie. Beide blokke is op 'n skuinsvlak wat 'n hoek van 30° met die horisontaal maak.

Blok Q word deur 'n konstante krag van 40 N teen 'n hoek van 25° met die skuinsvlak
getrek.

Blok P beweeg op 'n ruwe gedeelte, AB, van die skuinsvlak, terwyl blok Q op 'n
wrywinglose gedeelte, BC, van die skuinsvlak beweeg. Sien diagram hieronder.

                                                                           C
                                                          40 N
                                                              25°
                                                   Q
                                                       3 kg

                            P            B
                             2 kg

                      30°
           A

'n Gemiddelde konstante wrywingskrag van 2,5 N werk op blok P in terwyl dit vanaf A
na B teen die skuinsvlak opbeweeg.

2.1      Stel Newton se Tweede Wet in woorde.                                                  (2)

2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir blok P.                (4)

2.3      Bereken die grootte van die versnelling van blok P terwyl blok P op gedeelte
         AB beweeg.                                                                            (8)

2.4      Indien blok P nou verby punt B beweeg het, hoe sal die versnelling daarvan
         vergelyk met dit wat in VRAAG 2.3 bereken is? Kies uit GROTER AS,
         KLEINER AS of GELYK AAN.

         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                         (2)
                                                                                               [16]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      8                        DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Klip A word vertikaal opwaarts teen 'n spoed van 10 m∙s-1 vanaf die rand van die dak
van 'n 40 m hoë gebou gegooi, soos in die diagram hieronder getoon.

Ignoreer die effekte van lugwrywing. Neem die grond as verwysing.

                                      10 m∙s-1
                                                 A

                                 40 m

                                                     grond

3.1      Definieer die term vryval.                                                         (2)

3.2      Bereken die maksimum HOOGTE BOKANT DIE GROND wat deur klip A
         bereik word.                                                                       (4)

3.3      Skryf die grootte en rigting van die versnelling van klip A op hierdie
         maksimum hoogte neer.                                                              (2)

Klip B word uit rus vanaf die rand van die dak laat val, x sekondes nadat klip A
opwaarts gegooi is.

3.4      Klip A gaan by klip B verby wanneer die twee klippe 29,74 m bokant die
         grond is.
         Bereken die waarde van x.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                   9                  DBE/November 2019
                                                        NSS

3.5      Die grafieke van posisie teenoor tyd vir 'n gedeelte van die beweging van
         beide klippe word hieronder getoon.

                                            a
                                            h

                                            b

                              posisie (m)   c

                                            0
                                                0 d   e f     g   tyd (s)

         Watter van byskrifte a tot h op die grafieke hierbo verteenwoordig ELK van
         die volgende?
         3.5.1        Die tyd waarteen klip A 'n positiewe snelheid het                            (1)
         3.5.2        Die maksimum hoogte wat klip A bereik                                        (1)
         3.5.3        Die tyd toe klip B laat val is                                               (1)
         3.5.4        Die hoogte waarteen die twee klippe by mekaar verbygaan                      (1)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           10                  DBE/November 2019
                                                NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Koeël beweeg oos teen 'n snelheid van 480 m∙s-1. Dit tref 'n houtblok wat aan die
vloer vas is. Die koeël neem 0,01 s om deur die stilstaande blok te beweeg en verlaat
die blok teen 'n snelheid van 80 m∙s-1 oos. Sien die diagram hieronder.

Ignoreer die effekte van lugwrywing.

Beskou die blok-koeël-stelsel as 'n geïsoleerde stelsel.

                                                                             N
                     -1
          480 m∙s                                      80 m∙s-1
                                                                       W           E

                                                                             S

                                 Houtblok wat vas is
4.1      Verduidelik wat met 'n geïsoleerde stelsel bedoel word, soos in Fisika
         gebruik.                                                                            (2)

Die grootte van die momentum van die koeël voordat dit die blok binnegaan, is
24 kg∙m∙s-1.

4.2       Bereken die:

         4.2.1            Massa van die koeël                                                (3)

         4.2.2            Gemiddelde netto krag wat deur die houtblok op die koeël
                          uitgeoefen word                                                    (5)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     11                         DBE/November 2019
                                          NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Voorwerp met massa 1,8 kg gly teen 'n ruwe, geboë baan af en gaan verby punt A,
wat 1,5 m bokant die grond is, teen 'n spoed van 0,95 m·s-1.

Die voorwerp bereik punt B aan die onderpunt van die baan teen 'n spoed van 4 m·s-1.

                                                     0,95 m·s-1
                                                                   1,8 kg
                                                                             A

                             4 m·s-1                                        1,5 m

                             1,8 kg                                         grond

          C                      B

5.1      Definieer die term konserwatiewe krag.                                              (2)

5.2      Noem die konserwatiewe krag wat op die voorwerp inwerk.                             (1)

5.3      Word meganiese energie behou soos wat die voorwerp van punt A na punt B
         gly? Kies uit JA of NEE. Gee 'n rede vir die antwoord.                              (2)

5.4      Bereken die gravitasie potensiële energie van die voorwerp toe dit by punt A
         was.                                                                                (3)

5.5      Gebruik energiebeginsels en bereken die arbeid verrig deur wrywing soos wat
         die voorwerp van punt A na punt B gly.                                              (4)

Oppervlak BC in die diagram hierbo is wrywingloos.

5.6      Wat is die waarde van die netto arbeid wat op die voorwerp verrig word soos
         wat dit van punt B na punt C gly?                                                   (1)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       12                             DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die sirene van 'n polisiemotor, wat teen 'n konstante spoed op 'n reguit, horisontale
pad beweeg, stel klankgolwe met 'n konstante frekwensie vry. Detektor P word
binne-in die polisiemotor geplaas en detektor Q word langs die pad, op 'n sekere
afstand vanaf die motor, geplaas. Die twee detektors teken die veranderinge in die
lugdruklesings, wat veroorsaak word deur die klankgolwe wat deur die sirene vrygestel
word, as 'n funksie van tyd aan.

Die grafieke hieronder is uit die opgetekende resultate verkry.

GRAFIEK A: LUGDRUK VS. TYD DEUR DETEKTOR P IN DIE MOTOR AANGETEKEN

                          lugdruk
                                    8,5     17     25,5     tyd (x10-4 s)

GRAFIEK B: LUGDRUK VS. TYD DEUR DETEKTOR Q LANGS DIE PAD AANGETEKEN

                         lugdruk
                                      9       18      27    tyd (x10-4 s)

6.1       Verskillende patrone word hierbo getoon vir dieselfde klankgolf deur die
          sirene vrygestel. Watter verskynsel word deur die twee detektors, wat die
          verskillende patrone toon, geïllustreer?                                                 (1)

Die polisiemotor beweeg WEG vanaf detektor Q.

6.2      Gebruik die grafieke en gee 'n rede hoekom dit bevestig kan word dat die
         polisiemotor vanaf detektor Q wegbeweeg.                                                  (1)

6.3       Bereken die frekwensie van die klankgolwe wat deur detektor P aangeteken is.             (3)

6.4      Gebruik die inligting in die grafieke om die spoed van die polisiemotor te
         bereken. Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.                                    (6)
                                                                                                   [11]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          13                           DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      'n Klein sfeer, Y, wat 'n onbekende lading dra, hang aan die punt van 'n ligte,
         onrekbare toutjie wat aan 'n vaste punt geheg is. 'n Ander sfeer, X, wat 'n
         lading van +6 x10-6 C op 'n geïsoleerde staander dra, word naby aan sfeer Y
         gebring.

         Sfeer Y ondervind 'n elektrostatiese krag en kom 0,2 m vanaf sfeer X tot
         stilstand, met die toutjie teen 'n hoek van 10° met die vertikaal, soos in die
         diagram hieronder getoon.

                                     toutjie   10°

                                      Y
                                                  X +6 x10-6 C
                                          0,2 m

         7.1.1        Wat is die aard van die lading op sfeer Y? Kies uit POSITIEF of
                      NEGATIEF.                                                                     (1)

         7.1.2        Bereken die grootte van die lading op sfeer Y indien die grootte
                      van die elektrostatiese krag wat daarop inwerk 3,05 N is.                     (3)

         7.1.3        Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir
                      sfeer Y.                                                                      (3)

         7.1.4        Bereken die grootte van die spanning in die toutjie.                          (3)

7.2      Twee klein, gelaaide sfere, A en B, op geïsoleerde staanders, met ladings
         van +2 x10-5 C en -4 x10-5 C onderskeidelik, word 0,4 m van mekaar af
         geplaas, soos in die diagram hieronder getoon. M is die middelpunt tussen
         sfeer A en B.

             +2 x10-5 C                        0,4 m                       -4 x10-5 C
                           A                                           B
                                                  M

         7.2.1        Definieer die term elektriese veld by 'n punt.                                (2)

         7.2.2        Bereken die netto elektriese veld by punt M.                                  (6)
                                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                           14                            DBE/November 2019
                                                                NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

In die stroombaandiagram hieronder is resistor R, met 'n weerstand van 5,6 Ω, saam
met 'n skakelaar, 'n ammeter en 'n hoëweerstand-voltmeter, aan 'n battery met 'n
onbekende interne weerstand, r, verbind.

Die weerstand van die verbindingsdrade en die ammeter kan geïgnoreer word.

                                                          Ɛ
                                                                    r

                                                                V

                                                                                           A

                                                        5,6 Ω
                                                          R             ●   ●
                                                                        S

Die grafiek hieronder toon die potensiaalverskil oor die terminale van die battery as 'n
funksie van tyd.

By tyd t1 word skakelaar S gesluit.

                         Potensiaalverskil (V)
                                                  13

                                                 10,5

                                                    0                       t1   tyd (s)

8.1      Definieer die term emk van 'n battery.                                                                       (2)

8.2      Skryf die waarde van die emk van die battery neer.                                                           (1)

8.3      Wanneer skakelaar S GESLUIT is, bereken die:

         8.3.1        Stroom deur resistor R                                                                          (3)

         8.3.2        Drywing in resistor R verbruik                                                                  (3)

         8.3.3        Interne weerstand, r, van die battery                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                            15                         DBE/November 2019
                                                 NSS

8.4      Twee IDENTIESE resistors, elk met weerstand X, word nou in dieselfde
         stroombaan geskakel met skakelaar S gesluit, soos hieronder getoon.

                                            Ɛ
                                                     r

                                                 V
                                                                         A
                                     X                           X

                                         5,6 Ω
                                           R             ●   ●
                                                             S

         Die ammeterlesing neem nou na 4 A toe.

         8.4.1        Hoe sal die voltmeterlesing verander? Kies uit NEEM TOE,
                      NEEM AF of BLY DIESELFDE.

                      Gee 'n rede vir die antwoord deur na Vinterne weerstand te verwys.             (2)

         8.4.2        Bereken weerstand X.                                                           (5)
                                                                                                     [19]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        16                           DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      'n Vereenvoudigde diagram van 'n elektriese generator word hieronder
         getoon. Wanneer die spoel teen 'n konstante spoed geroteer word, word 'n
         emk in die spoel geïnduseer.

             Magneet

                                                       Spoel

         9.1.1        Is dit 'n WS-generator of 'n GS-generator?                                     (1)

         9.1.2        Verduidelik kortliks hoe 'n emk in die spoel opgewek word
                      wanneer die spoel gedraai word deur na die beginsel van
                      elektromagnetiese induksie te verwys.                                          (2)

         9.1.3        Teken 'n sketsgrafiek van die uitsetspanning teenoor tyd vir hierdie
                      generator. Toon EEN volledige siklus.                                          (2)

9.2      'n 200 Ω-resistor word aan 'n GS-spanningbron verbind, soos in diagram A
         getoon. Die energie wat in 10 s in die resistor verbruik word, is 500 J.

         Dieselfde resistor word nou aan 'n WS-bron verbind (diagram B) en 500 J
         energie word ook in 10 s in die resistor verbruik.

                         GS-bron                                       WS-bron

                     S                                             S

                         200 Ω                                          200 Ω

                      Diagram A                                    Diagram B

         9.2.1        Definieer die term wgk-spanning van 'n WS-bron.                                (2)

         9.2.2        Bereken die maksimum (piek-) spanning van die WS-bron.                         (5)
                                                                                                     [12]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                      17                           DBE/November 2019
                                                                           NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Gedurende 'n eksperiment word lig van verskillende frekwensies op 'n silwerkatode
van 'n fotosel geskyn en die ooreenstemmende maksimum spoed van die vrygestelde
foto-elektrone word gemeet.

'n Grafiek van die energie van die invallende fotone teenoor die kwadraat van die
maksimum spoed van die vrygestelde foto-elektrone word hieronder getoon.

                                          Grafiek van energie van fotone teenoor kwadraat van
                                                  maksimum spoed van foto-elektrone

                                       11,98

        Energie van fotone (x10-19J)
                                        7,48

                                          0                                                        2
                                               0                          X                      v maks (x 1012 m2∙s-2)

10.1                 Definieer die term foto-elektriese effek.                                                               (2)

Gebruik die grafiek om die volgende vrae te beantwoord.

10.2                 Skryf die waarde van die arbeidsfunksie van silwer neer.

                     Gebruik 'n toepaslike vergelyking om die antwoord te staaf.                                             (3)

10.3                 Watter fisiese hoeveelheid kan uit die grafiek se gradiënt bepaal word?                                 (1)

10.4                 Bereken die waarde van X soos op die grafiek getoon.                                                    (5)

Die eksperiment hierbo word nou herhaal deur lig met 'n hoër intensiteit te gebruik.

10.5                 Hoe sal ELK van die volgende beïnvloed word? Kies uit NEEM TOE,
                     NEEM AF of BLY DIESELFDE.

                     10.5.1                        Die gradiënt van die grafiek                                              (1)

                     10.5.2                        Die aantal foto-elektrone per eenheidstyd vrygestel                       (1)
                                                                                                                             [13]

                                                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                     DBE/November 2019
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass                             me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              2                                   DBE/November 2019
                                                   NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f  vi  a t                                   Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                        v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2        2                   2     2
                                                  Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                        2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                        p  mv
fs max = μsN                                     fk = μkN
Fnet Δt = Δp
Δp = mv f - mvi                                   w  mg

         m1m 2                           m1m 2             M                          M
F=G                   or/of        F=G           g G                or/of        g G 2
          d2                              r2               d2                         r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos                                     U  mgh              or/of       EP  mgh

                                                  Wnet  K           or/of       Wnet  Ek
   1                                   1
K  mv2               or/of        Ek  mv2
   2                                   2
                                                 K  K f  K i       or/of       Ek  Ekf  Eki
                                                      W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep              P
                                                      t
Pave = Fvave       / Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                      1
vf                                             T
                                                      f
       v  vL        or/of fL  v  v L fb
fL           fs                                                             hc
       v  vs                   v  vb           E  hf         or /of E 
                                                                             
E = W0 + Ek(max) or/of E = W0 + K max where/waar
                                                 1                    1
E  hf and/en W0  hf0 and/en Ek (max)              2
                                                   mvmax or/of K max  mvmax
                                                                         2

                                                 2                    2

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                      3                                   DBE/November 2019
                                                           NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                                                   kQ
F                                                       E
       r2                                                     r2

     W                                                        F
V                                                       E
     q                                                        q
     Q                               Q
n=                or / of       n=
     e                               qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                         emf ( ε ) = I(R + r)
      V
R
      I                                                  emk ( ε ) = I(R + r)

Rs  R1  R2  ...
 1    1    1                                             q  It
             .. .
Rp R1 R 2

W = Vq                                                        W
                                                         P
                                                              Δt
W = VI  t
                                                         P = VI
W = I2R  t
                                                         P  I 2R
      V Δt2
W=                                                            V2
       R                                                 P
                                                              R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                         Pave  Vrms Irms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
         Imax                                   I maks
Irms                       /         I wgk 
              2                                    2     Pave  Irms
                                                                 2
                                                                     R          /   Pgemiddeld  I 2wgkR
          Vmax                                Vmaks
Vrms                       /        Vwgk                        2
                                                                Vrms
                                                                                                    2
                                                                                                   Vwgk
              2                                  2       Pave              /       Pgemiddeld 
                                                                 R                                  R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Physical Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2019-afr/7f8af595-3bde-455b-b6be-61fe5eadf0c2) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2019-memo-afr-eng/c5a4d1c3-be70-406c-8b48-0fb58bfe59cd) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Phsc P1 Memo June Ea Latest](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-memo-june-ea-latest/8382194b-5329-4102-9a1b-784a1e3ac280) — Physical Sciences · Memo · 2019

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
