# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2021-afr/d0263683-1d4d-4ba2-9c6a-36d378a13bee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2021-afr/d0263683-1d4d-4ba2-9c6a-36d378a13bee)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                             DBE/November 2021
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     3                         DBE/November 2021
                                          NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.11 E.

1.1      Beskou die stelling hieronder.

         Die loodregte krag uitgeoefen deur 'n oppervlak op 'n voorwerp in kontak met
         die oppervlak.

         Watter EEN van die volgende kragte word deur die stelling hierbo
         gedefinieer?

         A     Normaalkrag

         B     Resultante krag

         C     Wrywingskrag

         D     Gravitasiekrag                                                                (2)

1.2      Twee balle met massas m en 2m word gelyktydig vanaf dieselfde hoogte bo
         die grond laat val. Ignoreer lugweerstand.

         Watter EEN van die volgende fisiese groothede sal dieselfde vir beide balle
         wees wanneer die balle die grond tref?

         A     Gewig

         B     Snelheid

         C     Momentum

         D     Kinetiese energie                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              4                              DBE/November 2021
                                                   NSS

1.3      Die grafiek hieronder toon hoe die momentum (p) van 'n voorwerp met tyd (t)
         verander.

                                         20
                                         10

                         p (kg∙ms -1)
                                          0
                                               1   2     3    4       t (s)
                                         -10
                                         -20

         Tydens watter EEN van die volgende tydintervalle, gemeet in sekondes, is die
         grootte van die netto krag wat op die voorwerp inwerk, die grootste?

         A     0 na 1

         B     1 na 2

         C     2 na 3

         D     3 na 4                                                                                     (2)

1.4      'n Bal word vanaf 'n hoogte bokant die vloer laat val. Die bal bots elasties met
         die vloer by tyd to en hop vertikaal opwaarts.

         Ignoreer lugweerstand.
         Watter EEN van die volgende grafieke toon aan hoe die totale meganiese
         energie (EM) van die bal verander met tyd?

         A                                               B
              EM                                             EM

                   0                      to   t                  0       to            t

         C                                               D
              EM                                             EM

                     0                    to   t                  0           to        t                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                             5                      DBE/November 2021
                                                  NSS

1.5      Beskou die twee spektrumdiagramme hieronder.

                         Blou                                                        Rooi
          Diagram 1

                          Blou                                                       Rooi

             Diagram 2

         Diagram 1 verteenwoordig die spektrum van 'n element in 'n laboratorium op
         die Aarde.

         Diagram 2 verteenwoordig die spektrum van dieselfde element vanaf 'n
         afgeleë ster soos vanaf die Aarde waargeneem.

         Watter EEN van die volgende kan uit die spektra hierbo afgelei word?

         A      Die ster beweeg na die Aarde toe.

         B      Die ster is in rus relatief tot die Aarde.

         C      Die ster beweeg weg van die Aarde af.

         D      Beide die ster en die Aarde beweeg na mekaar toe.                                (2)

1.6      Die diagram hieronder toon die veldlyne vir die gekombineerde elektriese veld
         as gevolg van twee klein gelaaide sfere P en Q.

                                              P         Q

         Watter EEN van die kombinasies hieronder toon die polariteite van sfeer P en
         Q korrek?

                             SFEER P                         SFEER Q
         A                    Negatief                         Positief
         B                    Negatief                        Negatief
         C                    Positief                         Positief
         D                    Positief                        Negatief                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    6                        DBE/November 2021
                                         NSS

1.7      Twee identiese sfere, P en Q, dra onderskeidelik ladings van +q en –2q.
         Sfeer P oefen 'n elektrostatiese krag met grootte F op sfeer Q uit.

         Watter EEN van die volgende verteenwoordig die grootte van die
         elektrostatiese krag wat op sfeer P deur sfeer Q uitgeoefen word?

                1
         A        F
                2

         B     F

         C     2F

         D     4F                                                                         (2)

1.8      In die stroombaandiagram hieronder is al die resistors IDENTIES. Ignoreer
         die interne weerstand van die sel.

                                                       V1
                                                       V
                           S            ε              1
                                                       R

                                            V2
                                            V
                                            R
                                            1

                                               R

                                            V3
                                            V
                                            1
                                            V4
                                            V
                                            1
         Watter voltmeter sal die HOOGSTE lesing hê wanneer skakelaar S gesluit
         word?

         A     V1

         B     V2

         C     V3

         D     V4                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     7                        DBE/November 2021
                                          NSS

1.9      In watter EEN van die volgende elektriese masjiene word elektriese energie
         na meganiese energie omgeskakel?

         A     WS-generator

         B     GS-generator

         C     WS-dinamo

         D     GS-motor                                                                    (2)

1.10     Watter EEN van die volgende kombinasies verbind 'n emissiespektrum en 'n
         absorpsiespektrum korrek met die energieoorgange van 'n elektron in 'n
         atoom?

                      EMISSIESPEKTRUM               ABSORPSIESPEKTRUM
          A     Vanaf lae na hoë energievlakke   Vanaf hoë na lae energievlakke
          B     Vanaf lae na hoë energievlakke   Vanaf lae na hoë energievlakke
          C     Vanaf hoë na lae energievlakke   Vanaf hoë na lae energievlakke
          D     Vanaf hoë na lae energievlakke   Vanaf lae na hoë energievlakke            (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      8                        DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 20 kg-blok word op 'n ruwe oppervlak geplaas wat 'n hoek van 30° met die
horisontaal maak. 'n Konstante krag F, wat parallel tot die oppervlak inwerk, word op
die blok toegepas sodat die blok teen 'n KONSTANTE SNELHEID van 2 ms-1 teen die
helling op beweeg. Verwys na die diagram hieronder.

'n Konstante kinetiese wrywingskrag van 18 N werk op die blok in.

                                                            
                                                                Y
                                           F        
                                                        X

                                20 kg

                         30°

2.1      Stel Newton se Eerste Wet in woorde.                                                (2)

2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die blok.            (4)

2.3      Bereken die grootte van krag F.                                                     (4)

Krag F word verwyder wanneer die blok punt X op die oppervlak bereik. Die blok hou
aan om teen die oppervlak op te beweeg en kom vir 'n oomblik by punt Y tot stilstand.

Aanvaar dat die kinetiese wrywingskrag, wat op die blok inwerk, 18 N bly terwyl dit
vanaf punt X na punt Y beweeg.

2.4      Skryf die netto krag neer wat op die blok inwerk soos dit vanaf X na Y
         beweeg.                                                                             (2)

2.5      Bereken die afstand tussen punt X en Y.                                             (4)
                                                                                             [16]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         9                        DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Warmlugballon beweeg opwaarts teen 'n KONSTANTE ONBEKENDE spoed.

3.1      Is die warmlugballon in vryval? Kies uit JA of NEE.

         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                         (2)

                                          A

                                  200 m

                                                       grond

Wanneer die ballon 200 m bokant die grond is, word 'n klippie A vanuit die ballon laat
val. Sien die diagram hierbo. Nog 'n klippie B word 5 s later vanuit die ballon laat val
terwyl die ballon steeds opwaarts beweeg teen konstante snelheid.

Klippie A tref die grond teen 'n spoed van 62,68 m∙s-1.

Ignoreer lugweerstand.

3.2      Bereken die:

         3.2.1        Spoed van die warmlugballon                                              (3)

         3.2.2        Tyd wat dit klippie A neem om die grond te tref                          (3)

         3.2.3        Afstand tussen die warmlugballon en klippie B op die oomblik
                      wanneer klippie A die grond tref                                         (6)

3.3      Teken op dieselfde assestelsel posisie-tyd-grafieke vir beide die
         warmlugballon en klippie A vanaf die oomblik wat die klippie laat val word
         totdat dit die grond tref.

         Gebruik die grond as nulverwysing.

         Benoem jou grafieke BALLON en A.                                                      (4)
                                                                                               [18]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      10                        DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Bal X, met 'n massa van 10 kg, beweeg ooswaarts met 'n snelheid van 2 m∙s-1. Dit
bots ELASTIES met nog 'n bal, Y, met 'n massa van 2 kg wat met 'n onbekende
snelheid vY beweeg het (Diagram A). Onmiddellik na die botsing kom bal X tot rus en
bal Y beweeg ooswaarts met 'n kinetiese energie van 36 J (Diagram B).

Ignoreer wrywing.

                 DIAGRAM A                              DIAGRAM B

                                                                                 N

             X                  Y           X                   Y
                                                                         W               E
                                                   -1
          2 m∙s-1               vY         0 m∙s               36 J

                 Voor botsing                           Na botsing               S

4.1      Verduidelik die betekenis van die term elastiese botsing.                           (2)

4.2      Bereken snelheid vY.                                                                (5)

Die balle was vir 0,1 s tydens die botsing met mekaar in kontak.

4.3       Bereken die grootte van die krag wat bal X tydens die botsing op bal Y
          uitgeoefen het.                                                                    (3)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      11                         DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 2 kg-boks word 5 m bokant die grond vanuit rus by punt P losgelaat. Dit gly langs 'n
gladde, wrywinglose, geboë baan PQ af. Sien die diagram hieronder.

               P

          5m             2 kg

                                                                              versperring
                                       Q                                  R
                                                       10 m

5.1      Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                         (2)

5.2      Gebruik die BEGINSEL VAN BEHOUD VAN MEGANIESE ENERGIE om die
         spoed van die boks te bereken wanneer dit punt Q bereik.                              (3)

Die boks gaan verby punt Q en beweeg 10 m op 'n ruwe horisontale oppervlak voordat
dit 'n versperring by punt R teen 'n spoed van 4 ms-1 tref.

5.3      Gebruik ENERGIEBEGINSELS om die grootte te bereken van die
         gemiddelde wrywingskrag wat op die boks inwerk soos dit vanaf Q na R
         beweeg.                                                                               (4)

Die versperring oefen 'n impuls van 14 Ns na LINKS op die boks uit wanneer die boks
die versperring tref.

5.4      Bereken die verandering in kinetiese energie van die boks nadat dit die
         versperring getref het.                                                               (5)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         12                     DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die sirene van 'n stilstaande ambulans stel klankgolwe teen 'n konstante frekwensie
van 680 Hz vry. 'n Man staan met 'n detektor wat die golflengte van die klank aanteken
wat deur die sirene vrygestel word, soos in die diagram hieronder getoon.

Die spoed van klank in lug is 340 m∙s-1.

6.1      Bereken die golflengte van die waargenome klank.                                     (3)

Die ambulans beweeg nou teen 'n konstante spoed met die pad NA die man toe.
Die detektor teken nou die golflengte van die klank aan, wat met 0,05 m van die vorige
lesing verskil.

6.2      Stel die Doppler-effek.                                                              (2)

6.3      Hoe sou ELK van die volgende verander het wanneer die ambulans na die
         detektor toe beweeg het in vergelyking met toe die ambulans stilstaande
         was?

         Kies uit TOEGENEEM, AFGENEEM of GEEN VERANDERING NIE.

         6.3.1        Afstand tussen die golffronte                                           (1)

         6.3.2        Frekwensie van die waargenome golwe                                     (1)

6.4      Bereken die spoed van die ambulans.                                                  (5)
                                                                                              [12]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         13                       DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      'n Klein neutrale sfeer verkry 'n lading van -1,95 x 10-6 C.

         7.1.1        Is elektrone BY die sfeer GEVOEG of VANAF die sfeer
                      VERWYDER?                                                                  (1)

         7.1.2        Bereken die aantal elektrone wat bygevoeg of verwyder is.                  (3)

         7.1.3        Definieer die term elektriese veld by 'n punt.                             (2)

         7.1.4        Bereken die grootte van die elektriese veld by 'n punt 0,5 m vanaf
                      die middelpunt van die gelaaide sfeer.                                     (3)

7.2      Twee puntladings, q1 en q2, word 0,02 m van mekaar vasgemaak. Die grootte
         van ladings q1 en q2 is dieselfde en q1 is NEGATIEF gelaai.

         Die klein gelaaide sfeer met die lading van -1,95 x 10-6 C word by punt P,
         0,03 m oos van lading q2 geplaas, soos in die diagram hieronder getoon.
         Die sfeer by punt P ondervind 'n netto elektrostatiese krag van 1,38 N wes.

                                                                                  N
                                                    -1,95 x 10-6 C
                     0,02 m             0,03 m
           ●
           q1
                                ●
                                q2
                                                       ●P               W               E
                                                  FE = 1,38 N

                                                                                  S

         Bereken die grootte van die lading op q2.                                               (5)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        14                    DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die battery in die stroombaan hieronder het 'n emk van 12 V en 'n onbekende interne
weerstand r.
Die weerstand van die verbindingsdrade en die ammeter is weglaatbaar.

                             P      5,76 W                      Q
                             •          X               2,4 Ω   •

                             Ɛ = 12 V
      V1           r                          6Ω                        6Ω         V2

                         S
                         • •            A

Skakelaar S is OOP.

8.1        Skryf die lesing neer op:

           8.1.1        Voltmeter V1                                                         (1)

           8.1.2        Voltmeter V2                                                         (1)

Skakelaar S word nou GESLUIT.
Die lesing op die ammeter is 1,2 A en die drywing wat in resistor X verbruik word,
is 5,76 W.

8.2        Definieer die term drywing.                                                       (2)

Bereken die:

8.3        Weerstand van resistor X                                                          (3)

8.4        Totale EKSTERNE weerstand van die stroombaan                                      (3)

8.5        Lesing op voltmeter V2                                                            (5)

'n Stuk draad met weglaatbare weerstand word gebruik om punt P met punt Q in die
stroombaan te verbind.

8.6        Hoe sal die lesing op voltmeter V1 beïnvloed word?

           Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN INVLOED NIE.

           Verduidelik die antwoord.                                                         (4)
                                                                                             [19]
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               15                           DBE/November 2021
                                                    NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Vereenvoudigde diagram van 'n WS-generator wat aan 'n 25 Ω-resistor verbind is,
word hieronder getoon. Die spoel roteer antikloksgewys.

                                                N           Y

                                                                              S
                                                    X

                                     25 Ω

9.1      Noem die komponent wat hierdie generator van 'n GS-generator onderskei.                         (1)

9.2      In watter rigting sal die geïnduseerde stroom in deel XY van die spoel vloei?

         Kies uit X na Y OF Y na X.                                                                      (2)

Die grafiek hieronder toon die uitsetspanning (uitsetpotensiaalverskil) van die
generator vir een rotasiesiklus van die spoel.

                           100

                         V (V)   0
                                        0,025   0,05    0,075   0,1   t (s)

                         -100

9.3      Definieer die term wgk-potensiaalverskil.                                                       (2)

9.4      Bereken die wgk-stroom in die stroombaan.                                                       (4)

9.5      Bereken die gemiddelde drywing wat in die 25 Ω-resistor verbruik word.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          16                       DBE/November 2021
                                               NSS

Die rotasiespoed van die spoel in die generator word nou VERDUBBEL.

9.6      Teken die assestelsel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en skets die
         grafiek van uitsetspanning (uitsetpotensiaalverskil) teenoor tyd vir 0,1 s.

                              200

                              100

                      V (V)     0
                                    0,025   0,05   0,075   0,1   t (s)

                         -100

                         -200

                                                                                                (3)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              17                       DBE/November 2021
                                                   NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die verhouding tussen frekwensie (f) en maksimum kinetiese energie (Ek(maks)) van
foto-elektrone vrygestel uit twee katodes, M en N, van verskillende foto-elektriese selle
word ondersoek. Die grafieke hieronder is uit die resultate verkry.

                                        fx
                                                         M

                     f (x 1014 Hz)   10,40               N

                                     5,16

                                             Ek (maks) (x 10-19 J) 23,01

10.1     Definieer die term drumpelfrekwensie.                                                   (2)

10.2     Hoe vergelyk die maksimum kinetiese energie van foto-elektrone wat uit
         katode N vrygestel word met die maksimum kinetiese energie van dié wat
         uit katode M vrygestel word wanneer lig met 'n frekwensie groter as
         10,40 x 1014 Hz op elk van die katodes skyn?

         Kies uit GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.                                            (2)

10.3     Bereken die waarde van frekwensie fx soos op die grafiek getoon.                        (5)

10.4     Die eksperiment word nou vir katode M herhaal deur lig met 'n frekwensie van
         fx, maar van hoër intensiteit, te gebruik. Hoe sal ELK van die volgende
         beïnvloed word?

         Kies uit VERHOOG, VERLAAG of GEEN INVLOED NIE.

         10.4.1         Die y-afsnit van die grafiek                                             (1)

         10.4.2         Die aantal foto-elektrone wat per eenheid tyd vrygestel word             (1)

         10.4.3         Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone        (1)
                                                                                                 [12]

                                                                                 TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                     DBE/November 2021
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                        2                                    DBE/November 2021
                                                             NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f  vi  a t                                             Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                                  v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
     2       2                      2       2
                                                            Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                                  2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                                   p  mv
              sN
     maks
fs                                                          fk = μkN
Fnet Δt = Δp
                                                            w  mg
Δp = mv f - mvi
     mm                                         m1m 2                 M                          M
F=G 12 2      or/of                     F=G                 g G                or/of        g G 2
      d                                          r2                   d2                         r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos                                                U  mgh              or/of       EP  mgh

                                                            Wnet  K            or/of       Wnet  Ek
   1                                        1
K  mv2                  or/of          Ek  mv2
   2                                        2
                                                            K  K f  K i       or/of       Ek  Ekf  Eki
                                                                 W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep                         P
                                                                 t
Pave = Fvave         /   Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                                 1
vf                                                        T
                                                                 f
         v  vL                         v  vL
fL             fs or/of         fL           fb                                       hc
         v  vs                         v  vb              E  hf         or /of E 
                                                                                        
E = W0 + Ek(max) or E = W0 + K max where
                                           1                                    1
E  hf and W0  hf0 and Ek (max)              2
                                             mvmax or                 K max        2
                                                                                  mvmax
                                           2                                    2
E  W0  Ek(maks)          of E  W0  K maks waar
                                                        1                  1
E  hf en W0  hf0               en Ek(maks )              2
                                                          mvmaks / K maks  mvmaks
                                                                              2
                                                        2                  2

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    3                                   DBE/November 2021
                                                         NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                                                 kQ
F                                                     E
       r2                                                   r2

     W                                                      F
V                                                     E
     q                                                      q
     Q                             Q
n=                or/of       n=
     e                             qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                       emf ( ε ) = I(R + r)
      V
R
      I                                                emk ( ε ) = I(R + r)

Rs  R1  R2  ...
 1    1    1                                           q  It
             .. .
Rp R1 R 2

W = Vq                                                      W
                                                       P
                                                            Δt
W = VI  t
                                                       P = VI
W = I2R  t
                                                       P  I 2R
      V Δt2
W=                                                          V2
       R                                               P
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave  Vrms Irms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
         Imax                                 I maks
Irms                     /         I wgk 
              2                                  2     Pave  Irms
                                                               2
                                                                   R      /       Pgemiddeld  I 2wgkR
          Vmax                              Vmaks
Vrms                     /        Vwgk                        2
                                                              Vrms
                                                                                                  2
                                                                                                 Vwgk
              2                                2       Pave              /       Pgemiddeld 
                                                               R                                  R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2021 Xho English B Copy](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-memo-sept2021-xho-english-b-copy/813b1849-8c40-4d71-92b0-1f6a8e44c4f9) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Eng
- [NW NSC GR 12 PS P1 memo 21](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-12-ps-p1-memo-21/edaa5a71-c3e8-43a6-b32a-09bfea08a19f) — Physical Sciences · Memo · 2021
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
