# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2022-afr/442ba9cd-7b1a-428d-823f-e227e05d7cd3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2022-afr/442ba9cd-7b1a-428d-823f-e227e05d7cd3)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                            DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      3                        DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.

1.1      Watter EEN van die volgende kombinasies bestaan slegs uit SKALAAR-
         groothede?

         A     Snelheid, spoed en tyd

         B     Tyd, afstand en spoed

         C     Versnelling, spoed en afstand

         D     Verplasing, snelheid en versnelling                                          (2)

1.2      Die versnelling as gevolg van gravitasie op Aarde is g.

         Watter EEN van die volgende verteenwoordig die versnelling as gevolg van
         gravitasie op 'n planeet wat TWEE keer die massa en die HELFTE van die
         radius van die Aarde het?

         A      g

         B     2g

         C     4g

         D     8g                                                                           (2)

1.3      'n Bal word vertikaal opwaarts vanaf die grond geprojekteer en bereik na 'n
         rukkie sy maksimum hoogte.

         Ignoreer die effekte van lugweerstand.

         Hoe sal die VERSNELLING en TOTALE MEGANIESE ENERGIE van die bal
         by sy maksimum hoogte vergelyk met dié onmiddellik nadat dit opwaarts
         geprojekteer is?

                     VERSNELLING           TOTALE MEGANIESE ENERGIE
          A              Gelyk aan                     Gelyk aan
          B              Groter as                     Kleiner as
          C              Gelyk aan                      Groter as
          D              Kleiner as                    Gelyk aan                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        4                          DBE/November 2022
                                             NSS

1.4      'n Motor beweeg op 'n horisontale pad teen KONSTANTE SNELHEID.
         'n Konstante wrywingskrag werk tydens sy beweging op die motor in.

         Watter EEN van die volgende stellings oor die drywing wat gedurende die
         beweging deur die motor verbruik word, is KORREK?

         Die drywing …

         A     is nul.

         B     verhoog.

         C     verlaag.

         D     bly konstant.                                                                    (2)

1.5      Blok X word op 'n horisontale tafel geplaas en aan blok Y verbind deur 'n ligte,
         onrekbare toutjie wat oor 'n wrywinglose katrol beweeg, soos hieronder
         getoon.

         'n Konstante wrywingskrag werk op blok X in terwyl dit na regs beweeg.

         P, Q en R is punte op die tafel sodat die afstand vanaf P na Q gelyk is aan die
         afstand vanaf Q na R.

                                     X
                                         P   Q      R
                                                             Y

         Wanneer blok X punt Q bereik, word die toutjie gesny en blok X hou aan om
         na punt R te beweeg. Ignoreer die effek van lugweerstand.
         Beskou die volgende stellings:
         (i)   Die arbeid verrig deur die wrywingskrag op blok X is groter wanneer die
               blok vanaf punt P na punt Q beweeg as wanneer die blok vanaf punt Q
               na punt R beweeg.
         (ii) Beide die momentum en kinetiese energie van blok X neem af wanneer
              die blok vanaf punt Q na punt R beweeg.
         (iii) Die totale meganiese energie van blok X bly konstant wanneer die blok
               vanaf punt Q na punt R beweeg.

         Watter van die stellings hierbo is KORREK wanneer blok X vanaf punt Q na
         punt R beweeg?

         A     Slegs (i)

         B     Slegs (ii)

         C     Slegs (i) en (ii)

         D     Slegs (ii) en (iii)                                                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                              DBE/November 2022
                                            NSS

1.6      Lig wat deur 'n verafgeleë ster uitgestraal word, bevat 'n spektrale lyn X met 'n
         frekwensie f. Wanneer die spektrale lyne van hierdie ster vanaf Aarde
         waargeneem word, het hulle rooiverskuiwing ondergaan.

         Watter EEN van die volgende kombinasies van die WAARGENOME
         FREKWENSIE van spektrale lyn X en die BEWEGING VAN DIE STER is
         KORREK?

                WAARGENOME FREKWENSIE                BEWEGING VAN DIE STER
          A                Groter as f                     Weg vanaf Aarde
          B                Groter as f                            Na Aarde toe
          C                Kleiner as f                    Weg vanaf Aarde
          D                Kleiner as f                           Na Aarde toe                        (2)

1.7      'n Proton en 'n elektron is 'n afstand r van mekaar af. Die grootte van die
         elektrostatiese krag wat hulle opmekaar uitoefen, is F.

         Watter EEN van die volgende grafieke toon die verhouding tussen F en r2
         soos wat die proton en elektron na mekaar toe beweeg?

         A                                           B
               F                                          F

                   0                                       0
                                 r2                                              r2
         C                                           D
               F                                          F

                   0                                          0
                                 r2                                               r2                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     6                         DBE/November 2022
                                          NSS

1.8      Die emk van 'n battery is Ɛ en sy interne weerstand is r. Die battery is aan
         drie weerstande en vier voltmeters verbind, soos hieronder getoon. Die
         weerstand van die verbindingsdrade is weglaatbaar, terwyl die voltmeters
         baie hoë weerstande het.

                                                  V1
                                     S       Ɛ
                                                       r

                                                  V3
                     V2        R1
                                                 R2

                                                 R3

                                                 V4

         Watter EEN van die volgende vergelykings verteenwoordig die lesing op
         voltmeter V1 in terme van die lesings op die ander voltmeters?

         A     V1 = V2 + V 3

         B     V1 = V2 + V3

         C     V1 = V2 + V 3 + V 4

         D     V1 = V2 + 2V3                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                      7                             DBE/November 2022
                                                           NSS

1.9      'n WS-generator bestaan uit 'n spoel wat in 'n magneetveld geroteer word. Die
         emk-tydgrafiek vir een volledige rotasie van die spoel word hieronder getoon.

                                                 150

                                       emk (V)
                                                                     0,2
                                                    0
                                                                                tyd (s)

         Indien die rotasiespoed van die spoel nou VERDUBBEL word, watter EEN
         van die volgende grafieke is KORREK vir een volledige rotasie van die spoel?

         A                                                       B
                                                                         300

                       150

             emk (V)                                                  emk (V)
                                          0,2                                                      0,2
                             0                                                  0
                                                 tyd (s)                                                 tyd (s)

         C                                                       D
                       300

                                                                          150

             emk (V)                                                 emk (V)
                                 0,1                                                      0,1
                         0                                                       0
                                                 tyd (s)                                              tyd (s)

                                                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           8                     DBE/November 2022
                                                NSS

1.10     Wit lig word deur 'n koue gas en dan deur 'n prisma geskyn, soos hieronder
         getoon. 'n Lynspektrum word op die skerm waargeneem.

                Wit lig                 Koue gas          Prisma             Skerm
                                                                             n
         Watter EEN van die volgende is die korrekte beskrywing van die ENERGIE-
         OORGANG van die atome van die gas en die SOORT LYNSPEKTRUM wat
         op die skerm waargeneem word?

                      ENERGIE-OORGANG                 SOORT LYNSPEKTRUM
          A          Hoër na laer energievlak              Emissie
          B          Laer na hoër energievlak              Emissie
          C          Hoër na laer energievlak              Absorpsie
          D          Laer na hoër energievlak              Absorpsie                         (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          9                     DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Krat P met 'n massa van 1,25 kg word aan 'n ander krat, Q, met 'n massa van 2 kg
deur 'n ligte onrekbare toutjie verbind. Die twee kratte word op 'n ruwe horisontale
oppervlak geplaas. 'n Konstante krag F met 'n grootte van 7,5 N, wat teen hoek  met
die horisontaal inwerk, word op krat Q toegepas, soos in die diagram hieronder getoon.

Die kratte versnel teen 0, m∙s-2 na regs.

                                                                            F = 7,5 N

                                         toutjie      Q
                              P                                  θ
                                                     2 kg
                           1,25 kg

Krat P ondervind 'n konstante wrywingskrag van 1,8 N en krat Q ondervind 'n
konstante wrywingskrag van 2,2 N.

2.1      Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                       (2)

2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir krat P.              (4)

2.3      Bereken die grootte van:

         2.3.1        Die spanning in die toutjie                                            (4)

         2.3.2        Hoek θ                                                                 (3)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         10                       DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Bal word vertikaal opwaarts vanaf die bopunt van 'n gebou met 'n hoogte van 25 m
teen 'n snelheid van     m∙s-1 gegooi. Op pad afwaarts gaan die bal by 'n deur met 'n
hoogte van 1,9 m verby en tref dan die grond, soos in die diagram hieronder getoon.

Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                         12 m∙s-1

                         25 m

                                      1,9 m    deur
                                       m
                                                                grond

3.1      Definieer die term vryval.                                                           (2)

3.2      Bereken die:

         3.2.1        Tyd wat dit die bal neem om sy maksimum hoogte te bereik                (3)

         3.2.2        Snelheid waarmee die bal die grond tref                                 (4)

         3.2.3        Tyd wat dit die bal geneem het om vanaf die bopunt van die deur
                      na die grond te beweeg                                                  (4)

3.3      Teken 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek vir die beweging van die bal vanaf die
         oomblik wat die bal opwaarts gegooi is totdat dit die grond tref. Gebruik die
         grond as nul-verwysing.

         Dui die volgende duidelik op jou grafiek aan:

             Die snelheid waarmee die bal opwaarts gegooi is
             Tyd wat dit die bal neem om sy maksimum hoogte te bereik
             Die snelheid waarmee die bal die grond tref                                     (3)
                                                                                              [16]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                        11                         DBE/November 2022
                                                             NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Trollie X met 'n massa van , kg beweeg teen 8 m∙s-1 oos en bots met trollie Y met 'n
massa van 0,5 kg wat aanvanklik in rus is.

Ignoreer alle wrywingseffekte.

Die snelheid-tydgrafiek hieronder toon die snelheid van trollie X voor, gedurende en na
die botsing met trollie Y.

                                       SNELHEID-TYDGRAFIEK VIR TROLLIE X

              Snelheid (m∙s-1)
                                 8

                                 4

                                 0
                                     20              20,1              20,2
                                                             Tyd (s)

4.1      Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                                          (2)

4.2      Bereken die grootte van die:

         4.2.1                       Snelheid van trollie Y onmiddellik na die botsing                         (4)

         4.2.2                       Gemiddelde netto krag wat trollie X gedurende die botsing op
                                     trollie Y uitoefen                                                        (3)

4.3      Is die botsing ELASTIES of ONELASTIES?

         Verduidelik die antwoord deur middel van geskikte berekeninge.                                        (5)
                                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         12                     DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 12 kg-blok is aanvanklik in rus by punt A aan die onderpunt van 'n RUWE
skuinsvlak. Die blok word teen die skuinsvlak opgetrek deur 'n konstante krag F wat
parallel aan die skuinsvlak inwerk. Die blok bereik punt B, wat op 'n vertikale hoogte
van 4,5 m bokant die horisontaal is, teen 'n spoed van 2,25 m·s-1. Sien die diagram
hieronder.

                                        B
                                 F

                      12 kg
                                      4,5 m

      A

5.1       Definieer die term nie-konserwatiewe krag.                                           (2)

5.2       Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die blok
          wanneer dit teen die skuinsvlak opgetrek word.                                       (4)

5.3       Bereken die totale arbeid verrig op die blok deur NIE-KONSERWATIEWE
          kragte wanneer die blok van punt A na punt B beweeg het.                             (4)

Dieselfde konstante krag F beweeg die blok nou teen 'n KONSTANTE SNELHEID oor
'n ruwe horisontale oppervlak van punt B na punt C, soos hieronder getoon. Krag F
werk parallel aan die horisontale oppervlak.

                                               12 kg      F
                                        B                             C

                                      4,5 m

      A

Die grootte van die konstante wrywingskrag wat op die blok inwerk terwyl die blok van
punt B na punt C beweeg, is 42 N GROTER as die grootte van die konstante
wrywingskrag wat op die blok inwerk wanneer dit van punt A na punt B beweeg.

5.4       Bereken die afstand van punt A na punt B.                                            (5)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      13                          DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Leerder ondersoek die verwantskap tussen die waargenome frekwensie en die
frekwensie van klankgolwe vrygestel deur 'n stilstaande bron.

Die leerder beweeg teen 'n konstante snelheid na die bron toe en teken die
waargenome frekwensie (fL) vir 'n gegewe bronfrekwensie (fS) aan. Hierdie proses
word vir verskillende frekwensies van die bron herhaal terwyl die leerder elke keer teen
dieselfde konstante snelheid beweeg.

Die grafiek hieronder toon hoe die waargenome frekwensie verander soos wat die
frekwensie van klankgolwe deur die bron vrygestel, verander.

                         fL (Hz)

                                   0
                                           fS (Hz)

6.1      Noem die verskynsel wat deur die grafiek geïllustreer word.                           (1)

6.2      Noem EEN toepassing in die mediese veld van die verskynsel in
         VRAAG 6.1.                                                                            (1)

6.3      Skryf die tipe eweredigheid neer wat tussen fL en fS bestaan, soos deur die
         grafiek geïllustreer.                                                                 (1)

6.4      Die gradiënt van die grafiek word verkry en daar word gevind dat dit 1,06 is.

         Indien die spoed van klank in lug 340 m·s-1 is, bereken die grootte van die
         snelheid waarteen die leerder die bron nader.                                         (5)

Die ondersoek word nou herhaal terwyl die leerder teen 'n HOËR konstante snelheid
na die klankbron toe beweeg.

6.5      Teken die grafiek hierbo in jou ANTWOORDEBOEK oor en benoem dit as A.
         Op dieselfde assestelsel, skets die grafiek wat verkry sal word wanneer die
         leerder teen die HOËR snelheid beweeg. Benoem hierdie grafiek as B.                   (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        14                         DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Gelaaide sfeer M hang van 'n plafon aan 'n ligte onrekbare, geïsoleerde toutjie.

'n Ander gelaaide sfeer N, met 'n massa van 2,04 x 10-3 kg en wat 'n lading van
+ 8,6 x 10-8 C dra, hang STILSTAANDE vertikaal onderkant sfeer M. Die middelpunte
van die sfere is 0,3 m weg van mekaar, soos in die diagram hieronder getoon.

                                                                        plafon

                                         M
                                                        0,3 m

                                         N

7.1      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                         (2)

7.2      Noem of die lading op sfeer M POSITIEF of NEGATIEF is.                                 (1)

7.3      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir sfeer N.                (2)

7.4      Bereken die grootte van die lading op sfeer M.                                         (5)

7.5      Hoe vergelyk die elektrostatiese krag wat sfeer M op sfeer N uitoefen, met dié
         wat deur sfeer N op sfeer M uitgeoefen word, met betrekking tot:

         7.5.1        Grootte                                                                   (1)

         7.5.2        Rigting                                                                   (1)

Punt X is 0,1 m vertikaal onderkant die middelpunt van sfeer N, soos hieronder getoon.

                                                                          plafon

                                             M
                                                          0,3 m

                                             N
                                                          0,1 m
                                             X

7.6      Bereken die netto elektriese veld by punt X.                                           (5)
                                                                                                [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                           15                        DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die stroombaandiagram hieronder toon vier resistors wat aan 'n battery met emk Ɛ en
interne weerstand r verbind is. Die weerstande van die ammeter en die
verbindingsdrade is weglaatbaar, terwyl die voltmeters baie hoë weerstande het.

                                                      3,5 A
                                                       A

                                          S                   Ɛ

                 V2
                         3Ω            1Ω                             V1
                                                                  r

                               2Ω                      4Ω

8.1      Stel Ohm se wet in woorde.                                                              (2)

Skakelaar S is GESLUIT.

8.2      Die lesing op die ammeter is 3,5 A.

         8.2.1        Bereken die totale eksterne weerstand van die stroombaan.                  (4)

         8.2.2        Bereken die lesing op voltmeter V1.                                        (3)

         8.2.3        Hoe vergelyk die lesing op voltmeter V2 met die lesing op
                      voltmeter V1? Kies uit KLEINER AS, GELYK AAN of GROTER AS.                 (1)

8.3      'n Leerder maak 'n gevolgtrekking dat die emk van die battery gelyk is aan die
         lesing op voltmeter V1.

         8.3.1        Definieer die term emk.                                                    (2)

         8.3.2        Is die leerder se gevolgtrekking KORREK? Kies uit JA of NEE.               (1)

         8.3.3        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 8.3.2.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        16                           DBE/November 2022
                                             NSS

Skakelaar S word nou verwyder en met voltmeter V2 vervang, soos in die
stroombaandiagram hieronder getoon.

                                                        A

                                             V2                    Ɛ

                             3Ω             1Ω                             V1
                                                                       r

                                     2Ω                 4Ω

8.4      Hoe sal ELK van die volgende verander?

         (Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.)

         8.4.1        Die drywing verbruik deur die 4 Ω-resistor                                 (1)

         8.4.2        Die lesing op voltmeter V1                                                 (1)

8.5      Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.4.2.                                                (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       17                         DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      Die diagram hieronder toon die aanvanklike posisie van die spoel in 'n
         eenvoudige GS-generator. Die spoel word in 'n antikloksgewyse rigting
         geroteer, soos getoon.

                                         Rigting van rotasie

                                                  Y
                                             X
                                N                          S

         9.1.1        Noem die komponent in hierdie generator wat verseker dat die
                      geïnduseerde stroom in die eksterne stroombaan slegs in een
                      rigting is.                                                             (1)

         9.1.2        Is die rigting van die geïnduseerde stroom van X na Y of
                      van Y na X?                                                             (1)

         'n Maksimum spanning (potensiaalverskil) van 90 V word opgewek wanneer
         die spoel teen 'n frekwensie van 20 Hz roteer.

         9.1.3        Skryf die tyd neer wat dit die spoel neem om EEN rotasie te
                      voltooi.                                                                (1)

         9.1.4        Die spoel begin uit die aanvanklike posisie roteer, soos in die
                      diagram hierbo getoon.

                      Skets 'n grafiek van uitsetspanning teenoor tyd vir een volledige
                      rotasie van die spoel. Toon die maksimum spanning en die
                      relevante tydwaardes op die grafiek.                                    (4)

9.2      Muurproppe lewer wgk-spanning en -stroom.

         'n 220 V-WS-spanning word van 'n muurprop aan 'n elektriese ketel wat 'n
         weerstand van 32 Ω het, verskaf.

         Bereken die gemiddelde energie wat in TWEE minute deur die ketel verbruik
         word.                                                                                (4)
                                                                                              [11]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       18                         DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Lig is invallend op die katode van 'n fotoëlektriese sel wat aan 'n battery en 'n
sensitiewe ammeter verbind is, soos hieronder getoon.

                                               Lig invallend op
                                               katode

                                                         A

10.1     Watter onweerlegbare bewys oor die aard van lig word deur die fotoëlektriese
         effek verskaf?                                                                     (1)

Die katode het 'n werksfunksie (arbeidsfunksie) van 3,42 x 10-19 J.

10.2     Definieer die term werksfunksie.                                                   (2)

Lig met 'n frekwensie van 5,96 x 1014 Hz word op die katode geskyn.

10.3     Bereken die maksimum kinetiese energie van 'n elektron wat uit die katode
         vrygestel word.                                                                    (4)

10.4     Die ammeter registreer 'n konstante stroom van 0,012 A.

         Bereken die minimum getal ligfotone wat die katode in 'n 10 s-periode tref.        (4)

10.5     Die intensiteit van die invallende lig word nou VERHOOG. Hoe sal hierdie
         verandering die lesing op die ammeter beïnvloed?

         Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE. Verduidelik die
         antwoord.                                                                          (3)
                                                                                            [14]

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    1                     DBE/November 2022
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    2                                       DBE/November 2022
                                                         NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f  vi  a t                                        Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                             v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
     2       2                     2       2
                                                       Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                             2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                              p  mv
fs   max
           = μsN                                       fk = μkN
Fnet Δt = Δp
                                                       w  mg
Δp = mv f - mvi
     mm                                        m1m 2             M                              M
F=G 12 2      or/of                    F=G             g G                   or/of         g G 2
      d                                         r2               d2                             r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔx cos                                           U  mgh                 or/of        EP  mgh

                                                       Wnet  K               or/of        Wnet  Ek
   1                                        1
K  mv2                 or/of           Ek  mv2
   2                                        2
                                                       K  K f  K i          or/of        Ek  Ekf  Eki
                                                            W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep                    P
                                                            t
Pave = Fvave         / Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                            1
vf                                                   T
                                                            f

         v  vL                        v  vL                                          hc
fL             fs     /        fL           fb       E  hf         or/of     E
         v  vs                        v  vb                                          
E  Wo  Ek(max) or/of E  Wo  K max where/waar
                                          1                   1
E  hf and/en W0  hf0 and/en Ek (max)  mvmax2
                                                 or/of K max  mvmax
                                                                 2

                                          2                   2

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               3                                    DBE/November 2022
                                                    NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ1Q 2                                            kQ
F                                                E
       r2                                              r2

     W                                                 F
V                                                E
     q                                                 q

      Q                            Q
n=                or/of       n=
      e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

      V                                           emf ( ε ) = I(R + r)
R
      I                                           emk ( ε ) = I(R + r)

Rs  R1  R2  ...
 1    1    1                                      q  It
             .. .
Rp R1 R 2

W = Vq                                                 W
                                                  P
                                                       Δt
W = VI  t
                                                  P = VI
W = I2R  t
                                                  P  I 2R
         V Δt
          2
W=                                                     V2
          R                                       P
                                                       R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                  Pave  Vrms Irms       /   Pgemid  Vwgk I wgk
         Imax                            I maks
Irms                     /    I wgk 
              2                             2     Pave  Irms
                                                          2
                                                              R      /       Pgemid  I 2wgk R

          Vmax                           Vmaks
Vrms                     /    Vwgk                          2
                                                            Vrms
                                                                                         2
                                                                                        Vwgk
              2                             2     Pave              /       Pgemid 
                                                             R                           R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2022-afr/091d5dd7-752f-479a-a19a-c28ceee6063f) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Physical Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2015-memo-afr-eng/140f25b7-f3c1-406a-a99d-6549fa7ea9e0) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
