# Physical Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2024-afr/1d79c80b-6fd5-4647-ae5d-bc9fd7daae10
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2024-afr/1d79c80b-6fd5-4647-ae5d-bc9fd7daae10)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Fisiese Wetenskappe/V1                      2                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die
          ANTWOORDEBOEK neer.

 2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
          ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
          VRAAG 2.2.

 6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 9.       Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
          plekke af.

 10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Fisiese Wetenskappe/V1                                    3                     DBE/November 2024
                                                     NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
 het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs
 die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.                Nov

 1.1      Verskeie kragte werk op 'n bewegende voorwerp in.

          Watter EEN van die volgende stellings is KORREK wanneer hierdie kragte in
          ewewig is?

          A     Die snelheid van die voorwerp neem toe.

          B     Die voorwerp beweeg teen 'n konstante snelheid.

          C     Die kinetiese energie van die voorwerp verminder.

          D     Die voorwerp het 'n nie-nul-versnelling.                                               (2)

 1.2      'n Klip wat vertikaal afwaarts vanaf die bopunt van 'n gebou gegooi is, neem
          t sekondes om die grond te tref. Beskou die versnelling-tyd-grafiek hieronder
          vir die beweging van die klip.

          Die effekte van lugweerstand word geïgnoreer.

                         Versnelling (m∙s-2)
                                               9,8

                                                0
                                                                 t    Tyd (s)

          Wat stel die gearseerde gebied tussen 0 en t sekondes, soos in die grafiek
          getoon, voor?

          A     Die finale snelheid van die klip

          B     Die verandering in posisie van die klip

          C     Die konstante snelheid van die klip

          D     Die verandering in snelheid van die klip                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Fisiese Wetenskappe/V1                       4                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.3      'n Bal wat horisontaal beweeg, het konstante momentum p en kinetiese
          energie K. Die bal bots met 'n muur en hop horisontaal terug.
                                                                1
          Onmiddellik ná die botsing het die bal momentum 2 p.

          Die massa van die bal bly konstant.

                                        p

                                                         muur

                                            1
                                                p
                                            2

          Watter EEN van die volgende is die kinetiese energie van die bal onmiddellik
          ná die botsing?
                1
          A      K
                4
                1
          B      K
                2

          C     2K

          D     4K                                                                               (2)

 1.4      'n Krag F werk in op 'n boks terwyl die boks vanuit rus langs 'n ruwe helling af
          beweeg teen 'n konstante versnelling. Die krag is parallel aan die skuinsvlak,
          soos in die diagram hieronder getoon.

                                                F

          Kies die opsie wat die volgende stelling KORREK voltooi.
          Die arbeid verrig deur die gravitasiekrag is … die arbeid verrig deur die
          wrywingskrag en die arbeid verrig deur F.

          A     gelyk aan die som van

          B     minder as die som van

          C     groter as die som van

          D     gelyk aan die verskil tussen                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Fisiese Wetenskappe/V1                       5                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.5      'n Bal wat vertikaal afwaarts vanaf punt A val, tref die grond met snelheid v,
          hop en bereik 'n maksimum hoogte by punt B, soos in die diagram hieronder
          getoon.
                                             A

                                                   B

                                                              grond

          Watter EEN van die kombinasies hieronder is KORREK vir die rigting van die
          impuls op die bal wanneer dit die grond tref, en die grootte van die snelheid
          waarmee die bal die grond verlaat?

                  RIGTING VAN DIE            GROOTTE VAN DIE SNELHEID WAARMEE
                 IMPULS OP DIE BAL              DIE BAL DIE GROND VERLAAT
          A           Opwaarts                           Groter as v
          B           Afwaarts                           Groter as v
          C           Opwaarts                           Kleiner as v
          D           Afwaarts                           Kleiner as v                          (2)

 1.6      Die absorpsiespektrum van 'n element wat 'n bewegende ster omring, word op
          Aarde waargeneem en daar word gevind dat dit rooiverskuiwing ondergaan.

          Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die beweging van
          die ster en die frekwensie van die waargenome lig op Aarde?

                     BEWEGING VAN STER             FREKWENSIE VAN WAARGENOME
                                                          LIG OP AARDE
          A              Weg van die Aarde                   Afgeneem
          B                Na die Aarde                      Afgeneem
          C              Weg van die Aarde                  Toegeneem
          D                Na die Aarde                     Toegeneem                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Fisiese Wetenskappe/V1                         6                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 1.7      Twee klein identiese sfere, elk met massa m en lading +Q, word in 'n vertikale
          silinder geplaas. Die sfere bly bewegingloos wanneer hulle middelpunte
          r meter van mekaar af is, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer ALLE
          wrywingseffekte.

                                              +Q
                                              q
                                              m

                                      r                    silinder

                                              +Q
                                              m

          Watter EEN van die volgende uitdrukkings kan gebruik word om die afstand r
          KORREK te bereken?

                     2
                 kQ
          A     √
                  mg

                 kmg
          B     √ 2
                  Q

                     2
                  Q
          C     √
                 kmg

                 mg
          D     √ 2
                 kQ                                                                            (2)

 1.8      Die kilowatt-uur (kWh) is 'n eenheid van …

          A     drywing.

          B     elektriese stroom.

          C     elektriese energie.

          D     potensiaalverskil.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Fisiese Wetenskappe/V1                           7                      DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 1.9      Die diagram hieronder toon 'n vereenvoudigde elektriese motor. Die rotasie van
          die spoel word vanaf die battery waargeneem.

                                        N                              S

          Watter EEN van die volgende stellings is KORREK terwyl die motor in werking
          is?

          Die spoel en die …

          A        sleepringe roteer antikloksgewys.

          B        sleepringe roteer kloksgewys.

          C        kommutator roteer kloksgewys.

          D        kommutator roteer antikloksgewys.                                            (2)

 1.10     Watter van die volgende stellings is WAAR vir die foto-elektriese effek?

          Die foto-elektriese effek toon dat:

          (i)     Lig 'n golfgeaardheid het
          (ii)    Lig 'n deeltjiegeaardheid het
          (iii)   Ligenergie gekwantiseerd is

          A       Slegs (i)

          B       Slegs (ii)

          C       Slegs (i) en (iii)

          D       Slegs (ii) en (iii)                                                           (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Fisiese Wetenskappe/V1                                     8                         DBE/November 2024
                                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 In 'n eksperiment is 'n krat met 'n massa van 8,5 kg, wat in rus op 'n ruwe, horisontale
 tafel is, verbind aan 'n massa-haak deur middel van 'n ligte, onrekbare toutjie wat oor 'n
 wrywinglose katrol gaan, soos in die diagram hieronder getoon. Massastukke word by
 die massa-haak gevoeg en die versnelling van die krat word gemeet. Die eksperiment
 word verskeie kere herhaal deur verskillende massas by te voeg om die hangende
 massa elke keer te vergroot.
 Ignoreer die effekte van lugweerstand.

                                          8,5 kg

                                                                                   Massahaak
                                                                                      met
                                                                                   massastukke

 Die uitslae wat verkry is, is gebruik om die sketsgrafiek hieronder te teken.

                           Versnelling van krat

                                                  Y

                                 (m·s-2)

                                                  0       4,2       7,4
                                                                   Hangende massa (kg)
 2.1      Definieer die term statiese wrywing.                                                                (2)
 2.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamsdiagram) en toon AL die
          HORISONTALE kragte wat op die krat inwerk NET VOORDAT dit begin
          beweeg.                                                                                             (2)

 2.3      Bereken die:
          2.3.1      Statiese wrywingskoëffisiënt (µs)                                                        (4)

          2.3.2      Grootte van die versnelling deur Y op die grafiek verteenwoordig,
                     indien die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die krat en die tafel
                     0,40 is                                                                                  (5)
 2.4      'n 5 kg-blok word nou binne-in die krat gesit en die eksperiment word herhaal.
          Hoe sal dit die maksimum statiese wrywingskrag wat nou deur die krat
          ondervind word, beïnvloed? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
          DIESELFDE. Gee 'n rede vir die antwoord.                                                            (2)
                                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Fisiese Wetenskappe/V1                       9                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 Bal A word vertikaal opwaarts teen 12 m·s-1 vanaf die bopunt van 'n gebou gegooi.
 Twee sekondes nadat bal A opwaarts gegooi is, word bal B vertikaal afwaarts teen
 5,4 m·s-1 vanaf die bopunt van dieselfde gebou gegooi. Beide balle, A en B, tref die
 grond by tyd t sekondes.

 Ignoreer die effekte van lugweerstand.

 Die posisie-tyd-sketsgrafieke vir beide balle word hieronder getoon.

                                 Y        A
                                 Z
                          Posisie (m)
                                              B
                          m)

                                 0
                                                  t      Tyd (s)

 3.1      Gebruik SLEGS BEWEGINGSVERGELYKINGS en bereken die waarde van
          ELK van die volgende, soos in die grafieke getoon:

          3.1.1      t                                                                         (5)

          3.1.2      Z                                                                         (3)

          3.1.3      Y                                                                         (4)

 3.2      Op dieselfde assestelsel, skets die snelheid-tyd-grafieke vir bal A en bal B
          terwyl hulle in vryval is. Benoem die grafieke A en B vir bal A en bal B
          onderskeidelik.

          Toon die volgende duidelik op die grafieke:

          •    Die aanvanklike snelheid van elke bal
          •    Die tyd wanneer elke bal gegooi word
          •    Die tyd wanneer die balle die grond tref                                        (4)
                                                                                               [16]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Fisiese Wetenskappe/V1                       10                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 Twee trollies, A en B, met massas van 1,5 kg en 2 kg onderskeidelik, word in 'n
 stilstaande posisie op 'n reguit, horisontale, wrywinglose baan, met 'n saamgeperste
 veer tussen hulle, gehou. Die trollies word losgelaat en die veer neem t sekondes om
 na sy natuurlike lengte terug te keer. Die veer val dan op die grond.
 Trollie A beweeg na links, terwyl trollie B na regs beweeg en dan teen 'n wrywinglose
 skuinsvlak op beweeg om 'n maksimum vertikale hoogte van 1,5 m te bereik, soos in die
 diagram hieronder getoon.

   Voordat veer losgelaat word                     Nadat veer losgelaat is

                                                                                     B
           A             B
         1,5 kg      2 kg                           A                  B                  1,5 m

       Saamgeperste veer                             Veer teen natuurlike lengte

 Ignoreer die rotasie-effekte van die wiele.

 4.1      Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer.                     (2)

 4.2      Bereken die spoed van trollie B aan die onderkant van die skuinsvlak.                   (4)

 4.3      Vir die t sekondes wat die veer neem om na sy natuurlike lengte terug te keer:

          4.3.1      Bereken die verandering in momentum van trollie B                            (3)

          4.3.2      Skryf die verandering in die momentum van trollie A neer                     (1)

 4.4      Bereken die spoed van trollie A ná t sekondes.                                          (2)
                                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Fisiese Wetenskappe/V1                       11                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Konstante krag F word toegepas teen 'n hoek van 30° tot die horisontaal op 'n krat
 met 'n massa van 6 kg, wat aanvanklik in rus is, soos in die diagram hieronder getoon.

 'n Konstante wrywingskrag van 10 N werk in op die krat soos dit by punt A vanuit rus
 oor 'n horisontale oppervlak na punt B beweeg. Die afstand tussen punt A en punt B is
 1,5 m. Die spoed van die krat by punt B is 2 m·s-1.

                                                         F

                                               30°
                                 6 kg                    1,5 m

                                        A                               B
 5.1      Definieer die term arbeid verrig deur 'n krag.                                           (2)

 5.2      Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamsdiagram) en toon AL die
          kragte wat op die krat inwerk terwyl dit beweeg.                                         (4)

 5.3      Gebruik SLEGS ENERGIEBEGINSELS om die grootte van krag F te bereken.                     (4)

 5.4      'n 2 kg-voorwerp word in die krat geplaas. Watter uitwerking sal dit op die arbeid
          hê wat deur dieselfde krag F verrig word wanneer die krat weer vanaf punt A
          na punt B beweeg word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY
          DIESELFDE.                                                                               (2)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Fisiese Wetenskappe/V1                                 12                    DBE/November 2024
                                                  NSS Vertroulik

 VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Stilstaande luisteraar wat langs die pad staan, teken die golflengte aan van die klank
 vrygestel deur die sirene van 'n polisiemotor wat teen 'n konstante snelheid beweeg.

 In die golflengte-tyd-grafiek hieronder, NIE volgens skaal geteken NIE, is λL die
 golflengte van die klank wat deur die luisteraar aangeteken is en λS is die golflengte van
 die klank wat deur die sirene vrygestel word.

 Neem die spoed van klank in lug as 343 m·s-1.

                          Golflengte (m)
                                           0,40                        λL
                                           0,38                        λS

                                                                   Tyd (s)

 6.1      Noem die verskynsel wat verduidelik hoekom die golflengtes getoon in die
          grafiek, verskil.                                                                         (1)

 6.2      Beweeg die motor NA of WEG VAN die luisteraar? Gee 'n rede vir die
          antwoord.                                                                                 (2)

 6.3      Bereken die:

          6.3.1      Frekwensie van die klank deur die sirene vrygestel                             (3)

          6.3.2      Grootte van die snelheid van die motor                                         (6)
                                                                                                    [12]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Fisiese Wetenskappe/V1                      13                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 P is 'n +2 nC-puntlading. X is 'n punt 6 cm vanaf lading P, soos in die diagram hieronder
 getoon.

                              +2 nC
                              P                                     X
                                                6 cm

 7.1      Bereken die grootte van die elektriese veld by X.                                      (3)

 Puntlading S, met 'n lading van −2 nC, word 4 cm regs van lading P geplaas, soos in
 die diagram hieronder getoon.

                              +2 nC                     −2 nC
                              P                             S
                                         4 cm

 7.2      Teken die resulterende elektrieseveldpatroon as gevolg van ladings P en S.             (3)

 7.3      'n Derde puntlading T word 2 cm regs van lading S geplaas, soos in die diagram
          hieronder getoon. Puntlading T ondervind 'n netto elektrostatiese krag van
          2,5 x 10-4 N na links.

                              +2 nC                     −2 nC
                              P                           S          T
                                         4 cm                2 cm

          7.3.1      Stel Coulomb se wet in woorde.                                              (2)

          7.3.2      Wat is die polariteit van lading T? Kies uit POSITIEF of NEGATIEF.          (1)

          7.3.3      Bereken die grootte van lading T.                                           (5)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Fisiese Wetenskappe/V1                        14                        DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 L1 en L2 is twee gloeilampe met die volgende aanslae ('ratings'):

                     L1: 36 W ; 20 V    en       L2: 48 W ; 32 V

 Die twee gloeilampe is verbind soos in die stroombaandiagram hieronder getoon. Die
 battery het 'n interne weerstand van 0,6 Ω, terwyl die verbindingsdrade en die ammeters
 weglaatbare weerstand het. R1 en R2 is resistors.

                                             ε
                                                         r
                                                        0,6 Ω

             A1
                                                                     4 Ω R2

                              A2                           L2

                                R1                          L1

 8.1      Definieer die term drywing.                                                          (2)

 8.2      Indien al twee gloeilampe werk soos AANGESLAAN ('rated'), bereken die:

          8.2.1        Lesing op ammeter A2                                                    (3)

          8.2.2        Lesing op ammeter A1                                                    (3)

          8.2.3        Weerstand van resistor R1                                               (4)

          8.2.4        Emk van die battery                                                     (4)

 8.3      Gloeilamp L1 brand na 'n ruk uit. Aanvaar dat die weerstand van gloeilamp L2
          konstant bly.

          Sal gloeilamp L2 aanhou brand nadat gloeilamp L1 uitgebrand het? Kies uit JA
          of NEE. Ondersteun jou antwoord met 'n geskikte berekening.                          (5)
                                                                                               [21]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V1                                                           15                  DBE/November 2024
                                                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 Die grafiek hieronder toon hoe die geïnduseerde stroom in 'n generator met tyd
 verander.

        Geïnduseerde stroom (A)
                                        1,2

                                                            0
                                                                    0,01            0,02     0,03           0,04
                                                                                                                   Tyd (s)

 9.1                       Noem die soort generator. Kies uit WS of GS.                                                     (1)

 9.2                       Noem die energie-omskakeling wat in hierdie generator plaasvind terwyl dit in
                           werking is.                                                                                      (2)

 9.3                       Gee 'n rede hoekom hierdie generator NIE geskik is vir die transmissie van
                           elektrisiteit oor lang afstande NIE.                                                             (1)

 9.4                       Bereken die frekwensie waarteen die spoel in die generator roteer.                               (2)

 9.5                       Definieer die term wortelgemiddeldekwadraat-(wgk)-stroom.                                        (2)

 9.6                       Bereken die wortelgemiddeldekwadraat-stroom wat deur die generator gelewer
                           word.                                                                                            (3)

 9.7                       Die grafiek hieronder toon hoe die geïnduseerde stroom met tyd verander
                           nadat 'n verandering aan die werking van die generator gemaak is.

                                  Geïnduseerde stroom (A)
                                                            0,6

                                                                0
                                                                     0,01            0,02     0,03           0,04 Tyd (s)

                           Beskryf volledig die verandering wat gemaak is.                                                  (2)
                                                                                                                            [13]

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Fisiese Wetenskappe/V1                       16                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 10.1     Definieer die term foto-elektriese effek.                                           (2)

 10.2     Rooi lig, blou lig en groen lig word gelyktydig op 'n kaliumplaat geskyn, soos in
          die diagram hieronder getoon. Elke kleur lig bestaan uit 'n enkel frekwensie.

          Twee maksimum kinetiese energieë van die vrygestelde elektrone is moontlik,
          naamlik 6,96 x 10-20 J en 2,65 x 10-20 J. Elke vrygestelde elektron het slegs een
          van hierdie maksimum kinetiese energieë.

                                     Rooi lig, groen lig en blou lig

                                     Kaliumplaat

          10.2.1     Watter kleur lig is verantwoordelik vir die vrystel van elektrone met
                     'n maksimum kinetiese energie gelyk aan 2,65 x 10-20 J?                  (1)

          10.2.2     Verduidelik die antwoord op VRAAG 10.2.1.                                (2)

          10.2.3     Die elektrone met 'n maksimum kinetiese energie van
                     2,65 x 10-20 J word vrygestel deur lig wat 'n frekwensie van
                     5,85 x 1014 Hz het.

                     Bereken die frekwensie van die lig wat elektrone met 'n maksimum
                     kinetiese energie van 6,96 x 10-20 J vrygestel het.                      (5)

          10.2.4     Die intensiteit van die rooi lig word verhoog, terwyl die intensiteite
                     van die blou lig en groen lig dieselfde bly.

                     Watter effek sal hierdie verandering op die tempo hê waarteen
                     elektrone vrygestel word? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
                     DIESELFDE.                                                               (2)

 10.3     Sommige van die atome van 'n warm gas, wat uit 'n enkele element bestaan,
          is in 'n opgewekte toestand. Die spektrum gevorm deur die warm gas word op
          'n skerm in 'n donker kamer waargeneem. Die spektrum bestaan uit spesifieke
          gekleurde lyne op 'n swart agtergrond.

          10.3.1     Noem die soort spektrum gevorm.                                          (1)

          10.3.2     Verduidelik die teenwoordigheid van die gekleurde lyne in die
                     spektrum.                                                                (2)
                                                                                              [15]

                                                                                TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Fisiese Wetenskappe/V1                     1                    DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                             g               9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant
                                             G         6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
 Universele gravitasiekonstante
 Radius of the Earth
                                             RE            6,38 x 106 m
 Radius van die Aarde
 Mass of the Earth
                                            ME            5,98 x 1024 kg
 Massa van die Aarde
 Speed of light in a vacuum
                                             c            3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in 'n vakuum
 Planck's constant
                                             h            6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Coulomb's constant
                                             k          9,0 x 109 N·m2·C-2
 Coulomb se konstante
 Charge on electron
                                             e             -1,6 x 10-19 C
 Lading op elektron
 Electron mass
                                             me           9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Fisiese Wetenskappe/V1                                          2                                       DBE/November 2024
                                                           NSS Vertroulik

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 vf = vi + a∆t                                                   ∆x = vi∆t + ½a∆t2 or/of ∆y = vi∆t + ½a∆t2
                                                                       v + vf                 vi + vf 
 v 2f = v i2 + 2a∆x or/of v 2f = v i2 + 2a∆y                     Δx =  i       Δt or/of Δy =           Δt
                                                                       2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                                       p = mv
 fs
      max
            = μsN                                                fk = μ k N
 Fnet∆t = ∆p
                                                                 w = mg
 ∆p = mvf - mvi
              m1m 2                                    m1m 2               M                           M
  F= G                          or/of          F = G             g = G                or/of        g= G 2
               d2                                       r2                 d2                          r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = F∆xcos θ                                                    U = mgh              or/of        Ep = mgh

                                                                 Wnet = ∆K            or/of        W net = ∆Ek
 K = ½mv2               or/of           Ek   = ½mv2
                                                                 ∆K = Kf - Ki         or/of    ∆K = Ekf – Eki
                                                                       W
 Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                             P =
                                                                       Δt
 Pave = Fvave           /       Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                                       1
 v = fλ                                                          T =
                                                                       f
            v  vL                             v  vL                                         hc
 fL =              fs       /           fL =          fb         E = hf       or/of    E =
            v  vs                             v  vb                                          λ
 E = W 0 + Ek(max) or/of E = W 0 + Kmax                        where/waar
                                                       2                                           2
 E = hf         and/en W 0 = hf0 and/en Ek(max) = ½ mv max                       or/of Kmax = ½ mv max

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Fisiese Wetenskappe/V1                                        3                                    DBE/November 2024
                                                        NSS Vertroulik

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

       kQ1Q 2                                                     kQ
 F =                                                        E =
         r2                                                       r2
       W                                                          F
 V=                                                         E=
       q                                                          q

       Q                             Q
  n=                or/of       n=
       e                             qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                            emf ( ε ) = I(R + r)
       V
 R=
       I
                                                            emk ( ε ) = I(R + r)

 Rs = R1 + R2 + ...
  1
    =
      1
        +
          1
            + ...
                                                            q = IΔt
 R p R1 R 2

 W = Vq                                                           W
                                                            P=
                                                                  Δt
 W = VIΔt
                                                            P = VI
 W = I2RΔt
                                                            P = I2R
           V Δt
            2
 W=                                                              V2
            R                                               P=
                                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                            Pave = Vrms Irms       /   Pgemid = Vwgk I wgk
           I max                               I maks
 I rms =                    /        I wgk =
                2                                 2                                    Pgemid = I 2wgk R
                                                            Pave = Irms
                                                                    2
                                                                        R      /
            Vmax                               Vmaks
 Vrms =                     /    Vwgk =                              2
                                                                   Vrms
                                                                                                   2
                                                                                                  Vwgk
                2                                 2         Pave =             /       Pgemid =
                                                                    R                              R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [kzn=G12 Physical Sciences P1 Sep 2024 KZN QP Scanned by Farhad Akoo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-g12-physical-sciences-p1-sep-2024-kzn-qp-scanned-by-farhad-akoo/21919713-0b36-4903-ba81-155d000a162d) — Physical Sciences · QP · 2024
- [mp=P. Sciences P 1 Sept 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/mp-p-sciences-p-1-sept-2024-mpumalanga/40cb47ca-3caa-477f-aa74-1e4a27d9f510) — Physical Sciences · QP · 2024
- [Physical Sciences Physics P1 QP May June 2024 North West](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-qp-may-june-2024-north-west/4851c663-ba39-4265-b12f-37957af65e66) — Physical Sciences · QP · 2024
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Physical Sciences Physics P1 MEMO May June 2024 KZN](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-memo-may-june-2024-kzn/49134363-7da2-4c98-ab54-c6d186d63bdc) — Physical Sciences · Memo · 2024
- [2024 MCED Sept Gr 12 P.Sciences P1 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/2024-mced-sept-gr-12-p-sciences-p1-memo/10a9100b-159b-46b7-bf75-b22879248ca6) — Physical Sciences · Memo · 2024

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
