# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-qp-sept-2021-afrikaans/8a7ef81a-a904-408a-b70b-0ab5ae7154a2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-qp-sept-2021-afrikaans/8a7ef81a-a904-408a-b70b-0ab5ae7154a2)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2021

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 3 gegewensblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  FISIESE WETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies                 in jou
      ANTWOORDEBOEK.

2.    Die vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Laat een reel tussen twee sub-vrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

10.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

11.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                   3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1      Die impuls wat gelewer word deur ŉ netto krag wat op ŉ voorwerp inwerk,
         is gelyk aan die …

         A     aanvanklike momentum van die voorwerp.

         B     finale momentum van die voorwerp.

         C     verandering in momentum van die voorwerp.

         D     tempo van verandering in momentum van die voorwerp.                        (2)

1.2      Die onderstaande grafiek stel die verband voor tussen die netto krag wat op
         ŉ voorwerp uitgeoefen word en die verplasing wat dit ondergaan. Die krag
         en verplasing is in dieselfde rigting.

                      Netto Krag

                                             Verplasing

         Watter EEN van die volgende stellings kan uit die grafiek afgelei word?

         A     Die oppervlakte tussen die grafiek en die verplasings-as
               verteenwoordig die netto werk wat deur die krag verrig word.

         B     Die oppervlakte tussen die grafiek en die verplasings-as
               verteenwoordig die drywing wat deur die krag vrygestel word.

         C     Die gradiënt van die grafiek verteenwoordig die verandering in
               kinetiese energie van die voorwerp.

         D     Die gradiënt van die grafiek verteenwoordig die werk wat deur die
               krag verrig word.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                  FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2021)

1.3 Die diagram hieronder toon al die kragte wat op ŉ voorwerp inwerk wat na
    regs getrek word deur ŉ krag F wat ŉ hoek θ met die horisontaal maak.

     Watter EEN van die volgende uitdrukkings kan gebruik word om die grootte
     van die kinetiese wrywingskrag (fk) wat op die voorwerp inwerk, te bepaal?

     A    µ(w + Fsinθ)

     B    µ(w – Fsinθ)

     C    µ(N – w)

     D    µw                                                                           (2)

1.4 Die onderstaande posisie-tyd grafiek stel die beweging van ŉ bal voor vanaf
    die oomblik dat dit uit rus van ŉ sekere hoogte bo die vloer losgelaat word en
    ŉ paar keer van die vloer af terugbons. Ignoreer die effek van lugweerstand.

                Posisie (m)

                                         Tyd (s)

     Watter punt (P, Q, R of S) op die grafiek verteenwoordig die posisie-tyd
     koördinate van die maksimum hoogte wat die bal bereik het na die TWEEDE
     terug bons?

     A    P

     B    Q

     C    R

     D    S                                                                            (2)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                  5

1.5 Die kinetiese energie van ŉ motor wat teen snelheid v beweeg, is K. Die
    snelheid van die motor verander na 2v. Wat is die nuwe kinetiese energie van
    die motor?

     A     ¼K

     B     ½K

     C     2K

     D     4K                                                                         (2)

1.6 ŉ Klankbron nader ŉ stilstaande waarnemer teen konstante snelheid.

     Watter EEN van die volgende beskryf hoe die waargenome frekwensie en
     golflengte van dié van die klankbron verskil?

            Waargenome golflengte       Waargenome frekwensie

     A     Groter as                    Groter as

     B     Kleiner as                   Kleiner as

     C     Kleiner as                   Groter as

     D     Groter as                    Kleiner as                                    (2)

1.7 Die elektriese veldpatroon tussen twee gelaaide sfere, A en B, is soos
    hieronder getoon.

     Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van die ladings
     op sfere A en B?

     A     Sfeer A is negatief gelaai en sfeer B is positief gelaai.

     B     Sfeer A is positief gelaai en sfeer B is negatief gelaai.

     C     Sfere A en B is albei positief gelaai.

     D     Sfere A en B is albei negatief gelaai.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

1.8   Die SI-eenheid om die TEMPO VAN DIE VLOEI VAN LADING in ŉ
      geleier te meet is …

      A     watt.

      B     volt.

      C     Ampére.

      D     coulomb.                                                                  (2)

1.9   Watter EEN van die volgende veranderings aan die ontwerp van ŉ
      WS-generator sal die maksimum emk uitset verhoog?

      A     Verander die polariteit van die magnete

      B     Gebruik groter sleepringe

      C     Gebruik groter borsels

      D     Vermeerder die aantal windings op die spoel                               (2)

1.10 ŉ Lyn-emissie spektrum word gevorm wanneer …

      A     elektrone in die grond-toestand na ŉ hoër energie toestand
            beweeg.

      B     elektrone in ŉ hoër energie toestand na die laer energie (grond)-
            toestand beweeg.

      C     wit lig deur ŉ koue gas beweeg.

      D     wit lig deur ŉ driehoekige prisma beweeg.                                 (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                      7

VRAAG 2

2.1   Twee blokke met massas 2 kg en 5 kg onderskeidelik, word met ŉ ligte,
      onrekbare tou verbind. Die blokke word oor ŉ growwe oppervlakte deur ŉ
      krag F, getrek. Die krag maak ŉ hoek van 20˚ met die horisontaal soos in die
      diagram hieronder getoon.

      Die 2 kg en 5 kg ondervind kinetiese wrywingskragte van 10 N en 15 N
      onderskeidelik.

      2.1.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                              (2)

      2.1.2 Teken, met byskrifte, ŉ vryliggaamdiagram vir die 5 kg blok.               (5)

      2.1.3 Bereken die grootte van krag F, wat teen ŉ hoek van 20° teenoor die
            horisontaal toegepas word, wat nodig is om die twee blokke teen
            2 ms-2 na regs te laat versnel.                                            (5)

2.2 Die aarde oefen ŉ krag van 1 842,50 N uit om ŉ satelliet met massa 200 kg in
    ŉ wentelbaan om die aarde te laat beweeg, soos in die diagram hieronder
    getoon.

      Bereken die afstand, bo die aarde se oppervlak waar die satelliet om die
      aarde wentel.                                                                   (5)
                                                                                     [17]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    FISIESE WETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 3

Die snelheid teenoor tydgrafiek hieronder toon die beweging van ŉ bal wat
vertikaal afwaarts vanaf die bo-punt van ŉ gebou gegooi word en dit bons van
die vloer af soos dit die grond tref.

Ignoreer die effek van lugwrywing. NEEM OPWAARTSE BEWEGING AS
POSITIEF.

                                12

            Snelheid (m.s-1)
                                0
                                                    t
                                                                      Tyd (s)

                               -20

                               -25

3.1 Deur SLEGS gebruik te maak van BEWEGINGSVERGELYKINGS, bereken
    die:

     3.1.1 Hoogte van waar die bal gegooi is                                             (3)

     3.1.2 Tyd t op die grafiek                                                          (5)

     3.1.3 Grootte van die verplasing van die bal vanaf dit gegooi is tot tyd t          (4)

3.2 Skets ŉ posisie-teenoor-tyd grafiek van die beweging van die bal vanaf die
    oomblik dat dit gegooi is totdat dit die maksimum hoogte na die bons bereik.
    GEBRUIK DIE GROND AS DIE NUL-POSISIE.

     Dui die volgende op die grafiek aan:

     •    Die hoogte van waar die bal gegooi is
     •    Tyd t                                                                         (3)
                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                         9

VRAAG 4

Die diagram hieronder toon trollie A met massa 2 kg wat teen ŉ snelheid van
v m.s-1 ooswaarts beweeg op ŉ reguit horisontale oppervlak en dit bots kop-aan-
kop met trollie B met massa 4 kg wat teen ŉ snelheid van 5 m.s-1 weswaarts
beweeg.

Na die botsing is die twee trollies aanmekaar geheg en beweeg met ŉ snelheid
van 1,67 m.s-1 weswaarts. Die botsing neem 0,01 s. Ignoreer die effek van
wrywing.

                                                                 5 (m.s-1)

                  v (m.s-1)
                                                             B

                          A                                 4 kg
                         2 kg

4.1      Stel die beginsel van die behoud van lineêre momentum in woorde.                 (2)

4.2      Bereken die:

         4.2.1 Grootte van die snelheid v van trollie A voordat dit met trollie B
               bots                                                                       (4)

         4.2.2 Krag wat trollie B op trollie A uitoefen                                  (4)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                              FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 5

ŉ Krag van 62,5 N word op ŉ trollie met massa m kg toegepas parallel aan die
skuins oppervlakte soos getoon om te sorg dat dit teen ŉ KONSTANTE SNELHEID
teen die skuins oppervlakte beweeg. Die vertikale hoogte van die skuins
oppervlakte is 12 m. Verwys na die diagram hieronder.

ŉ Kinetiese wrywingskrag van 35,5 N werk in op die trollie soos dit teen die skuins
oppervlakte afbeweeg.

         62,5 N

                      A

             12 m

                                                                  30o
                                                                          B

5.1   Skryf die naam van die konserwatiewe krag wat op die trollie inwerk neer.           (1)

5.2   Bereken die arbeid wat deur die wrywingskrag op die trollie verrig word.            (4)

5.3   Skryf die verandering in kinetiese energie van die trollie wanneer dit die
      onderkant van die skuins oppervlakte bereik, neer.                                  (1)

5.4   Gebruik die arbeid-energie stelling om die massa, m, van die trollie te
      bereken.                                                                           (5)
                                                                                        [11]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                     11

VRAAG 6

6.1 ŉ Stilstaande klankdetektor word by ŉ sekere punt geplaas en dit neem ŉ
    lesing van 520 klankgolwe per sekonde vanaf ŉ bewegende klankbron wat ŉ
    klankgolf met ŉ frekwensie van 480 Hz uitstuur.

      6.1.1    Skryf die frekwensie van die klankgolwe neer wat die detektor
               opneem in Hz.                                                              (1)

      6.1.2    Definieer die verskynsel wat hierdie verandering in die waargenome
               frekwensie verduidelik.                                                    (2)

      6.1.3    Beweeg hierdie klankbron NA of WEG VAN die waarnemer? Gee ŉ
               rede vir jou antwoord.                                                     (2)

      6.1.4    Bereken die snelheid waarteen die klankbron beweeg.        Neem die
               spoed van klank as 343 m·s-1.                                              (5)

      6.1.5    Hoe sal die golflengte wat die klankgolf voortbring deur die klankbron
               verander, indien die frekwensie van die klankgolf hoër as 480 Hz
               word?

               Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.
               Verduidelik jou antwoord deur van die golfvergelyking gebruik te
               maak.                                                                      (2)

6.2 Die spektraallyne vanaf ŉ verafgeleë ster word as ŉ rooi skuif waargeneem.
    Verduidelik die onderstreepte term.                                                   (2)

6.3 Skryf EEN toepassing van die Doppler-effek in die mediese veld neer.                  (1)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 7

7.1 ŉ Klein sfeer A dra ŉ lading van -5 µC en hang vertikaal van die plafon deur ŉ
    onrekbare tou. Punt P is 100 mm regs van sfeer A soos in Diagram 1
    hieronder getoon.

      DIAGRAM 1

                                                                            P
                              A = -5 µC               100 mm

      7.1.1   Het die gelaaide sfeer A elektrone VERLOOR of BYGEKRY om ŉ
              lading van -5 µC te verkry?                                                     (1)

      7.1.2   Bereken die aantal elektrone wat verloor of bygekry is deur sfeer A
              om ŉ lading van -5 µC te verkry.                                                (3)

      7.1.3   Bereken die elektriese veld by punt P as gevolg van die gelaaide
              sfeer A.                                                                        (5)

7.2 ŉ Identiese sfeer B met ŉ onbekende lading word op ŉ geïsoleerde staander
    geplaas en word nader aan sfeer A gebring. Gelaaide sfeer A swaai na regs
    en kom tot rus op so ŉ manier dat die tou ŉ hoek van 30° met die vertikaal
    maak en die spanning in die tou is 25 N. Die afstand tussen die twee
    gelaaide sfere is 50 mm soos in Diagram 2 hieronder getoon.

      DIAGRAM 2

                                           30o

                             B                                 A = - 5 µC
                                        50 mm

      7.2.1   Is die lading op sfeer B POSITIEF of NEGATIEF? Gee ŉ rede vir jou
              antwoord.                                                                       (2)

      7.2.2   Bereken die grootte van die lading op sfeer B.                                 (6)
                                                                                            [17]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                13

VRAAG 8

8.1 ŉ Groep graad 12-leerders wil ŉ effektiewe geleier vind wat gebruik kan word as
    ŉ verhittingselement vir ŉ ketel wat hulle vir hulle Eskom Ekspo-projek wil bou.

     Hulle verbind elk van die drie geleiers (A, B en C) in ŉ stroombaan en meet die
     stroom wat deur die geleier beweeg en die potensiaalverskil oor elk van die
     geleiers. Hulle resultate word op die grafiek hieronder getoon.

                                             A

                                                          B

                        Lading (A)
                                                              C

                                             Potensiaalverskil (V)

     8.1.1    Neem enige TWEE veranderlikes wat konstant gehou moet word vir ŉ
              regverdige ondersoek.                                                        (2)

     8.1.2    Skryf die fisiese hoeveelheid wat deur die gradiënt van elke grafiek
              voorgestel word, neer.                                                       (1)

     8.1.3    Watter EEN van die geleiers is effektief om as ŉ verhittingselement in ŉ
              ketel gebruik te word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                          (2)

8.2 Die stroombaandiagram hieronder verteenwoordig ŉ kombinasie van
    weerstande in serie en parallel. Die battery het ŉ emk van 12 V en ŉ
    onbekende interne weerstand van r.

                                       𝜺 = 12 V

                                                  r

                1,5 A       A
                        X                             S
                                       2Ω

                                       3Ω                     4Ω
                                                          Y

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

       Indien skakelaar S OOP is, is die lesing op ammeter A 1,5 A. Bereken die:

       8.2.1   Totale weerstand van die stroombaan                                      (3)

       8.2.2   Interne weerstand van die battery                                        (4)

       8.2.3   Energie vrygestel deur die 3 Ω weerstand in 3 minute                     (3)

 8.3   Skakelaar S word nou GESLUIT.

       Hoe sal ELK van die volgende beïnvloed word? Skryf slegs NEEM TOE,
       NEEM AF of BLY DIESELFDE neer.

       8.3.1   Die totale weerstand van die stroombaan.                                 (1)

       8.3.2   Die lesing op ammeter A.                                                 (1)

 8.4   ŉ Geleidingsdraad met weglaatbare weerstand word nou gebruik om punte
       X en Y te verbind soos op die diagram hierbo getoon. Watter effek sal dit op
       die temperatuur van die battery hê?

       Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE neer. Verduidelik
       jou antwoord.                                                                   (3)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                    15

VRAAG 9

WS-generators by steenkool-aangedrewe kragstasies verskaf die meeste elektriese
energie wat in ons land benodig word.

9.1   Noem die energie-omsetting wat plaasvind wanneer hierdie generator in
      werking is.                                                                         (2)

9.2   Noem EEN strukturele verskil tussen ŉ WS-generator en ŉ GS-generator.               (1)

9.3   Teken ŉ sketsgrafiek van die potensiaalverskil teenoor tyd vir hierdie WS-
      generator. Merk die asse duidelik en dui die Vmaks op die potensiaalverskil-as
      aan.                                                                                (2)

ŉ Elektriese toestel word gemerk 2 000 W, 230 V. Die toestel word aan ŉ wissel-
stroom kragbron gekoppel.

Bereken die:

9.4   Maksimum stoom (Imaks) wat deur die generator opgewek word                          (4)

9.5   Piek spanning (Vmaks) uitset van die generator                                      (3)
                                                                                         [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 10

ŉ Groep leerders doen ŉ eksperiment om die verwantskap tussen die inverse van die
            1
golflengte    van die invallende fotone op ŉ metaal en die maksimum kinetiese
           
energie (Ek(maks)) van die vrygestelde fotone van die metaalplaat oppervlakte te
ondersoek. Die leerders het hulle resultate getoon op die grafiek hieronder.

               Ek(maks) (J)

                                    X                     1
                                                              (m-1)
                                                          λ

                        C

10.1 Watter fisiese hoeveelheid word deur die letter C (die afsnit op die vertikale-as)
     op die grafiek voorgestel? Gebruik ŉ toepaslike vergelyking om jou antwoord
     te verduidelik.                                                                        (3)

10.2 Lig fotone met ŉ frekwensie van 6,16 x 1014 Hz val op ŉ metaalplaat in en foto-
     elektrone met ŉ maksimum kinetiese energie van 5,6 x 10-20 J word vrygestel.

      Bereken die grootte van die fisiese hoeveelheid wat deur die letter X op die
      grafiek voorgestel word.                                                              (5)

10.3 Die helderheid van die invallende lig word nou verhoog. Watter effek het
     hierdie verandering op die volgende?
     (Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.)

      10.3.1 Die gradiënt van die grafiek. Verduidelik jou antwoord.                        (2)

      10.3.2 Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone.
             Teken ŉ grafiek om die verband tussen die helderheid van die
             invallende fotone en die maksimum kinetiese energie van die foto-
             elektrone om jou antwoord te verduidelik.                                     (3)
                                                                                          [13]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             FISIESE WETENSKAPPE V1                               17

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                  PAPER 1 (PHYSICS)
                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                  VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                                SYMBOL/
                  NAME/NAAM                               VALUE/WAARDE
                                                SIMBOOL
Acceleration due to gravity /
                                                   g          9,8 m•s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant / Universele
                                                   G    6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
gravitasiekonstante
Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ
                                                   c       3,0 × 108 m•s-1
vakuum
Planck's constant / Planck se konstante            h       6,63 × 10-34 J•s
Coulomb's constant / Coulomb se konstante           k      9,0 × 109 N•m2•C-2
Charge on electron / Lading op elektron             e        -1,6 × 10-19 C
Electron mass / Elektronmassa                      me        9,11 × 10-31 kg
Mass of earth / Massa op aarde                     M         5,98 × 1024 kg
Radius of earth / Radius van aarde                 RE        6,38 × 103 km

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
v f = vi + a t                                 Δx = v i Δt + 21 at 2 or/of Δy = v i Δt + 21 at 2
                                                      v + vf                 v + vf 
v f = v i + 2ax or/of v f = v i + 2ay
     2     2                   2   2
                                                Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                      2                      2 

FORCE/KRAG
Fnet = ma                                       p= mv
fsmax = µsN                                    fk = µkN
Fnett = p
                                                w = mg
p = mv f − mv i
         Gm 1 m 2                                    M
F=             2                               g = G d2
           d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FΔxcosθ                                     U = mgh            or/of EP = mgh
                                                Wnet = K or/of Wnet = Ek
   1                1
K = mv 2 or/of E k = mv 2
   2                2                           K = K f − K i    or/of Ek = Ekf − Eki
                                                     W
Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep             P=
                                                     t
Pave = Fvave

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                     1
v=f                                            T=
                                                     f
    v  vL         v  vL                                            c
fL =       fs fL =        fb                    E = hf or/of E = h
    v  vs         v  vb                                            
E = Wo + E k where/waar
                                           1                   1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en E k =          mv 2 or/of K max = mv max
                                                                   2

                                           2                   2

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            FISIESE WETENSKAPPE V1                                                        19

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
  kQ 1Q 2                                      kQ
F=                                          E=
    r2                                          r2
   V                                           F
E=                                          E=
   d                                           q
   W                                             Q
V=                                          n=
   q                                             qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
   V                           emf (ε) = I(R + r)
R=
   I
                               emk (ε) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
 1  1   1                                   q = IΔt
   = +     + ...
R p R1 R 2
W = Vq                                           W
                                            P=
                                                 Δt
W = VI  t
                                            P = VI
W= I2R  t
                                            P = I2R
     V Δt 2
                                                 V2
W=                                          P=
      R                                          R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
                                            Paverage = Vrms I rms           /   Pgemiddeld= Vwgk I wgk
          I max
I rms =                /          I
                           I wgk = maks
              2                     2
                                            Paverage = I rms
                                                         2
                                                            R                   Pgemiddeld= I 2wgkR
                                                                        /
              Vmax                  Vmaks
Vrms =                 /   Vwgk =                     V2
                                                                                               2
                                                                                              Vwgk
                  2                   2     Paverage = rms          /           Pgemiddeld=
                                                       R                                       R

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
