# Physical Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/1396005e-0885-4198-9158-01ff6f1160a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/1396005e-0885-4198-9158-01ff6f1160a8)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                     FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                  MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 1 gegewensblad, 'n periodieke tabel en
                                  'n antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         2                                   DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

4.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.       JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE GEGEWENSBLAAIE TE
         GEBRUIK.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         3                              DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

VRAAG 1

INSTRUKSIES

1.       Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD. [LET WEL: Die
         ANTWOORDBLAD kan óf 'n aparte bladsy wees wat as deel van jou vraestel
         verskaf word, óf dit kan as deel van die ANTWOORDEBOEK gedruk wees.]
         Skryf jou naam in die toepaslike ruimte indien 'n aparte ANTWOORDBLAD
         gebruik word.

2.       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
         Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1–1.10) op die ANTWOORDBLAD.

3.       Moenie enige ander merke op jou ANTWOORDBLAD maak nie. Enige
         berekeninge of skryfwerk wat by die beantwoording van hierdie vraag nodig
         is, moet in die ANTWOORDEBOEK gedoen word en daarna duidelik met 'n
         streep skuins oor die bladsy deurgehaal word.

4.       Indien meer as EEN blokkie gemerk word, sal geen punte vir daardie
         antwoord toegeken word nie.

PLAAS DIE VOLTOOIDE ANTWOORDBLAD VOOR IN JOU ANTWOORDEBOEK
INDIEN 'N APARTE ANTWOORDBLAD GEBRUIK WORD.

VOORBEELD:

VRAAG: Die SI-eenheid van tyd is ...

               A         t.
               B         h.
               C         s.
               D         m.

ANTWOORD:                A    B   C    D

[LET WEL: Hierdie uitleg mag verskil afhangende van die soort ANTWOORDBLAD wat
          die provinsie gebruik.]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       4                                    DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.1      Kafeïen is 'n verbinding wat in koffiebone voorkom. Die diagram hieronder
         toon 'n chromatogram van kafeïen en vier verskillende drankies, A tot D.

                          Kafeïen         A       B        C    D

         Watter EEN van die drankies hierbo bevat kafeïen?

         A     A

         B     B

         C     C

         D     D                                                                               (2)

1.2      Natuurlike stikstof kom as die twee isotope 14N en 15N voor.

         Hoeveel verskillende tipes stikstofmolekule sal in lug voorkom as gevolg van
         die kombinasie van bogenoemde atome?

         A     1

         B     2

         C     3

         D     4                                                                               (2)

1.3      In watter EEN van die volgende verbindings het BEIDE ione dieselfde
         elektronkonfigurasie as argon?

         A     Kalsiumsulfied

         B     Magnesiumoksied

         C     Natriumsulfied

         D     Kalsiumbromied                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       5                                    DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.4      Wanneer 'n atoom X van 'n element in Groep 1 reageer om X+ te vorm, …

         A     verhoog die massagetal van X.

         B     verlaag die atoomgetal van X.

         C     verhoog die lading van die kern.

         D     verlaag die getal gevulde energievlakke.                                        (2)

1.5      In watter EEN van die volgende stel 'energie' die eerste ionisasie-energie van
         natrium voor?

         A     Na(s) + energie → Na+(g) + e-

         B     Na(g) + energie → Na+(g) + e-

         C     Na(s) + energie → Na+(s) + e-

         D     Na(s) + e-→ Na+(g) + energie                                                    (2)

1.6      Die korrekte chemiese formule vir kaliumpermanganaat is …

         A     KMnO 4

         B     KMnO 2

         C     CaMnO 4

         D     Ca(MnO 4 ) 2                                                                    (2)

1.7      Die getal atome in EEN formule-eenheid van koper(II)sulfaat (CuSO 4 ) is …

         A     4.

         B     6.

         C     16.

         D     12.                                                                             (2)

1.8      Watter EEN van die volgende stel een mol gas by STD voor?

         A     22,4 dm3 Ar

         B     28 dm3 N 2

         C     32 dm3 H 2

         D     44,8 dm3 He                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       6                                       DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

1.9      Bestudeer die vergelyking hieronder:

                                   2H 2 (g) + O 2 (g) → 2H 2 O(g)

         Watter EEN van die stellings hieronder is KORREK?

         A     2 molekule waterstofgas reageer met 1 atoom suurstofgas om 2 atome
               waterdamp te vorm.

         B     4 atome waterstofgas reageer met 2 molekule suurstofgas om 2 mol
               waterdamp te vorm.

         C     2 mol waterstofgas reageer met 1 mol suurstofgas om 2 mol waterdamp
               te vorm.

         D     4 g waterstofgas reageer met 16 g suurstofgas om 18 g waterdamp te
               vorm.                                                                              (2)

1.10     Die hidrosfeer word die beste beskryf as …

         A     die rotslaag wat bokant die aarde se mantel aangetref word.

         B     die warm vloeibare rots wat in die aarde se buitenste kern voorkom.

         C     die baie digte rots wat in die aarde se binneste kern voorkom.

         D     al die water onder, bo-op en bokant die oppervlak van die aarde.                   (2)
                                                                                                  [20]

BEANTWOORD VRAAG 2–12 IN DIE ANTWOORDEBOEK.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

2.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

5.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

6.       Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         7                                    DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      Kies 'n item uit KOLOM B wat die beste pas by die beskrywing/item in
         KOLOM A. Elke item in KOLOM B mag slegs EEN keer gebruik word. Skryf
         slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
         2.2.1       Kaliumchloriedkristalle              A   heterogene mengsel

         2.2.2       'n Goeie geleier van elektrisiteit   B   homogene mengsel

         2.2.3       'n Niemetaal-element                 C   silikon

         2.2.4       Suiker opgelos in water              D   digtheid

         2.2.5       Bloed                                E   swawel

         2.2.6       Toenemende geleiding met             F   verbinding
                     toename in temperatuur
                                                          G   Cu
         2.1.7       Massa per volume
                                                                                   (7 x 1)      (7)

2.2      Vaste koolsuurgas staan soms bekend as droë ys. Onder normale toestande
         sublimeer droë ys wanneer dit warm word.

         Definieer die term sublimasie.                                                         (2)

2.3      Wanneer jy 'n blok botter uit die yskas haal, is dit hard. Na 15 minute by
         kamertemperatuur is dit egter sag genoeg om te smeer.

         Gebruik die kinetiese teorie om die waarneming hierbo te verduidelik.                  (3)
                                                                                                [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                   8                                 DBE/2012
                                                NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die verhittingskurwe van 'n suiwer stof by atmosferiese druk word in die grafiek
hieronder aangetoon.

                          120

                                                                        X
                          90                                            •

       Temperatuur (°C)
                          60

                          30

                           0
                                                  Tyd (minute)

3.1                  Skryf die volgende vir hierdie suiwer stof neer:

                     3.1.1       Smeltpunt                                                              (1)

                     3.1.2       Kookpunt                                                               (1)

3.2                  Is hierdie suiwer stof water? Gee 'n rede vir die antwoord.                        (2)

3.3                  Wat is die fisiese toestand van hierdie stof by:

                     3.3.1       Punt X op die grafiek aangetoon                                        (2)

                     3.3.2       Kamertemperatuur                                                       (1)

3.4                  Wat gebeur met die temperatuur terwyl die stof smelt? Verduidelik hierdie
                     waarneming.                                                                        (3)
                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        9                                    DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Natrium reageer met chloor om natriumchloried, 'n stof wat in alle huishoudings
gebruik word te vorm.

4.1      Skryf neer die:

         4.1.1       Huishoudelike naam vir natriumchloried                                     (1)

         4.1.2       Chemiese formule van natriumchloried                                       (1)

4.2      Vir die chlooratoom:

         4.2.1       Teken die Aufbau-diagram                                                   (3)

         4.2.2       Skryf die getal valensie-elektrone neer                                    (1)

4.3      Vir die natriumatoom, skryf neer die:

         4.3.1       sp-notasie                                                                 (2)

         4.3.2       Getal protone                                                              (1)

4.4      Stel die vorming van natriumchloried uit natrium en chloor met behulp van
         Lewis-diagramme voor.                                                                  (4)

4.5      Noem die tipe kristalrooster waarvan natriumchloried 'n voorbeeld is.                  (1)

4.6      'n Chlooratoom kan ook met 'n ander chlooratoom verbind om 'n molekuul te
         vorm.

         4.6.1       Definieer die term molekuul.                                               (2)

         4.6.2       Noem die tipe binding wat tussen TWEE chlooratome vorm.                    (1)

         4.6.3       Stel die chloormolekuul met behulp van 'n Lewis-diagram voor.              (2)
                                                                                                [19]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         10                                  DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Inligting van ses elemente, voorgestel as P, Q, R, S, T en Y, word in die tabel
hieronder gegee.

       ELEMENT ATOOMGETAL MASSAGETAL ELEKTRONSTRUKTUUR
          P        16         32     1s22s22p63s23p4
          Q        3           7     1s22s1
          R        20         40     1s22s22p63s23p64s2
          S        18         40     1s22s22p63s23p6
          T        17         37     1s22s22p63s23p5
          Y        19         39     1s22s22p63s23p64s1

5.1      Watter element (P, Q, R, S, T of Y):
         5.1.1       Het 22 neutrone in elke atoom                                              (1)
         5.1.2       Is 'n edelgas                                                              (1)
         5.1.3       Het TWEE kernelektrone in elke atoom                                       (1)

5.2      Twee van die elemente hierbo is in dieselfde groep van die periodieke tabel.
         Skryf neer:
         5.2.1       Die letters wat hierdie TWEE elemente voorstel                             (2)
         5.2.2       Hulle groepnommer op die periodieke tabel                                  (1)

5.3      EEN van die elemente wat hierbo voorgestel word, is kalsium. Skryf neer die:
         5.3.1       Letter wat dit voorstel                                                    (1)
         5.3.2       Vlamkleur wat deur kalsiumsoute voortgebring sal word                      (1)

5.4      Skryf die formule neer van die verbinding wat vorm deur die kombinasie van
         elemente:
         5.4.1       Q en P                                                                     (1)
         5.4.2       R en T                                                                     (1)
5.5      Identifiseer element T en skryf sy AZ X -notasie neer.                                 (3)

5.6      'n Ander element, X, kom in die natuur as twee isotope, X-23 en X-25 voor.
         Die tekening hieronder stel 'n monster van hierdie element voor.
                                                                  = X-25
                                                                  = X-23

         5.6.1       Definieer die term isotoop.                                                (2)
         5.6.2       Gebruik die inligting hierbo om die relatiewe atoommassa van
                     element X te bereken.                                                      (4)
                                                                                                [19]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           11                                      DBE/2012
                                        NSS – Graad 10 Model

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die ongebalanseerde vergelyking (i) en die woordvergelyking (ii) vir twee chemiese
reaksies word hieronder aangetoon.
(i)    SO 2 (g) + O 2 (g) → SO 3 (g)
(ii)   Kalsiumkarbonaat → kalsiumoksied + koolstofdioksied

6.1        Watter EEN van die vergelykings (i of ii) hierbo stel die volgende voor:

           6.1.1       Ontbindingsreaksie                                                             (1)

           6.1.2       Sintesereaksie                                                                 (1)

6.2        Wat stel (g) in vergelyking (i) hierbo voor?                                               (1)

6.3        Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking vir die woordvergelyking (ii)
           neer. Toon die fases van ALLE reaktanse en produkte aan.                                   (4)

6.4        Skryf vergelyking (i) in die ANTWOORDEBOEK neer en balanseer die
           vergelyking.                                                                               (1)

6.5        Noem die chemiese wet wat deur 'n gebalanseerde vergelyking voorgestel
           word.                                                                                      (1)

6.6        Gebruik vergelyking (i) hierbo en toon aan dat massa tydens die reaksie
           behoue bly.                                                                                (3)
                                                                                                      [12]

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
7.1        Die opstelling hieronder word in 'n klas gebruik om die geleiding van 'n
           oplossing te ondersoek. Die beker word aanvanklik met 250 mℓ gedistilleerde
           water gevul. Daar word waargeneem dat die gloeilamp nie brand nie.

                                                          Elektrodes

                                                          Beker

                                                          Gedistilleerde water

           7.1.1       Gee 'n rede waarom die gloeilamp NIE brand NIE.                                (1)
           'n 15 g-monster ammoniumnitraat word nou in die gedistilleerde water
           opgelos. Daar word waargeneem dat die gloeilamp helder brand.
           7.1.2       Skryf die algemene naam neer wat gebruik word vir 'n waterige
                       oplossing wat elektrisiteit gelei.                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        12                                        DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

         7.1.3       Skryf die formules van die ione wat in die oplossing teenwoordig is,
                     neer.                                                                           (1)

         7.1.4       Bereken die konsentrasie van die ammoniumnitraatoplossing.                      (5)

7.2      Leerders kry twee bottels, gemerk A en B. Dit is bekend dat een bottel 'n
         MgSO 4 -oplossing bevat en dat die ander een 'n BaCℓ 2 -oplossing bevat.

         Hulle gooi 'n monster uit bottel A in 'n proefbuis en doen twee toetse om die
         inhoud te identifiseer. Hulle teken hul bevindinge in die tabel hieronder aan.

                           TOETS                                   WAARNEMING
         Voeg 'n klein hoeveelheid Ba(NO 3 ) 2 (aq) by
                                                            'n Wit presipitaat vorm.
         die monster van bottel A in die proefbuis.
         Voeg 'n paar druppels verdunde
                                                            Die wit presipitaat los nie op
         salpetersuur (HNO 3 ) by die inhoud van die
                                                            nie.
         proefbuis.

         7.2.1       Skryf die NAAM en FORMULE van die wit presipitaat wat in die
                     proefbuis vorm neer.                                                            (2)

         7.2.2       Gee 'n rede waarom dit nodig is om salpetersuur by die inhoud van
                     die proefbuis te voeg nadat die presipitaat vorm.                               (2)

         7.2.3       Watter bottel (A of B) bevat die BaCℓ 2 -oplossing?                             (2)

7.3      Die leerders gooi nou 'n monster uit elk van bottels A en B in twee aparte
         proefbuise en meng die inhoud van die twee proefbuise. Hulle neem 'n wit
         presipitaat waar.
                     Monster A       Monster B                   Mengsel

                                 +

         7.3.1       Skryf 'n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat in die
                     proefbuis plaasvind neer nadat die twee monsters gemeng is. Toon
                     ALLE fases van reaktanse en produkte aan.                                       (4)

         7.3.2       Noem die tipe reaksie wat plaasvind.                                            (1)
                                                                                                     [19]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       13                                  DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1      Die reaksie tussen magnesium en verdunde soutsuur word deur die
         gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel.

                             Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ 2 (aq) + H 2 (g)

         Tydens 'n eksperiment reageer 1,5 g magnesium met oormaat verdunde
         soutsuur om waterstofgas by STD te vorm.

         Bereken die:

         8.1.1       Massa (in gram) waterstofgas wat gevorm word                             (5)

         8.1.2       Volume (in dm3) waterstofgas wat by STD gevorm word                      (3)

         8.1.3       Massa (in gram) MgCℓ 2 wat gevorm word                                   (4)

         8.1.4       Getal chlooratome teenwoordig in die MgCℓ 2 wat gevorm                   (3)

8.2      Daar word gevind dat die molêre massa van gehidrateerde natriumkarbonaat
         268 g∙mol-1 is. Die formule van die gehidrateerde natriumkarbonaat is
         Na 2 CO 3 .xH 2 O.

         Bereken die getal mol kristalwater (x) in die verbinding.                            (4)

8.3      Die empiriese formule van 'n sekere verbinding moet bepaal word. Tydens die
         ontleding van 'n monster van die verbinding word gevind dat dit 71,65% Cℓ,
         24,27% C en 4,07% H bevat.

         8.3.1       Definieer die term empiriese formule.                                    (2)

         8.3.2       Bepaal die empiriese formule van die verbinding. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                             (5)
                                                                                              [26]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           14                                   DBE/2012
                                        NSS – Graad 10 Model

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee-derdes van ons planeet is met water bedek. Baie van die water word in mere,
riviere en oseane aangetref. Water kom ook ondergronds voor.

Die diagram hieronder toon aan hoe water konstant op aarde gesirkuleer word.

                               Proses B       Waterdamp
                                                                        Son

                             Wolke                               Proses C
                                                   Proses A
                         Presipitasie
                                                                       Bome
                                             Oppervlakafloop

                              Infiltrering                     Opgaardam

                          Ondergrondse water

9.1      Skryf die naam neer van proses:

         9.1.1       A                                                                             (1)

         9.1.2       B                                                                             (1)

         9.1.3       C                                                                             (1)

9.2      As gevolg van industrialisasie is suurreën algemeen in sekere areas.

         'n Laboratoriumtegnikus toets die suurheid van drie watermonsters wat
         tydens presipitasie versamel is. Die resultate wat verkry is, word in die tabel
         hieronder aangetoon.

                              Monster         1         2       3
                              pH             4,5       6,9     7,2

         9.2.1       Watter EEN van die monsters (1, 2 of 3) is NIE veilig vir menslike
                     gebruik nie? Gee 'n rede vir die antwoord.                                    (2)

         9.2.2       Swaweldioksied is een van die gasse wat vir suurreën
                     verantwoordelik is. Skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer vir die
                     reaksie wat plaasvind wanneer swaweldioksied in water oplos om
                     swaweligsuur te vorm.                                                         (3)

         9.2.3       Noem EEN negatiewe effek van suurreën op die omgewing.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      15                                 DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

9.3      Chloor word gebruik vir die suiwering van water. In groot hoeveelhede kan
         chloor egter skadelik wees vir menslike gebruik.

         9.3.1       Gee 'n rede waarom chloor by drinkwater gevoeg word.                 (2)

         'n Sekere verbinding X word aangesuur met salpetersuur en dan by 'n
         watermonster gevoeg om vir die teenwoordigheid van chloriede in die water
         te toets. 'n Wit presipitaat vorm.

         9.3.2       Skryf die NAAM of FORMULE van verbinding X neer.                     (2)
                                                                                          [13]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                                 DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                VRAESTEL 2 (CHEMIE)

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                 PAPER 2 (CHEMISTRY)

TABEL 1: FISIESE KONSTANTES/TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS

         NAAM/NAME                 SIMBOOL/SYMBOL                   WAARDE/VALUE
Avogadro-konstante
                                               NA                   6,02 x 1023 mol-1
Avogadro's constant
Lading op elektron
                                               e                     -1,6 x 10-19 C
Charge on electron
Elektronmassa
                                               me                    9,11 x 10-31 kg
Electron mass
Molêregasvolume by STD
                                               Vm                    22,4 dm3∙mol-1
Molar gas volume at STP

TABEL 2: FORMULES/TABLE 2: FORMULAE

                              n
                         c=
                              V
           m                              V                    N
      n=                 or/of       n=                   n=
           M                              Vm                   NA
                              m
                         c=
                              MV

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                                                                                                                                                     DBE/2012
                                                                                             NSS – Graad 10 Model
                                                               TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
                                                                TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS

       1           2           3           4           5           6           7            8            9           10          11           12       13          14             15       16          17         18
      (I)         (II)                                                                                                                                (III)       (IV)            (V)     (VI)        (VII)      (VIII)
        1                                                                           Atomic number                                                                                                                   2
                                                KEY/SLEUTEL                           Atoomgetal
2,1    H                                                                                                                                                                                                          He
        1                                                                                                                                                                                                          4
        3           4                                                                       29                                                             5           6           7           8           9       10
                                                  Electronegativity                                      Symbol
1,0    Li   1,5    Be                            Elektronegatiwiteit                 1,9    Cu           Simbool                                    2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5   O     4,0    F      Ne
       7             9                                                                      63,5                                                          11          12           14         16          19       20
       11           12                                                                                                                                    13          14           15         16          17       18
0,9   Na    1,2   Mg                                         Approximate relative atomic mass                                                       1,5   Aℓ    1,8   Si    2,1    P    2,5    S    3,0   Cℓ       Ar
       23           24                                       Benaderde relatiewe atoommassa                                                               27          28           31         32          35,5     40
       19           20         21          22          23      24    25       26     27    28                                    29           30          31          32           33         34           35      36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5   Ti    1,6    V    1,6   Cr    1,5   Mn     1,8   Fe     1,8   Co    1,8   Ni    1,9   Cu     1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8   Br       Kr
       39           40         45          48          51          52          55           56           59          59          63,5         65          70          73           75         79          80       84
       37           38         39          40          41          42          43           44           45          46           47          48          49          50           51         52          53       54
0,8   Rb    1,0    Sr    1,2   Y     1,4   Zr          Nb    1,8   Mo    1,9   Tc     2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9   Ag     1,7   Cd    1,7   In    1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5    I       Xe
       86           88         89          91          92          96                       101          103         106         108          112         115         119         122         128         127      131
       55           56         57          72          73          74          75            76           77          78         79           80          81          82           83         84           85      86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6   Hf          Ta          W           Re           Os            Ir         Pt          Au           Hg    1,8   Tℓ    1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5   At      Rn
      133          137         139         179         181         184         186          190          192         195         197          201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac                      58          59          60           61           62          63          64           65          66          67          68          69          70      71
                   226
                                                   Ce              Pr      Nd          Pm           Sm           Eu          Gd           Tb          Dy          Ho              Er      Tm          Yb         Lu
                                                   140         141         144                       150         152         157          159         163         165         167         169         173        175
                                                       90          91          92           93           94          95          96           97          98          99      100         101         102        103
                                                   Th          Pa              U        Np           Pu         Am          Cm            Bk              Cf      Es          Fm          Md          No          Lr
                                                   232                     238

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                             DBE/2012
                             NSS – Graad 10 Model

ANTWOORDBLAD

LEERDER SE NAAM:

           A         B   C   D
1.1

           A         B   C   D
1.2

           A         B   C   D
1.3

           A         B   C   D
1.4

           A         B   C   D
1.5

           A         B   C   D
1.6

                                                    For the use of the marker
           A         B   C   D
1.7                                                 Vir die gebruik van die nasiener

                                                    Marks obtained
           A         B   C   D                      Punte behaal
1.8

                                                    Marker's initials
           A         B   C   D                      Nasiener se paraaf
1.9

                                                    Marker's number
           A         B   C   D                      Nasiener se nommer
1.10

                                                                                (10 x 2)      [20]

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/e4c7326e-a7cf-4c7f-9d45-df658b001890) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng & Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-eng-afr/4ea24956-28d2-4a2a-a454-04af187ec772) — Physical Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/f5b2693d-e3d5-4da6-b145-3ca90efd073d) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng & Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr-10-exemplar-2012-memo-eng-afr/efd72a77-c6a8-43a5-827c-7794c8604842) — Physical Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Physical Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng & Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-eng-afr/c63d8de3-06eb-43eb-a8e7-f1dc0681f0e0) — Physical Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2015 Memo Afr & Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2015-memo-afr-eng/52620206-d409-4df5-a70d-72e8c70cf639) — Physical Sciences · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
