# Physical Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-afr-d/dd496358-04bf-433e-84eb-a574d8544335
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-afr-d/dd496358-04bf-433e-84eb-a574d8544335)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Physical Sciences P2 Gr 10 Nov 2019 Memo Afr & Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-memo-afr-eng/f1aaa72a-2e1d-424d-8e0f-8e13a6cf079e) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 10

                     FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

               Die vraestel bestaan uit 13 bladsye en 2 gegewensblaaie.

                                      *XPSCA2*

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Fisiese Wetenskappe/V2                      2                           DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (bv. 10A) in die toepaslike ruimtes op die
         ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Fisiese Wetenskappe/V2                                   3                  DBE/November 2019
                                                  KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord.

1.1      Stikstofgas is 'n voorbeeld van 'n ...

         A     element.

         B     verbinding.

         C     heterogene mengsel.

         D     homogene mengsel.                                                                   (2)

1.2      Die verhittingskurwe, nie volgens skaal geteken nie, van 'n verbinding word
         hieronder getoon.

                                                      C       D

                     Temperatuur (°C)
                                        300

                                              A   B
                                         40
                                          0
                                                                  Tyd (s)

         Gedurende watter gedeelte(s) van die kurwe sal die potensiële energie van
         die verbinding TOENEEM?

         A     Slegs BC

         B     Slegs CD

         C     AB en CD

         D     AB, BC en CD                                                                        (2)

1.3      Elemente in die periodieke tabel is in volgorde van toenemende ... gerangskik.

         A     massagetal

         B     aantal protone

         C     aantal neutrone

         D     aantal nukleone                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Fisiese Wetenskappe/V2                          4                    DBE/November 2019
                                         KABV – Graad 10

1.4      Avogadro se getal is gelyk aan die aantal ...

         A     atome in 1 mol CO.

         B     atome in 1 mol Br2.

         C     molekule in 1 mol Au.

         D     molekule in 1 mol N2.                                                         (2)

1.5      Die ongebalanseerde vergelyking vir 'n chemiese reaksie word hieronder
         getoon.

                                       CH4 + O2 → CO2 + H2O

         Watter EEN van die volgende stel die koëffisiënte van die reaktanse en
         produkte in die GEBALANSEERDE vergelyking voor?

                     CH4        O2             CO2         H2O
         A            2          1              2           1
         B            1          1              2           2
         C            1          2              1           2
         D            2          2              1           1                                (2)

1.6      'n Kovalente binding vorm ...

         A     tussen metaal- en nie-metaalatome.

         B     deur elektronoordrag.

         C     deur die deel van elektrone.

         D     tussen positiewe en negatiewe ione.                                           (2)

1.7      Die reaksie tussen waterstofchloried (HCℓ) en natriumhidroksied (NaOH) is 'n
         voorbeeld van 'n ...-reaksie.

         A     redoks

         B     suur-basis

         C     presipitasie (neerslag)

         D     gasvormende                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Fisiese Wetenskappe/V2                       5                           DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 10

1.8      Beskou die Aufbau-diagram van 'n element hieronder.

                                      3s   mn
                                      2p   mn   mn   mn
                                      2s   mn
                                      1s   mn

         Die element is 'n ...

         A     halogeen.

         B     edelgas.

         C     alkalimetaal.

         D     alkali-aardmetaal.                                                                (2)

1.9      Watter EEN van die volgende                  vergelykings   verteenwoordig     'n
         presipitasiereaksie (neerslagreaksie)?

         A     NaOH + HCℓ → NaCℓ + H2O

         B     NaCℓ + HNO3 → NaNO3 + HCℓ

         C     NaCℓ + AgNO3 → AgCℓ + NaNO3

         D     Na2CO3 + 2HCℓ → 2NaCℓ + CO2 + H2O                                                 (2)

1.10     Die lug wat die Aarde omring, is die ...

         A     biosfeer.

         B     litosfeer.

         C     atmosfeer.

         D     hidrosfeer.                                                                       (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Fisiese Wetenskappe/V2                        6                          DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die meeste elemente wat op die Aarde gevind word, is metale. Alle metale het 'n
metaalstruktuur.

2.1      Vir 'n metaalstruktuur, skryf neer die:

         2.1.1       Tipe deeltjies teenwoordig                                                  (2)

         2.1.2       Tipe chemiese binding gevorm tussen deeltjies                               (1)

2.2      In watter gebied op die periodieke tabel word metale aangetref? Kies uit
         LINKS of REGS.                                                                          (1)

2.3      Skryf die SIMBOOL van 'n metaal neer wat 'n vloeistof by kamertemperatuur
         is.                                                                                     (1)

2.4      Om te voorkom dat yster roes, word dit dikwels met ander metale gemeng,
         bv. vlekvrye staal is 'n mengsel van yster, chroom en nikkel.

         2.4.1       Is vlekvrye staal 'n HOMOGENE of HETEROGENE mengsel? Gee
                     'n rede vir die antwoord.                                                   (2)

         2.4.2       Roes is die vorming van yster(III)oksied. Skryf die FORMULE van
                     yster(III)oksied neer.                                                      (1)

2.5      Die fisiese eienskappe van twee stowwe, A en B, word in die tabel hieronder
         getoon.

                                DIGTHEID           ELEKTRIESE            TERMIESE
            STOWWE
                                 (g·cm-3)           GELEIDING            GELEIDING
                 A                 4,94               Swak                 Swak
                 B                 7,87               Goed                 Goed

         2.5.1       Watter EEN van die stowwe, A of B, het die kleinste massa-tot-
                     volume-verhouding? Gee 'n rede vir die antwoord.                            (2)

         2.5.2       Verduidelik die verskil tussen elektriese geleiding en termiese
                     geleiding.                                                                  (2)

         2.5.3       Watter EEN van die stowwe, A of B, is 'n metaal? Gee 'n rede vir die
                     antwoord.                                                                   (2)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Fisiese Wetenskappe/V2                         7                         DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1      Die drie isotope van magnesium is Mg-24, Mg-25 en Mg-26. Die persentasie
         voorkoms van die drie isotope is onderskeidelik 80%, 10% en 10%.

         3.1.1       Definieer die term isotoop.                                                (2)

         3.1.2       Bereken die relatiewe atoommassa van magnesium.                            (4)

         3.1.3       Die getal protone en elektrone, die massagetal en die atoomgetal
                     van Mg-24 en sy ioon word in die tabel hieronder getoon.

                     Sommige van hierdie waardes in die tabel is uitgelaat. Skryf die
                     letters (a–e) in die ANTWOORDEBOEK neer en langs elke letter die
                     getal wat uitgelaat is.

                                GETAL          GETAL         MASSA-        ATOOM-
                               PROTONE       ELEKTRONE       GETAL         GETAL
                       Mg          12              (a)          24            (b)

                      Mg2+        (c)              (d)          (e)           12
                                                                                                (5)

3.2      Die sp-notasie van 'n onbekende element X word hieronder getoon.

                                          1s22s22p63s23p5

         Vir element X, skryf neer die:

         3.2.1       Getal valenselektrone                                                      (1)

         3.2.2       Periode waar hierdie element op die periodieke tabel gevind word           (1)

         3.2.3       Hoogste energievlak waarin elektrone voorkom                               (1)

         3.2.4       Simbool                                                                    (1)

         Magnesium verbind met element X om 'n verbinding te vorm.                              (1)

         3.2.5       Skryf neer die tipe binding wat tussen magnesium en element X
                     vorm.                                                                      (1)

         3.2.6       Teken die Aufbau-diagram vir die MAGNESIUM-IOON.                           (2)

         3.2.7       Teken Lewis-koldiagramme om die vorming van die binding tussen
                     magnesium en element X te toon.                                            (4)
                                                                                                [22]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Fisiese Wetenskappe/V2                         8                           DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Gedeelte van die periodieke tabel word hieronder getoon. Denkbeeldige simbole
word gebruik om van die elemente voor te stel.

                 1       2                             13   14   15   16   17     18
           1                                                                       L
           2             E                                            G    J
           3                                           D         M
           4     A                                          H

4.1      Skryf die DENKBEELDIGE SIMBOOL, soos hierbo getoon, van die element
         neer wat:

         4.1.1       'n Halogeen is                                                                  (1)

         4.1.2       'n Katioon met 'n lading van +2 sal vorm                                        (1)

         4.1.3       Die grootste atoomradius het                                                    (1)

         4.1.4       Die hoogste elektronegatiwiteit het                                             (1)

         4.1.5       'n Metalloïed is                                                                (1)

         4.1.6       'n Edelgas is                                                                   (1)

         4.1.7       'n Diatomiese molekuul sal vorm                                                 (1)

         4.1.8       Drie valenselektrone het                                                        (1)

4.2      Die eerste ionisasie-energie van element A is 400 kJ·mol-1.

         4.2.1       Definieer die term eerste ionisasie-energie.                                    (2)

         4.2.2       Die eerste ionisasie-energie van element A kan deur die volgende
                     onvolledige vergelyking voorgestel word:

                     A(g) + 400 kJ·mol-1 | ... + ...

                     Skryf die vergelyking hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor en
                     voltooi dit.                                                                    (2)

4.3      Atome van element J stel die meeste energie vry wanneer elektrone
         opgeneem word om negatiewe ione te vorm.

         Skryf EEN woord of term vir die onderstreepte frase neer.                                   (1)

4.4      Skryf die formule neer van die verbinding wat gevorm word wanneer:

         4.4.1       D met G verbind                                                                 (2)

         4.4.2       A met J verbind                                                                 (2)
                                                                                                     [17]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Fisiese Wetenskappe/V2                         9                        DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou die verbinding Aℓ2(SO4)3.

5.1      Skryf die NAAM van die verbinding hierbo neer.                                        (1)

5.2      Definieer die term molêre massa.                                                      (2)

5.3      Bereken die volgende vir Aℓ2(SO4)3:

         5.3.1       Sy molêre massa                                                           (2)

         5.3.2       Sy persentasie samestelling                                               (3)

         5.3.3       Die aantal mol teenwoordig in 85,5 g                                      (3)

         5.3.4       Die aantal aluminium-atome teenwoordig in 85,5 g                          (3)

5.4      Deeltjies van Aℓ2(SO4)3 word in 'n kristalrooster gebind.

         Skryf die volgende vir hierdie kristalrooster neer:

         5.4.1       Die naam                                                                  (1)

         5.4.2       Die deeltjies waaruit dit bestaan                                         (2)

         5.4.3       TWEE fisiese eienskappe                                                   (2)

5.5      500 g Aℓ2(SO4)3 word in 2 dm3 water opgelos.

         5.5.1       Definieer die term konsentrasie.                                          (2)

         5.5.2       Bereken die konsentrasie van die oplossing.                               (4)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Fisiese Wetenskappe/V2                         10                        DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Die eerste stap in die ekstraksie van sink vanuit sinksulfied (ZnS) is die
         verbranding van ZnS in suurstof. Die gebalanseerde vergelyking vir die
         reaksie is:

                         2ZnS(s) + 3O2(g) → 2ZnO(s) + 2SO2(g) + energie

         6.1.1       Is die reaksie hierbo EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? Gee 'n
                     rede vir die antwoord.                                                         (2)

         Suurstofgas bestaan uit suurstofmolekule.

         6.1.2       Definieer die term molekuul.                                                   (2)

         6.1.3       Teken die Lewis-koldiagram van die suurstofmolekuul (O2).                      (2)

         Gedurende die reaksie hierbo reageer 7 g ZnS volledig met suurstofgas.

         Bereken die:

         6.1.4       Aantal mol ZnS wat gereageer het                                               (3)

         6.1.5       Massa O2 wat benodig word                                                      (3)

         6.1.6       Volume SO2(g) gevorm by STD                                                    (4)

6.2      Beskou die onvolledige vergelyking vir die chemiese reaksie hieronder.

                                  Zn(s) + H2SO4(aq) → X + H2(g)

         6.2.1       Skryf die NAAM van die suur in die reaksie hierbo neer.                        (1)

         6.2.2       Skryf die FORMULE van produk X neer.                                           (2)

         6.2.3       Noem die tipe reaksie hierbo geïllustreer. Kies uit SUUR-BASIS-
                     REAKSIE,      PRESIPITASIEREAKSIE        of   REDOKSREAKSIE.
                     Verduidelik die antwoord.                                                      (3)

         6.2.4       Beskryf kortliks 'n toets wat gebruik kan word om die vorming van
                     waterstofgas tydens die reaksie hierbo te bevestig.                            (2)
                                                                                                    [24]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Fisiese Wetenskappe/V2                            11                             DBE/November 2019
                                           KABV – Graad 10

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Die verwantskap tussen geleidingsvermoë en die konsentrasie van ione in
         twee elektroliete, NaCℓ(aq) en CaCℓ2(aq), van DIESELFDE konsentrasie word
         ondersoek.

         7.1.1       Definieer die term elektroliet.                                                    (2)

         7.1.2       Is die watermolekuul POLÊR of NIE-POLÊR? Gee 'n rede vir die
                     antwoord.                                                                          (2)

         7.1.3       Vir hierdie ondersoek, skryf neer die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                                    (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                                      (1)

         Die NaCℓ(aq) word drupsgewys by gedistilleerde water in 'n beker gevoeg en
         die geleidingsvermoë van die oplossing word na die byvoeging van elke
         druppel gemeet. Die eksperiment word met die CaCℓ2(aq) herhaal. Die
         resultate wat verkry is, word in die tabel hieronder getoon.

          GETAL DRUPPELS               0        1       2      3      4      5        6       7
         Geleidingsvermoë
                                     0,18     0,34     0,55   0,74   0,92   1,10    1,29    1,47
         van NaCℓ(aq) (mA)
         Geleidingsvermoë
                                     0,18     0,55     0,91   1,29   1,47   1,84    2,21    2,21
         van CaCℓ2(aq) (mA)

         7.1.4       Skryf 'n gebalanseerde vergelyking vir die dissosiasie van NaCℓ(s) in
                     water neer.                                                                        (3)

         7.1.5       Watter elektroliet, NaCℓ(aq) of CaCℓ2(aq), het die                   hoogste
                     geleidingsvermoë? Gee 'n rede vir die antwoord.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Fisiese Wetenskappe/V2                        12                          DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 10

7.2      'n Leerder word voorsien van twee ongemerkte bottels wat kaliumsoute bevat.
         Sy weet dat een van die bottels 'n SULFAAT en die ander een 'n
         KARBONAAT bevat.

         Om tussen die twee soute te onderskei, voeg sy 'n paar druppels
         bariumnitraat, Ba(NO3)2(aq), by 'n oplossing van elke sout in twee aparte
         proefbuise, A en B, soos hieronder getoon.

                     Ba(NO3)2(aq)                          Ba(NO3)2(aq)
          A                                          B
                         Wit presipitaat                         Wit presipitaat
                         Oplosbaar in salpetersuur               Onoplosbaar in salpetersuur

         Die leerder vind dat 'n wit presipitaat (neerslag) in elke proefbuis vorm. Na die
         byvoeging van salpetersuur los die presipitaat in proefbuis A op om 'n gas vry
         te stel, terwyl die presipitaat in proefbuis B agterbly.

         Skryf neer die:

         7.2.1       FORMULE van die KALIUMSOUT in proefbuis A                                    (2)

         7.2.2       FORMULE van die presipitaat wat in proefbuis B vorm                          (2)

         7.2.3       Gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat verduidelik waarom
                     die presipitaat in proefbuis A na die byvoeging van salpetersuur
                     oplos                                                                        (3)
                                                                                                  [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Fisiese Wetenskappe/V2                       13                     DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die vereenvoudigde diagram hieronder verteenwoordig die watersiklus. Kondensasie
en verdamping is twee van die prosesse in die watersiklus.

                                           Proses B         Wolke
                          Waterdamp

                                                         Proses C
                            Proses A

                                             Dam

                                                 Proses D

                                       Ondergrondse water

8.1      Definieer die term:

         8.1.1       Kondensasie                                                        (2)

         8.1.2       Verdamping                                                         (2)

8.2      Skryf neer die naam van:

         8.2.1       Proses A                                                           (1)

         8.2.2       Proses B                                                           (1)

         8.2.3       Proses C                                                           (1)

         8.2.4       Proses D                                                           (1)

8.3      Beskryf die term hidrosfeer met verwysing na die verskillende fases
         teenwoordig.                                                                   (2)
                                                                                        [10]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 14



### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V2                      1                           DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 10

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                 PAPER 2 (CHEMISTRY)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                            VRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

        NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL           VALUE/WAARDE
Standard pressure
                                         pT            1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
                                        Vm             22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
Standaardtemperatuur                    TT             273 K
Charge on electron
                                         e             1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro's constant
                                        NA             6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

  m                                     n
                                              N
n
  M                                           NA
  n                      m                    V
c        OR/OF       c                  n
  V                      MV                   Vm

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Fisiese Wetenskappe/V2                                                                        2                                                                               DBE/November 2019
                                                                                                   KABV – Graad 10

            TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

       1              2           3           4           5           6           7           8            9           10          11           12       13          14         15           16          17         18
      (I)            (II)                                                                                                                               (III)       (IV)        (V)         (VI)        (VII)      (VIII)
                                                                                      Atomic number
       1                                            KEY/SLEUTEL                         Atoomgetal                                                                                                                     2
2,1    H                                                                                                                                                                                                             He
       1                                                                                      29                                                                                                                       4
       3               4                             Electronegativity                                     Symbol                                             5           6           7           8           9       10
                                                    Elektronegatiwiteit                 1,9   Cu           Simbool
1,0    Li      1,5    Be                                                                                                                              2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0    F       Ne
                                                                                              63,5
       7               9                                                                                                                                     11          12          14          16          19       20
       11              12                                                                                                                                    13          14          15          16          17       18
      Na              Mg                                         Approximate relative atomic mass                                                           Aℓ           Si          P           S           Cℓ       Ar
0,9            1,2                                                                                                                                    1,5         1,8         2,1         2,5         3,0
       23              24                                        Benaderde relatiewe atoommassa                                                              27          28          31          32         35,5      40
       19              20          21          22          23          24         25           26           27          28          29           30          31          32          33          34          35       36
0,8    K       1,0    Ca    1,3   Sc    1,5    Ti   1,6    V    1,6    Cr   1,5   Mn    1,8   Fe     1,8   Co    1,8    Ni   1,9    Cu    1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br       Kr
       39              40          45          48          51          52         55           56           59          59         63,5          65          70          73          75          79          80       84
       37              38          39          40          41          42         43           44           45          46          47           48          49          50          51          52          53       54
0,8   Rb       1,0     Sr   1,2    Y    1,4    Zr         Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9    Ag    1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I      Xe
       86              88          89          91          92          96                     101          103         106         108          112         115         119         122         128         127      131
       55              56          57          72          73          74          75          76           77          78          79           80          81          82          83          84          85       86
0,7   Cs       0,9    Ba          La    1,6    Hf         Ta           W          Re          Os            Ir          Pt          Au          Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At      Rn
      133             137         139         179         181         184         186         190          192         195         197          201         204         207         209
       87              88         89
0,7    Fr      0,9    Ra          Ac
                      226                              58          59          60             61        62          63          64           65          66          67          68          69          70         71
                                                      Ce           Pr         Nd              Pm       Sm          Eu          Gd           Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                      140         141         144                      150         152         157          159         163         165         167         169         173        175
                                                       90          91          92             93        94          95          96           97          98          99         100         101         102        103
                                                      Th          Pa           U              Np       Pu          Am          Cm           Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                      232                     238

            Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [PHYSC GRD 10 P2 2019 MEMO.Eng+AFR](https://www.hlayiso.com/library/physc-grd-10-p2-2019-memo-eng-afr/4a694432-eafd-4fa4-9637-298ec7625e74) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR10 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr10-nov2019-afrikaans/778f6eb1-0b22-4d0b-b2ff-99ca806dec82) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr 10 Physical Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/8962070c-37b0-4d17-8b1e-63a5d417bec3) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
