# Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2016 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2016-afr/3d154b70-ae51-4eb6-b479-9bd16c758ee5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2016-afr/3d154b70-ae51-4eb6-b479-9bd16c758ee5)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                      FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

               Die vraestel bestaan uit 12 bladsye en 2 gegewensblaaie.

                                    *XPSCA2*

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
     Fisiese Wetenskappe/V2                    2                     DBE/November 2016
                                        KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die
           ANTWOORDEBOEK neer.

2.         Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
           ANTWOORDEBOEK.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
           VRAAG 2.2.

6.         Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.         Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.         Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.        Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
           plekke af.

11.        Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ensovoorts waar nodig.

12.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
       Fisiese Wetenskappe/V2                      3                         DBE/November 2016
                                            KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
0B

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1           Watter EEN van die volgende groepe elemente word as halogene
              geklassifiseer?

              A     Li, Na, K

              B     Ne, Ar, Kr

              C     F, Cℓ, Br

              D     Si, Ge, As                                                                         (2)

1.2           Volgens die kinetiese molekulêre teorie …

              A     vibreer die deeltjies van 'n vaste stof in hulle vaste posisies en het hulle
                    'n vaste vorm.

              B     is die deeltjies van 'n vaste stof vry om rond te beweeg en is hulle
                    saampersbaar.

              C     is die deeltjies van 'n vaste stof vry om rond te beweeg het hulle
                    'n vaste vorm.

              D     vibreer die deeltjies van 'n vaste stof in hulle vaste posisies en is hulle
                    saampersbaar.                                                                      (2)

1.3           Watter EEN van die volgende stowwe ondergaan die sublimasieproses?

              A     Water

              B     Hout

              C     Koolstofdioksied in vastestofvorm

              D     Natriumchloried                                                                    (2)

1.4           Watter EEN van die molekules hieronder bevat die grootste getal atome?

              A     N2

              B     H2O

              C     CH4

              D     H2SO4                                                                              (2)

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                    4                       DBE/November 2016
                                     KABV – Graad 10

1.5      Die chemiese formule vir natriumsulfaat is …

         A     NaSO4

         B     Na2(SO4)2

         C     Na2SO4

         D     Na(SO4)2                                                                       (2)

1.6      Watter EEN van die volgende elektronkonfigurasies verteenwoordig 'n
         alkalimetaal-ioon?

         A     1s2

         B     1s2 2s2

         C     1s2 2s2 2p5

         D     1s2 2s2 2p6 3s1                                                                (2)

1.7      Watter EEN van die volgende groepe elemente toon die korrekte neiging
         van die atoomradiusse van elemente?

         A     F ˃ Cℓ ˃ Br ˃ I

         B     I ˃ Br ˃ Cℓ ˃ F

         C     Li ˂ Be ˂ B ˂ N

         D     Li ˃ B ˃ N ˃ Be                                                                (2)

1.8      Bestudeer die ongebalanseerde chemiese vergelyking hieronder.

                                   P4(s) + H2(g) → PH3(g)

         Watter EEN van die stelle koëffisiënte sal die chemiese reaksie balanseer?

         A     4, 2, 3

         B     1, 6, 4

         C     1, 4, 4

         D     2, 10, 8                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                    5                         DBE/November 2016
                                     KABV – Graad 10

1.9      Tydens die vorming van ioniese bindings word elektrone …

         A     gelyk gedeel.

         B     ongelyk gedeel.

         C     van 'n metaal na 'n nie-metaal oorgedra.

         D     van 'n nie-metaal na 'n metaal oorgedra.                                        (2)

1.10     Die hidrosfeer word die beste beskryf as …

         A     die rotslaag wat bo die aarde se mantel gevind word.

         B     die warm vloeibare rots wat in die aarde se buitekern voorkom.

         C     die baie digte rotslaag wat in die aarde se binnekern voorkom.

         D     al die water onder, bo en bo-op die oppervlak van die aarde.                    (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                        6                  DBE/November 2016
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die meeste stowwe wat ons in ons daaglikse lewens gebruik, is óf suiwer stowwe óf
mengsels.

2.1      Definieer die term suiwer stof.                                                      (1)

2.2      Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (2.2.1–2.2.4) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

            MATERIAAL            ELEMENT/VERBINDING/MENGSEL              REDE

              Diamant                            2.2.1                    2.2.2

                 Lug                             2.2.3                    2.2.4
                                                                                              (4)

2.3      Verduidelik waarom potte en panne van metaal gemaak word, maar die
         handvatsels word van plastiek of hout gemaak.                                        (2)

2.4      Skryf die chemiese formule van die volgende verbindings neer:

         2.4.1       Tafelsout                                                                (2)

         2.4.2       Kalsiumhidroksied                                                        (2)
                                                                                              [11]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
         Fisiese Wetenskappe/V2                              7                        DBE/November 2016
                                                      KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Leerders ondersoek die invloed van temperatuurverhoging op twee verskillende
stowwe (1 en 2) vir 'n sekere tydperk.

Bestudeer die temperatuur-teenoor-tydgrafieke hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
                                             Die verhittingskurwes van stof 1 en 2

                                                                             A
                   100

                                                          B
                    80

                    60

Temperatuur (°C)
                    40

                    20

                                                                                         Stof 1
                    0
                                                                                         Stof 2

                   -20

                                    5          10           15          20       25         Tyd (min)
3.1                      Skryf neer die:

                         3.1.1    Afhanklike veranderlike                                                      (1)

                         3.1.2    Onafhanklike veranderlike                                                    (1)

3.2                      Skryf 'n ondersoekende vraag vir hierdie ondersoek neer.                              (2)

3.3                      In watter fase is stof 1 by -10 °C?                                                   (1)

3.4                      By watter temperatuur smelt stof 2?                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                       8                        DBE/November 2016
                                        KABV – Graad 10

3.5      Definieer die term kookpunt.                                                            (2)

3.6      Noem die faseverandering wat by B plaasvind.                                            (1)

Die temperatuur bly konstant by B.

3.7      Verduidelik hierdie verskynsel ten opsigte van die spasies en die kragte
         tussen die deeltjies.                                                                   (4)

3.8      Watter stof op die grafiek het die swakste intermolekulêre krag tussen die
         molekules in die vloeistoffase? Gee 'n rede vir die antwoord.                           (2)

3.9      Noem die apparaat wat gebruik word om die gemiddelde kinetiese energie
         van die deeltjies te meet.                                                              (1)

3.10     Hoe vergelyk die gemiddelde kinetiese energie van stof 1 met die gemiddelde
         kinetiese energie van stof 2 by 90 °C?

         Skryf r MINDER AS, GELYK AAN of GROTER AS nee en gee 'n rede vir die
         antwoord.                                                                               (2)
                                                                                                 [18]

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Bestudeer die tabel van eerste en tweede ionisasie-energieë en beantwoord die vrae
wat volg.

              EERSTE IONISASIE-ENERGIE             TWEEDE IONISASIE-ENERGIE
                      (kJ.mol-1)                           (kJ.mol-1)
         Li              520                                 7 297
         Be              899                                 1 757
         B               801                                 2 427
         C              1 086                                2 352
         N              1 402                                2 854
         O              1 214                                3 391
         F              1 681                                3 381
         Ne             2 080                                3 964

4.1      Definieer die term ionisasie-energie.                                                   (2)

4.2      Gebruik die inligting in die tabel om te verduidelik waarom:

         4.2.1       Metale maklik katione vorm                                                  (2)

         4.2.2       Nie-metale maklik anione vorm                                               (2)

4.3      Verduidelik waarom die tweede ionisasie-energie van litium hoër as die eerste
         ionisasie-energie is.                                                                   (2)
                                                                                                 [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                           9                       DBE/November 2016
                                            KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1       Definieer die term isotoop.                                                                (2)

5.2       Bestudeer die onbekende elemente A tot E hieronder.

                   A                B                C                D              E
                  19               19               20               21             19
                   9X              10X               9X              11X             8X

          5.2.1         Watter van die elemente hierbo is isotope van mekaar?                        (1)

          5.2.2         Skryf die naam van hierdie isotoop neer.                                     (1)

5.3       Bereken die relatiewe atoommassa van koper deur die volgende koperisotope
          te gebruik:

          Koper isotope: 63Cu - 69% and 65Cu - 31%                                                   (4)

5.4       Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
          (5.4.1–5.4.5) neer.

 ELEMENT               MASSA-     ATOOM-         GETAL          GETAL          GETAL
                       GETAL      GETAL         PROTONE       NEUTRONE       ELEKTRONE

Fluoried-ioon           5.4.1           9            9             5.4.2           10

      5.4.3              25         5.4.4           12             5.5.5           12
                                                                                                     (5)

Ammoniak (NH3) word met gebruik van 'n nywerheidsproses, bekend as die
Haberproses, vervaardig. Dit word in die produksie van anorganiese
bemestingstowwe, soos ammoniumsulfaat gebruik.

5.5       Skryf die chemiese formule vir ammoniumsulfaat neer.                                       (1)

5.6       Noem die tipe binding tussen die atome in die ammoniakmolekule.
          Gee 'n rede vir die antwoord.                                                              (2)

5.7       Teken die Aufbau-diagram (orbitaal-boksdiagram) vir stikstof.                              (2)

5.8       Hoeveel valenselektrone het stikstof?                                                      (1)

5.9       Teken die Lewis-kol-diagram vir die ammoniakmolekule.                                      (2)
                                                                                                     [21]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
      Fisiese Wetenskappe/V2                     10                         DBE/November 2016
                                           KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die ongebalanseerde chemiese vergelyking (i) en die woordvergelyking (ii) vir twee
chemiese reaksies word hieronder getoon.

(i)       Cℓ2(g) + H2(g) → HCℓ(g)
(ii)      aluminiumkarbonaat → aluminiumoksied + koolstofdioksied

6.1         Watter EEN van die reaksies, (i) of (ii), is:

            6.1.1     'n Ontbindingsreaksie                                                          (1)

            6.1.2     'n Sintesereaksie                                                              (1)

6.2         Wat verteenwoordig die (g) in reaksie (i)?                                               (1)

6.3         Skryf die chemiese formule vir die volgende neer:

            6.3.1     Aluminiumkarbonaat                                                             (2)

            6.3.2     Aluminiumoksied                                                                (2)

6.4         Skryf 'n gebalanseerde chemiese reaksie vir reaksie (i) neer.                            (2)

6.5         Gebruik die gebalanseerde reaksie in VRAAG 6.4 om te toon dat massa
            tydens 'n chemiese reaksie behoue bly.                                                   (3)

6.6         Bereken die persentasie samestelling van waterstofchloried.                              (3)
                                                                                                     [15]

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Kaliumchloried dissosieer in water om 'n elektroliet te vorm.

7.1         Definieer die term elektroliet.                                                          (2)

7.2         Gebruik 'n chemiese reaksie om aan te toon hoe kaliumchloried in water
            dissosieer.                                                                              (3)

7.3         Indien 2 mol kalium-ione vorm gedurende die proses wat in VRAAG 7.2
            gebruik is, hoeveel mol van die metaalsout het opgelos?                                  (2)

7.4         Bereken die persentasie kalium in kaliumchloried.                                        (2)

7.5         Hoe sal 'n toename in die konsentrasie              van   kaliumchloried       die
            geleidingsvermoë van die elektroliet beïnvloed?

            Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                                       (1)

7.6         Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 7.5.                                               (2)
                                                                                                     [12]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  Fisiese Wetenskappe/V2                      11                        DBE/November 2016
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1      Die empiriese formule van 'n sekere verbinding moet bepaal word.
         Gedurende 'n analise van 'n monster van die verbinding is daar gevind dat dit
         40% C, 6,6% H en 53,3% O bevat.

         8.1.1       Definieer die term empiriese formule.                                       (2)

         8.1.2       Bepaal die empiriese formule van die verbinding. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                                (5)

         8.1.3       Indien die molekulêre massa van die verbinding 60 g·mol-1 is,
                     bereken die molekulêre formule van die verbinding.                          (3)

8.2      Die molêre massa van gehidrateerde natriumkarbonaat is 268 g∙mol-1.
         Die formule van die gehidrateerde natriumkarbonaat is Na2CO3.xH2O.

         Bereken die getal mol kristallisasiewater (x) in die verbinding.                        (4)
                                                                                                 [14]

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die reaksie tussen natrium en water word deur die volgende gebalanseerde chemiese
reaksievergelyking voorgestel:

                         2Na(s) + 2H2O(ℓ) → 2NaOH(aq) + H2(g)

Gedurende hierdie reaksie reageer 10 g natrium met 2 dm3 water om waterstofgas
teen STD te produseer.

9.1      Skryf die waardes van temperatuur en druk by STD neer.                                  (2)

9.2      Bereken die volgende:

         9.2.1       Massa (in gram) waterstofgas geproduseer                                    (5)

         9.2.2       Volume (in dm3) waterstofgas teen STD geproduseer                           (3)

         9.2.3       Massa (in gram) NaOH geproduseer                                            (4)

         9.2.4       Konsentrasie van die natriumhidroksiedoplossing                             (3)
                                                                                                 [17]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        12                     DBE/November 2016
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Chloried-ione en sulfaat-ione kom in water voor. Hierdie ione kan geïdentifiseer word
deur die onoplosbare verbindings wat hulle in chemiese reaksies vorm.
10.1     Skryf die korrekte term vir die volgende beskrywing neer:
         Die onoplosbare verbinding wat gevorm word wanneer sekere oplossings
         reageer                                                                         (1)
10.2     Voltooi die volgende reaksies deur die ontbrekende reagense/produkte, waar
         nodig, neer te skryf:
         10.2.1      Toets vir sulfaat-ione:
                     Stap I: Na2SO4(aq) + … → BaSO4(s) + NaCℓ(aq)
                     Stap II: BaSO4(s) + HNO3(aq) → …                                    (2)
         10.2.2      Toets vir chloried-ione
                     Stap I: KCℓ(aq) + … → AgCℓ(s) + KNO3(aq)
                     Stap II: AgCℓ(s) + … → geen reaksie                                 (2)
         10.2.3      Watter kleur is die onoplosbare vaste stof wat in stap I van
                     VRAAG 10.2.2 gevorm word?                                           (1)
10.3     Die diagram hieronder verteenwoordig komponente van die globale stelsel.

                                               A: Grond

                                                  D
                                                   D      B: Water
                                   C: Lug

         Watter EEN van die simbole verteenwoordig die:
         10.3.1      Atmosfeer                                                           (1)
         10.3.2      Biosfeer                                                            (1)
         10.3.3      Litosfeer                                                           (1)
10.4     Noem die DRIE hoofprosesse betrokke by die oordrag van water van een
         deel van die watersiklus na die volgende.                                       (3)
10.5     Beskryf EEN manier waarop die vraag na water tans bevredig word.                (2)
                                                                                         [14]
                                                                            TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                    1                              DBE/November 2016
                                      KABV – Graad 10

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                  PAPER 2 (CHEMISTRY)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                            VRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

       NAME/NAAM                  SYMBOL/SIMBOOL           VALUE/WAARDE
Standard pressure
                                          pθ            1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
                                          Vm            22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
                                          Tθ            273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
                                          e             1,6 x 10-19 C
Lading op elektron

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

   m                                           N
n=                                       n=
   M                                           NA
   n                 m                         V
c=       OR c =                          n=
   V                 MV                        Vm

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V2                                                                       2                                                                                     DBE/November 2016
                                                                                       KABV – Graad 10
                           TABLE 3: DIE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

       1           2           3           4           5           6                       8            9       10          11       12           13          14         15           16         17      18
                                                                               7
      (I)         (II)                                                                                                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)       (VII)   (VIII)
       1                                                                           Atomic number                                                                                                           2
                                                 KEY/SLEUTEL                         Atoomgetal
2,1    H                                                                                                                                                                                                  He
       1                                                                                                                                                                                                   4
       3            4                                                                      29                                                          5          6            7           8      9        10
                                                   Electronegativity                                    Symbol
1,0    Li   1,5    Be                             Elektronegatiwiteit                1,9   Cu           Simbool                                2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0F       Ne
       7            9                                                                      63,5                                                       11          12          14          16      19       20
       11           12                                                                                                                                13          14          15          16      17       18
0,9   Na    1,2    Mg                                         Approximate relative atomic mass                                                 1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0Cℓ       Ar
       23           24                                        Benaderde relatiewe atoommassa                                                          27          28          31          32     35,5      40
       19           20          21          22          23          24         25           26           27         28       29           30          31          32          33          34      35       36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5    Ti   1,6    V    1,6    Cr   1,5   Mn    1,8   Fe     1,8   Co    1,8    Ni   1,9Cu    1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8Br       Kr
       39           40          45          48          51          52         55           56           59         59      63,5          65          70          73          75          79      80       84
       37           38          39          40          41          42         43           44           45         46       47           48          49          50          51          52      53       54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4    Zr         Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9Ag    1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5 I      Xe
       86           88          89          91          92          96                     101          103         106     108          112         115         119         122         128     127      131
       55           56          57          72          73          74          75          76           77         78       79           80          81          82          83          84      85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6    Hf         Ta           W          Re          Os            Ir          Pt      Au          Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5At      Rn
      133          137         139         179         181         184         186         190          192         195     197          201         204         207         209
       87           88         89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                                                   58           59         60          61            62          63          64      65          66           67          68          69         70     71
                                                                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

                   226
                                                   Ce           Pr        Nd           Pm           Sm          Eu          Gd       Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb     Lu
                                                   140         141        144                       150         152         157      159         163         165         167         169         173    175
                                                   90           91         92              93        94          95          96      97          98           99         100         101         102    103
                                                   Th          Pa          U               Np       Pu          Am          Cm       Bk           Cf         Es          Fm          Md          No      Lr
                                                   232                    238

 Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GRADE 10 PHYSICAL SCIENCES P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-physical-sciences-p2-memo/5c79d2a0-fb11-498c-ae8a-37ee9cbca43c) — Physical Sciences · Memo · 2016
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-afr/135391f2-470f-4eeb-b1a0-8b72ac4e45a8) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2016-eng/cc3a738e-1d76-40a3-8162-20d3f193a692) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Gr10 Phy P2 (English) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-english-june-2016-question-papers/1cce0812-fac7-401e-af70-0e1da372ea00) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Physical Sciences P2 Gr 10 Nov 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-afr-d/ff30b80c-b897-4c07-b89c-aa6a3eee2023) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
