# Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2017 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/22297b5b-f6c6-4800-84ff-19a34b251544
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: National November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/22297b5b-f6c6-4800-84ff-19a34b251544)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 10

                      FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 2 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       2                       DBE/November 2017
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die
         ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                       3                        DBE/November 2017
                                                      KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 E.

1.1      Lug kan as 'n … geklassifiseer word.

         A     element

         B     verbinding

         C     homogene mengsel

         D     heterogene mengsel                                                                            (2)

1.2      Die grafiek hieronder toon die verhittingskurwe van 'n stof.

                         Temperatuur (°C)
                                                              C         D
                                            100

                                                  A      B

                                                                            Tyd (s)
         In watter deel/dele op die grafiek kry die stof kinetiese energie by?

         A     Slegs BC

         B     Slegs CD

         C     AB en CD

         D     AB, BC en CD                                                                                  (2)

1.3      In watter verhouding sal groep (I)-elemente met groep (VI)-elemente reageer?

         A     2:1

         B     1:6

         C     6:1

         D     1:3                                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      4                          DBE/November 2017
                                     KABV – Graad 10

1.4      Wat is die totale getal nukleone in die ioon van kalsium wanneer kalsium twee
         elektrone verloor om Ca2+ te vorm?

         A     40

         B     18

         C     22

         D     20                                                                             (2)

1.5      Watter EEN van die volgende groepe elemente toon die KORREKTE neiging
         van die digtheid van metale?

         A     Rb < K < Na < Li

         B     K < Na < Li < Rb

         C     Li < Na < K < Rb

         D     Na < Li <Rb < K                                                                (2)

1.6      'n Leerder het die vloeidiagram hieronder gebruik om sekere voorbeelde van
         stof P, Q en R te klassifiseer.
                                                                Ja
                   Stof                  Bepaalde vorm                    P
                 (P, Q, R)
                                                     Nee

                                            Bepaalde            Ja
                                             volume                       Q

                                                     Nee

                                                 R

         Wat kan stof P, Q en R moontlik wees?

                            P                   Q                        R
         A               Marmer                Olie                   Suurstof
         B                 Olie               Marmer                  Suurstof
         C               Suurstof              Olie                   Marmer
         D               Suurstof             Marmer                    Olie                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         5                     DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

1.7      In 'n 20 g-monster van molekule, watter monster hieronder het die grootste
         getal mol?

         A     NH 3

         B     N2

         C     CO 2

         D     H2                                                                           (2)

1.8      Koolstofdioksied kan direk vanaf die vastestoffase na die gasfase verander.
         Hierdie proses staan as … bekend.

         A     sublimasie

         B     verdamping

         C     ontbinding

         D     smelting                                                                     (2)

1.9      Die chemiese naam vir Fe 2 (SO 4 ) 3 is ...

         A     ystersulfiet.

         B     yster(III)sulfaat.

         C     yster(II)sulfaat.

         D     ystersulfied.                                                                (2)

1.10     Al die grond op Aarde staan as die ... bekend.

         A     atmosfeer

         B     biosfeer

         C     litosfeer

         D     hidrosfeer                                                                   (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                   6                      DBE/November 2017
                                                  KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou die volgende stowwe:

                                    C 90 ;        NaCℓ;    CO 2 ;   Fe;   H2O

2.1      Skryf 'n stof uit die lys hierbo neer wat die volgende is:

         2.1.1       'n Molekulêre struktuur                                                           (1)

         2.1.2       'n Metaalstruktuur                                                                (1)

         2.1.3       'n Kovalente netwerkstruktuur                                                     (1)

         2.1.4       'n Ioniese netwerkstruktuur                                                       (1)

2.2      Teken die Lewis-kol-diagram vir die CO 2 -molekuul.                                           (2)

2.3      Identifiseer die soort chemiese binding in H 2 O.                                             (1)

2.4      Teken die Lewis-kol-diagramme om die vorming van NaCℓ te toon.                                (3)

2.5      Bestudeer die modelle van verbinding A, B en C hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg.

                           A                                        B                   C

           K+         I-       K+            I-                     H                   H

             I-       K+       I-            K+
                                                                    C                    N

           K+         I-       K+            I-                            H
                                                            H       H             H              H

         Skryf neer die:

         2.5.1       Chemiese naam van verbinding A                                                    (1)

         2.5.2       Chemiese formule van verbinding B                                                 (1)

         2.5.3       Algemene naam van verbinding C                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         7                            DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

2.6      Baie van die gasse in lug is baie nuttig. 'n Belangrike nywerheidsproses,
         fraksionele distillasie van vloeibare lug, skei hierdie gasse van mekaar.

         Beskou die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    Kook by -196 °C          STIKSTOF

                      Saampers                            Kook by -186 °C
            LUG                   VLOEIBARE LUG                               ARGON

                                                    Kook by -183 °C         SUURSTOF

         2.6.1       Is hierdie skeidingsproses fisies of chemies?                                 (1)

         2.6.2       Watter fisiese eienskap word gebruik om die gasse van mekaar te
                     skei nadat dit vloeibaar gemaak is?                                           (1)

         2.6.3       Watter gas het die swakste intermolekulêre kragte? Verduidelik die
                     antwoord.                                                                     (2)

2.7      Noem hoe ELK van die volgende verander wanneer vloeibare stikstof na
         stikstofgas verander? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE
         neer.

         2.7.1       Spasies tussen die deeltjies                                                  (1)

         2.7.2       Sterkte van die kragte tussen die deeltjies                                   (1)

         2.7.3       Energie van die deeltjies                                                     (1)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                               8                           DBE/November 2017
                                                              KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou die grafiek van die eerste ionisasie-energie en beantwoord die vrae wat volg.

  Ionisasie-energie (kJ·mol-1)

                                                                    Atoomgetal

3.1                              Definieer die term ionisasie-energie.                                                  (2)

3.2                              Noem die algemene tendens in ionisasie-energie van links na regs in 'n
                                 periode op die periodieke tabel.                                                       (2)

3.3                              Daar is 'n afname in ionisasie-energie van berillium na boor.

                                 3.3.1    Skryf die sp-notasie vir berillium EN boor neer.                              (4)

                                 3.3.2    Verduidelik hierdie afname in ionisasie-energie.                              (3)

3.4                              Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Indien onwaar, skryf die stelling
                                 korrek oor.

                                 Die ionisasie-energie van edelgasse is hoog as gevolg van die halfgevulde
                                 s- en p-orbitale.                                                                      (2)

3.5                              Bestudeer die ionisasie-energie van die groep (I)-elemente in die grafiek
                                 hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

                                 3.5.1    Gee die algemene naam van die groep (I)-elemente.                             (1)

                                 3.5.2    Noem die tendens in die reaktiwiteit van elemente in groep (I).               (2)

                                 3.5.3    Verduidelik die rede vir die tendens in VRAAG 3.5.2 deur die grafiek
                                          van ionisasie-energie te gebruik.                                             (2)
                                                                                                                        [18]

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           9                              DBE/November 2017
                                          KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

4.1      'n Sekere element, X, het twee isotope in die natuur. Een isotoop het 'n
         atoommassa van 106,9 ame. Die persentasie voorkoms van hierdie isotoop is
         50%. Die atoommassa van die ander isotoop is 109,1.

         4.1.1        Definieer die term isotoop.                                                      (2)

         4.1.2        Bereken die relatiewe atoommassa van element X.                                  (5)

         4.1.3        Identifiseer element X in VRAAG 4.1.2.                                           (2)

4.2      Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (4.2.1–4.2.7) neer.

           ELEMENT         ATOOM-       MASSA-        GETAL             GETAL    GETAL
                           GETAL        GETAL        PROTONE          NEUTRONE ELEKTRONE

                 Al           13           27           4.2.1           4.2.2        4.2.3
                 K+           19          4.2.4         4.2.5           4.2.6        4.2.7             (7)
                                                                                                       [16]

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Waterstofperoksied ontbind by kamertemperatuur volgens die volgende gebalanseerde
chemiese vergelyking:

                                2H 2 O 2 (aq) → O 2 (g) + 2H 2 O(ℓ)

5.1      Wat stel die (aq) in die vergelyking hierbo voor?                                             (1)

5.2      Identifiseer die soort reaksie hierbo. Kies tussen NEERSLAG en REDOKS.
         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                                 (2)

5.3      Is die reaksie 'n voorbeeld van 'n fisiese of 'n chemiese verandering?                        (1)

5.4      Definieer die term een mol van 'n stof.                                                       (2)

5.5      Indien 4 mol waterstofperoksied ontbind, bereken die volume gas wat by STD
         gevorm word.                                                                                  (4)

5.6      Bereken die getal suurstofatome in H 2 O 2 indien 17 g H 2 O 2 ontbind.                       (4)
                                                                                                       [14]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         10                            DBE/November 2017
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Bestudeer die gebalanseerde chemiese vergelyking van die reaksie tussen
         natriumkarbonaat (Na 2 CO 3 ) en soutsuur (HCℓ) en beantwoord die vrae wat
         volg.

                              Na 2 CO 3 + 2HCℓ → 2NaCℓ + CO 2 + H 2 O

         Identifiseer die      soort   reaksie    hierbo.   Kies    tussen   REDOKS        en
         GASVORMEND.                                                                                (1)

6.2      In 'n reaksie reageer 10,6 g natriumkarbonaat volledig met 'n oormaat
         soutsuur.

         6.2.1       Bereken die molêre massa van natriumkarbonaat.                                 (2)

         6.2.2       Bereken die aanvanklike getal mol natriumkarbonaat.                            (2)

         6.2.3       Bereken die massa CO 2 wat gedurende hierdie reaksie gevorm
                     word.                                                                          (4)

         6.2.4       Bereken die massa natriumchloried wat gevorm word indien
                     4,87 dm3 koolstofdioksied by STD gevorm is.                                    (6)

6.3      14,2 g van 'n monster gehidrateerde natriumkarbonaat, Na 2 CO 3 •xH 2 O, is
         sterk verhit totdat geen verdere verandering in massa aangeteken is nie. Al
         die kristalwater het soos volg by verhitting verdamp:

                                 Na 2 CO 3 •xH 2 O → Na 2 CO 3 + xH 2 O

         Bereken die getal mol kristalwater in die natriumkarbonaatmonster, indien
         5,3 g vaste stof na sterk verhitting oorgebly het.                                         (5)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                          11                        DBE/November 2017
                                         KABV – Graad 10

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Leerders het die verwantskap tussen die konstentrasie van 'n silwernitraat(AgNO 3 )-
oplossing en die geleidingsvermoë daarvan by 'n konstante temperatuur ondersoek.

Hulle het die apparaat opgestel, soos hieronder getoon, en die stroom(sterkte)
aangeteken. Die aanvanklike lesing op die ammeter is geneem voordat anhidriese
AgNO 3 by gedistilleerde water gevoeg is.

                                    A

Die anhidriese AgNO 3 is lepel vir lepel by 200 cm3 gedistilleerde water gevoeg.
Die ammeterlesing is geneem nadat elke lepel bygevoeg is. Die resultate word in die
tabel hieronder getoon.

                        LEPELS AgNO 3 IN
                                                           AMMETERLESING (mA)
                     GEDISTILLEERDE WATER
                               0                                         0
                               1                                        0,18
                               2                                        0,92
                               3                                        1,47
                               4                                        1,84

7.1      Gee 'n rede waarom die aanvanklike ammeterlesing nul was.                                  (1)

7.2      Gee EEN woord/term vir 'n oplossing wat elektrisiteit gelei.                               (2)

7.3      Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking neer om te toon hoe AgNO 3 in
         water dissosieer.                                                                          (2)

7.4      Skryf die volgende vir die ondersoek hierbo neer:

         7.4.1       'n Hipotese                                                                    (2)

         7.4.2       Afhanklike veranderlike                                                        (1)

         7.4.3       Onafhanklike veranderlike                                                      (1)

         7.4.4       Gekontroleerde veranderlike                                                    (1)

7.5      Definieer die term anhidries.                                                              (1)

7.6      Indien die massa AgNO 3 5,3 g per lepel is, bereken die konsentrasie van die
         oplossing nadat TWEE lepels bygevoeg is.                                                   (4)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       12                           DBE/November 2017
                                      KABV – Graad 10

7.7      Kan kraanwater vir hierdie eksperiment gebruik word? Gee 'n rede vir die
         antwoord.                                                                               (2)

7.8      Lei 'n verwantskap af uit die resultate tussen die ioonkonsentrasie in die
         oplossing en die geleidingsvermoë daarvan.                                              (2)

7.9      'n Leerder het per ongeluk soutsuur in die oplossing laat val.

         7.9.1       Hoe sal dit die ammeterlesing beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM,
                     AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.                                               (1)

         7.9.2       Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.9.1.                                    (2)
                                                                                                 [22]

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Jou onderwyser het jou gevra om jou kennis van neerslagreaksies te gebruik om die
watergehalte in die plaaslike rivier te toets.

Jy word van die volgende chemikalieë voorsien:

                            AgNO 3 , BaCl 2 , verdunde HNO 3

8.1      Watter chemikalie sal jy kies om vir die teenwoordigheid van karbonate
         (CO 3 -2) te toets?                                                                     (1)

8.2      Gebruik 'n gebalanseerde chemiese vergelyking om die toets vir karbonate in
         VRAAG 8.1 te toon.                                                                      (4)

8.3      Beide karbonate en sulfate vorm 'n wit neerslag met die chemikalie in
         VRAAG 8.1.

         Gebruik 'n gebalanseerde chemiese vergelyking om te verduidelik hoe jy sou
         bevestig dat die neerslag 'n karbonaat is.                                              (4)

8.4      Gee die chemiese naam van die neerslag wat gevorm word wanneer die
         karbonaat en die chemikalie in VRAAG 8.1 reageer.                                       (2)
                                                                                                 [11]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       13                        DBE/November 2017
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Bestudeer die watersiklus hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          A

                         Waterdamp                       Wolke

                                   C     Oseane/         B
                                         Riviere

                               E                         D
                                           Plante

9.1      Die watersiklus bestaan uit baie prosesse.

         Identifiseer die volgende prosesse:

         9.1.1       A                                                                     (1)

         9.1.2       B                                                                     (1)

         9.1.3       E                                                                     (1)

9.2      Word energie tydens kondensasie GEABSORBEER of VRYGESTEL? Gee 'n
         rede vir die antwoord.                                                            (2)

9.3      Gee EEN rede waarom daar na waterdamp as 'n belangrike kweekhuisgas
         verwys word.                                                                      (2)

9.4      Die hoeveelheid reënval het onlangs oor groot gebiede van Suid-Afrika
         aansienlik verminder. Verskillende redes word gegee om die droogte te
         verduidelik.

         Noem EEN moontlike strategie wat 'n gemeenskap kan volg om te verseker
         dat hulle 'n vaste/deurloperde voorraad water het.                                (2)
                                                                                           [9]

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                   1                           DBE/November 2017
                                  KABV – Graad 10

                      DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                              PAPER 2 (CHEMISTRY)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                            VRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

       NAME/NAAM              SYMBOL/SIMBOOL           VALUE/WAARDE
Standard pressure
                                     pθ             1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
                                     Vm             22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
                                     Tθ             273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
                                      e             1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro’s constant
                                     NA             6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

   m                                 n=
                                          N
n=
   M                                      NA
   n                 m                    V
c=       or/of c =                   n=
   V                 MV                   Vm

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V2
                                                    Downloaded from hlayiso.com                           2                                                                           DBE/November 2017
                                                                                                   KABV – Graad 10

                              TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

       1              2           3           4           5           6           7           8            9       10          11       12           13          14         15           16         17      18
      (I)            (II)                                                                                                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)       (VII)   (VIII)
                                                                                      Atomic number
       1                                            KEY/SLEUTEL                         Atoomgetal                                                                                                            2
2,1    H                                                                                                                                                                                                     He
       1                                                                                      29                                                                                                              4
       3               4                             Electronegativity                                     Symbol                                         5          6            7          8        9       10
                                                    Elektronegatiwiteit
                                                                                        1,9   Cu           Simbool
1,0    Li      1,5    Be                                                                                                                          2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5    O    4,0F       Ne
                                                                                              63,5
       7               9                                                                                                                                11           12          14         16       19       20
      11               12                                                                                                                               13           14          15         16       17       18
0,9   Na       1,2    Mg                                         Approximate relative atomic mass                                                 1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0Cℓ       Ar
      23               24                                        Benaderde relatiewe atoommassa                                                         27           28          31         32      35,5      40
      19               20          21          22          23         24          25           26           27          28      29          30          31           32          33         34       35       36
0,8    K       1,0    Ca    1,3   Sc    1,5    Ti   1,6    V    1,6   Cr    1,5   Mn    1,8   Fe     1,8   Co    1,8    Ni   1,9Cu    1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8Br       Kr
      39               40          45          48          51         52          55           56           59          59     63,5         65          70           73          75         79       80       84
      37               38          39          40          41         42          43           44           45          46      47          48          49           50          51         52       53       54
0,8   Rb       1,0     Sr   1,2    Y    1,4    Zr         Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9Ag    1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5 I      Xe
      86               88          89          91          92         96                      101          103         106     108          112         115         119         122         128     127      131
      55               56          57          72          73         74          75           76           77          78      79          80          81           82          83         84       85       86
0,7   Cs       0,9    Ba          La    1,6    Hf         Ta           W          Re          Os            Ir          Pt      Au          Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5At      Rn
      133             137         139         179         181         184         186         190          192         195     197          201         204         207         209
       87              88         89
0,7    Fr      0,9    Ra          Ac
                      226                              58          59        60           61           62          63          64       65           66          67          68         69           70     71
                                                      Ce           Pr        Nd           Pm           Sm          Eu          Gd       Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb     Lu
                                                      140         141        144                       150         152         157      159         163         165         167         169         173    175
                                                       90          91        92           93           94          95          96       97           98          99         100         101         102    103
                                                      Th          Pa          U           Np           Pu          Am          Cm       Bk           Cf         Es          Fm          Md          No      Lr
                                                      232                    238

            Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Final Marking Guideline Grade 10 Physical Sciences P2 2017 Common Examination](https://www.hlayiso.com/library/final-marking-guideline-grade-10-physical-sciences-p2-2017-common-examination/bc3867a3-2afb-4dd2-89e0-02222e5e7c29) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Physical Sciences P1 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-grade-10-nov-2017-afr/b5d69868-86b7-434e-9bfd-2af42c9e508f) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P2 Gr 10 Nov 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr-10-nov-2019-afr-d/ff30b80c-b897-4c07-b89c-aa6a3eee2023) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2016-afr/3d154b70-ae51-4eb6-b479-9bd16c758ee5) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
