# Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP

> Grade 11 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-11-2014-common-paper-afr/829d04c5-8386-4439-9afe-3ad0f0531c76
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-11-2014-common-paper-afr/829d04c5-8386-4439-9afe-3ad0f0531c76)

## About this document

Physical Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                      FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 2 gegewensblaaie.

                                    *IPHSCA2*

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        2                       DBE/November 2014
                                      KABV – Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       DAAR WORD AANBEVEEL DAT JY DIE AANGEHEGTE GEGEWENS-
         BLAAIE GEBRUIK.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit vereis word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        3                           DBE/November 2014
                                      KABV – Graad 11

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK.

1.1      'n Stof wat gedurende 'n chemiese reaksie elektrone skenk, is 'n …

         A     Arrhenius-suur.

         B     Arrhenius-basis.

         C     reduseermiddel.

         D     oksideermiddel.                                                                   (2)

1.2      Watter EEN van die volgende spesies bevat 'n datief kovalente binding?

         A     NH 3

         B     CH 4

         C     H 3 O+

         D     NF 3                                                                              (2)

1.3      Watter EEN van die volgende verbindings het dipool-dipoolkragte tussen hulle
         molekule?

         A     CO 2

         B     HCℓ

         C     Cℓ 2

         D     CCℓ 4                                                                             (2)

1.4      Oorweeg die volgende chemiese reaksie:

                              HCO 3− + HC 2 O −4 ⇌ H 2 CO 3 + C 2 O 24−

         Watter EEN van die volgende identifiseer die volgorde van Lowry-Brönsted-
         sure en -basisse in die reaksie hierbo KORREK?

         A     Basis, suur, suur, basis

         B     Suur, basis, basis, suur

         C     Suur, basis, suur, basis

         D     Basis, suur, basis, suur                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        4                          DBE/November 2014
                                      KABV – Graad 11

1.5      Watter EEN van die volgende verteenwoordig die grootste massa?

         A     Een chlooratoom

         B     Een chloormolekuul

         C     Een mol chloor

         D     Een gram chloor                                                                   (2)

1.6      Oorweeg die Lewisstruktuur van 'n verbinding hieronder:

         Watter EEN van die volgende is KORREK?

                Naam van         Naam van        Molekulêre vorm
                element X        element Y       van verbinding
         A        Chloor          Suurstof           Hoekig

         B           Suurstof     Chloor              Lineêr

         C           Chloor       Swawel              Lineêr

         D           Swawel       Chloor             Hoekig
                                                                                                 (2)

1.7      Oorweeg die reaksie wat deur die vergelyking hieronder verteenwoordig
         word:

                 2Fe(s) + 3CO 2 (g) → Fe 2 O 3 (s) + 2CO(g)        ΔH = + 53,2 kJ

         Watter EEN van die volgende stellings is WAAR?

         Vir elke mol Fe wat reageer, word ...

         A     26,6 kJ energie vrygestel.

         B     26,6 kJ energie geabsorbeer.

         C     53,2 kJ energie vrygestel.

         D     53,2 kJ energie geabsorbeer.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        5                         DBE/November 2014
                                      KABV – Graad 11

1.8      In watter EEN van die volgende grafieke stel die stippellyn die afwyking van 'n
         ware gas van idealegas-gedrag KORREK voor?

         A    p                                   B   p

                                      1                                     1
                                      V                                     V

         C    p                                   D   p

                                      1                                     1
                                      V                                     V                   (2)

1.9      10 mol waterstofgas (H 2 ) en 2,5 mol stikstofgas (N 2 ) word gemeng en
         toegelaat om te reageer om ammoniak (NH 3 ) te vorm volgens die volgende
         gebalanseerde vergelyking:

                                   3H 2 (g) + N 2 (g) → 2NH 3 (g)

         Indien 4 mol NH 3 (g) gedurende die reaksie gevorm word, is die aantal mol
         H 2 (g) en N 2 (g) wat oorbly in die houer onderskeidelik:

                     Mol H 2 (g)    Mol N 2 (g)
          A              0                0

          B              7                1,5

          C              4                0,5

          D              4                2
                                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        6                         DBE/November 2014
                                      KABV – Graad 11

1.10     Twee gasspuite, X en Y, bevat elk dieselfde gas by STD. Die volume van
         spuit X is 10 cm3 en dié van spuit Y is 20 cm3, soos hieronder aangetoon.
         Aanvaar idealegas-gedrag.

                              X                           Y

                            10 cm3                      20 cm3

         Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

         A     Die gemiddelde kinetiese energie van die molekule in X is minder as dié
               van die molekule in Y.

         B     Die totale kinetiese energie van die molekule in X is minder as dié van
               die molekule in Y.

         C     Die getal gasmolekule in X is gelyk aan die getal gasmolekule in Y.

         D     Die produk pV in X is gelyk aan die produk pV in Y.                              (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                 7                          DBE/November 2014
                                                               KABV – Graad 11

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die grafiek hieronder toon die verandering in energie aan wat plaasvind wanneer 'n
waterstofatoom (H) 'n broomatoom (Br) nader.

            Potensiële energie kJ·mol-1
                                          100

                                                      120     240    360      480     600
                                            0
                                                                                            Afstand tussen kerne (pm)
                                          -100

                                          -200

                                          -300
                                             E
                                          -400

2.1      Definieer die term bindingslengte.                                                                               (2)

2.2      Uit die grafiek, skryf neer die:

         2.2.1                               Bindingslengte, in pm, van die H-Br-binding                                  (2)

         2.2.2                               Energie, in kJ·mol-1, wat nodig is om die H-Br-binding te breek              (2)

         2.2.3                               Naam van die potensiële energie wat deur E verteenwoordig word               (1)

2.3      Hoe sal die bindingslengte van 'n H-F-binding met dié van die H-Br- binding
         vergelyk?

         Skryf neer GELYK AAN, KORTER AS of LANGER AS. Gee 'n rede vir die
         antwoord.                                                                                                        (2)
                                                                                                                          [9]

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         8                           DBE/November 2014
                                       KABV – Graad 11

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beide aluminiumfluoried (AℓF 3 ) en fosfortrifluoried (PF 3 ) bevat fluoor.
Aluminiumfluoried is 'n kleurlose vaste stof wat in die vervaardiging van aluminium
gebruik word, terwyl fosfortrifluoried 'n giftige, kleurlose gas is.

3.1      Verduidelik die verskil tussen 'n kovalente binding en 'n ioniese binding.               (2)

3.2      Noem die tipe chemiese binding tussen deeltjies in:

         3.2.1        AℓF 3                                                                       (1)

         3.2.2        PF 3                                                                        (1)

3.3      Teken die Lewisstrukture vir:

         3.3.1        AℓF 3                                                                       (3)

         3.3.2        PF 3                                                                        (2)

3.4      Skryf die molekulêre vorm van PF 3 neer.                                                 (1)

3.5      Die smeltpunt van AℓF 3 is 1 291 °C en dié van PF 3 is -151 °C.

         Verduidelik volledig hierdie verskil in smeltpunt.                                       (4)
                                                                                                  [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                          9                        DBE/November 2014
                                        KABV – Graad 11

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die kookpunte van vier verbindings van waterstof, verteenwoordig deur die letters P,
Q, R en S, word in die tabel hieronder gegee.

                                     Formule         Kookpunt
                                                       (°C)
                             P          CH 4           -164
                             Q          NH 3            -33
                             R          H2O             100
                             S          SiH 4          -112

4.1      Definieer die term kookpunt.                                                            (2)

4.2      Verduidelik volledig die verskil in kookpunt tussen verbinding P en:

         4.2.1        Verbinding Q                                                               (3)

         4.2.2        Verbinding S                                                               (3)

4.3      Verduidelik hoekom die kookpunte van verbinding Q en R verskil deur na
         ELEKTRONEGATIWITEIT en GRAAD VAN POLARITEIT te verwys.                                  (2)

4.4      Skryf die letter uit die tabel neer wat die volgende verteenwoordig:

         4.4.1        EEN polêre verbinding                                                      (1)

         4.4.2        EEN nie-polêre verbinding                                                  (1)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                             10                  DBE/November 2014
                                            KABV – Graad 11

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      Verduidelik wat met die term temperatuur van 'n gas bedoel word.                      (1)

5.2      Twee leerders ondersoek die verwantskap tussen die temperatuur en die druk
         van 'n ingeslote gas. Die leerders gebruik verskillende monsters van dieselfde
         gas in twee identiese houers met vaste volumes.

         Grafiek P en Grafiek Q hieronder verteenwoordig die resultate wat die
         leerders verkry het.

                                                              P

                                      150

                         Druk (kPa)
                                                                  Q

                                      100

                                              298       X
                                            Temperatuur (K)

         5.2.1        Stel Guy Lussac se wet in woorde.                                        (2)

         5.2.2        Gebruik die wet in VRAAG 5.2.1 om die waarde van
                      temperatuur X, wat op die grafiek getoon word, in °C te bepaal.          (4)

         5.2.3        Verduidelik, met gebruik van die toepaslike formules, hoekom
                      grafiek Q 'n kleiner gradiënt as grafiek P het.                          (4)

5.3      'n Sekere gas met 'n massa van 2,2 g beslaan 'n volume van 0,831 dm3 by
         27 °C en druk 150 kPa.

         5.3.1        Bereken die molêre massa van die gas. Aanvaar dat die gas
                      idealegas-gedrag toon.                                                   (6)

         5.3.2        Skryf die MOLEKULÊRE FORMULE of NAAM van die gas in
                      VRAAG 5.3.1 neer.                                                        (1)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         11                       DBE/November 2014
                                        KABV – Graad 11

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Definieer die term molêre massa van 'n stof.                                          (1)

6.2      Bereken die getal mol water in 100 g water.                                           (3)

6.3      Metielbensoaat is 'n verbinding wat in die vervaardiging van parfuum gebruik
         word. Daar is gevind dat 'n 5,325 g-monster metielbensoaat, 3,758 g koolstof,
         0,316 g waterstof en 1,251 g suurstof bevat.

         6.3.1       Definieer die term empiriese formule.                                     (2)

         6.3.2       Bepaal die empiriese formule van metielbensoaat.                          (7)

         6.3.3       As die molêre massa van metielbensoaat 136 g⋅mol-1 is, wat is die
                     molekulêre formule daarvan?                                               (2)
                                                                                               [15]

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Definieer die term beperkende reaktans.                                               (2)

7.2      Yster (Fe) reageer met swawel (S) om ystersulfied (FeS) te vorm volgens die
         volgende gebalanseerde vergelyking:

                                        Fe(s) + S(s) → FeS

         7.2.1       Bereken watter van die twee stowwe volledig opgebruik sal word
                     indien 20 g Fe en 10 g S gemeng en verhit word.                           (5)

         7.2.2       Hoeveel gram van die ander stof is in oormaat?                            (2)

7.3      Magnesium brand in lug om magnesiumoksied te vorm volgens die volgende
         gebalanseerde vergelyking:

                                    2Mg(s) + O 2 (g) → 2MgO(s)

         As die persentasie opbrengs van hierdie reaksie slegs 80% is, bereken die
         massa magnesium wat verbrand moet word om 30 g magnesiumoksied
         te vorm.                                                                              (6)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           12                        DBE/November 2014
                                          KABV – Graad 11

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Waterstofgas en suurstofgas reageer om water te vorm volgens die volgende
gebalanseerde vergelyking:

                         2H 2 (g) + O 2 (g) → 2H 2 O(g) + 241,8 kJ·mol-1

Die aktiveringsenergie (E A ) vir hierdie reaksie is 1 370 kJ·mol-1.

8.1      Definieer die term aktiveringsenergie.                                                   (2)

8.2       Skets 'n grafiek van potensiële energie teenoor die reaksiekoördinaat vir die
          reaksie hierbo. Benoem die asse duidelik en dui die volgende op die grafiek
          aan:

          •   ΔH
          •   E A vir die voorwaartse reaksie
          •   Reaktanse (R) en produkte (P)
          •   Geaktiveerde kompleks (X)                                                           (5)

8.3       Skryf neer die waarde van die:

         8.3.1       Reaksiewarmte                                                                (1)

         8.3.2       Aktiveringsenergie vir die volgende reaksie:

                     2H 2 O(g) → 2H 2 (g) + O 2 (g)                                               (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           13                                DBE/November 2014
                                          KABV – Graad 11

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      Kalksteen, of soms as, word in put-toilette ('long drops') gebruik om suurafval
         te neutraliseer.

         Kalksteen reageer met soutsuur volgens die volgende ONGEBALANSEERDE
         vergelyking:

                         CaCO 3 (s) + HCℓ(aq) → CaCℓ 2 (aq) + H 2 O(ℓ) + CO 2 (g)

         9.1.1         Definieer 'n suur in terme van die Arrhenius-teorie.                               (2)

         9.1.2         Is as suuragtig of basies?                                                         (1)

         9.1.3         Herskryf die vergelyking hierbo in jou ANTWOORDEBOEK en
                       balanseer dan die vergelyking.                                                     (1)

9.2      Swawelsuur reageer met water in twee stappe soos deur die vergelykings
         hieronder voorgestel word.

         Vergelyking I:       H 2 SO 4 (aq) + H 2 O(ℓ) ⇌ H 3 O+(aq) + HSO −4 (aq)

         Vergelyking II:      HSO −4 (aq) + H 2 O(ℓ) ⇌ H 3 O+(aq) + SO 24 − (aq)

         9.2.1         Definieer die term amfoliet.                                                       (2)

         9.2.2         Skryf die FORMULE van 'n spesie wat as amfoliet in die reaksies
                       hierbo optree, neer.                                                               (1)

         9.2.3         Skryf die NAAM van die               gekonjugeerde      basis     van    die
                       waterstofsulfaatioon neer.                                                         (1)

9.3      'n Standaard natriumkarbonaat-oplossing word in 'n 250 cm3 volumetriese fles
         berei.

         Gedurende 'n titrasie neutraliseer 20 cm3 van 'n 0,1 mol·dm-3-salpetersuur-
         oplossing 25 cm3 van die standaardoplossing hierbo volgens die volgende
         gebalanseerde vergelyking:

                     2HNO 3 (aq) + Na 2 CO 3 (aq) → 2NaNO 3 (aq) + H 2 O(ℓ) + CO 2 (g)

         9.3.1         Skryf die NAAM van die sout neer wat in die reaksie hierbo gevorm
                       word.                                                                              (1)

         9.3.2         Bereken die massa natriumkarbonaat wat gebruik word om die
                       standaardoplossing in die volumetriese fles te berei.                              (5)
                                                                                                          [14]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           14                           DBE/November 2014
                                          KABV – Graad 11

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Salpetersuur en koper reageer volgens die volgende ongebalanseerde vergelyking:
                      HNO 3 (aq) + Cu(s) → Cu(NO 3 ) 2 (aq) + NO 2 (g) + H 2 O(ℓ)
10.1     Definieer reduksie in terme van oksidasiegetalle.                                        (2)
10.2     Vir hierdie reaksie, skryf die FORMULE neer van die:
         10.2.1        Stof wat geoksideer word                                                   (1)
         10.2.2        Reduseermiddel
                       Ken oksidasiegetalle toe aan die toepaslike spesies en verduidelik
                       dan die antwoord.                                                          (3)
         10.2.3        Oksideermiddel
                       Verduidelik die antwoord in terme van elektronoordrag.                     (2)
10.3     Balanseer die vergelyking deur die ioon-elektron-metode te gebruik. Toon die
         oksidasie- en reduksie-halfreaksies gedurende die balansering.                           (5)
                                                                                                  [13]
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Mynbou is die hoofdryfkrag agter die geskiedenis en ontwikkeling van Suid-Afrika.
Diamant- en goudproduksie is dalk nou heelwat laer as hul hoogtepunte, alhoewel
Suid-Afrika steeds nommer 5 met goud is. Dit is die wêreld se grootste vervaardiger
van chroom, mangaan, platinum en vanadium, sowel as die wêreld se derde grootste
uitvoerder van steenkool. In 2012 het Suid-Afrika Indië verbygesteek om die wêreld se
derde grootste verskaffer van ystererts aan China, die wêreld se grootste verbruiker
van ystererts te word.
11.1     Kies uit die lys hieronder die mynbouaktiwiteit wat jy bestudeer het en
         beantwoord dan die vrae wat volg.
                     goud; yster; fosfaat; steenkool; diamante; koper; platinum;
                                   sink; chroom; asbes; mangaan
         11.1.1        Wat is die ligging van die hoofmynbouaktiwiteit in Suid-Afrika?            (1)
         11.1.2        Watter tipe mynbou word gebruik om die gekose mineraal te
                       ontgin?                                                                    (1)
11.2     Mynbou het voordele en nadele.
         11.2.1        Gee TWEE redes waarom die mynbou-industrie so belangrik vir
                       die Suid-Afrikaanse ekonomie is.                                           (2)
         11.2.2        Skryf TWEE negatiewe gevolge van mynbou op die omgewing,
                       neer.                                                                      (2)
11.3     'n Groot neerslag van 'n waardevolle metaal is in Suid-Afrika ontdek.
         Skryf TWEE faktore neer wat in ag geneem moet word voordat die terrein vir
         mynbou ontwikkel word.                                                                   (4)
                                                                                                  [10]
                                                                                    TOTAAL:       150
Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                       DBE/November 2014
                                     KABV – Graad 11

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
                                 PAPER 2 (CHEMISTRY)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
                            VRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

        NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL                VALUE/WAARDE
Avogadro's constant
                                         NA                    6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
Molar gas constant
                                          R                    8,31 J∙K-1∙mol-1
Molêre gaskonstante
Standard pressure
                                         pθ                     1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
                                         Vm                     22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
                                         Tθ                         273 K
Standaardtemperatuur

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

p1V1 p 2 V2
    =                                    pV = nRT
 T1   T2
   m                                        N
n=                                       n=
   M                                        NA
   V                                        n                           m
n=                                       c=            OR/OF       c=
   Vm                                       V                           MV

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Fisiese Wetenskappe/V2
                                               Downloaded from hlayiso.com                                                                                                             DBE/November 2014
                                                                                                KABV – Graad 11

                         TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
       1           2           3           4           5           6           7           8            9           10          11           12       13          14         15            16         17         18
      (I)         (II)                                                                                                                               (III)       (IV)        (V)          (VI)       (VII)      (VIII)
        1                                                                          Atomic number                                                                                                                   2
                                                KEY/SLEUTEL                          Atoomgetal
2,1    H                                                                                                                                                                                                         He
        1                                                                                                                                                                                                         4
        3           4                                                                      29                                                             5           6           7           8           9       10
                                                  Electronegativity                                      Symbol
1,0    Li   1,5    Be                            Elektronegatiwiteit                 1,9   Cu            Simbool                                   2,0    B    2,5    C    3,0    N    3,5   O     4,0    F      Ne
       7             9                                                                     63,5                                                          11          12          14          16          19       20
       11           12                                                                                                                                   13          14          15          16          17       18
0,9   Na    1,2   Mg                                         Approximate relative atomic mass                                                      1,5   Aℓ    1,8   Si    2,1    P    2,5    S    3,0   Cℓ       Ar
       23           24                                       Benaderde relatiewe atoommassa                                                              27          28          31          32          35,5     40
       19           20         21          22          23      24    25       26     27     28                                  29           30          31          32          33          34           35      36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5   Ti    1,6    V    1,6   Cr    1,5   Mn    1,8   Fe     1,8   Co    1,8   Ni    1,9   Cu     1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8   Br       Kr
       39           40         45          48          51          52          55          56           59          59          63,5         65          70          73          75          79          80       84
       37           38         39          40          41          42          43          44           45          46           47          48          49          50          51          52          53       54
0,8   Rb    1,0    Sr    1,2   Y     1,4   Zr          Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9   Ag     1,7   Cd    1,7   In    1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5    I       Xe
       86           88         89          91          92          96                      101          103         106         108          112         115         119         122         128         127      131
       55           56         57          72          73          74          75           76           77          78         79           80          81          82           83         84           85      86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6   Hf          Ta          W           Re          Os            Ir         Pt          Au           Hg    1,8   Tℓ    1,8   Pb    1,9   Bi    2,0   Po    2,5   At      Rn
      133          137         139         179         181         184         186         190          192         195         197          201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac                      58          59      60              61           62          63          64           65          66          67          68          69          70      71
                   226
                                                   Ce          Pr          Nd          Pm          Sm           Eu          Gd           Tb          Dy          Ho          Er          Tm          Yb         Lu
                                                   140         141         144                      150         152         157          159         163         165         167          169        173        175
                                                       90          91      92              93           94          95          96           97          98          99      100          101        102        103
                                                   Th          Pa              U       Np           Pu         Am          Cm            Bk          Cf          Es          Fm          Md          No          Lr
                                                   232                     238

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences P2 Grade 11 2014 Common Paper Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-11-2014-common-paper-eng/5d0c029f-f832-400a-86dd-d40578313805) — Physical Sciences · QP · 2014 · Eng
- [Physical Sciences P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-memo/1abf44a9-34a2-4aa8-a7fa-5a842172017f) — Physical Sciences · Memo · 2014
- [Physical Sciences P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-qp/08e0572e-ec66-4ba9-b79c-1bedff33540d) — Physical Sciences · QP · 2014
- [PHYS SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/f7b06e3b-e7ec-4423-97ac-fb46094c0579) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYS SCIENCES P2 GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr11-qp-nov2020-eng-d/4b355e16-6dde-4151-aba3-0436efc89b3d) — Physical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [PHYS SCIENCES P2 GR11 QP NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr11-qp-nov2019-afrikaans/92935de9-5cb8-467d-83dd-c7a72d4cd8c3) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Physical Sciences

- [PHYSICAL SCIENCES P2 GRADE 11 MEMO NOVEMBER 2025 ENG & AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-11-memo-november-2025-eng-afr-watermark/fb381415-e8f2-4b7c-86d6-7d7c27b3a4f4) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p1-and-memo/82b3d6a5-9e71-4efe-a8e0-f2a63d6aff58) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p2-and-memo/f6f699c6-e985-44e2-9d36-d660697bd6fe) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p2-and-memo/b76990f6-708a-47e3-a903-95cc3c58534d) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4c5694d8-7cdc-4fd9-90b4-55bbb8969872) — QP + Memo · 2025
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR11 MEMO 2024 ENG AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr11-memo-2024-eng-afr-watermark/f8ef6058-1783-44bd-b372-4b15bc7c5c5c) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
