# Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2023-afr/1e200e5e-e9bd-48ee-bcfc-311c749174db
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2023-afr/1e200e5e-e9bd-48ee-bcfc-311c749174db)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)

                                 NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 4 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                     2                             DBE/November 2023
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                   3                         DBE/November 2023
                                        NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.

1.1      Watter EEN van die volgende verteenwoordig 'n reguitketting- VERSADIGDE
         koolwaterstof?

         A     C5H8

         B     C5H10

         C     C6H12

         D     C6H14                                                                      (2)

1.2      Watter EEN van die volgende is 'n SEKONDÊRE alkohol?

         A     C(CH3)3OH

         B     CH3(CH2)3OH

         C     CH3(CH2)2CHO

         D     CH3CH2CH(OH)CH3                                                            (2)

1.3      Watter EEN van die volgende is 'n HIDROLISE-reaksie?

         A     CH3CH2Br + H2O  CH3CH2OH + HBr

         B     CH3CH2OH + HBr  CH3CH2Br + H2O

         C     CH2CH2 + H2O  CH3CH2OH

         D     CH2CH2 + H2  CH3CH3                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      4                       DBE/November 2023
                                           NSS

1.4      Soutsuur reageer met 'n OORMAAT sink:

                           Zn(s) + 2HCℓ(aq) → ZnCℓ2(aq) + H2(g)

         Verskillende reaksietoestande word in die diagramme hieronder getoon. Die
         massa sink wat in beide proefbuise gebruik word, is dieselfde.

                             Proefbuis X             Proefbuis Y

          100 cm3
          0,1 mol∙dm-3 HCℓ(aq)                                  200 cm3
                                                                0,1 mol∙dm-3 HCℓ(aq)
                     Zn-poeier                                     Zn-stukke

         Hoe sal die AANVANKLIKE reaksietempo en die FINALE VOLUME van H 2(g)
         geproduseer in proefbuis Y met dié in proefbuis X vergelyk?

                   AANVANKLIKE               FINALE VOLUME
                 REAKSIETEMPO IN Y            VAN H2(G) IN Y
         A               Hoër                     Gelyk
         B               Laer                     Meer
         C               Laer                     Gelyk
         D               Hoër                     Meer                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      5                          DBE/November 2023
                                           NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n mengsel van NO 2(g) en N2O4(g)-
         molekule by ewewig in 'n 1 dm3-houer by T °C.

                                                                 SLEUTEL

                                                                       NO2

                                                                      N2O4

         Die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie is:

                                      2NO2(g) ⇌ N2O4(g)

         Watter EEN van die volgende is WAAR vir die waarde van die
         ewewigskonstante, Kc, vir die reaksie by T °C?

         A     Kc = 24

         B     Kc > 1

         C     Kc = 1

         D     0 < Kc < 1                                                                      (2)

1.6      'n Reaksie is in ewewig in 'n geslote houer volgens die volgende
         gebalanseerde vergelyking:

                                      4CuO(s) ⇌ 2Cu2O(s) + O2(g)

         Die volume van die houer word nou vergroot terwyl die temperatuur konstant
         gehou word. 'n Nuwe ewewig word bereik.

         Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die nuwe ewewig?

                     KONSENTRASIE          AANTAL MOL              EWEWIGS-
                        VAN O2               VAN O2              KONSTANTE (Kc)
         A               Neem af            Bly dieselfde           Neem toe

         B            Bly dieselfde           Neem af              Bly dieselfde

         C            Bly dieselfde          Neem toe              Bly dieselfde

         D               Neem af             Neem toe              Bly dieselfde
                                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      6                         DBE/November 2023
                                           NSS

1.7      Salpetersuur, HNO3(aq), en etanoësuur, CH3COOH(aq), met gelyke volumes
         en konsentrasies word vergelyk.

         Bestudeer die volgende stellings oor hierdie oplossings:

         (i)     Dit het verskillende pH-waardes.
         (ii)    Beide het dieselfde elektriese geleidingsvermoë.
         (iii)   Beide oplossings benodig dieselfde hoeveelheid mol KOH(aq) vir
                 volledige neutralisasie.

         Watter van die stelling(s) hierbo is WAAR?

         A       Slegs (i)

         B       Slegs (i) en (ii)

         C       Slegs (i) en (iii)

         D       Slegs (ii) en (iii)                                                          (2)

1.8      Die apparaat in die diagram hieronder word vir die titrasie tussen HCℓ(aq) en
         KOH(aq) gebruik.

                                              HCℓ(aq)

                                             Titrasiemengsel

         In ʹn titrasie het die leerder per ongeluk verby die eindpunt gegaan. Watter
         EEN van die volgende sal WAAR wees vir die titrasiemengsel?

         A       [H+] > [OH−] en pH < 7

         B       [H+] < [OH−] en pH < 7

         C       [H+] < [OH−] en pH > 7

         D       [H+] > [OH−] en pH > 7                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       7                             DBE/November 2023
                                            NSS

1.9      Die volgende hipotetiese standaard-reduksiepotensiale het betrekking op 'n
         galvaniese sel:

                              X2+(aq) + 2e → X(s)        EƟ = +0,10 V
                              Y+(aq) + e → Y(s)          EƟ = –0,10 V

         Bestudeer die volgende stellings vir hierdie galvaniese sel:

         (i)     Die emk van die sel is 0,20 V onder standaardtoestande.
         (ii)    Elektrode Y is die anode.
         (iii)   X word geoksideer.

         Watter van die stelling(s) hierbo is WAAR vir hierdie galvaniese sel?

         A        Slegs (i)

         B        Slegs (i) en (ii)

         C        Slegs (i) en (iii)

         D        Slegs (ii) en (iii)                                                             (2)

1.10     Watter EEN van die halfreaksies hieronder sal die HOOF-reaksie by die
         ANODE tydens die elektrolise van GEKONSENTREERDE CuCℓ2(aq) wees?

         A        Cu2+(aq) + 2e → Cu(s)
                                               −
         B        2H2O(ℓ) + 2e → H2(g) + 2OH (aq)

         C        2H2O(ℓ) → O2(g) + 4H+(aq) + 4e
                      −
         D        2Cℓ (aq) → Cℓ2(g) + 2e                                                         (2)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                           8                                DBE/November 2023
                                                NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die letters A tot H in die tabel hieronder verteenwoordig agt organiese verbindings.

A     Heptanoësuur                          B   CH3(CH2)3COOCH3

C     4-etiel-3,3-difluoroheksaan           D   Heksanoësuur
                    CH2                                          O

E CH3        CH C         CH3               F    CH3       CH    C    CH2   CH3
             CH3                                           CH3
             CH3
                                                       H    H     O    H
      CH3    C      CH2       CH3
G                                           H    H     C    C     C   C     H
             C      O
                                                       H    H          H
       H     O

2.1         Definieer die term organiese verbinding.                                                     (1)

2.2         Skryf neer die IUPAC-naam van verbinding:

            2.2.1         E                                                                              (2)

            2.2.2         H                                                                              (2)

2.3         Skryf neer die:

            2.3.1         STRUKTUURFORMULE van verbinding B                                              (2)

            2.3.2         STRUKTUURFORMULE van verbinding C                                              (3)

            2.3.3         Algemene formule van die homoloë reeks waaraan verbinding E
                          behoort                                                                        (1)

            2.3.4         STRUKTUURFORMULE van die FUNKSIONELE groep van
                          verbinding F                                                                   (1)

            2.3.5         IUPAC-naam van die alkohol benodig vir die produksie van
                          verbinding B                                                                   (2)

2.4         Skryf neer die letter(s) van die verbinding(s) wat:

            2.4.1         'n FUNKSIONELE isomeer van verbinding G is                                     (1)

            2.4.2         KETTING-isomere van mekaar is                                                  (1)
                                                                                                         [16]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                       9                                    DBE/November 2023
                                                            NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die verwantskap tussen kookpunt en die molekulêre massa van aldehiede,
karboksielsure en primêre alkohole word ondersoek. Kurwes P, R en S word verkry.
Alle verbindings wat gebruik word, is reguitkettingmolekule.

                        GRAFIEK VAN KOOKPUNT TEENOOR MOLEKULÊRE MASSA

                 250

                                                                                              P
                                                                                      
                 200
                                                                            

                                                                                         R
                                                                
                                                                        

 Kookpunt (°C)
                 150
                                                                                         S
                                                               
                                                                       
                                                      

                                                             
                 100                        

                                                     

                  50                       

                                

                  0
                       30            50             70          90              110                 130
                                               Molekulêre massa (g·mol-1)

3.1                    Definieer die term kookpunt.                                                                      (2)

3.2                    Skryf die gevolgtrekking neer wat vir kurwe P gemaak kan word.                                    (2)

3.3                    Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.2 in terme van die struktuur van die
                       verbindings.                                                                                      (2)

3.4                    Kurwe R verteenwoordig die alkohole.

                       3.4.1        Watter homoloë reeks word deur kurwe S verteenwoordig?                               (1)

                       3.4.2        Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.4.1 deur na die sterkte van
                                    intermolekulêre kragte te verwys.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      10                        DBE/November 2023
                                           NSS

3.5      Vir kurwe R, skryf neer die:

         3.5.1       Molekulêre massa van die verbinding met 'n kookpunt van 97 °C            (1)

         3.5.2       IUPAC-naam van die verbinding in VRAAG 3.5.1                             (2)

3.6      Twee verbindings, A en B, wat in hierdie ondersoek gebruik word, het 'n
         molekulêre massa van 74 g·mol-1. A het 'n kookpunt van 118 °C en B het 'n
         kookpunt van 142 °C. Verduidelik die verskil in hierdie kookpunte deur na die
         strukture van hierdie verbindings te verwys.                                         (3)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                        11                        DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

4.1      Beskou die krakingsreaksie hieronder.

                                 C16H34    C6H14 + C6Hx + 2CyHz

         4.1.1       Definieer kraking.                                                         (2)

         4.1.2       Skryf die waardes neer wat deur x, y en z in die vergelyking hierbo
                     verteenwoordig word.                                                       (3)

         Verbinding C6H14 ondergaan volledige verbranding.

         4.1.3       Gebruik MOLEKULÊRE FORMULES en skryf die gebalanseerde
                     vergelyking vir hierdie reaksie neer.                                      (3)

4.2      Beskou die vergelykings vir reaksies I tot III hieronder.

         A en B verteenwoordig organiese verbindings wat POSISIONELE ISOMERE
         is. X is 'n anorganiese produk.

             I       CH3CH2CHCHCH3 + HCℓ  A + B
                           H2O
             II      A             CH3CH2CH2CH(OH)CH3 + X
                            Δ
            III      CH3CH2CH2CH(OH)CH3              CH3CH2CHCHCH3 + H2O

         Skryf neer die:

         4.2.1       Definisie van posisie-isomere                                              (2)

         4.2.2       Tipe reaksie wat deur reaksie I verteenwoordig word                        (1)

         4.2.3       STRUKTURELE formule van verbinding B                                       (3)

         4.2.4       Formule van X                                                              (1)

         4.2.5       Anorganiese reagens vir reaksie lll                                        (1)

         Verbinding A kan direk omgeskakel word na die organiese produk van
         reaksie lll.

         4.2.6       Behalwe hitte, skryf die reaksietoestand neer wat vir hierdie
                     omskakeling benodig word.                                                  (1)

         4.2.7       Skryf TWEE terme neer wat hierdie tipe reaksie beskryf.                    (2)
                                                                                                [19]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         12                           DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die reaksie tussen OORMAAT verdunde soutsuur en natriumtiosulfaat word gebruik
om die faktore wat reaksietempo beïnvloed, te ondersoek.

            Na2S2O3(aq) + 2HCℓ(aq) → 2NaCℓ(aq) + S(s) + H2O(ℓ) + SO2(g)

Die konsentrasie van HCℓ(aq) wat gebruik is, is 1 mol·dm-3. Dieselfde volume HCℓ(aq)
word in elke lopie gebruik.

Die tyd wat dit die kruis op die papier onder die fles neem om onsigbaar te word, word
gemeet.

                                                      Fles

                                                      Na2S2O3(aq) + HCℓ(aq)

                                                      Wit papier

Die tabel hieronder som die reaksietoestande en resultate van die eksperiment op.

                VOLUME              VOLUME H2O(ℓ)       KONSENTRASIE
                                                                                    TYD
 LOPIE         Na2S2O3(aq)           BYGEVOEG             Na2S2O3(aq)
                                                                                     (s)
                  (cm3)                 (cm3)              (mol·dm-3)
      1              50                   0                    0,13                 20,4
      2              40                   10                   0,10                 26,7
      3              30                   20                    P                   33,3

5.1       Definieer reaksietempo.                                                                  (2)

5.2       Skryf die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer.                          (1)

5.3       Bereken die waarde van P in die tabel.                                                   (3)

5.4       Wanneer 0,21 g swawel in Lopie 1 geproduseer is, raak die kruis onsigbaar.

          Bereken die gemiddelde reaksietempo met betrekking tot natriumtiosulfaat,
          Na2S2O3(aq), in g·s-1.                                                                   (5)

'n Ander ondersoek word by verskillende temperature uitgevoer.

5.5       Skets die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwe vir die reaksie by 20 °C.
          Benoem hierdie kurwe as A. Teken op dieselfde assestelsel die kurwe wat by
          35 °C verkry sal word en benoem dit as B.                                                (4)

5.6       Verduidelik die effek van temperatuur op reaksietempo in terme van die
          botsingsteorie.                                                                          (4)
                                                                                                   [19]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                          13                         DBE/November 2023
                                                               NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou die volgende hipotetiese reaksie wat by 150 °C ewewig bereik in 'n
4 dm3 geslote houer.
                            2AB(g) ⇌ A2(g) + B2(g)
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die hoeveelhede reaktanse en produkte
oor tyd.

                                 14
                                                                                           AB(g)
                                 12

              Aantal mol (mol)
                                 10

                                 8                                                         A2(g)

                                 6

                                 4

                                 2
                                                                                           B2(g)

                                      0     20     40     60     80    100    120    140     160    Tyd (s)

6.1      Skryf die betekenis van die term omkeerbare reaksie neer.                                                (1)
6.2      Stel Le Chatelier se beginsel.                                                                           (2)
6.3      'n Verandering is aan die ewewigsmengsel by t = 80 s aangebring.
         6.3.1                        Skryf die verandering wat by t = 80 s aangebring is, neer.                  (1)
         6.3.2                        Gebruik Le Chatelier se beginsel om te verduidelik hoe die sisteem
                                      op hierdie verandering reageer.                                             (2)
6.4      Bereken die ewewigskonstante, Kc, by t = 120 s.                                                          (4)
6.5      By t = 130 s is die temperatuur van die sisteem tot 100 °C verlaag.
         6.5.1                        Teken 'n potensiële-energiediagram vir hierdie reaksie.                     (3)
         6.5.2                        Sal die ewewigskonstante, Kc, by 100 °C GROTER AS, KLEINER
                                      AS of GELYK AAN die Kc by 150 °C wees? Verduidelik die
                                      antwoord.                                                                   (3)
6.6      Die aanvanklike reaksie vind nou in die teenwoordigheid van 'n katalisator by
         150 °C plaas.
         Beskryf die veranderinge wat op die grafiek tussen t = 0 s en t = 60 s
         waargeneem sal word.                                                                                     (3)
                                                                                                                  [19]
Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                      14                  DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Om metaal M in 'n onbekende metaalkarbonaat, MCO3, te identifiseer, word die
volgende stappe uitgevoer:

Stap 1: 0,198 g van ONSUIWER MCO3 reageer met 25 cm3 van 0,4 mol∙dm-3-
        salpetersuur, HNO3(aq).

Stap 2: Die OORMAAT HNO3(aq) word dan deur 20 cm3 van 0,15 mol∙dm-3-barium-
        hidroksied, Ba(OH)2(aq), geneutraliseer.

Aanvaar dat die volumes bymekaartel.

Die volgende reaksies vind plaas:

             2HNO3(aq) + MCO3(s) → M(NO3)2(aq) + CO2(g) + H2O(ℓ)

             2HNO3(aq) + Ba(OH)2(aq) → Ba(NO3)2(aq) + 2H2O(ℓ)

7.1      Definieer die term sterk basis.                                               (2)

7.2      Bereken die:

         7.2.1       Aantal mol van Ba(OH)2(aq) wat met die oormaat HNO3(aq)
                     reageer                                                           (3)

         7.2.2       pH van die oplossing ná Stap 1                                    (5)

7.3      Die persentasie suiwerheid van die MCO3(s) in die monster is 85%.
         Identifiseer metaal M.                                                        (8)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                       15                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Skoongemaakte suiwer koperstrook, Cu(s), word in 'n beker geplaas wat 'n kleurlose
silwernitraatoplossing, AgNO3(aq), by 25 °C bevat, soos hieronder getoon.

                 AgNO3(aq)                                  Koperstrook

Na 'n rukkie word waargeneem dat die oplossing in die beker blou word.
8.1      Skryf neer:
         8.1.1       EEN ander WAARNEEMBARE verandering, behalwe dat die
                     oplossing blou word                                                         (1)
         8.1.2       Die NAAM of FORMULE van die oksideermiddel                                  (1)
8.2      Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.1.1 deur na die relatiewe sterktes van
         die oksideermiddels of reduseermiddels te verwys.                                       (3)
'n Galvaniese sel word nou opgestel deur Cu- en Ag-stroke as elektrodes te gebruik.
'n Vereenvoudigde diagram van die sel word hieronder getoon.

                                             V

                                                                           A(s)

                 B                                      Ag+(aq)

8.3      Skryf neer die:
         8.3.1       NAAM of FORMULE van elektrode A                                             (1)
         8.3.2       NAAM of FORMULE van oplossing B                                             (1)
         8.3.3       Algehele (netto) gebalanseerde vergelyking vir die selreaksie               (3)

8.4      Die soutbrug bevat kaliumnitraat, KNO3(aq).
         Skryf neer die FORMULE van die ioon in die soutbrug wat in die silwerioon-
         oplossing sal inbeweeg. Kies uit K+(aq) of NO (aq).
         Gee 'n rede vir die antwoord.                                                           (2)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                         16                        DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Elektrolitiese sel word opgestel om 'n stuk koper wat silwer en sink as onsuiwerhede
bevat, te suiwer. 'n Vereenvoudigde diagram van die sel word hieronder getoon.
Elektrode R is onsuiwer koper.

                                   Energie-
                                    bron

      Elektrode Q                                          Elektrode R

        Elektroliet                                       Silwer

9.1      Definieer die term elektrolise.                                                     (2)

9.2      Skryf die reaksie neer wat by elektrode Q plaasvind.                                (2)

9.3      In watter rigting vloei die elektrone in die eksterne stroombaan? Kies uit
         Q na R of R na Q.                                                                   (1)

9.4      Bereken die stroom wat nodig is om 16 g koper te vorm terwyl die sel vir
         vyf uur in werking is.                                                              (5)

9.5      Gedurende hierdie elektrolise word slegs koper en sink geoksideer.

         Gee 'n rede waarom die silwer nie geoksideer word nie.                              (2)
                                                                                             [12]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                       1                            DBE/November 2023
                                                            NSS

                             DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                     PAPER 2 (CHEMISTRY)

                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                 VRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

NAME/NAAM                                    SYMBOL/SIMBOOL                        VALUE/WAARDE
Standard pressure
                                                            p                       1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
                                                            Vm                       22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
Standaardtemperatuur                                        T                           273 K
Charge on electron
                                                             e                       -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro's constant
                                                            NA                      6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

     m                                                        N
n=                                                     n=
                                                             N
     n                                   m
c=                 or/of           c=                  n=
                                                               m
 a   a       na
                                                       pH = -log[H3O+]
             n

Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K

Eθcell  Eθcathode  Eθanode / Eθsel  Ekatode
                                        θ
                                                Eθanode

or/of
Eθcell  Ereduction
          θ
                     Eθoxidation / Eθsel  Ereduksie
                                             θ
                                                       Eθoksidasie

or/of
Eθcell  Eθoxidisingagent  Ereducing
                             θ
                                      agent / E sel  Eoksideermiddel  Ereduseermiddel
                                                θ      θ                 θ

                                                       n=             where n is the number of electrons/
I=                                                           qe       waar n die aantal elektrone is
         t

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2                                                                           2                                                                                             DBE/November 2023
                                                                                                NSS
                                                                TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
                                                               TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

       1           2           3           4           5           6           7           8            9           10          11           12           13        14             15       16            17         18
      (I)         (II)                                                                                                                                   (III)     (IV)            (V)     (VI)          (VII)      (VIII)
                                                                                    Atomic number
        1                                        KEY/SLEUTEL                          Atoomgetal                                                                                                                       2
2,1    H                                                                                                                                                                                                             He
        1                                                                                  29                                                                                                                         4
        3           4                             Electronegativity                                         Symbol                                          5           6           7           8             9       10
1,0         1,5                                                                      1,9   Cu                                                      2,0           2,5         3,0         3,5           4,0
       Li          Be                            Elektronegatiwiteit
                                                                                           63,5
                                                                                                            Simbool                                        B            C           N          O              F      Ne
        7           9                                                                                                                                      11          12           14         16            19       20
       11           12                                                                                                                                     13          14           15         16            17       18
0,9   Na    1,2   Mg                                           Approximate relative atomic mass                                                    1,5    Aℓ     1,8   Si    2,1    P    2,5    S      3,0   Cℓ       Ar
       23           24                                         Benaderde relatiewe atoommassa                                                              27          28           31         32            35,5     40
       19           20         21          22          23          24          25          26           27          28          29           30            31          32           33         34             35      36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5   Ti    1,6    V    1,6   Cr    1,5   Mn    1,8   Fe     1,8   Co    1,8   Ni    1,9   Cu     1,6   Zn    1,6    Ga     1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se      2,8   Br       Kr
       39           40         45          48          51          52          55          56           59          59          63,5         65            70          73           75         79            80       84
       37           38         39          40          41          42          43          44           45          46           47          48            49          50           51         52            53       54
0,8   Rb    1,0    Sr    1,2   Y     1,4   Zr          Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2   Ru     2,2   Rh    2,2   Pd    1,9   Ag     1,7   Cd    1,7     In    1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te      2,5    I       Xe
       86           88         89          91          92          96                      101          103         106         108          112          115          119         122         128           127      131
       55           56         57          72          73          74          75           76           77          78          79           80          81            82          83         84             85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6   Hf          Ta          W           Re          Os            Ir         Pt          Au           Hg    1,8    Tℓ     1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po      2,5   At      Rn
      133          137         139         179         181         184         186         190          192         195         197          201          204          207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac                      58          59          60          61           62          63          64           65          66            67          68          69            70      71
                   226
                                                   Ce              Pr      Nd         Pm           Sm           Eu          Gd           Tb          Dy            Ho              Er      Tm            Yb         Lu
                                                   140         141         144                        150       152         157          159         163           165         167         169           173        175
                                                       90          91          92          93           94          95          96           97          98            99      100         101           102        103
                                                   Th          Pa              U       Np             Pu       Am          Cm            Bk              Cf        Es          Fm          Md            No          Lr
                                                   232                     238

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Physical Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2023-eng/493b6a43-3d96-49f4-8740-242e62b2caad) — Physical Sciences · QP · 2023 · Eng
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-xhosa/13f21dbf-3361-4d61-a76b-ac8c43587a07) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-english/f017d6ca-bfcd-44e3-bc0c-14bcf23396c8) — Physical Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Physical Sciences P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2022-afr/091d5dd7-752f-479a-a19a-c28ceee6063f) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Physical Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2020-afr/798fcbd8-dd69-4871-95a6-d42a4af1a841) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Physical Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2019-afr/7f8af595-3bde-455b-b6be-61fe5eadf0c2) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
