# Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-qp-gr12-june-2024-afrikaans/a4ce9f2a-bdbb-4ccd-b4d4-66155a0b2ed2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-qp-gr12-june-2024-afrikaans/a4ce9f2a-bdbb-4ccd-b4d4-66155a0b2ed2)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 JUNIE 2024

            FISIESE WETENSKAPPE: (CHEMIE) V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

                            Hosted by www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             FISIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK.

2.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
       ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

5.     Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
       VRAAG 2.2.

6.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.     Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.     Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.     Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke af.

10.    Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                          FISIESE WETENSKAPPE V2                            3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1      Die homoloë reeks wat ŉ drievoudige koolstof-koolstof-binding bevat is …

         A        alkane.

         B        alkene.

         C        alkyne.

         D        haloalkane.                                                              (2)

1.2      Beskou die volgende verbindings:

         Verbindings
         A         Pentan-1-ol
         B         Butan-1-ol
         C         Pentanoësuur

         Watter EEN van die volgende rangskik die suiwer stowwe hierbo in die
         volgorde van toenemende sterkte van intermolekulêre kragte korrek?

         A        Pentan-1-ol, butan-1-ol, pentanoësuur

         B        Pentanoësuur, butan-1-ol, pentan-1-ol

         C        Butan-1-ol, pentanoësuur, pentan-1-ol

         D        Butan-1-ol, pentan-1-ol, pentanoësuur                                    (2)

1.3      Beskou die struktuurformule:

                                         O

                                         C     H

         Watter EEN van die volgende verbindings bevat die funksionele groep hierbo?

         A         Propanol

         B         Propanoon

         C         Propan-1-ol

         D         Propanoësuur                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               FISIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/JUNIE 2024)

 1.4     2-metielpropan-1-ol kan twee isomere vorm. Watter EEN van die volgende
         kombinasies identifiseer die ISOMEER en die TIPE ISOMEER KORREK?

                     NAAM VAN ISOMEER                    TIPE ISOMEER
         A               Butan-1-ol                        Posisioneel

         B            2-metielpropan-2-ol                   Ketting

         C                 Butan-1-ol                     Funksioneel

         D            2-metielpropan-2-ol                 Posisioneel                   (2)

 1.5     Die omskakeling van CH3CHCH2 na CH3CH2CH3 staan as … bekend.

         A      hidrasie

         B      hidrogenering

         C      halogenering

         D      hidrohalogenering                                                       (2)

 1.6     Soutsuur reageer met OORMAAT sink volgens die gebalanseerde reaksie:

                       2 HCℓ (aq) + Zn (s)   →     ZnCℓ2 (aq) + H2 (g)

         Watter EEN van die volgende faktore sal die opbrengs van H2 (g) beïnvloed
         maar nie die tempo waarteen H2 (g) geproduseer word nie?

         A      Temperatuur

         B      Volume van HCℓ

         C      Toestand van verdeeldheid Zn

         D      Konsentrasie van HCℓ                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                                                      FISIESE WETENSKAPPE V2                             5

1.7      Koolsuur, H2CO3, ioniseer in water in twee stappe. Die eerste stap van die
         ionisasie word deur die volgende vergelyking gegee:

                                                      H2CO3 (aq) + H2O (ℓ)   ⇌ HCO3– (aq) + H3O+ (aq)

         Watter EEN van die volgende stowwe in die reaksie hierbo kan as ŉ amfoliet
         optree?

         A                 H2CO3 en H2O

         B                 HCO3– en H3O+

         C                 H2O en HCO3–

         D                 H2CO3 en HCO3–                                                                              (2)

1.8      Die potensiële energiediagram vir die volgende omkeerbare hipotetiese
         reaksie word gegee:

                                                                 2 AB (g) ⇌ A2 (g) + Br2 (g)

                  Potensiële energie (kJ·mol-1)
                                                  R

                                                  Q

                                                  P

                                                                   Tyd

         Beskou die volgende stellings aangaande die energiediagram.

         I                 Δ H vir die voorwaartse reaksie is positief

         II                ŉ Katalisator sal P–Q verlaag

         III               Terugwaartse reaksie is eksotermies

         Watter van die volgende stelling(s) hierbo is WAAR?

         A                 slegs I

         B                 slegs I en II

         C                 slegs I en III

         D                 slegs II en III                                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 FISIESE WETENSKAPPE V2                       (EC/JUNIE 2024)

 1.9     Beskou die volgende omkeerbare reaksie in ŉ verseëlde houer by ewewig:

                                    C (s) + CO2 (g) ⇌ 2 CO (g)

         Die volume in die houer word verlaag terwyl die temperatuur konstant bly.

         Watter EEN van die volgende kombinasies rondom die hoeveelheid CO en
         die tempo waarteen die nuwe ewewig bereik word is KORREK?

                     HOEVEELHEID CO                        REAKSIETEMPO
         A                Hoёr                                 Laer

         B                   Laer                                Hoёr

         C                   Hoёr                                Hoёr

         D                   Laer                                Laer                     (2)

 1.10    Beskou twee oplossings van Ba(OH)2 (aq) en KOH (aq) elk met ŉ
         konsentrasie van 0,1 mol·dm-3.

         Beskou die volgende stellings rakende die twee oplossings.

         I      Beide KOH en Ba(OH)2 kan as Arrhenius basisse beskou word

         II     Ba(OH)2 sal ŉ hoër konsentrasie van OH– produseer as KOH
                wanneer dit dissosieer

         III    Dubbel die hoeveelheid HCℓ word benodig om die KOH te
                neutraliseer as Ba(OH)2

         Watter van die volgende stelling(s) hierbo is WAAR?

         A      slegs I

         B      slegs I en II

         C      slegs II en III

         D      slegs I en III                                                            (2)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                       FISIESE WETENSKAPPE V2                              7

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die tabel hieronder toon organiese verbindings A tot E van verskillende homoloë reeks.

      A               CH3Cℓ           B                     CH3

                                            CH3CH      CH   C     CH3

                                                            H

      C              Butanoon               CH3        H    CH3

                                            CH2CH      C    C     CH3
      E              CXHYO2           D
                                                O      H    CH3

                                                H

2.1       Definieer homoloë reeks.                                                             (2)

2.2       Skryf die LETTER wat die volgende verbindings verteenwoordig neer:

          2.2.1   Koolwaterstof                                                                (1)

          2.2.2   Haloalkaan                                                                   (1)

          2.2.3   Alkeen                                                                       (1)

          2.2.4   Die verbindings wat ŉ karbonielgroep bevat wat aan twee versadigde
                  koolstof-atome verbind is                                                    (1)

2.3       Is verbinding D ŉ PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE ALKOHOL?
          Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                         (2)

2.4       Skryf neer die:

          2.4.1   Algemene formule van die homoloë reeks waarin verbinding B behoort           (1)

          2.4.2   IUPAC-naam van verbinding B                                                  (2)

          2.4.3   IUPAC-naam van verbinding D                                                  (3)

2.5       Verbinding C het ŉ funksionele isomeer.

          2.5.1   Definieer die term funksionele isomeer.                                      (2)

          2.5.2   Teken die STRUKTUURFORMULE van die funksionele isomeer van
                  verbinding C.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              FISIESE WETENSKAPPE V2                            (EC/JUNIE 2024)

2.6   Verbinding E (CXHYO2) reageer met alkohol P in die teenwoordigheid van
      gekonsentreerde swawelsuur (H2SO4) om ŉ organiese verbinding Q te
      produseer soos deur die onvolledige vergelyking hieronder getoon:

                     CXHYO2 + alkohol P → organiese verbinding Q + H2O

      Die persentasie samestelling van verbinding Q is:

                                  Organiese verbinding Q
                Koolstof                 Waterstof                Suurstof
                58,82%                    9,81%                   31,37%

      Die molekulêre massa van verbinding Q is GELYK aan die formule massa.

      2.6.1    Skryf die naam van die tipe reaksie wat plaas gevind het neer.              (1)

      2.6.2    Bepaal, deur berekeninge, die molekulêre formule van organiese
               verbinding Q.                                                               (5)

      Verbinding E (CXHYO2) het ŉ molekulêre massa van 74 g·mol-1.

      2.6.3    Bepaal die verbinding E (CXHYO2) en skryf die IUPAC-naam neer.              (4)

      2.6.4    Bepaal die organiese verbinding Q wat geproduseer was, skryf die
               IUPAC-naam en STRUKTUURFORMULE neer.                                       (6)
                                                                                         [34]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                                 FISIESE WETENSKAPPE V2                                9

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Ondersoek word uitgevoer om die effek van vertakking op die kookpunte van
organiese verbindings te bepaal. Drie PRIMÊRE ALKOHOLE wat elk 5 koolstof atome
bevat word tydens die ondersoek gebruik.

Gelyke volume van elke alkohol word apart in ŉ waterbad verhit.

                   180
                   150

   Kookpunt (°C)
                   120
                    90
                    60
                    30

3.1                Definieer kookpunt.                                                               (2)

3.2                Watter eienskap van alkohole vereis dat hulle in ŉ waterbad verhit word?          (1)

3.3                Skryf die kookpunt van alkohol 1 neer.                                            (1)

3.4                Is die ŉ regverdige ondersoek? Skryf slegs JA of NEE neer.
                   Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                      (2)

3.5                Gee die IUPAC-naam van alkohol 2.                                                 (2)

3.6                Watter alkohol het die kortste kettinglengte?

                   Skryf slegs ALKOHOL 1, ALKOHOL 2 of ALKOHOL 3 neer.                               (1)

3.7                Verduidelik volledig die antwoord op VRAAG 3.6.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           FISIESE WETENSKAPPE V2                           (EC/JUNIE 2024)

3.8   ŉ Tweede ondersoek word uitgevoer om die effek van intermolekulêre kragte
      op die dampdruk te bepaal.

      Die tabel hieronder som die resultate van twee organiese verbindings op.

                     VERBINDING                DAMPDRUK BY 20 °C (kPa)
      A               Butanoon                        9,47
      B               Butan-1-ol                      0,58

      3.8.1     Definieer dampdruk.                                                     (2)

      3.8.2     Verduidelik die verskil in dampdruk deur na die intermolekulêre
                kragte betrokke te verwys.                                              (4)

      3.8.3     Sal die dampdruk van die verbindings hierbo TOENEEM, AFNEEM
                of DIESELFDE BLY by ŉ hoër temperatuur?                                (1)
                                                                                      [19]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                       FISIESE WETENSKAPPE V2                               11

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

4.1     Beskou die vloeidiagram wat organiese reaksies hieronder toon.

                                         Reaksie 1
                      O-H                                Organiese verbinding P + H2O
                                                         (hoofproduk)
                CH3CH2CHCH3

                                                         A             Reaksie 2
                                                              C4
                                                                   C4H9Br

        Beskou REAKSIE 1.

        Skryf neer die:                                              C4
        4.1.1     Naam van die tipe eliminasie reaksie                                           (1)

        4.1.2     Naam of formule van die anorganiese reagens wat benodig word                   (1)

        4.1.3     Gebalanseerde vergelyking deur    gebruik    te           maak     van
                  STRUKTUURFORMULES vir die organiese verbindings                                (4)

        Beskou REAKSIE 2.

        Skryf neer die:

        4.1.4     Naam van die tipe reaksie wat plaasvind                                        (1)

        4.1.5     STRUKTUURFORMULE en IUPAC-naam van die hoofproduk wat vorm                     (4)

        Beskou REAKSIE 3.

        Skryf neer die:

        4.1.6     TWEE reaksiestoestande wat benodig word                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            FISIESE WETENSKAPPE V2                           (EC/JUNIE 2024)

4.2 Oktaan kan volgens die onvolledige vergelyking gekraak word:

                                  C8H18 → C4HY + C4HZ

     Die twee REGUITKETTING organiese verbindings, C4HY en C4HZ, word nou deur
     broomwater (Br2 (aq)) by kamertemperatuur in ŉ donkerkamer gevoer. Die
     volgende waarneming word gemaak:

               EKSPERIMENT 1                          EKSPERIMENT 2
              Spuit                                 Spuit

               C4HY                                    C4HZ

                                                                           Br2 (aq)
                                   Br2 (aq)

     Wanneer verbinding C4HY deur die Wanneer verbinding C4HZ deur die
     broomwater geborrel word, word geen broomwater geborrel word, word die
     verandering waargeneem nie.         gelerige kleur van die broomwater
                                         onmiddellik kleurloos en borrels word in
                                         die fles waargeneem.

     4.2.1   Definieer kraking.                                                             (2)

     4.2.2   Gee ŉ rede waarom eksperimente 1 en 2 in ŉ donker kamer uitgevoer
             word.                                                                          (1)

     4.2.3   Watter verbinding, C4HY of C4HZ, is ONVERSADIG?
             Gee ŉ rede vir jou antwoord.
                                                                                            (2)
     Verbinding C4HY ondergaan die volgende reaksies:

                                       UV-lig
        I              C4HY + Cℓ2               Primêre haloalkaan + HCℓ

       II      Primêre haloalkaan + NaOH (gekon)              C4HZ + NaCℓ + H2O

     Skryf neer die:

     4.2.4   STRUKTUURFORMULE van verbinding C4HZ                                           (2)

     4.2.5   Verbrandingsreaksie van verbinding C4HY deur van MOLEKULÊRE-
             FORMULES gebruik te maak                                                      (3)
                                                                                          [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                        FISIESE WETENSKAPPE V2                                    13

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Groep leerders gebruik die reaksie tussen magnesiumkarbonaat (MgCO3) en
OORMAAT soutsuur (HCℓ) om van die faktore wat die reaksietempo beïnvloed te
ondersoek. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:

             MgCO3 (aq) + 2 HCℓ (aq)          MgCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g)

Die leerders gebruik die apparaat wat hieronder geïllustreer word.

                                                       gasspuit

                                                 gas

                                           HCℓ
              MgCO3

Die tabel hieronder som die reaksietoestande op:

                                          REAKSIETOESTANDE
                      KONSENTRASIE         TOESTAND VAN    AANVANKLIKE
EKSPERIMENT
                         VAN HCℓ           VERDEELDHEID  TEMPERATUUR (°C)
                        (mol·dm-3)           VAN MgCO3

         1                   0,9                  Poeier                     25

         2                   0,9                  Poeier                     30

         3                   0,9                  Korrels                    30

5.1     Definieer reaksietempo.                                                                  (2)

5.2     Skryf die onafhanklike veranderlike vir die vergelyking tussen eksperiment 1
        en 2 neer.                                                                               (1)

5.3     Eksperiment 2 en 3 word nou vergelyk.

        5.3.1     Watter eksperiment 2 of 3 sal die hoër reaksietempo het?                       (1)

        5.3.2     Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.3.1 deur na die botsingsteorie
                  te verwys.                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                          FISIESE WETENSKAPPE V2             (EC/JUNIE 2024)

5.4   Die leerders meet die tempo waarteen CO2 in eksperiment 2 geproduseer was
      en vind dit was 0,25 g·min-1. Dit het 10,44 minute geneem om die tyd te meet
      wat dit geneem het vir die reaksie om voltooiing te bereik.

      Bereken die:

      5.4.1    Massa MgCO3 wat gebruik was                                                (6)

      5.4.2    Molêre volume van CO2 as 1,47 dm3 CO2 vrygelaat was                        (3)

5.5   Die grafiek hieronder verteenwoordig die Maxwell-Boltzmann verspreidings-
      kurwe van CO2(g) wat in eksperiment 1 geproduseer was.

                     Aantal CO2 molekules

                                                      Kinetiese energie

      Teken die grafiek oor in die ANTWOORDEBOEK. Benoem die kurwe duidelik
      as A.

      Op dieselfde assestelsel, skets die kurwe wat verkry sal word vir CO2(g) as die
      massa van MgCO3 wat gebruik was verhoog word.
      Benoem hierdie kurwe as B.                                                          (2)
                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                                              FISIESE WETENSKAPPE V2                               15

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

6.1                            Aanvanklik word 1 mol swaweldioksied SO2 (g) en suurstof O2 (g) toegelaat om
                               in ŉ verseëlde houer volgens die gebalanseerde vergelyking te reageer:

                                                      2 SO2(g) + O2(g)     ⇌ 2 SO3 (g)

                               Die grafiek hieronder toon die verandering in hoeveelhede reaktante en produkte
                               oor tyd.

                               Grafiek is NIE volgens skaal geteken NIE.

                                             HOEVEELHEID-STOF-TEENOOR-TYD GRAFIEK

                                                                                                        SO3
                                   1

      Hoeveelheid stof (mol)
                                  0,54
                                                                                                        X

                                0,075
                                                                                                        Y
                                         0
                                                                   t1      t2                      t3
                                                                         Tyd

                                6.1.1    Stel Le Chatelier se beginsel in woorde.                                  (2)

                                6.1.2    Hoe sal die tempo van die voorwaartse reaksie vergelyk met die tempo
                                         van die terugwaartse reaksie tussen t1 en t2?

                                         Kies uit HOЁR AS, LAER AS of GELYK AAN.

                                         Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                              (2)

                                6.1.3    Watter kurwe, X of Y, verteenwoordig SO2?

                                         Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/JUNIE 2024)

        Die temperatuur van die reaksiemengsel word by t2 verlaag.

        6.1.4   Is die reaksie warmte (ΔH) POSITIEF of NEGATIEF vir die voorwaartse
                reaksie?                                                                  (1)

        6.1.5   Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.1.4 deur na Le Chatelier se
                beginsel te verwys.                                                       (3)

6.2     2,5 mol NOCℓ is aanvanklik in ŉ 1,5 dm3 verseëlde houer by 400 °C geplaas.
        Nadat die ewewig vasgestel is, is daar gevind dat 28% van die NOCℓ volgens
        die gebalanseerde vergelyking gedissosieer het:

                               2 NOCℓ (g) ⇌ 2 NO (g) + Cℓ2 (g)

        6.2.1 Bereken die ewewigskonstante, Kc-waarde by 400 °C.                          (7)

        6.2.2 Meer NOCℓ word by die ewewigsmengsel bygevoeg. Hoe sal die
              verandering die ewewigskonstante, Kc beïnvloed?

                Skryf slegs TOENEEM, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.

                Gee ŉ rede vir die antwoord.                                             (2)
                                                                                        [19]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                           FISIESE WETENSKAPPE V2                               17

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

7.1 Die gebalanseerde vergelyking hieronder toon die eerste stap van die ionisasie
    reaksie van swawelsuur (H2SO4):

                         H2SO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌    HSO4– (aq) + H3O+ (aq)

      7.1.1       Definieer ŉ suur volgens die Arrhenius-teorie.                               (2)

      Skryf neer die:

      7.1.2       FORMULES van die TWEE BASISSE in die bostaande reaksie                       (2)

      7.1.3       Gebalanseerde chemiese vergelyking vir die          reaksie    tussen
                  swawelsuur (H2SO4) en kaliumhidroksied (KOH).                                (3)

7.2 ŉ Standaard oplossing van natriumhidroksied (NaOH) word voorberei deur
    3,812 g op te los om ŉ 100 cm3 NaOH oplossing te maak.

      7.2.1       Bereken die konsentrasie van die natriumhidroksied (NaOH) oplossing.         (3)

      Huishoudelike asyn bevat x % etanoësuur (CH3COOH) per massa. 25 cm3 van
      die asyn reageer met 21,8 cm3 natriumhidroksied (NaOH) oplossing wat in
      VRAAG 7.2.1 voorberei was.

      Die gebalanseerde vergelyking is:

                    CH3COOH (aq) + NaOH (aq) → CH3COONa (aq) + H2O(ℓ)

      7.2.2       Bereken die persentasie massa van die etanoësuur (waarde van x) wat
                  in asyn gevind word as 1 cm3 van huishoudelik asyn ŉ massa van 1 g
                  het.                                                                        (7)
                                                                                             [17]

                                                                            TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             FISIESE WETENSKAPPE V2                         (EC/JUNIE 2024)

                              NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
                             NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                        DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                 PAPER 2 (CHEMISTRY)

                        GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                VRAESTEL 2 (CHEMIE)

 TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

              NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL         VALUE/WAARDE
     Standard pressure
     Standaarddruk                             p               1,013 x 105 Pa

     Molar gas volume at STP
     Molêre gasvolume teen STD                 Vm               22,4 dm3∙mol-1

     Standard temperature
     Standaardtemperatuur                      Tθ                     273 K

     Charge on electron
     Lading op elektron                            e             -1,6 x 10-19 C

     Avogadro’s constant
                                               NA              6,02 x 1023 mol-1
     Avogadro se konstante

 TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
         m                        n            m
     n= M       or/of          c = V or/of c = MV       pH= -log[H3O+]

         N                            ca Va   na        Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
     n= N       or/of                       =
          A
                                      cb Vb nb          at/by 298 K
         V
     n= V
            m

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNE 2024)                                                                    PHYSICAL SCIENCES P2                                                                                                  19
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

   1               2           3           4         5            6           7          8            9     10         11         12       13          14         15           16          17         18
  (I)             (II)                                                               Atoomgetal                                           (III)       (IV)        (V)         (VI)        (VII)      (VIII)
                                                KEY/ SLEUTEL
        1                                                                          Atomic number                                                                                                        2
2,1    H                                                                                                                                                                                               He
        1                                                                                      29                                                                                                       4
        3            4                                   Elektronegatiwiteit                               Simbool                              5          6           7           8           9        10
1,0         1,5                                                                          1,9                                            2,0         2,5         3,0         3,5         4,0
       Li          Be
                                                         Electronegativity
                                                                                               Cu          Symbol
                                                                                                                                               B           C           N           O           F       Ne
        7            9                                                                                                                         11          12          14         16           19       20
       11           12                                                                         63,5                                            13          14          15         16           17       18
0,9   Na    1,2    Mg                                                                                                                   1,5   Aℓ    1,8    Si   2,1    P    2,5    S    3,0    Cℓ       Ar
                                                                              Benaderde relatiewe atoommassa
       23           24                                                                                                                         27          28          31         32          35,5      40
       19           20          21      22            23           24      25     26 relative
                                                                          Approximate     27 atomic
                                                                                                28 mass29                          30          31          32          33         34           35       36
0,8    K    1,0    Ca    1,3   Sc    1,5Ti     1,6    V     1,6    Cr   1,5Mn      1,8
                                                                                  Fe     Co     1,8
                                                                                                Ni     Cu 1,8    1,9        1,6   Zn    1,6   Ga    1,8   Ge    2,0   As    2,4   Se    2,8    Br       Kr
       39           40          45      48            51           52      55     56      59    59    63,5                         65          70          73          75         79           80       84
       37           38          39      40            41           42      43     44      45    46     47                          48          49          50          51         52           53       54
0,8   Rb    1,0     Sr   1,2    Y    1,4Zr           Nb     1,8   Mo    1,9Tc      2,2
                                                                                  Ru     Rh     2,2
                                                                                                Pd     Ag 2,2    1,9        1,7   Cd    1,7    In   1,8   Sn    1,9   Sb    2,1   Te    2,5     I      Xe
       86           88          89      91            92           96             101 103 106         108                         112         115         119         122         128         127      131
       55           56          57      72            73           74      75     76      77    78     79                          80          81          82          83         84           85       86
0,7   Cs    0,9    Ba          La    1,6Hf           Ta            W       Re     Os       Ir   Pt     Au                         Hg    1,8    Tℓ   1,8   Pb    1,9    Bi   2,0   Po    2,5    At      Rn
      133          137         139     179           181          184     186     190 192 195         197                         201         204         207         209
       87           88          89
0,7    Fr   0,9    Ra          Ac
                   226                            58           59          60        61              62     63       64       65           66          67          68         69           70         71
                                                 Ce            Pr         Nd         Pm             Sm     Eu       Gd        Tb          Dy          Ho           Er         Tm          Yb         Lu
                                                 140          141         144                       150    152      157       159         163         165         167         169         173        175
                                                  90           91          92        93              94     95       96       97           98          99         100         101         102        103
                                                 Th           Pa           U         Np             Pu     Am       Cm        Bk           Cf         Es          Fm          Md          No          Lr
                                                 232                      238

Copyright reserved

## Related documents

- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Physical Sciences P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-erratum-june-common-2024/65e40bae-5689-4ebf-8528-39960e38f9fa) — Physical Sciences · Errata · 2024
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/851ef73d-62a5-4b19-b6cb-e009163ddf34) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
