# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ps-p1-feb-march-2016-afr/8cc37247-00b3-4f96-ba83-a738eea1e1c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/ps-p1-feb-march-2016-afr/8cc37247-00b3-4f96-ba83-a738eea1e1c7)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie.

opiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        3                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 E.

1.1      'n Netto krag F wat op 'n liggaam met massa m inwerk, veroorsaak 'n
         versnelling a. Indien dieselfde netto krag F op 'n liggaam met massa 2m
         toegepas word, sal die versnelling van die liggaam ... wees.

         A     ¼a

         B     ½a

         C     2a

         D     4a                                                                         (2)

1.2      Twee voorwerpe met massas 2m en m word gerangskik soos in die diagram
         hieronder.

                                2m                        m

                                              d

         Watter EEN van die veranderings hieronder sal die GROOTSTE toename in
         die gravitasiekrag veroorsaak wat die een massa op die ander uitoefen?

         A     Verdubbel die groter massa.

         B     Halveer die kleiner massa.

         C     Verdubbel die afstand tussen die massas.

         D     Halveer die afstand tussen die massas.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         4                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.3      Die stellings hieronder beskryf die beweging van voorwerpe.

         (i)     'n Veer val vanaf 'n sekere hoogte binne 'n vakuumbuis.

         (ii)    'n Krat gly teen konstante spoed oor 'n gladde, horisontale oppervlak.

         (iii)   'n Staalbal val deur die lug in die afwesigheid van lugwrywing.

         Watter van die volgende is die KORREKTE beskrywing van UNIFORME
         VERSNELDE beweging?

         A       Slegs (i) en (ii)

         B       Slegs (i) en (iii)

         C       Slegs (ii) en (iii)

         D       (i), (ii) en (iii)                                                               (2)

1.4      Lugkussings in moderne voertuie verskaf ekstra veiligheid tydens 'n ongeluk.

         Die stellings hieronder is deur 'n leerder gemaak om te verduidelik hoe
         lugkussings beter veiligheid tydens 'n botsing kan verseker.

         (i)     Die tyd van die botsing neem toe.

         (ii)    Die krag van die botsing neem af.

         (iii)   Die impuls neem toe.

         Watter van die stellings hierbo is KORREK?

         A       Slegs (i)

         B       Slegs (ii)

         C       Slegs (ii) en (iii)

         D       Slegs (i) en (ii)                                                                (2)

1.5      Die arbeid verrig deur 'n konstante krag F wat op 'n voorwerp toegepas word
         om die voorwerp se spoed van v na 2v te verhoog, is W.

         Die arbeid verrig deur dieselfde krag om die spoed van die voorwerp van
         0 na v te verhoog, sal ... wees.

         A       ⅓W

         B       ½W

         C       2W

         D       3W                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      5                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

1.6      Lig wat die Aarde bereik vanaf 'n sterrestelsel wat wegbeweeg, word na
         ... verskuif.

         A     groter snelhede

         B     hoër frekwensies

         C     langer golflengtes

         D     korter golflengtes                                                         (2)

1.7      P, Q en R is drie gelaaide sfere. Wanneer P en Q naby aan mekaar gebring
         word, ondervind hulle 'n aantrekkingskrag. Wanneer Q en R naby aan mekaar
         gebring word, ondervind hulle 'n afstotingskrag.

         Watter EEN van die volgende is WAAR?

         A     P en R het ladings met dieselfde teken.

         B     P en R het ladings met teenoorgestelde tekens.

         C     P, Q en R het ladings met dieselfde teken.

         D     P, Q en R het gelyke ladings.

1.8      Die minimum waarde van die weerstand wat verkry kan word deur twee
         4 Ω-resistors te verbind, is ...

         A     1 Ω.

         B     2 Ω.

         C     3 Ω.

         D     8 Ω.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                  6                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                       NSS

1.9      Grafiek P stel die uitset-emk van 'n WS-generator voor. Grafiek Q is die uitset-
         emk nadat 'n verandering gemaak is deur DIESELFDE generator te gebruik.

                                      2V
                                               Q
                                      V

                     Uitset-emk (V)                                    t(s)
                                                             P

         Watter EEN van die volgende veranderings is aan die generator gemaak om
         grafiek Q te lewer?

         A     Die getal windings van die spoel is verdubbel.

         B     Die oppervlakarea van die spoel is verdubbel.

         C     Die rotasiespoed is verdubbel.

         D     Die magnetieseveldsterkte is verdubbel.                                              (2)

1.10     Die moontlike atoom-oorgange in 'n opgewekte atoom van 'n element word
         hieronder getoon.
                                                                     VLAK 4
                                       P
                                                                     VLAK 3

                                           Q
                                                                     VLAK 2
       Energie

                                                   R             S

                                                                     VLAK 1: grondtoestand

         Watter oorgang sal die spektraallyn met die langste golflengte lewer?

         A     P

         B     Q

         C     R

         D     S                                                                                    (2)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       7                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      'n 5 kg-massa en 'n 20 kg-massa is verbind met 'n ligte, onrekbare toutjie wat
         oor 'n ligte, wrywinglose katrol beweeg. Die 5 kg-massa word aanvanklik in
         rus gehou op 'n horisontale oppervlak, terwyl die 20 kg-massa vertikaal
         afwaarts hang, 6 m bokant die grond, soos in die diagram hieronder getoon.

         Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.

                                  5 kg

                                                       20 kg

                                                      6m

         Wanneer die stilstaande 5 kg-massa losgelaat word, begin die twee massas
         beweeg. Die kinetiese wrywingskoëffisiënt, μ k , tussen die 5 kg-massa en die
         horisontale oppervlak is 0,4. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

         2.1.1        Bereken die versnelling van die 20 kg-massa.                             (5)

         2.1.2        Bereken die spoed van die 20 kg-massa wanneer dit die grond tref.        (4)

         2.1.3        Op watter minimum afstand vanaf die katrol moet die 5 kg-massa
                      aanvanklik geplaas word sodat die 20 kg-massa net die grond tref?        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        8                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

2.2      'n Persoon met massa 60 kg klim na die kruin van 'n berg wat 6 000 m bo
         grondvlak is.

                               6 000 m

                                                         Grondvlak

         2.2.1        Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde.                          (2)

         2.2.2        Bereken die verskil in die gewig van die klimmer by die kruin van
                      die berg en op grondvlak.                                                   (6)
                                                                                                  [18]

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Man gooi bal A afwaarts teen 'n spoed van 2 m∙s-1 vanaf die rand van 'n venster,
45 m bo 'n dam water. Een sekonde later gooi hy 'n tweede bal, bal B, afwaarts en
neem waar dat beide balle die wateroppervlak in die dam op dieselfde oomblik tref.
Ignoreer lugwrywing.

3.1      Bereken die:

         3.1.1        Spoed waarmee bal A die wateroppervlak tref                                 (3)

         3.1.2        Tyd wat dit bal B neem om die wateroppervlak te tref                        (3)

         3.1.3        Beginsnelheid van bal B                                                     (5)

3.2      Skets, op dieselfde assestelsel, 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek vir die
         beweging van bal A en B. Toon duidelik die volgende op jou grafiek aan:

         •       Beginsnelhede van beide bal A en B
         •       Die tyd wanneer bal B losgelaat word
         •       Die tyd wat dit beide balle neem om die wateroppervlak te tref                   (5)
                                                                                                  [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          9                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon twee trollies, P en Q, wat op 'n plat, wrywinglose,
horisontale spoor deur 'n saamgeperste veer aan mekaar gehou word. Die massas
van P en Q is onderskeidelik 400 g en 600 g.

                                    P                       Q

                                  400 g                     600 g

Wanneer die trollies losgelaat word, neem dit die veer 0,3 s om na sy natuurlike lengte
af te wen. Trollie Q beweeg dan na regs teen 4 ms-1.

4.1      Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                                (2)

4.2      Bereken die:

         4.2.1        Snelheid van trollie P nadat die trollies losgelaat is                         (4)

         4.2.2        Grootte van die gemiddelde krag wat deur die veer op trollie Q
                      uitgeoefen word                                                                (4)

4.3      Is hierdie botsing elasties? Antwoord slegs JA of NEE.                                      (1)
                                                                                                     [11]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         10                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Konstante krag F, wat teen 'n hoek van 20o bokant die horisontaal uitgeoefen word,
trek 'n 200 kg-blok oor 'n afstand van 3 m op 'n ruwe, horisontale vloer soos in die
diagram hieronder getoon.

                             NA                                                 VOOR
       F                                                     F
            20o                                                  20o
                           200 kg                                             200 kg
                                                        3m

                                            Ruwe vloer

Die koëffisiënt van kinetiese wrywing, μ k , tussen die vloeroppervlak en die blok is 0,2.

5.1        Gee 'n rede waarom die kinetiese wrywingskoëffisiënt geen eenhede het nie.              (1)

5.2        Stel die arbeid-energiestelling in woorde.                                              (2)

5.3        Teken 'n vrye kragtediagram wat AL die kragte wat op die blok inwerk terwyl
           dit getrek word, aandui.                                                                (4)

5.4        Toon aan dat die arbeid wat deur die kinetiese wrywingskrag (W fk ) op die blok
           verrig word, as W fk = (-1 176 + 0,205 F) J geskryf kan word.                           (4)

5.5        Bereken die grootte van die krag F wat toegepas moet word sodat die netto
           arbeid wat deur al die kragte op die blok verrig word, nul is.                          (4)
                                                                                                   [15]

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Weerkaatsing van klankgolwe stel vlermuise in staat om motte te jag. Die klankgolf wat
'n vlermuis voortbring, het 'n frekwensie van 222 kHz en 'n golflengte van 1,5 x 10-3 m.

6.1        Bereken die spoed van hierdie klankgolf deur die lug.                                   (3)

6.2        'n Stilstaande vlermuis stuur 'n klankgolf uit en ontvang dieselfde sein wat
           deur 'n bewegende mot teen 'n frekwensie van 230,3 KHz weerkaats word.

           6.2.1      Beweeg die mot NA of WEG VAN die vlermuis?                                   (1)

           6.2.2      Bereken die grootte van die snelheid van die mot, as aanvaar word
                      dat die snelheid konstant is.                                                (6)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         11                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee identiese sferiese balle, P en Q, elk met 'n massa van 100 g, hang by dieselfde
punt vanaf 'n plafon deur middel van identiese, ligte, onrekbare geïsoleerde toutjies.
Elke bal dra 'n lading van +250 nC. Die balle kom tot rus in die posisies soos in die
diagram hieronder getoon.
                                            Plafon

                                            20o 20o

                                   P                       Q

7.1      In die diagram is die hoeke tussen elke toutjie en die vertikaal dieselfde.
         Gee 'n rede waarom die hoeke dieselfde is.                                           (1)

7.2      Stel Coulomb se wet in woorde.                                                       (2)

7.3      Die vrye kragtediagram, nie volgens skaal geteken nie, van die kragte wat op
         bal P inwerk, word hieronder getoon.

                                                       T

                                  Fe

                                                w/Fg
         Bereken die:

         7.3.1        Grootte van die spanning (T) in die toutjie                             (3)

         7.3.2        Afstand tussen bal P en Q                                               (5)
                                                                                              [11]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              12                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                   NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Sfeer Q 1 met 'n lading van -2,5 μC word 1 m vanaf 'n tweede sfeer Q 2 met 'n lading
van +6 μC geplaas. Die sfere lê langs 'n reguitlyn, soos in die diagram hieronder
getoon. Punt P is op 'n afstand van 0,3 m links van sfeer Q 1 geleë, terwyl punt X
tussen Q 1 en Q 2 geleë is. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.

                                   -2,5 μC                                    +6 μC
                     P                Q1                             X         Q2
                     ●                                               ●
                           0,3 m                              1m

8.1      Toon, met behulp van 'n VEKTORDIAGRAM, waarom die netto elektriese
         veld by punt X nie nul kan wees nie.                                                       (4)

8.2      Bereken die netto elektriese veld by punt P as gevolg van die twee gelaaide
         sfere Q 1 en Q 2 .                                                                         (6)
                                                                                                    [10]

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Battery met 'n onbekende emk en 'n interne weerstand van 0,5 Ω is aan drie
resistors, 'n hoëweerstand-voltmeter en 'n ammeter met weglaatbare weerstand
gekoppel, soos hieronder getoon.

                                                         V

                                                     2Ω

                                                             0,5 Ω

                                                    ε
                     A

                                        4Ω                               8Ω

Die lesing op die ammeter is 0,2 A.
9.1      Bereken die:
         9.1.1           Lesing op die voltmeter                                                    (3)
         9.1.2           Totale stroom wat deur die battery verskaf word                            (4)
         9.1.3           Emk van die battery                                                        (5)
9.2      Hoe sal die lesing op die voltmeter verander indien die 2 Ω-resistor uit die
         stroombaan verwyder word? Skryf TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
         Verduidelik die antwoord.                                                                  (3)
                                                                                                    [15]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         13                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1     'n Vereenvoudigde skets van 'n WS-generator word hieronder getoon.

                                                                Spoel
                                            Q

                                     A
         Poolstuk van magneet
                                            P
                                                                  
                                                                Na eksterne stroombaan
                                                                
         Die spoel van die generator roteer kloksgewys tussen die poolstukke van
         twee magnete. Op 'n spesifieke oomblik is die rigting van die stroom in die
         segment PQ soos hierbo aangedui.

         10.1.1       Identifiseer die magneetpool A.
                      Skryf slegs NOORDPOOL of SUIDPOOL.                                        (1)

         10.1.2       Die spoel word deur 180o geroteer.

                      Sal die rigting van die stroom in segment PQ vanaf P na Q of vanaf
                      Q na P wees?                                                              (1)

10.2     'n Elektriese toestel word aan 'n generator gekoppel wat 'n wgk-
         potensiaalverskil van 220 V lewer. Die maksimum stroom wat deur die toestel
         vloei, is 8 A.

         Bereken die:

         10.2.1       Weerstand van die toestel                                                 (5)

         10.2.2       Energie wat die toestel in twee uur verbruik                              (5)
                                                                                                [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       14                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van veranderings in frekwensie EN
intensiteit op die stroom wat in 'n foto-elektriese sel opgewek word wanneer lig daarop
inval, te bepaal.

Die apparaat wat in hierdie ondersoek gebruik is, word in die vereenvoudigde diagram
hieronder getoon.

                                               Invallende lig

                                                        µA

Die resultate van die eksperiment word in die tabel hieronder getoon.

          EKSPERIMENT          FREKWENSIE             INTENSITEIT        STROOM
                                   (Hz)                   (Cd)             (µA)
                     A          4,00 x 1014                  10             0
                     B          4,50 x 1014                  10             0
                     C          5,00 x 1014                  10             0
                     D          5,01 x 1014                  10             20
                     E          5,01 x 1014                  20             40
                     F          6,50 x 1014                  10             30

11.1     Definieer die term werkfunksie.                                                     (2)

11.2     Identifiseer 'n onafhanklike veranderlike.                                          (1)

Die drumpelfrekwensie van die metaal wat in die fotosel gebruik word, is
5,001 x 1014 Hz.

11.3     Definieer die term drumpelfrekwensie.                                               (2)

11.4     Bereken die maksimum spoed van 'n vrygestelde elektron in eksperiment F.            (5)

Die stroom verdubbel in eksperiment D en E as die intensiteit by dieselfde frekwensie
verdubbel word.

11.5     Watter afleiding kan uit hierdie waarneming gemaak word?                            (2)
                                                                                             [12]

                                                                             TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                          g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                          ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                          h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                          e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                     NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t                                     ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2 or/of ∆y = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                                          v + vf                 v + vf 
  2        2                   2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
                                       2
                                                    ∆x =  i       ∆t or/of ∆y =  i       ∆t
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                          p = mv
f s max = μ sN                                      f k = μk N
Fnet ∆t = ∆p
∆p = mv f - mv i                                    w = mg

         m1m 2                             m1m 2             M                          M
F=G                 or/of          F=G              g= G               or/of        g= G 2
          d2                                r2               d2                         r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = F∆x cos θ                                      U = mgh                 or/of    E P = mgh
                                                   Wnet = ∆K               or/of     Wnet = ∆Ek
       1                               1
K=       mv 2      or/of       Ek =      mv 2
       2                               2
                                                   ∆K = K f − K i          or/of    ∆Ek = Ekf − Eki
                                                      W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep                P=
                                                      ∆t
Pave = Fv ave

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                         1
v=fλ                                                T=
                                                         f
       v ± vL                      v ± vL                                          hc
fL =          fs            fL =          fb       E = hf         or /of     E=
       v ± vs                      v ± vb                                           λ
E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                                   1                     1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek (max) =                2
                                                     mv max                  2
                                                            or/of K max = mv max
                                                   2                     2

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                                   DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ 1Q 2                                     kQ
F=                                          E=
      r2                                       r2
    W                                          F
V=                                          E=
    q                                          q
    Q            Q
n=     or/of n =
    e            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                            emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R=
     I                                      emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
 1    1     1                               q = I ∆t
    =    +     + ...
R p R1 R 2
W = Vq                                           W
                                            P=
                                                 ∆t
W = VI ∆ t
                                            P = VI
W= I2R ∆ t

          2
                                            P = I2R
     V Δt
W=                                              V2
      R                                     P=
                                                 R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Paverage = Vrms I rms           /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                   I
I rms =                /   I wgk = maks
              2                     2                    2
                                            Paverage = I rms R          /       Pgemiddeld = I 2wgk R
           Vmax                     Vmaks
Vrms =                 /   Vwgk =                          2
                                                         Vrms
                                                                                                2
                                                                                               Vwgk
              2                       2     Paverage =              /           Pgemiddeld =
                                                          R                                     R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [PS P2 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/ps-p2-feb-march-2016-eng/f4c94873-a6ac-4652-8636-c715ef5591da) — Physical Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Phsc P1 Jun2017 Qp Afr](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-jun2017-qp-afr/b5663af8-09c3-43af-85ec-615d384497f5) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-memo/2d2b7939-aa98-49f1-afa7-ca27e7f59489) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [2017 Physics P1 Memo GP](https://www.hlayiso.com/library/2017-physics-p1-memo-gp/3c8a7aaa-341e-4611-bd94-085d68de1cb6) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Physical Sciences P1 May June 2017 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2017-memo-afr-eng/ef24ecaa-5af8-4262-bea3-b96eddcae564) — Physical Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Physical Sciences P1 Feb March 2018 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-feb-march-2018-memo-afr-eng/4d0a2b36-b101-4443-aa19-d5c8b0d293a0) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
