# Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/reken-2012-grade-12-sept-qp-afr/5e839498-8834-41e0-b416-427181d22163
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/reken-2012-grade-12-sept-qp-afr/5e839498-8834-41e0-b416-427181d22163)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2012

                     REKENINGKUNDE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                                  REKENINGKUNDE                            (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Die vraestel bestaan uit 6 verpligte vrae.

2.   Beantwoord AL die vrae in die spesiale antwoordeboek wat voorsien word.

3.   Waar moontlik, moet bewerkinge getoon word om deelpunte te verdien.

4.   Nieprogrammeerbare rekenaars mag gebruik word.

5.   Jy mag ’n donker potlood of swart/blou pen gebruik om jou vrae te beantwoord.

6.   ’n Uiteensetting van vrae word voorsien. Jy moet probeer om by die
     voorgestelde tyd vir elke vraag te hou.

### Page 3

(SEPTEMBER 2012)                      REKENINGKUNDE                                                  3

 Gebruik die inligting in die gegewe tabel as riglyn om jou vrae te beantwoord.
 Om goeie tydsbestuur te bewerkstellig, moet jy probeer om NIE van tydsindeling af
 te wyk nie.

                          VRAAG 1: (45 punte ; 27 minute)
      Onderwerp van die vraag                    Leeruitkomste gedek
                                  LU2 Bestuursrekeningkunde
                                                     Produksiekostestaat en Gelykbreekpunt
 Vervaardigingsondernemings                          Ontleding
                                             Bestuursbronne
                                       LU3
                                                     Interne kontrole

                          VRAAG 2: (55 punte ; 33 minute)
      Onderwerp van die vraag                    Leeruitkomste gedek
                                  LU2 Bestuursrekeningkunde
                                                     Opstel en ontleding van
 Begroting en vertolking                             kontantbegrotingsinligting
                                                     Berekening en lewer van kommentaar op
                                       LU1
                                                     verhoudings

                           Vraag 3: (65 punte ; 39 minute)
      Onderwerp van die vraag                     Leeruitkomste gedek
                                    LU1 Finansiële Rekeningkunde
 Maatskappye – Finansiële State
                                              Basiese begrippe en finansiële state.

                          VRAAG 4: (60 punte ; 36 minute)
      Onderwerp van die vraag                    Leeruitkomste gedek
                                  LU1 Finansiële Rekeningkunde
                                                     Opstel van Kontantvloeistaat
 Maatskappye – Kontantvloei,                         Berekening en interpretasie van verhoudings
                                                     en ander finansiële aanwysers
 Verhoudings en Vertolking.
                                       LU3   Bestuursbronne
                                                     Interne kontrole, etiese gedrag, korporatiewe
                                                     gedrag en ouditering

                          VRAAG 5: (40 punte ; 24 minute)
      Onderwerp van die vraag                    Leeruitkomste gedek
                                  LU1 Finansiële Rekeningkunde
                                                     Vertolking van Bank-en Debiteure-
 Versoenings en BTW                                  Versoeningsinligting.
                                             Bestuursbronne
                                       LU3
                                                     Interne Kontrole en Etiese gedrag

                          VRAAG 6: (35 punte ; 21 minute)
        Onderwerp van vraag                      Leeruitkomste gedek
                                  LU3 Bestuursbronne
                                                     Voorraadwaardasiemetodes
 Voorraadwaardasie en Batebestuur                    Bateverkope en Bestuur van Vaste bates

### Page 4

4                                   REKENINGKUNDE                             (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 1

VERVAARDIGINGSONDERNEMINGS                                            (45 punte ; 27 minute)

Web Vervaardigers is ŉ maatskappy wat handsakke vervaardig. Hulle finansiële jaar
eindig elke jaar op 31 Desember.

OPDRAGTE:

1.1   Bereken die ontbrekende bedrae aangedui van (a) tot (e) op die onderstaande
      Staat en Notas wat voorsien word.                                                  (15)

1.2   Deur van die addisionele inligting gebruik te maak, voltooi die Nota:
      Vervaardigingskoste (Fabrieksbokoste)                                               (8)

1.3   Bereken die eenheidskoste van die klaarprodukte vervaardig.                         (3)

1.4   Bereken die Bruto-wins vir die jaar.                                                (5)

1.5   Kan die besigheid tevrede wees met:
      a)   Die totale eenhede wat gedurende die jaar vervaardig is? Verduidelik.          (3)
      b)   Die gelykbreekpunt van die vervaardigde eenhede van die jaar in
           vergeleke met verlede jaar. Verduidelik.                                       (3)

1.6   Die interne ouditeur neem waar dat die oortyd verdienste ŉ groot persentasie
      van die totale produksielone bedra. Hy versoek dat die produksiebestuurspan
      die saak moet ondersoek.

      1.6.1 Verduidelik kortliks die rol van die interne ouditeur.                        (2)

      1.6.2 Noem TWEE probleme wat die besigheid kan ervaar en stel gepaste
            interne kontrolemaatreëls voor wat gebruik kan word om die interne
            ouditeur te help om dit reg te stel.                                          (6)

### Page 5

(SEPTEMBER 2012)                        REKENINGKUNDE                                   5

 INLIGTING:

 1.       PRODUKSIEKOSTESTAAT VIR DIE JAAR EINDIGENDE 31 DESEMBER 2011

       Direkte Materiaalkoste                                   Nota 1       359 320
       Direkte Arbeidskoste                                                   (a)
       PRIMÊRE KOSTE                                                          (b)
       Vervaardigingskoste (Fabrieksbokoste)                    Nota 2       178 544
       TOTALE PRODUKSIEKOSTE                                                  (c)
       Goedere in Bewerking (1 Januarie 2011)                                  32 500

       Goedere in Bewerking (31 Desember 2011)                                (d)
       KOSTE VAN PRODUKSIE VAN                                               630 500
       KLAARPRODUKTE

       Nota 1: Direkte Materiaalkoste
                Direkte grondstowwe (1 Januarie 2011)                      32 500
                Aankope gedurende die jaar                               351 500
                Direkte grondstowwe voorraad (31 Desember                 (e)
                2011)
                Materiaal gebruik in vervaardiging                       359 320

       Nota 2: Vervaardigingskoste (Fabrieksbokoste)
                Indirekte Arbeid                                          42 500
                Indirekte Fabrieksmateriaal                                    *
                Versekering                                                    *
                Water en Elektrisiteit                                         *
                Waardevermindering van fabrieksaanleg en -
                masjinerie                                                25 000
                Diverse uitgawes                                          19 084
                                                                         178 544

 2.    Produksielone :
              Lone verdien gedurende gewone tyd, R32 736
              Oortydverdienstes: 156 ure aangeteken teen R350 per
              uur

 3.    Voorraadinligting:                          31 DES 2011       31 DES 2010
                Klaarprodukte Voorraad              82 960               67 680
                                                 3318 EENHEDE       2706 EENHEDE
                   Indirekte Fabrieksmateriaal         3 250              2 260

 4.    Addisionele inligting:
             Totale aankope van indirekte fabrieksmateriaal – R48 190.
             Totale opbrengs van verkope – R1 069 600.
             Versekeringsuitgawe bedra R19 600.
             60% hiervan moet aan die fabriek toegeken word.
             Water en Elektrisiteit bedra R52 800. Dit moet toegeken word aan die
             fabrieks-, verkope- en administratiewe departemente in die verhouding
             5: 2 : 1.

### Page 6

6                                  REKENINGKUNDE                                 (SEPTEMBER 2012)

4.                                                 2011               2010
     Aantal eenhede vervaardig                     25 220                  ?
     Gelykbreekpunt van die eenhede                21 400             18 700
                                                                                            45

VRAAG 2

KONTANTBEGROTINGS EN ONTLEDING                                          (55 punte; 31 minute)

Freedom Handelaars is ŉ klein kruidenierswinkel. Hulle winsopslag op kosprys is
30% en hulle produkte het in die algemeen ŉ drie-maande rakleeftyd.

Die assistent vir die boekhouer het ŉ kontantbegroting vir die drie maande
eindigende 31 Maart 2012 opgestel. Dit wil voorkom dat daar sekere foute in die
begroting is.

OPDRAGTE:

2.1 Identifiseer DRIE items (in die gegewe kontantbegroting) wat nie in ŉ
    kontantbegroting behoort te wees nie. Noem hulle in die plek daarvoor
    voorsien.                                                                                (3)

2.2 Voltooi die Krediteure-Betalingskedule vir die drie maande eindigende
    31 Maart 2012.                                                                          (18)

2.3 Advertensies verskyn in die Geprojekteerde Inkomstestaat soos volg:

                                            JANUARIE      FEBRUARIE     MAART
             Advertensies                     1 200         1 200        1 200

     Verduidelik waarom die bedrag/e verskil van die bedrag/e in die
     Kontantbegroting.                                                                       (3)
2.4 Bereken die volgende:

     2.4.1    Die winsopslag persentasie op kosprys behaal vir die jaar eindigende
              31 Desember 2011.                                                              (3)

     2.4.2    Die bedrae verteenwoordig (a), (b) en (c) op die begroting.                    (6)

     2.4.3    Die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk vir 2011 (in maande).             (5)

     2.4.4    Deur van die vuurproefverhouding van 2011 gebruik te maak, bereken
              die Krediteure se saldo op 31 Desember 2011.                                   (5)

2.5 Dink jy dat Freedom Handelaars waarskynlik likiditeitsprobleme kan ondervind?
    Motiveer jou antwoord deur van die likiditeitsverhoudings wat gegee word,
    gebruik te maak.                                                                         (6)

2.6 Lewer kommentaar op die Debiteure-invorderings-en die Krediteure-
    betalingstydperk en maak ŉ voorstel hoedat dit meer effektief bestuur kan word.          (4)

2.7 Die besigheid beplan om ŉ lening van R400 000 in Maart 2012 te bekom.
    Verduidelik waarom jy dink dit ŉ wyse, of onwyse besluit is.                             (2)

### Page 7

(SEPTEMBER 2012)                      REKENINGKUNDE                                     7

 INLIGTING:
 A    Inligting van die finansiële state op 31 Desember 2011:
          Verkope                                         2 466 000
          Koste van Verkope                               1 972 800
          Handelsvoorraad                                   657 600
          Debiteurekontrole (1 Januarie 2011)                 70 120
          Debiteurekontrole (31 Desember 2011)                94 280

 B    Kontantbegroting vir die periode eindigende 31 Maart 2012
                                                JANUARIE     FEBRUARIE     MAART
          KONTANTONTVANGSTES
            Kontantverkope                        400 000      380 000     390 000
            Kontant ontvang van Debiteure          35 000       36 000      34 000
            Diverse Kontantinkomste                 4 000        5 000       3 000
            Lening                                                         400 000
          TOTALE ONTVANGSTES                      439 000      421 000     827 000

          KONTANTBETALINGS
            Koste van Verkope                     320 000      310 000     312 000
            Kontantaankope van                    192 000      186 000     187 200
            Handelsvoorraad
            Korting toegestaan                        400            460       380
            Waardevermindering op voertuig            700            700       700
            Lone                                   18 000         18 000    (a)
            Rente op lening                             -              -     2 000
            Rente op oortrokke rekening               650          2 560     4 500
            Oninbare skulde                         1 200          1 400     1 800
            Advertensies                                           2 400
            Diverse Kontantuitgawes                 16 000       16 400     (b)
          TOTALE BETALINGS                         548 950      537 920            ?
          Oorskot/Tekort                         (109 950)    (116 920)            ?
          Bank (Beginsaldo)                       (40 000)    (149 950)     (c)
          Bank (Eindsaldo)                       (149 950)    (266 870)            ?

 C    10% van verkope is op krediet.
 D     Die werknemers verwag om ŉ 6% verhoging in Maart 2012 te ontvang.
 E    Diverse kontantuitgawes is ŉ vaste persentasie verhoging vir elke maand
      toegeken.
 F    Die volgende verhoudings is vir 2011 bereken:
             Bedryfsverhouding              4:1
             Vuurproefverhouding          0,5 : 1
 G    Freedom Handelaars handhaaf ŉ vaste handelsvoorraad basis.
      Die koste van verkope vir November 2011 en Desember 2011 was R316 000 en
      R360 000 onderskeidelik.
 H    40% van alle voorraad word op krediet aangekoop.
 I    Gebaseer op vorige ondervinding, word daar verwag dat krediteure soos volg
      betaal sal word:
      10%        in die maand van aankope, onderhewig aan 5% korting
      75%        in die maand wat volg op aankope
      15%        In tweede maand na aankope
                                                                                       55

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE                              (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3

MAATSKAPPYE – FINANSIËLE STATE                                       (65 punte ; 39 minute)

Die volgende inligting is ŉ uittreksel uit die boeke van KR Handelaars BPK vir die
jaar eindigende 29 Februarie 2012.

Die maatskappy is geregistreer met ŉ Gemagtigde Aandelekapitaal van 150 000
gewone aandele van R5 elk.

OPDRAGTE:

3.1 Stel ŉ Inkomstestaat vir die jaar eindigende 29 Februarie 2012 op.
    (Toon bewerkinge tussen hakies om deelpunte te verdien.)                             (36)

3.2 Voltooi die volgende notas tot die finansiële state:

     3.2.1    Behoue inkomste                                                             (7)

     3.2.2    Handels- en ander Ontvangbare Bedrae                                       (11)

3.3 Bereken die verdienste per aandeel (VPA), en verduidelik die nuttigheid van die
    finansiële aanwyser.                                                                  (5)

3.4 Lewer kommentaar op die finansiële hefboomeffek/“gearing” van die
    maatskappy. Gebruik ŉ geskikte verhouding of aanwyser in jou verduideliking.          (6)

### Page 9

(SEPTEMBER 2012)                          REKENINGKUNDE                            9

 INLIGTING:

 A.    Voor-aansuiwerings saldo’s en totale op 29 Februarie 2012: (onder andere)

            Gewone Aandelekapitaal                                    350 000
            Aandelepremie                                              35 750
            Behoue Inkomste                                            22 200
            SAID – Inkomstebelasting                        37 000
            Toerusting                                      60 000
            Opgehoopte waardevermindering op toerusting                27 400
            Handelsvoorraad                                 26 625
            Debiteurekontrole                               17 245
            Kontant en kontantekwivalente                   12 455
            Krediteurekontrole                                         22 188
            Voorsiening vir Oninbare Skulde                               833
            Vaste Deposito (Protea Bank, 14%p.j. rente )    55 000
            Lening : Unie Bank                                         47 500
            Verkope                                                   454 300
            Koste van Verkope                              222 600
            Debiteure-afslag                                 2 700
            Telefoon                                         2 437
            Ouditfooie                                       4 450
            Oninbare Skulde                                  2 142
            Oninbare Skulde Ingevorder                                    840
            Rente op lening                                  3 525
            Rente op oortrokke rekening                                   250
            Versekering                                      6 540
            Skryfbehoeftes                                   1 777
            Huurinkomste                                               45 500
            Direkteursfooie                                157 500
            Bankkoste                                         383
            Rente op vaste deposito                                     5 775
            Gewone aandele dividende                        10 350
            Salarisse                                       15 180

### Page 10

10                                  REKENINGKUNDE                                (SEPTEMBER 2012)

B.   Aansuiwerings en Addisionele Inligting:

     1.   Met voorraadopname op 29 Februarie 2012 was die volgende voorraad
          voorhande:
                Handelsvoorraad R25 375
                Skryfbehoeftes       R147

     2.   Die rekening van die debiteur, J. Green, R353, moet as oninbaar afgeskryf
          word.

     3.   A. Apple se kredietsaldo van R308 in die debiteure grootboek moet oorgedra
          word na sy rekening in die krediteure grootboek.

     4.   Die voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word tot 4% van die
          debiteure se saldo.

     5.   Waardevermindering op toerusting bedra R4 890.

     6.   Huurinkomste sluit die huur tot en met 30 April 2012 in.

     7.   Versekering sluit ŉ jaarlikse premie van R4 500 in en is ten volle betaal op
          1 Augustus 2011.

     8.   Die maatskappy het 3 direkteure. Hulle verdien almal dieselfde maandelikse
          vergoeding. Een direkteur het sy Februarie 2012 fooi op 7 Maart 2012
          geneem.

     9.   Die uitstaande rente op belegging moet in berekening gebring word.

     10. R2 500 van die lening is betaalbaar op 1 Desember elke jaar. Rente teen
         12% p.j. is in berekening gebring.

     11. Inkomstebelasting vir die jaar bedra, R36 630.

     12. Op 1 Desember 2011,is 5 000 addisionele aandele teen R5,95 elk uitgereik.
         Die geld is ontvang en die transaksie is in die boeke aangeteken.

     13. ŉ Finale dividend van 4% van die pariwaarde (R5 aandele) is verklaar.
                                                                                            65

### Page 11

(SEPTEMBER 2012)                            REKENINGKUNDE                                      11

 VRAAG 4

 KONTANTVLOEISTAAT, VERHOUDINGS EN
 VERTOLKING                                                                 (60 punte ; 36 minute)

 Outback BPK verkoop kamptoerusting en ander buitelug aktiwiteitsitems.
 Hul winsopslag is 25%

 Op30 November 2010, het hulle 800 000 gewone aandele uitgereik gehad.

 Op 1 Desember 2010, het hulle ŉ verdere 80 000 aandele uitgereik.

 OPDRAGTE:

 4.1 Kontantvloeistaat

       4.1.1       Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar eindigende
                   30 November 2011. (Toon bewerkinge tussen hakies om deelpunte te
                   verdien.)                                                                  (24)

       4.1.2       Berei die nota vir KONTANT GEGENEREER DEUR
                   BEDRYFSAKTIWITEITE voor.                                                   (16)

 4.2 Verhoudings en Vertolking

       4.2.1       Teen watter prys is die addisionele aandele uitgereik?                      (4)

       4.2.2       Bereken die gemiddelde opbrengs op aandeelhouersbelang vir die jaar
                   eindigende 30 November 2011.                                                (5)

       4.2.3       Verduidelik of jy dink dat die aandeelhouers gelukkig kan wees met die
                   opbrengs op hulle beleggings.
                   (Opbrengs op aandeelhouers ekwiteit vir 2010: 17%)                          (2)

       4.2.4       Bereken die dividend per aandeel (DPA) vir die jaar eindigende,
                   30 November 2011.                                                           (2)

       4.2.5       Gee ŉ rede hoekom jy dink dat die finale dividend die jaar baie laer as
                   die tussentydse dividend was.                                               (2)

       4.2.5       Die netto batewaarde (NBW) vir 2011 is 266c. Noem EEN faktor wat
                   aanleiding kon gee tot die verhoging in die netto batewaarde.               (2)

       4.2.7       Indien die markprys van die aandele van Outback BPK 252c is, sal dit
                   ’n wyse besluit wees om nou van hulle te koop? Verduidelik.                 (3)

### Page 12

12                                 REKENINGKUNDE                             (SEPTEMBER 2012)

INLIGTING :

A    Inligting van die Inkomstestaat vir die jaar eindigende 30 November 2011.

          Waardevermindering                                  56 000
          Nettowins voor Inkomstebelasting                   957 000
          Nettowins na Inkomstebelasting                     507 000

B    Inligting van die Balansstaat soos op 30 November 2011

                                                        NOV 2011        NOV 2010
          Tasbare Bates (Vaste Bates) teen
          drawaarde                                    1 841 625        1 742 625
          Voorraad                                       850 300          720 500
          Handels- en ander Ontvangbare bedrae           480 000         562 200
          (Nota 1 hier onder )
          Kontant en Kontantekwivalente                   88 975                -
          Gewone Aandelekapitaal                       2 200 000        2 000 000
          Aandelepremie                                  104 000          100 000
          Behoue Inkomste                                 35 000           12 000
          Nie- Bedryfslaste: Lening: BB Bank             320 000          350 000
          Handels – en ander Betaalbare bedrae           601 900         508 325
          (Nota 2 hieronder)
          Oortrokke bankrekening                                -         55 000

C    ADDISIONELE INLIGTING:

     1.   Handels- en ander Ontvangbare bedrae            2011            2010
          Handelsdebiteure                               465 000         550 000
          Opgelope Inkomste                               15 000          10 000
          SAID- Inkomstebelasting                              --          2 200

     2.   Handels- en ander Betaalbare bedrae             2011            2010
          Handelskrediteure                              414 700         370 700
          Opgelope Uitgawes                                8 800           9 625
          SAID – Inkomstebelasting                         2 400               --
          Aandeelhouers vir dividende                    176 000         128 000

     3.   Die terugbetaling van die lening is op 1 Junie 2011 gemaak.
          Rente op lening teen 11%p.j. is betaal.

     4.   Tasbare/Vaste Bates :
                Tasbare Bates bestaan uit Geboue, Voertuie en Toerusting.
                Verbeterings aan Geboue is gedurende die finansiële jaar gemaak.
                ŉ Voertuig is teen drawaarde vir R85 000 verkoop.

     5.   Tussentydse dividende is op 31 Mei 2011 betaal: R308 000.

                                                                                        60

### Page 13

(SEPTEMBER 2012)                               REKENINGKUNDE                                                     13

 VRAAG 5

 VERSOENINGS en BTW                                                                       (40 punte ; 24 minute)

 5.1 Krediteure

 Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel uit die boeke vanSiwendu Handelaars vir
 Augustus 2012:
 Die krediteure grootboekrekening van Kay Lee Voorsieners (ŉ krediteur) en die
 rekeningstaat ontvang van Kay Lee Voorsieners word voorsien.
 Siwendu Handelaars ontvang 5% handelskorting op alle aankope bo R3 000.

 OPDRAGTE:

 5.1.1     Bereken die korrekte saldo van Kay Lee Voorsieners in die Krediteure
           Grootboek.
           Toon alle bewerkinge.                                                                                 (6)

 5.1.2     Stel die Krediteure Versoening op 31 Augustus 2012 op.                                                (6)

 INLIGTING:

 A       Die Krediteure grootboekrekening van Kay Lee Voorsieners in die boeke van
         Siwendu Handelaars.
                KREDITEURE GROOTBOEK VAN SIWENDU HANDELAARS
                               KAY LEE VOORSIENERS (KG6)
                                                                DEBIET               KREDIET        SALDO
         2012
         Aug       1 Aan rekening gelewer                                                          32 600
                   8 Faktuur X12                       KJ                             8 664        41 264
                   15 Tjek 887                         KBJ       8 000                             33 264
                      Korting Ontvang                  KBJ         800                             32 464
                   20 Faktuur X56                      KJ                             2 280        34 744
                   22 Faktuur 776                      KJ                             1 690        36 434
                   27 Debietnota 90                    KAJ                              370        36 804

 B       Die volgende rekeningstaat is van Kay Lee Voorsieners ontvang.

                                     REKENINGSTAAT
         Kay Lee Voorsieners                                                                    City Straat 56
                                                                                                     Spinlake
         REKENING VAN: SIWENDU HANDELAARS                                                   25 Augustus 2012
         2012          1 Saldo                                                                  37 600
         Augustus
                          Betaling – tjek 798 (ontvang op 29/07/2012)                           (5 000)
 `                    8   Aankope – Faktuur X12                                                   9 120
                     15   Betaling, ontvang tjek 887                                            (8 000)
                     20   Aankope – Faktuur X56                                                   2 880
                     22   Kredietnota 47 – goedere teruggestuur                                   (606)
                          Eindsaldo                                                             35 994
                                                                          ste
             Hierdie rekeningstaat sluit alle transaksies tot en met 25         van die huidige maand in.

### Page 14

14                                      REKENINGKUNDE                                (SEPTEMBER 2012)

C.      Deur die Krediteure Grootboekrekening met die rekeningstaat wat ontvang is te
        vergelyk, is die volgende opgemerk:

        1.     Die rekeningstaat het nie die 5% handelskorting op die goedere,
               aangekoop op die 8ste, in berekening gebring nie.

        2.     Die korting vir die vroeë betaling van die rekening op die 15de is nie op die
               rekeningstaat in berekening gebring nie.

        3.     Die rekening dui die korrekte bedrag vir die aankope van voorraad op die
               20ste aan.

        4.     Die inskrywing op die 22ste was vir goedere aangekoop van Khaya Winkels
               en nie van Kay Lee Winkels nie.

        5.     ŉ Debietnota vir goedere teruggestuur aan Kay Lee Winkels, R370, is
               foutiewelik na die verkeerde kant van die grootboek oorgeboek.

        6.     Die kredietnota op die 22ste is ŉ fout op die rekeningstaat.

5.2 Debiteure
    Jy word voorsien van die Debiteurekontrolerekening soos dit verskyn in die
    boeke van JP Winkels, tesame met die oorboekingsfoute en weglatings.

OPDRAGTE:

5.2.1        Doen ŉ verbeterde Debiteurekontrolerekening
             Suiwer die gepaste joernale se totale, met die verbeteringe, aan en dui die
             veranderinge in hakies aan om deelpunte te verdien.                                (14)

5.2.2        Die kredietkontroleur besef dat die debiteure-afslag te hoog is.
                    Wat kan die besigheid doen om die bedrag te verminder? (Twee punte)          (4)

5.2.3        ŉ Debiteur, B. Brom is belas met 12% p.j. rente op sy agterstallige rekening
             van R3 450 vir 3 maande. Hy beweer dat sy boete onregverdig was
             aangesien sy mees onlangse aankope van R1 250 in die maand gedoen is.
                   Verduidelik waarom jy met hom saamstem.                                       (3)

5.2.4        Die besigheid maak gebruik van die faktuurbasis-metode om die BTW te
             bepaal.
                   Beskryf kortliks die metode.                                                  (3)
                   As gevolg van die kontantvloeiprobleme wat die besigheid ondervind,
                   het die eienaar besluit om die INSET-BTW met R 7 500 op die BTW-
                   vorm te verhoog. Watter implikasies kan dit vir die besigheid, en die
                   eienaar inhou?                                                                (4)

### Page 15

(SEPTEMBER 2012)                             REKENINGKUNDE                                         15

 INLIGTING:
 a.                        ALGEMENE GROOTBOEK VAN JP WINKELS
                             BALANSSTAATREKENINGE AFDELING
                                 DEBITEUREKONTROLE (B6)
      2011                                          2011
      Mei    1    Saldo                  21 670     Mei    31   Bank                      12 530
                  Diverse                                       Korting
             31                     DJ   13 326                                             470
                  Rekeninge                                     Toegestaan
                  Bank                      483                 Diverse Rekeninge   DAJ    2 736
                  Diverse Debiete   AJ      537                 Divers Krediete     AJ      700

 b.     Addisionele inligting
             Al die bedrae in grootboek sluit BTW in. (tensy anders aangetoon).
        1     Op 31 Mei is ŉ tjek van R 513 gemerk, “V/T-onvoldoende fondse” van die
              bank terug ontvang. Hierdie tjek is ontvang van ’n debiteur, V. Stik, ter
              vereffening van sy rekening nadat 10% korting toegestaan is. Hierdie
              transaksie is nog nie aangeteken nie.
        2     ŉ Kredietnota vir R114 (BTW ingesluit) is in die joernaal as R141
              aangeteken.
        3     Die Debiteure Joernaal is met R330 te veel opgetel.
        4     Goedere teruggestuur deur ŉ debiteur , R250 (BTW uitgesluit) is nie
              aangeteken nie.
        5     ’n Debiteur wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is, betaal R500
              van die bedrag wat hy skuld.
        6     Die rekening van V. Stik (No. 1 hierbo), moet as oninbaar afgeskryf word..

                                                                                                   40

### Page 16

16                                   REKENINGKUNDE                               (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6

VOORRAADWAARDASIE EN BATEBESTUUR                                         (35 punte; 21 minute)

6.1 VOORRAADWAARDASIE

Perkin Winkels verkoop LCD “flat screen” televisiestelle aan die publiek. Hulle
finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2012. Die kosprys van die produk wat hulle
verkoop, het merkwaardig verander as gevolg van nuwer en verbeterde modelle wat
op die mark verskyn het. Barry Perkin, die eienaar, voel gemaklik met die verkoop
van die dieselfde ou model.

OPDRAGTE:
6.1.1 Perkin Winkels maak gebruik van die geweegde-gemiddelde metode om hulle
      voorraad te waardeer.
      Bereken die slotvoorraad deur van bogenoemde metode gebruik te maak.                    (4)
6.1.2 Bereken die bruto-wins op die TV stelle verkoop vir die jaar deur van die
      geweegde-gemiddelde metode gebruik te maak.                                             (3)
6.1.3 Perkin oorweeg om na die EIEU metode van voorraad waardasie oor te slaan.
      Bereken die bruto-wins deur van die metode gebruik te maak.                             (4)
6.1.4 Watter metode is volgens jou mening die mees geskikte een om te gebruik?
      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                            (3)
6.1.5 Alhoewel Perkin vasbeslote is om dieselfde TV stelle te verkoop, besef hy dat
      daar ŉ merkwaardige verskil tussen die aantal eenhede wat hy aan die begin
      van die jaar gehad het en sy slotvoorraad is nie.
      Verduidelik waarom hy bekommerd behoort te wees oor die neiging en noem
      TWEE voorstelle hoedat hy hierdie situasie kan oplos.                                   (6)

INLIGTING:

Die volgende inligting verskyn in die boeke van Perkin Winkels vir die jaar eindigende
29 Februarie 2012: Die verkoopprys van die TV is vasgestel op R9 500.
                                            AANTAL                           TOTALE
     VOORRAADREKORDS                        EENHEDE
                                                         EENHEIDSPRYS
                                                                             WAARDE
     Beginsaldo (1 Maart 2011)                  80              5 950       476 000
     Aankope gedurende die jaar                850                            4 265
                                                                                400
     Mei 2011                                  300              5 550         1 665
                                                                                000
     Augustus 2011                             320              4 820         1 542
                                                                                400
     Januarie 2012                             230              4 600         1 058
                                                                                000
     Totaal beskikbaarheid vir verkope         930                            4 741
                                                                                400
     Verkope van TV stelle                     510              9 500         4 845
                                                                                000
     Eindsaldo (29 Februarie 2012)             418                   ?            ?

     *Twee TV stelle, wat mees onlangs aangekoop is, is in die proses om dit uit te stal,
     beskadig.                                                                              [20]

### Page 17

(SEPTEMBER 2012)                      REKENINGKUNDE                                      17

 6.2     BATEBESTUUR

 Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Sam’s Skryfbehoeftes.
 Die finansiële jaar eindig op 30 Junie 2012.

 OPDRAGTE:

 6.2.1 Bereken die koste van die voertuig wat verkoop is.
       Aangedui deur (a) in die Bateverkoperekening hieronder.                           (4)

 6.2.2 Voorsien geskikte besonderhede vir (b) en (c) in onderstaande
       Bateverkoperekening.                                                              (2)

 6.2.3 Bereken die wins met die verkoop van bogenoemde voertuig.                         (4)

 6.2.4 Die besigheid maak gebruik van die verminderde-saldo (drawaarde) metode
       om waardevermindering te bereken. Bereken die koers waarteen die
       waardevermindering bereken word (persentasie).                                    (5)

 INLIGTING:

 A       ŉ Ou voertuig is ingeruil vir ŉ nuwer minibus (mini-van) model. Die
         opgehoopte waardevermindering op die voertuig was op1 Julie 2011, R52
         000 (die begin van die finansiële jaar).

 B       Die volgende Bateverkoperekening is gegee:

                   ALGEMENE GROOTBOEK VAN SAM’S SKRYFBEHOEFTES
                            BATEVERKOPEREKENING (N12)
                                                   Opgehoopte
  2011                                  2011
  Okt
          1 Voertuie           (a)      Okt
                                               1   waardevermindering op       54 150
                                                   voertuie
                    (b)        (d)                           (c)               45 000

 C       TASBARE/VASTE BATE NOTA
                                                                   VOERTUIE
         Kosprys (1 Julie 2011)                                    175 000
         Opgehoopte waardevermindering (1 Julie 2011)                    *
         DRAWAARDE (1 Julie 2011)                                   86 500
         Bewegings:
         Byvoegings                                                120 000
         Verkope                                                          *
         Waardevermindering                                        (43 275)
         DRAWAARDE (30 Junie 2012)                                         *
         Kosprys (30 Junie 2012)                                   200 000
         Opgehoopte waardevermindering (30 Junie 2012)                   *
                                                                                          35

                                                                               TOTAAL:   300

## Related documents

- [Accounting (HG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/accounting-hg-english-june-2012-qp/81b5f77d-fe0d-4622-8441-ac94f8fcef68) — Accounting · QP · 2012 · Eng
- [Accounting (SG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/accounting-sg-english-june-2012-qp/84210b50-6e7d-483e-bf17-b2651d19f5cf) — Accounting · QP · 2012 · Eng
- [Accounting Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2012-eng/4fd5fa45-b9ef-4f7b-b498-e73cd6c83818) — Accounting · QP · 2012 · Eng
- [Accounting Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2012-afr/f418063e-28c8-4ade-8ef3-fbb294edf85f) — Accounting · QP · 2012 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
