# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans-printready-17-august/c8b60c81-d3a2-40e5-89c2-2bb4edb298c8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans-printready-17-august/c8b60c81-d3a2-40e5-89c2-2bb4edb298c8)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                    RELIGIESTUDIES V1
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

    AFDELING A

    VRAAG 1

    1.1 1.1.1   B – Mitzvot / D – Halaka                                                 (1)

        1.1.2   A – weg van die heelal.                                                  (1)

        1.1.3   D – Brahamas of geestelike leermeersters                                 (1)

        1.1.4   A – Siddharta Gautama.                                                   (1)

        1.1.5   B – Iran                                                                 (1)

        1.1.6   B – Abu Bakr / D – Ali.                                                  (1)

        1.1.7   B – die Goddelike Lewegemeenskap (‘Divine Life Society’)                 (1)

        1.1.8   A – ŉ versameling van leringe van die profeet Muhammad                   (1)

        1.1.9   D – Terevada-Boeddhisme.                                                 (1)

        1.1.10 B – leringe met absolute gesag.                                           (1)

    1.2 1.2.1   E – Christendom                                                          (1)

        1.2.2   D – Kitáb-i-Aqdas                                                        (1)

        1.2.3   A – Tradisionele Hindoeïsme                                              (1)

        1.2.4   F – Mite                                                                 (1)

        1.2.5   C – Islam                                                                (1)

        1.2.6   H – Ritueel                                                              (1)

    1.3 1.3.1   Shoghi Effendi – Die ander is wetenskaplikes. Shoghi Effendi is die
                persoon wie Abdu’l-Baha opgevolg het.                                    (2)

        1.3.2   Sanskrit – Is ŉ antieke taal van die Verre Ooste. Die ander behoort
                aan Boeddhisme.                                                          (2)

        1.3.3   Tripitaka – Die heilige kanon van Therevada-Boeddhisme. Die
                ander is konsepte in Boeddhisme.                                         (2)

        1.3.4   Afrika Tradisionele Godsdiens – Het nie ŉ heilige teks nie. Die res
                het heilige tekste en stigters.                                          (2)

        1.3.5   Ekumenisme – Is ŉ konsep wat verwys na die eenheid in kerke.
                Die res is konsepte/beginsels in Hindoeïsme.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                RELIGIESTUDIES V1                                      3

 1.4 1.4.1      Moksha
                 Die spirituele doelwit van mense is om die siel te bevry.
                 Die spirituele doelwit van mense tot die hergeboorte van die
                  liggaam sodat sy eenheid met Brahmin gerealiseer kan word.            (2)

       1.4.2    Nasiestaat
                 ŉ Onafhanklike groep of stede en dorpies wat verenig is deur
                  kultuur, godsdiens en regering.                                       (2)

       1.4.3    Nie-theïsme
                 ŉ Benadering wat nie die bestaan van God verwerp nie.
                 Nie-theïsme ignoreer eenvoudig die idee van God.                      (2)

       1.4.4    Inspirasie
                 Hierdie begrip verwys na die asem (krag/kennis) van ŉ
                   buitengewone wese of mag.
                 Byvoorbeeld ŉ godheid wat ŉ persoon binnekom en die persoon
                   se eie asem oorneem.
                 ŉ Geïnspireerde persoon kan ook voel dat hy of sy deur ŉ sekere
                   mag besit (‘possessed’) word.
                 Meeste godsdienste het stigters wie geïnspireer was deur ŉ hoër
                   mag of wysheid.                                                      (2)

       1.4.5    Ateïsme
                 Verwerp die bestaan van ŉ Opperwese.                                  (2)

 1.5 1.5.1      ONWAAR – Sinkretisme is ŉ vermenging van verskillende
                godsdienste / Hermeneutiek is die wetenskap van die interpretasie
                van godsdienstige tekste.                                               (2)

       1.5.2    ONWAAR – ŉ Sjamaan is iemand wat as ŉ tussenganger tussen die
                sigbare en die geestelike wêreld optree.                                (2)

       1.5.3    ONWAAR – Bukhari is ŉ Hadith versameling van Imam Bukhari.              (2)

       1.5.4    ONWAAR – Die Nuwe Testament is deel van die Bybel.                      (2)

 1.6 1.6.1      Normatiewe bron
                 Hierdie woord verwys na die skep van standaarde; geneig om
                  standaarde te skep of daar te stel.
                 Dit bevestig ook hoe dinge moet wees.                                 (2)

       1.6.2    Sekularisme
                Sekularisme interpreteer die lewe volgens beginsels wat eksklusief
                uit die materiële wêreld, sonder dat dit gegrond is in godsdiens.
                Sekularisme skuif die fokus van godsdiens na ander ‘tydelike’ en
                ‘hierdie-wêreldse’ dinge, met die klem op die natuur, rede (denke),
                wetenskap en ontwikkeling.                                              (4)

                                                           TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                  RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   UNIEKHEID
       Uniekheid is die kwaliteit om uniek of ongewoon te wees.
       Dit is daardie kenmerke wat ŉ godsdiens anders as ander godsdienste
        maak.
       Dit is die kenmerke wat dit as ŉ ander godsdiens identifiseerbaar maak.
       Daar is uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe tekste.
       In Religiestudies beteken dit dat elke godsdiens uniek of merkwaardig is.           (4)

2.2   EEN faktor wat godsdienstige identiteit vorm
       Rituele                                                                             (2)

2.3   FUNKSIES VAN UNIEKHEID
       Dit versterk die gelowige se geloof.
       Dit identifiseer die godsdiens tussen ander godsdienste.
       Dit gee leiding aan die gelowige oor sy leefwyse.
       Dit help die gelowige om in die geestelike lewe as ŉ eenheid met ander
        gelowiges te verenig.
       Dit help die gelowige om te verduidelik waarom hulle daardie spesifieke
        godsdiens/geloof gekies het.
       Dit help lede om te identifiseer wie aan die geloof behoort en wie nie.             (6)

2.4   2.4.1   OOSTERSE GODSDIENSTE
              BOEDDHISME
               Verganklikheid is die kern van alle Boeddhistiese filosofie.
               Dit impliseer dat selfs die gode / verligte wesens in Boeddhisme nie
                onsterflik is nie.
               Die agtvoudige pad word voorgeskryf as 'n manier om lyding te
                beëindig.
               Menslike lyding word veroorsaak deur onvervulde menslike begeerte.

                                                  OF

              HINDOEÏSME
               Dit is nie ŉ sendingswerk/bekerings godsdiens nie.
               Hindoeïsme glo in baie gode / dit is ŉ politeïstiese godsdiens.
               Hindoeïsme het nie ŉ stigter nie.
               Die Hindoes glo in reïnkarnasie.
               Hulle primêre bron is die Vedas.
               Ramayana en Mahabharata is ensiklopediese bronne.
               Hulle glo in die wet van Karma.                                             (6)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                RELIGIESTUDIES V1                                        5

      2.4.2    MIDDE-OOSTERSE GODSDIENSTE
               JUDAÏSME
                Jode glo dat hulle ŉ verbond met God het.
                God is byna ŉ vaderfiguur wie beide hul Skepper en Beskermer is.
                God is so heilig dat dit verbode is om selfs Sy naam te noem.
                Hulle glo dat God Homself deur Sy Wet openbaar.
                Hulle plaas meer klem op die korrekte manier van lewe, eerder as op
                 geloof of oortuiging.

                                                  OF

               ISLAM
                Daar word geglo dat daar slegs een God met die naam Allah is.
                Hulle glo dat Allah verskeie profete gestuur het, maar dat die profeet
                 Muhammad die finale boodskapper was.
                Hulle primêre bronne is die Koran en die Hadith.
                Hulle glo aan die finale oordeel wanneer die hele mensdom geoordeel
                 sal word.
                Hulle glo dat die Koran in die Arabiese taal geopenbaar is en dat dit
                 in Arabies gelees moet word.

                                                  OF

               CHRISTENDOM
                Christene glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is.
                Hulle glo dat God sy Seun gestuur het om vir hulle sondes te sterf.
                Christene glo dat God in Jesus Christus ŉ menslike vorm aangeneem
                 het.
                Hulle glo dat Jesus gesterf het en uit die dood opgestaan het.
                Hulle glo in die Drie-eenheid – die Vader, die Seun en die Heilige
                 Gees.
                Hulle glo dat vergifnis in die naam van Jesus is.
                Hulle glo dat Jesus Christus die enigste weg na God is.
                Hulle vier die Nagmaal (Eucharistie) ter herinnering aan die dood van
                 Jesus Christus.                                                             (6)

               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

2.5   VIER OOREENKOMSTE WAT IN DIE ABRAHAMITIESE GODSDIENSTE
      BESTAAN
       Glo in die bestaan van een God.
       Glo in profete.
       Glo in engele.
       Glo in die Oordeelsdag.
       Hulle het heilige geskrifte/tekste.
       Het spesiale plekke van aanbidding.
       Hulle het godsdienstige vakansiedae.
       Hulle glo in God as Skepper.
       Hulle het spesiale maniere van aantrek.                                              (8)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2020)

2.6   2.6.1    HINDOEÏSME SE SIENING VAN KARMA
                Die wet van Karma verwys na die oortuiging dat elke handeling
                 gevolge het wat in ŉ latere reïnkarnasie mag voorkom.
                Dit verwys ook na die resultate van aksies.
                Volgens die geskrif wat die Upanishads genoem word, is die wet van
                 Karma duidelik geformuleer.
                Dit leer dat ’n persoon se aksies in die verlede verantwoordelik is vir
                 sy of haar huidige staat.                                                   (4)

      2.6.2    FEITE OOR DIE TRADISIONELE GENESER
                Die tradisionele geneser (inyanga) is ŉ primêre geneser.
                Dit is ŉ persoon wat siek mense help deur die gebruik van kruie en
                 natuurlike plante as medisyne..
                Hy/sy verskaf of medisinale genesingsdienste in ŉ spesifieke
                 gemeenskap.
                Hierdie medisyne word moetie (‘muti’) genoem.                              (4)

      2.6.3    KANON
                Kanon verwys na die boeke wat erken word as die wat gesag het,
                 soos die boeke van die Christen Bybel.
                Dit is omdat mense glo dat dit goddelik geïnspireer is.
                Dit word ook geglo dat dit goddelik geopenbaar is.
                Dit is as sodanig verklaar.                                                (4)

2.7   2.7.1    EENDERSHEID
                Dit verwys na dieselfde / eenders te wees.
                Jy moet spesifiek wees oor hoe dinge ooreenkom/eenders is, bv. die
                 ooreenkomste tussen twee godsdienste, bv. die Boeddhistiese en
                 Hindoe-godsdienste (glo in reïnkarnasie).                                  (2)

      2.7.2    IDENTITEIT
                Identiteit beteken individualiteit.
                Dit beteken die godsdiens het ŉ sekere individualiteit of ŉ sekere
                 persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei.
                Dit beteken bevestiging van waardigheid en waarde van ŉ
                 godsdiens.
                Beteken ŉ eksklusiewe godsdienstige identiteit waarin jy sterk met
                 die oortuigings en leerstellings van die godsdiens identifiseer en dit
                 as ŉ definiëring van jou lewe beskou.                                      (2)

      2.7.3    VERSKILLENDHEID
                Dit is die teenoorgestelde van eendersheid.
                Dit verwys na ŉ punt waar dinge nie dieselfde/eenders is nie.              (2)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 RELIGIESTUDIES V1                                       7

VRAAG 3

3.1 3.1.1     DEFINIEER INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG
               Dit is ŉ uitdagende proses waar aanhangers van verskillende
                godsdienstige tradisies bymekaar kom.
               Dit word gedoen om die skeidsmure wat die middelpunt is van meeste
                oorloë, af te breek.
               Die oogmerk van interreligieuse dialoog is vrede.                            (2)

     3.1.2    SINONIEM VIR INSTRUMENTEEL
               Belangrike
               Betrokke
               Nuttig                                                                       (2)

     3.1.3    DIE IMPAK WAT GODSDIENSTE OP MNR. MANDELA GEHAD HET
               Dit het ŉ belangrike rol gespeel in die beëindiging van apartheid in
                Suid-Afrika.
               Hierdie godsdienstige groepe het hom en ander jong swartes van ŉ
                opvoeding voorsien.
               Hulle het ook vertroosting aan politieke gevangenes en hul families
                gegee.                                                                       (6)

     3.1.4    ORGANISASIE WAT IN DIE LEWE GEROEP IS
               Die Kaapstadse Intergeloof-Inisiatief.
               Die KII werk vir ŉ verenigde intergodsdienstige en geestelike begrip en
                respek in Suid-Afrika.
               Die missie van die KII is om die rykheid van die godsdienstige en
                geestelike diversiteit in die Wes-Kaap te vier en te deel.
               Dit bevorder gemeenskaplike intergeloofsbegrip, harmonie en
                samewerking, deur beide ŉ bewusmaking van universele geestelikheid
                en ŉ verering van die waardigheid van verskille.
               Die KII reël byeenkomste waar mense van verskillende gelowe kan
                praat, rituele bywoon, en oomblikke in die politieke en sosiale lewe van
                Suid-Afrika saam kan vier.                                                   (8)

     3.1.5    INTERRELIGIEUSE DIALOOG VOOR 1996
               Christendom was die staatsgodsdiens.
               Ander godsdienste was baie min of geen erkenning gegee nie.
               Godsdienstige vryheid en gelykheid was nie in die wetboeke nie.
               Daar was 'n aparte observasie van godsdienstige toewydings.
               Dit was in lyn met die apartheidsregering se doel van afsonderlike
                ontwikkeling.
               Mense is nie van ander godsdienste geleer nie.
               Tog het apartheid godsdienste verenig.
               Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) is in 1968 gestig. Die
                SARK het Christene van verskillende denominasies verenig.
               Die Roep van Islam was in 1984 gestig.
               Jode vir Geregtigheid was in 1985 gestig.
               Die intergeloofstryd teen apartheid het die ontstaan van die Suid-
                Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede
                (WCRP) in 1984, teweeg gebring.                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

          3.1.6   VROUE SE ROL IN INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG
                  JA
                   Hulle het vroue-verenigings waar hulle saambid vir al die
                    uitdagings waarvoor vroue te staan kom.
                   Wanneer ŉ gesin ŉ lid verloor, sal vroue van daardie spesifieke
                    gebied saamkom om die gesin in rou by te staan.
                   Suid-Afrikaanse vroue van verskillende gelowe staan saam in
                    die stryd teen verkragting, asook die mishandeling van vroue en
                    kinders.
                   Hulle het hul leuse, ‘wathinta abafiza wathinta imbokodo’, wat
                    beteken: ‘As jy vroue aanraak, stoot/stamp jy teen ŉ rots’.
                   Hulle oorkom altyd hulle godsdienstige verskille wanneer hulle
                    teen sosiale euwels veg.

                                                  OF

                  NEE
                   Vroue is selde in leierskapsposisies in godsdienstige
                    organisasies, daarom speel hulle nie ŉ rol nie.
                   Vroue word gemarginaliseer deur die waninterpretasie van
                    godsdienstige leringe.
                   In sekere gemeenskappe diskrimineer kulturele praktyke teen
                    vroue.
                   Hulle beperk dus hulle werk tot hul eie godsdienstige groepe.           (8)

                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

    3.2   3.2.1   REDES VIR DIE VERWYDERING VAN KERSFEES EN GOEIE
                  VRYDAG
                   Die SALRC glo dat Christene voorkeurbehandeling ontvang
                    deur die feit dat dié twee hoof Christelike heilige dae as betaalde
                    publieke vakansiedae verklaar is.
                   Aanhangers van ander gelowe word benadeel deurdat hulle nie
                    die voordeel het van ŉ betaalde openbare vakansiedag tydens
                    hulle godsdienstige vieringe nie.                                       (4)

          3.2.2   REDELIKE ARGUMENTE DEUR CHRISTENE
                   Paasfees en Kersfees is twee van die mees heiligste dae vir
                    Christene.
                   Christene is, verreweg, die grootste godsdienstige groepering in
                    ons land.
                   Christene is 79,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking.
                   Slegs twee van die twaalf openbare vakansiedae is Christelike
                    vakansiedae, die res is almal sekulêre vakansiedae.
                   In 1994 was Hemelvaartdag geheel en al verwyder van die
                    nasionale kalender en Paasmaandag was na Familiedag
                    verander.
                   Dit wil voorkom asof Christendom sistematies uit ons
                    samelewing verwyder word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    RELIGIESTUDIES V1                                     9

                       Die weke voor hierdie twee periodes (Kersfees en Paasfees) is
                        twee van die mees ekonomies aktiewe tydperke in ons land.
                       Geen ander godsdiens kom naby die koopkrag wat Christene
                        tydens hierdie tye vertoon nie.
                       Om Kersfees en Goeie Vrydag te verwyder, mag lyk asof dit
                        gelykheid aan die situasie bring, maar dit kan ook ons reeds
                        sukkelende ekonomie ŉ knou gee waarvan dit gaan sukkel om
                        van te herstel.
                       As die grootste godsdienstige groepering in Suid-Afrika, kan
                        Christene betekenisvolle finansiële druk uitoefen om hierdie
                        besluit te beïnvloed.
                       Die feit dat geen ander godsdiens vergelyk kan word in terme
                        van getalle nie, sal dit nie gelykheid wees indien alle
                        godsdienste dieselfde status kry nie.
                       Dan is daar ook die vraag oor die diskriminasie onder die
                        sekulêre openbare vakansiedae op die huidige kalender.
                       Ons vier Vrouedag as ŉ openbare vakansiedag, maar nie
                        Mannedag nie.
                       Daar is ook ŉ Werkersdag op ons kalender, terwyl daar
                        oënskynlik teen werkgewers gediskrimineer word.                    (4)

         3.2.3        ALTERNATIEWE VOLGENS DIE WET OP OPENBARE
                      VAKANSIEDAE
                       Volgens die Wet op Openbare Vakansiedae, kan ŉ persoon wat
                        ŉ aanhanger van ŉ ander godsdiens is, die bestaande Goeie
                        Vrydag en Kersfees betaalde openbare vakansiedae, verruil vir
                        ŉ geleentheid van hul keuse.
                       Werkgewers moet buigsaam wees sodat werknemers wat
                        aanhangers van ander gelowe is, die godsdiensvakansie van
                        hul keuse kan vier.
                       Indien Moslems hul betaalde verlof op Ramadan en Hindoes op
                        Diwali wil neem, kan hulle die nodige reëlings met hul
                        werkgewers tref.                                                   (4)

         3.2.4        WAT BETEKEN DIE AANHALING?
                       Die skrywer glo nie dat die teenwoordigheid van hierdie
                        openbare vakansiedae op die Suid-Afrikaanse kalender,
                        godsdienstige skeiding vererger nie.
                       Die term ‘skeiding’ impliseer ŉ sekere vlak van konflik tussen
                        godsdienste oor hiérdie openbare vakansiedae.
                       Daar was nog nooit enige konflik in Suid-Afrika oor hierdie
                        vakansiedae nie.                                                   (2)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                 RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 4
4.1 4.1.1     VERDUIDELIK DIE KONSEP GELYKENIS
               ŉ Gelykenis verskaf ŉ dieper betekenis as die voor die handliggende
                oppervlakkige een.
               Dit is ŉ tipe storie wat ŉ morele les demonstreer.
               Gelykenisse word algemeen in godsdiens gebruik, bv. Christendom.
               Hierdie stories is ontwerp om geestelike waarhede oor te dra.            (4)
      4.1.2   OPINIE OOR WAT DIE LES IS
               Allah word gesien as die lig van die hemele en die aarde.
               Allah is ŉ ewige lamp wat skyn sonder dat dit aangesteek word.
               Allah is dus selfonderhoudend.
               Allah se wese is soos olyfolie wat geen oorsprong het nie.
               Allah is die lig wat hulle lei wie deur hom gelei wil word.              (4)

      4.1.3   ELEMENTE IN DIE GELYKENIS
               Lig
               Lamp
               Glas
               Olie                                                                     (4)

      4.1.4   ’N GELYKENIS:
              ŉ Christen gelykenis: Die Verlore Seun
               Die gelykenis van die verlore seun is ŉ welbekende Christelike
                 gelykenis oor ŉ seun wie sy ouerhuis verlaat het om ŉ wilde en bose
                 lewe te leef.
               Hy het mettertyd terug gegaan huis toe, siek en platsak.
               Hy is met blydskap deur sy pa verwelkom.
               Die doel van die gelykenis is dat God bly is oor die terugkeer van ŉ
                 sondaar, soos ŉ vader oor ŉ verlore seun.

                                                OF

              ŉ Boeddhistiese gelykenis: Die blinde mans en die olifant
               In die gelykenis, het ses mans elk ŉ deel van ŉ olifant aangeraak.
               Die individuele karaktereienskappe wat elkeen gegee het van die
                olifant is gebaseer slegs op wat elk van die blinde manne kon
                waarneem.
               Die gelykenis handel oor ŉ reeks waarhede en flaters.
               Dit handel ook oor die noodsaaklikheid van kommunikasie.
               Die behoefte om verskillende perspektiewe te respekteer is ook ŉ
                sterk tema.

                                                OF

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                 RELIGIESTUDIES V1                                       11

               ŉ Afrika gelykenis
                ŉ Jongman was deur sy ouers gestuur.
                Hy was aangemoedig om altyd te help waar hy kon en om nederig
                 te wees.
                Hy is ook berispe om nooit oneer aan sy stam te bring nie.
                Hulle sou by hom in die gees wees.
                Langs die pad het hy ŉ ou vrou met verflenterde klere langs die pad
                 sien sit.
                Sy het hom gevra vir iets om te eet, maar hy het geweier.
                Sy het hom gevra om haar oë skoon te maak.
                Hy het weer geweier om haar te help.
                Skielik was daar digte mis en hy kon nie die pad sien nie en het terug
                 huis gegaan.
                By sy huis, sien hy die ou vrou, wat nou geëet het en nou skoon was.
                Sy het die storie vertel en geloop.
                Die ouers was bitterlik teleurgesteld.
                Hulle het hom daaraan herinner dat toe hulle vir hom gesê het dat
                 hy nie alleen op sy reis sou wees nie; hulle bedoel het dat enige
                 individu deur God en deur die voorvaders dopgehou word.                     (8)

4.2   4.2.1    CHRISTEN DOKTRINE
               Doktrine van die Drie-Eenheid
                Hierdie doktrine beklemtoon die eenheid van die Vader, die Seun en
                 die Heilige Gees.
                Die Drie-Eenheid word as een godheid beskou.
                Hierdie doktrine verklaar dat God die Drie-enige God is, wat bestaan
                 uit drie persone, maar een wese is.                                         (4)

      4.2.2    HINDOE DOKTRINE
               Doktrine van reïnkarnasie
                Die doktrine van reïnkarnasie is die filosofiese begrip dat die siel of
                 gees na biologiese dood, ŉ nuwe lewe in ŉ nuwe liggaam kan begin.
                Die nuwe lewe is in ŉ verskillende vorm of liggaam nadat die
                 persoon gesterf het.
                Die toekomstige vorm is afhanklik van die persoon se vorige aksies
                 of optrede.                                                                 (4)

4.3   ROOMS-KATOLIEKE DOGMA
       ŉ Welbekende dogma van die Rooms-Katolieke kerk, is die van die
        Onbevlekte Konsepsie.
       Dit verwys na die Ewige Maagdelikheid van Moeder Maria, die Moeder van
        God.
       Rooms-Katolieke glo as waarheid dat Maria, die moeder van Jesus, ŉ
        maagd was toe sy swanger met Jesus was.
       Dit was as dogma slegs in die negentiende eeu aangeneem.                             (6)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

4.4 4.4.1    GELOOF
              Geloof is wat aanhangers van ŉ godsdiens voorhou as die waarheid.
              Geloof beskryf die aanvaarding van ŉ stelling of lering; hierdie word
               as die waarheid beskou deur die verkleefdheid aan die
               gelowe/oortuigings.
              Dit is verenigde elemente van ŉ godsdiens.
              Dit word verbind aan godsdienstige rituele.
              VOORBEELD: In Christendom vier die Avondmaal/Nagmaal die
               dood en opstanding van Jesus Christus.                                    (8)

     4.4.2   IDEOLOGIE
              ŉ Ideologie verwys na die heersende wêreldbeskouing wat
               betekenis aan ŉ persoon se bestaan gee.
              ŉ Ideologie is die wydste kategorie wat gebruik word om ŉ individu
               se oortuigings te beskryf.
              Ideologieë word altyd getoets.
              VOORBEELD: Religieuse ideologieë sluit in wêreldgodsdienste
               soos Boeddhisme en Afrika Tradisionele Godsdiens.
              Sekulêre ideologieë sluit in kommunisme en materialisme.                  (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 RELIGIESTUDIES V1                                     13

 VRAAG 5

 5.1 5.1.1      REGTE WAT DEUR GESLAGSGEBASEERDE GEWELD
                GESKEND WORD
                 Die reg om in ŉ veilige omgewing te woon.
                 Die reg op lewe.                                                         (4)

       5.1.2    BESKERMING VAN MENSEREGTE
                 Menseregte is ŉ baie belangrike deel van die Suid-Afrikaanse
                  konstitusie.
                 Dit is in die Handves van Menseregte vervat.
                 Die Menseregtekommissie dien as die waghond om mense se regte
                  te beskerm.
                 Die straf vir mense wat ander se menseregte ondermyn, vorm deel
                  van die grondwet van Suid-Afrika.                                        (4)

       5.1.3    SAL DIE STAPPE DEUR DIE PRESIDENT VOORGESTEL DIE GETY
                VAN GGG, STUIT? GEE REDES VIR JOU ANTWOORD.
                JA
                 Die voorgestelde maatreëls is streng genoeg om mans tot die besef
                  te bring dat hulle dalk nooit die tronk sal verlaat nie as hulle GGG
                  pleeg nie.
                 Die ekstra geld wat beskikbaar gemaak is, gaan ver gaan om die
                  proses om oortreders voor die hof te bring, aan te help.
                 Die moontlikheid van die skryf van nuwe wette, kan mans afskrik om
                  in die toekoms geslagsgebaseerde geweld te pleeg.

                                                 OF

                NEE
                 Suid-Afrikaanse politici het hulself bewys as net praters, so die
                  moontlikheid dat hierdie beloftes gehou gaan word, is baie klein of
                  nul.
                 Met wanadministrasie en bedrog wat die regering lamlê, is dit
                  moontlik dat hierdie geld nooit vir die bestemde doel gebruik gaan
                  word nie.
                 Die president het nie aangedui tot watter mate hulle die wette mag
                  verander nie.
                 In ŉ land waar dit lyk asof die menseregte van kriminele meer
                  belangrik is as die van vroue, wat kan ons regering werklik voorstel
                  om GGG te stop?                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

         5.1.4       VELDTOGTE DEUR GODSDIENSTIGE ORGANISASIES
                      Seminare en werkswinkels vir mans en seuns om hulle te leer
                       hoe om vroue en meisies te behandel.
                      Nooi welbekende persone om by hierdie seminare met mans
                       en seuns te praat.
                      Nooi vroue wie slagoffers van geslagsgebaseerde geweld
                       (GGG) was om te praat met mans en seuns in hul gemeentes
                       en godsdienstige groepe.
                      Godsdienstige organisasies kan ook protesoptogte reël om hul
                       solidariteit met slagoffers van GGG te wys.
                      Godsdienstige organisasies moet hul stemme laat hoor
                       wanneer vroue mishandel word en nie die oortreders help om
                       hul sondes weg te steek nie.
                      Organisasies kan saamkom en openbare gebedsessies hou.            (6)

         5.1.5       WAT KAN DIE REGERING DOEN?
                      Strenger wette kan ingestel word wat dit baie moeiliker maak
                       vir mans om met mishandeling weg te kom.
                      Swaarder strawwe kan aan mans wat hulle skuldig maak aan
                       GGG gegee word.
                      Borgtog moet geweier word aan elke persoon wie van GGG
                       aangekla word.
                      Geen parool moet toegestaan word aan hulle wie vonnisse vir
                       GGG uitdien nie.
                      Die regering moet dit oorweeg om die doodstraf terug te bring
                       as ŉ afskrikmiddel teen geslagsgebaseerde geweld.                 (6)

         5.1.6       ONMENSLIKE MANIER HOE VROUE BEHANDEL WORD
                      ‘…hulle liggame word in die bos ...’
                      ‘… of in vlak graf weggesteek …’
                      ‘… of onherkenbaar verbrand.’                                     (4)

         5.1.7       GEVALLE VAN VROUEMOORD (‘FEMICIDE’)
                      Die verkragting en moord van die UK-student, Uyinene
                       Mrwetana.
                      Oscar Pistorius en die moord op Reeva Steenkamp.
                      Die moord van ŉ sestienjarige meisie in die Mpumelelo
                       woonbuurt in Stormsrivier.
                      Die moord op Gomolemo Legae (18) in die dorpie Ramosadi
                       buite Mahikeng.
                      Leighandre ‘Baby Lee’ Jegels wie deur haar polisieman-kêrel
                       vermoor is.
                      Jade Panayiotou wie se man haar laat doodmaak het.
                      Insidente in jou onmiddellike omgewing kan ook genoem word.       (4)

                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                RELIGIESTUDIES V1                                     15

 5.2    5.2.1    SINONIEM VIR AKTIVISME
                  Voorspraak
                  Betrokkenheid
                  Militantheid
                  Staking
                  Boikot
                  Voorstander                                                                (2)
        5.2.2    OOGMERKE VAN 16 DAE VAN AKTIVISME
                  Die veldtog se doelwit is om bewuswording oor die negatiewe impak
                   van geweld teen vroue en kinders te skep.
                  Om die samelewing permanent van mishandeling vry te maak.                  (4)
        5.2.3    EEN WOORD
                  ‘wêreldwyd’                                                                (2)

        5.2.4    MOONTLIKE OORSAKE
                  Die lae status van vroue tuis en in die samelewing.
                  Die misbruik van mag en posisies van outoriteit deur mans om vroue
                   en kinders te beheer.
                  Die wydverspreide misbruik van alkohol en dwelms.
                  Pornografie is ook ŉ oorsaak, want mans wil soms die dinge wat
                   hulle op hierdie webwerwe sien, met hul vroue, ander familielede of
                   mense doen.
                  Die gebrek aan die nodige sosiale vaardighede by mans om die
                   beëindiging van ŉ verhouding te hanteer, is waargeneem as ŉ
                   oorsaak van sommige van die geweld wat vroue ervaar.                       (4)

                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

        5.2.5    KAN DIE OOGMERKE IN 16 DAE BEREIK WORD?
                 NEE
                  16 dae is ŉ te kort tydperk om ŉ noemenswaardige verskil te maak.
                  Geslagsgebaseerde geweld gebeur reg deur die jaar.
                  Die fokus moet elke dag op geslagsgebaseerde (GGG) geweld
                   wees.
                                                 OF
                 JA
                  Hierdie tyd is deur die regering geoormerk, so dit sal genoegsaam
                   wees.
                  Hierdie veldtog verkry baie dekking op tv, radio en die internet.
                  Oortreders word ook besonder swaar daardie tyd van die jaar
                   gestraf.
                  Ek glo dat mans baie meer versigtig tydens hierdie veldtog is.          (4)
                                                                                          [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
