# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-afr/46145303-9987-4e87-8fde-799ea748b3ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-afr/46145303-9987-4e87-8fde-799ea748b3ef)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

                    RELIGIESTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                *RLGSA*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                   RELIGIESTUDIES V1             (EC/SEPTEMBER 2016)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
        AFDELING A en AFDELING B.

  2.    AFDELING A is VERPLIGTEND.

  3.    AFDELING B bestaan uit drie vrae waarvan TWEE vrae beantwoord moet
        word.

  4.    Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy ŉ keuse maak.

  5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik word.

  6.    Die lengte van jou antwoord moet in ooreenstemming wees met die punte
        wat aan elke vraag toegeken word.

  7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  RELIGIESTUDIES V1                                       3

 AFDELING A

 Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 1 (VERPLIGTEND)

 1.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
     slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer. Kies die antwoord uit die lys wat voorsien
     word.

                      Ekumenisme; Therevada; ateïsme; Talmoed; halaal

       1.1.1    Die mondelinge komponent van die Tora word die ... genoem.             (2)

       1.1.2    Bevordering van eenheid tussen kerke om as ŉ eenheid saam te
                werk word … genoem.                                                    (2)

       1.1.3    Ontkenning van die bestaan van God is ...                              (2)

       1.1.4    Voedsel wat geskik is vir gebruik deur Moslems word ... genoem.        (2)

       1.1.5    Die oudste vertakking van Boeddhisme is ...                            (2)

 1.2 Beskryf kortliks die volgende begrippe/leringe in die konteks van
     godsdiens:

       1.2.1    Doktrine                                                               (2)

       1.2.2    Ideologie                                                              (2)

       1.2.3    Gelykenisse                                                            (2)

       1.2.4    Dogma                                                                  (2)

       1.2.5    Vergelykbaarheid                                                       (2)

 1.3 Noem die TWEE hoof vertakkings van die Islamitiese geloof.              (2 x 2)   (4)

 1.4 Verduidelik in DRIE sinne die term ubuntu, soos dit op die Afrika
     Tradisionele Godsdiens van toepassing is.                              (3 x 2)    (6)

 1.5 Kies die woorde wat NIE pas NIE uit elke groep van woorde hieronder.
     Skryf slegs dié woord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
     ANTWOORDEBOEK.

       1.5.1    Abraham, Boeddha, Jesus Christus, Darwin                               (2)

       1.5.2    Koran, Bybel, Profeet Mohammed, Hajj                                   (2)

       1.5.3    Vedas, Karma, Modimo, Nirvana                                          (2)

       1.5.4    Unkulunkulu, Sangoma, Kalief (caliph), voorvaders                      (2)

       1.5.5    Tanach, Tora, Baha’u’llah, Moses                                       (2)
Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.6   Kies ŉ item uit KOLOM B wat pas by ŉ woord/beskrywing in KOLOM A.
       Skryf slegs die letter (A−E) langs die vraagnommer (1.6.1−1.6.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6.6 F.                                           (4)

                   KOLOM A                             KOLOM B
       1.6.1    Nirvana                  A     opponerende groepe van mense
                                               wat ooreen kom om saam te werk

       1.6.2    Karma                    B     verlossing van lyding in
                                               Boeddhisme

       1.6.3    Sinkretisme              C     geloof in baie gode

       1.6.4    Versoening               D     is die proses om elemente van
                                               een godsdiens te integreer in ŉ
                                               ander godsdiens

       1.6.5    Politeïsme               E     oortuiging dat enige aksie ŉ
                                               gevolg het
                                                                           (5 x 2)      (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                     RELIGIESTUDIES V1                                                  5

    AFDELING B

    Beantwoord enige van die TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

    VRAAG 2

    2.1   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

          Die dinge wat godsdiens uniek maak kan sosiaal baie verdelend wees.
          Mense kom tot die gevolgtrekking, dat daardie aspekte waar is, en dat die
          aspekte van ander godsdienste waarmee hulle nie saamstem nie,
          vals/onwaar is en daarom is hulle godsdiens verhewe bo ander
          godsdienste. Met ander woorde, dit is die “uniekheid” wat die meeste
          moeilikheid tussen godsdienste veroorsaak.

                               [Bron: Shutters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl. 123]

          Beskryf kortliks die unieke kenmerke van enige EEN van die
          godsdienste.                                                                              (10)

    2.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

          In Ortodokse Islam is daar baie min ruimte vir variasie sover dit die
          kernleerstellings (grondslag van godsdiens) betref: behalwe Allah is daar
          geen ander god nie; Mohammed is sy profeet. Aan geeneen van hierdie
          twee pilare kan daar enigsins getwyfel word nie. Baie dieselfde geld vir
          die Ortodokse Christelike godsdiens. Mense wat in sulke godsdienste van
          die korrekte ‘geloof’ afwyk, kan sekere sosiale gevolge ervaar. In die
          verlede moes sommiges self met hulle lewens boet.

          In hoofstroom-Hindoeïsme is dinge baie anders. Dit is belangriker om die
          regte dinge te doen en reg op te tree as om in die regte dinge te glo. In
          nog ŉ Indiese godsdiens, Boeddhisme, word ‘geloof’ as die aanvaarding
          van sekere beskouinge as ŉ hindernis op die pad na verlossing beskou.
          Om vas te klou aan sekere oortuigings/geloof, is net so sleg as om aan
          geld vas te klou/verlief op geld te wees, sê sommige Boeddhiste
          byvoorbeeld, omdat dit daartoe kan lei dat jy en ander mense kan
          ly/swaarkry.

                [Bron: Aangepas en vertaal uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bladsy 39]

          Definieer kortliks die term geloof soos dit in die konteks van godsdiens
          gebruik word.                                                                             (4)

    2.3   Verduidelik die konsep onderwys, soos dit in Religiestudies gebruik
          word.                                                                                     (4)

    2.4   Verduidelik die rol wat gelykenisse in godsdienstige onderwys speel.                      (12)
‘

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                       RELIGIESTUDIES V1                           (EC/SEPTEMBER 2016)

  2.5    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

         In hoofstroom-Hindoeïsme is dinge baie anders. Dit is belangriker om die
         regte dinge te doen en reg op te tree as om in die regte dinge te glo. In
         nog ŉ Indiese godsdiens, Boeddhisme, kan ‘oortuiging/geloof’ as die
         aanvaarding van sekere beskouinge selfs as ŉ hindernis op die pad na
         verlossing beskou word”. Verkleefdheid aan oortuiginge is net so sleg
         soos verkleefdheid aan geld, sê sommige Boeddhiste byvoorbeeld, omdat
         dit daartoe kan lei dat jy en ander mense kan ly/swaarkry.

                      [Aangepas en vertaal uit: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bladsy 39]

         Bespreek kortliks die rol van oortuiging/geloof in die volgende
         godsdienste:

         2.5.1       Islam                                                                           (10)

         2.5.2       Christelike godsdiens                                                           (10)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                RELIGIESTUDIES V1                                                 7

  VRAAG 3

  3.1    Verbeel jou jy is die voorsitter van die Verteenwoordigende Raad van
         Leerders by jou skool. Skryf ŉ gedragskode vir leerders. Dit moet uit
         ten minste VIER sleutelpunte bestaan en moet godsdienstige
         verdraagsaamheid by die skool bevorder.                                              (8)

  3.2    Vergelyk demokratiese Suid-Afrika se siening oor godsdiensvryheid met
         die benadering wat gedurende die apartheidsera gevolg is.                            (12)

  3.3    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat daarop
         volg.

          Die eerste Wêreldparlement van Religieë is in 1893 in Chicago gehou.
          Verteenwoordigers het van oor die wêreld gekom, van Westerse sowel
          as Oosterse religieë. Die blywendste erfenis van die 1893-parlement was
          die toesprake wat deur Swami Vivekananda gelewer is. Hierdie
          toesprake was ŉ mylpaal in die bekendstelling van die Hindoe-denkwyse
          aan die Westerse wêreld.

                                      [Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al, 2007:29]

         Bespreek in die lig van die aanhaling hierbo, die rol/bydrae van enige
         EEN religieuse leier/organisasie wat inter-religieuse dialoog bevorder
         het.                                                                                 (10)

  3.4    In jou eie woorde, definieer kortliks die konsep menseregte, met spesiale
         verwysing na godsdiens.                                                              (10)

  3.5    Verduidelik kortliks die konsep godsdiensvryheid en gee ŉ voorbeeld
         daarvan.                                                                             (10)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                     RELIGIESTUDIES V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 4

 4.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
        volg.

        In die talle brandpunte (konflikte) regoor die wêreld, of dit nou die Midde-
        Ooste, Sri Lanka of Afrika is ... “godsdienstige verskille is egter nie die
        enigste rede vir die geweld nie. Inteendeel, dit is duidelik dat godsdiens
        deur politici gebruik word om ondersteuning vir hulself en hul partye te
        verkry.”
                      [Bron: Aangepas uit Religion Studies Grade 12 by Steyn et al, bladsy 232]

        4.1.1   Identifiseer EEN streek of land van konflik in die wêreld en gee ŉ
                kort geskiedenis van die konflik.                                                 (10)

        4.1.2   Beskryf die huidige situasie van die konflik wat jy geïdentifiseer
                het.                                                                              (6)

        4.1.3   Verduidelik die rol van godsdiens in die konflik.                                 (10)

        4.1.4   Som jou bevindinge op.                                                            (4)

 4.2    Lees die uittreksel uit ŉ koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae
        wat volg.

        Onitsha, Nigerië. Dosyne verkoolde, smeulende liggame het die strate
        van hierdie bedrywige handelshoofstad besaai na drie dae se oproerigheid
        waar Christenbendes met kapmesse, knuppels en messe hul Moslembure
        aangeval het. Oproeriges het talle mense hier vermoor, meestal Moslems,
        nadat hul huise, besighede en moskees afgebrand is in die ergste geweld
        nog wat verband hou met spotprente van die Profeet Mohammed wat die
        eerste keer in ŉ Deense koerant verskyn het. Die oproerigheid het hier
        uitgebreek na aanvalle verlede week op Christene in Noord-Nigerië deur
        Moslems wat woedend oor die spotprente was.
        [Aangepas en vertaal uit: New York Times, 24 Februarie 2006 (Shuters Religion Studies
                                                                      Grade 12, bladsy 214)]

        4.2.1   Volgens die artikel, wat is die oorsaak van die onluste?                          (4)

        4.2.2   Wat, dink jy, kan die moontlike gevolge van hierdie onluste wees?
                Noem ten minste DRIE moontlikhede.                                                (6)

        4.2.3   Dink jy dat die artikel ŉ gebalanseerde oorsig bied? Gee redes
                vir jou antwoord.                                                                 (4)

        4.2.4   Volgens jou ondervinding, bied die media oor die algemeen
                godsdienstige kwessies op ŉ gebalanseerde, onpartydige wyse
                aan? Gee ten minste EEN voorbeeld om jou mening te illustreer.                     (6)
                                                                                                  [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                      GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-eng/490607b2-4df5-4662-b4e2-3b7394930512) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [RLGS P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-qp-eng/fb3270ce-1301-4d94-94fa-492518a15e14) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-afr/faa91ad8-14a1-485d-a661-5b928256bf37) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
