# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                     RELIGIESTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                   RELIGIESTUDIES V1                (EC/SEPTEMBER 2020)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

  2.    AFDELING A: VERPLIGTEND
        AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

  3.    Die vrae in AFDELING A tel EEN punt per feit, tensy anders aangedui.

  4.    Lees al die vrae noukeurig deur.

  5.    Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
        vraag toegeken is.

  6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

  7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                RELIGIESTUDIES V1                                     3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: 1.1.11 D.

        1.1.1    Ortodokse Jode gehoorsaam godsdienstige wette wat … genoem
                 word.

                 A     Sjaria
                 B     Mitzvot
                 C     Genesis
                 D     Halakhah                                                       (1)

        1.1.2    Die Tao kan as die … beskryf word.

                 A     pad van die heelal
                 B     aarde
                 C     hiernamaals
                 D     siklus van die lewe                                            (1)

        1.1.3    Die hoogste kaste/stand in tradisionele Hindoeïsme is die …

                 A     Upanishads of skrifgeleerdes.
                 B     Sudras of arbeiders.
                 C     Ksatriyas of heersers en krygers.
                 D     Brahamanas of geestelike leermeesters.                         (1)

        1.1.4    Die stigter van Boeddhisme was …

                 A     Siddhartha Gautama.
                 B     Baha’u’llah.
                 C     Vajrayana.
                 D     die Dalai Lama.                                                (1)

        1.1.5    Die Baha’i-geloof het in … ontstaan.

                 A     Irak
                 B     Iran
                 C     China
                 D     Saoedi-Arabië                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                      RELIGIESTUDIES V1                 (EC/SEPTEMBER 2020)

        1.1.6        Toe profeet Muhammad gesterf het, is hy deur … opgevolg.

                     A    Isak
                     B    Abu Bakr
                     C    Jesus
                     D    Ali.                                                           (1)

        1.1.7        ŉ Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is …

                     A    Rig Veda.
                     B    die Goddelike Lewegemeenskap (‘Divine Life Society’).
                     C    die Bhagavad Gita.
                     D    Bhakti-joga.                                                   (1)

        1.1.8        Die Hadith is ….

                     A    ŉ versameling van leringe van die profeet Muhammad.
                     B    verpligte leringe in die Koran.
                     C    boeke met mites.
                     D    rekords van Islamitiese geskiedenis.                           (1)

        1.1.9        Die oudste vorm van Boeddhisme is …

                     A    Zen-Boeddhisme.
                     B    Tibettaanse-Boeddhisme.
                     C    Mahanyana-Boeddhisme.
                     D    Theravada-Boeddhisme.                                          (1)

        1.1.10       ŉ Dogma, in ŉ godsdienstige konteks, is …

                     A    ŉ leuen of versinsel.
                     B    leringe met absolute gesag.
                     C    ŉ heilige teks.
                     D    ŉ bespreking van geestelike waarhede deur ŉ storie.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)              RELIGIESTUDIES V1                                     5

 1.2 Kies ŉ item uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
     letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK
     neer, byvoorbeeld 1.2.7 I. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
     NIE.

                       KOLOM A                                KOLOM B
      1.2.1    Na aanleiding van die model van die A     Tradisionele Hindoeïsme
               Heilige Drie-Eenheid, moet die
               mensdom      ŉ   verhouding    van
               wedersydse respek en liefde hê

      1.2.2    ŉ Heilige teks wat uit ŉ versameling B    Tora
               van wette en leringe bestaan

      1.2.3    Alhoewel daar verskillende paaie na C     Islam
               God is, is die behoorlike uitvoering
               van huishoudelike en tempelrituele
               verpligtend vir almal

      1.2.4    Godsdienstige stories waarin diep D       Kitáb-i-Aqdas
               waarhede van die lewe ontbloot word

      1.2.5    Twee groepe het as gevolg van E           Christendom
               politieke verskille geskei

      1.2.6    ŉ Heilige godsdienstige geleentheid   F   Mite

                                                     G Koran

                                                     H   Ritueel
                                                                           (6 x 1)    (6)

 1.3 Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
     woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
     neer en gee ŉ rede waarom dit NIE pas NIE.

      VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
      ANTWOORD: 1.3.6 Aartappel. Die ander is almal vrugte.

      1.3.1    Charles Darwin; Shogi Effendi; Copernicus; Kepler                      (2)

      1.3.2    Therevada; Pali Kanon; Sanskrit; Mahayana                              (2)

      1.3.3    Karma; Ahimsa; Tripitaka; Dharma                                       (2)

      1.3.4    Taoïsme; Boeddhisme; Afrika Tradisionele Godsdiens; Judaïsme           (2)

      1.3.5    Brahmo Samaj; Ramakrishna; Arya Samaj; Ekumenisme                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                 RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4 Verduidelik ELK van die volgende konsepte in die konteks van godsdiens:

      1.4.1   Moksha                                                                     (2)

      1.4.2   Nasie-staat                                                                (2)

      1.4.3   Nie-theïsties                                                              (2)

      1.4.4   Inspirasie                                                                 (2)

      1.4.5   Ateïsme                                                                    (2)

 1.5 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf SLEGS ‘waar’ of
     ‘onwaar’ langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in jou ANTWOORDEBOEK
     neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

      1.5.1   Sinkretisme is die wetenskap van die interpretasie van tekste.             (2)

      1.5.2   ŉ Sjamaan is ŉ Opperwese, die Skepper in Afrika Tradisionele
              Godsdiens.                                                                 (2)

      1.5.3   Bukhari is ŉ versameling van Marxistiese leringe.                          (2)

      1.5.4   Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme.                       (2)

 1.6 Beantwoord die volgende vrae.

      1.6.1    Wat is ŉ normatiewe bron?                                                 (2)

      1.6.2    Verduidelik kortliks die konsep sekularisme.                              (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:         50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                      RELIGIESTUDIES V1                                                  7

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 2

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      UNIEKE (EN SOMS GEVAARLIKE)
                GODSDIENSTIGE RITUELE REGOOR DIE WÊRELD

 Regoor die wêreld, kleef gelowiges vas aan praktyke wat deur buitestaanders as
 bisarre beskou word, maar vir die gelowiges heeltemal redelik lyk.

 Die godsdienste wat meestal aan Westerlinge bekend is – Christendom, Judaïsme,
 en Islam, het hulle deel van ongewone rituele: namaak van die eet van vleis en die
 drink van bloed (Nagmaal), chirurgiese prosedures wat op babas en kinders
 uitgevoer word (Bris, Khitān, Judaïsme en Christendom), en probeer om sig en
 gehoor slegs deur aanraking of gebed te herstel (Geloofsgenesing – Christendom).

 Die deurboor van die liggaam met hake as ŉ teken van toewyding (Hindoeïsme), ŉ
 baba van die top van die toring afgooi om hom gesonder te maak (Hindoeïsme en
 Islam), en toe te laat dat jou motor geseën word met heilige water en blomme, klink
 miskien vreemd (en gevaarlik – Boeddhistiese priesters), maar wie kan sê dit is
 enigsins vreemder as die godsdienstige rituele wat ons tuis aanvaar het?

                       [Uittreksel geneem uit boots bootsnall.com. Toegang op 05 April 2020 verkry.]

 2.1   Skryf notas oor die term UNIEKHEID om godsdienstige uniekheid te
       beklemtoon.                                                                                     (4)

 2.2   Noem slegs EEN faktor uit die uittreksel wat godsdienstige identiteit vorm.                     (2)

 2.3   Hindoes en Westerlinge glo in die gooi van ŉ baba. Beskryf die FUNKSIES
       wat deur die uniekheid van ŉ godsdiens vervul word.                                             (6)

 2.4   Verduidelik DRIE unieke kenmerke van enige EEN godsdiens in ELK van
       die onderstaande groeperings:

        2.4.1    Oosterse godsdienste                                                                  (6)

        2.4.2    Midde-Oosterse godsdienste                                                            (6)

 2.5    Noem VIER ooreenkomste wat binne die Abrahamitiese godsdienste
        bestaan.                                                                                       (8)

 2.6    In die konteks van godsdiens, gee TWEE feite oor ELK van die volgende:

        2.6.1    Hindoeïsme se siening oor Karma                                                       (4)

        2.6.2    Die Inyanga in Afrika Tradisionele Godsdiens                                          (4)

        2.6.3    Kanon in Christendom                                                                  (4)
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                               RELIGIESTUDIES V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.7    Verduidelik kortliks ELK van die volgende konsepte in die konteks van
        godsdiens:

        2.7.1   Ooreenkomste                                                        (2)

        2.7.2   Identiteit                                                          (2)

        2.7.3   Verskille                                                           (2)
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                    RELIGIESTUDIES V1                                               9

  VRAAG 3

  Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          IN SUID-AFRIKA VERGADER GODSDIENSTIGE WÊRELDLEIERS
                           VIR DIALOOG EN AKSIE

  Kaapstad, Suid-Afrika – Een van die hoogtepunte vir godsdiensleiers wat hier vir
  die parlement van die wêreld se godsdienste byeengekom het, was sonder twyfel
  ŉ toespraak deur ŉ sekulêre politieke leier: die voormalige Suid-Afrikaanse
  president Nelson Mandela.

  Die 81-jarige voormalige politieke gevangene het die duisende
  verteenwoordigers van die wêreld se grootste geloofsgroepe toegespreek en
  gesê dat godsdienstige instellings ŉ groot rol gespeel het om die einde van
  apartheid in Suid-Afrika te bewerkstellig.

  ‘Sonder die kerk en godsdienstige instellings sou ek nooit vandag hier wees nie,’
  het president Mandela gesê. Hy het verduidelik dat die Christelike, Moslem-,
  Hindoe- en Joodse godsdienstige groepe instrumenteel was om hom en ander
  jong swartes ŉ opvoeding – en later vertroosting aan politieke gevangenes en
  hul gesinne te gee.

  President Mandela het verder gesê: ‘Godsdiens het ŉ belangrike rol om te vervul
  om die mensdom te lei en te inspireer om die enorme uitdagings wat ons in die
  volgende eeu gaan teëkom, te kan oorkom”.

             [Uittreksel vertaal en aangepas uit onecountry.org. Toegang op 5 April 2020 verkry.]

  3.1.1     Definieer interreligieuse dialoog.                                                       (2)

  3.1.2     Gee ŉ sinoniem vir die woord ‘instrumenteel’ in paragraaf 3.                             (2)

  3.1.3     Vier verskillende godsdienste word in die uittreksel genoem. Verduidelik
            kortliks hoe hierdie godsdienste president Mandela beïnvloed het.                        (6)

  3.1.4     President Mandela het religieuse-leiers gevra om saam te werk. Noem
            en bespreek ŉ organisasie in Suid-Afrika wat interreligieuse dialoog
            bevorder.                                                                                (8)

  3.1.5     Bespreek interreligieuse dialoog in Suid-Afrika voor 1996.                              (10)

  3.1.6     Dink jy dat vroue ŉ belangrike rol in die bevordering van inter-
            godsdienstige verhoudings in Suid-Afrika speel? Gee redes vir jou
            antwoord.                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                  RELIGIESTUDIES V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

  3.2    Lees die volgende uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

            CHRISTELIKE REAKSIE IS NODIG TEEN DREIGEMENTE OM
           KERSFEES- EN GOEIE VRYDAG VAKANSIEDAE TE VERWYDER
                         deur adv. Nadene Badenhorst

         Die onlangse voorstel van die Suid-Afrikaanse Regshervormings-
         kommissie (SALRC) om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare
         vakansiedae van die SA kalender te verwyder, het kritiek regoor die land
         ontlok.

         Volgens die SALRC, ŉ raadgewende statutêre liggaam wat
         verantwoordelik is vir die identifisering en hersiening van wette wat in
         stryd met die Grondwet is: ‘Daar is ŉ element van bevoordeling,
         aangesien die twee belangrikste Christelike vakansiedae as betaalde
         openbare vakansiedae verklaar was. Aanhangers van ander gelowe wat
         ander geloofsgebaseerde vakansiedae vier word benadeel deurdat hul
         vakansiedae nie as openbare vakansiedae verklaar word nie en dat hulle
         nie outomaties voordeel van betaling daaruit ontvang nie.’ Die SALRC stel
         dus voor dat όf hierdie vakansiedae hersien word, όf dat die vakansies
         van ander gelowe dieselfde gewig gegee moet word.

         ŉ Mens kan jou net die impak op ons alreeds sukkelende ekonomie
         voorstel, as ons in die naam van gelykheid, elke groep in ons samelewing
         ŉ openbare vakansiedag sou toeken! Dit is eenvoudig nie sinvol dat
         bykans 80% van die (Christelike) bevolking ŉ afdag neem vir ŉ
         godsdienstige vakansiedag wat deur minder as 20% geobserveer word
         nie.

         Wat die SALRC ook oor die hoof sien, is dat artikel 2(2) van die Wet op
         Openbare Vakansiedae spesifiek bepaal dat ‘enige openbare
         vakansiedag verruil kan word vir enige ander dag wat deur ŉ ooreenkoms
         bepaal of ooreengekom word tussen ŉ werkgewer en werknemer.’ Met
         ander woorde, dieselfde wet wat voorsiening maak vir twee Christelike
         openbare vakansiedae op die nasionale kalender, gee nie-Christelike
         werknemers die reg om in plaas van Goeie Vrydag of Kersfees op ŉ ander
         dag betaalde verlof aan te vra (bv. Ramadan vir Moslems of Diwali vir
         Hindoes).

         Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om die
         ‘godsdienstige verdeeldheid te verdiep.’

               [Uittreksel geneem en vertaal uit gatewaynews.co.za. Toegang op 05 April 2020
                                                                                    verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V1                                            11

            DEBATTE DUUR VOORT OOR GODSDIENSTIGE VAKANSIEDAE

         Durban – President van die Afro-Christen Demokratiese Party, eerw.
         Kenneth Meshoe, het Christene gesê dat hulle die regering se pogings
         om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare vakansiedae op die Suid-
         Afrikaanse kalender af te skaf, moet verwerp.

         ‘Dit is twee van die heiligste dae vir Christene. Nie net dit nie, dit is twee
         dae wat ŉ invloed op besigheid het. Daar is baie wat miskien nie
         Christene is nie, maar sorg dat hulle hierdie twee dae kerk toe gaan.’

         Hy het gesê as die regering hierdie twee openbare vakansiedae gaan
         afskaf, sal hulle die nasie wys dat hulle dit nie in ag neem nie.

         President van die Hindoe-raad van die Suid-Afrikaanse Hindoe Maha
         Sabha, Ashwin Trikamjee het gesê hoewel hy nie ŉ Christen is nie, het hy
         nie die idee ondersteun dat hierdie twee vakansiedae verwyder moet
         word nie.

              [Uittreksel geneem en vertaal uit iol.co.za. Toegang op 15 Desember 2019 verkry.]

         3.2.1       Wat is die redes wat deur die SALRC vir die verwydering van
                     Kersfees en Goeie Vrydag vanaf die SA kalender gegee word?                    (4)

         3.2.2       Watter redelike argumente kan Christene voorhou vir die behoud
                     van die vakansiedae op die kalender?                                          (4)

         3.2.3       Volgens die skrywer, watter alternatiewe bestaan vir aanhangers
                     van ander godsdienste volgens die wet op Openbare
                     Vakansiedae?                                                                  (4)

         3.2.4       Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om die
                     ‘godsdienstige verdeeldheid te verdiep.’

                     Wat dink jy word met hierdie aanhaling beteken?                               (2)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                 RELIGIESTUDIES V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

  VRAAG 4

  4.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        “Allah is die Lig van die hemele en die aarde. Die gelykenis van Sy Lig is
        asof daar ŉ nis (plekkie) was en daarbinne ŉ Lamp: die lamp is met Glas
        toegemaak: die glas as’t ware soos ŉ helder ster: Verlig uit ŉ geseënde
        Boom, ŉ Olyf, nie van die ooste of van die weste nie, waarvan die olie bykans
        stralend is, hoewel vuur skaars daaraan raak: Lig op lig! Allah lei diegene
        wat Hy wil na Sy Lig: gee vir die mens Gelykenisse: en Allah weet alle dinge.”

                                                      [Bron: Qur’an, Al-Nour, Surah 24:35]

        4.1.1   In die konteks van religie verduidelik die konsep gelykenis.                  (4)

        4.1.2   Gee ŉ opinie oor wat die les of geestelike waarheid van ‘Allah is die
                lig’ (die gelykenis) is.                                                      (4)

        4.1.3   Noem die elemente wat in die gelykenis beskryf word.                          (4)

        4.1.4   Noem ŉ gelykenis (behalwe ‘Allah is die Lig’) uit enige godsdiens en
                verduidelik wat dit beteken.                                                  (8)

  4.2 ‘Doktrines is die oortuigings wat die sentrale verwysingsraamwerk vir ŉ
      godsdiens voorsien.’

        Gee EEN voorbeeld van ŉ doktrine uit ELK van die volgende godsdienste
        en verduidelik wat dit beteken:

        4.2.1   Christendom                                                                   (4)

        4.2.2   Hindoeïsme                                                                    (4)

  4.3 In jou eie woorde verduidelik EEN wel-bekende dogma van die Rooms-
      Katolieke kerk. Skryf kort notas.                                                       (6)

  4.4 Verduidelik die volgende terme in die konteks van religie:

        4.4.1   Oortuigings                                                                   (8)

        4.4.2   Ideologie                                                                     (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V1                                            13

  VRAAG 5

  5.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA VERKLAAR VROUEDOOD (‘FEMICIDE’) AS ’N
                              NASIONALE KRISIS
                              deur Thuso Khumalo

        Die Suid-Afrikaanse regering het geslagsgebaseerde geweld tot ŉ nasionale
        krisis verklaar. Luidens ŉ nuwe regeringsverslag, word ŉ vrou elke drie uur
        in Suid-Afrika vermoor en word baie voor hul dood aangerand en verkrag.

        “Dit is genoeg. Baie is gesê, maar daar is steeds geen veranderinge nie,”
        het Nomakhosazana Xaba gesê. “Dit is al jare. Ons word elke dag, elke
        sekonde brutaal geviktimiseer. Is ek volgende? Dit is vreesaanjaend om so
        te lewe.”

        Die onlangse moord op Uyinene Mrwetyana het die jongste vloed van
        verontwaardiging veroorsaak. Die 19-jarige Universiteit van Kaapstad
        student is deur ŉ werknemer in ŉ poskantoor verkrag en vermoor terwyl sy
        ŉ pakkie probeer afhaal het.

        Die jongste misdaadstatistieke wat deur die polisie vrygestel is, onthul die
        diepte van die krisis: byna 3 000 vroue is tussen April 2018 en Maart vanjaar
        vermoor. Dit beteken sewe per dag.

        Baie van die vroulike slagoffers word egter wreed aangerand en verkrag
        voordat hulle vermoor word. In baie gevalle word hulle liggame in die bos of
        in ŉ vlak graf weggesteek, of onherkenbaar verbrand.

        President Cyril Ramaphosa het onlangs ŉ dringende gesamentlike sitting
        van die parlement belê om ŉ oplossing vir geslagsbaseerde geweld te vind.

        Die plan wat hy aangebied het, sluit in die oprigting van ŉ fonds van
        $68 miljoen, die kriminele regstelsel versterk, die verbetering van die wetlike
        en beleidsraamwerk rakende seksuele misdrywe en ander vorme van
        geslagsgebaseerde geweld en die bemagtiging van vroue op ekonomiese
        gebied.

        Ramaphosa het gesê: “Diegene wat aan sulke misdade skuldig bevind word,
        moet nie kwalifiseer vir parool nie. En as iemand ŉ lewenslange vonnis kry,
        moet dit beteken wat dit is: lewenslank in die gevangenis.”

        *Femicide – geweld/mishandeling/moord wat spesifiek teen vroulike slagoffers gemik is.

             [Uittreksel geneem en vertaal uit www.voanews.com˃africa. Toegang op 08 Januarie
                                                                                 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                                  RELIGIESTUDIES V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

                     BETOGERS BUITE PARLEMENT EIS AKSIE TEEN
                     VROUEDOOD (‘FEMICIDE’), NIE NET WOORDE NIE

        Voortdurende protesoptogte teen vrouedood (‘femicide’) geweld en
        geslagsgebaseerde geweld het president Cyril Ramaphosa se regering
        gedwing om wette te heroorweeg oor hoe strafregtelike mishandelaars,
        verkragters en moordenaars gestraf moet word.

        Buite die parlement, in Kaapstad, waar honderde betogers
        bymekaargekom het om optrede teen geslagsgebaseerde geweld te eis,
        het die oproep tot strenger straf vir oortreders en meer optrede van die
        regering ŉ crescendo (hoogtepunt) bereik.

        Dit kom na ŉ week van protesoptogte en plakkaatbetogings na die
        inhegtenisneming van ŉ 42-jarige man vir die verkragting en moord op die
        UK-student, Uyinene Mrwetyana.

            [Uittreksel geneem en vertaal uit mg.co.za. Toegang op 21 November 2019 verkry.]

        5.1.1   Beskryf TWEE vroue of meisies se regte wat deur geslags-
                gebaseerdegeweld geskend word.                                                  (4)

        5.1.2   Die Suid-Afrikaanse konstitusie beskerm menseregte.

                Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word.                               (4)

        5.1.3   Dink jy dat die stappe wat president Ramaphosa voorgestel het,
                effektief genoeg kan wees om die gety van geslagsgebaseerde
                geweld te stuit? Gee redes vir jou antwoord.                                    (6)

        5.1.4   Watter veldtogte kan godsdienstige organisasies gebruik om die
                probleem van geslagsgebaseerde geweld aan te spreek?                            (6)

        5.1.5   In Suid-Afrika word ŉ vroue elke drie uur vermoor. Watter
                maatreëls dink jy kan die regering instel om vrouedood (‘femicide’)
                te stop?                                                                        (6)

        5.1.6   Uit die uittreksel, gee bewyse dat die mense wat aan geslags-
                gebaseerde geweld skuldig is, gewoonlik vroue en kinders op
                onmenslike wyse behandel.                                                       (4)

        5.1.7   Noem enige TWEE insidente van vrouedood (‘femicide’) in Suid-
                Afrika waarvan jy bewus is.                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)                   RELIGIESTUDIES V1                                          15

 5.2     Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

            16 DAE VAN AKTIVISME VIR GEEN GEWELD TEEN VROUE EN
                                  KINDERS

         Dit is ŉ wêreldwye veldtog om geweld teen vroue en kinders te stop;
         Dit is daarop gemik om die bewustheid te verhoog van die NEGATIEWE
         impak wat geweld en mishandeling op vrouens en kinders het, en om die
         samelewing permanent van misbruik te bevry.

         Die veldtog van 16 dae van aktivisme word elke jaar van 25 November tot
         10 Desember gehou. Die sukses van hierdie veldtog berus egter op ons
         daaglikse individuele en kollektiewe optrede om ons samelewing teen
         hierdie siklus van mishandeling te beskerm.

         Geslagsgebaseerde geweld spruit uit die lae status van vroue in die huis
         en die samelewing. Dit gebeur wanneer mans MAG en gesagsposisies
         misbruik om vroue en kinders te BEHEER.

         Die visie van die parlement bevestig parlement as die instelling wat die
         hele samelewing verander om gebaseer te wees op demokratiese
         waardes, sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte, wat
         vroueregte en kinderregte insluit. In verband het parlement alreeds
         vordering gemaak met die aanneem van wetgewing wat daarop gemik is
         om hierdie siekte in die samelewing te beëindig.

                  [Uittreksel uit www.parliament.gov.za. Toegang op 15 Desember 2019 verkry.]

         5.2.1       Gee ŉ sinoniem vir aktivisme.                                               (2)

         5.2.2       Volgens die uittreksel, wat is die doelwitte van die 16-Dae-van-
                     Aktivisme-veldtog?                                                          (4)

         5.2.3       Gee EEN woord uit paragraaf 1 (EEN) wat bewys dat hierdie nie
                     net ŉ Suid-Afrikaanse inisiatief is nie.                                    (2)

         5.2.4       Wat dink jy is moontlike oorsake van geslagsgebaseerde
                     geweld?                                                                     (4)

         5.2.5       Dink jy dat die doelwitte kan tydens die tydperk tussen
                     25 November en 10 Desember bereik word? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                   (4)
                                                                                                [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/bd0105b4-f284-444e-b919-6c59288291c1) — Religion Studies · Memo · 2022 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
