# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2018

                  RELIGIESTUDIES V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienrglyn bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             RELIGIESTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 1

 1.1    Sentrale leringe van enige EEN religie. Christenskap dien as
        voorbeeld:

        1.1.1   Aard van godheid:
                • Christene glo in die bestaan van ŉ hoër en goddelike wese,
                  naamlik God.
                • God onthul Homself as drie persone:
                  o God die Vader as Skepper van die heelal.
                  o God die Seun as Redder van die mensdom.
                  o God die Heilige Gees as die Berader van Christene.                 (10)

        1.1.2   Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld:
                • Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
                • Nadat Adam en Eva geskape is, het God hulle opdrag gegee om
                   na die tuin van Eden en die hele skepping om te sien.
                • As medeskepper saam met God is mense God se
                   verteenwoordigers op aarde.
                • God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te
                   sien.
                • Hulle is verantwoordelik aan God.                                    (10)

        1.1.3   Lewe na die dood:
                • Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees.
                • Adam en Eva het egter God se opdrag verontagsaam.
                • Die straf vir hulle sonde is die dood van die mensdom.
                • Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom
                  van die bose en die dood te bevry.
                • Christene verwag ŉ nuwe gemeenskap na die dood wat
                  gekenmerk word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee.               (10)

 1.2    Afrika Tradisionele Godsdiens as voorbeeld:

        AmaZoeloe godsdiens:
        • Die Tradisionele Amazoeloe godsdiens erken die bestaan van ŉ
          Opperwese en Skepper wat Mvelinqagi of die Eerste om te bestaan
          genoem word.
        • Alle kommunikasie met die Opperwese word deur die voorvaders
          gedoen.
        • Die AmaZoeloe godsdiens het ŉ vroulike goddelikheid wat
          uNomkhubulwane genoem word.
        • Die vroulike godin word met vrugbaarheid geassosieer.
        • Die voorvaders is baie belangriker as in ander godsdienste.
        • Die meeste rituele word deur die oudste man in die huishouding gelei.
        • Wanneer die hele stam saamkom vir ŉ viering, is die koning van die
          AmaZoeloe die voorsitter.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  RELIGIESTUDIES V2                                       3

        Die Aka-godsdiens:
        • Die Aka van sentraal Afrika is nomadiese jagter-versamelaars.
        • Daar is ŉ groot verskeidenheid van gelowe tussen die Aka-stamme.
        • Hulle glo in die skeppergees wat Bembe genoem word.
        • Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad uitgetree het.
        • Die bosgees, Dzengi, ontvang die meeste godsdienstige aandag van die
           Aka.
        • Die Aka glo in reïnkarnasie.
        • Hulle glo dat diere en mense reïnkarneer binne hul eie spesies.                 (20)
                                                                                          [50]

 VRAAG 2

 2.1    Moontlike oorsake van omgewingsvernietiging:

         •   Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die onverantwoordelike
             gebruik van chemikalieë (plaagdoders en kunsmis).
         •   Dit word ook deur die oormatige verbranding van fossielbrandstowwe
             veroorsaak.
         •   Dit verhoog die koolstofdioksied in die atmosfeer.
         •   Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en vervoer lei
             tot die kweekhuis-effek/aardverwarming.
         •   Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg, wat tot
             klimaatsverandering lei.
         •   Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die storting
             van afvalprodukte in oop areas (grondbesoedeling).
         •   Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing wat tot
             gronderosie lei.
                                        (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)    (10)

 2.2    Die impak van omgewingsvernietiging op die samelewing:
        •    Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
        •    Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele planeet.
        •    Verwoestyning neem toe, veral in Afrika.
        •    Dit lei tot voedseltekorte.
        •    Daar is ŉ gat in die osoonlaag en dit veroorsaak temperatuurstygings.
        •    Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur
             lugbesoedeling veroorsaak word.
        •    Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin om by
             die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
                                         (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             RELIGIESTUDIES V2                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.3    Praktiese strategieë wat godsdienstige organisasies kan toepas:
        • Godsdienstige organisasies moet gevorm word.
        • Hulle moet veg teen omgewingsvernietiging in hul areas.
        • Hulle moet praktiese veldtogte teen omgewingsvernietiging organiseer,
          bv. waterversameling, hernubare energie, voedseltuine, ens.
        • Hulle moet hulle volgelinge leer oor die belangrikheid van natuurbewaring
          terwyl hulle omgewingskwessies hanteer.
        • Alle godsdienstige organisasies moet subkomitees hê wat natuur-
          bewaring en omgewingsbeskerming bevorder.
                                      (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)    (14)

 2.4    Met verwysing na die lering van enige EEN religie bespreek die
        oplossings wat dit bied om die omgewing te beskerm.

        VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS

        • Die Christelike godsdiens leer dat die mense na die beeld van God
          geskape is om die aarde namens God te regeer.
        • Die mens is verantwoordelik vir elke skepping en moet aan God
          verantwoording doen.
        • In die boek van Genesis het God vir Adam beveel om die tuin te versorg
          (daarin te werk).
        • God het beveel dat die land ook die Sabbat tot eer van die Here sal heilig
          as ŉ manier om die land/aarde te bewaar.
        • God veroordeel die vernietiging van vrugdraende bome selfs wanneer
          oorlog gevoer word.
        • In die boek van Jeremia waarsku God teen die vernietiging van die
          natuur en wildediere.
        • Die Bybel veroordeel die vernietiging/doodmaak/mishandeling van diere.
        • Die wêreld behoort aan God, die aarde en al die aardbewoners, daarom
          moet ons na die omgewing omsien/versorg.
        • In die boek van 2 Konings blyk dit dat die Profeet Elisa ŉ waterkrisis wat
          deur besoedeling veroorsaak is, herstel.
        • Die Here Jesus Christus het voorbeelde uit die natuur in Sy leringe oor
          die koninkryk van God gebruik.

        VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE RELIGIE

        •   Die AmaZoeloe het die godin van die natuur wat uNomkhubulwane
            genoem word.
        •   Sy word tydens natuurrampe genader.
        •   Hulle glo dat sy half-woud/bos en half-land is.
        •   Daar word verskillende mites aan die jonges vertel sodat hulle die
            natuur kan respekteer.
        •   Byvoorbeeld as jy in die rivier urineer, sal jy in die teenoorgestelde
            geslag verander, wat ŉ manier was om te keer dat die water besoedel
            word.
        •   Om die grond of land onnodig te brand is strafwaardige oortreding in die
            Afika Tradisionele Religie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 RELIGIESTUDIES V2                                       5

        • Hulle glo in tradisionele medisyne wat van kruie en sommige diere
          gemaak word.
        • Plante en diere het lewe vir die Afrikane van destyds beteken.
        • Hulle glo dat die voorvaders verskillende diere as hulle boodskappers
          gebruik om met die lewendes te kommunikeer, bv. bye.
        • Afrika Tradisionele Religie was die bewaarder van die natuur in Afrika
          voor kolonisasie.
                                       (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)    (16)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               RELIGIESTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1    Normatiewe bronne:

        3.1.1    Inspirasie:

                 • Dit verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ŉ buitengewone
                   wese of mag, byvoorbeeld, ŉ godheid wat ŉ mens oorneem en hom
                   of haar met goddelike kennis inspireer.
                 • Mense mag voel hulle besit sulke mag of dat hulle ŉ openbaring
                   ontvang het.
                 • Hierdie betekenis stel voor, dat op verskillende tye, verskillende
                   mense voel hulle het spesiale, direkte en onmiddellike kontak met
                   hierdie dimensie wat buite die alledaagse lewe is.
                 • Sodanige inspirasie mag outoriteit hê.
                 • Hierdie mense verkry dan sekondêre inspirasie vanaf die
                   oorspronklike, primêre inspirasie.
                 • In meeste gelowe is daar figure met volgelinge, wie geglo word dat
                   hulle deur hoër kragte en wysheid geïnspireer was.                       (10)

        3.1.2    Mondelinge tradisie:

                 • Die oorspronklike inspirasie word eers deur mondelinge tradisie
                   versprei.
                 • Die oorspronklike boodskap word mondelings oorgedra van een
                   persoon tot ŉ persoon en van generasie tot generasie.
                 • So ŉ mondelinge tradisie kan vir honderde of selfs duisende jare
                   getrou mondelings oorgedra word.
                 • Skryf is ŉ onlangse uitvinding.
                 • Mondelinge tradisie as ŉ normatiewe bron is vernaamlik belangrik in
                   godsdienstige geskiedenis.
                                          (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)    (10)

        3.1.3    Heilige boeke/geskrifte:

                 •    Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede
                      betree.
                 •    Sedertdien het dit ŉ al hoe meer belangriker rol gespeel.
                 •    Voor skryfwerk ontdek was, was inligting mondelings oorgedra van
                      een geslag na die ander.
                 •    Ander inligting was op klip of rots en in grotte geskryf.
                 •    Hierdie inligting was ook na die teks geneem.
                 •    Die Koran word oor die algemeen gesien as ŉ perfekte afskrif van
                      die oorspronklike ewige geïnspireerde tablet in die hemel.
                 •    In Hindoeïsme word openbare (gehoor) geskrewe (Shruti)
                      onderskei van sekondêre, (onthou) ontstaan deur menslike
                      saamgestelde skrywe.
                 •    Vedas vir Hindoeïsme.
                 •    Die Bybel en ander tekste vir Christene.                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 RELIGIESTUDIES V2                                       7

 3.2    Die hermeneutiese beginsels wat van toepassing is op die normatiewe
        bronne van die godsdienste:

        • Die woord hermeneutiek beteken om te interpreteer.
        • Geneem uit die tradisionele konteks, beteken hermeneutiek die poging deur
          mans en vroue vanuit sekulêre of godsdienstige oogpunte, perspektief of
          vooroordeel om die geskrif hoofsaaklik in die lig van hulle eie oortuigings te
          interpreteer, en tweedens in die historiese konteks.
        • Die beginsels van hermeneutiese interpretasie is:
          o Grammatika en historiese konteks
          o Duidelikste betekenis
          o Plan, doel en konteks
          o Betekenis van woorde
          o Figuurlike betekenis
          o Die oorweging van ander heilige geskrifte
        • Die Christin Bybel bestaan uit die Ou en Nuwe Testament.
        • Hierdie geskrifte is as gesaghebbend verklaar deur vorige geloofs-
          gemeenskappe.
        • Nooit in die geskiedenis van die Bybel was daar net een manier om
          Bybeltekste te interpreteer nie.
        • Volgens Islam is die Koran ŉ heilige geskrif wat goddelike openbaring van
          God aan sy boodskappers bevat.
        • Moslem geleerdes verwys na interpretasie, kommentaar en hermeneutiek
          as ‘tafsir’.
        • Die ‘tafsir’ is ŉ komplekse term en verwys na die omvattende begrip en
          kennis van die Koran.
        • Dit verwys ook na die proses om die betekenis te vind en na die proses om
          die reëls te staaf en toe te pas, wysheid en grondstellings te stel.              (20)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             RELIGIESTUDIES V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4
 4.1    Darwin se Evolusieteorie en die impak daarvan op godsdienstige
        oortuigings:

        •   Hierdie teorie leer ons dat alle mense en ander vorme van lewe op aarde
            deur die proses van geleidelike ontwikkeling of evolusie geskep is.
        •   Mense het uit ape/sjimpansees ontwikkel.
        •   Mense was nie deur ŉ Goddelike Wese of ŉ Opperwese geskep nie.
        •   Dit kan beteken dat godsdienste of godsdienstige leringe vals was.
        •   Vir sommige kan dit die einde van godsdiens beteken.
        •   Hierdie teorie het groot verdeeldheid in baie godsdienstige gemeenskappe
            veroorsaak.
        •   Sommige voel dat evolusie versoenbaar met godsdienstige sieninge is.          (14)

 4.2    Die reaksie van die drie Abrahamitiese gelowe (Judaïsme, Christendom
        en Islam):

        • Die drie Abrahamitiese gelowe is geneig om die idee van evolusie te
          verwerp.
        • Die meerderheid van die Jode, Christene en Moslems is meer tradisioneel
          of ortodoks.
        • Hulle glo dat alles in die heelal, insluitende mense, was deur hulle god
          geskape.
        • Die Abrahamitiese godsdienste glo dat heilige tekste die Woord van God
          bevat en daarom verduidelik die storie van die boek Genesis hoedat alles
          geskep is en as die letterlike waarheid aanvaar moet word.
        • Hierdie siening word na verwys as Kreasionisme.
        • God het die heelal as deel van die goddelike plan vir die mensdom geskep.
        • Ortodokse groepe binne die Abrahamitiese godsdienste sê dat dit in die
          Koran, die Bybel, en die Tora verklaar word dat God vir Adam, die eerste
          mens geskape het.
        • Dit is onmoontlik dat die menseras uit diere ontwikkel was.
        • Die ander godsdienstige groepe: die liberale en progressiewe Jode,
          Christene en Moslems argumenteer dat alles in die heelal deur God
          geskape is en dat die proses van evolusie ook deel van God se goddelike
          plan is.
        • Die sintese van evolusie en godsdienstige doktrine/leerstellings word na
          verwys as leidende of teïstiese evolusie.
        • Volgens hierdie siening word die evolusieteorie aanvaar as ŉ verduideliking
          vir hoe alles geskape is maar dat die proses deur ŉ goddelike mag gelei
          was.
        • Hulle glo dat God alles lei en beheer.                                          (16)

 4.3    Die Oerknalteorie:

        •   Die sogenaamde oerknalteorie is tans die gewildste wetenskaplike teorie
            oor die heelal.
        •   Die wetenskaplike teorie lui dat dit nie bekend is wat voor die oerknal
            bestaan het nie.
        •   Na die oerknal het die heelal verskyn en tot ŉ enorme grootte uitgebrei.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 RELIGIESTUDIES V2                                       9

         •   Dit het ongeveer 15 biljoen jaar gelede gebeur.
         •   Klein temperatuurverskille in die eerste ontploffing het tot verskillende
             digthede dwarsdeur die heelal gelei.
         •   Dit het uiteindelik bondels dwarsdeur die heelal gevorm en die bondels het
             meer verdig op ŉ klonterige manier en uiteindelik die groot versameling
             sterre gevorm wat ons sterrestelsels noem.
         •   Ons aarde is deel van die sonnestelsel.                                        (20)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              RELIGIESTUDIES V2                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 5

 5.1    Met verwysing na enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae:

        5.1.1   Noem die verskille in onderrig.

                VOORBEELD: CHRISTENDOM

                Katolisisme:

                • In Katolisisme en Protestantisme word geglo dat God uit drie gelyke
                  maar aparte entiteite bestaan.
                • Dit word na verwys as die Drie-eenheid.
                • In Katolisisme is verlossing op rituele soos die doop,
                  skuldbelydenis, ens. gegrond.
                • Die Katolieke Kerk was deur Christus gestig.

                Oosterse-Ortodokse Kerk:

                • In die Oosterse-Ortodokse Kerk word die byvoeging van die ‘SEUN’
                  verwerp want hulle glo dat die Heilige Gees verhewe is.
                • Die Oosterse-Ortodokse Kerk glo dat dit die enigste oorspronklike
                  kerk is, gestig deur Christus en sy dissipels.

                Protestantisme:

                •     Protestante glo ook in die Drie-eenheid.
                •     In Protestantisme word geloof as die sleutel tot redding/verlossing
                      beskou.                                                                 (10)

       5.1.2    Verskil in bestuur:

                Katolisisme:

                •     Politieke beheer is tradisioneel soos in Rome gesien.
                •     Die hoof van die Katolieke kerk is die Pous.
                •     Die eerste pous is bekend as Sint Peter.
                •     Die Katolieke kerk het baie ordes soos monnike, priesters,
                      kloostermonnike en nonne.
                •     Alle katolieke word deur die Vatikaan regeer.
                •     Die gemeente (parish) is ŉ area of distrik met ŉ spesifieke kerk en
                      priester.

                Oosterse-Ortodokse Kerk:

                 • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel.
                 • Hulle word in die Midde-Ooste, dele van Afrika, Griekeland en
                   Rusland gevind.
                 • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe.
                 • Daar is nie ŉ enkele leier nie.
                 • Gesag in die kerk is in die hande van ŉ groep biskoppe.
                 • ŉ Bisdom is ŉ groep predikers onder die leierskap van ŉ biskop.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    RELIGIESTUDIES V2                                       11

                 Protestantisme:

                 •     Hierdie beweging is in 1517 deur ŉ Duitse monnik, Martin Luther,
                       begin.
                 •     Die kerke word deur ingewyde dominees, biskoppe of verkose
                       ouderlinge regeer.
                 •     Die algehele beheer is deur ŉ hoër gesag as die gemeente.              (10)

        5.1.3    Verskil in praktyke:

                 Katolisisme:

                  •    Seksuele onthouding onder geestelike leiers is verpligtend.
                  •    Praktyke sluit in vas gedurende die Vastydperk (Lent), om die
                       kruisiging van Christus te gedenk.
                  •    Boetedoening is die betaal van ŉ boete vir sonde wat gepleeg is.
                  •    Hierdie boetedoening word bepaal wanneer skuld bely word.
                  •    Pelgrimstogte na heilige lande (bv. die Vatikaan) en meditasie is
                       sleutelpraktyke vir Katolieke.
                  •    Die belangrikste praktyke is die ontvang van Nagmaal.

                 Oosterse-Ortodokse:

                 •     Geestelike leiers is nie selibaat nie en word toegelaat om te trou.
                 •     Toewyding word meer belangriker as leerstelling beskou.
                 •     Doop vind plaas deur middel van onderdompeling.
                 •     Dit word deur salwing gevolg.

                 Protestantisme:

                  •    Inseëning van vroue is ŉ protestantse praktyk.
                  •    Hulle doen gesondmaking deur profesie.
                  •    Priesters en dominees hoef nie selibaat te wees nie en mag trou.       (10)

 5.2    Kies TWEE van die volgende wêreldbeskouings en verduidelik hul
        bydrae tot ontwikkeling:

        VOORBEELD 1: Agnostisisme

        • Die term kom van die Griekse woord ‘gnosis’ wat kennis beteken.
        • Dit is ŉ filosofie wat op verskillende maniere verstaan moet word.
        • Meeste agnostici eis dat dit onmoontlik is om vir seker te weet dat God
          gode of godinne, werklik bestaan.
        • In sommige gevalle is hulle geneig om die meeste godsdienste en hul
          leringe te verwerp.
        • Hulle argumenteer dat indien daar iets soos ŉ goddelike wese of
          Opperwese is, is dit so groot dat dit bo die verstaan van mense is.
        • Om hierdie rede is agnostici baie skepties oor godsdienstige leringe.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            RELIGIESTUDIES V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

        VOORBEELD 2: Ateïsme

        • Ateïsme is mense wat nie glo dat goddelike wesens of ŉ Opperwese
          bestaan nie.
        • Ateïsme word beskou as ŉ wêreldsiening omdat dit die teenoorgestelde
          van teïsme is.
        • In sommige gevalle verwerp sagte of neutrale ateïste beide teïsme en
          sterk ateïsme omdat hulle glo dat beide wêreldsienings van geloof
          afhanklik is en bewyse om hul aanspraak te ondersteun.
        • In die moderne wêreld het mense om verskillende redes verkies om
          ateïste te wees.
        • Baie van hulle argumenteer dat dit nie logies is om in ŉ goddelike wese te
          glo nie.                                                                        (20)
                                                                                          [50]

                                                                           TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P2 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-qp-sept-2018-eng-d/bdab91e5-4bc7-4beb-965c-6fd64332f0e4) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
