# Religion Studies Grade 12 Religion Studies 2021 Guideline

> Grade 12 Religion Studies exam guideline from the Religion Studies 2021 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7504728a-a92e-4db8-9fd1-5404e9e8bda4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Religion Studies
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 Religion Studies 2021 Guideline](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7504728a-a92e-4db8-9fd1-5404e9e8bda4)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Religion Studies · 2021. Exam guideline, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           RELIGIESTUDIES

                           EKSAMENRIGLYNE

                                   GRAAD 12

                                        2021

                      Hierdie riglyne bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies                                                   2                                                                DBE/2021
                                                           Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE

                                                                                                                               Bladsy
1.     INLEIDING .................................................................................................................. 3

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12 ..................................................................................... 4

3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) ......................................... 4

4.     SLOT ............................................................................................................................ 6

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies                                   3                                        DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

1.      INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Religiestudies beskryf die aard en
doel van die vak Religiestudies. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Religiestudies geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Religiestudies
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
     rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies                                   4                                         DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

2.      ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1     FORMAAT VAN DIE VRAESTELLE

Die eksterne eksamen bestaan uit twee vraestelle van TWEE UUR ELK. Die vraestelle dra
dieselfde gewig, met 'n totaal van 150 punte elk. Die vraestelle is daarop gerig om die leerder se
kennis van die graad 12-vakinhoud in die geheel, sowel as die vakkennis van graad 10 en 11 te
toets. Graad 11-inhoud mag tot 20% van elk van die twee vraestelle uitmaak.

                 Eksamineerbare Onderwerpe van graad 10 en 11 in graad 12

         GRAAD 12 VRAESTEL 1                             GRAAD 12 VRAESTEL 2
 Hoofdimensies wat algemeen by alle              Godsdiens en die regering (van graad 11)
 godsdienste gevind word (van graad 10)
                                                 Tipes rituele en hulle rolle (van graad 11)

Twee punte word vir elke geldige punt toegeken, bv. 'n vraag wat 10 punte tel, sal vyf geldige feite
vereis. In AFDELING A van Vraestel 1 sal daar egter slegs EEN punt vir elke feit toegeken word,
tensy dit anders aangedui word.

2.2     KOGNITIEWE VLAKKE

Formele assessering in Religiestudies maak voorsiening vir 'n reeks kognitiewe vlakke, soos volg:

GEWIG       BESKRYWING VAN KOGNITIEWE VLAK                      BLOOM SE
  (%)                                                          TAKSONOMIE
30%        Herroep (kennis)                              Vlak 1 en 2
40%        Begrip                                        Vlak 3 en 4
30%        Analise, toepassing, evaluering en sintese    Vlak 5 en 6

3.      UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)

Die religieë (godsdienste) wat in die vak bestudeer moet word, is op grond van hul
teenwoordigheid in Suid-Afrika gekies. Dit is die volgende:
 Afrika Tradisionele Godsdiens/Afrika-godsdiens
 Hindoeïsme
 Boeddhisme
 Baha'i-geloof
 Judaïsme
 Die Christelike godsdiens
 Islam
 Taoïsme

Sekere onderwerpe of onderafdelings van onderwerpe in die KABV-dokument (onder 'Wat
onderrig moet word') is as 'Spesialisering in een religie' aangedui. Dit beteken dat hoewel die
relevante inhoud met betrekking tot al agt religieë in die lys hierbo bestudeer moet word, moet 'n
diepgaande studie oor die onderwerp of onderafdelings van die onderwerp met betrekking tot
slegs een religie, soos deur die kandidaat gekies, gedoen word.

Alhoewel die aanbevole handboeke die kerninhoud van die vak verskaf, moet die studie van
hierdie vak ook aktuele kwessies insluit wat die onderlinge verhouding tussen religie en die
samelewing beïnvloed. Dit is derhalwe noodsaaklik dat leerders kennis dra van mediadekking
(beide huidige en onlangse nasionale en internasionale verwikkelings wat 'n impak op religie het).

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies                                      5                                        DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

VRAESTEL 1
Daar word van kandidate verwag om DRIE vrae te beantwoord: een verpligte vraag (kortvrae van
50 punte) en 'n keuse van twee uit drie of vier vrae van 50 punte elk.

AFDELING A (Verpligtend)
Die vrae in AFDELING A vereis antwoorde bestaande uit een woord en kort paragrawe. Hierdie
afdeling sluit ook vrae in wat kort verduidelikings en bondige beskrywings vereis.

Vraagtipes sluit in waar/onwaar-vrae (met redes), pasitems en meervoudigekeuse-vrae.

LET WEL:         Elke feit in hierdie afdeling tel EEN punt, tensy anders aangedui.

AFDELING B (Beantwoord TWEE uit drie of vier vrae.)
Vrae fokus op die ondersoek van 'n wye reeks bronne, soos tekste, kaarte, grafieke, ens. en sluit
vergelykende vrae in. Die antwoorde wat verlang word, wissel van kort antwoorde tot paragrawe.

In hierdie afdeling word die volgende onderwerpe geassesseer:
 Konseptuele onderskeidings, bv. identiteit, uniekheid, eenheid, ooreenkoms, verskil en
     vergelykbaarheid
 Waardering vir die uniekheid van verskillende godsdienste
 Religieuse leringe
 Godsdiensvryheid, menseregte en mense se verantwoordelikhede
 Ondersoek mediadekking van publieke kwessies wat godsdienstige implikasies het:
     o Evalueer mediadekking van godsdienstige kwessies
     o Ondersoek faktore wat godsdienstige kwessies beïnvloed
     o Bied bevindinge aan
 Godsdiens in gebiede waar konflik onlangs in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld plaasgevind
     het:
     o Analiseer die situasie
     o Op watter maniere is godsdiens deel van die probleem?
     o Op watter maniere is godsdiens deel van die oplossing?

VRAESTEL 2
Hierdie vraestel bestaan uit vier of vyf vrae. Daar sal van kandidate verwag word om slegs drie
vrae te beantwoord. Die vrae tel almal dieselfde getal punte, nl. 50 punte elk.

Vrae sal fokus op die ontleding en interpretasie van generiese kwessies rakende godsdienste.
Daar word van kandidate verwag om 'n standpunt in te neem oor die kwessie/kwessies uit 'n
Religiestudies-perspektief, en om argumente ten gunste van en teen hierdie standpunt aan te
voer. 'n Bron kan ingesluit word om as prikkel te dien.

Die volgende onderwerpe word in hierdie vraestel geassesseer:
 Die sentrale leringe van een religie (met spesialisering in EEN religie)
    o Die aard van godheid
    o Die aard van die wêreld
    o Die aard van die mensdom, met verwysing na die samelewing en die individu
    o Die plek en verantwoordelikheid van menslikheid in die wêreld
    o Die oorsprong en rol van die bose
    o Oorwinning oor die bose
    o Lewe na die dood
 Die rol van rituele in religie
 Interne verskille in 'n AANTAL religieë (met spesialisering in EEN religie)
    o Hoofkenmerke van sodanige differensiasies
    o Verduidelik die hoofeienskappe van hierdie groepe met verwysing na Leringe, Bestuur
        (Leiding)                                   en                            Praktyk.
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies                                  6                                       DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

    Geskiedenis en hedendaagse dinamiek van intergodsdienstige verhoudinge in Suid-Afrika
     asook in die internasionale gemeenskap
     o Verhouding        tussen     politiek  en     godsdiens    (kolonialisme,    imperialisme,
         liberalisme/bevryding en transformasie)
    Normatiewe bronne in verskillende godsdienste
    Maniere om normatiewe bronne (hermeneutiese beginsels) te interpreteer (met spesialisering
     in EEN religie)
     o Werklike interpretasie van normatiewe bronne
     o Interpretasie in detail van een normatiewe bron
    Religie en die wetenskappe
     o     Ondersoek die veranderende verhouding tussen religie en die natuurlike wetenskappe
     o     Die skepping en evolusie vanuit wetenskaplike en verskeie godsdienstige oogpunte
    Ontleding van ten minste TWEE sekulêre wêreldbeskouings. Die vier vasgestelde
     wêreldbeskouings in die KABV is ateïsme, agnostisisme, humanisme en materialisme.
    Die oorsprong, doel en invloedryke faktore van ten minste TWEE sekulêre wêreldbeskouings
    Die ontwikkeling van 'n strategie om 'n groot probleem in die samelewing op te los, soos
     hieronder gespesifiseer

     Vir die finale eksamen 2021 en die Mei/Junie-eksamen 2022:
     o      Morele agteruitgang
     o      Xenofobie en rassisme
     o      Geslagsgebaseerde geweld

     Vir die finale eksamen 2022 en die Mei/Junie-eksamen 2023:
     o      Eutanasie/genadedood
     o      Middelmisbruik
     o      Omgewingsagteruitgang

     Vir die finale eksamen 2023 en die Mei/Junie-eksamen 2024:
     o      Tienerswangerskap
     o      Misdaad en korrupsie
     o      Die huwelik en egskeiding

LET WEL:         Die vasgestelde hoof- maatskaplike probleme moet in die konteks van
                 godsdienstige leringe bestudeer word. Sulke leringe moet uit 'n verskeidenheid
                 godsdienste gekies word. Aan die einde van die 2023 moet die onderwerpe vir die
                 drie-jaar-siklus herhaal word, tensy dit deur 'n meer onlangse Eksamenriglyn-
                 dokument vervang word.

4.      SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
